Esau v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Anders (100/2008) [2009] ZANCHC 24 (4 May 2009)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Arrest — Lawfulness of arrest — Arrest without warrant — Appellant arrested on suspicion of robbery — Respondents asserting reasonable suspicion based on cellphone records and physical resemblance to suspect in video footage — Appellant contending arrest was unlawful as it lacked proper grounds — Court finding that reasonable suspicion was established based on evidence presented, including cellphone data and physical characteristics — Arrest deemed lawful and justified.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 24
|

|

Esau v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Anders (100/2008) [2009] ZANCHC 24 (4 May 2009)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
100/2008
Saak
Aangehoor:
16/04/2009
en 17/04/09
Dat
um
gelewer: 04/05/2009
In
die
saak tussen:
R
Esau
Eiser
e
n
Minister
van Veiligheid en Sekuriteit
Eerste
Verweerder
Inspekteur
Lottering Tweede Verweerder
Inspekteur
F Luis Derde Verweerder
UITSPRAAK
Henriques
WnR:
Die
Eiser in die saak,
Mnr Esau, het ‘n dagvaarding uitgereik teen die Minister van
Veiligheid en Sekuriteit in sy hoedanigheid as Uitvoerende Hoof
van
die Suid-Afrikaanse Polisiediens en as werkgewer van Inspekteur
Lottering en Inspekteur Luis as Tweede en Derde Verweerders

onderskeidelik.
Hy
beweer dat hy op 4 April 2007 te Varkoorsingel 17, Progress,
Upington gearresteer is sonder ‘n lasbrief deur die Tweede en

Derde Verweerders. Hy is daarna vir ongeveer 12 ure te Rosedale
Polisiestasie, Upington aangehou op instruksies van die Tweede
en
Derde Verweerders en verskeie ander polisiebeamptes.
In
die verweerskrif van die Verweerders erken hulle dat die Eiser
gearresteer was, maar beweer hulle dat dit plaasgevind het op

5 April 2007 en wel op klagtes van roof in terme van Artikel 40
van Wet 51 van 1977. Hulle beweer dat die Eiser op daardie
stadium
gearresteer was omdat daar ‘n redelike vermoede was dat hy
betrokke was by ‘n Skedule 1 misdryf naamlik roof.
Dit
was gemenesaak tussen die partye dat die enigste geskilpunt was of
die Tweede en Derde Verweerder, toe hulle die eiser gearresteer
het,
redelike gronde gehad het om hom te arresteer
.
‘n Ander geskilpunt was, tensy daar in die guns van die
Verweerders beslis sou word, wat die kwantum van die Eiser se skade

sou beloop.
Die Verweerders
het ook die bewyslas aanvaar voordat die saak begin het.
Die
eerste getuie vir die Verweerders was die Derde Verweerder
,
Speur-Inspekteur Fernando Luis, (“Luis”). Hy is gestasioneer by
Georganiseerde Misdaad te Kimberley en het 19 jaar ondervinding
in
die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Aan die einde van Maart 2007 het n
bankroof te FNB Upington plaasgevind. Luis is versoek
om die
ondersoekbeampte, Speur-Inspekteur Muller (“Muller”),
behulpsaam te wees om die saak te ondersoek. Op 2 April 2007
het
Luis na Upington vertrek. Hy is vergesel deur Superintendent Perumal
en Inspekteur Lottering. Met hulle aankoms in Upington
het Luis en
Muller na die bank se video opname van die roof gekyk.
