Oberholzer v J & N Boerdery en Ander (615/2009) [2009] ZANCHC 30 (10 July 2009)

62 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Lease — Cancellation of lease agreement — Applicant sought to cancel lease agreement with first respondent due to non-payment of rent and breach of terms — Applicant alleged first respondent exceeded permitted livestock numbers and failed to maintain property — First respondent denied breaches and claimed cancellation was not bona fide — Court held that applicant had valid grounds for cancellation based on established breaches of the lease agreement, thus granting the cancellation and ordering eviction of the respondents from the property.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 30
|

|

Oberholzer v J & N Boerdery en Ander (615/2009) [2009] ZANCHC 30 (10 July 2009)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOëHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoëhof, Kimberley)
Saak
No
:
615/2009
Saak
Aangehoor:
26/06/2009
Dat
um
gelewer: 10 /07/2009
In
die
saak tussen:
Mathys
Daniel Oberholzer
Applikant
e
n
J
&
N
Boerdery 1st Respondent
Nicolaas
Burgert van der Westhuizen 2de Respondent
Coram:
Henriques
WnR
UITSPRAAK
Henriques
WnR
:
Inleiding
:
D
ie
applikant het aansoek gedoen vir ‘n bevel in die volgende terme:
“
1.
Dat
die applikant se versuim om aan die bepalings van Reël 6(5) van
die Eenvormige Hofreëls met betrekking tot vorm, betekening
en
tydperke gekondoneer word en dat hierdie aansoek aangehoor word op ‘n
dringende basis in terme van Reël 6(12)(a) &
(b) van die
Eenvormige Hofreëls.
Dat
die huurooreenkoms tussen die partye, se kansellasie op 15 Desember
2008 hiermee bekragtig word, alternatiewelik dat
die huurooreenkoms
hiermee gekanselleer word.
Dat
die
1ste
en 2de respondente, sowel as enigiemand wat deur of saam met hulle
okkupeer, onmiddellik uitgesit word van al die weidingskampe
van die
plaas Vleiplaas, 7099 hektaar groot en volgens transportakte
T93675/1993 beskryf as:
d
ie
plaas Disstelkel no 157 (5723, 3468 ha);
g
edeelte
van die Kraanvogelvlei nr 174 (241, 259 ha);
restand
van die plaas Vogelkuil nr 176 (615, 0885 ha);
g
edeelte
3 (gedeelte van gedeelte 2) van die plaas Kliphokjes nr 173
(520,2475 ha);
a
lternatiewelik
binne sodanige periode as wat bogemelde Agbare Hof in sy diskresie
mag goedvind.
Dat
die balju van bogemelde
Agbare
Hof gemagtig, gelas en beveel word om die 1ste en 2de respondente,
sowel as enige iemand wat deur of saam met hulle okkupeer
(sowel as
hul vee en goedere), te verwyder en uit te sit van al die
weidingskampe van die plaas Vleiplaas, 7099 hektaar groot
en volgens
transportakte T93675/1993 beskryf as:
d
ie
plaas Disstelkel no 157 (5723, 3468 ha);
g
edeelte
van die Kraanvogelvlei no 174 (241, 259 ha);
r
estand
van die plaas Vogelkuil no 176 (615, 0885 ha);
g
edeelte
3 (gedeelte van gedeelte 2) van die plaas Kliphokjes no 173 (520,2475
ha)
Dat die
eerste en tweede respondente gesamentlik en afsonderlik gelas word
om die koste van die aansoek te betaal.
Die
Stukke
:
In
die funderende eedsverklaring meld Mathys Daniel Oberholzer aan as
volg
.
Die
eerste respondent J & N Boerdery ‘n vennootskap is van Loxton.
Die tweede respondent seteer hy as ‘n lid van die
vennootskap.
In paragraaf 5 van sy verklaring sê hy dat dit nie duidelik
uit die huurooreenkoms tussen die partye blyk,
of J & N Boerdery
‘n regspersoon by wyse van ‘n trust, beslote korporasie ens is
nie. Hy sê ook dat sy prokureurs
navraag gedoen het by die
respondente se prokureurs, maar is net in hierdie verband ingelig
dat dit ‘n vennootskap was. Verdere
inligting is deur die
respondent se prokureurs geweier.
D
ie
eerste respondent wat verteenwoordig was deur die tweede respondent
het ‘n huurooreenkoms met die applikant gesluit op 11
April 2006.
‘n Afskrif van die huurooreenkoms is aangeheg as aanhangsel A. In
terme van hierdie huurooreenkoms het die eerste
respondent Vleiplaas
van die applikant gehuur vir ‘n tydperk van 5 jaar, vanaf 1 April
2006 tot en met 31 Maart 2011.
In
terme van klousule 12 van die huurooreenkoms het die applikant die
reg by wanbetaling van die huurgeld, of indien die eerste
respondent
enige van die voorwaardes van die huurooreenkoms verbreek, om die
ooreenkoms onmiddellik te kanselleer en besit te
neem van die
eiendom sonder om afbreek te doen
van
enige eise om skadevergoeding wat die applikant mag instel.
Van
‘n l
esing
van klousule 12 van die huurooreenkoms is dit duidelik dat klousule
12 ook verder gaan. Dit maak voorsiening vir die betaling
van rente
indien enige huurgeld nie stiptelik betaal word op die dag waarop
dit betaalbaar is nie. Verder maak dit voorsiening
dat die kontrak
ook onmiddellik beeindig word.
In
terme van klousule 2 van die huurooreenkoms was die eerste
respondent verplig om betalings van die huurgeld te maak voor of
op
die 1ste dag van elke maand. Die applikant sê in sy aansoek
dat die eerste respondent nie stiptelik die huurgeld
elke
maand betaal het nie. Ter stawing van hierdie feit heg hy
aanhangsel C aan wat ‘n skedule van betaling deur die eerste

