About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 61
|
|
FH Swanepoel Plant Hire CC v PMG Mining (Pty) Ltd (342/09) [2009] ZANCHC 61 (26 June 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 342/09
Datum
Verhoor: 2009-06-12
Datum
Gelewer: 2009-06-26
In
die saak van
:
FH
SWANEPOEL PLANT HIRE CC
APPLIKANT
versus
PMG
MINING (PTY) LTD
RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die Applikant het
aansoek gedoen vir ân bevel ingevolge waarvan gelas word dat die
Respondent toegang
aan
die Applikant verleen tot die Respondent se perseel te Bishop Myn en
dat die Applikant toegelaat word om 10 000 ton mangaanerts
wat
hy ontgin het, te verwyder en te verkoop. Verdere regshulp waarna ek
tegelegenertyd sal verwys is ook aangevra..
B
y
ooreenkoms tussen die partye is daarna ân bevel uitgereik
waarvolgens die Respondent verbied is om die 10 000 ton
mangaanerts,
of enige gedeelte daarvan, vanaf die Respondent se
mynperseel te verwyder en/of te verkoop.
Die tweede
gedeelte
van die Applikant se Kennisgewing van Mosie was verkeerd bewoord en
daarom is daar ân aansoek gebring om die Kennisgewing
van Mosie te
wysig om bykomend voorsiening te maak vir die inbetaling van die
opbrengs van die voormelde verkoping in die Applikant
se prokureur
se trustrekening, hangende die instel van ân aksie deur die
Applikant. Aangesien daar geen opponering teen hierdie
aansoek was
nie, is die wysiging toegestaan.
â
n
Kondonasie-aansoek deur die Respondent ten aansien van die laat
liassering van sy antwoordende eedsverklaring is nie deur die
Applikant opponeer nie en is eweneens toegestaan.
Die geskil tussen
die partye spruit voort uit ân skriftelike ooreenkoms tussen hulle
aangegaan met die Applikant as mynkontrakteur
en die Respondent as
myneienaar. Daarvolgens is die Applikant gekontrakteer om te myn by
die Respondent se mynperseel, Bishop
Myn, op die Kuruman-Postmasburg
pad. ân Dispuut het tussen die partye ontstaan, meer bepaald
aangaande die kwaliteit van mangaanerts
wat deur die Applikant gemyn
is. Ek sal later weer daarna verwys.
Ten einde die
geskil wat ontstaan het by te lê is daar verskeie vergaderings
gehou deur ve
rteenwoordigers
van die partye. Ek moet nou alreeds uitwys dat die Respondent
ontken dat die persone wat by die vergadering hier
ter sake en
waarna ek aanstons sal verwys, behoorlik gemagtig en bevoeg was om
namens die Respondent sekere besluite te neem,
welke die onderwerp
vorm van dié aansoek deur die Applikant. Een sodanige
vergadering is gehou op 11 Oktober 2008. Verskeie
van die
Respondent se werknemers was daar teenwoordig, onder andere ook die
mynbestuurder. Die notule van hierdie en ander vergaderings
is
aangeheg tot die stukke as aanhangsels. By die voormelde
vergadering van 11 Oktober 2008 is ân ooreenkoms, wat as âFHS 1â
tot die Applikant se funderende stukke aangeheg is, aangegaan. Dit
blyk uit dié betrokke notule dat daar op daardie stadium
ongeveer 10 000 ton mangaanerts gemyn was en wat gereed was om
verkoop te word. Die Respondent het egter klaarblyklik ân
wesenlike probleem gehad met die graad van die mangaanerts. Daar is
toe deur ene Mnr. Swanepoel jnr namens die Applikant ân
voorstel
gemaak om die reeds ontginde mangaanerts te verkoop aan ân
beskikbare koper. Daar is volgens die notule ooreengekom
dat die
Applikant dié 10 000 ton mangaanerts kon verkoop en dat
die Respondent 50% van die opbrengs sou betaal aan
die Applikant op
sy rekening en dat die ander 50% aan die Applikant voorgeskiet sou
word as ân lening.
