About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 62
|
|
Van Zyl v Marx (CA&R 109/2007) [2009] ZANCHC 62 (26 June 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE
HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saakno
: CA&R
109/2007
Datum
verhoor
: 2009-06-15
Datum
gelewer
: 2009-06-26
In
die appél van
:
GIDEON
ANDRIES VAN ZYL
APPELLANT
versus
FONNIE
MARX
RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et WILLIAMS R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Twee eise vir
laster, alternatiewelik
iniuria,
in
die bedrag van R25 000.00 elk, vorm die onderwerp van hierdie
appél. Die eise is ingestel deur die Appellant as
eiser teen
die Respondent as verweerder in die landdroshof te Calvinia. Die
Appellant het geslaag in die eerste eis op die alternatiewe
grondslag van
iniuria
in
die bedrag van R300.00 en sy tweede eis is afgewys met koste.
Omrede die vonnisbedrag in Appellant se guns op die eerste eis
minder was as die bedrag van R1000,00 wat by wyse van geregtelike
inbetaling deur die Respondent gemaak is ingevolge Landdroshofreël
18(2), is daar ân kostebevel uitgereik teen die Appellant ten
aansien van die verrigtinge ná die datum van geregtelike
inbetaling. Andersyds is die Respondent gelas om die Appellant se
koste op die eerste eis te betaal tot en met die datum van
geregtelike inbetaling en op die tweede eis is die Appellant se eis
afgewys met koste. Die Appellant kom nou in hoër beroep
teen
die kwantum van skadevergoeding vasgestel by die eerste eis, te wete
in die bedrag van R300,00 soos voormeld, asook teen
die afwysing van
sy tweede eis. ân Aansoek vir die kondonasie van die Appellant se
nie-nakoming van die bepalings van Landdroshofreël
51(4) en vir
die verlenging van die tydsgrens waarbinne die Appellant se
sekerheidstelling afgelewer moes word, is nie bestry
nie en is
toegestaan soos aangevra.
Die oorkonde is
redelik lywig, dit beslaan
7
volumes en 599 bladsye in totaal. ân Hele aantal getuies het
getuienis gelewer tydens die verrigtinge
a
quo
.
Ek moet dadelik ter aanvang die belangrike opmerking maak dat die
voorafgaande uiteensetting aangaande die omvangrykheid van
die
oorkonde en die aantal getuies wat getuig het, ân wanbeeld skep
van die omvang van die geskil tussen die partye. Met die
deurlees
van die oorkonde het dit my dadelik opgeval dat uit hierdie twee
voorvalle wat die onderwerp vorm van hierdie appél,
die
spreekwoordelike berg van ân molshoop gemaak is. Hierdie is ân
belangrike aspek en sal ek meer volledig daarna verwys
in die loop
van die uitspraak. Die belang is naamlik daarin geleë dat die
Respondent pertinent as een van sy verwere op
beide eise dié
van
de
minimis non curat lex
geopper
het
.
Hierdie
verweer is weliswaar nie gehandhaaf deur die voorsittende landdros
nie, maar vir die redes wat aanstons volg is ek die
mening toegedaan
dat die landdros in dié bepaalde opsig gefouteer het. Maar
ten einde nie die kar voor die perde in te
span nie, wend ek my eers
na ân bondige uiteensetting van die feite, welke grootliks
gemeensaak was.
3.1
Die
Appellant is ân bekende en gerespekteerde boer in die
Loeriesfontein omgewing. Hy was tydens die verhoor reeds 80 jaar oud
en was toé alreeds 50 jaar lank ân lid van die
Loeriesfontein Landbou-koöperasie (waarna ek saaklikheidshalwe
verder
bloot sal verwys as â
die
koöperasieâ
).
Die Respondent was te alle tersaaklike tye die bestuurder van die
koöperasie en het dié pos ten tyde van die eerste
voorval
waarop die eerste eis gegrond is, beklee vir ân periode van slegs
ongeveer 3 maande.