Terwyl
hulle na die video opname gekyk het, het hulle ‘n verdagte
geidentifiseer wat ‘n swart leerbaadjie met ‘n oranjekleurige

geruite hemp en ‘n denimbroek gedra het. Die verdagte het ook ‘n
swart leertas gedra. Sy kop was kaal geskeer. Hy het ‘n
smal
snortjie gehad en volgens Luis, was hy effens korterig. Muller het
ook vir Robbie Coetzee (“Coetzee”) ‘n bekende bankrower
op die
bandopname herken. Hulle het ook ‘n werknemer van die bank,
Desmond Julies (“Julies) wat ‘n bankteller op die dag
van die
roof was, verdink. Hulle het Julies ondervra oor die roof by die
bank. Die video opname is ook aan hom gewys, maar hy
het ontken dat
hy enigsins by die roof betrokke was. Hy het tydens die ondervraging
sy selfoon aan Luis oorhanding en Luis het
all die nommers in sy
“phonebook” neergeskryf.
D
ie
nommers in die “phonebook” het met spesifieke name geklop. Dit
is toe dat ‘n aansoek in terme van Artikel 205 van die
Strafproses
Wet 51, 1977 gebring is vir afskrifte van Julies se selfoonstate.
Die
selfoonstate is eers op 3 April 2007 bekom. Nadat hy en Muller deur
die selfoonstate gewerk het was daar ‘n duidelike patroon
met van
die selfoonnommers. Toe hulle na die selfoonstate van Julies gekyk
het, het hulle opgelet dat Coetzee se selfoonnommer
die oggend van
die roof en ‘n paar keer na die roof op die state gewys het. ‘n
Ander nommer is op die state opgelet, voor
die roof, die dag van die
roof en na die roof. Die nommer het hulle later leer ken as die
Eiser se selfoonnommer.
In
terme van Artikel 205
het
hulle die selfoonstate van die Eiser vanaf Cell C ook aangevra.
Nadat
Luis en Muller die state van Cell C ontvang het, het hulle opgemerk
dat die adres van Varkoorsingel 17 op die state voorkom.
Op 4 April
2007 het hulle verby Varkoorsingel 17 gery. Luis en Muller het
opgemerk dat daar voor die huis ‘n man, met dieselfde
liggaamsbou
as die persoon wat op die video opname was, langs ‘n wit VW Jetta
gestaan het. Dié persoon se lengte en
gelaatstrekke het
ooreengestem met die persoon op die video opname.
Luis
en Muller het ‘n visenteringslasbrief asook ‘n lys van items
gemerk aanhangsel A, tot die visenteringslasbrief bekom.
Items op
aanhangsel A het bestaan uit: ‘n kluis, kontantnote, kleefband,
aktetas, swartleerbaadjie, oranjekleurige geruite
hemp, ligte lang
jeanbroek, selfone, nota’s en dagboeke. ‘n Afskrif van die
visenteringslasbrief en die aanhangsel is ingehandig
as bewysstuk
“F”.
Nadat
die visenteringslasbrief uitgereik is
,
is Luis en Muller na die huis te Varkoorsingel 17 tesame met lede
van die ACCU. Met hulle aankoms by dié adres het Muller
aan
die deur geklop waarna die Eiser die deur oopgemaak het. Muller
het aan die Eiser die doel van hulle besoek verduidelik
en die
visenteringslasbrief aan die Eiser gewys.
Die
Eiser het geen probleem met die visentering van die huis gehad nie
en is hulle die huis in om die huis te deursoek. Tydens
die
deursoekingsproses het Muller in die kas in die kamer ‘n swart
leerbaadjie gekry. Muller het beslag gelê op die
baadjie en
daarna die Eiser gearresteer waartydens Muller die Eiser se regte
aan hom verduidelik het.
Inspekteur
Lottering is versoek om die Eiser na die polisiestasie te Rosedale
te neem. Luis het getuig dat die Eiser gearresteer
is omrede hulle
‘n redelike vermoede gehad het dat die Eiser wel by die roof
betrokke was, aangesien ‘n swart leerbaadjie
by sy huis gevind is,
sy liggaamsbou en gelaatstrekke ooreengestem het met dié van
die man op die video opname en laastens
omrede die selfoonstate
aangetoon het dat die Eiser wel met Julies in verbinding was.