Nie net het die
Respondent die bevoegdheid van sy werknemers aangeval om dié
bepaalde ooreenkoms
(âFHS 1â)soos
voormeld aan te gaan met die Applikant nie, maar is vraagtekens ook
geplaas agter die egtheid van dié
ooreenkoms aangesien dit op
een van die Applikant se briefhoofde verskyn. Verder is kritiek
uitgespreek daarop dat die persoon
wat namens die Respondent sou
onderteken het op dié ooreenkoms se naam nie daar verskyn
nie. Daar verskyn bloot die woorde
â
Bishop
PMG Mineâ
.
Die regshulp
aangevra deur die Applikant kom neer op ân tussentydse interdik
pendente
lite
.
Die vereistes vir ân tussentydse interdik is as volg neergelê
deur Corbett R, soos hy toe was, in
LF Boshoff
Investments (Pty) Ltd v Cape Town Municipality
1969(2)
SA 256 (C) te 267 A-F:
â
(a) that the right which is
the subject-matter of the main action and which he seeks to protect
by means of interim relief is clear
or, if not clear, is prima facie
established, though open to some doubt;
(b) that, if the right is only prima facie
established, there is a wellgrounded apprehension of irreparable harm
to the applicant
if the interim relief is not granted and he
ultimately succeeds in establishing his right;
(c) that the balance of convenience favours the
granting of interim relief; and
(d) that the applicant has no
other satisfactory remedy.â
Sien verder ook:
Eriksen Motors
Welkom Ltd v Protea Motors Warrenton
1973(3)
SA 685 (A) te 691.
Ek bespreek
vervolgens nou hierdie voorvereistes
seriatim
met
verwysing na die beweringe in die stukke voor my.
Wat betref die
prima
facie
reg
steun die Applikant, soos aangedui hierbo, op ân geskrewe
ooreenkoms ingevolge waarvan ân ooreenkoms bereik is tussen
die
partye dat die Applikant 10 000 ton mangaanerts mag verkoop.
Die Respondent se ontkenning van die bevoegdheid en magtiging
van
die persone om sodanige besluit namens die Respondent te neem by die
betrokke vergadering en om die ooreenkoms (âFHS 1â)
te
onderteken namens die Respondent gaan eenvoudig net nie op nie. Uit
die notule van dié bepaalde vergadering, sowel
as die notules
van ander vergaderings, blyk dit duidelik dat sommige van hierdie
werknemers by al die vergaderings teenwoordig
was en dat daar ân
indringende soeke was deur beide partye om ân oplossing vir die
kroniese probleme wat daar toe ontstaan
het te vind. Ek is tevrede
dat die Applikant ten minste ân
prima
facie
reg
gevestig het wat weliswaar oop is vir ân mate van twyfel. Die
toets is op hierdie stadium egter nie of die Applikant op
ân
oorwig van waarskynlikhede sodanige reg bewys het nie.
Die volgende
aspek wat behandel word is die vereiste van ân gegronde vrees van
onherstelbare skade. Uit die stukke is dit duidelik
dat die
Respondent ernstige probleme ondervind om die Applikant te betaal
vir sy dienste as mynkontrakteur. Die situasie is
só kritiek
dat een van die Respondent se eie werknemers, ene â
Nooientjieâ,
volgens die notules herhaalde kere daarop gewys het tydens sodanige
vergaderings dat Applikant erg benadeel word deurdat hy behoorlik
presteer ingevolge die partye se ooreenkoms, maar dat die Respondent
nie sy deel van die kontrak nakom nie. Uiteraard kon die
Applikant
nie ân eedsverklaring van dié bepaalde werknemer en andere
bekom nie en is die Respondent uitgenooi om sodanige
eedsverklarings
voor die Hof te plaas. Hiervoor het die Respondent se advokaat, Me.