3.2 Op 11 Maart
2004 het die Appellant by die koöperasie aangedoen omdat hy
sy
BTW-sertifikaat moes inhandig op versoek van die Respondent. ân
Vorige sertifikaat wat alreeds deur die Appellant aan die
koöperasie
voorsien is, was klaarblyklik onvoldoende, vandaar die versoek dat
die Appellant ân verbeterde sertifikaat moes
inhandig.
3.3 Die Appellant
het tydens hierdie besoek op 11 Maart 2004 vir die Respondent gevra
dat hy (die Appellant) insae kry in die sertifikaat
wat voorheen
ingehandig is. By nalees van hierdie eerste sertifikaat het die
Appellant
die
opinie gevorm dat dit alreeds voldoen aan die voorgeskrewe vereistes
van die koöperasie. Hy was klaarblyklik diep ongelukkig
oor dié
stand van sake en ook oor die meegaande feit dat hy tot die ongerief
gestel was om weer by ân tweede geleentheid
ân sertifikaat in te
dien. Hy het toe aan die Respondent sekere woorde toegesnou.
Alhoewel daar ân geringe verskil bestaan
aangaande die woorde wat
gebesig is, kan aanvaar word dat iets in dier voege deur die
Appellant aan die Respondent toegesnou was:
â
Wat
se
kak het jy my nou aangedoen?â
3.4 Die Respondent was ontevrede en
ongelukkig oor die Appellant se voormelde kru taalgebruik en het die
Appellant gelas om sy kantoor
te verlaat aangesien hy (die Appellant)
ongemanierd is. Daar het ân verdere woordewisselling tussen hulle
twee plaasgevind,
waarna die Appellant toe die Respondent se kantoor
verlaat het.
3.5 Die Appellant
het op dieselfde dag ene OâKennedy raakgeloop by die poskantoor en
sy ontevredenheid teenoor laasgenoemde uitgespreek
aangaande die
voorval wat hy ook toe aan OâKennedy oorvertel het.
3.6
Die
Appellant was ontevrede oor die feit dat hy uit die Respondent se
kantoor verjaag is en het hy ân vergadering van die direksie
van
die koöperasie aangevra.
3.7 ân
Vergadering
van
die direksie is toe belê vir 29 Maart 2004 op versoek van die
Appellant. Dié vergadering is deur die meeste van
die lede
van die direksie van die koöperasie bygewoon. Ene Lambert
Brandt, wat die ondervoorsitter van die direksie van die
koöperasie
was op daardie stadium het, sonder die kennis van die Appellant, ân
bandopname van die vergadering se verrigtinge
gemaak. Die bandopname
se inhoud is nie baie duidelik nie, maar was voor die verhoorhof
geplaas as bewysstuk. Brandt het by die
verhoor namens die
Respondent getuig.
3.8 By die
voormelde vergadering was die Appellant geleentheid ge
bied
om sy saak te stel en het hy hom bekla oor die feit dat die
Respondent hom uit sy kantoor gejaag het, welke hy beweer sy eer
en
waardigheid gekrenk het. Ek moet daarop wys dat die Respondent toe
nie op hierdie stadium aanwesig was nie. Die Appellant
was in besit
van ân skriftelike dokument met die kopskrif: â
SKULDERKENNINGâ
.
Dit het ân apologie vanaf die Respondent vervat met sekere
erkennings en het die Appellant daarop aangedring dat die Respondent
dit moes onderteken. Daar is toe konsensus bereik dat die Respondent
se aanwesigheid ook by die vergadering bekom moes word, welke
toe
plaasgevind het.
3.9 Die Respondent
het toe hy by die vergadering aangesluit
en
het sy weergawe van gebeure geskets. Die Appellant het op geen
onduidelike wyse herhaaldelik laat blyk dat hy glad nie saamstem
met
dié betrokke weergawe van die Respondent nie. Hy het onder
andere by meer as een geleentheid met sy hand op sy been
en ook op
die tafel geslaan. Hy het ook herhaaldelik die insinuasie gemaak dat
die Respondent onwaarhede kwytraak. By die laaste
sodanige
geleentheid het die Respondent toe daarop gereageer en vir die
Appellant gesê:
â
As jy sê ek
lieg, dan sê ek jy lieg ookâ.