respondent is. As ‘n mens kyk na aanhangsel C blyk dit dat die
huurgeld nie stiptelik betaal is voor of op die 1ste dag van
elke
maand nie en dat dit die posisie is vanaf 2006 toe die
huurooreenkoms al begin het.
Die
applikant gaan verder en sê dat gedurende Augustus 2007 het hy
agtergekom dat die eerste respondent meer as die toegelate

hoeveelheid van 1 200 skape op Vleiplaas aanhou. In terme van
klousule 3 van die huurooreenkoms, is die eerste respondent

toegelaat om ‘n maksimum van 1 200 skape op die plaas te hê.
As die eerste respondent meer vee aangehou het as
wat in die
huurooreenkoms bepaal was, dan sou die eerste respondent
aanspreeklik wees vir ‘n boete. Die eerste respondent het
die vee
getalle oorskry en moes ‘n boete op 10 September 2007 betaal. Die
applikant sê ook dat hy vermoed het dat die
eerste respondent
weer die getal oorskry het. Maar meer besonderhede oor die
oorskryding is nie verskaf nie.
In
terme van klousules 8 en 15.1 van die huurooreenkoms moes die eerste
respondent behoorlike grondbewaring toepas en boer volgens

aanvaarbare boerderypraktyke. Die applikant sê dat hy reeds
op twee geleenthede teenoor die eerste en tweede respondent
aangedui
het
,
dat hy die veegetalle op Vleiplaas wil kontroleer. Die eerste
respondent het nie soos dit in terme van klousule 3 van die
huurooreenkoms verplig was om te doen, aan die applikant die nodige
hulp by wyse van mannekrag en voertuie beskikbaar gestel nie.
Hy maak ook
melding van die feit dat die eerste respondent sekere van die kampe
oorbewei terwyl sekere weikampe glad nie benut
word nie en is die
eerste respondent besig om die waterbane in die somer te bewei wat
indruis teen alle grondbewaringsbeginsels.
Hy sê ook dat
hierdie wanpraktyke van die eerste respondent daartoe gelei het dat
die weiveld van Vleiplaas in ‘n skokkende
toestand is weens
oorbeweiding en vertrapping.
In
terme van klousule 4 van die huurooreenkoms is die eerste respondent
ook verplig om alle windpompe, damme, krippe en watervoorsienings
in
stand te hou, maar versuim
die
eerste respondent om dit te doen. Hy noem as voorbeelde dat die
sonpomp in Langrandkamp alreeds sedert Mei 2008 buitewerking
is, dat
die sementdam alreeds vir maande leeg staan sonder water wat tot
gevolg sal hê dat die sementdam uitgebou sal moet
word en ‘n
nuwe vloer ingesit moet word.
Die applikant
steun ook op paragraaf 15.6 en 15.4 van die huurooreenkoms om te sê
dat die eerste respondent die huurooreenkoms
nie nagekom het nie.
In terme van klousule 15.6 mag die eerste respondent nie bome uitkap
en verwyder nie, maar sê die
applikant dat die eerste
respondent die bepalings verontagsaam het en voortgegaan het om bome
aan die oostekant van die windpomp
af te saag.
In
terme van klousule 15.4 van die huurooreenkoms moes die eerste
respondent skadelike gewasse op Vleiplaas uitroei. In die verband

