About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 37
|
|
Nortje v S (CA&R 29/09) [2009] ZANCHC 37 (11 September 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE
HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saakno
: CA&R
29/09
Datum
verhoor
: 2009-09-07
Datum
gelewer
: 2009-09-11
In
die appél van
:
WILLEM
PETRUS NORTJÉ
APPELLANT
versus
DIE
STAAT
RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et LACOCK R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Hierdie is ân
appél teen vonnis. Die Appellant is
op
sy aangebode pleit skuldig bevind aan die volgende misdrywe:
Klagte 1: Sameswering om menseroof
te pleeg ter oortreding van art 18(2) van Wet 17 van 1956;
Klagte 2: Sameswering om afpersing
te pleeg ter oortreding van art 18(2) van Wet 17 van 1956;
Klagte 3: Die gebruik van ân
voertuig sonder die toestemming van die eienaar daarvan ter
oortreding van art 1(1) van
Wet 50 van 1956.
Op klagte 1 en 2
is die Appellant op elke klagte afsonderlik tot agt jaar
gevangenisstraf gevonnis en op klagte 3 tot een
jaar
gevangenisstraf. Die verhoorlanddros het gelas dat die voormelde
termyne van gevangenisstraf dermate samelopend uitgedien
moet word
dat dit ân effektiewe termyn van tien jaar gevangenisstraf
daarstel.
Verlof om te
appelleer is aan die Appellant toegestaan deur die Verhoorhof. Die
Appellant was beskuldigde 1 tydens die verhoor
en sy
mede-beskuldigde, Mnr. Thomas Garsland (â
Garslandâ
),
het nie appél aangeteken teen die vonnis nie. Garsland is
gevonnis op aanklagte 1 en 2 tot ses jaar gevangenisstraf
op elke
klagte en op aanklag 3 tot een jaar gevangenisstraf en daar is ân
sameloping van vonnisse gelas om ân effektiewe
periode van agt
jaar gevangenisstraf daar te stel.
Die appél
teen vonnis is primêr daarteen gemik dat die vonnis skokkend
onvanpas is. Mnr. Pistorius namens die Appellant
het gesubmitteer
dat die verhoorlanddros gefouteer het deur nie alternatiewe
vonnisopsies
te oorweeg nie. Hy het verder betoog dat in die vooropstelling die
verhoorlanddros ân dogmatiese houding ingeneem
het dat langtermyn
gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is.
Namens die Staat
het Mnr. Rosenberg tereg daarop gewys dat die verhoorlanddros
inderdaad ander vonnisopsies in oorweging geneem
het tydens haar
volledige vonnisuitspraak. Mnr. Rosenberg het
egter
toegegee dat ân korter termyn van direkte gevangenisstraf eerder
gepas sal wees en dat die tien jaar gevangenisstraf wat
effektiewelik die Appellant opgelê is, inmenging regverdig op
appél. Vir die redes wat volg meen ek dat die voormelde
toegewing korrek gemaak is in die omstandighede. Die advokate was
dit eens, heeltemal tereg so, dat die vonnis op aanklag 3
heeltemal te swaar is en dat inmenging daarmee geoorloof is. Beide
Mnre Pistorius en Rosenberg het aan die hand gedoen dat,
by gebrek
aan bewys van ân dieftige opset by die Appellant, effektiewe
direkte gevangenisstraf skokkend onvanpas is. In hierdie
uitspraak
bestee ek vervolgens hoofsaaklik aandag aan aanklagte 1 en 2, die
meer ernstige misdrywe hierin.
â
n Bondige uiteensetting van die
agtergrondfeite hierin is nodig.
Die Appellant en
sy eertydse medebeskuldigde, Garsland, het saamgesweer om die
vryheid van ene Mnr. Dawid du Plessis en sy minderjarige
kinders te
ontneem en om daarna vir Mev. Du Plessis af te pers deur middel van
dreigemente dat haar eggenoot en minderjarige
kinders leed
aangedoen sou word indien ân bedrag van R100 000,00 nie
oorbetaal sou word nie.
Op aanklag 3 het
die Appellant en Garsland sonder die toestemming van die eienaar
daarvan ân Isuzu 2.5 diesel bakkie gebruik
ter uitvoering van die
voormelde sameswering.