3.10
Die
Respondent het geweier om dié sogenaamde âSKULDERKENNINGâ
wat
die Appellant laat opstel het te onderteken, omrede hy nie tevrede
was met die inhoud daarvan nie. Hy het ook op sy weergawe
twee keer
om verskoning probeer vra, maar het die Appellant nie daarin belang
gestel nie. Die Appellant, aan die ander kant, se
weergawe was dat
hy glad nie bewus was daarvan dat daar meer as een gepoogde
verskoning was nie.
3.11 Pogings om die
geskil tussen dié twee by te lê, onder andere op
inisiatief van OâKenn
edy,
was vrugteloos en gevolglik het die Appellant dagvaarding teen die
Respondent uitgereik vir skadevergoeding op grond van laster,
alternatiewelik
iniuria
.
Die basis vir die eerste eis is dat die Appellant beweer dat hy
belaster is, alternatiewelik dat sy eer en waardigheid gekrenk
is,
deurdat die Respondent hom uit sy kantoor verjaag het op 11 Maart
2004. Wat die tweede eis aanbetref is dit gebaseer op die
feit dat
die Respondent vir die Appellant gesê het
â
As jy sê ek
lieg, dan sê ek jy lieg ookâ.
Hierdeur is Appellant belaster,
alternatiewelik is sy eer en waardigheid gekrenk, só beweer
die Appellant.
Die voormelde
samevatting van die agtergrondgebeure en feite
kan
as grootliks gemeensaak aangemerk word, alhoewel daar minder
wesenlike verskille was tussen die partye en hul getuies oor
wat
gesê is en oor wat gebeur het. Dit kan egter aanvaar word vir
doeleindes van hierdie uitspraak dat die voormelde samevatting
van
gebeure in breë trekke juis is.
Die Respondent het
op beide eise
verskeie
ooreenstemmende verwere geopper, naamlik dat die gewraakte
uitlatings:
a) Geuiter is
tydens ân twis; en/of
b) Insoverre dit
neerhalend bevind mag word, nie die tussenkoms van ân hof regverdig
nie (m.a.w.
de
minimis non curat lex
);
en/of
c) Nie gemaak is met die opset om te
krenk nie; en/of
d) Nie
wederregtelik is nie; en/of
e) Ge
uiter
is in die uitoefening van Respondent se plig teenoor die koöperasie;
en/of
f) Gemaak is ter beskerming van die
koöperasie se belange;
g) Billike
kommentaar daarstel ten aansien van ân aangeleentheid van openbare
belang;
h)
Beskerm
word deur die reg van vryheid van uitdrukking soos vervat in art
16(1) van die Grondwet, 108 van 1996.
Die Landdros het
die
eerste
eis laat slaag op die alternatiewe basis en wel op grond daarvan dat
die uitjaag van die Appellant uit die Respondent se
kantoor,
eersgenoemde se eer en waardigheid gekrenk het en derhalwe
iniuria
daarstel. Hy het dit egter van sodanige geringe aard geag dat hy
slegs R300.00 (in teenstelling met R25 000.00 wat daarvoor
geëis is, wat ook die geval was met die tweede eis) toegestaan
as skadevergoeding aan die Appellant. Ten aansien van die
tweede
eis het hy ten gunste van die Respondent bevind en die Appellant se
eis afgewys op grond daarvan dat die Respondent geslaag
het met sy
verweer van billike kommentaar.
Die Respondent het
nie ân teen
appél
geliasseer nie. Ek is dit eens met Mnr. Van Tonder wat in hierdie
appél vir die Respondent opgetree het (hy
was nie die
regsverteenwoordiger vir die Respondent tydens die verhoor nie), dat
dit ân jammerte is dat geen teenappél
aanhangig gemaak is
nie. Ek is die mening toegedaan, vir die redes wat volg, dat die
Landdros gefouteer het deur nie een of
meer van die Respondent se
verwere, opgewerp ten aansien van die eerste eis, te handhaaf nie.