Op
dieselfde dag wat Luis en Muller die visenteringslasbrief vir die
Eiser bekom het, het hulle ook visenteringslas
briewe
vir Julies en Coetzee bekom. Hulle huise is ook dieselfde aand as
die Eiser s’n gevisenteer en hulle is ook dieselfde
aand
gearresteer.
Hulle
het Coetzee eerste begin ondervra. Tydens die ondervraging van
Coetzee, het Coetzee sy betrokkenheid by die roof geopenbaar.
Hy het
melding gemaak van geld wat by ‘n plaas te Keimoes was en het
versoek om ‘n Artikel 204 getuie te word. Hy het die
polisie na
‘n plaas geneem waar hulle die geld van die roof gekry het en is
hy dan weer teruggeneem polisiestasie toe waar
Coetzee versoek het
om sy eie verklaring te skryf.
Nadat
Muller, Coetzee se verklaring nagegaan het, het hulle besef dat daar
nie genoegsame getuienis was om Eiser met die roof
te verbind nie of
dat die Eiser by die roof betrokke was nie. Dit was om dié
rede dat die Eiser toe onmiddellik vrygelaat
is.
Advokaat
van Tonder, vir die Eiser, het Luis deurtastend gekruisondervra,
maar hy het volstaan by sy getuienis sonder om daarvan
af te wyk.
Hy
is pertinent gevra hoekom hy en Muller nie ‘n verklaring afgelê
het oor die feit dat hulle die dag van die Eiser se
arrestasie verby
sy huis gery het nie, en iemand opgelet het wat dieselfde
ligaamsgebou en gelaatstrekke het as die persoon op
die video
opname. Luis se verduidelikking daarvoor is dat hy nie so ‘n
verklaring afgelê het nie. Dit is aan hom gestel
dat die rede
hoekom hy nie so ‘n verklaring afgelê het nie is omdat hy en
Muller dit nie gedoen het nie en hierdie getuienis
na die tyd
gefabriseer is.
Hy
is ook gevra oor die patroon in die selfoonstate. Tydens
kruisondervraging het Luis getuig dat die patroon gaan nie net oor

die hoeveelheid oproepe wat gemaak was nie, maar ook oor wanneer die
oproepe gemaak was, die tydsverloop van die oproepe, en
die rol wat
elke persoon in die roof gespeel het.
Tydens
Luis se getuienis het dit ook aan die lig gekom dat die
oorspronklike dossier nie meer bestaan nie. Dit is by die hof
gesteel en ‘n sekuriteitsbeampte is daarvoor gearresteer. Meestal
van die oorspronklike notas is daarmee heen.
Dit
is ook aan Luis gestel dat tydens die visentering van die Eiser se
huis daar tussen 15 en 20 polisiemanne teenwoordig was.
Hulle was
hardekwas met hom en hulle het deurgaans hulle gewere op hom gerig.
Die Eiser is nooit ‘n kans gegee om sy betrokkenheid
by die roof
te ontken en ‘n weergawe te stel nie. Hy is nooit toegelaat om
enigiets te sê nie.
Die
tweede getuie vir die Staat was Speur
-Inspekteur
Jakobus Johannes Phillipus Muller. Sy getuienis het ooreengestem met
dié van Luis. Tydens sy getuienis het
hy ook melding gemaak
dat die persoon op die video opname ‘n snortjie gehad het. Hy het
bevestig dat nadat hulle die selfoonstate
bekom het, hulle die dag
van die Eiser se arrestasie verby Varkoorsingel 17 gery het. Daar
het hy ook iemand gesien met dieselfde
liggaamsbou, gelaatstrekke en
ook lengte wat ooreenstem met die man op die video opname. Op
daardie stadium het hy nie geweet
dit was die Eiser nie.
Muller
het daarna die visenteringslasbriewe bekom en die huise van die
verdagtes gevisenteer.
