About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 44
|
|
Eco Move 20 BK en Ander v Krygkor Besigheid (Edms) Bpk en Anders (912/2009) [2009] ZANCHC 44 (4 September 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOëHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoëhof, Kimberley)
Saak
No
:
912/2009
Saak
Aangehoor:
28/08/2009
Dat
um
gelewer: 04/09/2009
In
die
saak tussen:
Eco
Move 20 BK
1ste Eiser
Chris
Muller 2de Eiser
e
n
Krygkor
Besigheid (Edms) Bpk
1ste
Verweerder
Ietznietz
Arbeidsdienste BK 2de Verweerder
T-Systems
South Africa (Edms) Bpk 3de Verweerder
Coram:
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
INLEIDING:
Die
eerste eiser, Eco Move 20 BK, en die tweede eiser, mnr Chris Muller,
het ân aksie ingestel teen die eerste verweerder, Krygkor
Besigheid (Edms) Beperk, die tweede verweerder, Ietznietz
Arbeidsdienste B
K,
en die derde verweerder, T-Systems South Africa (Edms) Bpk.
Beide die
eerste en tweede verweerders het eksepsies geneem teen die eisers se
besonderhede van vordering op die basis dat dit,
op verskeie gronde,
geen skuldoorsaak teen hulle openbaar nie. Daar was egter by die
aanhoor hiervan geen verskyning namens
die tweede verweerder nie en
slegs die eerste verweerder se eksepsie word dus op hierdie stadium
oorweeg.
Die
besonderhede van vordering is opgedeel in twee eise. Eis 1 is
gebaseer op skriftelike kontrakte waarvan afskrifte aangeheg
is as
ân aanhangsels A en B en dié eis is slegs teen die eerste
verweerder. Eis 2 is op sy beurt gebaseer op ân skriftelike
kontrak waarvan ân afskrif aangeheg is as aanhangsel C en is teen
beide die eerste en tweede verweerders.
In
die geval van beide die eise is dit slegs die eerste eiser wat die
regshulp vorder en daar is beweer dat die tweede eiser bloot
gesiteer is weens â
sy
belang in die verrigtinge
â.
Dieselfde bewering is gemaak ten aansien van die derde verweerder,
teen wie ook geen regshulp gevorder word nie.
Die
skuldoorsaak waarop in die geval van beide die eise gesteun word, is
repudiasie van die betrokke kontrakte, en op hierdie
basis word dan
skadevergoeding geeis.
KONTRAKTE:
Ek handel
eerstens met die kontrakte waarvan afskrifte as aanhangsels aangeheg
is by die besonderhede van vordering en waarop
die betrokke eise
gebaseer is.
Daaruit
blyk dit dat, alhoewel geen afskrif daarvan aangeheg is nie, die
derde verweerder ân kontrak (â
hoofooreenkoms
â)
gesluit het met ân kliënt, wat blyk die eerste verweerder te
wees, ingevolge waarvan die derde verweerder vir die
eerste
verweerder produkte en dienste sou lewer.
Die
derde verweerder het toe op sy beurt op 18 Augustus 2004 ân
skriftelike ooreenkoms (hierinverder na verwys as â
die
onafhanklike diensooreenkoms
â)
gesluit met die eerste eiser, ingevolge waarvan laasgemelde as ân
subkontrakteur ân gedeelte van die betrokke dienste
sou lewer (ân
afskrif van dié kontrak vorm deel van aanhangsel A by die
besonderhede van vordering).
Op
dieselfde datum is ân verdere gedeelte van aanhangsel A (getiteld
â
assignment
â)
onderteken namens die derde verweerder en die eerste eiser, en is
ooreengekom dat die onafhanklike diensooreenkoms vanaf
1 April 2004
sou geld en jaarliks in Julie hersien sou word, dat die tweede eiser
die sogenaamde konsultant sou wees en dat die
dienste gelewer sou
word by Alkantpan in die Nood-Kaap. Daar kan vir doeleindes hiervan
aanvaar word dat Alkantpan die terrein
van die eerste verweerder
is.
â
n
Verdere ongetekende â
assignment
â
vir die periode 1 September 2005 tot 31 Augustus 2006, met
soortgelyke inhoud, vorm ook deel van die aanhangsels by die
besonderhede van vordering.