Die onregmatige
daad van
iniuria
wat ook as âbeledigingâ bekend staan, word as volg van laster
onderskei deur die outeurs Van der Merwe en Olivier in hul
werk
Die
Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg,
6de uitg. te 390:
â
Hierdie
element van laster as onregmatige daad onderskei dit van ân ander
versk
eidenheidsvorm
van iniuria wat as belediging bekend staan. Met belediging het ân
mens te doen waar die krenkende woorde of gedrag
nie aan derdes
gepubliseer word nie, maar alleen tussen die dader en die benadeelde
plaasvind. Die onderskeid tussen laster en
belediging is ons insiens
daarin geleë dat verskillende kante van die persoonlikheid
geskend word: by laster gaan dit om
die skending van die
fama
van
die benadeelde, d.w.s. sy gevoel van die eer en agting wat die
gemeenskap of lede daarvan ten opsigte van sy persoonlikheid
koester;
terwyl by belediging die
dignitas
van
die benadeelde geskend word, dit wil sê sy eie gevoel van eer
en agting van sy persoonlikheid. Hieruit volg dan noodwendig
dat
laster slegs gepleeg kan word deur handelinge of gedraginge wat onder
die aandag van die gemeenskap kom en daardeur laasgenoemde
se agting
vir die benadeelde laat daal, terwyl by belediging ân handeling of
gedraging van die dader teenoor die benadeelde sonder
verdere
publikasie reeds die benadeelde se eie eergevoel aantas.â
Wat
dignitas
aanbetref, wys die voormelde outeurs daarop dat ân persoon se
dignitas
onder
andere insluit waardigheidsgevoel, kuisheidsgevoel, piëteitsgevoel
en selfrespek van ân persoon.
Sien:
Van
der Merwe en Olivier,
op
cit
te 446.
Sien verder
ook:
Joubert,
The Law of South Africa,
Vol
8, Deel 1 te par. [80], p 136.
In
Whittaker
v Roos
1912
AD 92
is die vereistes vir hierdie vorm van iniuria as volg neergelê
deur die Appélhof:
a) ân Handeling
deur
ân
verweerder, welke ondermeer kan bestaan uit die toevoeging van
krenkende woorde, beledigende of spottende gedrag waar die minagting
van ân ander persoon geopenbaar word, ontneming van
bewegingsvryheid, mishandeling van ân persoon ens.
b) Die daad van
eerkrenking of belediging moet onregmatig wees, welke geleë is
in die skending van die reg op die
dignitas
of eergevoel van ân ander persoon. Die toets van die redelikheid
van die gedrag speel in dié geval ân deurslaggewende
rol.
c) Die vereiste van
animus
iniuriandi
is
ook ân voorvereiste.
Ek ag dit nodig om, gegewe die belang
daarvan in die onderhawige appél, uit te brei op die vereiste
van onregmatigheid
hierbo na verwys. Onregmatigheid word bepaal aan
die hand van die kriterium van redelikheid.
Vergelyk:
Ramsay
v Minister van Polisie
1981(4)
SA 802 (A)
te
811;
Delange v Costa
1989(2)
SA 857 (A) te 862.
Wat hierdie
kriterium aanbetref moet ân bepaling gemaak word ten aansien van
onredelikheid na
gelang
van die regsgevoel of die
boni
mores
van
die gemeenskap. Daarmee saam moet egter in gedagte gehou word dat
aanspreeklikheid slegs sal ontstaan waar ân eiser kan bewys
dat sy
of haar subjektiewe gevoelens gekrenk was. Eers wanneer bepaal is of
die eiser inderdaad gekrenk gevoel het in sy eer en
waardigheid word
beweeg na die volgende beslissing, naamlik of die inbreukmaking op
die persoonlikheidsreg van eer en waardigheid
sódanig is dat
ân redelike persoon daardeur beledig sou gevoel het. Dit word
verder vereis dat die gewraakte woorde of
gedrag krenkend, neerhalend
of beledigend moes wees en nie van beuselagtige aard nie, voor dit as
onregmatig aangemerk kan word.