Botha, die Applikant gekritiseer in haar
betoogshoofde. Sodanige
kritiek gaan nie op nie, want die betrokke potensiële
verklaarders is uiteraard in die Respondent
se diens en kan daar
beswaarlik van hulle verwag word om asât ware die hand wat hulle
voed te byt deur namens die Applikant
in hierdie onderhawige geding
eedsverklarings te maak. Ek is daarvan oortuig dat op die stukke
voor my die Applikant wel ân
gegronde vrees het dat hy
onherstelbare skade berokken sal word.
Wat betref die
balans van gerief is ek die mening toegedaan dat die balans van
gerief ongetwyfeld die Applikant bevoordeel. Al
wat die Applikant
verlang is dat die mangaanerts verkoop word deur hom en dat die
opbrengs daarvan by sy prokureur se trustrekening
inbetaal word
,
hangende die beslegting van die geskil in die hoofaksie tussen hom
en die Respondent. Daar kan na my mening geen benadeling
vir die
Respondent wees nie, want sou hy suksesvol wees in die hoofaksie,
sou hy geregtig wees op die opbrengs in die prokureur
se
trustrekening. Aan die ander kant weer, indien die aangevraagde
regshulp nie toegestaan word nie, is dit vir die Respondent
moontlik
om die mangaanerts te vervreem en sou die Applikant geen inligting
of getuienis kon voorhou wat daarvan geword het en
wat die opbrengs
daarvan is nie. Gevolglik is ek tevrede dat die Applikant ook
hierdie vereiste bewys het.
Daar is na my
mening geen ander bevredigende remedie
,
anders as hierdie tussentydse interdik hangende die instel van die
hoofgeding, beskikbaar aan die Applikant nie.
Dit is tot ân
mate nodig om die meriete in die voorgenome hoofaksie te oorweeg
wanneer oorweging daaraan geskenk moet word of
aan die Applikant wel
ân tussentydse interdik toegestaan moet word. Hierdie aspek is as
volg geformuleer in die saak van
Webster
v Mitchell
1948(1)
SA 1186 te 1189 deur Clayden R:
â
The proper manner of
approach I consider is to take the facts as set out by die applicant,
together with any facts set out by the
respondent which the applicant
cannot dispute, and to consider whether, having regard to the
inherent probabilities, the applicant
could on those facts
obtain
final relief at a trial. The facts set up in contradiction by the
respondent should then be considered. If serious doubt
is thrown on
the case of the applicant he could not succeed ..â
Die Respondent
het gepoog om twyfel op die Applikant se saak te
werp
deur twee aspekte te berde te bring, naamlik die aspek waarna ek
alreeds verwys het, te wete die gebrek aan bevoegdheid van
die
persoon wat die ooreenkoms waarop die Applikant hierin steun te
onderteken namens die Respondent. ân Tweede aspek wat
geopper is
is die kwessie van die dispuut wat daar bestaan tussen die partye
aangaande die kontraktuele bepalings en die nakoming
daarvan aldan
nie deur die Applikant. Daar is namens die Respondent deur Me Botha
die submissie gemaak dat op die Applikant
se eie weergawe die
Applikant nie die graad van mangaanerts kan bepaal nie en dat daar
derhalwe ân dispuut daaraangaande bestaan.
Tóg blyk dit
duidelik uit die partye se hoofooreenkoms, te wete die mynkontrak en
wel klousule 6.4 daarvan, saamgelees
met par. 1 en 2.1 van
Aanhangsel A daartoe, dat die graad (kwaliteit) van die mangaanerts
die myneienaar (Respondent) se
kontraktuele verantwoordelikheid is.
In klousule 6.4 word uitdruklik ooreengekom tussen die partye dat
die Applikant sal verseker
dat ân minimum van 10 000 ton per
maand van finale produk (ystererts/ mangaanerts) ontgin sal word.
