About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 50
|
|
Roman v S (K/S 48/2000) [2009] ZANCHC 50 (16 October 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(IN
DIE NOORD-KAAPSE HOOGGEREGSHOF, KIMBERLEY)
Saak
Nr. :
K/S
48/2000
In
die saak tussen:
JAN
ROMAN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé, R
et
LACOCK, R
et
OLIVIER, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
_____________________________________________________
[1] Die
appellant het as beskuldigde 2 tesame met 3 ander beskuldigdes in die
rondgaande hof te Upington tereggestaan op 2 klagtes,
tewete poging
tot moord en onsedelike aanranding. Hy is op beide voormelde klagtes
skuldig bevind en nadat die klagtes saamgeneem
is vir
vonnisdoeleindes gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf. Verlof is aan
die appellant verleen om teen beide die skuldigbevindings
sowel as
die opgelegde vonnis te appelleer.
[2] Die
klagtes spruit voort uit gebeure wat plaasgevind het op 12 November
1999 in die omgewing van Grootdrink, Groblershoop.
Die klaer, ene
Gert Titus, is dié dag aangerand en ook gesodomiseer. In die
proses is hy sodanig ernstig beseer dat hy
volgens die getuienis
daarna verstandelik gestrem is en ân persoonlikheidsverandering
ondergaan het. Hy het weliswaar tydens
die verhoor getuig maar
daardie getuienis kon geen werklike bydrae lewer tot die oorweging
van die skuld van die beskuldigdes nie.
[3] ân
Veeltal ander getuies het ook getuienis afgelê. Hul getuienis
werp lig op die voorafgaande gebeure maar help nie
veel ten aansien
van die aanranding self nie. Slegs een getuie genaamd Fifi Elvin
Davids (Davids) het volgens sy getuienis die
gebeure waargeneem. Die
appellant se skuldigbevinding is dan ook deur die verhoorhof
grootliks op gesegde Davids se getuienis
baseer.
[4] Mnr
Fourie, namens die appellant, het op appèl aangevoer dat die
verhoorhof Davids se getuienis te hoog aangeslaan het.
Luidens die
betoog is daar sodanige gebreke in die getuienis van Davids dat dit
sy getuienis verwerplik en onaanvaarbaar maak.
Hierdie betoog maak
dit nodig om in besonderhede met Davids se getuienis te handel.
[5] Tydens
sy getuienisaflegging was Davids 18 jaar oud en het hy tot Standard 5
op skool gevorder. Dit is gemeensaak dat hy en
die appellant sowel
as die appellant se medebeskuldigdes goed met mekaar bekend is. Op
die dag van die voorval was hy, volgens
hom, vergesel van die
voormalige beskuldigde 1 en ene Jonkers op pad na ân winkel bekend
as Du Raan se winkel waar pensioene
uitbetaal word. Hierdie winkel
skyn volgens die getuienis ân gewilde bymekaarkomplek te wees waar
tyd vir allerlei redes deur
inwoners van die gebied verwyl word. By
die winkel het hulle die klaer en ân dame aangetref. Die 5 van
hulle drink toe wyn
aldaar. Beskuldigde 1 het ân 2 liter houer wyn
gekoop. Beskuldigde 1 se pa daag toe daar op en beskuldigde 1
versoek toe vir
Davids om die wyn in besit te neem omdat beskuldigde
1 nie wou hê sy pa moet sien dat hy drink nie. Beskuldigde 1
is toe
met sy pa daar weg. Later is Davids en die klaer en Jonkers
te voet weg Grootdrink toe. Op pad draai die klaer om en keer terug
na Du Raan se winkel. KIaer keer later weer terug met 2 liter wyn
asook brandewyn. Volgens Davids merk hy toe op dat die klaer
ân
bloeiende wond bokant een van sy ore het. Die klaer kon nie
verduidelik hoe hy dit opgedoen het nie. Davids steun toe die
klaer
omdat dié wankelend op sy voete was. In die proses kom daar
bloed op sy eie T-hemp. Hulle stap voort tot by ân
sloot waar hy,
die klaer, en Jonkers verder drink. Daarna vertrek hulle Grootdrink
toe. Op pad draai klaer om en sê hy
gaan eerder Gariep toe.