sê die applikant dat die eerste respondent nie die ooreenkoms
verontagsaam nie
,
en nie die boetebos op Vleiplaas uitgeroei nie. Hy sê dat die
eerste respondent net ‘n halfhartige poging aangewend
het om die
boetebos te steek.
Die
applikant sê dat hy baie versoeke aan die eerste respondent
gerig het om by die terme van die huurooreenkoms te hou,
maar omdat
die eerste respondent bloot voortgegaan het om sy verpligtinge in
terme van die huurooreenkoms te ignoreer en die
terme daarvan te
verbreek het hy gedurende Desember 2008 opdragte aan sy prokureurs
mnr
e
Kempen en Kempen gegee om die huurooreenkoms summier te kanselleer
in terme van klousule 12 van die huurooreenkoms.
Op
15 Desember 2008 het mnre Kempen en Kempen ‘n brief aan die eerste
respondent gestuur waarin die eerste respondent in kennis
gestel
word dat die huurooreenkoms gekanselleer word op grond van die
eerste respondent se kontrakbreek. ‘n Afskrif van hierdie
brief
is aangeheg as aanhangsel D.
In
hierdie brief steun die applikant op die volgende twee bepalings
van
die huurooreenkoms wat nie nagekom is nie vir die kansellasie
naamlik:
“
1. Die
huurgeld nie stiptelik op die eerste dag van elke maand betaal word
nie, waar die huurgeld wel vir ‘n gedeelte van die
jaar maandeliks
betaal moet word.
2. U
die bewydingsgetalle soos bepaal in die ooreenkoms oorskrei soos deur
hom getel op 11 Desember 2008 met 58 skaap in Vleikamp..
”
Die
kansellasiebrief van 15 Desember 2008 gaan verder en mnre Kempen en
Kempen maak melding van die feit dat dit die tweede geleentheid
is
wat die eerste respondent die beweidingsgetalle soos bepaal in die
huurooreenkoms oorskry.
Die
eerste respondent se prokureurs het op 16 Januarie 2009 op hierdie
“
kansellasiebrief
”
gereageer. In die brief wat as aanhangsel E aangeheg is, ontken die
eerste respondent dat hy die bepalings van die huurooreenkoms

verbreek het. Tweedens dat hy nie die kansellasie aanvaar nie en
derdens ontken hy dat die applikant geregtig was om die
huurooreenkoms
te kanselleer. Die eerste respondent se prokureurs
maak ook melding dat die eerste respondent van mening is dat die
applikant
se gronde van kansellasie nie
bona
fide
was nie en dat die rede vir die kansellasie is dat die applikant ‘n
koper vir die plaas gekry het en nie by die twee jaar huurtermyn

