About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 60
|
|
Steenkamp v GWK Bpk (952/05) [2009] ZANCHC 60 (12 June 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE
HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 952/05
Datum
Verhoor: 27 Mei 2009
Datum
Gelewer: 12 Junie 2009
In
die saak van
:
HENDRIK
PETRUS STEENKAMP
EISER
versus
GWK
BEPERK
VERWEERDER
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
A.
INLEIDING
EN AGTERGROND
Die beginsels van
die sakereg soos dit toepassing vind by lewering, eiendomsoordrag,
bewaringsretensie
regte
en saakwaarneming speel ân sentrale rol in hierdie aangeleentheid.
Die geskil gaan oor die eienaarskap
van drie swartwitpensbokke en hul aanteel. Daarmee saam bestaan
daar ân dispuut oor die
versorgings- en bewaringskostes van die
diere.
Die pleitstukke
en blootgelegde dokumente is redelik omvangryk, maar het die partye
by wyse van ân gestelde saak op ân ooreengekome
feitestel
hierdie Hof genader vir ân beslissing. Ek het, op aansoek van die
partye, gelas dat die aangeleentheid slegs op
die meriete nou bereg
word en wel, soos ek gesê het hierbo, by wyse van ân
gestelde saak.
Die Eiser het die
voormelde drie bokke op ân wildsveiling, gehou deur die
Verweerder, aangekoop onderhewig aan die Verweerder
se standaard
verkoopsvoorwaardes. Ek sal doelmatigheidshalwe hierin verder na
die Eiser as â
Steenkamp
â
en na die Verweerder as â
GWKâ
verwys. Ek sal verder na die drie swartwitpensbokke bloot verwys as
â
die
bokke
â
en na die aanwas daarvan as â
die
aanteel
â.
Alhoewel
die risiko van verlies en beskadiging van die bokke dadelik by die
toeslaan van die bod na Steenkamp oorgegaan het kragtens die
verkoopsvoorwaardes, het die betrokke voorwaardes egter bepaal dat
eiendomsreg voorbehou word aan GWK totdat die koopsom betaal
is (wat
natuurlik tipies die geval is by ân koopkontrak soos hierdie).
Die vraag of lewering van die bokke ooit aan Steenkamp
plaasgevind
het en, indien wel, wanneer, is een van die kerndispute in hierdie
geding.
Betaling van die koopsom het eers
ongeveer 18 maande ná die veiling (en na litigasie tussen die
partye) geskied. Die versorgings-
en bewaringskostes van die bokke
deur GWK aangegaan in die tydperk tussen die veiling en betaling van
die koopsom is ân gevolglike
verdere kerndispuut tussen die
partye.
B.
GESTELDE
SAAK: GEMEENSAAKLIKE FEITE
Dit is nie prakties haalbaar of myns
insiens nodig om die partye se ooreenkoms met betrekking tot die
gestelde saak ingevolge
die bepalings vervat in Hooggeregshofreëls
33(1), (2) en (3) in sy volledige besonderhede weer te gee nie. Ek
volstaan
met ân bondige opsomming daarvan.
GWK is ân
landboukoöperasie wat ook wildsveilings behartig. Soos maar
die algemene praktyk is, het GWK op ân veiling
gehou op 3 Mei 2003
die bokke as â
lot
58
â
in ân katalogus gelys, welke katalogus beskikbaar was vir insae
deur voornemende kopers. Wild wat te koop aangebied was
op die
veiling kon vooraf op die veilingsterrein of elders waar dit
aangehou was, besigtig word.
In die onderhawige
geval was die bokke elders aangehou.
Die bod is op
Steenkamp toegeslaan vir die bokke vir ân koopsom van R375 000.00,
uitgesluit belasting op toegevoegde waarde.
Dié verkoop was
onderhewig aan GWK se standaard verkoops-voorwaardes soos vervat in
die voormelde katalogus. Ek sal
later meer volledig na die
tersaaklike verkoopsvoorwaardes verwys wat ân belangrike rol speel
in die beregting van die geskilpunte.
Op dieselfde
datum van die veiling (3 Mei 2003) het Steenkamp ân tjek aan GWK
uitgemaak vir betaling van die koopsom. Steenkamp
het later
betaling van die tjek gestaak
,
waarop GWK voorlopige vonnis verrigtinge begin het wat suksesvol
gekulmineer het in ân vonnis teen Steenkamp. Laasgenoemde
het toe
die vonnisskuld betaal op 10 November 2004 aan GWK.
