About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 42
|
|
Williams v S (CA&R 36/2009) [2009] ZANCHC 42 (7 August 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOëHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoëhof, Kimberley)
Saak
No
:
CA&R 36/2009
Saak
Aangehoor:
03/08/2009
Dat
um
gelewer: 07/08/2009
In
die
saak tussen:
T
Williams
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Olivier
R et Mjali WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind op 4 aanklagte van
bedrog en gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf, waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is vir 5 jaar
.
Die misdrywe het almal betrekking gehad op die eis van reis-en
verblyftoelaes deur die appellant, wat op daardie stadium ân
aanklaer was.
Die Verhoorhof
het aan die appellant verlof verleen om teen die vonnis (alvier
aanklagte is saamgeneem vir die doeleindes van
vonnis) te appelleer,
maar het verlof geweier ten aansien van die skuldigbevindings. Die
appellant se daaropvolgende petisie
(om verlof om teen sy
skuldigbevindings te appelleer) na hierdie Hof, sy aansoek om verlof
tot appèl teen die afwysing
daarvan en sy petisie na die
Hoogste Hof van Appél was almal onsuksesvol.
Wat dus tans
voor hierdie Hof dien, en wat tot nou oorgehou is hangende die
uitputting deur die appellant van sy remedies ten
aansien van sy
skuldigbevindings, is die appèl teen die vonnis.
Dit is geykte
reg dat ân Hof van Appél slegs met ân vonnis sal inmeng
waar daar ân wesenlike mistasting begaan is
by die oplegging
daarvan of waar dit skokkend onvanpas is.
Ek het reeds in
my vroeëre uitspraak (ter afwysing van die aansoek om verlof
tot appèl teen die afwysing van die appellant
se petisie na
hierdie Hof ten aansien van sy skuldigbevindings) vollediglik
gehandel met die aard van die appellant se oortredings
en ek gaan
dus in hierdie verband volstaan met ân verwysing na daardie
uitspraak.
Die
Streeklanddros het geweldig baie klem gelê op die feit dat die
appellant ten tye van die oortredings ân aanklaer was
en het
minstens elf keer in die vonnis-uitspraak daarna verwys, en bevind
dat die appellant ân vertrouensposisie beklee het.
Dit
is
moontlik
so dat dit verswarend is dat ân aanklaer, wat juis verantwoordelik
is vir die toepassing van die reg, self oortree,
en dit nogal oor ân
betreklik lang periode, by herhaling en noodwendig met ân mate van
beplanning (vergelyk die posisie van
ân polisiebeampte:
S
v Strydom en ân Ander
1994 (2) SACR 450
(W) op 465D-466A).
Ek
meen egter dat die Streeklanddros hierdie faktor oorbeklemtoon het
ten koste van die appellant se persoonlike omstandighede
(vergelyk
S
v Maqelepo
1999 (1) SACR 328
(O) op 335B-F). Buiten verwysings na die appellant
se verweer (ten aansien van aanklagte 1 en 3) dat hy weens stres
ontoerekeningsvatbaar
was, is daar nêrens in die
vonnis-uitspraak ân aanduiding dat die Streeklanddros vir ân
oomblik oorweging verleen het
aan wat die effek van die vonnis op
die appellant as individu, en as ân getroude vader van 3 kinders
wat weens sy oortredings
sy werk verloor het en pas met ân
besigheidsonderneming begin het, kon wees nie.
Die
vraag ontstaan in elk geval ook of hierdie werklik ân geval was
waar die appellant in ân vertrouensposisie
in
die gewone sin van die woord verkeer het, meer spesifiek met
betrekking tot die misdade wat hy gepleeg het. Daar is geen
getuienis dat hyself op enige wyse betrokke was by die prosessering,
oorweging of uitbetaling van sulke toelaes nie. Op die getuienis
was hy in presies dieselfde posisie as enige ander amptenaar, soos
ân klerk of ân tolk, wat die eis van sulke toelaes betref
het.