van die huurooreenkoms wat nog oorbly wil volstaan nie.
Die
applikant het n
iks
verder gedoen nie tot en met die 6de Februarie 2009 wanneer mnre
Joseph en Van Rensburg ‘n brief vir die eerste respondent
gestuur
het oor die kansellasie van die huurooreenkoms. In paragraaf 1 van
hulle brief, aanhangsel F, maak hulle melding van
die feit dat mnre
Kempen en Kempen prokureurs gesloer het en dit is hoekom hulle nou
opdrag gekry het. In die brief word gronde
van kansellasie volledig
uiteengesit. ‘n Nalees van paragrawe een tot agt van die brief,
blyk dit dat die applikant nou uitbrei
om die redes van kansellasie
en nie meer net steun op die twee gronde wat uiteengesit was in die
kansellasiebrief van 15 Desember
2008 nie.
Weereens
en op die 10de Februarie 2009 het die eerste respondent se prokureur
geantwoord op die brief waarin hulle weereens nie
die kansellasie
aanvaar nie en ook uitdruklik daarin uiteensit dat hulle van mening
is dat die applikant verdere redes vir kansellasie
nou wil stel.
Van belang in hierdie brief is bladsy 2 daarvan op bladsy 35 van die
stukke wat as volg lees:
“
4. Wat
betref u dreigement om ‘n dringende aansoek te bring is dit ons
opdrag om die volgende op rekord te plaas:
o
ns
kliënte huur hierdie eiendom reeds vanaf 1 April 2006 en indien
die redes vir kansellasie wel bona fide is en so ernstig
is soos
beweer in u skrywe onder beantwoording ontstaan die vraag waarom dit
nou skielik dringend geword het. Mnre. Kempen &
Kempen het
bepaal dat die eiendom ontruim moet word voor of op 28 Februarie
2009. U skrywe het dit sommer vervroeg na 20 Februarie
2009;
n
òg
die skrywe van mnre Kempen & Kempen nòg u skrywe maak
enige gronde van dringendheid uit behalwe dat dit uit
die lees
daarvan duidelik blyk dat u kliënt ‘n agenda van sy eie het
waarom die eiendom nou skielik voor einde Februarie
2009 ontruim
moet word.
e
nige
gronde vir dringendheid (wat deur ons kliënte ontken word) is
deur kliënt geskep en kan geensins as oorweging vir
‘n
dringende aansoek dien nie.
o
p
u kliënt se eie weergawe is dit duidelik dat daar ‘n magdom
feitedispute is wat nie op aansoek (Mosie) bereg kan word
nie.
Sou
u kliënt gevolglik voortgaan om ‘n dringende aansoek te loods
is dit ons opdrag om die skrywe voor die Hof te plaas
en te versoek
dat uit hoofde van die stellings in paragraaf 4 hierbo uiteengesit,
u kliënt se aansoek van die handgewys
word met ‘n
bestraffende kostebevel soos tussen prokureur en eie kliënt.
”
Hierdie
aansoek is eers op 6 April 2009 op ‘n dringende basis geloods.
Daar is geen verduidelikking in die stukke wat tussen die 10
Februarie en die loods van die aansoek gebeur het nie, en kon Mnr

Van Tonder wat vir die applikant verskyn het, ook nie ʼn
verduidelikking tydens argument opper nie.
In
die funderende
verklaring
op bladsy 11 van die stukke sit die applikant uiteen wat die rede
vir die aansoek is. In terme van dringendheid opper
applikant die
volgende submissies:
Dat
indien die oorbeweiding en agteruitgang van Vleiplaas nie
onmiddellik gestaak word nie sal die applikant onherstelbare skade

ly.
Dat sy skade
bykans onmoontlik is om te kwantifiseer en hy dit nie van die
respondente sal kan verhaal nie.
Dat daar geen
ander remedie tot sy beskikking is as om hierdie aansoek op ‘n
dringende basis te loods om sy skade te beperk
nie.
Die respondente
opper die volgende punte ter opponering van die aansoek:
“
die
applikant versuim het om ‘n saak van dringendheid uit te maak;
alternatiewelik dat sodanige dringendheid as wat mag bestaan
deur
die applikant sigself veroorsaak is.
die
applikant bewus was daarvan dat daar wesenlike feitegeskille
bestaan, maar desondanks nie aksieprosedure gevolg het nie.
die
applikant versuim het om ‘n noodsaaklike party, of partye tot
hierdie verrigtinge te voeg.
Ter
ondersteuning van die feit dat die applikant nie ‘n genoegsame
saak vir dringendheid uitgemaak het nie en dat die applikant
bewus
was van die wesenlike feitegeskille het die respondente gesteun op
die volgende:
d
ie
beweerde kansellasieskrywe wat reeds op die 15de Desember 2008
namens die applikant gerig was deur mnre Kempen en Kempen,

aanhangsel D.
d
ie
respondente se prokureurs se antwoord daarop van die 16de Januarie
2009, aanhangsel E.
d
ie
brief van 6 Februarie 2009, aanhangsel F, tot die funderende
beëdigde verklaring waar dit aangemeld word dat die applikant