Na betaling van die vonnisskuld soos
voormeld het Steenkamp lewering van die bokke en die aanteel versoek
van GWK, wat geweier
het om aan dié versoek te voldoen
alvorens hy vergoed word vir sy uitgawes aangegaan ten aansien van
die bewaring en versorging
van die bokke. In dié verband het
GWK hom beroep op ân bewaringsretensiereg. GWK se voormelde
weiering het aanleiding
gegee tot die onderhawige geding.
N
adat
Steenkamp sekuriteit gestel het vir die waarde van GWK se beweerde
retensiereg is die bokke en die aanteel by ooreenkoms
tussen die
partye op 8 Junie 2008 aan Steenkamp gelewer. GWK vorder in ân
voorwaardelike teeneis die versorgings- en aanverwante
kostes op
grond van sy voormelde beweerde retensiereg vir die tydperk vanaf 3
Mei 2003 tot 8 Junie 2008. Steenkamp se voormelde
besitneming van
die bokke het geskied sonder afstanddoening deur GWK van sy regte of
verwere teen Steenkamp se vordering (welke
insluit die dispuut ten
aansien van lewering). Die partye het laastens ooreengekom dat,
indien die bokke nie vanaf 3 Mei 2003
tot 8 Junie 2008 deur iemand
versorg sou word nie, hulle tesame met die aanteel, tot niet sou
gaan.
Ek sluit hierdie
afdeling
van die uitspraak af deur nou alreeds daarop te wys dat die
ooreengekome feitestel dawerend swyg aangaande die vraag
of die
bokke ná die aankoop daarvan deur Steenkamp ooit aan hom
uitgewys is. Alhoewel die partye pertinent verwysing
na die inhoud
van die pleitstukke ingesluit het by die gemeenskaplike feite, is
die pleitstukke ook nie van enige hulp in dié
verband nie.
C.
GESTELDE
VRAE EN KERNGESKILPUNTE
Die gestelde vrae is as volg:
â
13.1 Het die
drie oorspronklike Swartwitpensbokke wat op die veiling van
3
Mei 2003
gekoop is op enige stadium vanaf
3
Mei 2003
tot op hede die eiendom van die Eiser geword?
13.2 Indien die antwoord op paragraaf
1 positief is, wanneer het Eiser die eienaar geword?
13.3 Het die Eiser
die eienaar van die aanwas van die drie Swartwitpensbokke wat op die
veiling van
3
Mei 2003
aangekoop is, geword?
13.4 Indien die antwoord op vraag 3
positief is, wanneer het die Eiser die eienaar van die aanwas geword,
te wete:
(a) by die geboorte van elke aanwas;
of
(b) by welke ander datum?
13.5 Het Eiser,
indien die Verweerder tot
10
November 2004
die eienaar van die drie Swartwitpensbokke met hulle aanwas was, ân
belang gehad in die bokke wat Verweerder geregtig gemaak
het om in
terme van die beginsels van ân bewaringsretensiereg, noodsaaklike
uitgawes ten einde die behoud van die bokke (met
aanteel) te verseker
(â
necessariae
impensaeâ
en â
utiles
impensaeâ
),
van Eiser te vorder?
13.6 Of Eiser
regtens verplig is om Verweerder se uitgawes aangegaan in terme van
sy versorging van die drie Swartwitpensbokke (met
aanwas) en waarop
sy bewaringsretensiereg gebaseer is, die omvang waarvan nog bewys
moet word, te betaal?â
Die kerngeskilpunte wat beregting
verg is as volg:
14.1 Die vraag of daar ooit lewering
(in ân regstegniese sin) van die bokke en aanteel aan Steenkamp
plaasgevind het.
14.2 Of Steenkamp eienaar van die
bokke en aanteel geword en indien so, wanneer.
14.3 GWK se
regsposisie ten aansien van eienaarskap van die bokke en aanteel, sy
beweerde bewaringsretensiereg, sy posisie as
negotiorum
gestor
en sy beweerde bewarings- en versorgingskostes.
Tydens die
mondelinge betoë het beide advokate, Mnr. Van Rhyn SC vir
Steenkamp en Mnr. Knoetze SC vir GWK laat blyk dat hulle
ad
idem
is dat GWK uit hoofde van die bepalings van klousule 5.2 van die
verkoopsvoorwaardes, eienaar van die bokke (en aanteel) was
tot 10
November 2004 toe Steenkamp die koopsom betaal het. Ek bespreek
hierdie en ander tersaaklike klousules vervat in die
verkoopsvoorwaardes hierna in die volgende afdeling van die
uitspraak.
