Khara Hais Munisipaliteit v Upington Rugby en Netbal Klub (1258/2005) [2009] ZANCHC 43 (21 August 2009)

70 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Lease — Termination of lease — Validity of cancellation — Applicant municipality sought to terminate a lease agreement with the respondent rugby club, citing municipal needs for the property. The lease contained provisions for termination with three months' written notice. The municipality issued a notice of cancellation based on the need for the property for municipal purposes, but the respondent contested the validity of the cancellation and the authority of the municipal manager to act. The court held that the cancellation was valid under the terms of the lease, and the respondent was ordered to vacate the property within 30 days.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 43
|

|

Khara Hais Munisipaliteit v Upington Rugby en Netbal Klub (1258/2005) [2009] ZANCHC 43 (21 August 2009)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOëHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoëhof, Kimberley)
Saak
No
:
1258/2005
Saak
Aangehoor:
14/08/2009
Dat
um
gelewer: 21/08/2009
In
die
saak tussen:
//Khara
Hais
Munisipaliteit Applikant
e
n
Upington
Rugby
-
en Netbal Klub Respondent
UITSPRAAK
Olivier
R:
INLEIDING
Die
applikant is
die //Khara Hais Munisipaliteit en die respondent is die Upington
Rugby- en Netbal Klub.
Op
19 Maart 1984 het die applikant se regsvoorganger in titel en die
respondent ‘n skriftelike huurkontrak gesluit. Daar is

ooreengekom dat onroerende eiendom waarop ‘n sportkompleks beplan
is vir ‘n periode van 20 jaar verhuur sou word aan die
respondent,
met ‘n opsie aan die respondent om dit dan “
vir
‘n verdere termyn te hernu
”.
In
klousule 1 van die huurkontrak is voorsiening gemaak daarvoor dat
die huurkontrak “
sal
te eniger tyd skriftelik beëindig kan word deur drie (3)
kalendermaande skriftelike kennis deur die een party aan die
ander
party gegee”
.
In
klousule 20 van die huurkontrak is egter onder andere ook soos volg
ooreengekom:
“
Nieteenstaande
enige bepalings in hierdie ooreenkoms vervat mag die Raad herbesit
neem van die hele of enige gedeelte van die grond
te eniger tyd nadat
drie maande skriftelike kennisgewing te dien effekte gegee is indien
dit benodig word vir enige munisipale
of regeringsdoeleindes en mag
die huur dienooreenkomstig gekanselleer of gewysig word.
”
GESKIEDENIS:
Dit
is gemenesaak dat die respondent die eiendom tans nog benut vir die
doeleindes van ‘n rugbyklub en vir die beoefening van
dié
sport, en dat heelwat verbeteringe vir sodanige doeleindes op die
eiendom aangebring is.
Op
27 Mei 2002 het die Raad van die appl
ikant
die besluit geneem dat dit die eiendom “
vir
Munisipale doeleindes vir die beskikbaarstelling ook aan ander
sportliggame benodig
”
en dat dié huurkontrak (en ‘n soortgelyke een met ‘n
ander klub) beëindig moes word. Terloops kan daarop
gelet word
dat die Raad om die een of ander rede egter besluit het dat die
beëindiging van die onderhawige kontrak moes
geskied op die
basis van klousule 1, en dié van die ander kontrak op die
basis van klousule 20.
Die
munisipale bestuurder van die applikant het in ‘n skrywe
gedateer
28 Augustus 2002 aan die respondent kennis gegee dat die Raad op 27
Mei 2002 besluit het dat die huurkontrak met 3 maande
kennisgewing
beëindig moes word “
vanweë
die feit dat die Raad die gronde wat verhuur word benodig vir
munisipale en/of regeringsdoeleindes soos gestipuleer
in klousule 20
van die huurooreenkoms
”.
Die
respondent se prokureurs het egter in ‘n skrywe gedateer 25
September 2002 aangedui dat die kansellasie nie aanvaar word
nie en
op ‘n heelwat latere stadium, te wete op 9 Februarie 2004, het die
respondent kennis gegee dat die opsie om te hernu
uitgeoefen word.
Op 25 Februarie
2004 het die applikant se prokureurs egter volhard met die houding
dat die huurkontrak gekanselleer was en dat
die respondent die
eiendom moes ontruim.
In
reaksie hierop het die respondent se prokureurs in ‘n skrywe
gedateer 23 Maart 2004 aangevoer dat die kansellasie intussen
tydens
gesprekvoering teruggetrek is deur die munisipale bestuurder. Dit
is gemenesaak dat daar inderdaad gesprekvoering was
ná die
respondent se prokureurs se skrywe van 25 September 2002.
Die
munisipale bestuurder het ontken dat hy ooit die kansellasie
teruggetrek het of daarvan afstand gedoen het en het ook aangevoer