se voormalige prokureur die aangeleentheid gesloer het.
die funderende
beëdigde verklaring op die 26de Maart 2009 onderteken was,
maar dat die kennisgewing van mosie eers op die
6de April 2009
onderteken is en op welke datum uitgereik is.
d
ie
applikant versuim het om die feite relevant tot sy versuim om die
aansoek vroeër te loods en die redes daarvoor aan
die hof te
openbaar.
die
respondente se prokureur die applikant se prokureur uitdruklik in
kennis gestel het in aanhangsels E en G dat daar ‘n
magdom
feitegeskille bestaan en dat mosieverrigtinge onvanpas is.
Ter
ondersteuning van die verweer van wanvoeging steun die respondente
op die volgende feite naamlik dat Abraham van Rooi ‘n
werknemer in
diens van die eerste respondent is en woon vir ongeveer 2 jaar met
sy gesin op die plaas en dat mev van Rooi in
diens van die applikant
is as huiswerker. D
ie
respondente se ook dat die wet op Uitbreiding van Sekerheid van
Verblyfreg, 62 van 1997 van toepassing is op van Rooi.
Tydens
die argument is daar nie voortgegaan met hierdie punt nie omdat die
applikant aangetoon het dat hy nie voortgaan met die
uitsetting van
Abraham van Rooi en sy vrou nie.
Die
respondente voer ook aan dat aangesien die eerste respondent ‘n
vennootskap was
,
was dit nie nodig om die tweede respondent te siteer en ‘n party
tot hierdie aansoek te maak nie. Die respondente maak melding
van
die feit dat die huurooreenkoms net tussen die eerste respondent en
die applikant geteken was. Tweedens dat die tweede respondent
nie
in besit of okkupasie van die plaas was of ooit was nie en dat die
eerste respondent uitsluitlik die boerdery op Vleiplaas
tot sy
uitsluitlike voordeel bedryf en behartig het. Die tweede respondent
voer aan dat die aansoek teen hom geweier behoort
te word met koste.
Die
Eerste Respondent handel volledig met die opponering van die meriete
van die saak in paragraaf 6 van die opponerende verklarings.

Kortliks t
er
opponering van die meriete van die aansoek voer die eerste
respondent as volg:-
die
eerste respondent
ontken
dat die applikant geregtig was om die huurooreenkoms te kanselleer
op 15 Desember 2008. Dit word beweer dat die eerste
respondent vir
die eerste keer bewus geword het nadat dit die brief van die 15de
Desember 2008 ontvang het, dat die maandelikse
huurbetalings laat
gemaak was en dat dit deur die applikant nie op die eerste dag van
die maand ontvang is nie.
die
beweerde laat-betalings van die maandelikse huurgeld het met die
kennis en wete van die applikant oor ‘n periode van jare
geskied;
die
applikant
het
die betrokke betalings van die huurgeld onvoorwaardelik aanvaar
omdat hy nie daarteen beswaar gemaak het en daarby berus
het;
die
applikant afstand gedoen het van die reg om ingevolge die bepalinge
van die huurooreenkoms te vereis dat die maandelikse
betalings van
die huurgeld op of voor die 1ste dag van elke maand gedoen moet
word en verder dat die applikant afstand gedoen
het van enige reg
om die huurooreenkoms as gevolg van die beweerde laatbetaling van
die maandelikse huurgeld te kanselleer;
die applikant
in die omstandighede estop is om die ware feite met betrekking tot
die inbetaling van die maandelikse huurbetalings
om op sy
bankrekening te steun.
as
die applikant die huurooreenkoms by wyse van die skrywe van 15
Desember 2008 regmatig gekanselleer het, ,wat ontken word,
het die
applikant afstand van sy regte as gevolg van sodanige kansellasie
verwerf, omdat die applikant sedertdien maandelikse
huurbetalings
aanvaar het en behou het.
In
repliek antwoord die applikant op die bewerings wat deur die
respondent in sy opponerende eedsverklaring voortgebring is. Die