D.
BEREGTING
VAN GESKILPUNTE
GWK se standaard verkoopsvoorwaardes
is van kernbelang in hierdie saak. Soos alreeds aangedui, was die
verkoop van die bokke
onderhewig aan dié voorwaardes en is
die voorwaardes dan ook vervat in die katalogus vir die betrokke
veiling op 3 Mei
2003.
17.1 Klousule 5.1 daarvan lees as
volg:
â
Tensy reëlings tot
bevrediging van die GWK, vooraf vir krediet
verlening
getref is, is alle verkope vir kontantâ.
17.2 Klousule
5.2 bepaal:
â
Wanneer die bod, in die
geval van veilings
toegeslaan
is, of, in die geval van verkope uit die hand wanneer die staat op
die keersy hiervan deur beide Koper en Verkoper onderteken
is,
gaan
die eiendomsreg in die betrokke goedere onmiddellik oor na die GWK en
berus die eiendomsreg daarvan by die GWK totdat die koopprys
ten
volle betaal is
â
(eie beklemtoning).
17.3 Klousule 6 lui:
â
Lewering in die geval van
veilings geskied by die vendukrale en in die geval van uit die hand
verkope op die eiendom van die Verkoper
of ân ander plek deur hom
aangewys.
Die
risiko ten opsigte van verlies of beskadiging van goedere gaan oor op
die Koper in die geval van veilings wanneer die bod toegeslaan
word
,
en in die geval van verkope uit die hand wanneer die goedere aan die
koper uitgewys en geïdentifiseer isâ (eie beklemtoning).
Dit val dadelik
op
uit die voormelde gemeensaaklike feite en die tersaaklike
verkoopsvoorwaardes hierbo uiteengesit dat, alhoewel die risiko van
verlies of beskadiging onmiddellik by toeslaan van die bod oorgegaan
het op Steenkamp (kragtens klousule 6), is die koopsom eers
heelwat
láter oorbetaal met die gevolg dat tot dan eiendomsreg in die
bokke gevestig het in GWK (ooreenkomstig klousule
5.2). Hierin is
die kruks van die geskil tussen die partye geleë.
Ek het vroeër
die waarneming gemaak dat nóg die partye se ooreenkoms
,
nóg die pleitstukke, enige aanduiding hoegenaamd bevat
aangaande die vraag of die bokke ooit uitgewys is aan Steenkamp
ná
die veiling (soos alreeds gesê was die bokke elders aangehou
tydens die veiling). Hierdie oorsig bemoeilik tot
ân aansienlike
mate die beregting van die geskilpunte hierin.
Na aanleiding van
die dilemma gepostuleer in die vorige paragraaf ag ek dit gerade om
nou eers enkele opmerkings te maak aangaande
die regsbeginsels by
gestelde sake, welke grootliks geyk is. As vertrekpunt is dit
eintlik voor die hand liggend dat ân geregshof
gebonde is aan die
partye tot ân gestelde saak se ooreenkoms, ingevolge Reël
33(1). Hierdie prosedure is dan ook uitsluitlik
die partye se
prerogatief (in teenstelling met bv. Reël 33(4)) en hang
uitsluitlik af van hul bepaalde ooreenkoms.
Sien:
Harms:
Civil Procedure in the Superior Courts
te par B33.5 (bl B-225) en gesag daar aangehaal.
â
n Gestelde saak berus op
ooreenkoms en kan dus nie eensydiglik gewysig word nie;
Harms,
ibid
.
â
n Geregshof is
geregtig om met ân regspunt te handel wat die partye self misgekyk
het in hul formulering van die geskilpunte,
mits dit voortvloei uit
die ooreengekome feitestel. ân Geregshof kan egter nie buite die
ooreengekome feitestel self beweeg
nie.
Sien:
Paddock
Motors (Pty) Ltd v Igesund
1976(3)
SA 16(A) te 24 B-D per Jansen AR:
â
If e.g. the parties were to overlook a question
of law arising from the facts agreed upon, a question fundamental to
the issues
they have discerned and stated, the Court could hardly be
bound to ignore the fundamental problem and only decide the secondary
and dependent issues actually mentioned in the special case. This
would be a fruitless exercise, divorced from reality, and may
lead to
a wrong decision. It follows that the Court cannot be confined in all
circumstances to the issues of law explicitly raised
in the special
case. This does not mean that the Court will always be free to
enlarge the issues, whether mero motu or at the request
of a party.