dat hy in elk geval nie bevoeg sou gewees het om so te doen nie. In
reaksie op die laasgemelde, is namens die respondent opgewerp
dat
die applikant deur estoppel belet is om te steun op die beweerde
afwesigheid van bevoegdheid. In die lig van wat hieronder
volg, en
meer spesifiek die latere nuwe kennisgewing van beëindiging, is
dit onnodig om verdere oorweging hieraan te verleen.
Uit
‘n notule van ‘n vergadering van die applikant se uitvoerende
komitee op 24 Maart 2004 blyk dit dat die houding van die
kant van
die applikant toe steeds was dat die huurkontrak nie hernu word nie
en dat “
voortgegaan
word met die regsproses ten einde ‘n uitsettingsbevel teen die
Upington Rugbyklub te verkry
”.
In
‘n skrywe gedateer 16 Maart 2005 het die applikant se prokureurs
verwys na die geskil oor of die kansellasie van Augustus
2002 deur
die munisipale bestuurder teruggetrek of ongedaan gemaak is, en is
berig dat daar in die lig van daardie dispuut opnuut
drie maande
kennis gegee word aan die respondent om die eiendom te ontruim.
Dit is
gemenesaak dat die respondent weier om die eiendom te ontruim en die
applikant het toe die onderhawige aansoek geloods,
waarin gevra word
vir ‘n verklarende bevel dat die huurkontrak geldiglik
gekanselleer is en dat gelas word dat die respondent
die eiendom
binne 30 dae moet ontruim.
IN LIMINE
Namens
die respondent is aangevoer dat die aansoek afgewys behoort te word
op sterkte daarvan dat die applikant se deponent (die
munisipale
bestuurder) versuim het om te bewys dat hy gemagtig was om die
aansoek namens die applikant te bring.
Die betrokke
deponent het in sy funderende eedsverklaring die pertinente bewering
gemaak dat hy gemagtig was om die aansoek te
loods.
Die respondent
se enigste reaksie op dié bewering is die volgende:
“
6
.1 Ek
dra nie kennis van die bewerings hierin uiteengesit nie en kan dit
gevolglik nie erken of ontken nie en verg bewys daarvan.
6.2 Ek
nooi die applikant uit om dokumentere bewys vir sodanige magtiging
voor te lê
.”
Hierdie
tipe “
aanval
”
op ‘n deponent se bewering dat hy/sy gemagtig is om die regsproses
namens ‘n instansie in te stel of te verdedig, is sedert
‘n
wysiging in 1987 aan die bepalings van Uniforme Hofreël 7
misplaas en onvanpas Daardie wysiging het ‘n meganisme
geskep
waardeur die magtiging van die prokureur, wat namens ‘n instansie
die verrigtinge loods, getoets kan word. Die benadering
is
sedertdien dat die vraag of die instansie die verrigtinge gemagtig
het, langs hierdie weg getoets moet word, en dat dit nie
langer
gedoen moes word deur “
to
hand up heads of argument, apply textual analysis and make
submissions about the adequacy of the words used by the deponent

