About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 63
|
|
DJ LIB Ondernemings BK en Anders v Kammiesberg Munisipaliteit en Anders (1061/2008, 1073/2009) [2009] ZANCHC 63 (3 July 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 1061/2008
1073/2009
Datum
Verhoor: 2009-06-26
Datum
Gelewer: 2009-07-03
In
die saak van
:
DJ
LIB
ONDERNEMINGS BK 1
STE
APPLIKANT
HKB
EIENDOMME BK 2
DE
APPLIKANT
NICOLAAS
JACOBUS MARIAS VISSER 3
DE
APPLIKANT
KARIN
HELENA VISSER 4
DE
APPLIKANT
HESTER
JOHANNA ALETTA MARIA VENTER 5
DE
APPLIKANT
ANDRÉ
VAN DEN HEEVER 6
DE
APPLIKANT
JAKOBUS
CHRISTOFFEL ZANDBERG 7
DE
APPLIKANT
GERTRUIDA
ELIZABETH ZANDBERG 8
STE
APPLIKANT
EN
DIE
KAMMIESBERG MUNISIPALITEIT
1
STE
RESPONDENT
DIE
WAARDASIERAAD: DIE KAMIESBERG
MUNISIPALITEIT 2
DE
RESPONDENT
REGISTRATEUR
VAN AKTES: KAAPSTAD 3
DE
RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Daar is twee
aansoeke voor my, te wete ân aansoek vir die uitstel van die
hoofaansoek
en tweedens die hoofaansoek self. Aangesien die twee so nou verweef
is met mekaar, is dit gerieflik om een uitspraak
vir albei aansoeke
te lewer. Mnr. Heyns verskyn vir die Applikante in die hoofaansoek
en Mnr. Botha vir die Eerste Respondent.
Die partye is in
die kopstuk
van
hierdie uitspraak uiteengesit soos hulle verskyn in die hoofaansoek.
In daardie hoofaansoek vra die Applikante die volgende
regshulp
aan:
â
2.1 Dat ân mandamus verleen word, in terme
waarvan die eerste respondent gelas word om binne 7 dae (of sodanige
ander tydperk
as wat gelas mag word) na behoorlike aansoek daartoe
deur die geregistreerde eienaar (of sy verteenwoordiger) ân
uitklaringsertifikaat
ooreenkomstig die bepalings van artikel 118 van
Wet 32 van 2000 (soos gewysig) uit te reik ten aansien van die erwe
na verwys op
aanhangsel âKVM1â tot die kennisgewing van mosie;
2.2 Dat sou die eerste respondent nalaat en/of
versuim om aan bede 1 supra te voldoen, die balju vir die distrik
Garries gemagtig
en gelas word om namens en in die plek van die
eerste respondent die uitklaringsertifikaat relevant tot die erwe na
verwys op aanhangsel
âKVM1â tot die kennisgewing van mosie uit te
reik;
2.3 Dat dit verklarend gelas
word dat geen van die erwe na verwys op aanhangsel âKVM1â tot die
kennisgewing van mosie op ân
geldige waardasierol soos bedoel in
Wet 6 van 2004 (soos gewysig),
alternatiewelik
Ordinansie (sic) 11 van 1977 (soos gewysig) verskyn nie;
2.4 Dat daardie respondente wat die aansoek
opponeer gelas word om die koste van hierdie aansoek te betaal;
2.5 Dat sodanige en/of alternatiewe regshulp as
wat die agbare hof mag gelas aan die applikante toegestaan sal word.â
Die
Eerste
Respondent staan die hoofaansoek teen en het ook nou ân
substantiewe aansoek gebring onder saaknommer 1073/2009 vir die
uitstel van die hoofaansoek. In die uitstelaansoek, wat op ân
dringende basis gebring is, word die volgende regshulp aangevra:
â
3.1 Dat die aanhoor van
die hoofaansoek uitgestel word hangende die finale besluit van die
Lid van
die Uitvoerende Raad van die Departement van Behuising en Plaaslike
Regering: Noord-Kaap Provinsie, deur hom geneem te word
in terme van
art 66(3) van die Northern Cape Planning and Development Act,
Wet 7 van 1998;
3.2 Dat die Eerste tot Agste
Respondente en enige ander partye of instansie wat die aansoek
opponeer gelas word om die koste van
hierdie aansoek te betaal
gesamentlik en afsonderlik.â
By die aanhoor
van hierdie aangeleentheid het Mnr. Botha heeltemal tereg t
oegegee
dat, indien die uitstelaansoek geweier word, die regshulp aangevra
deur die Applikante in die hoofaansoek toegestaan moet
word,
aangesien die Eerste Respondent op die stukke soos dit tans daar
uitsien, geen regsgeldige verweer teen die aangevraagde
regshulp kan
opwerp nie.
