About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 28
|
|
Louw en Anders v S (CA&R 89/2009) [2009] ZANCHC 28 (26 June 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 89/2009
Saak
Aangehoor:
08/06/2009
Dat
um
gelewer: 26/06/2009
In
die
saak tussen:
Herman
Josias Louw
1ste
Appellant
Barend
Joseph Hayes Potgieter 2de Appellant
Willem
Paulus Johannes Stander 3de Appellant
Andries
Myburg 4de Appellant
De
Wet Jacobs 5de Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Williams
R et Henriques WnR
UITSPRAAK
OP APPéL
Henriques
WnR:
In
hierdie appèl kom die e
erste
appellant in hoër beroep teen beide sy skuldigbevinding en
vonnis wat hom opgelê is en die tweede tot vyfde appellante
kom in hoër beroep slegs teen hul skuldigbevindings.
AGTERGROND
Die
appellante
het as medebeskuldigdes terreggestaan in die streekhof te Springbok
op die volgende klagtes:
Aanklag
1: Aanranding met die opset om ernstig te beseer ten aansien van
Maxim Strauss;
Aanklag
2: Aanranding met die opset om ernstig te beseer ten aansien van
Vaughn Lee
Vollmer;
Aanklag
3: Opsetlike Saakbeskadiging.
3.
Alhoewel
al die appellante onskuldig gepleit het, is hulle as volg skuldig
bevind: op aanklag een is appellante drie en vyf skuldig
bevind; op
aanklag twee is appellante een, twee en vier skuldig bevind. Op
aanklag drie is al die appellante onskuldig bevind.
Die
eerste
appellant
is gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf, waarvan 12 maande
opgeskort is vir 5 jaar. Die tweede tot vyfde appellante
is
gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir
5 jaar.
GRONDE
VAN APPEL
TEEN DIE SKULDIGBEVINDINGS
Die
gronde van appél waarop die
appellante
teen die skuldigbevinding steun, is as volg. Dat die Streeklanddros
ân mistasting begaan het:
4.1
âDeur
te bevind dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en in
die proses te bevind dat alle Staatsgetuies geloofwaardig
was en dat
hulle nie mekaar in enige wesenlike opsigte weerspreek het nie.
Deur
te bevind dat die afwyking van veral Maxim Strauss, Vaughn Lee
Vollmer
en Levina Faber se getuienis van dit wat hulle in hulle verklarings
aan die polisie gesê het, nie wesenlik van
aard was nie.
Deur
te bevind dat die feit dat Maxim Strauss, Vaughn Lee
Vollmer
en Levina Faber al drie hulle getuienis aangepas het sodat dit
basies dieselfde is terwyl hulle verklarings aan die
polisie
heeltemal anders was, nie te beskou as samespanning oor wat getuig
moet word nie.
Deur
te bevind dat die
beskuldigdes
se weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie en dat hulle
getuienis inderdaad leunagtig was.
Deur
te bevind dat daar geen verband was tussen die eerste voorval
tussen hulle en die klaer
s
wat naby Spar plaasgevind het en die voorval by Aggenbach se garage
waar die beweerde aanrandings plaasgevind het nie.
D
eur
die Staat se weergawe te aanvaar ten koste van die weergawe van die
beskuldigdes
.â
DIE EERSTE
APPELLANT SE GRONDE VAN APPEL TEEN SY VONNIS
Die
eerste appellant se gronde waarop hy steun teen die vonnis hom
opgelê is die volgende:
â
Sy
het die persoonlike omstandighede en die buitengewone omstandighede
wat tot die misdryf gelei het, nie behoorlik in ag geneem
nie, maar
die gemeenskapsbelang (by wie ingesluit is die twee klaers se
belang) oorbeklemtoon ten koste van die Eerste Appellant
ofskoon
dit duidelik was dat die klaers, of dan in elk geval die klaer,
Vaughn Lee Vollmer, die Hof nie met skoon hande genader
het nie en
inderdaad die konflik veroorsaak het.