Davids gaan sit toe op ân kragtransformator wat hy ân âkragboksâ
noem. Hy sien die klaer oor
die bult stap. Beskuldigde 1 daag by
hom, Davids, op en neem sy wyn wat vroeër by hom vir bewaring
gelaat was. Davids stap
toe nader. Hy merk die appellant en die
voormalige beskuldigde 3 en 4 op. Beskuldigde 1 volg die klaer en
haal hom in. Die appellant
en die ander 2 beskuldigdes sluit by
hulle aan. Die appellant vat die klaer aan die hand en haal ân mes
uit. Appellant pootjie
die klaer en gooi hom met ân klip op die
kop terwyl die klaer lê. Toe die klaer probeer opstaan kap
appellant hom ân
tweede hou op die kop met die klip. Appellant en
die voormalige beskuldigde 1 trek daarop die klaer se demin langbroek
en sportbroek
uit. Appellant sny toe met sy mes die klaer se
onderbroek se pype aan weerskante los. Daarna sodomiseer appellant
en beskuldigdes
3 en 4 die klaer om die beurt. Toe beskuldigde 1
gereed maak om dieselfde te doen sien beskuldigde 4 vir hom wat
Davids is waar
hy wegkruip en maak die ander daarop attent. Hulle
jaag vir Davids en hy hardloop weg na ân taxi-staanplek. Daar trek
hy die
bebloede T-hemp uit en neem dit saam huistoe. Tuis gooi hy
die T-hemp in die buite toilet. Hy trek ân skoon T-hemp aan en
gaan
terug winkel toe om sigarette te koop. Daar tref hy beskuldigde
1 aan wat navraag doen oor sy wyn. Hy herinner toe vir beskuldigde
1
dat hy alreeds sy wyn gekry het. Later laat roep Davids se moeder
hom en konfronteer hom oor die T-hemp wat sy intussen in die
toilet
gevind het. Hy vertel haar, volgens hom, wat plaasgevind het. Dit
het die getuienis van Davids voltooi.
[6] Dit
is duidelik uit die mediese getuienis dat die klaer wel ernstig op sy
kop met ân stomp voorwerp beseer is. Die mediese
getuienis
bevestig ook dat tydens ondersoek daar tekens was dat die klaer
gesodomiseer was. Die klaer se kledingstukke wat op
die toneel
gevind is het as bewysstukke voor die hof
a
quo
gedien. Daaruit blyk dat die onderbroek se pype inderdaad aan
weerskante losgesny was.
[7] Dit
is doenlik om op hierdie stadium te meld dat die appellant self ook
getuienis in sy eie verdediging afgelê het. Volgens
hom was hy
die middag van die voorval vanaf 14h00 by die huis. Na hy geëet
het is hy na ân neef van hom in ân plakkerskamp.
Op pad terug
teen 16h00 hou sy ouers met ân voertuig by hom stil. Hulle
herinner hom aan ân verpligting wat hy het om die
aand musiek te
maak by ân singaand te Wegdraai. Hy ry toe saam met hulle verder
in die voertuig. Hulle ry by ân tante van
hom aan en toe is hulle
huistoe. Daar het hulle geëet, nuus gekyk en teen 20h00 is hy
weer plakkerskamp toe. Laatnag keer
hy terug huistoe. Hy ontken dat
hy die dag ooit by Du Raan se winkel of hoegnaamd in die geselskap
van een van die medebeskuldigdes
was. Ongeveer ân week later toe
hy arresteer is het die polisiebeampte beslag gelê op die klere
wat hy sou aangehad het
maar ân verkeerde broek gevat. Die
vergissing het egter geen verdere belang in hierdie saak nie.
[8] Appellant
se moeder het namens hom getuig. Haar getuienis staaf in die breë
dié van die appellant. Ten minste
is dit duidelik uit haar
getuienis dat die appellant nie deel kon wees van die groep persone
wat die middag die klaer aangerand
het nie.
[9] Dit
moet veral uit die mediese getuienis, aanvaar word dat die klaer die
dag aangerand en gesodomiseer is. Die enigste vraag
is of die staat
bo redelike twyfel bewys het dat die appellant betrokke was hierby.
Inaggenome dat Davids detail oor wat hy sou
waargeneem het verskaf
wat klop met die mediese getuienis is daar ruimte vir slegs een van
twee moontlike scenarios: Óf
Davids het van ân afstand
waargeneem dit wat hy getuig het óf hy was self as een van die
aanranders op die toneel ten
einde te kon waarneem dit wat hy verhaal
het.
[10] Mnr
Fourie, het namens die appellant betoog dat daar sterk aanduidings is
dat laasgenoemde die posisie is. Ek handel vervolgens
met sy
geopperde kritiek teen Davids.
10.1 Dit
is onseker uit Davids se eie getuienis vanaf watter afstand en pek hy
die gebeure wat hy vertel waargeneem het.
In sy polisie verklaring meld hy dat hy 40 meter weg was. (Vergelyk
bewysstuk B, volume 7, bladsy 568). In hoofgetuienis sê
hy dat
hy so 1.5 meter van hulle af was. (Vergelyk volume 1, bladsy 21,
reël 13.) Later wys hy ân afstand van 18 meter
uit.
(Vergelyk volume 1, bladsy 22, reël 10.) Nog later sê hy
hy was âân bietjie ver van hulle afâ, volume 1,
bladsy 23, reël
3. In kruisverhoor verduidelik hy dat hy eintlik bo-oor ân
âkoppetjieâ geloer het terwyl hy op sy hande
gedruk en sy kop
laat sak het. (Vergelyk volume 1, bladsy 57, reël 20.) Volgens
die foto-plan, bewysstuk âAâ, volume
7, bladsy 564, is die gebied
redelik bebos. Davids weerspreek homself oor wanneer hy van die
âkragboksâ sou afgeklim het.
