Liebenberg v Sillands (1229/2008) [2009] ZANCHC 41 (2 October 2009)

70 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Rescission of default judgment — Application for condonation and rescission of default judgment — Applicant failed to provide reasonable explanation for delay in filing answering affidavit and did not demonstrate bona fide defense — Court held that both requirements for rescission not met, resulting in dismissal of application. The applicant sought to set aside a default judgment granted against him in favor of the respondent for R180,000. The applicant's late filing of his answering affidavit was attributed to failed negotiations with a third party, but he provided insufficient details to support his claim. The court found that the applicant's explanation for the delay was inadequate and that he did not establish a bona fide defense to the respondent's claim. The court concluded that the application for condonation and the rescission of the default judgment should be dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 41
|

|

Liebenberg v Sillands (1229/2008) [2009] ZANCHC 41 (2 October 2009)

IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 1229/2008
Datum
verhoor: 2009-09-18
Datum
gelewer: 2009-10-02
In
die saak van
:
JOSIAS
JOHANNES LIEBENBERG
APPLIKANT
versus
ANTHONY
RICHARD SILLANDS
RESPONDENT
CORAM
:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
Die Applikant vra vir
die tersydestelling van ‘n verstekvonnis. Daarmee saam vra die
Applikant terselfdertyd ook vir kondonasie
van die laat aflewering
van sy repliserende eedsverklaring en die betoogshoofde namens hom
ingedien. Die Respondent bestry al
die voormelde aansoeke. Mnr.
Haddad het namens die Applikant verskyn en Me Erasmus namens die
Respondent.
Die Applikant was die
Verweerder in die hoofsaak en die Respondent die Eiser.
Laasgenoemde se vordering in die bedrag van R180 000.00
en
rente was vir gelde oorbetaal aan die Applikant vir die aankoop van
kalwers. Die ooreengekome winsdeling wat in die vooruitsig
gestel
is deur die partye met die voer en vetmaak van die kalwers deur die
Applikant het nie gerealiseer nie, vandaar die eis
vir terugbetaling
van die geld.
Verstekvonnis
is toegestaan ingevolge Reël 31(5)(a) op 6 November 2008 en die
tersydestellingsaansoek is op 11 Desember 2008
uitgereik. Die
Respondent se opponerende eedsverklaring is op 26 Januarie 2009
geliasseer.
‘
n
Dag nadat die Applikant se betoogshoofde geliasseer moes word is
betoogshoofde en ‘n repliserende eedsverklaring van die Applikant

geliasseer. In laasgenoemde sit die Applikant redes uiteen vir die
laat liassering van die dokument en vra hy vir kondonasie
van die
laat liassering daarvan sowel as van die betoogshoofde. Die
repliserende eedsverklaring is dus sowat ses maande laat
geliasseer
en die betoogshoofde was ‘n dag laat.
‘
n
Applikant wat kondonasie aanvra moet
‘n
behoorlike saak daarvoor uitmaak. Dit beteken dat daar ‘n
redelike verduideliking vir die vertraging moet wees, sodat
‘n
geregshof sy gedrag en beweegrede/s kan beoordeel.
Vergelyk:
Silber
v Ozen Wholesalers (Pty) Ltd 1954(2) SA 345 (A) te 353 A.
Verder
moet só ‘n applikant die hof daarvan oortuig dat hy ‘n
bona
fide
verweer
het, d.w.s. dat dit nie geheel en al onontvanklik is nie of dat dit
berus op feite (wat uiteengesit moet word) wat, indien
bewys, ‘n
verweer daar sal stel.
Sien:
Du
Plooy v Anwes Motors (Edms) Bepk 1983(4) SA 213 (O) te 217 H;
Smith NO v Brummer NO
1954(3) SA 352 (O) te 358 A.
Ek is
dit eens met Me Erasmus se betoog dat die Applikant oor die algemeen
‘n traak-my-nie-agtige houding ingeneem het in hierdie