Vergelyk in dié verband
ondermeer:
Minister of
Police v Mbilini
1983(3)
SA 705 (A) te 716;
Delange v Costa
,
supra
te
861 C-F.
Die kwessie van
redelikheid is in
Marais
v Richard en ân Ander
1981(1) SA 1157 (A) te 1168 C beskryf as die âalgemene
redelikheidsmaatstafâ. Die toets is derhalwe objektief en
moet
gemeet word aan die heersende norme van die gemeenskap ten einde te
bepaal of sodanige woorde of gedrag as onregmatig aangemerk
kan word.
In
Delange
v Costa
,
supra
,
te 862 C-E maak Smallberger AR die belangrike opmerking met
verwysing na ân uitspraak van Jansen AR in
Jackson
v SA National Institute for Crime Prevention and Rehabilitation of
Offenders
1976(3) SA 1 (A) as volg:
â
I
do not understand the judgment of Jansen JA to suggest that all that
is required for a successful action for damages for iniuria
are words
uttered animo iniuriandi towards another which offend such person's
subjective sensitivities, and in that sense impair
his dignitas. If
this were so it could lead to the courts being inundated with a
multiplicity of trivial actions by hypersensitive
persons.â
Die geleerde Regter
verwys dan ook onder andere na
Neethling,
Persoonlikheidsreg,
2de
uitg te 193 en na
Melius
De Villiers, The Roman-Dutch Law of Injuries
,
te 37, waar die geleerde outeur dit as volg stel:
â
'
so
long as an act is outwardly lawful it cannot be an injury, with
whatever intention or motive it may have been committed. Even
when a
person entertaining an injurious intention believes an act which he
commits to be injurious when it really is not such,
his intention
will not affect the character of the act.'
As vertrekpunt
moet na my mening deeglik in
ag geneem word dat die Appellant op sy eie weergawe die kru en
onwelvoeglike woord â
kakâ
gebruik het by die aanvang van sy gesprek met die Respondent wat die
eerste eis aanbetref. Reeds so lank gelede as 1972 het
ons howe
erkenning daaraan verleen dat hierdie bepaalde woord in die
Afrikaanse taal ân uiters onsmaaklike betekenis het en
as kru en
onwelvoeglik aangemerk kan word. Watermeyer R stel dit as volg
in
Muller
v SA Associated Newspapers Limited
1972(2)
SA 589 (C) te 591 D-F:
â
The
words are so well known in this country that I do not think it is
necessary for me to refer to dictionaries or to translate
them. No
good purpose would be served by commenting on their equivalent, or
equivalents, in the English language, and it is enough
for me to say
that I agree with Mr. Burger, who appeared for the plaintiff, when he
submitted that even in these modern times the
main offending word has
an extremely distasteful meaning to the average reasonable
Afrikaans-speaking South African.â
Mnr. G
illiland
wat namens die Appellant voor ons verskyn het (hy was nie die
advokaat wat by die verhoor vir die Appellant opgetree het
nie), moes
uiteindelik toegee tydens betoog dat dié bepaalde woord steeds
in vandag se moderne samelewing as kru en onwelvoeglik
aangemerk kan
word. Ek is die mening toegedaan dat hierdie toegewing onafwendbaar
is. Ten spyte van al die veranderinge wat in
die laaste dekade
plaasgevind het ten aansien van moraliteit en sedes in ons land, is
ek die mening toegedaan dat die gebruik van
hierdie woord steeds as
uiters onsmaaklik deur die gemiddelde Afrikaanssprekende toehoorder
beleef word. Hierdie is ân belangrike
aspek, want dit doen na my
mening afbreuk aan die Appellant se beroep op sy eer en sy
waardigheid as 80-jarige bekende boer in
die Loeriesfontein omgewing
en 50-jaarlange lid van die koöperasie. Kortweg gestel: wanneer
ân mens sulke taal besig in
ân gesprek teenoor ân ander in ân
besigheidsopset (dit moet nie buite die oog verloor word nie dat die
Appellant die gesprek
met die Respondent gevoer het in laasgenoemde
se kantoor op ân besigheidsgrondslag, met ander woorde met
Appellant as kliënt
van die koöperasie en die Respondent as
die bestuurder daarvan) dan moet mens verwag dat die toehoorder se
dunk en opinie
van jou as mens onmiddellik en onvermydelik aansienlik
sal afneem. In sulke omstandighede kan ân mens, wanneer jy sulke
kru
en onwelvoeglike taal gebruik, dan beswaarlik daarop aanspraak
maak dat jou eer en waardigheid gekrenk word deur ân reaksie wat
ontlok word deur jou eie optrede.