applikant heg aan sy repliserende verklaring ‘n opinie van Dr
Louis du Pisani, ‘n weidingkundige van Middelburg wat gedateer
Mei
2009 is. Wat ook opvallend is van die repliserende verklaring is dat
die applikant baie uitbrei in repliek en ontstaan daar
submissies
wat moes eintlik in die funderende verklaring gemaak geword het.
Nadat
‘n datum vir die bestrede aansoek bekom is, het die applikant
aansoek gedoen om kondonasie vir die laatbetekening en liassering

van sy repliserende eedsverklaring. Hierdie aansoek om kondonasie
is nie deur die respondente geopponeer nie en by die aanhoor
van die
aansoek is kondonasie aan die applikant verleen.
Op
die 22ste Junie 2009, drie dae voor die aansoek, het die applikant
ook aansoek gedoen om verwysing van getuienis alternatiewelik
vir
verhoor op ‘n voorkeurdatum. Hierdie aansoek is deur die
respondente geopponeer en die respondente het ook op die 24ste
Junie
2009 kennis gegee van ‘n aansoek om deurhaling.
Die
respondente het kennis gegee dat hulle by die aanhoor van die
aansoek deurhaling van die ondergemelde gedeeltes van die oorkonde

sal versoek naamlik aanhangsel C, bladsy 26 tot 27 omdat dit
ontoelaatbare hoorsê-getuienis bevat en tweedens aanhangsel
A
wat die opinie was van du Pisani.
Altwee advokate
vir die partye het hoofde ingehandig. Die respondent se hoofde is
baie volledig en het met al die regspunte gehandel.
Die
prang van die argument van mnr van Tonder, namens die applikant, was
as volg. Die applikant moet toegelaat word om die aansoek
as een
van dringendheid te bring en tweedens dat die aansoek nie van die
hand gewys moes word, maar of vir mondelinge getuienis
of op verhoor
gestuur moet word. Tydens sy argument kon mnr van Tonder my nie
behoorlik verduidelik van die vertraging deur
die applikant om
hierdie aansoek te loods nie. Hy kon nie vir my ‘n verduideliking
gee hoekom die applikant eers nadat hy
op die 10de Februarie 2009 in
kennis gestel was van die respondent se voorneme om die aansoek te
opponeer, hierdie aansoek in
April 2009 geloods was. Hy kon ook nie
‘n verduideliking aanbied hoekom die opinie van du Pisani eers in
Mei 2009 verkry is
en nie vroeër nie.
Die
applikant het ook nie hierdie Hof in sy vertroue geneem om
genoegsaam te verduidelik wat die redes was hoekom mnre Kempen
en
Kempen se mandaat beëindig was, wanneer dit beëindig was
en ook nie redes aanvoer vir die versuim om in die eerste

kansellasiebrief met die kontrakbreek te handel nie.
Uitspraak
:
Dit
is ‘n wel bekende regsbeginsel dat ‘n applikant wat
mosieprosedure volg, moet sy saak in sy funderende stukke blootlê.
Sien
Erasmus Superior Court Practice en National Council of SPCA v
Openshaw 2008 (5) SCA 339 te bladsy 349, paragraaf 29.
‘n
Applikant kan nie in mosieprosedure in repliek sy saak wil maak nie.
Wat
di
e
situasie vir die applikant vererger is dat sy prokureurs al reeds in
Februarie 2009 bewus gemaak was van die “
magdom
feitegeskille
”
tussen die partye maar het voortgegaan met aansoekprosedure. Die
saak word verder vererger omdat hierdie aansoek nie onmiddellik