Deur
nie in ag te neem dat die vorige oortreding deur die
Eerste
Appellant redelik lank gelede gepleeg is en veral nie in ag te neem
dat die vorige oortreding rehabiliterend ingewerk
het op die Eerste
Appellant deurdat hy nie enige misdryf binne die opskortingstydperk
van sy vorige vonnis gepleeg het nie.
D
eur,
ofskoon sy erkenning gegee het dat eerste appellant ân besigheid
het wat hy moet bedryf, voortgegaan het om hom ân
vonnis op te lê
waardeur hy vir 6 maande nie na sy besigheidsbelange kan omsien en
sy besigheid kan bedryf nie.
Deur
na te laat om ân ander vorm van straf wat meer realisties is en
nie so hewig as direkte gevangenisstraf is, te oorweeg
nie.
Dat
die vonnis met inagneming van alle omstandighede skokkend onvanpas
is.
â
Die
pleitverduidelikings van die onderskeie appellante was soos volg
.
Die eerste appellant het erken dat hy Vollmer geklap het, die tweede
appellant dui aan dat hy self niks gedoen het nie, die
derde
appellant het erken dat hy Strauss weggetrap het, die vierde
appellant het erken dat hy in Strauss vasgehardloop het en
die vyfde
appellant erken dat hy Vollmer geklap het.
Tydens
die verhoor het net die tweede, derde en vyfde appellante getuig en
die eerste en vierde appellante het geen getuienis
aangebied nie.
Bei
de
Mnr Nel, wat namens die appellant verskyn het en Mnr Barnard, wat
namens die staat verskyn het, het volledige hoofde ingedien.
Albei
die hoofde handel met die getuienis wat aangebied was. Vir
doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie nodig om dit te
herhaal
nie.
SKULDIGBEVINDINGS
Tydens
sy betoog aan die Hof het
Mnr
Nel toegegee dat hy nie gaan argumenteer dat die skuldigbevindings
soseer tersyde gestel moet word nie.
Die
enigste geskilpunt wat die hof moet beoordeel is of die
skuldigbevindings aan aanranding gewoon of aanranding met die opset
om ernstig te beseer moes gewees het. Die vonnisse wat opgelê
is sal dan ook afhangende die bevinding heroorweeg word.
Hy
het ons verwys na bladsy 19 van sy hoofde vir sy submissie
s
dat die appellante skuldig bevind moes word aan aanranding gewoon en
nie aan aanranding met die opset om ernstig te beseer nie.
Hy het ook
tydens sy argument die volgende submissies gemaak:
Dat
die staat nie daarin geslaag het om te bewys dat die appellante die
opset gehad het om die klaers ernstig te beseer nie.
Hy
het ons verwys na die beserings wat
die
klaers opgedoen het tydens die aanranding. Maxim Strauss, volgens
die J88, het die volgende beserings opgedoen, naamlik
ân geswelde
lip, ân laserasie van die lip en ân kneusing aan sy voorkop.
Vollmer het ân laserasie aan die wang gehad,
kneusings aan beide
temporale gebiede, krapmerke oor die ribbes en swelling aan die
linker knie.
Hy
het ook
aangevoer
dat die klaer se weergawes van die beserings wat hulle opgedoen het
nie versoenbaar is met die inhoud van die onderskeie
mediese
verslae nie. Omdat beide klaers eers ân dag of twee na die
voorval Å geneesheer besoek het dui dit ook daarop dat
die
beserings nie so ernstig van aard was nie.
Hy
het ons ook verwys na
die
skrywer Snyman se boek, Strafreg, vir die toets wat ons in ag moet
neem om te besluit of dit gewone aanranding is of aanranding
met
opset om ernstig te beseer. Op bladsy 439 van sy boek Strafreg, die
5de uitgawe, sê Snyman dat dit ân feitlike vraag
is of ân
persoon werklik die opset gehad het om ernstig te beseer. Die
faktore wat in aanmerking geneem moet word is die aard
van die wapen
of instrument wat gebruik is en die manier waarop dit gebruik is,
die mate van geweld wat aangewend is en hoe dit
aangewend is, die
deel van die liggaam waarop dit gebruik is en die aard van die
beserings wat werklik opgedoen is.