Klousule 1 sit uiteen
die vereiste produkspesifikasies en dit word
uitdruklik onderverdeel as volg:
â
1. REQUIRED PRODUCT SPECIFICATIONS
SIZE (CONTRACTOR)
1.1 40 â 8- mm
1.2 8 â 40 mm
1.3 â 8 â waste fines
GRADE (PMG)
1.4 +42% Grade A
1.5 + 37 â 42% Grade B
1.6 + 32 â 37% Grade Câ
Daar word derhalwe
voorsiening gemaak dat
wat
die grootte van die produk aanbetref, dit die kontrakteur (Applikant)
se verantwoordelikheid sal wees en dat daar ân minimum
maandelikse
produksie van 10 000 ton moet wees. Verder word dit uitdruklik
ooreengekom dat wat die gehalte van die erts aanbetref,
dit die
Respondent se verantwoordelikheid sal wees. Gevolglik op die
ooreenkoms alleen is ek die mening toegedaan dat die Applikant
redelike vooruitsigte op sukses het in die voorgenome hoofgeding en
behoort die tussentydse interdik in sy guns toegestaan te word.
Ek ag dit nodig
om laastens kortliks daarop te wys dat Mnr. Coetzee namens die
Applikant korrek is in sy submissie dat die Respondent
se
ontkennings aangaande die bevoegdheid van die persone wat die
besluite geneem het by die vergadering en van die persoon wat
die
ooreenkoms ten aansien van die verkoop van die 10 000 ton
mangaanerts namens die Respondent onderteken het, slegs blote
ontkennings is. Daar word geen verdere feite verskaf of redes
aangevoer waarom sodanige bevoegdheid in geskil geplaas word nie.
Met nalees van die baie volledige notules
kom
mens onafwendbaar tot die gevolgtrekking dat dié bepaalde
werknemers van die Respondent behoorlik wel bevoegd was om
sekere
besluite te neem ten einde die probleme te ondervang wat daar
ondervind is.
â
n Tweede aspek
wat tot ân mate van belang is
,
is dat Mnr. Coetzee eweneens korrek is in sy submissie dat die
Respondent daarop steun dat hy die kontrak gekanselleer het,
maar
dat dit nêrens blyk uit sy stukke dat die ooreengekome
prosedure ten aansien van kansellasie van die kontrak, soos
neergelê
in ondermeer klousules 7.1 en 7.2 daarvan, gevolg is nie. Dit wil
dus voorkom asof dit bloot ân eensydige,
onprosedurele kansellasie
van die kontrak was deur die Respondent. Hoe dit ookal sy, hierdie
is aspekte wat by die hoofaksie
uitgepluis sal moet word, maar is ek
op dié stadium tevrede dat daar voldoen is aan die
voorvereistes vir ân tussentydse
interdik
pendente
lite
.
Ek reik gevolglik die volgende bevel
uit ooreenkomstig die regshulp aangevra deur die Applikant in sy
gewysigde Kennisgewing van
Mosie:
17.1 Die Respondent word gelas om
toegang aan die Applikant te verleen tot die Respondent se perseel te
Bishop Myn en om die Applikant
toe te laat om 10 000
(tienduisend) ton mangaanerts, welke erts deur die Applikant ontgin
is, te verwyder en te verkoop.
17.2 Dit word gelas dat die
inkomste verkry uit die voormelde verkoping van die 10 000 ton
mangaanerts in die trustrekening
van prokureurs Mnre Jordaan &
Mans, Kuruman, inbetaal sal word en op ân rentedraende rekening
gedeponeer sal word hangende
die afhandeling van ân aksie ingestel
te word deur die Applikant, welke aksie ingestel moet word binne 30
(dertig) dae vanaf
datum van hierdie bevel.
17.3 Die Respondent word gelas om
die koste van die aansoek te betaal.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV
WJ COETZEE
IN
OPDRAG VAN :
ENGELSMAN
MAGABANE ING
NAMENS
RESPONDENT : ADV E BOTHA
IN
OPDRAG VAN :
HAARHOFFS