about his own authority”
(sien
Eskom
v Soweto City Council
1992 (2) SA 703
(W) op 706, en vergelyk ook
Ganes
and Another v Telecom Namibia Ltd
2004 (3) SA 615
(SCA) op 624B-625A,
Unlawful
Occupiers, School Site v City of Johanesburg
2005 (4) SA 199
(SCA) op 205J-207G en
Umvoti
Munisipality v ANC Umvoti Council Caucus and Others
2009 (2) SA 388
(N) op 394H-396C).
Bloot
op hierdie basis al moet die respondent se punt
in
limine
misluk, want as die prokureur behoorlik gemagtig is, is die beweerde
magtiging van ‘n deponent ontersaaklik. In die onderhawige
geval
het prokureurs die kennisgewing van mosie namens die applikant
onderteken en die aansoek ingestel, en hulle magtiging is
nooit
aangeval in terme van Hofreël 7 nie.
Hierdie
stellings kom
in
elk geval nie eers op ‘n “
bare
denial
”
neer nie en dit is duidelik dat die deponent vir die respondent nie
eers poog om te sê dat hy rede het om te vermoed
dat die
munisipale bestuurder nie aldus gemagtig was nie. Die betrokke
stellings sou nie na my mening as ‘n behoorlike aanval
op die
deponent vir die applikant se bewering beskou kon word nie. In die
lig hiervan meen ek dat die betrokke bewering in
elk geval as bewys
van sy magtiging sou moes staan (sien
Msunduzi
Municipality v Natal Joint Municipal Pension/Provident Fund and
Others
2007 (1) SA 142
(NPD) op 147H-I,
South West Africa National Union v Tjozongoro and Others
1985
(1) SA 376
(SWA) op381D-E en
Nahrungsmittel
GmbH v Otto
1991 (4) SA 414
(C) op 418C-F)).
Dit
dien voorts op gelet te word dat ‘n munisipale bestuurder in
artikel 82 (1) (a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale

Strukture, 117 van 1998, beskryf word as die hoof van administrasie
en die rekenpligtige beampte van ‘n munisipaliteit. Daar
is
beslis niks in dié omskrywing wat aanduidend daarvan sou kon
wees dat die huidige deponent nie gemagtig kon gewees
het om die
aansoek aanhangig te maak nie.
Die
feit dat die applikant se uitvoerende komitee en die Raad nog
deurga
ans
die standpunt handhaaf dat die huur beëindig is en dat die
respondent die eiendom moet ontruim, sou in elk geval ook,
selfs in
die afwesigheid van die meganisme in Reël 7, duidelike
aanduidings gewees het van die waarskynlikheid daarvan dat
die
applikant wel die onderhawige proses gemagtig het.
Die
saak waarop in hierdie verband namens die respondent gesteun is,
Levinsohn’s
Meat Products (Edms) Bpk v Addisionele Landdros, Keimoes, en ‘n
Ander
1981 (2) SA 562
(NKA), is ook totaal te onderskei van die
onderhawige geval. Daar was dit die prokureur wat namens sy kliënt
die aansoek
geloods het, en het dit nie gegaan oor ‘n ampsdraer
soos ‘n munisipale bestuurder (of ‘n direkteur van ‘n
maatskappy)
wat normaalweg verwag sou word om namens die instansie
(wat immers nie self kan optree nie) op te tree. Ek meen dus dat
daar
ook op hierdie basis geen meriete is in dié punt sou
gewees het nie.
REG VAN
BEëINDIGING
Dit
is so da
t
die applikant deurgaans die houding ingeneem het dat die
kennisgewing van kansellasie geskied het op die basis dat die
eiendom
inderdaad vir munisipale doeleindes benodig was. So is
daar, byvoorbeeld, in die aanvanklike kennisgewing van kansellasie
baie
duidelik gestel dat die raadsbesluit om te kanselleer gegrond
was op die feit dat die eiendom benodig was vir sodanige doeleindes.