Hy
het ons ook aangemoedig om in ag te neem dat die klaers sowel as die
appellante gedrink het die aand van die voorval. Hy
het betoog dat
die appellante baie gedrink het en die submissie gemaak dat hulle
inhibisies tot ân groot mate deur drank beïnvloed
sou gewees
het die aand van die voorval.
As
ân mens na die rekord kyk blyk dit dat die klaers en die
appellante die aand gedrink het. Wat nie duidelik is nie, is
presies hoeveel die appellante gedrink het nie.
Potgieter
in sy getuienis
op
bladsy 73 en 74 erken dat hulle die aand gekuier het by die eerste
appellant se drinkplek maar kon nie werklik sê of
hulle 10
biere elk gedrink het nie. Wat hy wel toegee is dat die ander
appellante heel reg gelyk het en dit is hoekom hy die
vyfde
appellant, Jacobs, toegelaat het om sy ma se voertuig te bestuur.
Stander,
die derde appellant,
getuig
op bladsy 144 dat hulle almal saam gekuier het behalwe beskuldigde
een, naamlik die eerste appellant. In sy getuienis
sê hy dat
tussen hulle, hulle 10 biere gedrink het vanaf 8 uur of 9 uur in die
aand tot na middernag.
Die
vyfde appellant De Wet Jacobs stem nie saam met die ander appellante
dat hy 10 biere gedrink het nie. Hy sê op bladsy
160/161 van
die rekord dat alhoewel hy gedrink het was hy by sy â
volle
positiewe
â.
Hy sê dat hy minder as 10 biere gedrink het want hy was die
bestuurder en hulle het gekuier vanaf 8 of 9 uur in
die aand tot
die tyd van die voorval.
Dit
blyk dat alhoewel die appellante daardie aand gedrink het was dit
oor ân lang tydperk gewees het. Alhoewel drank ân invloed
gehad
het, kon dit in die hof se mening nie so ân groot impak gehad het
oor hulle inhibisies as wat Mnr Nel wil voorgee nie.
Die appellante
wat getuig het, het getuig dat hulle heel reg was en dit blyk dat
drank nie so ân groot invloed op hulle inhibisies
gehad het nie.
Die
ander probleem waarmee die Hof sit is die feit dat die eerste en die
vierde appellante nie getuig het nie. Ons moet dan steun
op die
getuienis van die ander appellante en veral die getuienis dat die
eerste appellant nie met hulle gekuier het nie. Ons
moet ook in ag
neem die feit dat die eerste appellant nie die voorval by die Spar
gesien het nie, en eers na die voorval begin
het by die Aggenbach
garage aangekom het. Dit blyk van die getuienis dat hy nie eers
gevra het wat aangaan nie maar sommer net
ingespring het en die
klaer, Vollmer, aangerand het.
As ân mens na
Potgieter se getuienis kyk gee hy toe dat nie een van die klaers ân
aanval geloods het teen die eerste appellant
en ook dat Vollmer sy
bewussyn verloor het. Hy maak ook melding van die feit dat die hou
wat die eerste appellant op Vollmer
toegedien het ân geweldadige
hou was. Sien in hierdie verband bladsy 103 en 104 van die rekord.
Mnr
Nel
het geargumenteer dat as ons die eerste appellant se betrokkenheid
by die voorval oorweeg, moet ons in ag neem dat hy eers na
die
aanranding begin het aangekom en nie die aanstigter was nie. Die
eerste appellant het eers op die toneel opgedaag nadat
die eerste
vuishou geslaan was. Dit is weens die rede dat hy argumenteer dat
die eerste appellant nie so moreel verantwoordelik
vir die voorval
is as die tweede tot vyfde appellante nie.
Mnr
Barnard
namens die staat, het geargumenteer dat die verhoorhof korrek was om
die appellante skuldig te bevind aan aanranding met die
opset om
ernstig te beseer. Hy steun op die volgende feite vir die submissie
naamlik:
Dat
die klaers elkeen deur meer as een appellant aangerand is.