14. In
Wiese
v Moolman
2009(3)
SA 122 (T) het dit gegaan oor ân aksie vir genoegdoening op
grond van die
actio
iniuriarum
vir
beweerde owerspel. ân Beroep dat ân aksie gegrond op owerspel
indruis teen die Handves van Menseregte, onder andere teen
art 10
daarvan, is deur Du Plessis R verwerp. Op 129 C-D bevind hy die
volgende daaraangaande:
â
Wat artikel 10 betref,
meen ek nie dat die derde daarop aanspraak kan maak dat sy of haar
menswaardigheid nie gerespekteer word
as daar bevind word dat hy of
sy opsetlik met ander mense se privaatverhouding ingemeng het en
daarom aanspreeklik is nie.â
Dieselfde geld ten
aansien van die onderhawige saak. Wanneer ân mens deur jou eie
woorde en/of gedrag afbreuk doen aan ander
mense se siening van jou
(d.w.s. jou eie menswaardigheid) kan jy jou nie
dan
op jou eer en waardigheid beroep wanneer daar ân teenreaksie is op
jou woorde en/of gedrag nie.
Wat nou saamhang
met my opmerkings in die vorige paragraaf, is dat die Respondent na
my mening nie
net
geregtig was om die Appellant te vra om sy kantoor te verlaat in die
lig van sy kru taalgebruik nie, maar kan die aangeleentheid
ook as
beuselagtig aangemerk word. Wanneer ân mens die omringende feite
en omstandighede in ag neem en, gedagtig daaraan dat
die Appellant
asât ware die âaggressorâ was die bepaalde dag, dan lyk dit
vir my dat die reaksie van die Respondent nie
van sodanige ernstige
aard was dat dit ingryping deur die howe regverdig nie. Die uitjaag
van iemand uit jou kantoor wat kru
en onwelvoeglike taal gebesig het
kan na my mening in vandag se samelewing, met inagneming van
bestaande norme en
boni
mores
,
as heeltemal aanvaarbaar beskou word. Ek is derhalwe die mening
toegedaan dat die Landdros, wat hierdie eerste eis aanbetref,
die
verweer van
de
minimis non curat lex
ten gunste van die Respondent moes gehandhaaf het.
Daar is nie in hierdie saak ân
teen-appél nie, soos ek alreeds uitgewys het. Dit beteken
dat hierdie Hof op appél
slegs kan beslis op die geskil voor
hom, naamlik die kwessie van die kwantum op die eerste eis en die
afwysing van die tweede
eis. Dit is geyk dat ân Hof nie
beslissings kan maak ten aansien van bevele wat nooit deur die
partye aangevra is nie en/of
dat ân Hof op appél aspekte
kan beslis wat nie op appél voor hom is nie.
Sien in die
algemeen ondermeer die feitestel en beslissing in
Queenstown
Girlsâ High School v MEC for Education, Eastern Cape
2009(3) SA 268 (CkHC) te 275 C.
Ek moet
desnieteenstaande die opmerking maak dat die Landdros se toekenning
van kwantum in die bedrag van slegs R300,00 (terwyl,
soos gesê,
ân bedrag van R25 000,00 gevorder is deur die Appellant) sterk
aanduidend is daarvan dat hy in elk geval
die mening toegedaan was
dat hierdie krenking van die Appellant se eer en waardigheid baie
gering was. Hoe dit ookal sy, die slotsom
waartoe ek kom is dat daar
nie met die toekenning van R300,00 ingemeng kan word op appél
nie.