Dit is ook weer so gestel in repliek en blyk ook so uit die
raadsbesluit van 27 Mei 2002 (alhoewel, soos reeds gemeld, daarin
te
kenne gegee is dat die onderhawige huurkontrak in terme van klousule
1 beëindig moes word, wat glad nie na munisipale
doeleindes
verwys nie).
Dit
beteken egter nie dat die applikant nie nou geregtig is om te
argumenteer dat die kennisgewing van kansellasie op die basis
van
klousule 1 in elk geval geldig sou gewees het nie, selfs al was die
grond dus nie benodig vir munisipale doeleindes nie
(sien
Putco
Ltd v TV & Radio Guarantee Co (Pty) Ltd and Other Related
Cases
1985 (4) SA 809
(A) op 832 C-E,
Stewart
Wrightson (Pty)Ltd v Thorpe
1977
(2) SA 943
(A) op 953 G en
Datacolor
International (Pty) Ltd v Intamarket (Pty) Ltd
[2000] ZASCA 82
;
2001 (2) SA 284
(SCA) op 299F-G).
Die
teendeel is ook nie geargumenteer nie, maar dit is namens die
respondent aangevoer dat die bepalings van beide klousules 1
en 20
(laasgemelde vir soverre dit slaan op die reg om te kanselleer)
handel met die reg op kansellasie en nie in isolasie gelees
moet
word nie, maar eerder saam met mekaar, en dat die gevolg van so ‘n
uitleg van die huurkontrak sal wees dat die applikant
slegs geregtig
sou gewees het om te kanselleer op grond van klousule 20 en waar die
betrokke eiendom “
benodig
word vir enige munisipale of regeringsdoeleindes
”.
Namens
die applikant is egter betoog dat klousules
1 en 20 twee verskillende moontlikhede bied en dat klousule 1
opsigself die beëindiging van die huurkontrak deurr die

applikant sou regverdig. In so ‘n geval sou daar dus glad nie
ingegaan hoef te word op die vraag of die grond inderdaad vir

munisipale doeleindes benodig was nie.
By
die uitleg van skriftelike kontrakte moet die bedoeling van die
partye bepaal word uit die taal wat hulle in die kontrak gebruik

het en is die konteks waarin sodanige taal gebruik is
deurslaggewend. Die woorde wat gebruik is moet ook verkieslik so
gelees
word dat dit effektief uitvoering gee aan dit wat die partye
beoog het (sien
Cape
Provincial Administration v Clifford Harris (Pty) Ltd
[1996] ZASCA 115
;
1997 (1) SA 439
(A) op 445-446 en
Coopers & Lybrand v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) op 767E-768E).
Mnr
van Niekerk SC het namens die respondent betoog dat die inleidende
woord “
Nieteenstaande
enige bepalings in hierdie ooreenkoms vervat
”
in klousule 20, slaan op die bepalings van klousule 1 en dat die
effek daarvan dan is dat, waar klousule 1 andersins aan die