In die lig van
die voormelde
toegewing is dit nie nodig om in groot besonderhede te handel met
die feite in die hoofaansoek nie. Die stukke is taamlik omvangryk,
maar is die geskilpunte, soos tereg uitgewys deur Mnr. Heyns in sy
betoogshoofde, eintlik heel eenvoudig te wete:
a) Die Eerste
Respondent se verpligting om, nadat ân behoorlike aansoek deur ân
geregistreerde eienaar of sy verteenwoordiger
gemaak is daarvoor, ân
uitklaringsertifikaat ooreenkomstig die bepalings van art 118 van Wet
32 van 2000 (soos gewysig) uit te
reik ten aansien van bepaalde
onroerende eiendomme; en
b) Die feitevraag
of sekere onroerende eiendomme op ân geldige waardasierol soos
bedoel in Wet 6 van 2004 (soos gewysig), alternatiewelik
Ordonnansie
11 van 1977 (soos gewysig) verskyn aldan nie.
Ek sit vervolgens in breë
trekke die agtergrondfeite uiteen.
6.1 Die Applikante
is almal eienaars van onroerende eiendomme (leë erwe) in
Hondeklipbaai aan die weskus van die Noord-Kaap
provinsie, welke
gebied onder die jurisdiksie van die Eerste Respondent Munisipaliteit
val
(ek sal doelmatigheidshalwe verder na die betrokke leë erwe
hierin verwys as â
die
eiendommeâ
).
6.2 Aansoeke vir
onderverdeling deur die Applikante gemaak aan die Eerste Respondent
ten aansien van die eiendomme is etlike jare
gelede toegestaan deur
die Eerste Respondent. Die Eerste Respondent weier egter huidiglik
en alreeds vir die afgelope jaar of
twee om uitklaringsertifikate ten
aansien van die eiendomme uit te reik aan die Applikante, ondanks
hulle versoek daartoe. Sodanige
versoeke is gerig ingevolge die
bepalings vervat in art 118 van die Wet op Plaaslike Regering:
Munisipale Stelsels (32 van 2000).
6.3 Die Eerste
Respondent se weiering om die voormelde uitklaringsertifikate uit te
reik
is
daarop gegrond dat die Eerste Respondent die mening toegedaan is dat
sy vorige toestaan van die aansoeke vir onderverdeling van
die
eiendomme, ongeldig is.
6.4 Die voormelde mening van die
Eerste Respondent spruit voort uit ân verslag wat uitgebring is
deur Adv WH Heath, wat op
versoek van die Eerste Respondent ân
forensiese ondersoek gedoen het na die proses en uitslag van die
aansoeke vir onderverdeling
van die eiendomme. Daarvolgens het Adv
Heath tot die slotsom gekom dat vanweë verskeie gebreke, die
proses nie behoorlik
gevolg is nie en dat die onderverdelings
derhalwe ongeldig is.
6.5 Ek moet
volledigheidshalwe daarop wys dat die Applikante in hul repliserende
eedsverklarings in die hoofaansoek volledig gehandel
het met die
verskeie gronde wat aangevoer word deur Adv. Heath in sy
ondersteunende eedsverklaring in die antwoordende stukke van
die
Respondente, waarom die proses nie behoorlik gevolg is nie en waarom
die onderverdelings ongeldig is. Vir doeleindes van hierdie
uitspraak en vir die redes wat aanstons sal blyk, is dit egter nie
nodig om met die meriete hiervan te handel nie.