Aanhangsel
B by die besonderhede van vordering is ân derde â
assignment
â,
waarvan die terme weer soortgelyk was en ingevolge waarvan die
onafhanklike diensooreenkoms verleng is om te geld vanaf 1
Oktober
2006 tot 30 September 2007. Blykens dié afskrif is dit
nie onderteken namens die eerste eiser nie, maar
niks draai vir
doeleindes van hierdie eksepsie hierom nie.
Aanhangsel
C is op sy beurt ân afskrif van ân kontrak (hierinverder na
verwys as â
die
vaste termyn diensooreenkoms
â)
wat op 29 Junie 2005 gesluit is tussen die tweede verweerder en
die eerste eiser. Ingevolge hiervan het die tweede
verweerder die
eerste eiser as werknemer aangestel om vir die tweede verweerder
dienste te lewer. Daar is verklaar dat die tweede
verweerder se
besigheid deel was van die â
Alkantpan
Test Range
â;
klaarblyklik iets wat bedryf is deur of namens die eerste
verweerder. Die eerste eiser is in terme van hierdie kontrak
aangestel as die tweede verweerder se werknemer op die betrokke
terrein vir die periode vanaf 1 Julie 2005 tot 30 April 2008.
AGTERGROND:
Dit
is die eisers se saak dat dit van beide die ooreenkomste ân term
was dat die eerste eiser, alternatiewelik die tweede eiser,
oor ân
sogenaamde vertroulike of geheime sekerheidsklaring sou beskik, wat
klaarblyklik ân voorvereiste was vir toegang tot
die betrokke
terrein waar die dienste ingevolge die ooreenkomste gelewer sou
word.
Dit
blyk uit ân skrywe van die eerste verweerder (en waarvan ân
afskrif by die besonderhede van vordering aangeheg is as ân
aanhangsel D) dat ân paneel van die Suid-Afrikaanse Nasionale
Weermag wat verantwoordelik was vir die oorweging van die betrokke
sekerheidsklarings, die sekerheidsklaring van die tweede eiser wou
heroorweeg.
Die gronde
waarop die paneel besluit het om dit te heroorweeg, is nie hier van
belang nie, behalwe om te meld dat dit die eisers
se saak is dat dit
sonder regsbasis was en bloot voorgehou is om moontlike korrupsie te
verbloem (die verwysing na die eerste
eiser in hierdie verband lyk
foutief, maar is nie hier van belang nie).
Kort
daarna (op 8 November 2007) het ân divisie van die eerste
verweerder ân skrywe (waarvan ân afskrif by die besonderhede
van
vordering aangeheg is as aanhangsel E) gerig aan die tweede
verweerder, waarin berig is dat die tweede eiser nie langer ân
sekerheidsklaring sou hê nie en dus nie meer toegang tot die
terrein sou hê nie.
Twee
dae later (op 10 November 2007) het die tweede verweerder,
klaarblyklik na aanleiding hiervan, op sy beurt ân skrywe gerig
aan die eerste eiser, waarin berig is oor die gemelde skrywe en die
verval van die tweede eiser se sekerheidsklaring, en waarin
dit
gestel is dat die tweede eiser se dienste ongelukkig beëindig
moes word weens die afkeuring van sy sekerheidsklaring.
EIS
2
:
Dit
is die eisers se saak dat die laasgemelde skrywe ân repudiasie van
die vaste termyn diensooreenkoms (aanhangsel C) daargestel
het,
welke repudiasie toe gelei het tot die repudiasie van die
onafhanklike diensooreenkoms. Dit is om hierdie rede wat daar
eerste met eis 2 gehandel sal word, want eis 2 is gebaseer op die
vaste termyn diensooreenkoms en die beweerde repudiasie daarvan.
Of die
ontsegging van toegang aan die tweede eiser kon neergekom het op die
repudiasie van ân kontrak tussen die eerste eiser
en die tweede
verweerder, is ân punt wat geopper is in die tweede verweerder se
eksepsie, maar hoef nie nou oorweeg te word
nie. Dit dus net
terloops.