Coetzee se woning is eerste gevisenteer, daarna ‘n ander
verdagtes waarna die Eiser se woning laaste gevisenteer was. Muller

het bevestig dat ten tye van die visentering, 5 lede van die ACCU
behulpsaam was.
Met
hulle aankoms by die Eiser se huis so na nege die aand, het hy aan
die deur geklop en die Eiser het die deur oopgemaak. Nadat
hy die
visenteringslasbrief aan hom getoon het, en ‘n afskrif vir hom
gegee het, het die Eiser hulle die huis laat visenteer.
Hy het gesê
dat die Eiser rustig was.
Toe
hy in die slaapkamer inbeweeg het, het hy die Eiser se vrou, wie ‘n
Kaptein te Rosedale SAPD was, herken en haar gegroet.
Hy het die
kaste deursoek en ‘n swart leerbaadjie in die manskas ontdek. Hy
het dit in besit geneem en die Eiser se voertuig
asook sy
gereedskapskis is deursoek.
Hy
het die Eiser versoek om hulle te vergesel na die polisiestasie om
vrae te beantwoord, en hom onder arres geplaas.
Nadat
Muller die Eiser in terme van sy regte gewaarsku het, en hom
gearresteer het, het hy aan Inspekteur Lottering (“Lottering”)

opdrag gegee om die Eiser na die Rosedale polisiestasie te neem.
Muller
het
bevestig dat hy die Eiser gearresteer het omdat hy ‘n redelike
vermoede gehad het dat hy by die bankroof betrokke was. Die
vermoede
is gebaseer op die volgende:- omdat hy ‘n swart leerbaadjie by die
Eiser se woning gekry het, tweedens omdat die
bankamptenaar,
Julies, se selfoonstate gewys het dat hy in kontak was met die
Eiser, en derdens weens die Eiser se ooreenstemming
met die verdagte
op die video opname.
Nadat
hulle Coetzee ondervra het en na deurlees van sy verklaring, het hy
opdrag gegee dat die Eiser vrygelaat moet word weens
die feit dat hy
nie by die roof betrokke was nie. Dit is aan ene Kaptein Mona
oorgedra omdat hy alreeds oppad Pretoria toe was,
om van die ander
verdagtes wat deur Coetzee geinkrimineer was, te arresteer.
Tydens
kruisondervraging deur Advokaat Van Tonder, het Muller bevestig dat
hy nie ‘n verklaring oor die Eiser se ooreenstemming
met die
verdagte op die video opname afgelê het nie. Hy het getuig dat
dit op die tydstip wat hy sy verklaring afgelê
het nie nodig
was nie. Hy het ook getuig dat selfs as hy en Luis nie die Eiser
vroeër die dag gesien het toe hulle by sy
huis verby gery het
nie, sou hy nog steeds die Eiser gearresteer het.
Die
Verweerders
het hulle derde getuie, Kaptein Lottering, geroep. Hierdie getuie
het vir die duur van Luis en Muller se getuienis
in die Hof gesit.
Sy getuienis was dat hy nadat die Eiser gearresteer was, in opdrag
van Muller, die Eiser na die Rosedale polisiestasie
geneem het, waar
hy hom in die selle ingeboek het. Hy het ook bevestig dat hy aan
hom sy regte verduidelik het en het hy die
Eiser laat onderteken om
te bevestig dat sy regte aan hom verduidelik is. Die Eiser is in
die selle geplaas na 12h00 die oggend
van die 5de April 2007. Die
Eiser het ook bevestig dat hy deur Kaptein Mona vrygelaat is. Dit
is vir die eerste keer tydens
die verhoor deur Advokaat Van Tonder
aan hierdie getuie gestel, dat nie hy nie, maar Kaptein Mona, die
Eiser na die Upington
polisiestasie geneem het en daarna is hy deur
Lottering na Rosedale polisie stasie geneem. Dit is nooit aan die
ander getuies
gestel nie.