6.6 In sy verslag
het Adv. Heath dan ook aanbeveel aan die Eerste Respondent dat die
proses g
evolg
moet word soos uiteengesit in art 66(3) van die Noord Kaapse Wet
op Beplanning en Ontwikkeling, Wet 7 van 1998 (â
die
Wetâ
).
Kortweg gestel beteken dit dat die Eerste Respondent vir die LUR vir
Plaaslike Regering en Behuising in die Noord Kaap versoek
om die
onderverdelings tersyde te stel.
6.7 Die Eerste Respondent se weiering
om uitklaringsertifikate uit te reik en die motivering daarvoor,
welke motivering oorgedra
is aan die Applikante, het daartoe gelei
dat die Applikante die hoofaansoek uitgereik het.
6.8 Na ontvangs
van die Heath-verslag het die Eerste Respondent aan die begin van
hierdie jaar ân skrywe gerig aan die kantoor
van die LUR vir
Plaaslike Regering en Behuising in die Noord Kaap om die
tersydestelling van die onderverdelings ingevolge die
voormelde art
66(3) van die Wet te versoek.
6.9 Dit is gemene
saak dat die
â
Northern
Cape Development and Planning Commissionâ
wat in die vooruitsig gestel word in die bepalings vervat in art
66(3) van die Wet soos voormeld, tot op die stadium dat die stukke
in
die hoofaansoek afgesluit is, nog nie tot stand gekom het nie. Ek
sal later meer volledig daarna verwys.
6.10 Die aansoek
vir uitstel is uitgereik op 22 Junie 2009, met ander woorde, vier
hofdae voor die aanhoor van die hoofaansoek.
Dáárdie
aansoek vir uitstel word geopponeer deur die Applikante in die
hoofaansoek en het hulle in dié verband
volledige antwoordende
eedsverklarings geliasseer.
â
n Nuttige
vertrekpunt is die bepalings vervat in art 118 van Wet 32 van 2000,
waarop die Applikante steun vir die
mandamus
vir
die uitreiking van uitklaringsertifikate. Daardie wetsbepaling lees
as volg:
â
(1) 'n Registrateur van aktes mag nie die
oordrag van eiendom registreer nie behalwe by voorlegging aan daardie
registrateur van
aktes van 'n voorgeskrewe sertifikaat-
(a) wat deur die munisipaliteit of
munisipaliteite waarbinne daardie eiendom geleë is, uitgereik
is; en
(b) wat sertifiseer dat alle bedrae wat
verskuldig geraak het in verband met daardie eiendom vir munisipale
dienstegelde, bobelasting
op gelde, eiendomsbelasting en ander
munisipale belastings, heffings en aksyns gedurende die twee jaar wat
die datum van aansoek
om die sertifikaat voorafgaan, ten volle betaal
is.â
Ek moet uitwys dat die eiendomme hier
ter sprake, nadat die onderverdeling toegestaan is deur die Eerste
Respondent, behoorlik deur
die Derde Respondent (Registrateur van
Aktes te Kaapstad) in die onderskeie Applikante se name geregistreer
is. Die Applikante
benodig die voormelde uitklaringsertifikate ten
einde die eiendomme verder oor te dra aan voornemende kopers daarvan.
In
City
of Johannesburg v Even Grand 6 CC
2009(2)
SA 111 (HHA) is te 117 D as volg bevind:
â
[14] Section 118(1) of
the Systems Act (32 of 2000) gives the appellant the right to veto
the transfer of property until such time
as the rates and other
amounts due in respect of the period of two years preceding the date
of application for the certificate
have been fully paid.â
(Die invoeging in hakies is my eie).
Op 118 D-E van dieselfde
beslissing is as volg bevind:
â
Although a municipality
is obliged upon payment of the municipal debts due in connection with
a property to issue a clearance certificate
to that effect, the
section deals with a function of the registrar of deeds and not with
the discharge of the obligation to pay
such municipal debts.