Soos
reeds gemeld, is eis 2 gerig teen beide die eerste en tweede
verweerders. In hierdie verband is, ten aansien van die eerste
verweerder, in paragraaf 17.1 van die besonderhede van vordering die
volgende beweer:
â
Op
of ongeveer
8
NOVEMBER 2006
het Eerste Verweerder die skriftelike Vaste Termyn Diensooreenkoms
tussen Eerste en Tweede Verweerder sowel as Eerste Eiser repudieer.
ân Ware afskrif van die skriftelike repudiasie skrywe word hierby
aangeheg en gemerk as ân
AANHANGSEL
âEâ
â.
Nêrens in
die besonderhede van vordering of in die aanhangsels daarby is daar
sprake vn ân skriftelike kontrak waartoe
hierdie drie partye,
naamlik die eerste en tweede verweerders en die eerste eiser, partye
was nie.
Dit
blyk egter duidelik, onder andere wanneer die datums wat gebruik is
vir die berekening van die skade in eis 2 vergelyk word
met dié
in die vaste termyn diensooreenkoms, dat dit die beweerde repudiasie
van laasgemelde kontrak is waarop eis 2 gebaseer
is. Dit was ook
die basis van die argumente en submissies van mnr Cronje, wat namens
die eisers verskyn het.
Die
vaste termyn diensooreenkoms (aanhangsel C) is egter duidelik
gesluit tussen slegs die tweede verweerder en die eerste eiser.
Dit
bevat geen aanduiding dat die eerste verweerder ook ân party
daartoe kon gewees het nie, en dit moes mnr Cronje toegee.
Die wese van
die eksepsies wat ten aansien van beide die eise namens die eerste
verweerder geneem is, is soos volg uiteengesit:
â
2.
Die
ooreenkomste wat die basis vorm van gemelde eise, luidens die
Besonderhede van Vordering, gesluit is tussen die eerste eiser
en die
derde verweerder (paragraaf 7.1 en 9 daarvan) en tussen die eerste
eiser en die tweede verweerder (paragraaf 13 daarvan).
3.
Die
eerste verweerder was dus nie ân party tot enige van die
tersaaklike ooreenkomste nie en kon regtens geen verpligtinge opdoen
vis-à-vis
die eisers, voortspruitend daaruit nie.
4.
Gevolglik is
enige bewering dat die eerste verweerder enige van die voormelde
kontrakte repudieer het, regtens onontvanklik.
5.
Daar
bestaan derhalwe geen regsband tussen die beweerde kontrakbreuk en
die eerste verweerder nie, en kan die eerste verweerder
gevolglik nie
aanspreeklik wees op grond van enige repudiasie van die voormelde
ooreenkomste nie.â
Wanneer
dan aanvaar word dat dit, in die geval van eis
2,
in werklikheid gaan om die beweerde repudiasie van die vaste termyn
diensooreenkoms, weet ek werklik nie wat meer gesê
hoef te
word as dit wat reeds vervat is in die tweede verweerder se
kennisgewing van eksepsie nie. Die blote definisie van repudiasie
van ân kontrak maak dit baie duidelik dat slegs ân party tot ân
kontrak, en inderdaad ân party wat uit hoofde van daardie
kontrak
verpligtinge oploop, regtens in staat sou kon wees om die betrokke
kontrak te repudieer (sien
The
Law of South Africa
,
Joubert, 2de uitgawe, vol 5, Deel 1, paragraaf 239,
Die
Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg
,
De Wet en Van Wyk, 5de uitgawe, Vol 1, bl 169 en
The
Principles of the Law of Contract
,
Kerr, 6de uitgawe, bl 575).
Die
eerste verweerder was eenvoudig nooit ân party tot die vaste
termyn diensooreenkoms nie
.
Dit blyk nie alleen duidelik uit die betrokke kontrak self nie,
maar daar is ook geen so ân bewering gemaak in die besonderhede
van vordering nie. Inteendeel, in paragraaf 13 van die besonderhede
van vordering is juis uitdruklik beweer dat hierdie kontrak
aangegaan is â
tussen
Eerste Eiser en Tweede Verweerder
â.