Muller
het ook bevestig dat nadat hulle met die ondervraging van Coetzee
begin het is hulle na Keimoes om die geld te gaan haal
wat Coetzee
uitgewys het. Met hulle terugkoms het Coetzee sy verklaring self
uitgeskryf en is die Eiser daarna vrygelaat. Dit
was sy
verduidelikking vir die tydsverloop van die Eiser se arrestasie tot
sy vrylating.
Dit
was dan die saak van die Verweerders.
Die Eiser het
getuig dat hy ‘n 41-jarige man is wat sy eie besigheid bedryf
naamlik Progress Business Solution en welke besigheid
vanuit
Upington bedryf word.
Sy vrou is ‘n
Kaptein in die SAPD en is gestasioneer te Rosedale Polisiestasie,
Upington.
Die
Eiser erken dat hy vir Desmond Julies, een van die beskuldigdes in
die saak, al vir die afgelope 5 tot 6 jaar ken. Hulle
albei is
betrokke by die jeug van hulle gemeenskap en dit is weens die
betrokkenheid by bogenoemde dat hulle vriendskap ontwikkel
het. Die
Eiser het ook erken dat hy geweet het dat Julies by FNB Upington
werksaam is en dat Julies die Eiser se persoonlike
rekening sowel as
die besigheidsrekening hanteer. Die Eiser bevestig dat hy op ‘n
gereelde basis met Julies gekommunikeer
het en hom ook gesien het.
Hy was ook in besit van Julies se selfoonnommer.
Tydens
die nag van die 4de April 2007 was dit sy verjaarsdag asook hy en sy
vrou se huweliksherdenking. Vriende van hulle, Glen
en Maria
Marshall, het hulle uitgeneem na die Dros Restaurant om sy
verjaarsdag en hulle huweliksherdenking te vier. Die Eiser
getuig
dat hulle tussen 20h30 en 21h00 by die huis aangekom het. Hy het
daarna uitgetrek en gereed gemaak om in die bed te klim
om te slaap.
Net
na 21h00 was daar ‘n klop aan die deur en het hy die deur
oopgemaak. Op die stoep was daar ‘n hele paar mense en het
hy
hulle gevra waarmee hy hulle kon help. Die Eiser getuig dat
Inspekteur Luis aan hom verduidelik het wie hulle is en ho
m
versoek of hulle binne die huis kon gesels. Vandat hy die deur
oopgemaak het was daar gewapende polisiebeamptes wie se wapens
die
hele tyd op hom gerig was. Binne die huis was die vuurwapens steeds
op hom gerig, maar het die wapens effens meer grond
toe gewys.
Inspekteurs
Luis, Muller, Superintendent Perumal, Kapteins Kepadise, Mona en
Inspekteur Lottering was in sivieledrag. Die res
van die
polisiebeamptes was uniformdraende ACCU lede vanaf Kimberley met
outomatiese gewere, koëlvaste baadjies en R5- gewere.
Volgens
die Eiser se skatting was daar tussen 15 en 22 polisiebeamptes.
Die Eiser
getuig dat Luis die visenteringslasbrief aan hom gewys het. Op
daardie stadium was sy vrou in die slaapkamer gewees
en hy en die
twee kinders was in die sitkamer. Sy seun was op daardie stadium 7
jaar oud en sy dogter was 5 jaar oud. Met die
dat die vuurwapens
steeds op hom gerig was het die kinders paniekerig geraak en gehuil
waarna hy hulle wou troos. Op daardie
stadium het een van die
polisiebeamptes aan hom gesê dat hy die kinders moet los en
saam met hulle moet gaan terwyl hulle
die huis deursoek.
Volgens
die Eiser het hy net na aanhangsel A van die visenteringslasbrief
gekyk en nie mooi n
a
die visenteringslasbrief en die rede hoekom hulle die huis wou
visenteer nie. Hy het hulle ook nie daaromtrent uitgevra nie.
Hy
het hulle na die kamer en sy hangkas geneem.
