Bitterbos v S (CA&R10/2009) [2009] ZANCHC 33 (28 August 2009)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of murder and sentenced to 15 years' imprisonment — Appellant argued that trial court failed to consider substantial and compelling circumstances — Appellant was under the influence of alcohol, had acted in provocation, and had expressed remorse — Court found that the trial court misapplied the law regarding sentencing and did not adequately consider the mitigating factors — Sentence reduced to 10 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 33
|

|

Bitterbos v S (CA&R10/2009) [2009] ZANCHC 33 (28 August 2009)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY
Saakno: /
Case number:
CA
& R 10/2009
Datum
verhoor: / Date heard:
24
/ 08 / 2009
Datum
gelewer: / Date delivered:
28
/ 08 / 2009
In
die appèl:
JANNETJIE
BITTERBOS Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Williams, R et Botha, WnR
UITSPRAAK
OP APPÈL
Botha,
Wnr
Die
Appellant is op 27 Mei 2005 skuldig bevind aan moord op haar
saamleefman, Gert Horst.
Die
Appellant het skuldig gepleit op die klagte van moord deurdat sy op
11 September 2004 die oorledene een steekwond met ‘n
mes in sy
bors toegedien het en dat hy as gevolg van die steekwond gesterf
het.
In die
skriftelike pleitverduideliking namens die Appellant voorgehou, word
verduidelik dat die Appellant ten tyde van die voorval
onder die
invloed van alkohol was, dat daar ‘n argument was tussen haar en
die oorledene en dat sy daarna die oorledene met
die mes gesteek
het. Die pleitverduideliking meld ook dat sy berou gehad het en die
voorval aangemeld het by die eienaar van
die plaas waar sy en die
oorledene gewoon het en hom versoek het om ‘n ambulans en die
polisie te kontak.
Die
vonnisoplegging is uitgestel ten einde ‘n voorvonnisverslag te
verkry van die korrektiewe beampte.
Op 28
November 2005 het die korrektiewe beampte, mnr. Witbooi, getuig en
het die streeklanddros die Appellant gevonnis nadat die
staat en die
verdediging betoë met betrekking tot vonnis voorgele het.
Die
verhoorlanddros het bevind dat daar geen dwingende en wesenlike
omstandighede in die saak aanwesig is wat daartoe kan lei
dat die
voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf nie vir die
Appellant opgelê moet word nie.
Op 26
Mei 2008 is onsuksesvol aansoek gedoen om te appelleer teen die
opgelegde vonnis.
Die
Appellant nader hierdie Hof op appèl nadat verlof daartoe
verleen is op grond van ‘n versoekskrif gerig in terme
van Artikel
309(c)(2) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.
Mnr.
P.J. Cloete, in opdrag van die Regshulpraad, het namens die
Appellant geargumenteer dat die verhoorlanddros misgetas het
deur
nie dwingende en wesenlike omstandighede te vind nie en gevolglik
fouteer het deur ‘n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
op te lê.
Mnr.
Cloete argumenteer dat die verhoorhof misgetas het deur nie die
volgende as dwingende en wesenlike omstandighede in ag te
neem nie.
Die
Appellant was 27 jaar oud tydens die voorval.
Die
Appellant was ongetroud en het vier minderjarige kinders van
onderskeidelik 10 jaar, 8 jaar, 4 jaar en 15 maande oud.
Die
Appellant het gewerk as ‘n huishulp en het R160.00 vir elke twee
weke verdien.
Die
Appellant het twee vorige veroordelings van geweld.
Die
Appellant het skuldig gepleit wat aanduidend daarvan is dat sy
berou toon vir die misdryf wat sy gepleeg het.
Daar
was ook die betroke aand van die voorval ‘n mate van provokasie
gewees aangesien die oorledene die Appellant gekeer het
om nie te
gaan kuier nie en daar ‘n argument ontstaan het;
Die
Appellant was onder die invloed van drank gewees tydens die
voorval.
Die
Appellant het onmiddellik na die voorval na die plaaseienaar gegaan
om die ambulans en polisie te ontbied.
[11] Mnr.
Cloete argumetneer dat, gegewe bogemelde dwingende en wesenlike
omstandighede, ‘n vonnis van hoogstens 8 jaar gevangenisstraf