Soos ek die
argument verstaan van mnr Cronje, kom dit daarop neer:
dat
daar duidelik ook in hierdie geval ân tipe hoofooreenkoms moes
bestaan het tussen die tweede verweerder en die eerste
verweerder
(soos die hoofooreenkoms tussen die derde verweerder en die eerste
verweerder);
dat so ân
hoofooreenkoms dit dan noodwendig vir die tweede verweerder
moontlik moes gemaak het (en inderdaad in die vooruitsig
moes
gestel het) om die vaste termyn diensooreenkoms met ân derde
party soos die eerste eiser te sluit (tot die effek dat
so ân
party dan op die terrein van die eerste verweerder werk sou
verrig); en
dat
die eerste verweerder se weiering onder sodanige omstandighede om
die eerste eiser toe te laat op die betrokke terrein,
op repudiasie
neergekom het.
Selfs
al sou daar op hierdie argument moontlik gepraat kon word daarvan
dat so ân weiering van toegang sou kon neerkom op repudiasie
van
ân
kontrak tussen die eerste verweerder en die tweede verweerder (ân
moontlikheid wat nie nou werklik oorweeg of beslis hoef
te word
nie), sou die feit egter steeds bly dat die eerste verweerder nie ân
party sou wees tot die kontrak tussen die tweede
verweerder en die
eerste eiser nie, geen verpligtinge uit hoofde daarvan opgedoen het
nie en dit gevolglik nie sou kon repudieer
nie.
Vir
soverre op mnr Cronje se konstruksie geargumenteer sou kon word dat
die eerste verweerder ân kontraksverpligting gehad het
om die
eerste eiser op die terrein toe te laat, sou hy slegs teenoor die
tweede verweerder so ân kontraksverpligting kon gehad
het, en nie
teenoor die eerste eiser nie. Daar sou eenvoudig steeds, selfs op
mnr Cronje se argument en uitleg, geen kontraktuele
regsband tussen
die eerste eiser en die eerste verweerder kon bestaan het nie.
Mnr
Cronje het geargumenteer dat die eerste verweerder as eksipiënt
die Hof moet oortuig dat daar op elke moontlike interpretasie
van
die besonderhede van vordering geen skuldoorsaak uitgemaak is nie en
het volhard in sy submissie dat die kontrakte en beweringe
in die
besonderhede van vordering wel, op die bogemelde basis, vertolk sou
kon word om ân skuldoorsaak daar te stel.
Mnr
Cronje se steun in hierdie verband op die passasie in
Francis
v Sharp and others
[2003] 2 All SA 201
(C) op 215e-g is egter misplaas. Dit het in
daardie gedeelte van die betrokke uitspraak gegaan daaroor of die
beweringe in
ân besonderhede van vordering vaag en verwarrend
was, en nie daaroor of ân skuldoorsaak uitgemaak is nie.
Inteendeel, daar
was in daardie geval juis beweringe van ân
kontrak met die twee verweerders, terwyl daar hier in die
besonderhede van vordering
geen bewering is van ân kontrak tussen
die eisers en die eerste verweerder nie.
Ook
die ander beslissing waarna mnr Cronje in hierdie verband verwys
het,
Sun
Packaging (Pty) Ltd v Vreulink
[1996] ZASCA 73
;
1996 (4) SA 176
(AD), is te onderskei, want in die passasie daarin
waarna mnr Cronje verwys het (bl 186-187 van die verslag), het dit
gegaan
oor die uitleg van ân kontrak op die stadium van ân
eksepsie. Daar is nooit hier gepleit dat die eerste verweerder op
die
een of ander uitleg van die vaste termyn diensooreenkoms eintlik
ook ân party daartoe was nie en die uitleg van die onderhawige
kontrak is op die beweringe in die besonderhede van vordering
geensins ter sprake by die oorweging van die eerste verweerder
se
eksepsie nie.
Ek
is dus van oordeel dat die eerste verweerder se eksepsie ten aansien
van eis 2 behoort te slaag.
EIS
1
:
In
die besonderhede van vordering is beweer dat dit ân â
noodwendige
gevolg
â
was van die repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms, dat die
onafhanklike diensooreenkoms ook â
repudieer
word, alternatiewelik dat Eerste Eiser verhoed word om te
presteer
â.