Luis
het sy hangkas deursoek en het sy beursie
en tjekboek van die besigheid verwyder. Sy vrou se hangkas is ook
deursoek en dit is waar ‘n swart leerbaadjie gevind is.
Muller
het ‘n blink sak gaan haal en het hom gevra watter klere hy op die
31ste Maart 2007 aangehad het. Hy het vir Muller
gesê dat hy
‘n grys T-hemp met ‘n blou sweetpakbroek aangehad het. Die blou
sweetpakbroek, die T-hemp, sy beursie
met die geld daarbinne en die
swart leerbaadjie is in die sak geplaas deur Inspekteur Muller en
het hy die by hom gehou.
Terwyl
die kamer gevisenteer is, is hy na die kombuis toe. Sy vrou het op
hulle bed gesit en Kaptein Perumal het ook op sy bed
gaan sit. Hy
was baie kwaad dat Perumal op sy bed gaan sit het. Toe hy die
kombuis binnegaan het Luis hom gevra of hy ‘n
gereedskapskis het.
Luis het die gereedskapskis deursoek en daarna is hulle na sy
voertuig wat hulle ook deursoek het. Dit
is op dié stadium
dat hulle gesê het dat hulle ‘n bankroof wat ‘n paar dae
vantevore te Upington plaasgevind
het, ondersoek. Die Eiser getuig
dat hy vir hulle gesê het dat hy niks daarvan weet nie en het
Perumal gesê hy ken
bankrowers, hulle is altyd rustig.
Inspekteur
Muller het die Eiser gevra of hy hulle asseblief kon vergesel na die
Polisiestasie aangesien hulle met hom wil gesels
en hom ‘n paar
vrae wou vra. Hy het ingestem om saam met hulle te gaan waarna
hulle hom ‘n kans gegee het om aan te trek.
Die Eiser het ontken
dat hulle aan hom gesê het dat hy onder arres was of dat sy
regte aan hom verduidelik is.
Hy
is
daarna in ‘n wit VW Polo saam met Kaptein Mona en twee ander lede
van die ACCU na Upington polisiestasie geneem. Volgens die
Eiser
het hy net na 21h00 daar aangekom en het hy ongeveer ‘n uur daar
gesit en wag voordat Lottering gevra is om hom na die
Rosedale
polisiestasie te neem. Met sy aankoms by Upington polisiestasie het
hy ook ander verdagtes, naamlik Coetzee, Paulton
en Julies daar
gesien sit, maar het hy nie met hulle gepraat nie. Nadat Lottering
hom by Rosedale polisiestasie ingeboek het,
het hy aan hom ‘n
dokument oorhanding. Volgens die Eiser het Lottering hom net gevra
om die dokument te onderteken sonder
om die dokument aan hom te
verduidelik. Hy het die dokument onderteken waarna hy onmiddellik
na die selle geneem is waar hy
toegesluit is. Hy het die hele nag
in die selle vertoef. Hy het eers die volgende oggend van die
skoonmakers gesien. Hy het
ook daardie oggend van die polisiemanne
wat rondtes gedoen het herken, naamlik Superintendent PC Koetse en
Superintendent van
Kratenberg.
Na
13:00 het Kaptein Mona daar aangekom en aan hom gesê dat hy
nie by die aangeleentheid betrokke was nie en dat hy maar
kan
huistoe gaan. Die Eiser is nooit die geleentheid gegun om ‘n
verduideliking aan te bied nie. Na verloop van ‘n paar
dae het
die Eiser sy baadjie by Inspekteur Muller gaan haal.
Die
Eiser het getuig dat toe hy gevra is om die polisie te vergesel na
die polisiestasie, hy onder die indruk was dat hy net ‘n
paar vrae
gevra sou word
.