â
Uit die voormelde
is dit dus duidelik dat die Applikante as geregistreerde eienaars
van die
eiendomme
geregtig is op uitklaringsertifikate, mits die uitstaande munisipale
skulde ten aansien van die voorafgaande twee jaar
wel betaal is. Ek
moet dadelik uitwys dat die Applikante reeds vantevore getender het
om sodanige uitstaande munisipale skulde
te delg, welke tender
herhaal is in die stukke voor my. Die Eerste Respondent weier egter
om sodanige rekeninge te voorsien
aan die Applikante en weier
doodeenvoudig botweg, op grond van die advies soos uiteengesit in
die Heath-verslag, om uitklaringsertifikate
uit te reik.
Ek bespreek vervolgens die bepalings
vervat in art 66(3) van die Wet. Daardie subartikel lees as
volg (die Wet is net in
Engels beskikbaar):
ââ
If a
competent authority in the opinion of the MEC fails to excercise or
perform satisfactorily its powers and duties in terms of
subsection
(1), the MEC may, subject to the provisions of section 139 of the
Constitution of the Republic of South Africa, 1996
(Act 108 of 1996),
and, if so requested and after having received a report following an
inquiry into the matter by the Northern
Cape Planning and Development
Commission, and after informing that competent authority in writing,
withdraw any approval or authorisation
granted by the competent
authority, exercise the powers and perform the duties of the
competent authority and recover from the
competent authority any
amount spent by the MEC in that connection, or instruct the competent
authority as to the steps to be taken
by it in order to ensure
compliance with subsection (1), and such instruction shall in law
override any decision of the council
of that competent authority.â
Dit blyk hieruit
dat die LUR die beoogde stappe kan neem ten aansien van die
tersydestelling van die onderverdeling wat goedgekeur is deur die
Eerste Respondent, onderhewig aan die bepalings vervat in art 139
van die Grondwet en nadat die LUR ân verslag ontvang
het van die
â
Northern
Cape Planning and Development Commissionâ
.
Dit is gemene saak op die stukke dat die voormelde kommissie eers
tot stand gekom het gedurende Maart 2009 en dat sy eerste
vergadering belê is vir 22 Junie 2009. Daardie vergadering
het, só blyk dit nou uit die stukke, toe nie gerealiseer
nie,
omdat daar nog nie ân voorsitter en adjunk-voorsitter vir die
kommissie aangewys is nie. Die aansoek vir uitstel deur
die Eerste
Respondent was juis gegrond daarop dat die kommissie nou tot stand
gekom het, dat ân eerste vergadering belê
is en dat die
proses ingevolge art 66(3) van die Wet nou gevolg kan word.
In hulle
repliserende stukke in die hoofaansoek en nadat dit tot hulle kennis
gekom het dat die Eerste Respondent steun op die
Heath-verslag, meer
bepaald op die aanbeveling daarin vervat dat art 66(3) van die
Wet aangewend word om die tersydestelling
van die onderverdelings te
bekom, het die Applikante pertinent die Eerste Respondent se aandag
gevestig op die beslissing in:
Knysna
Hotel CC v Coetzee NO
1998(2)
SA 743 (HHA) te 754 B-D. Mnr. Heyns steun baie swaar op
hierdie beslissing en Mnr. Botha moes onvermydelik
tydens betoog
toegee dat hierdie beslissing die enigste verweer wat geopper is
deur die Eerste Respondent in die hoofaansoek,
heeltemal ongedaan
maak. In daardie saak het Eksteen AR die volgende beslis:
â
Dit volg hieruit dat waar
al die formaliteite van transport nagekom en deur die Registrateur
van Aktes aanvaar is, en waar transport
deur hom in die akteskantoor
geregistreer is, daar 'n formeel regsgeldige oordrag geskied het.
Daardie oordrag mag weliswaar aanvegbaar
wees op 'n verskeidenheid
van gronde, maar totdat dit tersyde gestel is deur 'n bevel van die
Hof (vergelyk art 6 van Wet 47 van
1937), bly dit 'n regsgeldige
registrasie.â
Artikel 6 van die
Akteswet, Wet 47 van 1937, waarna verwys word in die voormelde
Knysna
Hotel CC
saak, lees as volg:
â
6
Geregistreerde
aktes mag nie sonder bevel van 'n hof gerojeer word nie
(1) Behalwe vir sover hierdie of 'n
ander wet anders bepaal, mag 'n registrateur 'n geregistreerde
grondbrief, transportakte, titelsertifikaat
of ander akte wat 'n
eiendomsreg op grond of 'n ander saaklike reg op grond as 'n verband,
verleen of oordra, en 'n sessie van
'n geregistreerde verband nie as
sekuriteit gedaan nie, alleen maar op las van die hof rojeer.