Die
bewering is dan verder ten aansien van hierdie eis gemaak dat die
eerste verweerder se repudiasie onregmatig was, waaruit
seker
afgelei moet word dat dit die eisers se saak is dat ook hierdie
kontrak
inderdaad
deur die eerste verweerder gerepudieer is. Dit was dan ook die
grondslag van mnr Cronje se argument.
Teen
die agtergrond daarvan dat ook hierdie kontrak (tesame met die
â
assignments
â
daarby) geen aanduiding bevat het dat die eerste verweerder ân
party daartoe was nie, het mnr Cronje dieselfde benadering
in
argument gevolg as ten aansien van die vaste termyn diensooreenkoms.
Sy argument was
weer dat, alhoewel die inhoud van die hoofooreenkoms tussen die
eerste en derde verweerders op hierdie stadium
onbekend is, dit
noodwendig ân subkontrakteur-ooreenkoms soos dié tussen die
derde verweerder en die eerste eiser in
die vooruitsig moes gestel
het en dat, omdat ân subkontrakteur soos die eerste eiser slegs sy
verpligtinge sou kon uitvoer
as toegang tot die eerste verweerder se
terrein verkry kon word, die eerste verweerder se ontsegging van
sodanige toegang sou
neergekom het op ân repudiasie.
Die
opmerkings hierbo geld ook ten aansien van hierdie argument. Selfs
op mnr Cronje se argument sou die eerste verweerder steeds
nie ân
party gewees het tot die kontrak wat in die besonderhede van
vordering beweer word gerepudieer is nie. Op die beste
vir mnr
Cronje, sou sy argument moontlik kon beteken dat die eerste
verweerder sy hoofooreenkoms met die derde verweerder gerepudieer
het.
Selfs
al sou die bewering in hierdie verband dat die eerste verweerder se
repudiasie onregmatig was
(paragraaf 19.1 van die besonderhede van vordering), vertolk word om
te beteken dat dit die eisers se saak is dat die eerste
verweerder
self ook hierdie kontrak repudieer het, is dit in elk geval moeilik
te versoen met die vroeëre bewering (in paragraaf
17.2) dat die
repudiasie van die onafhanklike diensooreenkoms maar eintlik die
â
noodwendige
gevolg
â
was van die beweerde repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms
deur die eerste verweerder. Dit egter net terloops.
Vir
soverre die eisers se saak sou wees dat repudiasie van een kontrak
die gevolg kan wees van die repudiasie van ân ander
kontrak, sou
dan egter in gedagte gehou moes word dat (soos reeds bevind) die
eisers nie op die pleitstukke ân saak uitgemaak
het dat daar in
die eerste plek ân repudiasie (wat so ân noodwendige gevolg sou
kon teweegbring) deur die eerste verweerder
was nie. Andersom
gestel, indien die eisers dus ân repudiasie van die vaste termyn
diensooreenkoms deur die eerste verweerder
sou moes beweer het as ân
oorsaak vir die beweerde repudiasie van die onafhanklike
diensooreenkoms, is daar nie in geslaag
nie.
Die
bewering in paragraaf 18 dat dit die tweede verweerder was wat die
vaste termyn diensooreenkoms repudieer het, sou in elk
geval
dan
die vraag laat ontstaan watter repudiasie (die een beweer in
paragraaf 17.1 of die in paragraaf 18 van die besonderhede van
vordering) dié verdere repudiasie tot noodwendige gevolg
gehad het.
Opsommenderwys,
en vir soverre enige sin gemaak sou kon word uit die eisers se
beweringe ten aansien van die beweerde repudiasie
van die
onafhanklike diensooreenkoms, sou dit denkbaar op een van twee wyses
vertolk kon word, naamlik:
òf
dat een van die werklike partye tot die onafhanklike
diensooreenkoms dit gerepudieer het, en wel as ân noodwendige
gevolg van die eerste verweerder se beweerde repudiasie van die
vaste termyn diensooreenkoms;
òf dat
die eerste verweerder self die onafhanklike diensooreenkoms
gerepudieer het.