Die onderliggende
motivering vir die voormelde sameswering tussen die Appellant,
Garsland en hul medesamesweerders was dat hulle
van voorneme was om
ân taxi-besigheid te begin en was die ontvoering en afpersing
bestem om fondse in te win vir die begin
van dié besigheid.
Een van die samesweerders het kort
na die sameswering onttrek as gevolg van redes wat nie nou van
belang is hier nie. Die Appellant,
Garsland en ân ander
samesweerder het na die klaers se plaas vertrek in die Isuzu
voertuig wat die onderwerp vorm van aanklag
3.
Ter uitvoering
van die voormelde sameswering het die Appellant homself bewapen met
ân vuurwapen en is die plaas betree. Aangesien
Mnr. Du Plessis
nie op die plaas aanwesig was nie, het die Appellant en Garsland
toe besluit om die plan te abandoneer. Hulle
is egter deur
plaaswerkers betrap waar hulle hulself versteek het in ân
stoorkamer op die plaas. Die Appellant en Garsland
het op die vlug
geslaan en is die Appellant later gearresteer deur die polisie.
Garsland is ook ân dag later deur die polisie
gearresteer.
Die voormelde
agtergrond
feite
is uiteengesit in die Appellant se skriftelike pleitverduideliking
en is aldus deur die Staat aanvaar, soos wat ook die
geval was met
Garsland se pleitverduideliking.
In haar uitspraak
het die verhoorlanddros verwys na die geykte regsbeginsels ten
aansien van vonnis, die oogmerke van vonnisoplegging
en sy het
breedvoerig verwys na die aangebode getuienis ter strafverswaring en
strafversagting. Namens die Staat het die egpaar
Du Plessis ter
strafverswaring getuig en die Appellant het self getuienis afgelê
ter strafversagting en het ook die getuienis
aangebied van sy swaer,
ene Mnr. Vermeulen.
Uit die aangebode getuienis blyk die
volgende wesenlike feite en omstandighede:
Die Appellant was
ân huisvriend van die klaers en het sy binne-kennis van hul
omstandighede gebruik in die loop van die sameswering
se
beplanning. Hy het naamlik die klaers geïdentifiseer as sagte
teikens omdat hulle op ân afgeleë plaas woonagtig
is en was
hy klaarblyklik ook die mening toegedaan dat hulle oor voldoende
fondse sou beskik om die beplande losprys te betaal.
Die gebeure het ân uiters
traumatiese uitwerking gehad op die lewens van die klaers en hul
minderjarige kinders. Dit blyk
dat daar huwelikspanning tussen die
egliede Du Plessis ontwikkel het as gevolg van hierdie voorval.
Verder is hierdie minderjarige
kinders ernstig getraumatiseer en
Mev. Du Plessis self het aansienlike spanning beleef na die
voorval. As ân direkte gevolg
van hierdie insident het Mev. Du
Plessis en haar kinders sielkundige berading ondergaan.
In Appellant se
guns kan die volgende aangemerk word uit hoofde van sy getuienis ter
strafversagting, saamgeneem met dié
van sy swaer Mnr.
Vermeulen:
Die Appellant is getroud met drie
kinders en hy was ten tyde van skuldigbevinding 36 jaar oud;
Hy het berou
getoon wat gemanifesteer is deur sy pleit van skuldig en ook die
verskoning aangebied tydens sy mondelinge getuienis;
Hy is ân eerste oortreder;
Hy en sy vrou het ten tyde van
vonnisoplegging ân besigheid bedryf waarvan hy finansiële
verpligtinge in die vorm van
ân verbandlening het.
Sy swaer het getuig dat in die
algemeen gesproke die Appellant nie misdadige neigings het nie.
Die Appellant se verwagting was om
R5000,00 per maand uit sy besigheid te verdien nadat alle
terugbetalings gedoen is.
Dit ly geen twyfel
nie dat die misdade baie ernstig van aard is. Die morele
laakbaarheid van die Appellant se gedrag is veral
daarin geleë
dat hy baie goeie vriende van hom geteiken het, juis omdat hy hulle
geïdentifiseer het as sagte teikens.