applikant (nes aan die respondent) ‘n ongekwalifiseerde reg tot
beëindiging sou verleen het, daardie reg deur klousule
20
gekwalifiseer word, wat dan sou beteken dat die applikant inderdaad
slegs sou kon beëindig op sterkte van klousule 20,
en dus waar
die grond vir munisipale- of regeringsdoeleindes benodig word.
Mnr
van Niekerk se argument was skynbaar dat, wanneer die “
munisipale
doeleindes
”-vereiste
in klousule 20 buite rekening gelaat word (by die lees van daardie
klousule), die reg van beëindiging in klousule
20 identies sou
wees aan dié in klousule 1, en dat indien die inleidende
woorde van klousule 20 nie tot effek sou hê
dat dit die reg
geskep in klousule 1 kwalifiseer nie, klousule 20 gevolglik oorbodig
sou wees; ‘n gevolg wat vermy word by
die uitleg van kontrakte
(sien
Van
der Westhuizen v Arnold
2002 (6) SA 453
(SCA) op 458J-459B).
Mnr
van Niekerk moes egter toegee dat dit dan totaal onnodig sou gewees
het om enigsins in klousule 1 ook voorsiening te maak
vir ‘n reg
van beëindiging vir die applikant (want klousule 1 skep
duidelik dié reg vir beide verhuurder en huurder).
Hy het
eers geargumenteer dat dit maar ‘n fout in die bewoording van
klousule 1 kon gewees het en later dat dit bloot ‘n
kwessie van
onelegante taalgebruik was.
Die
probleem met mnr van Niekerk se argument is dat die uitleg wat hy
voorstaan inderdaad daardie deel van klousule 1 wat ook
vir die
verhuurder ‘n reg van beëindiging skep, oorbodig sou maak.
Na
my oordeel hoef ‘n versuim om die inleidende woorde van klousule
20 te lees as ‘n kwalifikasie van die reg van beëindiging
wat
in klousule 1 ook vir die applikant geskep is, nie te lei tot ‘n
uitleg en gevolg dat die bepalings van klousule 20 dan
oorbodig sou
wees nie.
Ek
is dit eens met mnr Danzfuss SC, wat namens die applikant verskyn
het, dat die regte van die verhuurder in klousule 20, wanneer
dit in
geheel en in konteks gelees word, wesenlik verskil van die regte van
die verhuurder in terme van klousule 1, en dat daar
duidelike
besigheidsin in, en regverdiging vir, bykomende (en inderdaad
andersoortige) regte soos dié geskep in klousule
20 is.
In hierdie
verband is dit van wesenlike belang dat dit duidelik in klousule 20
primêr gaan om herbesitname, en sekondêr
oor beëindiging
van die huurkontrak.
Dit
is so dat beëindiging van ‘n huurkontrak maar altyd gaan lei
tot herbesitname van die grond, maar klousule 20 gaan
verder en maak
dit moontlik dat die applikant, waar munisipale- of
regeringsdoeleindes dit sou regverdig, ook slegs gedeeltelik

herbesit van die grond sou kon neem – iets waarvoor klousule 1
natuurlik glad nie voorsiening maak nie – en dat die huurkontrak

dan dienooreenkomstig gewysig kan word.
Mnr
van Niekerk se kommentaar hierop was dat so ‘n wysiging c
onsensus
sou verg en dat, indien die huurder nie daartoe sou toestem nie, die
verhuurder in elk geval maar weer aangewese sou wees op
sy reg om
die huurkontrak in totaal te beëindig.
Daar
is
verskeie
antwoorde op hierdie argument:
Eerstens
is dit natuurlik net so moontlik dat ‘n huurder wel toestem tot
‘n gedeeltelike herbesitname en ‘n dienooreenkomstige
wysiging
van die huurkontrak, wat die implementering van die regte geskep in
klousule 20 dan natuurlik verkieslik sou maak
vir albei partye in
so ‘n geval.
Tweedens
wil dit voorkom asof die huurder se regte in hierdie verband ook
maar beperk is, want hy sou oënskynlik volgens
die res van
klousule 20 se bewoording in die geval van ‘n gedeeltelike
herbesitname sleg die reg hê om ‘n wysiging
te weier (en om
dan self te kanselleer) indien hy van oordeel sou wees dat die
oorblywende gedeelte van die huureiendom “
nie
van voldoende grootte is vir die doeleindes waarvoor die grond
verhuur is nie
”.
Dit is seker
ook denkbaar dat die verhuurder die geheel van die betrokke grond
in herbesit sou wou neem, maar dat die partye
mag ooreenkom om dit
met ander grond te vervang, wat dan bewerkstellig sou kon word met
dienooreenkomstige wysiging soos voorsien
in klousule 20, en nie
noodwendig beëindiging van die huurkontrak nie.
Ek is dus van
oordeel dat klousule 20 voorsiening maak vir bepaalde omstandighede
en behoeftes, en die feit dat dit in bepaalde
omstandighede ‘n
heeltemal selfstandige reg van beëindiging sou kon skep,
beteken nie dat die geheel daarvan daarom oorbodig
sou wees as die
inleidende woorde van daardie klousule nie die aparte en
ongekwalifiseerde reg op beëindiging in klousule
1 sou beperk
nie.
Die
inleidende woorde slaan na my oordeel veel eerder op die feit dat,
ingevolge die eerste gedeelte van die huurkontrak, die
applikant die
respondent in besit sou stel van erf 1 (die geheel daarvan), en is
waarskynlik bedoel as ‘n kwalifikasie op
die respondent se reg om
deurgaans die geheel van erf 1 te behou. Wat dus dan gekwalifiseer
word deur klousule 20, sou die respondent
se reg op besit wees, en
nie die applikant se reg op beëindiging nie.
Dit volg dus
dat ek van oordeel is, opsommenderwys, dat klousule 20 nie bedoel
was om enige beperking daar te stel op die applikant
se reg van
beëindiging geskep in klousule 1 nie, en dat die applikant dus
net soseer sy reg van beëindiging in terme
van klousule 1 kon
uitgeoefen het (soos wat die raadsbesluit dan ook gelui het), selfs
al was daar geen munisipale doeleindes
waarvoor die grond benodig
was nie.
In die lig
hiervan ag ek dit onnodig om in te gaan op die vraag of die
applikant aangetoon het dat die betrokke grond vir munisipale