Die
Streeklanddros het na my oordeel ook onvoldoende oorweging verleen
aan die getuienis dat die appellant ten tye van die pleging
van die
misdrywe gebuk gegaan het onder ernstige huweliksprobleme, en ook
finansiële probleme. Die feit dat die appellant
nie as gevolg
daarvan ontoerekeningsvatbaar was nie en dat hy baat gevind het by
terapie, doen geen afbreuk daaraan dat die probleme
bestaan het en
tog van sodanige erns was dat die appellant hom gewend het tot
sielkundige berading en dat hy selfs op ân stadium
in sy motor
moes slaap weens die feit dat hy nie huisvesting in Kuruman gehad
het nie (sy eggenote en kinders was op daardie
stadium in Kimberley
woonagtig, vanwaar hy na Kuruman verplaas was, welke verplasing
volgens hom onderliggend was tot sy huweliks-
en finansiële
probleme).
Wat
die appellant se persoonlike omstandighede betref, was die getuienis
verder dat hy, nadat hy natuurlik sy werk as aanklaer
verloor het,
ân besigheid begin het met fondse wat onder andere bekom is deur
die verkoop van sy enigste oorblywende motorvoertuig
(nadat ân
finansiële instelling weens wanbetaling op die ander een beslag
gelê het). Die besigheid sou vanaf 2
Oktober 2007 ten volle
operasioneel gewees het en sy verwagte inkomste daaruit sou in die
omgewing van R1 500,00 tot R2 000,00
per maand gewees het.
Die
Streeklanddros het in hierdie verband die aanname gemaak dat die
appellant se vrou in staat sou wees om die besigheid te bedryf
terwyl die appellant in die gevangenis is. Al inligting wat
sodanige aanname denkbaar sou kon ondersteun, was die feit dat die
appellant se eggenote op daardie stadium binnekort haar werk kwyt
sou wees (weens die beëindiging van haar werkgewer se
kontrak).
Daar is geen ander getuienis wat die aanname sou kon ondersteun dat
dié moeder van drie jong dogters die besigheid
sou kon bedryf
nie.
Die appellant
was toe al vanaf die datum van sy ontslag as aanklaer, ân periode
van ongeveer 3 tot 4 jaar, werkloos.
Die
enigste oorweging wat die Streeklanddros verleen het aan die
positiewe feit dat die appellant as voorsitter betrokke was by
ân
gemeenskapsorganisasie wat sosio- en ekonomiese probleme onder die
jeug aangespreek het, was om te wonder â
what
is the accused teaching the people ... that he is saying he is
helping through these community projects
â.
Die
inligting wat die appellant aan die Verhoorhof voorgehou het ten
aansien van sy betrokkenheid by dié organisasie en
sy
werksaamhede, is nooit aangeval nie en daar was eenvoudig geen basis
vir die Streeklanddros se houding nie. Die Streeklanddros
het dié
duidelik positiewe persoonlike faktor eenvoudig afgemaak deur die
ongefundeerde verdagmaking van die appellant
se werksaamhede onder
die jeug.
Dan
het die Streeklanddros ook by die oplegging van vonnis by twee
geleenthede verwys na koerantberigte rakende wanadministrasie
(in
die veld van regspleging) en sake wat van die hofrol geskrap is, en
opgemerk dat die appellant ongelukkig was om teen die
agtergrond van
daardie berigte gevonnis te word. Dit blyk baie duidelik dat die
betrokke berigte verswarend ingewerk het by
die oorweging van
vonnis.
Die presiese
inhoud van die berigte is egter nooit behandel nie en dit is dus
onmoontlik om te oordeel of hulle tereg teen die
appellant in
aanmerking geneem is.
Erger nog, die
appellant is nooit die geleentheid gebied om die Hof daaroor toe te
spreek nie. Nadat die appellant die Streeklanddros
ten aansien van
vonnis toegespreek het, het die aanklaer in sy betoog slegs ân
vae verwysing na ân koerantberig ten aansien
van ân landdros
gemaak waarna geen geleentheid aan die onverteenwoordigde appellant
gebied is om daarop te repliseer nie.
Die
werklike en tasbare nadeel gely as gevolg van die appellant se
optrede was maar ongeveer R1 500,00 (wat werklik nie baie
geld
is wanneer dit vergelyk word met die omvang van bedrogsake in die
algemeen nie).