Verder het hy dit nie
ontsien om die minderjarige Du Plessis kinders ook te teiken nie,
nieteenstaande die feit dat hyself die
vader van jong kinders is.
Die misdrywe is
gepleeg suiwer uit geldgierigheid, aangesien die Appellant nie ân
geldnood gehad het nie en, soos hierbo aangedui,
die sameswering
gevolg het uit ân besluit om ân nuwe besigheid te begin,
waarvoor die nodige fondse op daardie stadium ontbreek
het.
Die Appellant het
homself met ân vuurwapen bewapen, al was daar nou maar net
loskruitpatrone (â
blanksâ
)
daarin. Hy was ook ongetwyfeld die voorbok in die sameswering. Die
verhoorlanddros het dan ook heeltemal tereg ân onderskeid
getref
tussen die Appellant en Garsland wat die vonnis op aanklagte 1 en 2
aanbetref.
Die
verhoorlanddros het na my mening die verswarende faktore
oorbeklemtoon wat tot gevolg gehad het dat ân skokkend onvanpaste
vonnis opgelê
is. Sy het verder na my mening die erns van die misdryf
oorbeklemtoon deur haar verwysing na die bepalings vervat in die
Strafregwysigingswet,
105 van 1997 en die feit dat waar die bedrag
van afpersing R100 000,00 oorskry, ân minimumvonnis
voorgeskryf is deur die
Wetgewer. Alhoewel die verhoorlanddros
deeglik daarvan kennis geneem het dat die misdrywe in die
onderhawige geval nie binne
die kader van die voormelde
minimumvonnisse val nie, is die afleiding onafwendbaar dat dit ân
beduidende rol gespeel het by
vonnisoplegging.
Daar is
aansienlike meriete in
Mnr.
Pistorius se betoog dat die verhoorlanddros klaarblyklik
vonnisoplegging benader het op die spekulatiewe grondslag van die
moontlike gevolge wat kon intree indien die sameswering sou
gerealiseer het. Dít is egter nie waarvoor die Appellant
gevonnis moes word nie.
Dit is weliswaar
so dat sameswering om ân misdryf te pleeg strafbaar is met
dieselfde vonn
is
as vir die voltooide misdryf. Die algemene praktyk toon egter dat
by ân skuldigbevinding aan sameswering normaalweg ân
ligter
vonnis opgelê word as dié vir ân voltooide misdryf.
Artikel 18(2) van die Wet op Oproerige Byeenkomste,
17 van 1956 lees
as volg:
ââ¦
. is aan ân
misdryf skuldig en die skuldigbevinding strafbaar met die straf
waarmee die persoon wat weens die werklike pleging
van daardie
misdryf skuldig bevind is gestraf kan word.â
Sien in die
verband:
S
v P and J
1963(4)
SA 935 (N)
te 940 E;
S
v Nel 1987(4) SA 950 (W)
te
957 C-E.
Mnr. Rosenberg het
in sy betoogshoofde aan die hand gedoen dat die verhoorlanddros se
verwysing na die bepa
lings
vervat in Wet 105 van 1997, soos hierbo aangedui, ân wesenlike
mistasting daarstel wat inmenging op appél regverdig.
Ek is
nie so seker dat dit bepaald as ân mistasting aangeteken word nie,
juis omrede die verhoorlanddros deeglik daarvan bewus
was dat die
onderhawige misdrywe nie val binne die kader van daardie bepalings
nie. Die gevaar bestaan egter dat ân voorsittende
beampte,
gedagtig aan die minimum voorgeskrewe vonnisse, dermate uiting kan
gee aan die voorgeskrewe strawwe dat dit ân wesenlike
rol speel by
vonnisoplegging in ân saak waar die minimumvonnisse nie van
toepassing is nie. In dié verband is in
S
v Jimenez 2003(1) SACR 507 (SCA)
te
par [10], te 512 a-d as volg gemaan deur Lewis WnAR:
â
While,
however, it may be appropriate for a judicial officer to attach
significant weight to the existence of prescribed minimum
sentences
even where he or she is not bound by the provisions of the Act, as is
the case here, it is proper to do so only where
the offence at issue
is one that would be governed by the provisions of the statute if the
court had jurisdiction.â
Mnr. Pistorius het
ons verwys na ân lang lys van sake waarin die nuwe benadering tot
vonnisoplegging
,
te wete herstellende geregtigheid (â
restorative
justiceâ
)
aanwending gevind het. Herstellende geregtigheid vind egter slegs
toepassing waar daar pro-aktief besin moet word oor vonnis
anders as
direkte gevangenisstraf, wat hier heeltemal onvanpas sou wees. Dit
behoef geen betoog nie dat die misdrywe vervat
in aanklagte 1 en 2
van sodanige ernstige aard is dat slegs direkte gevangenisstraf ân
gepaste vonnis sou wees. Dit is derhalwe
nie nodig om enigsins
hierdie aspek verder te oorweeg nie.