Toe hy aangehou was het hy verneder gevoel. Hy het geen kriminele
rekord nie en het gedink aan sy vrou wat die volgende oggend
aan
diens moet kom. Hy het ook aan sy kinders gedink voor wie hy
weggeneem is. Hy het ook getuig dat die gemeenskap baie oor
die
bankroof gepraat het. Die mense van die gemeenskap was geskok en
alhoewel hy nie saam met die ander beskuldigdes toegesluit
was nie
het hulle in Upington rondgeloop met hulle hande voor hulle monde
toe hulle hom sien.
Tydens
kruisondervraging het dit geblyk dat hy gesukkel het om die datum
van die roof te onthou. Hy is deeglik deur Advokaat Erasmus
vir die
Verweerders ondervra oor sy selfoonstate. Hy is uitdruklik gevra
waaroor die gesprekke met Desmond Julies op die dag
van die roof
gegaan het. Hy het verduidelik dat Julies voorheen saam met hom by
‘n plaaslike dokter was en op die 31ste Maart
2007 is hy na die
dokter om sy rekening te gaan betaal. Terwyl hy by die dokter was
het die ontvangsdame hom gevra om vir Julies
te kontak en vir hom te
sê dat die dokter hom met betrekking tot bloedtoetse wil sien.
Hy is gevra of hy vir Julies gebel
het en hy het beaam dat hy hom
gebel het. Hy is ook gevra of sy selfoonstate daardie oproepe sal
bevestig en sy antwoord was:
“defintief”.
Sy
selfoonstate is aan hom getoon en is hy gevra om uit te wys waar op
die selfoonstate die twee oproepe was wat hy op die 31ste
na Julies
gemaak. Sy selfoonstate het nie gewys dat hy op daardie dag vir
Julies gebel het nie. Inteendeel, di
e
getuienis het wel gewys dat Julies hom gebel het. Toe hy uitdruklik
deur Mev Erasmus daaromtrent uitgevra is het hy toegegee
dat daar
geen oproep vanaf sy selfoon na Julies gemaak is nie. Hy het ook
bevestig dat Julies hom die aand van die voorval,
van die roof
vertel het. Julies het hom meegedeel dat hy afgeboek is en dat
hulle daaroor moet praat en het Julies hom ook meegedeel
dat hy ‘n
verdagte in die bankroof was.
Hy het niks
daarvan gedink nie omrede Julies, tydens daardie gesprek, aan hom
gesê het dat hy onder verdowing was. Die
Saterdagmiddag het
hy vir Julies besoek. Toe die Eiser gevra is hoekom hy niks daarvan
gedink het die aand na die roof toe Julies
hom daarvan vertel het
nie, was sy antwoord dat hy vir Julies ken en dat Julies nie by ‘n
roof betrokke sou raak nie. Dit
is sy rede waaroor hy nie vir
Julies verder daaroor uitgevra het nie.
Tydens
kruisondervraging het hy ook erken dat mense hom ken by die naam van
Rebo, Revas, Reggae en Riaan. Hy het erken dat toe
die polisie by
sy huis aangekom het, Luis hom gevra of hy Rebo is en of dit
Varkoorsingel 17 is. Hy het geantwoord en gesê
dat hy nie
Rebo is nie en dat hy Riaan Esau is en dat dit wel Varkoorsingel 17
is. Hy het wel bevestig dat mense hom Rebo noem.
Tydens
kruisondervraging het hy gesê dat hy nooit gearresteer was nie
spesifiek deur Luis en Lottering, en dat sy regte
nooit aan hom
verduidelik is nie. Hy het ook erken dat nie hy of sy vrou tydens
die deursoeking van hulle huis, vir die polisiebeamptes
gevra het
waarom hulle die huis deursoek of waaroor die deursoeking gaan nie.
Hy het ook erken dat hy nooit gevra het waarom
hy gearresteer is nie
en nie hy of sy vrou het aangebied om ‘n verduideliking vir die
polisiebeamptes te gee nie. Hy het bevestig
dat hy nie geboei is
nie en ook dat die polisiebeamptes nie hardekwas met hom was nie.