Dat die klaers
met vuiste geslaan was, geskop was en die een klaer se kop is teen
die muur gekap.
Dat
die aanranding nie net vir ân paar sekondes geduur het nie maar
dat dit ân aanhoudende aanval was.
Dat
die klaer
s
se beserings ernstig is en die voorval het plaasgevind voor ander
persone naamlik die petroljoggies by die garage. Hy argumenteer
dat die appellante nie eers bekommerd was dat daar getuies sou
gewees het tot die voorval nie.
Die
appellante het aangehou met die aanranding alhoewel hulle
aangespreek was deur die getuie Ruiters.
Alhoewel
hulle gedrink het argumenteer hy dat drank nie
so
groot Å rol gespeel het met die aanranding nie.
Vollmer
is platgeslaan met die vuis deur die eerste appellant en dan het
die tweede en vierde appellant bygekom. Hy is geskop
en hy het sy
bewussyn verloor. Hy sê ook dat
Vollmer
die besering van die geswelde knie kon opgedoen het toe die
appellante hom geskop het. Hy meld ook dat indien ân
mens kyk na
die beserings wat deur die klaers opgedoen was het hierdie
aanranding nie net ân paar sekondes geduur nie.
As
ons die getui
enis
van die staatsgetuies benader dan is die volgende opvallend:-
Maxim
Strauss getuig dat hy deur die derde en vyfde appellante uit die
voertuig getrek is en aanhoudend in die gesig deur hulle
geslaan
is. Die derde appellant het sy kop teen die muur gekap. Vollmer is
deur die eerste, tweede en vierde appellante geslaan
en geskop.
Vaughn
Vollmer staaf Strauss se getuines dat hy uit die voertuig deur die
derde en vyfde appelllante getrek was en met die vuis
in die gesig
geslaan is. Vollmer bevesig dat hy self is deur die eerste
appellant in die gesig geslaan met die vuis, en die
tweede en
vierde appellante het ook bygekom en hom geslaan.
Ruiters
getuig dat appellante vier en vyf vir Vollmer uit die voertuig
getrek het en beide hom geklap het. Die eerste appellant
het hom
plat getrek sodat sy kop teen die grond kap. Hy het hom ook geskop
en op hom gespuug. Strauss is daarna deur die eerste
appellant uit
die voertuig getrek, opgelig en sy kop is teen die muur gekap. Sy
getuig dat die eerste, tweede en derde appellante
hom redelik lank
in die gesig geslaan het.
Faber
getuig dat Vollmer deur die eerste, tweede en vierde appellante
geskop is nadat hy bewusteloos was en dat die eerste appellant
hom
nog geskop het toe hy oppad na sy bakkie was. Die derde en vyfde
appellante het Strauss teen die muur gegooi en die vyfde
appellant
het sy kop teen die muur geslaan.
Alhoewel
daar weersprekings in hulle getui
enis
was, is die hof van mening dat as daar gekyk word na die toets wat
toegepas moet word en die feite van die saak, dan is hierdie
weersprekings nie wesenlik nie.
As
daar in geheel gekyk word na die omstandighede van hierdie voorval
is dit duidelik dat dit ân gewelddadige, voortgesette
aanranding
was wat nie van korte duur was nie. Ruiters se getuienis is dat haar
kollega Faber haar wakker gemaak het toe die
aanranding plaasgevind
het en Ruiters het ook nog die geleentheid gehad om die aanranding
waar te neem. Die beserings wat die
klaers opgedoen het, alhoewel
nie lewensgevaarlik nie is wel ernstig van aard. Dit
is
opvallend dat die meeste van die geweld gerig was op die sensitiewe
kop area van die klaers. As ân mens kyk na die eerste
appellant
is dit duidelik dat hy nie die voorafgaande voorval by die Spar sien
plaasvind het nie maar toe hy by die garage aankom
het hy maar net
ingespring en die klaers begin aanrand. Hy het nie eers gevra
hoekom daar ân geveg plaasvind of wat gebeur
het voordat die
voorval plaasgevind het nie. Hy het ook nie probeer om die
aanranding te stop nie maar hy het sommer net ingespring
en die
klaers ook aangerand. Die Hof is ook van mening dat alhoewel drank
ân rol gespeel het dat die appellante nie daarop
kan steun om te
sê dat hulle inhibisies so sterk geaffekteer was deur die
drank dat hulle nie die opset kon vorm om die
klaers ernstig te
beseer nie.