The question of prejudice may arise, e.g., where a party would not
have agreed on material facts, or on only those
stated in the special
case, had he realized that other legal issues, not stated in the
special case, were involved.â
Mnr Van Rhyn het
,
klaarblyklik omrede hy toe hierdie knelpunt in Steenkamp se saak
besef het, aan die einde van sy betoog in repliek versoek
dat ek
die aspek aangaande die uitwysing van die bokke aan Steenkamp al dan
nie, verwys vir mondelinge getuienis indien ek die
mening toegedaan
sou wees dat ek nie hierdie aspek kan bepaal op die ooreenkoms of op
die pleitstukke nie. Hierdie aspek aangaande
uitwysing is van
belang, omrede Mnr. Van Rhyn namens Steenkamp steun op
traditio
longa manu
as leweringsvorm.
Nadat hy
instruksies bekom het, het Mnr. Knoetze beswaar gemaak teen hierdie
versoek. Volgens hom is lewering van die bokke (in
sy
feitelike-
en regsbetekenis) van meet af aan en deurgaans konsekwent op die
pleitstukke ontken deur GWK. ân Deeglike nalees van
die
pleitstukke bevestig inderdaad die korrektheid van hierdie aanname.
Gevolglik kan ek, by ontstentenis van enige ooreenkoms
daaraangaande,
nie voldoen aan Mnr. Van Rhyn se versoek vir verwysing na mondelinge
getuienis nie.
Ek wend my nou na die beregting van
die geskilpunte.
Steenkamp se eis
berus op ân vindikatoriese aksie. Hy beweer dat die bokke sy
eiendom is, dat dit in
GWK
se besit is en vorder hy teruggawe daarvan (en van die aanteel),
alternatiewelik die geldwaarde daarvan, sou die bokke nie meer
bestaan nie.
GWK se verwere is:
23.1 dat die bokke nooit aan
Steenkamp gelewer is nie en hy nooit eienaar daarvan geword het nie;
23.2 in die alternatief en sou bevind
word dat lewering nie ân vereiste is vir eiendomsoordrag nie, dat
GWK die eienaar van die
bokke en aanteel was minstens tot 10 November
2004 toe die koopsom betaal is;
23.3 dat, as voorwaardelike verweer
indien bevind word dat Steenkamp wel eienaar van die bokke is, dat
GWK noodsaaklike uitgawes
aangegaan het om die behoud van die bokke
te verseker en dat hy derhalwe ân bewaringsretensiereg oor die
bokke en aanteel het.
Daarmee saam het GWK ân voorwaardelike
teeneis geliasseer vir die voormelde noodsaaklike uitgawes.
Afgeleide eiendomsverkryging deur
lewering behels ân bilaterale regshandeling tussen die bestaande
eienaar (oordraggewer) en
die voornemende eienaar (oordragnemer).
Eienaarskap word regtens oorgedra wanneer daar ân onderliggende
verbintenisskeppende
ooreenkoms is en ook ân saaklike ooreenkoms
(bv. om die eiendom te lewer en te ontvang).
Sien in die algemeen:
Van der Merwe:
Sakereg
,
2de uitgawe te 300-301;
Silberberg &
Schoemanâs Law of Property
,
5de uitgawe, te 175.
Die volgende vereistes word in ons
reg gestel vir eiendomsoorgang:
25.1 Die saak moet
res
in commercio
wees,
d.w.s. regtens vatbaar vir eiendomsreg.
25.2 Die
oordraggewer moet regtens bevoeg wees om eiendomsreg oor te dra.
25.3 Die
oordragnemer moet regtens bevoeg wees om eiendom van die saak deur
oordrag te verkry.
25.4 Die partye
moet die bedoeling hê om die eiendom van die saak oor te dra
(
animus
transferendi dominii
)
asook die bedoeling om die saak te ontvang (
animus
accipiendi dominii
).
Wat van belang is, is die bedoeling ten tyde van oordrag.
Van der Merw
e,
Sakereg
,
supra
te 303 huldig die mening (waarmee ek saamstem) dat by lewering van
roerende sake die vereiste wilsooreenstemming gewoonlik blyk
uit die
gepaardgaande of voorafgaande verbintenisskeppende ooreenkoms.
25.5 Soms word ân
iusta
causa
vir
eiendomsoorgang (gewoonlik ân verbintenisskeppende ooreenkoms, soos
ân koopkontrak) ook vereis.
25.6 By ân
koopkontrak word vereis dat die koopprys betaal moet wees of dat
krediet of sekuriteit vir die betaling daarvan verleen
is, alvorens
eiendomsoorgang kan plaasvind.