opgelê moes wees.
[12] Mnr.
Q.H. Hollander, namens die Direkteur van Openbare Vervolgings het in
sy betoogshoofde, en aanvanklike argument, die mening
gehuldig dat
daar geen mistastings deur die verhoorlanddros begaan is nie, dat die
Verhoorlanddros alle relevante faktore oorweeg
het tydens
vonnisoplegging.
[13] Hy
het onder andere daarop klem gelê dat die Appellant nie ’n
eerste oortreder is nie en reeds twee vorige veroordelings
vir
aanranding het, dat die huidige misdryf gepleeg is ongeveer 8 maande
nadat die opskortingstydperk ten opsigte van die laaste

aanrandingsaak afgeloop het, dat die Appellant ‘n geneigdheid tot
geweldpleging het, dat die misdryf as die ergste vorm van
gesinsgeweld beskou kan word, dat die oorledene ten tyde van die
pleging van die misdryf geen dreigende gevaar vir die Appellant
was
nie, dat die provokasie deur die oorledene veroorsaak tot ‘n mate
reeds afgeloop het, en dat die Appellant, wie se kinders
in pleegsorg
was, gewelddadig in die verlede teen ten minste een van die kinders
opgetree het.
[14] Laasgemelde
submissie is gemaak op grond van die getuienis van die korrektiewe
beampte, mnr. Witbooi, wie in sy verslag en
ook in sy getuienis,
beweer het dat daar ‘n geneigdheid tot aggressie is by die
Appellant wanneer sy onder die invloed van drank
is.
[15] Dit
blyk nie uit die rekord of die verslag van die Korrektiewe Beampte
wat die basis is vir hierdie konklusie wat deur hom
gevorm is nie.
Die enigste aanduiding daarvan word gevind in die getuienis van die
korrektiewe beampte waar hy as volg getuig op
vrae van die
staatsaanklaer:-
“
Did you
investigate how she was treating these kids whilst she was drunk?
“
Ek het navraag
gedoen by mnr. Jan Storm in wie se sorg die kinders geplaas is, en hy
het aangedui dat ook soos in die TUSSENTYDSE
MAGTIGING VIR AANHOUDING
VAN ‘N KIND IN ‘N VEILIGE PLEK, dat sy en die dogtertjie –
wanneer sy alkohol/onder die invloed
van alkohol was, het sy die ouer
dogtertjie met ‘n ysterpot teen haar kop geslaan en die kind moes
na ‘n daghospitaal geneem
word vir behandeling.
“
So she was
aggressive, she is aggressive towards her kids?”
“
Dis korrek, ja.
”
“
And for how long
has these things been happening?
“
Ek kan u nie
presies ‘n tydperk gee nie, U Edele.
”
“
Was this
aggression towards the kids there before the death of the deceased?”
“
Dit blyk so te wees”
“
So she was an
aggressive person (inaudible) to the death and after the death she is
still aggressive?”
“
Dit blyk so te
wees.”
[16] In
die TUSSENTYDSE MAGTIGING VIR DIE AANHOUDING VAN ‘N KIND IN ‘N
VEILIGHEIDSPLEK: Regulasie 9 (2)(a), gedateer 10 Junie
2005 word die
volgende vermeld:
“
Die betrokke
twee kinders was deur die oog op die kinders verwyder nadat
die
materne grootmoeder
,
wie onder die invloed van alkohol was, die ouer dogtertjie met ‘n
ysterpot teen haar kop geslaan het. Die wond moes deur die