Daar is nog ân
verdere grond waarop ek meen die Respondent se verweer suksesvol op
die eerste eis gehandhaaf moes word. Dit
is
ten
aansien van onregmatigheid. Alhoewel die Respondent dit gepleit het
as ân afwesigheid van wederregtelikheid, meen ek dat
die verweer
van afwesigheid van onregmatigheid in die uitjaag van die Appellant
uit die kantoor, wel sou kon slaag. Soos hierbo
aangedui, word
onregmatigheid bepaal aan die hand van die heersende regsoortuiginge
van die gemeenskap of anders gestel, die
boni
mores
van
die algemene publiek. Ek het alreeds tot ân groot mate daarmee
gehandel hierbo en volstaan ek daarmee deur die bevinding
dat die
deursnee burger dit nie as onregmatig sal beskou om ân persoon wat
vloekwoorde gebruik in jou kantoor uit te jaag nie.
Dit verbaas my
glad nie dat, soos toegegee deur Mnr. Gilliland tydens sy betoog,
daar geen gerapporteerde beslissings bestaan
waar die uitjaag van
iemand uit jou kantoor as ân
iniuria
bevind
is en waarvoor skadevergoeding toegeken is nie.
Twis (
rixa
)
kan ook ân volkome verweer daarstel in ân aksie vir
genoegdoening soos die onderhawige geval.
Sien
ondermeer:
Kernick
v Fitzpatrick
1907
TS 389
te 393-4;
Jeftha v
Williams
1981(3)
SA 678 (C) te 683 C-F.
Ek is van mening
dat Mnr. Van Tonder namens die Respondent korrek is in sy submissie
dat hierdie onsmaaklike voorval tussen die
Appellant en die
Respondent wat die eerste eis aanbetref, wel as ân twis tussen
hulle aangemerk kan word. Mnr. Gilliland het
tot die teendeel
betoog, maar is dit nie volhoubaar nie. In hierdie geval meen ek dat
die Respondent met reg verontwaardig gevoel
het aangaande die
Appellant se taalgebruik en was hy na my mening geregtig om sy humeur
te verloor en die Appellant aan te sê
om sy kantoor te verlaat.
Dit was grootliks gemeensaak tydens die verhoor (Mnr. Gilliland het
namens die Appellant sterk daarop
gesteun in sy betoog) dat die
Respondent kwaad was en met ân harde stemtoon gepraat het toe hy
die Appellant gelas het om sy
kantoor te verlaat en derhalwe met ân
mate van aggressie opgetree het. Wat na my mening vasstaan egter is
dat die Appellant
eweneens kwaad was toe hy by die kantoor van die
Respondent aangedoen het â sodanige gegriefdheid het gegaan oor die
ongerief
wat na sy mening hom aangedoen is deur die Respondent.
Gevolglik is ek die mening toegedaan dat twis ook deur die Landdros
as
ân verweer teen die Appellant se eerste eis gehandhaaf kon en
moes word.
Ek sluit die
bespreking ten aansien van die eerste eis af deur samevattend aan te
dui dat na my mening die appél nie kan
slaag nie, omrede ek
die mening toegedaan is dat een of meer verwere van die Respondent
soos hierbo aangedui, suksesvol gehandhaaf
moes word deur die
Landdros. Aangesien daar geen teen-appél is nie, moet die
appél teen die kwantum van die eis
wat toegestaan is, afgewys
word. Bowendien en in elk geval moet ek byvoeg dat ân Hof van
Appél uiters beperkte bevoegdheid
het om in te meng by die
kwantum wat deur ân verhoorhof bepaal is in die geval van laster
en ander eise vir vergoeding soos
bv. v
ir
genoegdoening soos in die onderhawige geval.
In
Neethling v Du Preez and Others
1995(1) SA 292(A) te 301 C stel Hoexter AR dit as volg:
â
The
general rule is that the determination of damages is a function
peculiarly within the province of the trial Court. Although
in a
particular case the interests of justice and convenience will best be
served by the determination of damages by an appellate
tribunal, the
exercise of such power by the latter nevertheless represents an
encroachment upon a function which is intrinsic to
the trial Court.â
In die onderhawige
appél is daar na my mening
geen
gronde om in te meng met die bevinding en kwantum vasgestel deur die
verhoorhof nie.