25.7 Die
eiendomsoordrag moet ân bepaalde vorm aanneem.
In die onderhawige
geval is veral vereistes 25.4 en 25.6 ter sake.
Die oordragvorm
hier ter sake is lewering (
traditio
),
omrede ons hier met roerende sake (wildsbokke) te make het. Mnr.
Van Rhyn steun, soos alreeds gesê, op
traditio
longa manu
(lewering met die lang hand). Tydens sy betoog het hy aangevoer dat
daadwerklike uitwysing van die bokke nie nodig was nie,
omrede die
bokke in die katalogus aangeteken was en daarvolgens verkoop is.
Mnr. Knoetze, aan die ander kant, het betoog dat
juis a.g.v. die
gebrek aan uitwysing, hier nie sprake kan wees van
traditio
longa manu
nie.
Lewering met die
lang hand
vind
gewoonlik plaas waar ân saak weens sy aard, grootte en gewig nie
letterlik oorhandig kan word nie, bv. vee;
Van der Merwe,
Sakereg
,
supra
te
317.
Aangesien daar by hierdie wyse van
lewering geen duidelik waarneembare daadwerklike verandering van
besit is nie, word streng vereistes
vir hierdie metode van
eiendomsverkryging gestel;
Silberberg &
Schoemanâs Law of Property
,
supra
,
te 182.
Die vereistes is as volg:
27.1 Die partye
moet die bedoeling hê om hierdie vorm van lewering aan te wend.
27.2 Die saak moet
duidelik deur die oordraer aan die ontvanger in die teenwoordigheid
van die saak uitgewys word.
27.3 Die ontvanger
moet ná uitwysing in staat wees om fisieke beheer oor die saak
te voer en die bedoeling hê om eienaar
van die saak te wees.
27.4 Die saak moet
duidelik geïdentifiseer word.
28.1 Die eerste
aspek wat oorweging verg ten aansien van
traditio
longa manu
is
of die partye die bedoeling gehad het om die bokke op dié
bepaalde wyse te lewer en te ontvang.
28.2 Mnr. Knoetze
het gesubmitteer dat die verkoopsvoorwaardes nie daarop dui dat dit
die partye se bedoeling was dat lewering met
die lang hand sou
geskied nie.
Dit
is sy submissie dat die partye direkte fisiese lewering (
datio
de manu in manum)
beoog
het. In dié verband steun hy veral op klousules 2, 5.4 en 6
van die voorwaardes. Ek deel nie hierdie siening nie.
Ek het
alreeds klousule 6 volledig aangehaal hierbo en dit steun nie die
betoog voorgehou deur mnr Knoetze nie; inaggenome die
feit dat die
bokke nie by die vendukrale nie, maar elders aangehou was.
28.3 Klousule 2 lees as volg:
â
2. Goedere word VOETSTOOTS verkoop en gelewer
en die Koper neem dit aldus in ontvangs en sal nie geregtig wees om
betaling van die
koopprys te weerhou op grond van enige dispuut of
geskil van watter aard ookal tussen die partye nie.â
28.4 Klousule 5.4 bepaal:
â
5.4 Hierdie
verkoopsvoorwaardes sal nie so uitgelê word dat dit enigsins
afbreuk doen aan die reg van die GWK om te weier
dat die goedere van
sy perseel verwyder word alvorens betaling in kontant of by wyse van
ân
bankgewaarborgde tjek geskied het nie.â
28.5 Hierdie twee
aangehaalde klousules ondersteun glad nie mnr Knoetze se betoog nie.
Klousule 2 is die bekende voetstootsklousule
wat algemeen in
koopkontrakte voorkom. Dit het niks te make met die
leweringsvorm
as sulks nie.
K
lousule
5.4 vind glad nie toepassing hier nie, omrede die bokke elders
aangehou was en daar derhalwe nie sprake kan wees van verwydering
daarvan vanaf die perseel nie.
28.6 Ek is eerder
die mening toegedaan dat, met inagneming van al die tersaaklike feite
en omstandighede,
traditio
longa manu
by
noodwendige implikasie die enigste haalbare leweringsvorm binne die
partye se kontemplasie kon wees en inderdaad was. Die bokke
was
elders aangehou. Op welke ander wyse as
traditio
longa manu
sou lewering ooit prakties kon geskied?
Klousule 6
is weliswaar problematies in soverre dit bloot bepaal dat âLewering
in die geval van veilings geskied by die vendukrale en in
die geval
van uit die hand verkope op die eiendom van die Verkoper of ân
ander plek deur hom aangewys.â
Hierdie probleem
doen egter nie afbreuk daaraan dat
traditio
longa manu
in die omstandighede die enigste praktiese haalbare leweringsmetode
kon wees nie.
Gevolglik bevind
ek
op
ân oorwig van waarskynlikhede dat dit die partye se bedoeling was
om lewering met die lang hand te laat plaasvind.
2
9.1 Die
groot struikelblok vir Steenkamp is die feit dat op die pleitstukke
en op die ooreengekome feitestel, daar geen aanduiding
hoegenaamd is
dat die bokke ooit uitgewys is aan hom nadat die bod suksesvol op hom
toegeslaan is nie en, daarmee saam, dat hy
in staat was om fisieke
beheer oor die bokke uit te oefen nie.
29.2
Ek
onderbreek myself vlugtig deur daarop te wys dat die algemene reëls
ten aansien van die bewyslas ook steeds geld by ân
gestelde saak
onder Reël 33(4);
Sien:
Moni
v Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk
1992 (2) SA 600
(T) te 604 G â I.
Aldus benader,
beteken dit dat die bewyslas ten aansien van lewering en meer bepaald
uitwysing, steeds op Steenkamp rus.
30. Daar is
verskeie gewysdes waarin beklemtoon word dat uitwysing van die
merx
ân sleutelrol speel by
traditio
longa manu.
30.
1 In
Groenewald
v van der Merwe
1917 AD 233
was die feite kortliks as volg:
(a)
Ene
du Toit het ân dorsmasjien aan beide Groenewald en Van der Merwe
verkoop op verskillende tye. Du Toit is deur albei daarvoor
betaal.
Die vraag wat die Hof moes beslis was of geldige lewering aan een van
die twee kopers gemaak is en, indien wel, aan wie.
Groenewald het
heel eerste die dorsmasjien by du Toit aangekoop, maar het die
dorsmasjien in laasgenoemde se besit gelaat vir
meer as ân jaar
waarna du Toit toe die dorsmasjien aan van der Merwe verkoop het.
Die dorsmasjien is egter weereens na hierdie
tweede verkoop in du
Toit se besit gelaat vir ân tydperk van twee maande, waarna van der
Merwe dit toe verwyder het.
(b)
ân
Aksie deur Groenewald vir die teruggawe van die dorsmasjien was
onsuksesvol in die Provinsiale Afdeling op grond daarvan dat
lewering nie aan hom nie, maar wel aan van der Merwe geskied het.
Beide Groenewald en van der Merwe het gesteun op
traditio
longa manu
as leweringsvorm. Die Appèlhof het die
Hof
a quo
se beslissing gehandhaaf en die appèl afgewys.
(c)
Die
verhoorhof se
ratio
decidendi
(welke steun gevind het op appèl) was dat Groenewald bloot die
dorsmasjien in du Toit se besit gelos het sonder ân daadwerklike
bedoeling om beheer daaroor uit te oefen. Die Hof het verder bevind
dat van der Merwe, aan die ander kant, spesiaal na die plaas
uitgery
het, die dorsmasjien besigtig het en toe uitdruklik verklaar het dat
die dorsmasjien nou sy eiendom is. Hierdie feite
het aangetoon dat
uitwysing plaasgevind het en dat dit van der Merwe se bedoeling was
dat lewering onmiddellik deur uitwysing moes
geskied.
(d)
Op
bladsy 239 lê Innes HR die toepaslike regsreëls van
traditio
longa manu
gesaghebbend as volg neer:
â
But
physical prehension is not essential if the subject-matter is placed
in presence of the would-be possessor in such circumstances
that he
and he alone can deal with it at pleasure. In that way the physical
element is sufficiently supplied; and if the mind of
the transferee
contemplates and desires so to deal with it, the transfer of
possession â that is the delivery â is in law complete.
(See
Digest 41, 2, 21; Voet 41, 1, 34. Savigny Book 2, sub-secs. 15-17.
Pothier, Vol. II, par. 314). When this deposit of the
subject-matter
in the presence and at the disposition of the new possessor take the
place of physical prehension, the delivery
is said to be made longa
manu, and it constitutes one of the forms of fictitious as
distinguished from actual delivery. It is
most appropriate to
transactions where owing to the weight or bulk of the article
concerned, actual delivery is difficult. A resort
to it in respect
of portable movables would need some very special explanation.
Indeed it is obvious that, as in all cases where
mental attitude is
not clearly evidenced by physical dealing, the principle of traditio
longa manu must be cautiously applied.
Where there is actual
delivery the state of mind of the transferee is in general
sufficiently shown by his acts. But where he
does not exercise
prehension of the subject-matter, his intention must be closely
scrutinized, so that there may be no doubt as
to his resolve to
acquire possession
.â
30.2
In
Xapa
v Ntsoko
1919 EDL 177
het die appellant in die
landdroshof dagvaarding uitgereik vir die lewering van vyf beeste wat
na bewering aan hom gegee is as lobola vir die troue van
die
respondent se seun. Die Hof het op appèl as bewese bevind dat
die beeste beslis deur die respondent uitgewys is aan
die appellant
en dat laasgenoemde die beeste in respondent se besit gelaat het
slegs omrede hy die nodige magtiging van die owerhede
nog moes bekom
om die beeste te vervoer. Op appèl het die Hof die landdros
se beslissing dat daar nie voldoende lewering
was om eiendomsreg te
laat oorgaan nie, omver gewerp en beslis dat daar voldoen is aan die
vereistes vir lewering met die lang
hand.
Sampson R (met wie
Hutton R saamgestem het) verklaar as
volg
daaraangaande te 183:
â
There
are three main requisites in a symbolic delivery. First, there must
be the intention to resort to that form of delivery;
secondly, there
must be the pointing out in praesenti and the placing at the disposal
of the deliveree; and thirdly, there must
be the identification or
clear ascertainment of the thing delivered.â
30.3 In
Botha
v Mazeka
1981 (3) SA 191
(A)
is die brandmerk van aangekoopte beeste deur die koper (Mazeka)
alleen as onvoldoende beskou om lewering met die lang hand daar
te
stel. Op 195 C â G stel Trengrove AR dit as volg:
â
Die
appellant beroep hom op
traditio
longa manu. In dié verband steun hy veral op die feit dat die
verse onmiddellik na die kontraksluiting met die
respondent se
brandyster gemerk is, en daarna in ân aparte kamp op die plaas
ingejaag en aangehou is. Hierdie feite is natuurlik
nie op sigself
genome voldoende om eiendomsoorgang tot gevolg te hê nie. Daar
is veral twee bykomende vereistes vir eiendomsoorgang
in ân geval
soos die onderhawige. Die eerste is die subjektiewe element. In die
onderhawige omstandighede sou die eiendom van
die verse nie op die
respondent oorgegaan het nie tensy die appellant ook nog die
bedoeling gehad het om die eiendom oor te dra
(
animus
transferendi dominii
)
en die respondent die bedoeling gehad het om dit te ontvang (
animus
accipiendi dominii
).
Dit blyk duidelik uit talle gewysdes â¦.. Hierbenewens moes die
respondent ook nog in staat gestel gewees het om fisieke
beheer oor
die verse uit te oefen nadat hulle gebrandmerk en in die kamp
ingejaag is.
â
31.1
Wat
is die posisie in die onderhawige geval? Daar was geen uitwysing van
die bokke na die veiling nie â diè feit is onaangespreek
in
die ooreengekome feitestel en in die pleitstukke. Ek moet dus ân
bevinding maak teen Steenkamp op hierdie aspek, want hy
dra die
bewyslas daaroor. Dit spreek vanself dat die derde en vierde
vereistes (par 27.3 en 27.4 hierbo) ook nie aan voldoen is
nie.
31.2
Daar
is geen aanduiding op die pleitstukke en in die ooreengekome
feitestel dat Steenkamp in staat was om fisieke beheer oor die
bokke
te kan voer nie (inteendeel die teenoorgestelde blyk eerder waar te
wees â GWK het deurgaans, totdat die bokke en die aanteel
op 8
Junie 2008 fisies aan Steenkamp gelewer is, beheer oor die bokke
uitgeoefen) of dat die bokke na die veiling duidelik aan
Steenkamp
geïdentifiseer is nie.
32. Ek kom derhalwe tot die slotsom
dat daar nie op die stukke voor my aan die tweede, derde en vierde
vereistes (par. 27.2 tot
27.4 hierbo) voldoen is nie. Lewering met
die lang hand is dus nie bewys deur Steenkamp nie.
33. My voormelde
bevinding beteken gevolglik dat daar nooit eiendomsoorgang van die
bokke aan Steenkamp vanaf GWK plaasgevind het
nie. Ek moet byvoeg
dat daar glad nie op
constitutum
possessorium
as leweringsvorm gesteun is deur mnr van Rhyn namens Steenkamp nie.
Ek is in elk geval die mening toegedaan dat
constitutum
possessorium
glad nie eers oorweging verg as moontlike leweringsvorm nie, gegewe
die feite in hierdie saak.
34.
In
die lig van my voormelde bevindinge is dit nie nodig om verder
oorweging te skenk aan GWK se ander verwere nie. Ek volstaan
deur
bloot die opmerking te maak dat ân eienaar in ons Reg:
(a) Nooit op ân
bewaringsretensiereg ten aansien van sy eie eiendom kan
steun nie;
S
ien:
Van
der Merwe, Sakereg
,
supra te 711 â 713;
Silb
erberg
& Schoemanâs Law of Property
,
supra te 413 â 414;
LAWSA, 2
e
uitgawe,
Vol 15 (Deel 2) te par 49
(p.31).
(b) ook nooit ân
negotiorum
gestor
van sy eie eiendom kan wees nie â dis ân
contradictio
in terminus
,
want per definisie slaan saakwaarneming as ân regskonsep juis op
die vrywillige bestuur van ân ander se eiendom/sake;
Sien:
Harms,
Amlerâs Precedents of Pleadings
,
6
e
uitgawe
te 261 â 262.
In
LAWSA,
2
e
uitgawe,
Vol 17 (Deel 1)
te
par 21 (p.23) word dit as volg gestel:
â
The
very essence of
negotiorum gestio
is that one person (the
negotiorum
gestor)
manages
the affair or affairs of another person (the
dominus
negotiorum)
without
being authorised to do so. There must therefore be at least two
parties involved and the affair or affairs in question
must pertain
to someone other than the
gestor
him â or herself. The affair which is managed must â¦â¦ hence be
that of another. There is no question of
negotorium
gestio
if a
person administers his or her own affairs under the false belief that
they are those of another â¦â¦.â
Sien verder ook in diè
verband:
Van Zyl,
Negotiorum Gestio
te
24-26.
Gevolglik sou GWK as eienaar van die
bokke (en die aanteel) hom nooit suksesvol op diè twee
verwere, soos voormeld, kon beroep
nie.
E.
BEANTWOORDING
VAN GESTELDE VRAE
:
35. Aan die hand
van my voormelde bevindinge, beantwoord ek nou die gestelde vrae as
volg (ek gebruik die termin
ologie
soos dit verskyn in die gestelde vrae):-
35.1 Die drie
oorspronklike S
wartwitpensbokke
wat op die veiling van 3 Mei 2003 gekoop is het nooit die Eiser se
eiendom geword tot op hede nie.
35.2
Hierdie
vraag val weg.
35.3 Die Eiser het nie eienaar van
die aanwas van die voormelde drie Swartwitpensbokke geword nie
(omrede hy nooit eienaar van die
Swartwitpensbokke self geword het
nie).
35.4
Hierdie
vrae val ook weg.
35.5
Eiser
het geen belang in die drie Swartwitpensbokke en hul aanwas gehad tot
10 November 2004 wat die Verweerder geregtig sou maak
om in terme van
die beginsels van ân bewaringsretensiereg, noodsaaklike uitgawes
ten einde die behoud van die bokke (met aanteel)
te versker
(â
necessariae
impensae
en
utiles
impensaeâ
)
van Eiser te vorder nie.
35.6 Eiser is onder geen verpligting
van regsweë om Verweerder se uitgawes aangegaan in terme van sy
versorging van die drie
Swartwitpensbokke (met aanwas) en waarop sy
retensiereg gebaseer is, die omvang waarvan nog bewys moet word, te
betaal nie.
F.
SLOTSOM
36. Steenkamp het
op grond van die
rei
vindicatio
lewering van die bokke en hul aanteel gevorder, maar vir die redes
volledig uiteengesit hierin, het daar nooit lewering met die
lang
hand van die koopsaak aan hom plaasgevind nie.
Bygevolg moet
koste die uitslag volg en behoort Steenkamp vir GWK se koste
aanspreeklik gehou te word.
37. Ek reik dus die volgende bevel
uit:-
37.1 Die gestelde vrae word
beantwoord soos in par. 35 van hierdie uitspraak uiteengesit.
37.2 Die Eiser word gelas om die
Verweerder se gedingskoste te betaal.
________
___
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
EISER :
ADV
A VAN RHYN SC
IN
OPDRAG VAN :
ELLIOT
MARIS WILMANS & HAY
NAMENS
VERWEERDER : ADV B KNOETZE SC
IN
OPDRAG VAN :
VAN
DE WALL & VENNOTE