verrigtinge. Wat die kondonasie-aansoek aanbetref is daar nie ‘n
substantiewe aansoek geloods nie, maar vra die Applikant
bloot in
die (laat) repliserende
eedsverklaring
vir kondonasie. Dit is simptomaties van die manier waarop die
Applikant in die algemeen hierin gelitigeer het.
Na my oordeel het die
Applikant jammerlik gefaal in sy poging om goeie gronde aan te toon
vir kondonasie. Ek sê so vir
die volgende redes:
(a)
Die
Applikant maak vae beweringe dat hy onderhandelinge vir die
invordering van gelde aan hom verskuldig deur ene
Blouberg
Trust
gevoer het. In afwagting van die sukses daarvan het hy nie sy
repliserende eedsverklaring tydig geliasseer nie. Dié
onderhandelinge
het egter misluk. Nadere besonderhede van die datums
en inhoud van sodanige onderhandelinge en stawende dokumentasie (bv.
briefwisseling)
skitter in hul afwesigheid.
(b) Geen
besonderhede word verskaf aangaande welke beloftes vir betaling
gemaak is deur
Blouberg
Trust
nie en wanneer presies die Applikant tot die besef gekom het dat dit
bloot maar leë beloftes is nie.
(c) Daar
word geen redes hoegenaamd voorgehou deur die Applikant waarom hy nie
in elk geval, hangende die onderhandelinge met
Blouberg
Trust
,
kon voortgaan met die liassering van sy repliserende eedsverklaring
nie.
(d) Op
sy eie weergawe is die Respondent se regsverteenwoordiger eers op 29
Julie 2009 gekontak, etlike maande nadat die repliserende

eedsverklaring geliasseer moes word.
(e) Daar is geen stawende
eedsverklaring van die Applikant se regsverteenwoordiger nie.
Ek is
die mening toegedaan dat die Applikant nie ‘n redelike,
aanvaarbare verduideliking vir sy versuim verskaf het nie. Soos
ek
aanstons sal aantoon, het die Applikant ook nie oortuigend aangetoon
dat hy oor ‘n
bona
fide
verweer
beskik nie. Kondonasie behoort dus nie verleen te word nie.
Ek
behandel vervolgens die tersydestellingsaansoek self. Hierdie is
kennelik ‘n aansoek ingevolge Reël 31(2)(b), d.w.s.
waar die
Applika
nt
versuim het om kennis te gee van voorneme om te verdedig. Die
vereistes vir tersydestelling is as volg:
(a) ‘n
Aanvaarbare verduideliking vir die versuim (
in
casu
:
om kennis te gee van voorneme om te verdedig) en
(b) Getuienis van
redelike vooruitsigte van sukses op die meriete.
In
Chetty
v Law Society 1985(2) SA 756 (A)
te 756 D-E, het Muller AR die regsvereistes as volg
verduidelik:
“
It is not sufficient if only one
of these two requirements is met; for obvious reasons a party
showing no prospects of success
on the merits will fail in an
application for rescission of a default judgment against him, no
matter how reasonable and convincing
the explanation of his default.
An ordered judicial process would be negated if, on the other hand, a
party who could offer no
explanation of his default other than his
disdain for the Rules was nevertheless permitted to have a judgment
against him rescinded
on the ground that he had reasonable prospects
of success on the merits.”
Sien
verder:
Colyn
v Tiger Food Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape) 2003(6) SA 1
(SCA)
te
9 E-F.
‘
n
Aanvaarbare verduideliking vir sy versuim omvat die elemente soos in
Silber
v Ozen Wholesalers (Pty) Ltd,
te
353 A
supra
,
voorgeskryf – sien par. 5 hierbo.
Die Applikant het in sy
stukke aangevoer dat die verstekvonnis eers tot sy kennis gekom het
op 21 November 2008 toe die balju
‘n lasbrief vir eksekusie op hom
wou beteken. Hy verduidelik sy versuim om kennis te gee van
voorneme om te verdedig as volg:
(a) Hy
wou van meet af aan die aksie teenstaan.
(b) Die dagvaarding het
tot sy kennis gekom op 15 Oktober 2008 (dit is, volgens die balju se
relaas, op ‘n werknemer by Applikant
se perseel beteken op 8
Oktober 2008). Hy het toe dadelik sy prokureur, Mnr. Derks genader
en hom beopdrag om verdediging aan
te teken. Hy het toe die
aangeleentheid aan sy prokureur oorgelaat.
(c) Mnr. Derks voer aan
dat hy op dieselfde dag wel aan sy Kimberley korrespondent die opdrag
per faks herlei het, maar volgens
laasgenoemde is dit nooit ontvang
nie.
(d) Daarna het die
Applikant op 21 November 2008 verneem dat vonnis teen hom verleen is.
Die voormelde
verduideliking voldoen nie aan die vereistes neergelê nie en
gaan mank aan die volgende wesenlike gebreke:
(a) Die
eerste aanmaning in hierdie aangeleentheid is alreeds op 22 Julie
2008 gemaak aan die Applikant deur Respondent se prokureur.
Verskeie
skrywes het daarna gevolg en is die Applikant uiteindelik op 26
Augustus 2008 in kennis gestel dat daar voortgegaan word
om
dagvaarding uit te reik. Dit kon dus geen verrassing gewees het vir
die Applikant toe hy bewus geword het van die dagvaarding
nie.
Nieteenstaande die voormelde aanmanings, kommunikeer die Applikant se
prokureur vir die eerste keer met Respondent se prokureur
eers op 24
November 2008.
(b) Nóg die
Applikant nóg sy prokureur doen moeite om navraag te doen of
op te volg of verdediging wel aangeteken
is nie.
(c) Die
Respondent se prokureur het op 7 November 2008 (‘n dag nadat
verstekvonnis toegestaan is) die Applikant in kennis gestel
per
telefoon van die vonnis. Die Applikant is toe aangeraai om sy
prokureur te gaan spreek sodat reëlings getref kon word.
Die
Applikant het toe onderneem om op 13 November 2008 terug te skakel,
maar het dit nie gedoen nie. Hy het ook versuim om sy
prokureur te
gaan spreek.
(d) Daar is hoegenaamd
geen stappe deur Applikant of sy prokureur geneem ná die
gefakste opdrag van 15 Oktober 2008 nie.
Die
Applikant se
bona
fides
is
ook erg onder verdenking. Verskeie skrywes is verwissel tussen sy
prokureur en dié van die Respondent. Daar is op
6 Augustus
2008 deur sy prokureur onderneem dat hy met Applikant sou konsulteer
en dan terugvoering te gee. Nieteenstaande verskeie
verdere skrywes
vanaf Respondent se prokureur, word glad geen sodanige terugvoering
gegee nie.
Die
Applikant het nooit ontken dat hy die bedrag verskuldig is nie. Hy
het gepoog om van sy bates te vervreem, sonder sukses.
Sy verweer
behels dat die transaksie tussen hom en Respondent op ‘n verlies
uitgeloop het. Daar is toe besluit om nog kalwers
aan te koop uit
die opbrengs van die eerste kalwers se verkoop. Dié kalwers
is verkoop aan
Blouberg
Trust
wat versuim het om te betaal en teen wie hy regstappe aanhangig
gemaak het (of besig is om te maak). Geen bewys hiervan word