Mnr Fourie betoog dat dit alles nie
ruimte laat daarvoor dat Davids al die gebeure kon waarneem waaroor
hy getuig tensy hy deel
van die groep persone op die toneel was nie.
10.2 Davids
se gedrag na die voorval is volgens Mnr Fourie erg vreemd en
inderdaad agterdogwekkend. Op sy eie weergawe versteek
hy die
bebloede T-hemp in die puttoilet
.
Sy verduideliking waarom hy dit doen is nie heeltemal verstaanbaar
nie. (Vergelyk volume 1, bladsy 31, reël 20.) Daarna
gaan hy
doodluiters terug winkel toe om sigarette te koop. Hy vertel niemand
van wat hy waargeneem het nie. Hy kom selfs beskuldigde
1 teë
maar is nie bang vir hom soos vroeër nie. Hy word ân week
later eers arresteer maar sonder om intussen die polisie
in te lig
van die vreeslike gebeure wat hy waargeneem het.
10.3 Davids
word weerspreek deur die getuie Jackie Jonkers aangaande die beweerde
vroeëre besering wat die klaer sou opgedoen
het. Volgens Davids
het hy
,
klaer en Jonkers gesit en drink nadat klaer reeds beseer was.
(Vergelyk volume 1, bladsy 17, reël 20.) Jonkers bevestig
in sy
getuienis dat hulle sit en drink het maar ontken dat die klaer toe
enigsins beseer was. (Vergelyk volume 3, bladsy 225 en
229.) Dit
werp ernstige twyfel oor Davids se verduideliking hoe die klaer se
bloed op sy T-hemp gekom het.
10.4 Volgens
Davids vertel die polisie hom toe hy arresteer word
,
dat beskuldigdes 2 en 4 vir hulle gesê het dat hy, Davids,
kennis dra van alles en dat hulle by hom moet kom hoor wat gebeur
het. (Vergelyk volume 1, bladsy 80, reël 12 en verder.)
Aanvarende dat dit die waarheid is, is dit moeilik te begrype waarom
die ander beskuldigdes die polisie juis na hom sou stuur as hy
volgens die ander beskuldigdes ân blote onskuldige toeskouer en
dan
ook getuie van hulle wandaad was.
[11] Die
appellant se saak is ook nie sonder gebreke nie. Me Janse
n
namens die staat het tereg daarop gewys dat daar aanduidings is dat
appellant se moeder persone sou genader het met voorstelle
dat hulle
getuienis moet plooi om appellant uit die gebeure te hou. Appellant
en sy moeder weerspreek mekaar ook oor sy kennis
daarvan al dan nie.
Daar is ook daarop gewys dat die appellant nagelaat het om persone
wat sy alibi kon staaf as getuies te roep.
Gewag is verder gemaak
daarvan dat sekere aspekte van die appellant se saak nie aan die
staatsgetuies gestel was nie. Ek het
oorweging gegee aan al
bogemelde aspekte en neem dit in ag.
[12] Alles
inaggenome meen ek egter dat daar ernstige twyfel bestaan of die
appellant se skuld bo redelike twyfel bewese is. Mnr
Fourie moet
gelyk gegee word dat die getuie Davids se getuienis ernstige gebreke
openbaar. Hy is soos reeds gemeld ân enkelgetuie
aangaande die
gebeure self. Daarby is die appellant se alibi-getuienis soos
gestaaf deur sy moeder nie van sodanige aard dat dit
sondermeer as
nie redelik moontlik waar nie verwerp kan word. My gevolgtrekking is
dat die verhoorhof in twyfel moes verkeer het
of die appellant se
skuld alles inaggenome bo redelike twyfel bewese is.
[13] Indien Davids se
getuienis onoortuigend is ten aansien van die appellant geld
dieselfde natuurlik vir die appellant se voormalige
medebeskuldigdes.
Hulle is nie soos die appellant aan poging tot moord skuldig bevind
nie maar slegs aan onsedelike aanranding.
Daarvoor is hulle
gevangenisstraf opgelê. Die waarskynlikhede is dat by datum
hiervan dit alreeds uitgedien is. Mnr Fourie
het egter onderneem om
ten aansien van die voormalige beskuldigdes 1, 3 en 4 oorleg te pleeg
met die regshulpraad (wat destyds
behulpsaam was met hul verdediging)
en die nodige te doen.
Bygevolg slaag die appèl
en word die appellant se skuldigbevindings en die opgelegde vonnis
tersyde gestel.
__
___________
C.
B. CILLIé, R
Ek stem saam.
_____________
H.
J.
LACOCK, R
Ek stem saam.
____________
C.
J.
OLIVIER, R
/EM
Namens
Appellant:
Adv.
T. Fourie i.o.v. die Appellant
Namens
Respondent:
Adv.
C.G. Jansen i.o.v. DOV