Wat
die eerste moontlikheid betref, sou dit eerstens strydig wees met
die implisiete bewering dat die eerste verweerder die repudieerder
was. Tweedens, en soos reeds gemeld, sou die pleitstukke dan in elk
geval mank gaan aan die beweringe wat nodig sou wees om
dié
oorsaak, naamlik ân repudiasie van die vaste termyn
diensooreenkoms deur die eerste verweerder, aan te toon.
Wat
die tweede moontlike uitleg van die beweringe in die besonderhede
van vordering betref, was die eerste verweerder nie ân
party tot
die onafhanklike diensooreenkoms nie en sou hy dit nie kon
gerepudieer het nie.
Die
alternatiewe bewering dat die eerste eiser deur die repudiasie van
die vaste termyn diensooreenkoms verhoed is om te presteer,
kan tog
hier geen onafhanklike kontraktuele skuldoorsaak uitmaak nie. Ook
dit sou, op die eisers se saak, die gevolg moes gewees
het van ân
repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms deur die eerste
verweerder; iets waarvoor daar, soos reeds gemeld,
nie in die
besonderhede van vordering ân saak uitgemaak is nie.
Sou
ân kontraksparty ân ander party tot die kontrak verhoed om te
presteer, sou dit normaalweg op niks anders as repudiasie
neergekom
het nie (sien
The
Law of South Africa, supra
,
paragraaf 240), maar dit sou dan binne kontraksverband gewees het,
en hier was die eerste verweerder nooit ân party tot die
onafhanklike diensooreenkoms nie.
Die vraag
ontstaan in elk geval hoe, op die beweringe tans in die besonderhede
van vordering, die eerste verweerder verantwoordelik
gehou sou kon
word vir ân besluit van ân paneel van die Suid-Afrikaanse
Nasionale Weermag, en die gevolge daarvan. Dit hoef
egter nie nou
beslis te word nie.
Ek
meen dus dat die eerste verweerder se eksepsie ook ten aansien van
eis 1 behoort te slaag.
KOSTE:
Daar
is geen rede waarom die koste nie so ân uitslag sal volg nie en
dit is ook nie so geargumenteer nie. Wat die tweede eiser
betref,
het hy die eksepsie van die eerste verweerder aktief teengestaan en
is die betoogshoofde en argumente ook namens hom
geliasseer en
gevoer. Hy het op geen stadium berus by die uitslag van hierdie
eksepsie nie.
BEVELE:
Mnr
van Niekerk SC het namens die eerste verweerder en met verwysing na
Constantaras
v BCE Foodservice Equipment (Pty) Ltd
2007 (6) SA 338
(SCA) op 348H [paragraaf 32]) aan die hand gedoen
dat, indien die eksepsie namens die eerste verweerder sou slaag, ân
bevel
soos dié hieronder gemaak word, en die teendeel is nie
deur mnr Cronje geargumenteer nie.
In
die lig daarvan dat dit nie versoek is nie, word dit nie gelas dat
die eisers ook afsonderlik vir die koste aanspreeklik sal
wees nie
(sien
Law
of Costs
,
Cilliers, paragrawe 11.04 en 11.05 en
Johnson
v High Sheriff and Pienaar
1925 CPD 109
op 114).
Die volgende
bevele word dus gemaak:
Die
eerste verweerder se eksepsie teen die eisers se besonderhede van
eis word gehandhaaf en die eisers word gelas om die eerste
verweerder se koste in hierdie verband te betaal
.
Verlof
word aan die eisers verleen om, indien so geadviseer, hulle
besonderhede van eis te wysig, en wel binne een maand na datum
van
hierdie bevel, en ooreenkomstig die bepalings van die Uniforme
Hofreëls betreffende wysiging van pleitstukke.
Indien die
eisers sou nalaat om hulle besonderhede van vordering te wysig
ooreenkomstig hierdie bevel, sal die eerste verweerder
geregtig wees
om die aksie ter rolle te plaas vir afwysing van die eisers se eis
teen die eerste verweerder.
______________
________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Eiser: Adv
P R Cronje
In
opdrag van
: Van
de Wall & Vennote, KIMBERLEY
Nms
Verweerder: Adv
J G van Niekerk
In
opdrag van
: Engelsman
Magabane Ing, KIMBERLEY