voorgehou deur bv. stawende dokumentasie nie.
Die voormelde verweer
gaan net eenvoudig nie op nie, vanweë die volgende redes:
(a) Só ‘n
verweer is nooit vantevore geopper nie.
(b) Die Respondent ontken
dié ooreenkoms en heg eerder tot die teendeel ‘n skriftelike
bevestiging van die mondelinge ooreenkoms
aan.
(c) Dit
is hoogs onwaarskynlik dat die Respondent, nadat die eerste
transaksie op ‘n verlies uitgeloop het (dít nogal met
geld
wat die Respondent voorgeskiet het), ‘n verdere ooreenkoms met die
Applikant sou sluit.
(d) Geen
dokumentasie ten aansien van die eerste transaksie is ooit aan
Respondent verskaf nie en daar is eers in repliek bewyse
van die
Blouberg
Trust
transaksie
voorgehou.
Dit is geyk dat ‘n
applikant sy saak in sy funderende stukke moet uitmaak en nie in
repliserende stukke nie.
Sien:
MEV Tractor &
Implement Agencies BK v Vennootskap DSU Cilliers en Seuns/Hoogrivier
Landoed/Olierivier Landgoed 2000(2) SA 571
(NC);
Minister
of Environmental Affairs & Tourism v Bato Star Fishing (Pty) Ltd
2003(6) SA 407 (SCA)
te
439 G-H.
Gevolglik is ek die
mening toegedaan dat die Applikant nie ‘n saak uitgemaak het vir
tersydestelling van die vonnis nie.
Die volgende bevel word
uitgereik:
Die Applikant se
aansoek vir kondonasie van die laat indiening van sy repliserende
eedsverklaring en betoogshoofde word afgewys
met koste.
Die aansoek vir
tersydestelling van die verstekvonnis toegestaan op 6 November 2008
word afgewys met koste.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS APPLIKANT : MNR V
HADDAD
IN OPDRAG VAN : ELLIOT MARIS
WILMANS & HAY
NAMENS RESPONDENT : ADV S
ERASMUS
IN OPDRAG
VAN : BOOYSEN-MACLEOD