daghospitaal behandel word.
”
(My onderstreping).
Dit blyk
gevolglik dat bogemelde benadelende getuienis met betrekking tot die
beweerde aggressie van die Appellant, op die leidende
vraag van die
Staatsaanklaer, verkeerdelik deur die Korrektiewe Beampte voor die
Verhoorhof geplaas is.
[17] Uit
die TUSSENTYDSE MAGTIGING blyk duidelik dat dit nie die Appellant is
nie, maar wel die Appellant se moeder wie, onder die
invloed van
drank, die ouer dogtertjie aangerand het.
[18] In
die uitspraak op vonnis maak die Verhoorlanddros die volgende
aanmerking:
“
Murder is the
most serious offence and it has been noted that at the time of the
stabbing you were not even arguing with the deceased.
Eventhough you
did have a misunderstanding earlier on, this is domestic violence and
it is pressed on a daily basis that people
should refrain from doing
acts like this
.”
[18] Die
verhoorlanddros het duidelik in hierdie verband misgetas aangesien
die pleitverduideliking dit duidelik stel dat daar,
behalwe vir die
voorafgaande probleem die middag tussen die oorledene en die
Appellant, die aand onmiddellik voor die steekvoorval
ook ‘n
argument tussen die twee partye was soos blyk uit die volgende
gedeelte van die skriftelike pleitverduideliking:
“
We had all been
drinking early during the day. The evening I was still under the
influence of liquor, but knew what I was doing.
The deceased was in
the kitchen. The deceased and I lived together as man and wife.
Earlier I wanted to go to my father on another
farm and the decesaed
forcibly stopped me. An argument broke out
the
evening
.
I came from the bedroom, took an open knife and stabbed the deceased
once in the chest. I immediately had remorse and went to
the owner of
the farm and asked him to call an ambulance and the police.
”
[19] Ek
stem met mnr. Cloete saam dat die omstandighede deur hom aangehaal,
kumulatief gesien, wel dwingende en wesenlike omstandighede
daarstel
wat die Hof in ‘n posisie plaas om af te wyk van die minimum vonnis
voorgeskryf deur Artikel 51(3) van die Strafregwysigingswet,
Wet 105
van 1997.
[20] Alhoewel
die vroeëre optrede van die oorledene in hierdie sage nie
enigsins as regverdiging kon dien nie vir die optrede
van die
Appellant om hom met ‘n mes te dood nie, blyk dit uit die verslag
van die Korrektiewe Toesigbeampte dat die oorledene
by meer as een
geleentheid voor die voorval die Appellant geprovokeer het deur haar
vroeër die middag te klap en ook in te
hardloop en terug te
bring huis toe nadat sy na haar vader op ‘n nabygeleë plaas
wou stap.
[21] Wat
ook uit die korrektiewe beampte se verslag blyk, en nie deur die
Verhoorregter in aanmerking geneem is by vonnisoplegging
nie, is die
feit dat die Appellant, nadat sy die middag gaan slaap het en teen
ongeveer 20:00 weer opgestaan het, weereens alkohol
gebruik het
voordat sy die oorledene met die mes gesteek het.
[21] Gegewe
bogemelde omstandighede is ek van oordeel dat die vonnis skokkend
onvanpas is tot die mate dat dit die Hof van Appèl
in staat
stel om met die vonnis in te meng, soos gestel deur Holmes, R in
S
v De Jager & Another
1965
(2) SA 616
AD op 628 H tot 629 B:-
“
In
this regard an accepted test is whether the sentence induces a sense
of shock that is to say if there is a striking disparity
between the
sentence passed and that which the Court of Appeal would have
proposed
.”
[22] Vir
bogemelde redes is ek ook van oordeel dat die vonnis deur die
Verhoorhof opgelê uit verhouding is met die erns van
die
misdryf, die persoonlike omstandighede van die Appellant sowel as die
belange van die gemeenskap tot so ‘n mate dat geregtigheid
nie
gedien sal word tensy die vonnis verminder word nie soos bedoel in
S
v Malgas
2001 (1) SASV 469 (HHA) op 482 E tot F.
[23] Ek
is van oordeel dat ‘n gepaste vonnis in die omstandighede sal wees
10 (TIEN) jaar gevangenisstraf.
BEVEL
DIE APPÈL
SLAAG MET BETREKKING TOT DIE VONNIS.
DIE
VONNIS VAN 15 (VYFTIEN) JAAR GEVANGENISSTRAF WORD TERSYDE GESTEL EN
VERVANG MET ‘N VONNIS VAN 10 (TIEN) JAAR GEVANGENISSTRAF.
DIE
VONNIS WORD INGEVOLGE ARTIKEL 282 VAN DIE STRAFPROSESWET 51 VAN 1977
TERUGDATEER NA 28 NOVEMBER 2005.
_______________
Botha, WnR
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
Williams, R
REGTER
Namens
appellant:
Adv
P.J. Cloete i.o.v. Kimberley Regshulpraad
Namens
respondent:
Adv
Q.H. Hollander i.o.v. DOV