(2) Wanneer 'n akte wat eiendomsreg
op grond of 'n ander saaklike reg op grond as 'n verband verleen of
oordra, volgens voorskrif
van subartikel (1) gerojeer word, herleef
die akte waarkragtens die grond of daardie saaklike reg op grond
gehou was onmiddellik
voor die registrasie van die akte wat gerojeer
word, tot die mate van sodanige rojering, en die registrateur rojeer
die relevante
aantekening daarop wat getuig van die registrasie van
die gerojeerde akte.â
Tydens
sy
betoog en nadat ek hom daaroor uitgevra het, het Mnr. Botha toegegee
dat die Eerste Respondent wel ân teenaansoek kon loods
om op grond
van art 6 van die Akteswet soos voormeld aansoek te doen vir
die tersydestelling van die registrasie van die
eiendomme, op die
basis dat die onderverdelings ongeldig is op die gronde soos
voorgehou in die Heath-verslag en/of ander gronde.
Ek is die mening
toegedaan dat hierdie toegewing heeltemal korrek is in die
omstandighede. Op die stukke soos dit tans voor
my staan, het die
Eerste Respondent op grond van die voormelde beslissing in die
Knysna
Hotel CC
-saak
glad geen regsgeldige verweer in die hoofaansoek nie. Dit is naamlik
geen verweer om aan te voer dat die onderverdelings
ongeldig is nie,
omdat die registrasies regsgeldiglik bly voortbestaan totdat ân
Hof dit tersyde gestel het. Dit sal onhoudbaar
wees om ân uitstel
toe te staan in omstandighede waar daar geen sodanige verweer
beskikbaar is in die hoofaansoek nie.
Bowendien en in
elk geval is in
Oudekraal
Estates (Pty) Ltd v City of Cape Town and Others
2004(6)
SA 222 (HHA) te 241H tot 242C as volg beslis:
â
For those reasons it is clear, in our view,
that the Administrator's permission was unlawful and invalid at the
outset. Whether
he thereafter also exceeded his powers in granting
extensions for the lodgement of the general plan thus takes the
matter no further.
But the question that arises is what consequences
follow from the conclusion that the Administrator acted unlawfully.
Is the permission
that was granted by the Administrator simply to be
disregarded as if it had never existed? In other words, was the Cape
Metropolitan
Council entitled to disregard the Administrator's
approval and all its consequences merely because it believed that
they were
invalid provided that its belief was correct? In our view,
it was not. Until the Administrator's approval (and thus also the
consequences
of the approval) is set aside by a court in proceedings
for judicial review it exists in fact and it has legal consequences
that
cannot simply be overlooked. The proper functioning of a modern
State would be considerably compromised if all administrative acts
could be given effect to or ignored depending upon the view the
subject takes of the validity of the act in question. No doubt
it is
for this reason that our law has always recognised that even an
unlawful administrative act is capable of producing legally
valid
consequences for so long as the unlawful act is not set aside.
Gevolglik beteken
dit dat enige regsgevolge wat spruit uit ân ongeldige
administratiewe besluit bly voortbestaan totdat
sodanige
besluit tersyde gestel is.
Een van die oorewegings wat ân
belangrike rol speel by ân aansoek vir uitstel is die openbare
belang en ook die vooruitsigte
van sukses op die meriete.
Sien in dié verband ondermeer:
Lekolowane and
Another v Minister of Justice and Constitutional Development
2008(3)
BCLR 208 (CC) te par [17];
Shilubana and
Others v Nwamitwa
2008(5)
SA 620 (CC) te par [11].
In die onderhawige
saak, soos tereg toegegee deur Mnr. Botha, het die Eerste Respondent
geen regsgeldige verweer op die stukke soos
dit tans daar uitsien wat
die aangevraagde regshulp in die hoofaansoek betref nie. Daarom is
ek die mening toegedaan dat die aansoek
om uitstel afgewys moet word.