doeleindes benodig was.
Dit is so dat
die beëindiging van die huurkontrak op dié wyse die
Respondent drasties kan tref, maar ek meen nie dat
dit ‘n rol kan
speel in die lig van die duidelike bewoording van klousule 1, en die
slotsom waartoe reeds hierbo gekom is rakende
die applikant se reg
van beëindiging nie.
Dit moet in elk
geval opgeweeg word teen die oorweging dat die respondent al vir ‘n
periode van meer as 25 (vyf en twintig)
jaar die eiendom so te sê
gratis benut en okkupeer het.
Die vraag of
die respondent in die onderhawige geval vergoeding vir verbeterings
sou kon eis, is nie geargumenteer nie en word
dus nie nou oorweeg
nie, behalwe om daarop te wys dat, anders as byvoorbeeld klousules
14, 15 en 20, klousule 1 geen beperking
bevat op enige reg op
sodanige vergoeding nie.
Dit moet ook in
gedagte gehou word dat die herbesitname van die grond hier nie
noodwendig daartoe gaan lei dat die respondent
die gebruik daarvan
totaal ontneem gaan word nie. Dit blyk dat die gebruik daarvan
tussen die respondent en ander sportklubs
opgedeel sal word.
Selfs
al sou egter gesê kon word dat ‘n beëindiging soos
hierdie die respondent inderdaad onbillik sal raak, kan
die
applikant nie sy regte uit hoofde van ‘n kontrak wat die
respondent in hierdie vorm aangegaan het, op dié grond

ontneem word nie. Daar is ook nooit geargumenteer dat die
huurkontrak, of só ‘n uitleg van klousule 1 daarvan,
contras
bonos mores
sou wees nie.
Dit maak dit
ook onnodig om te handel met die vraag of die munisipale bestuurder
die eerste kansellasie teruggetrek of abandoneer
het en, indien wel,
of hy bevoeg sou gewees het om so te doen, en met die kwessie van
estoppel. Vir soverre die huurkontrak
dan nie reeds deur die eerste
kennisgewing geldiglik beëindig is nie, is dit beslis gedoen
met die tweede kennisgewing.
Eweneens
sou dit onnodig wees om te handel met die aansoek om deurhaling wat
in die betoogshoofde namens die respondent in die
vooruitsig gestel
is, en wat geslaan het op beweringe rakende of die grond vir
munisipale doeleindes benodig was, maar is daardie
aansoek in elk
geval laat vaar.
KLOUSULE 23
Klousule
23 van die huurkontrak bepaal dat “
die
............. gebruik van die geriewe deur ander sportklubs of skole
sal opgestel en as adendum
(
sic
)
hierby
aangeheg word
”.
Mnr
van Niekerk het daarop gewys dat dit onbetwis staan dat die
respondent reeds voorheen aan die applikant duidelik gemaak het
dat
dit “
nie
ongenee is dat die fasiliteite op die onderhawige grond ook
beskikbaar gemaak word aan ander sportklubs, waar ‘n werklike