Ek
meen dat, heeltemal afgesien van die voormelde mistastings wat die
Streeklanddros begaan het, die opgelegde vonnis inderdaad
ook
skokkend swaar is en meer spesifiek daardie komponent daarvan wat
sou beteken dat die appellant, wat uit die aard van die
saak op die
ouderdom van 31 jaar (toe hy gevonnis is) nog geen vorige
veroordelings gehad het nie, ân periode in die gevangenis
sou moes
deurbring (vergelyk
S
v Sindhi
1993
(2) SACR 371
(A),
S
v Magqabi
2004 (2) SACR 551
(E),
S
v Silimela
1999 (2) SACR 7
(C),
S
v Koopman
1993 (1) SACR 379
(A) en
S
v Esterhuizen
1990 (1) SACR 104
(T)). Alles inaggenome, was hierdie nie ân
geval waar die appellant sondermeer na die gevangenis gestuur moes
gewees het nie.
Mnr Mashuga het dan ook in betoog heeltemal tereg
hierdie toegewing namens die respondent gemaak.
Ek
meen dat, ook in die lig daarvan dat vonnis hierin nou al so lank
terug as in 2006 opgelê is, dit gerade sal wees om
by die
oorweging van ân gepaste vonnis te let op wat die appellant se
posisie tans is (vergelyk
S
v Balfour
2009 (1) SACR 399
(SCA)).
Die
appellant het intussen ân werk bekom as ân besigheidskonsultant
en projekleier. Hy beman die betrokke instansie (wat
te Kaapstad
gebaseer is) se kantoor in Kimberley en verdien ân netto
maandelikse inkomste van ongeveer R8 000,00. In
die lig
hiervan het hy die besigheid wat hy destyds beoog het om te bedryf
laat vaar, maar is hy tans besig om ân ander besigheid
op die been
te probeer bring (ân begrafnis-onderneming), waar hy werk sal
voorsien aan vyf persone wat tans werkloos is. Al
wat nog kortkom
vir die laasgemelde besigheid, is die toepaslike registrasie.
Die
appellant se eggenote het ook gou weer werk bekom en verdien tans
ongeveer R5 000,00 per maand netto.
Die
appellant het aangebied om ân boete te betaal en het ons verseker
dat hy in staat sou wees om enige bedrag te betaal (terwyl
hy
destyds net R3 000,00 kon aanbied, wat hy ook nog sou moes
afbetaal het). Hy het tog versoek om toegelaat te word om
af te
betaal aan enige bedrag waarmee ân boete die bedrag van R5 000,00
sou oorskry; volgens hom bloot om hom in staat te
stel om voort te
gaan met sy beplande begrafnisonderneming.
Volgens
die appellant is sy pensioengeld al lank terug reeds ten volle aan
hom uitbetaal nadat hy, soos reeds gemeld, sy werk
as aanklaer
verloor het. Die
Staat
het egter nie enige skade daarvan verhaal nie en daar was ook nie
voor ons ân aansoek om ân vergoedende bevel nie.
Ek
meen dat die appellant die geleentheid gegun behoort te word om
buite die gevangenis te rehabiliteer, maar dat hy tog ook by
wyse
van ân gepaste boetevonnis bestraf moet word, nie net om te
vergeld en om hom te oorreed om nooit weer so ân misdaad
te pleeg
nie, maar ook om die erns van sy dade deur middel van die vonnis te
weerspieël aan die breë gemeenskap daar
buite.
In die
omstandighede meen ek dat die appèl behoort te slaag en word
die volgende beveel:
Die vonnis
word tersyde gestel en vervang met die volgende vonnis:
â
n
Boete van R10 000,00 of 2 jaar gevangenisstraf, asook ân
verdere 3 jaar gevangenisstraf wat opgeskort word vir ân periode
van 5 jaar op voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word
nie aan bedrog of diefstal wat gepleeg is gedurende die periode
van
opskorting en waarvoor die appellant gevonnis word tot onopgeskorte
gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete.
Die
voormelde boete is betaalbaar by wyse van ân onmiddellike betaling
van R5 000,00, en die vereffening van die uitstaande
balans van
R5 000,00 teen nie later nie as 31 Desember 2009.
______________
________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
_____________
_________
G
N Z
MJALI
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant
: In
persoon
Nms
Respondent:
Adv
M M Mashuga
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolging, KIMBERLEY