Die gebrek aan ân
regsgeldige verweer soos hierbo uiteengesit, beteken
noodwendig dat die
mandamus
aangevra
in die eerste gedeelte van die Kennisgewing van Mosie (sien par. 2
hierbo) toegestaan moet word. In die tweede gedeelte
vra die
Applikant ân verklarende bevel aan. Hierdie gedeelte van die
hoofaansoek is glad nie bestry deur die Eerste Respondent
nie en het
Mnr. Botha dit aldus bevestig tydens sy betoog. Die Applikante se
saak berus daarop dat geeneen van die eiendomme
op die voorlopige
Munisipale waardasierol vir Hondeklipbaai, voorberei deur die Eerste
Respondent ooreenkomstig die bepalings
in art 89(1)(a) en (b)
van die Local Government Municipal Property Rates Act, 6 van 2004
(soos gewysig), verskyn nie. Die
voorlopige waardasierol is
aangeheg aan die Applikante se funderende stukke en die eiendomme
verskyn inderdaad nie daarop nie.
Gevolglik is die Applikante dus
ook geregtig op die regshulp aangevra in die tweede gedeelte van die
hoofaansoek.
Mnr.
Heyns
het ân bestraffende kostebevel aangevra in die hoofaansoek. Daar
is heelwat meriete in sy submissie dat só ân
bevel
geregverdigd is, omrede die Eerste Respondent se aandag pertinent in
die Applikante se repliserende stukke gevestig is
op die
Knysna
Hotel CC
-beslissing
supra
.
Die Eerste Respondent moes uiteraard deeglik bewus gewees het dat
daardie beslissing sy verweer heeltemal kelder. Ek het na
sorgvuldige oorweging besluit om nie aan Mnr. Heyns se versoek te
voldoen nie. Die Eerste Respondent tree op namens lede van
die
algemene publiek woonagtig in sy jurisdiksiegebied en het gehandel
op grond van regsadvies. In sulke omstandighede sal dit
na my
mening onbillik wees om ân bestraffende kostebevel uit te reik.
Die volgende bevele word uitgereik:
19.1
In
saaknr 1073/2009
Die aansoek vir uitstel word met
koste afgewys.
19.2
In
saaknr 1061/2008
a) Die Eerste
Respondent word gelas
om
binne 7 dae na behoorlike aansoek daartoe deur die geregistreerde
eienaar (of sy verteenwoordiger) ân uitklaringsertifikaat
ooreenkomstig die bepalings van artikel 118 van Wet 32 van 2000 (soos
gewysig) uit te reik ten aansien van die erwe na verwys op
aanhangsel
âKVM1â tot die kennisgewing van mosie;
2.2 Sou die
Eerste Respondent nalaat en/of versuim om aan bede 2.1
supra
te
voldoen, word die balju vir die distrik Garries gemagtig en gelas om
namens en in die plek van die eerste respondent die
uitklaringsertifikaat
relevant tot die erwe na verwys op aanhangsel
âKVM1â tot die kennisgewing van mosie uit te reik;
2.3 ân
Verklarende bevel word uitgereik dat geen van die erwe na verwys op
aanhangsel âKVM1â tot die kennisgewing van mosie
op ân geldige
waardasierol soos bedoel in Wet 6 van 2004 (soos gewysig),
alternatiewelik
Ordonnansie 11 van 1977 (soos gewysig) verskyn nie;
2.4 Die Eerste
Respondent word gelas om die Applikante se koste te betaal.
___________
_
SA MAJIEDT
REGTER
SAAKNOMMER 1061/08
NAMENS
APPLIKANTE : ADV GF HEYNS
IN
OPDRAG VAN :
DUNCAN
& ROTHMAN
NAMENS
RESPONDENTE : ADV CH BOTHA
IN
OPDRAG VAN :
HAARHOFFS
SAAKNOMMER 1073/09
NAMENS
APPLIKANTE : ADV CH BOTHA
IN
OPDRAG VAN : HAARHOFFS
NAMENS
RESPONDENTE : ADV GJ HEYNS
IN
OPDRAG VAN : DUNCAN & ROTHMAN