behoefte daartoe bestaan nie en waar dit enigsins prakties moontlik
is sonder dat die bestaande infrastruktuur beskadig of vernietig

word nie
”.
Die
applikant het nie dié bewering in sy repliek ontken nie, maar
bloot aangevoer dat so ‘n werkswyse die respondent
steeds in
beheer sou laat en dat die respondent dan voorkeur sou gee aan sy
eie behoeftes.
Dit
is natuurlik nie heeltemal korrek nie. Die idee met klousule 23 was
duidelik dat daar by ooreenkoms so ‘n addendum opgestel
word, en
nie volgens die voorskrifte of voorkeure van die respondent nie.
Sou die applikant dan nie hieroor met die respondent
ooreenkoms kon
bereik het nie, sou die applikant steeds die remedies in klousules 1
en 20 gehad het.
Daar
kan natuurlik nie gesê word dat klousule 23 die applikant se
regte ingevolge klousule 20 beperk het nie, en nog minder
die
applikant se regte in terme van klousule 1, maar die houding
ingeslaan deur die applikant sal na my mening wel relevant wees

wanneer dit kom by die koste van hierdie aansoek.
SLOTSOM
Dit volg dan
dat ek van oordeel is dat die huurkontrak regsgeldiglik beëindig
is en dat die applikant geregtig is op die
bevel versoek in
paragraaf 1 van die kennisgewing van mosie.
Wat
paragraaf 2 van die kennisgewing van mosie betref, volg dit
verder
dat die respondent die perseel sal moet ontruim. Daar is op geen
stadium aan die hand gedoen dat ‘n periode van 30 dae
hiervoor
onvoldoende sou wees nie.
KOSTE
Alhoewel
die resultaat dan sal wees dat die applikant se aansoek in wese
suksesvol sal wees, meen ek dat hier gronde is vir ‘n
afwyking
van die reël
dat
koste in so ‘n geval normaalweg die uitslag sal volg.
Afgesien
van dit waarop ek reeds hierbo gewys het rondom die bepalings van
klousule 23 van die huurkontrak, is dit ook onbetwis
“
dat
die respondent nog nooit enige versoek van die kant van die
applikant ontvang het dat die gronde deur ‘n ander sportklub
of
sportskool gebruik kon word nie
”.
Daar
is nie op die oog af enige aanduiding dat so ‘n versoek, of ‘n
poging om ‘n ooreenkoms te bereik in terme van klousule
23,
noodwendig tot mislukking gedoem sou gewees het nie. Die respondent
se onbetwiste bewering dui op die teendeel.
In plaas daarvan het die applikant verkies om hierdie drastiese weg
te volg.
Ek meen dus dat
dit in die omstandighede onbillik sou wees om die respondent te
belas met die applikant se koste. Geen kostebevel
sal dus gemaak
word nie, sodat elke party sy eie koste sal dra.
BEVELE
Die volgende
bevele word dus gemaak:
Dit word
verklaar dat die huurkontrak wat op 19 Maart 1984 te Upington tussen
die applikant se regsvoorganger en die respondent
gesluit is,
waarvan ‘n afskrif by die funderende beëdigde verklaring
aangeheg is as aanhangsel A en ingevolge waarvan
die eiendom bekend
as Erf 1 Eiland, geleë in die munisipaliteit van Upington en
ongeveer 2 hektaar groot, aan die respondent
verhuur is,
regsgeldiglik beëindig is.
Dit word
gelas dat die respondent die betrokke eiendom binne 30 (dertig) dae
vanaf datum van hierdie bevel sal ontruim.
______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant:
Adv
F W A Danzfuss, SC
In
opdrag van: Mjila & Vennote
Nms
Respondent: Adv J G van Niekerk, SC
In opdrag van: Engelsman
Magabane Ing