Ek wend my nou na
die tweede eis. Daar sal onthou word dat die Landdros die
Respondent se verweer
van
billike kommentaar gehandhaaf het en die Appellant se eis afgewys
het. In
Marais
v Richard en ân Ander
,
supra
te
1167, is die vereistes vir hierdie verweer as volg uiteengesit:
a
) Die
verklaring wat geuiter is moet kommentaar wees en nie ân
feitestelling nie;
b) Dit moet billik wees;
c) Die feite waarop
dit gebaseer is moet waar wees;
d) Die kommentaar moet verband hou met
aangeleenthede van openbare belang.
Sien verder ook:
Crawford v Albu
1917
AD 102-114
;
Johnson v
Beckett and Another
1992(1) SA 762(A) te 778J â 779D.
Vir soverre daar
enigsins twyfel kan wees dat die betrokke woorde van die Respondent
(â
as
jy sê ek lieg dan sê ek jy lieg ookâ) wel neerkom op
kommentaar, kan verwys word na die beslissing in
Crawford
v Albu
,
supra
te
114 waar Innes HR dit as volg gestel het:
â
In
asmuch
as it is the expression of opinion only which is safeguarded, it
follows that the operation of the doctrine must be confined
to
comment. It cannot protect mere allegations of facts. It is
possible, however, for criticism to express itself in the form
of an
assertion of fact deduced from other clearly indicated facts. In
such cases it will still be regarded as comment for the
purpose of
this defence.â
In hierdie saak is
die Respondent se woorde klaarblyk
lik
in reaksie gesê op dit wat deur die Appellant voorgehou is. Hy
stel dit duidelik as kommentaar deur te begin met die
woord âAsâ.
Aldus beskou, meen ek dat daar geen twyfel kan wees in die
omstandighede dat hierdie ân brokkie kommentaar was
wat die
Respondent gelewer het op die Appellant se opinie, naamlik dat as die
Appellant die opinie huldig dat die Respondent lieg,
dan huldig hý
(die Respondent) dieselfde opinie aangaande dít wat die
Appellant sê.
Mnr. Gilliland het
groot klem gelê in sy betoog op die feit dat
daar
nie gesê kan word dat hierdie woorde in die openbare belang
gesê is nie. Openbare belang moet na my mening nie
eng uitgelê
word in hierdie verband nie. Daar kan beswaarlik betoog word dat
die koöperasie nie ân semi-openbare
instelling is in dié
sin dat dit gebruik word deur lede van die algemene publiek nie. In
dié opsig dus beklee
die Respondent ân posisie in die
bestuur van ân semi-openbare instelling, wat gebruik word deur die
publiek waar sy kommentaar
wel gesê kan word in openbare
belang is, ten minste vir soverre dit die lede, direksie en kliënte
van die koöperasie
aanbetref. Gevolglik meen ek dat die
Landdros korrek was om dié verweer te handhaaf.
Ek is bowendien en
in elk geval die mening toegedaan dat die Appellant se tweede eis
ook afgewys kon word met ân suksesvolle
beroep op die verwere van
de
minimis non curat lex
en
twis (
rixa)
vir
die redes alreeds hierbo uiteengesit ten aansien van die eerste eis.
Wat die tweede eis dus aanbetref meen
ek dat die Landdros se bevinding en beslissing onaanvegbaar is en
dat die appél afgewys
moet word. Al wat oor bly is die
kwessie van koste. Dit spreek vanself dat die koste die uitslag
moet volg. Die Appellant
se appél behoort afgewys te word
ten aansien van beide eise en gevolglik behoort hy die koste van die
appél te
dra.
Ek reik die volgende bevel uit:
Die appél word afgewys met
koste.
__________
________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
_____________
_____
CC WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT :
ADV
JG GILLILAND
IN
OPDRAG VAN :
VAN
DE WALL & VENNOTE
NAMENS
RESPONDENT :
ADV
AG VAN TONDER
IN
OPDRAG VAN :
DUNCAN
& ROTHMAN