Die Hof is van
mening dat die skuldigbevindings aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer moet staan.
VONNIS
Mnr
Nel
het argumenteer dat die verhoor landdros nie die persoonlike
omstandighede van die eerste appellant genoegsaam en behoorlik in
ag
geneem het nie. Die eerste appellant was 30 jaar oud tydens
vonnisoplegging, ongetroud en het sy eie besigheid bedryf. Verder
dat alhoewel die eerste appellant ân vorige veroordeling gehad het
vir aanranding met opset om ernstig te beseer, het dit in
2000
plaasgevind en hy het uit die moeilikheid gebly vir amper 8 jaar
voordat die voorval plaasgevind het. Hy sê dat die
verhoorhof
moes oorweging geskenk het aan ân alternatiewe vonnis in plaas van
direkte gevangenisstraf. Hy voer aan dat ân
gepaste vonnis in die
omstandighede van hierdie saak gevangenisstraf van 9 maande is wat
in geheel opgeskort word.
Mnr
Barnard
gee toe dat die vonnis ongepas is en voer aan dat die eerste
appellant gunstige persoonlike omstandighede het wat nie behoorlik
deur die verhoorhof in ag geneem is nie.
Met
betrekking tot die vonnis sê hy dat die verhoorhof oorweging
moes geskenk het aan óf korrektiewe toesig óf
ân
stywe boetevonnis tesame met gevangenisstraf wat opgeskort was.
Met
betrekking tot die vonnis stem die Hof saam dat die direkte
gevangenisstraf van 6 maande wat opgelê was deur die
verhoorhof swaar is. Dit blyk dat die verhoorhof nie oorweging
geskenk het aan alternatiewe vonnisopsies nie. As ân mens die
persoonlike omstandighede van die eerste appellant in ag neem dan
moes die verhoorhof ân alternatiewe vonnis geoorweeg het.
In
die
S
v Bergh
2006 (2) SACR 225
(NPD) op bladsy 235 e het die hof uiteen gesit wat
die wetgewer in gedagte gehad het met die inwerking van korrektiewe
toesig
as ân vonnis opsie â
The
Legislature has, by the introduction of correctional supervision as
a sentencing option, distinguished between two types of
offender:
those who ought to be removed from society by means of imprisonment,
and those who, although deserving of punishment,
should not be so
removed from society
.â
Die
Hof is van mening dat
Mnr
Barnard korrek is dat korrektiewe toesig ook oorweeg moes word deur
die verhoorhof en dit is vir hierdie rede dat die Hof
van mening is
dat dit gepas is dat die saak terugverwys moet word na die
verhoorhof om vonnis te oorweeg in terme van artikel
276 (1)(h) van
die Strafproses Wet 51 van 1977 en ân korrektiewe toesigverslag te
bekom. Die eerste appellant is na ons mening
nie noodwendig Å
persoon wat uit die samelewing verwyder behoort te word nie.
Die volgende
bevel word hierin gemaak:
Die
appèl teen die skuldigbevindings word van die hand gewys
.
Die
vonnis die eerste appellant opgelê word tersyde gestel. Die
saak word terugverwys na die verhoorhof om vonnis te heroorweeg
nadat Å verslag in terme van artikel 276 A (1)(a) van die
Strafproses Wet 51 van 1977 voor die verhoorhof gedien het vir
oorweging om die eerste appellant te vonnis in terms van artikel
276(1)(h) van bogenoemde wet.
_____________
_________
J
I HENRIQUES
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
_____________
_________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellante: Adv J Nel
In
opdrag van
: Haarhoffs
Ing., KIMBERLEY
Nms
Respondent
: Adv
Barnard
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY