Botha v Van Zyl and Another (1763/2008) [2009] ZANCHC 19 (29 May 2009)

76 Reportability

Brief Summary

Company Law — Liquidation — Application for liquidation of close corporation — Applicant seeking to sever ties with co-member due to irreconcilable personal and familial disputes — Respondent opposing application on grounds of financial viability and operational stability of the corporation — Court finding that the strained relationship between members rendered continued cooperation untenable, thus justifying liquidation under section 68(d) of the Close Corporations Act 69 of 1984 — Liquidation granted as it is deemed just and equitable.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 19
|

|

Botha v Van Zyl and Another (1763/2008) [2009] ZANCHC 19 (29 May 2009)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/
NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hooggeregshof, Kimberley)
Saakno: /
Case number:
1763
/ 2008
Datum
verhoor: / Date heard: 22 / 05 / 2009
Datum
gelewer: / Date delivered: 29 / 05 / 2009
In
die aansoek van:
PHILIPPUS
JOHANNES BOTHA Applikant
en
PIETER
JOHANNES VAN ZYL Eerste Respondent
VENTERSDAM
BOERDERY BK Tweede Respondent
Coram:
Lacock R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Die Applikant en die
Eerste Respondent is die enigste twee lede van die Tweede
Respondent, ‘n Beslote Korporasie, wat die eienaar
is van die
plaas Ventersdam, Nr. 28, Afdeling Britstown, asook die vee waarmee
op hierdie eiendom geboer word en enkele ander
boerdery bates. Dit
is gemeensaak, en blyk ook uit die finansiële state van die
Tweede Respondent, dat die Tweede Respondent
finansieel gesond is,
dat sy bates sy laste by verre oorskry en dat die sake van die
Tweede Respondent (veeboerdery) winsgewend
bedryf word.
Die Applikant, vir
redes waarmee meer breedvoerig hieronder gehandel word, wens om sy
bande met die Eerste Respondent, sy stiefbroer,
en die Tweede
Respondent te verbreek, en om nie langer ‘n lid van die Tweede
Respondent te wees nie. Vir daardie rede doen
die Applikant aansoek
vir die likwidasie van die Tweede Respondent, en grond hy die
aansoek op die voorskrifte van Artikel 68(d)
van die Wet op Beslote
Korporasies, Nr. 69 van 1984 (die Wet) en wat as volg lees:-
“’
n Korporasie
kan deur ‘n Hof gelikwideer word, indien-
a) ...
...
...
die Hof op aansoek
van oordeel is dat dit reg en billik is dat die korporasie
gelikwideer word.
”
Die Eerste Respondent
opponeer die aansoek vir die redes waarmee eweneens hieronder
gehandel word.
AGTERGROND
Die
Applikant grond sy aansoek primêr daarop dat daar “
’n
geweldige spanningsvolle situasie
”
tussen sy gesin, sy ouers en die Eerste Respondent ontstaan het wat
verdere samewerking tussen hom en die Eerste Respondent
onhoudbaar
maak. Ten einde hierdie familie verhoudinge, of liewer
wanverhoudinge, beter te verstaan, is dit nodig om redelik
volledig
te handel met die agtergrond wat gelei het tot die loods van hierdie
aansoek.
Voordat die likwidasie
aansoek uitgereik was, het die Applikant, sy vrou en sy skoonvader
onder saaknommer 1517/2008 as Applikante
aansoek gedoen vir, onder
andere, die volgende regshulp teen die ouers van die Applikant, mnr.
en mev. Pieter en Gloudina Botha
van die plaas Kareehoek, Britstown,
as Respondente, naamlik:-
“
1. Wat Eerste
Respondent verbied om Eerste Applikant aan te rand;
Wat Eerste en Tweede Respondente
verbied om op enige wyse met Eerste tot Derde Applikante kontak te
maak en om hul te verbied
om enige ander lede van die familie op te
sweep teen Eerste en Tweede Applikante en om op enige wyse
hoegenaamd druk op hul toe
te pas;
Wat Eerste en Tweede Respondente
verbied om enige vertroulike inligting te bekom ten opsigte van
Derde Applikant en/of op enige
wyse Derde Applikant se reg op
privaatheid te skend;
Wat Eerste en
Tweede Respondente gelas om slegs deur middel van die partye se
prokureurs van rekord met Eerste tot Derde Applikante
te skakel
indien nodig;
”
Hierdie aansoek was
gegrond op, onder andere, die volgende tersaaklike beweringe van die
Applikant en sy eggenote, te wete:-
dat die vader van die
Applikant ‘n uiters vermoënde man is wat boerdery
aktiwiteite in sy eie naam en/of deur middel
van entiteite onder sy
beheer bedryf op verskeie plase van ongeveer 70 000 hektare;
dat die Applikant ná
sy tersiêre opleiding gedurende Februarie 2004 in sy vader se
diens getree het as bestuurder
van sy boerderybelange;
dat, na sy huwelik,
hy en sy eggenote ‘n woonhuis geleë ongeveer 50 meter van
die woonhuis van sy ouers betrek het;
dat sy
vader ‘n aggressiewe, temperamentele, impulsiewe, manipulerende
en onsensitiewe persoon is;
dat sy
vader gedurende 2003 sy een stiefbroer (die broer van die Eerste
Respondent in die likwidasie aansoek en wat ook vir
sy vader gewerk
het) van die plaas weggejaag het;
dat struwelinge
telkemale tussen hom en sy vader ontstaan het en waartydens sy
vader hom by geleenthede van die plaas weggejaag
het, net om later
weer, na sy bui gesak het, hom weer versoek het om aan te bly;
dat
hierdie uitbarstings van sy vader sy eggenote, en wie in ‘n huis
van liefde, vrede en omgee grootgeword het, sielkundig
geweldig
ontstel het, tot só ‘n mate dat sy sielkundige behandeling
moes ondergaan en by geleenthede selfs gepoog
het om haar eie lewe
te neem;
dat die
verhouding tussen hom en sy vader breekpunt bereik het toe hy
gedurende April 2008, en terwyl hy sy vrou in Bloemfontein

bygestaan het waar sy psigiatriese hulp ontvang het, verneem het
dat sy vader sy vrou se hond wat na bewering skape sou gebyt
het,
doodgeskiet het. Hy is van Bloemfontein na die plaas, waar ‘n
woordewisseling weereens tussen hom en sy vader ontstaan
het, sy
vader hom aangerand het deur hom deur sy gesig te klap, en hom
gelas het om die plaas te verlaat. Selfs toe die Applikant
poog om
met sy voertuig te ry, het sy vader die voertuig met ‘n klip
beskadig;
dat die Applikant en
sy eggenote kort hierna die plaas van sy vader verlaat het, hy sy
dienste by sy vader beëindig het
en het hulle hul intrek
geneem by sy skoonouers te Bonnievale.
Hoewel
die vader van die Applikant ontken het dat hy ‘n moeilike persoon
is en ook dat hy die stiefbroer, Johan, van die plaas
weggejaag het,
het laasgenoemde in ‘n eedsverklaring bevestig dat sy stiefvader
hom inderdaad van die plaas weggejaag het omdat
hy hom nooit as kind
in sy huis kon aanvaar nie, en trouens, voortdurend na hom verwys
het as “
’n
ander sleg etter se kind.
”
Dat die
vader van die Applikant geensins die beheersde en sensitiewe persoon
is wat hy in sy opponerende verklaring probeer voorgee
het nie, blyk
uit die inhoud van ‘n bandopname wat die Applikant gemaak het van
‘n telefoniese gesprek tussen hom en sy vader
nadat hy en sy gesin
reeds die plaas verlaat het. Tydens hierdie gesprek het die vader
van die Applikant, onder andere, die volgende
teenoor die Applikant
kwytgeraak:-
S:
“
Uhm
ek sê ek sê ek glo nie meer wat Pa-hulle sê nie
want uhm Pa sê Loudine...
P:
Ek
glo nie. Is jou f....n skoonma man. Jy glo net jou blik.....
skoonma. Dis al wat jy glo.”
.....
S: “
Pa
jok ja. Ek het met Pieter gepraat Saterdag.
P:
Waar
was Loudine toe?
S:
Nee,
toe sê Pieter hy het nie die goed by hom nie.
P:
My
f.k man my J....s man, wil jy sê waar was Loudine.
”
....
S: “
Jok
Pieter? Pieter sê Loudine was nie daar nie.
P:
Moenie
vir my sê ek f....n lieg nie. Jy lieg man. Jy dreig vir Pieter
met ‘n f....n advokaat wat ‘n f....n bandopname
het. Laat hy hom
gee dan sal ek jou wys wat maak en met hom. Dat ek hom wys hoe f.k
ek hom op. Jy kan my ek hom wys dat ek hom
opf.k. Dan f.k ek julle
almal op. Jy lieg net so. Zané makeer f....l.
S:
Is
dit so?
P:
F....l
sê ek jou. Ja, is so.
S:
Huh?
P:
Jy
moet met my hardegat wees dan wys ek vir jou. Ons gaan nou f....n
sien.
Jou
ma f....l makeer?
Toe Zané in
intensief lé toe’t Zané f....l makeer nie.
Nee
maar God hoe sê jy dan vir my ek makeer f....l en jou ma makeer
f....l. Hoe weet jy jou ma makeer f....l? Huh? Kom kom
ry af en kyk
waar lê sy nou.
S:
Dit
is deur Pa wat sy daar lê.
P:
Jou
f....n gat man.
S:
Dit
is.
P:
Wat
het ek vir haar gemaak? Dis jy man. Jou f.....n skoonma. Hier was
nie ‘n f....n ding fout tot sy opgedaag het nie. Nie
‘n f....n
ding nie. Nie ‘n f....n ding nie.
S:
Daar
is al lankal fout. Julle wil net nooit erken het nie.
P:
K.k
jou gat man, jy’t dit nooit gesê nie. Zané het nooit
swaar gekry nie, nie een dag op hierdie plaas nie.
”
.....
P: “
Jy
kan jou f....n hardegatheid los pappa.
S:
Glo
vir my, as Pa aangaan met Pa se stront nê kry ek ‘n
hofinterdik en ek belowe dit vir pa.
P:
Kry
vir my ‘n hofinterdik. Kry hom, kry hom sommer nou. Ek daag jou
uit.
S:
En
dan?
P:
Ek
f....n ek daag jou uit kry hom. Kry ‘n hofinterdik, kry hom, kry
hom, kry hom vir my die hele f.....n land. Laat my toesluit
ek daag
jou uit, ek daag jou f....n uit.
”
....
S: “
Ek
het met Pieter gepraat oor Ventersdal en ek het vir Pieter gesê
hy moet my deel huur want dit gaan beter wees. Ek het
lank met
Pieter gepraat. Ventersdal het anyway niks met Pa te maak nie.
Loudine het ook niks te maak nie.
P:
Waar’t
jy hom gekry?
S:
Ek
het uhm ek het
P:
Waar
het jy Ventersdal gekry?
S:
Pa,
wat bedoel Pa waar het ek Ventersdal gekry?
P:
Waar
het jy hom gekry?
S:
Ek
het hom nie gevra nie.
P:
Huh?
S:
Ek
het hom by Pa gekry maar ek het hom nie gevra nie.
P:
Jy’s
‘n vermetelde klein blik... maar jy sal sien wat ek met jou maak,
met daai skoonma van jou. Sê vir haar ek gaan
haar f....n
breek ek sê jou. Ek’s nie f....n Oupa Dirk nie, wat hulle
toegesluit het daar nie. Dis nie oupa Dirk nie,
jy kan maar onthou.
S:
Dis
die enigste mense wat ander mense omgee is mense wat liefde gee.
P:
K.k,
se gat. Liefde se gat man. Liefde se gat. Jy is f....n onnosel
man.
S:
Huh?
P:
En
jou ma f....n lê daar en nou f....n sê jy dis my skuld.
S:
Dit
is Pa se skuld.
P:
Se
f....n gat man. Dis nie my f....n skuld nie.
S:
Dit
is Pa se skuld.
P:
Wat
het ek gemaak?
S:
Dis
Pa wat haar so druk met alles en ons uhm vandat ek al daar was man.
Pa druk vir Ma met als. Pa vloek en skel vir Ma als soos
‘n ander
man se sleg etters wat jy grootmaak als. Dink Pa Ma kan dit hou?
P:
O,
jy wil hul grootmaak?
S:
As
ek ‘n vrou gevat het wat ek geweet het twee kinders het
P:
Ag
man jy het ‘n bliksem gevat. Jy het ‘n bliksem gevat.
”
Die agressie, woede en
totale onsensitiwiteit wat die vader van die Applikant hierin
teenoor die Applikant, sy eggenote (Zané)
en skoonmoeder
openbaar, spreek vir sigself.
Dit was dan ook geen
verrassing nie dat die ouers van die Applikant in die interdik
aansoek, en wat ook op dieselfde dag as die
likwidasie aansoek voor
my gedien het, hul opponering van daardie aansoek laat vaar het en
toegestem het tot ‘n finale bevel
en aangebied het om die koste
van die aansoek te betaal.
Die rede waarom ek na
die inhoud van die interdik aansoek verwys het, is omdat die inhoud
van daardie aansoek by die likwidasie
aansoek geïnkorporeer is,
en die wanverhouding tussen die Applikant en sy vader ‘n
belangrike rol speel in die verhouding
tussen die Applikant en die
Eerste Respondent, en soos hieronder aangetoon.
BESPREKING
Die Applikant beweer
dat die gespanne verhouding tussen homself en die Eerste Respondent
ontstaan het omdat die Eerste Respondent
hom aan die kant van hul
vader skaar. Hierdie gespanne verhouding word deur die Eerste
Respondent erken, maar ontken hy dat
hierdie spanning gelei het
daartoe dat daar ‘n sogenaamde skaakmat situasie ontstaan het
tussen hulle as lede van die Tweede
Respondent wat tot nadeel van
die Tweede Respondent strek of dat dit die bestuur van die sake van
die Tweede Respondent nadelig
tref. In hierdie verband beweer die
Eerste Respondent dat:-
die Applikant nog
nooit gemoeid was met die bestuur van die boederybelange van die
Tweede Respondent nie;
hy (die
Eerste Respondent) die sake en bestuur van die Tweede Respondent
alleen behartig;
die Applikant nog
nooit en selfs nie in hierdie aansoek te kenne gegee het dat hy
ongelukkig is met die wyse waarop die Eerste
Respondent die sake
van die Tweede Respondent bestuur nie;
in soverre die
Applikant hom wantrou met die bestuur van die Tweede Respondent,
daardie wantroue alleen kom vanaf die kant van
die Applikant;
die Applikant in
ieder geval volle toegang het tot alle boeke, rekeninge en state
van die Tweede Respondent; en
die wanverhouding wat
tussen die Applikant en hul vader bestaan, nie die bestuur van die
sake van die Tweede Respondent tot
nadeel strek nie.
Op grond van die
voorgaande voer die Eerste Respondent gevolglik aan dat dit nie reg
en billik sal wees om die Tweede Respondent
te likwideer nie.
Ek meen
dat Adv. Van Niekerk SC korrek is in sy submissie dat in hierdie
saak aanvaar moet word dat hier nie sprake is van ‘n
tipiese
skaakmat situasie, behalwe soos hieronder aangetoon, tussen die lede
van die Tweede Respondent en wat al dikwels gelei
het tot die
likwidasie van ‘n beslote korporasie nie. Sien hieraangaande
Kanakia
v Ritzshelf 1004 CC t/a Passage to India & Another
,
2003 (2) SA 34
(D en K).
Na my
mening egter is die aanwesigheid van ‘n skaakmat situasie
(“
deadlock
”)
nie ‘n noodwendige voorvereiste vir die uitoefening deur ‘n Hof
van sy diskresie ontleen aan die voorskrifte van Artikel
68(d) van
die Wet nie. Hoewel ‘n skaakmat situasie ‘n belangrike
oorweging en selfs in gepaste gevalle deurslaggewend kan
wees, bied
hierdie statutêre voorskrif ‘n uiters wye en ongebonde
diskresie aan ‘n Hof om wat hy as reg en billik bevind,
‘n
beslote korporasie te likwideer. Uiteraard moet sodanige diskresie
regtens verantwoordbaar uitgeoefen word.
Dit is
geykte reg dat dieselfde beginsels toepaslik op Artikel 344(h) van
die Maatskappyewet, Nr. 61 van 1973 en dié toepaslik
op die
ontbinding van vennootskappe van toepassing is op beslote korporasies
in soverre dit slaan op die begrip “
reg
en billik
”
vervat in Artikel 68(d) van die Wet.
Kanakia
vs Ritzshelf 1004 CC t/a Passage to India
(supra)
te
45A tot D.
In
Moosa,
N.O. v Mavjee Bhawan (Pty) Ltd and Another
1967
(3) SA 131
(TPA) het die Hof gehandel met ‘n aansoek onder Artikel
111(g) van die Maatskappyewet van 1926 vir die likwidasie van ‘n
maatskappy
op grond daarvan dat dit “
reg
en billik
”
sou wees om die maatskappy te likwideer. Vanaf bladsy 136G handel
die Hof met die algemene beginsels toepaslik op hierdie begrip,
en
haal, onder andere, met goedkeuring, die volgende passasie aan uit ‘n
artikel van B.H. McPherson wat verskyn het in Volume
27 (1964) Modern
Law Reviews 282, naamlik:-
“
There are in
fact two principles which guide the Court in exercising its
discretion to wind up a domestic company of this kind:
the first is
that enunciated by Lord SHAW in
Loch
v John Blackwood Ltd
.;
the second derives from
Re
Yenidje Tobacco
,
where the majority of the Court treated as the controlling
consideration
the
absence of any hope of reconciliation and friendly co-operation
between the members in the future
.
And these two principles are sufficiently distinct to make it
possible for a member of a domestic company, who cannot bring his

case within the first principle, nevertheless to succeed by basing it
upon the second.
”
(my
nadruk)
Die
eerste beginsel waarna hierin verwys word in die Loch-saak is as volg
deur Lord Shaw uitgedruk:-
“
justifiable lack
of confidence in the conduct and management of the company’s
affairs... grounded on conduct of the directors,
not in regard to
their private life or affairs, but in regard to the company’s
business.
”
Ook in
Erasmus
v Pentamed Investments (Pty) Ltd
1982
(1) SA 178
(WPA) het Nestadt, R (soos hy toe was) breedvoerig die
betekenis van die woorde “
reg
en billik
”
soos dit gebesig word in Artikel 344(h) van die 1973 Maatskappyewet,
ontleed (te 181 en verder). Op bladsy 184 C tot E haal
hy met
goedkeuring onder andere die volgende aan uit die saak van
Ebrahim
v Westbourne Galleries Ltd
1973 AC 360
(HL) te 379 E tot H:-
“
The
superimposition of equitable considerations requires something more,
which typically may include one, or probably more of the
following
elements: (i) an association formed or continued on the basis of a
personal relationship, involving mutual confidence
– this element
will often be found where a pre-existing partnership has been
converted into a limited company; (ii) an agreement,
or
understanding, that all, or some (for there may be ‘sleeping’
members), of the shareholders shall participate in the conduct
of the
business; (iii)
restriction
upon the transfer of the members’ interest in the company – so
that if confidence is lost
,
or one member is removed from management,
he
cannot take out his stake and go elsewhere
.
It is these, and analogous, factors which may bring into play the
just and equitable clause, and they do so directly, through
the force
of the words themselves.
”
(my
nadruk)
Op bladsy 182 H
onderskryf Nestadt, R dan ook die beginsels waarna verwys is deur
McPherson en soos hierbo aangehaal.
BEVINDING
Op grond
van wat hieronder volg, is ek daarvan oortuig dat die Applikant op
‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het dat dit
reg en billik sal
wees dat die Tweede Respondent gelikwideer word. Hierdie bevinding
is primêr geskoei op die tweede
beginsel waarna McPherson
(supra) verwys.
Dit is
gemeensaak dat daar geen samewerkingsooreenkoms tussen die lede van
die Tweede Respondent bestaan nie.
Die
Applikant het, om verstaanbare redes, alle bande met sy ouers, en
meer bepaald sy vader, verbreek en wil geensins meer met
hulle en,
daarmee gepaardgaande, die plaas waar sy ouers woon, assosieer nie.
(Sien die bevel in saaknommer 1517/2008). Hierdie
besluit en die
stappe wat die Applikant geneem het om dit te verwesenlik, het hy
geneem terdeë bewus daarvan dat dit waarskynlik
daartoe sal lei
dat hy deur sy ouers onterf sal word. Die Applikant se beweringe
dat hierdie wanverhouding met sy vader ook
tot gevolg het dat ‘n
wanverhouding ontstaan het tussen homself en die Eerste Respondent,
vind ek, ten spyte van die ontkenning
daarvan deur die Eerste
Respondent, op waarskynlikhede, gegrond te wees.
Die
Eerste Respondent het beweer dat die vader van die Applikant vir
hom en sy broer, Johan, “
te
alle tye hanteer het asof ons sy eie kinders is
”;
dat die vader nie ‘n moeilike man is nie en ontken dat hy die
lewe vir die Applikant en sy eggenote onhoudbaar gemaak
het; en dat
hy nie “
kant
kies
”
tussen die Applikant en hul vader nie. In die lig van wat reeds
hierbo vermeld is aangaande die persoonlikheid van die
vader, die
bevel wat met toestemming verleen is in die interdik aansoek, en
gesien die inhoud van die eedsverklaring van sy
broer, Johan, blyk
dit dat die Eerste Respondent geensins oop kaarte hieraangaande met
die Hof gespeel het nie. Die afleiding
is onafwendbaar dat hy hom
inderdaad aan die kant van hul vader geskaar het, en gepoog het om
die Applikant tot ‘n leuenaar
te maak waar laasgenoemde die
teendeel beweer het.
Ek moet nie verstaan
word dat ek die Eerste Respondent verkwalik dat hy hom by sy
stiefvader skaar nie. Dit is immers sy goeie
reg. Waaroor dit
gaan, is die verhouding tussen die Applikant en die Eerste
Respondent en die duidelike impak wat die wanverhouding
tussen die
Applikant en sy vader op daardie verhouding het.
Die
afleiding is onafwendbaar dat die familie as’t ware in twee kampe
verdeel is: aan die een kant is daar die twee seuns
(die Applikant
en Johan) wat deur hul vader van sy eiendom verjaag is en wat
geensins met hul vader kontak meer het of wil
hê nie; en aan
die ander kant is daar die ouers en die Eerste Respondent wat
steeds saam boer en op van die familie
eiendomme woonagtig is.
Afgesien daarvan dat die Eerste Respondent die boerdery van die
Tweede Respondent behartig, is hy
ook nog in diens van sy stiefpa
en/of sy boerdery entiteite. Dit is dus te begrepe dat hy in
konflik situasies hom by sy stiefpa
sal skaar.
Hoewel
ek vir doeleindes van hierdie aansoek aanvaar dat die Applikant,
voordat hy sy ouers se plaas verlaat het, nie gemoeid
was met die
bestuur van die boerdery van die Tweede Respondent nie, blyk dit
gemeensaak te wees dat beide die Applikant en die
Eerste Respondent
in diens was van die oorhoofse boerdery entiteit van hul vader, en
dat die boerderysake van hul vader, sy entiteite
en ook dié
van die Tweede Respondent deur hul al drie as ‘n familiebesigheid
bedryf is. Elkeen het ooglopend gedoen
wat hul vader of moontlik
hulle al drie saam beplan en besluit het. Noudat die Applikant nie
meer deel van die boerdery in die
breë is nie, volg dit net
logies dat hy inspraak in die belange en bestuur van die Tweede
Respondent sal wil hê.
Gesien die wantroue en/of spanning
tussen die Applikant en die Eerste Respondent, stuur hierdie toedrag
van sake duidelik op
‘n ramp af.
Wat
hierdie “ramp” meer waarskynlik maak is die feit dat die Tweede
Respondent byvoorbeeld geen eie arbeiders in diens het
nie, maar
word gebruik gemaak van die arbeiders van die vader van die
Applikant of een van sy entiteite. Duidelik is die omstandighede

wat heers tussen die Tweede Respondent en die vader van die
Applikant en/of sy boedery entiteite so ineengestrengel dat dit
geensins van die Applikant verwag kan word om – weens die
wanverhouding met sy vader – enigsins betrokke te raak in die

bedryf van die Tweede Respondent se sake nie, selfs al sou die
Eerste Respondent hom daartoe toelaat. Die Applikant het immers

beweer dat sy vader by geleentheid gedreig het om hom te skiet.
Nadat
die Applikant besluit het om sy bande met sy vader en die
Respondente te verbreek, het hy verskeie pogings aangewend om
met
die Eerste Respondent ‘n ooreenkoms te bereik ter ontdaning van
homself aan die Tweede Respondent.
Eerstens het die
Applikant gepoog om ‘n samewerkingsooreenkoms met die Eerste
Respondent te sluit tot die effek dat die Eerste
Respondent sy
belang in die plaas en die vee van hom huur. Die Eerste Respondent
het nie hierin belanggestel nie omdat, soos
hy dit stel, die grond
en die vee aan die Tweede Respondent behoort.
Hierna
het die Applikant die Eerste Respondent versoek om sy belang aan
hom (die Applikant) te verkoop. Hiervoor was die Tweede
Respondent
nie te vinde nie.
Laastens
het die Applikant aan die Tweede Respondent voorgestel dat
laasgenoemde sy belang by hom koop, en het hy teenoor die
Tweede
Respondent aangedui wat hy meen sy belang werd is. Ook hiervoor
was die Eerste Respondent nie te vinde nie.
Op 22 September 2008
stuur die Applikant die volgende skrywe aan die Eerste Respondent:-
“
Meneer
i/s: Ventersdam
Na vele mondelingse versoeke aan
u die afgelope 6 weke, rondom voorstelle hoe om Vensterdam BK op ‘n
meer formele en ekonomiese
basis te bedryf, het ek tot dusver geen
reaksie gekry nie.
Ek het dus geen ander uitweg as
om formeel en daadwerklik op te tree nie.
My aanbod is dat u my helfte
koop, teen R1150.00 per hektaar, as ‘n lopende saak, soos reeds aan
u aangebied.
Ek soek ‘n skriftelike antwoord
binne 7 dae na datum van hierdie brief, by versuim sal ek voortgaan
om met potensiële kopers
wat reeds belangstel te onderhandel, om
my gedeelte te koop.
Ek wil nie my tot
die uiterste wend nie, maar as ‘n dooie punt in die verband bereik
word, kan ek ook as lid oorweeg om die BK
onder likwidasie te plaas.
”
Die brief
was gerig aan die ouditeure waar die eggenote van die Eerste
Respondent werksaam was, maar was duidelik bedoel vir die
Eerste
Respondent en is ook in die dekbrief van die e-pos gemerk vir aandag
Mev. Van Zyl. Ten spyte daarvan dat die brief onder
die Eerste
Respondent se aandag gekom het, het hy in sy eie woorde, “
nie
op die skrywe gereageer nie omdat dit nie aan my geaddresseer was
nie
”.
Nietemin het die Eerste Respondent op ‘n stadium die Applikant
gewaarsku dat hy nie sy belang kan verkoop sonder sy (die
Eerste
Respondent se) toestemming nie.
Hierdie
houding van die Eerste Respondent spreek myns insiens van sy
onwilligheid om enigsins te poog om tot ‘n vergelyk te
kom met
die Applikant om óf ‘n samewerkingsooreenkoms met hom te
sluit óf om op ‘n ander wyse mee te werk
tot ‘n
oplossing waarop die Applikant sy lidmaatskap van die Tweede
Respondent kon beëindig. Trouens, tot en met die
aanhoor van
hierdie aansoek het die Eerste Respondent nog geensins, ten spyte
daarvan dat hy nie bereid is om sy belang aan
die Applikant te
verkoop nie en ten spyte daarvan dat hy aangedui het dat hy sou
belangstel om die Applikant se belang te koop,
‘n teenaanbod aan
die Applikant gemaak vir wat hy meen laasgenoemde se belang werd is
nie. Hierdie onredelike en onverkwiklike
houding van die Eerste
Respondent is alles behalwe ‘n resep vir goeie verhoudinge en
samewerking tussen die partye as lede
van die Tweede Respondent.
In hierdie eng sin bestaan daar ‘n skaakmat situasie tussen die
Applikant en die Eerste Respondent.
Voorts is dit duidelik
dat die vertrouensverhouding tussen die partye sodanig verbrokkel
het dat hulle slegs deur middel van hul
onderskeie prokureurs met
mekaar korrespondeer.
Soos
reeds vermeld, stel die Applikant geensins verder daarin belang om
met die Eerste Respondent as lid van die Tweede Respondent
te
assosieer nie. Afgesien daarvan dat hy met die finansiële hulp
van sy vader sy belang in die Tweede Respondent bekom
het, is hy
tans de jure ‘n lid van die Tweede Respondent met alle statutêre
en finansiële risiko’s wat daaraan
kleef. Om hom die
regshulp soos versoek te weier, sal daarop neerkom dat hy teen sy
eie wil gedwing word om aan te bly as lid
van die Tweede Respondent
en om te deel in die bedryf van die Tweede Respondent. Dit, so kom
dit my voor, sal indruis teen die
Applikant se fundamentele reg op
sy vrye keuse van bedryf, okkupasie en professie soos verskans in
Artikel 22 van die Konstitusie.
Duidelik
is hier ‘n wesenlike geskil tussen die Applikant en die Eerste
Respondent aangaande die waarde van die Applikant se
belang in die
Tweede Respondent. Die Eerste Respondent beweer dat die waarde wat
die Applikant daarop plaas, buitensporig is.
Die Eerste Respondent
het geen teenaanbod ter oorweging aan die Applikant gemaak nie. Na
my mening sal ‘n likwidasieproses
verseker dat ‘n markverwante
waarde of selfs moontlik ‘n minder as markverwante waarde bepaal
of gerealiseer kan word vir
die belang van die Applikant. In
sodanige geval sal dit steeds die Eerste Respondent in staat stel om
die belang van die Applikant
te bekom teen ‘n sodanige waarde,
indien hy dit verkies, en sal likwidasie tot gevolg hê dat hy
nie ‘n buitensporige
of willekeurige prys betaal vir die belang
van die Applikant nie. Op hierdie wyse sal ook reg en billikheid
teenoor die Eerste
Respondent geskied.
Laastens is dit ook
van belang om aan te merk dat die Applikant, myns insiens, nie
blameer kan word vir die wanverhouding wat
tussen hom en die Eerste
Respondent ontstaan het nie. Hierdie wanverhouding het duidelik sy
oorsprong in die onverkwiklike wyse
waarop die vader van die
Applikant hom teenoor die Applikant gedra, en die
daaruitvoortspruitende verval van die verhouding tussen
die
Applikant en die Eerste Respondent.
DIE ARTIKEL 36
ARGUMENT
Adv. Van
Niekerk argumenteer dat die Applikant ‘n alternatiewe remedie tot
sy beskikking gehad het, naamlik die prosedure geskep
in Artikel 36
van die Wet. Indien hierdie prosedure gevolg was, aldus die
argument, kon likwidasie van die Tweede Respondent
vermy gewees het,
en sou dit nie ‘n einde gebring het aan ‘n andersins winsgewende
onderneming nie. Om hierdie rede, so doen
Adv. Van Niekerk verder
aan die hand, behoort die aansoek met koste afgewys te word.
Artikel 36 van die Wet lees as volg:-
“
(1) Op aansoek
van ‘n lid van ‘n korporasie kan ‘n Hof op een of meer van die
volgende gronde beveel dat enige lid ophou om
‘n lid van die
korporasie te wees:
(a) Behoudens die bepalings van
die samewerkingsooreenkoms (as daar is), dat die lid blywend
onbekwaam is, as gevolg van kranksinnigheid
of om ‘n ander rede, om
sy of haar deel by te dra tot die dryf van die besigheid van die
korporasie;
dat die lid hom of haar skuldig
gemaak het aan optrede wat, met inagneming van die aard van die
besigheid van die korporasie,
waarskynlik ‘n nadelige uitwerking
op die dryf van ‘n besigheid sal hê;
dat die lid homself of haarself
op so ‘n wyse met betrekking tot die besigheid van die korporasie
gedra dat dit nie vir die
ander lid of lede redelikerwys moontlik
is om die besigheid van die korporasie saam met hom of haar te dryf
nie; of
dat omstandighede ontstaan het
wat dit reg en billik maak dat sodanige lid behoort op te hou om ‘n
lid van die korporasie
te wees:
Met dien verstande
dat so ‘n aansoek by ‘n Hof op ‘n grond in paragraaf (a) of (d)
genoem, ook gemaak kan word deur ‘n lid
met betrekking tot wie die
bevel van toepassing sal wees.
‘
n Hof wat ‘n bevel
ingevolge subartikel (1) maak, kan die verdere bevele wat hy of sy
goeddink, maak in verband met-
die verkryging van die betrokke
ledebelang deur die korporasie of deur ander lede as die betrokke
lid;
die bedrae (as daar is) wat
betaal moet word ten opsigte van die betrokke ledebelang of die
eise teen die korporasie van daardie
lid, die wyse en tye van
sodanige betalings en die persone aan wie dit gemaak moet word; of
enige ander
aangeleentheid betreffende die beëindiging van lidmaatskap wat
die Hof goeddink.
”
Die
eerste antwoord op hierdie argument meen ek is daarin geleë dat
hierdie sogenaamde verweer nooit in die stukke deur die
Eerste
Respondent geopper was nie. Indien dit as ‘n verweer geopper was,
kon die Applikant redes aangevoer het waarom hy meen
dat ‘n
aansoek onder Artikel 36(1)(d) – synde die Artikel waarop Adv. Van
Niekerk hom beroep – nie deugdelik sou wees nie.
Die Eerste
Respondent homself het ook geen redes aangevoer waarom hierdie
prosedure die aangewese sou wees nie.
Op grond
hiervan alleen meen ek dat die Eerste Respondent
estop
is om nou in argument vir die eerste keer hierdie verweer te opper.
Hierdie is nie ‘n suiwer regsargument nie, maar verg oorweging
van
feitelike omstandighede. In die afwesigheid van enige sodanige
feitelike omstandighede en ‘n geleentheid om daarop te antwoord,

meen ek dat die Eerste Respondent hom nie nou op hierdie argument kan
beroep nie. Sien Harms,
“Civil
Procedure in the Supreme Court
”:-
“
Legal
contentions
:
It is not necessary for a respondent who files affidavits on the
merits to set out legal contentions and he is free to argue any
point
of law open on the facts.
This
is subject to the requirement that the applicant must know what case
to meet in preparing the replying affidavit
.
”
(my nadruk)
(te B6.34);
Naude
& Another v Fraser
[1998] ZASCA 56
;
1998
(4) SA 539
(A) te 563 D tot 564 A:-
“
As regards the
second point, if Fraser is allowed to raise his contention that he
had a right under reg 4(1) (assuming now that
he had such a right)
for the first time after the adoption proceedings have been
concluded, there is, to my mind, a real danger
that the other parties
will have been denied a fair trial. It is one of the fundamentals of
a fair trial, whether under the Constitution
or at common law,
standing co-equally with the right to be heard, that a party be
apprised of the case which he faces. This is
usually spoken of in
the criminal context, but it is no less true in the civil. There is
little point in granting a person a hearing
if he does not know how
he is concerned, what case he has to meet. One of the numerous
manifestations of the fundamental principle
is the subrule that he
who relies on a particular section of a statute must either state the
number of the section and the statute,
or fomulate his case
sufficiently clearly so as to indicate what he is relying on:
Yannakou
v Apollo Club
1974 (1) SA 614
(A) at 623G. As the proposition itself indicates
there is no magic in naming numbers. The significance is that the
other party
should be told what he is facing.
Another
manifestation of the general principle is to be found in the decision
in
Administrator,
Transvaal, and Others v Thletsane and Others
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(A) at 195-7. The case that the respondent sought to
make on appeal was not squarely raised in his founding affidavit.
That lacking,
he tried to piece that case together out of statements
in the appellant’s answering affidavit. The attempt failed,
because of
the unfairness of possibly taking out of context
statements which the appelant had made in reply to what he thought he
faced and
in ignorance of the case only later laid at his door.
Although the emphasis was on the applicant’s having to set out the
facts
on which he relied, so that the respondent might respond with
any facts at his disposal; when the decision was followed in
Government
of the Province of KwaZulu/Natal and Another v Ngwane
[1996] ZASCA 88
;
1996 (4) SA 943
(A), Nienaber JA said (at 949B-C), in my view
correctly: ‘Had the point been spelt out in the application papers
the respondent,
duly alerted, could have responded on fact and on
law.’
”;
en verder
Cooper
and Others NNO v Syfrets Trust Ltd
[2000] ZASCA 128
;
2001
(1) SA 122
te 133 C tot D:-
“
A party whose
case had unravelled before a trial court cannot stitch together a new
one on appeal if it is not properly covered
by the pleadings or was
not properly covered in evidence. He cannot in fairness be allowed
to advance a case different from the
one he presented on paper – be
it in the affidavits on motion ... or in the pleadings on trial...
”
[24] Dit
het uiteraard die Eerste Respondent te alle tye vrygestaan om homself
op hierdie Artikel te beroep indien hy van mening
was dat hierdie
prosedure tot voordeel van die Tweede Respondent sou strek. Dit kon
hy doen by wyse van ‘n teenaansoek. In
sodanige geval sou alle
tersaaklike inligting en getuienis voor die Hof geplaas kon word ten
einde die Hof in ‘n posisie te plaas
om sy diskresie uit te oefen
óf kragtens Artikel 36(1)(d) óf Artikel 68 (d) van die
Wet. Vergelyk
De
Franca v Exhaust Pro CC
1997 (3) SA 878
(SECLD) en
Kanakia
v Ritzshelf (supra)
.
Die
Eerste Respondent het egter verkies om nie ‘n sodanige teenaansoek
te bring nie. Daarenteen was die Applikant geregtig om
hierdie Hof
te nader vir ‘n bevel onder Artikel 68(d) van die Wet, en, indien
hy hom van die bewyslas daarkragtens gekwyt het,
is hy geregtig op
die aangevraagde regshulp.
[25] Laastens
kom dit my voor dat die Eerste Respondent homself in die voet geskiet
het met hierdie argument. In soverre hy te
kenne gee dat ‘n bevel
kragtens Artikel 36(1)(d) van die Wet die aangewese sou wees, gee hy
noodwendig toe dat dit “reg en
billik” sou wees vir die Hof om ‘n
bevel daarkragtens te verleen. Dit is moeilik te begrepe dat die
inhoudelike betekenis
van hierdie begrip in Artikel 36(1)(d) kan
verskil van sy betekenis in Artikel 36(d) van die Wet. So gesien wil
dit voorkom asof
die Eerste Respondent in wese toegee dat dit reg en
billik is dat regsverligting aan die Applikant verleen behoort te
word. In
soverre hy meen dat verligting onder Artikel 36(1)(d) meer
voordelig vir die Tweede Respondent sou wees, het hy net homself te
blameer dat ‘n oorweging ingevolge laasvermelde Artikel van die Wet
nie voor die Hof geplaas is nie.
KOSTE
[26] Wat
die koste van die aansoek betref, is die partye dit eens dat, indien
die Applikant sou slaag, enige koste aan sy kant,
koste in die
likwidasie behoort te wees.
Adv. Van
Niekerk betoog egter dat in sodanige geval alle koste, dit wil sê
ook die koste van die opponering van die aansoek,
koste in die
likwidasie behoort te wees. Hy grond hierdie argument daarop dat die
opponering van die aansoek geensins kwaadwillig
was nie, en dat die
Eerste Respondent op redelike gronde geglo het hy handel in die
belang van die Tweede Respondent.
Na my
mening behoort Adv. Van Niekerk gelyk gegee te word. Dit kan nie die
Eerste Respondent verwyt word dat hy gepoog het om
die Tweede
Respondent, wat tot dusver geblyk het ‘n suksesvolle onderneming te
wees, van likwidasie te red nie.
[27] Aangesien
ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die Applikant geslaag het
daarin om te bewys dat dit reg en billik sal wees
dat die Tweede
Respondent onder voorlopige likwidasie geplaas word, word die
volgende bevel hierin verleen:-
1. Die Tweede
Respondent beslote korporasie word hiermee onder voorlopige
likwidasie in die hande van die Meester van hierdie Hof
geplaas.
2. ‘n
Bevel nisi word uitgereik ingevolge waarvan alle belanghebbendes
opgeroep word om by hierdie Hof redes aan te voer op VRYDAG
26 JUNIE
2009 om 10:00 waarom:-
2.1 die Tweede
Respondent beslote korporasie nie finaal gelikwideer sal word nie; en
2.2 die koste van
die aansoek sowel as die koste van die Eerste Respondent
teweeggebring deur die opponering van die aansoek, nie
koste in die
likwidasie sal wees nie.
3. Hierdie bevel
moet gepubliseer wod in een uitgawe van die nuusblad “Die
Volksblad” en in een uitgawe van die Staatskoerant.
4. Betekening van
hierdie bevel moet geskied aan die geregistreerde kantoor van die
Tweede Respondent, die kantoor van die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens,
Kimberley, sowel as aan alle bekende skuldeisers van die Tweede
Respondent.
_______________
HJ Lacock
REGTER
27
Mei 2009
Namens
Applikant:
Adv
J.G. van Niekerk SC i.o.v. Engelsman, Magabane Ing.
Namens
Respondente:
Adv
Grewar, i.o.v. Haarhoffs Ing.