geloods was nie.
Tydens
sy argument en ook in sy betoogshoofde het mnr van der Walt wat vir
die respondente verskyn het, my versoek om die aansoek
van die hand
te wys as gevolg van ‘n gebrek aan dringendheid. Hy het vir
hierdie submissie gesteun op die feite van hierdie
saak en ook die
saak van
Gallagher
v Norman’s Transport Lines (Pty)Ltd
1992 (3) SA 500
(W) te bladsy 505, paragraaf c-f.
Het hy ook nie
met mnr van Tonder saamgestem dat die saak vir mondelinge getuienis
verwys moet word nie.
Ek
stem saam met mnr van der Walt dat in die normale gang van sake dat
‘n aansoek vir mondelinge getuienis verwys sal word as
die
“
maklike
en spoedige beslegting van sodanige feitegeskille moontlik is
”.
Sien in hierdie verband
Wiese
v Joubert en Andere
1983 (4) SA 182
(O) op 202c-e.
Reel
6 is wyd bewoord en gee my ‘n wye diskresie as ‘n saak nie
beregtig kan word op die stukke ...”
to
make such an order as to it seems meet with a view to ensuring a
just and expeditious decision.”
Erasmus
B 1-48A, en Ploughmann NO v Pauw and Another
2006 (6) SA 334
,
bladsy 340.
Ek
stem saam met mnr van der Walt dat hierdie nie ‘n gepaste saak is
vir verwysing na mondeling getuienis nie.
Mnr
van der Walt het ook aansoek gedoen vir ‘n bevel in terme waarvan
die aansoek teen die tweede respondent met koste geweier
behoort te
word. Mnr van Tonder kon my nie andersins oortuig dat die argumente
en submissies van mnr van der Walt in hierdie
verband korrek was
nie. Die applikant was nie geregtig op enige bevele teen die tweede
respondent nie
.
Tydens die loods van hierdie aansoek was die applikant al reeds
bewus van die feit dat die ‘n vennootskap was, die huurooreenkoms

is met die eerste respondent gesluit, dat die tweede respondent nie
in besit of okkupasie van Vleiplaas was of ooit was nie en
dat die
eerste respondet die plaas tot sy uitsluitlike vorrdeel bedryk en
behartig het. Daar is ook geen getuienis dat die vennootskap
nie in
staat sal wees om sy verpligtinge na te kom nie.
Mnr
van der Walt het my
ook
aangemoedig om nie die optrede van die applikant te sanksioneer nie
en om die aansoek vir verhoor of aanhoor van mondeling
getuienis met
koste te weier, alternatiewelik dat die applikant gelas behoort te
word om die koste van die respondente, opgeloop
ter opponering van
beide die hoofaansoek en die aansoek om verhoor of mondelinge
getuienis te betaal welke koste getakseer en
betaal moet word
voordat die applikant sy deklarasie aflewer.
Alhoewel
ek nie die optrede van die applikant steun of kondoneer nie, moet
geregtigheid tussen die partye laat geskied. Ek het
‘n diskresie
wat ek moet uitoefen om te voorsien dat aan die einde ‘n
“
just
and expeditious
”
bevel gemaak word. Om dit te doen is ek van mening dat ek die
applikant moet toelaat om met die saak voort te gaan.
Alhoewel
ek van mening is dat die applikant toegelaat moet word om met
hierdie saak aan te gaan kan ek nie sy optrede kondoneer
nie en moet
ek dan ‘n gepaste kostebevel maak. Maar dit is ook gekoppel aan ‘n
waarskuwing dat hierdie optrede nie altyd
toegelaat sal word nie.
In
die lig van die bevel wat ek verleen is dit nie nodig om ‘n bevel
met betrekking tot die aansoek vir deurhaling te maak nie.
Ek maak dan
die volgende bevel:
Die
aansoek word vir verhoor verwys op ‘n voorkeurdatum soos in
oorleg met die Griffier en die Regter-President van hierdie

Afdeling bepaal;
Die
applikant word gelas om die koste van die eerste respondent
opgeloop deur opponering van beide die hoofaansoek en die aansoek

om verhoor of mondeling getuienis te betaal welke koste getakseer
en betaal moet word voordat die applikant sy deklarasie aflewer;
Die
applikant se kennisgewing van mosie sal as ‘n enkelvoudige
dagvaardiging dien;
Die
respondent se opponerende eedsverklaring sal as kennisgewing van
voorneme om te verdedig dien;
Die
applikant word gelas om sy deklarasie binne (15) vyftien dae na
betaling van die getakseerde koste te lewer;
Die
eenvormige hofreëls en prosedures sal geld met betrekking tot
die verhoor van hierdie aangeleentheid;
Die
aansoek
teen die tweede respondent word geweier, en die applikant word
gelas om die koste van die tweede respondent opgeloop
deur
opponering van beide die hoofaansoek en die aansoek om verhoor of
mondeling getuienis te betaal.
______________
________
J I HENRIQUES
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
A G van Tonder
In
opdrag van
: L
Coetzee Prokureur
Nms
Respondente
: Adv
D van der Walt
In
opdrag van
: Duncan
& Rothman