Daar is geen
direkte gesag aan ons voorgehou ten aansien van vergelykbare
vonnisuitsprake
ten aansien van aanklagte 1 en 2 nie. Die advokate het ons wel
verwys na gesag waar dit gegaan het oor vonnisse
wat opgelê is
vir menseroof of vir afpersing. Elke saak moet uiteraard op sy eie
meriete beoordeel word en elke vonnis
moet geïndividualiseer
word. Inaggenome die voormelde strafverswarende en strafversagtende
omstandighede is ek die mening
toegedaan dat effektiewe
gevangenisstraf van ân termyn van vier jaar vir die Appellant en
van drie jaar vir sy eertydse medebeskuldigde,
Garsland, vanpas sou
wees. Ons het ân memorandum gerig aan die advokate voor die appél
aangehoor is waarin ons aangedui
het dat, indien ons van mening is
dat die appél teen vonnis gehandhaaf behoort te word wat
betref die Appellant, ons dan
van voorneme was om uit hoofde van ons
inherente hersieningsbevoegdheid ook in te meng met die vonnis van
Garsland, wat nie voor
ons op appél is nie.
Die volgende bevel word uitgereik:
Die appél teen vonnis
slaag. Die vonnis opgelê deur die landdros word tersyde
gestel en vervang met die volgende:
â
Die
Appellant
word gevonnis as volg:
a
) Op
aanklag 1 tot vier jaar gevangenisstraf;
b
) Op
aanklag 2 tot vier jaar gevangenisstraf;
c
) Op
aanklag 3 tot ses maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word
vir ân tydperk van drie jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan diefstal van ân motorvoertuig of ân
oortreding van art 1(1) van Wet 50 van
1956, gebruik van ân
motorvoertuig sonder die toestemming van die eienaar daarvan nie, wat
gepleeg is gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Dit word
verder gelas ingevolge die bepalings vervat in artikel 280 van die
Strafproseswet,
51 van 1977 dat die vonnis opgelê op aanklag twee sal saamloop
met dié op aanklag een sodat die
effektiewe termyn van
gevangenisstraf vier jaar is.â
Die vonnis opgelê aan Mnr.
Thomas Garsland word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â
a) Op
aanklag 1 tot drie jaar gevangenisstraf;
b
) Op
aanklag 2 tot drie jaar gevangenisstraf;
c
) Op
aanklag 3 tot ses maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word
vir ân tydperk van drie jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan diefstal van ân motorvoertuig of ân
oortreding van art 1(1) van Wet 50 van
1956, gebruik van ân
motorvoertuig sonder die toestemming van die eienaar daarvan nie, wat
gepleeg is gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Dit word
verder gelas ingevolge die bepalings vervat in artikel 280 van die
Strafproseswet,
51 van 1977 dat die vonnis opgelê op aanklag twee sal saamloop
met dié op aanklag een sodat die
effektiewe termyn van
gevangenisstraf drie jaar is.â
Die vonnisse word teruggedateer
tot 10 Junie 2008.
Die Griffier word gelas om die
inhoud van hierdie bevel en die uitspraak te versend na die
gevangenis waar Mnr. Thomas Garsland
tans aangehou word vir sy
kennisname.
__________
_________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
_____________
_______
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT :
ADV
PISTORIUS
IN
OPDRAG VAN :
ENGELSMAN
MAGABANE PROKUREURS
NAMENS
RESPONDENT :
ADV
ROSENBERG
IN
OPDRAG VAN :
DOV