Volgens sy getuienis het die polisiebeamptes
hulle ordentlik teenoor
hom en sy vrou gedra en dat hulle nie hardekwas was nie. Hy het net
kwaad geraak omdat Perumal op sy
bed in sy slaapkamer gaan sit het.
REGSPOSISIE
Artikel
40(1)(b) maak voorsiening vir die volgende:
“
(1)
’n
Vredesbeampte kan iemand sonder lasbrief in hegtenis neem-
(b) wat
hy
redelikerwys verdink dat ‘n Bylae 1 bedoelde misdryf gepleeg het,
behalwe die misdryf van ontsnapping uit wettige bewaring;
...
”
In
R
v Van Heerden
1958 (3) SA 150
(T) op 152D-E het Galgut WnR soos hy toe was, die
volgende gesê:
“
'Suspect'
and 'suspicion' are words which are vague and difficult to define.
Dictionary meanings and decided cases were quoted to
the Court as to
the meaning of these words. Save for saying that these suggest that
suspicion is apprehension without clear proof
I do not intend to deal
with the meaning of 'suspect,' because it seems to me that the words
'reasonable grounds' qualify the suspicion
required by the section.
These words must be interpreted objectively, and the grounds of
suspicion must be those which would induce
a reasonable man to have
the suspicion.”
Die
toets om te bevestig of daar ‘n
redelike
vermoede bestaan is objektief bepaalbaar.
In
Duncan
v Minister of Law and Order
1986 (2) 805 (A) het die hof gekyk na die faktore wat moet bestaan
voordat ‘n vredesbeampte ‘n persoon kan arresteer in terme
van
artikel 40(1)(b). Die Hof per Van Heerden AR te bladsy 818 F tot H
het die volgende gesê:
“
The
so-called jurisdictional facts that must exist before the power
conferred by section 40(1)(b) of the present Act may be invoked,
are
as follows:
The arrestor
must be a peace officer.
He must
entertain a suspicion.
It must be a
suspicion that the arrestee committed an offence referred to in
Schedule 1 to the Act (other than one particular
offence).
That
suspicion must rest on reasonable grounds.
If the
jurisdictional requirements are satisfied, the peace officer may
invoke the power conferred by the subsection ie, he may
arrest the
suspect.”
In
Mabona
and Another v Minister of Law & Order and Others
1988 (2) SA 654
(SECLD) het Jones R op blady 658E die volgende gesê:
“
The
test of whether a suspicion is reasonably entertained within the
meaning of s 40(1)(b) is objective ... Would a reasonable
man in the
second defendant's position and possessed of the same information
have considered that there were good and sufficient
grounds for
suspecting that the plaintiffs were guilty of conspiracy to commit
robbery or possession of stolen property knowing
it to have been
stolen. It seems to me that in evaluating his information a
reasonable man would bear in mind that the section
authorises drastic
police action. It authorises an arrest on the strength of a suspicion
and without the need to swear out a warrant,
ie something which
otherwise would be an invasion of private rights and personal
liberty. The reasonable man will therefore analyse
and assess the
quality of the information at his disposal critically, and he will
not accept it lightly or without checking it
where it can be checked.
It is only after an examination of this kind that he will allow
himself to entertain a suspicion which
will justify an arrest. This
is not to say that the information at his disposal must be of
sufficiently high quality and cogency
to engender in him a
conviction that the suspect is in fact guilty. The section requires
suspicion but not certainty
.
However,
the suspicion must be based upon solid grounds. Otherwise, it will be
flighty or arbitrary, and not a reasonable suspicion.
”
Sien
verder
S
v Reabow
2007 (2) SACR 292
(E) op 297 para 8 in die uitspraak van Plasket R.
In
die saak van
Olivier
v Minister of Safety and Security and Another
[2008] ZAGPHC 50
;
2008 (2) SACR 387(W)
, Horn R te bladsy 394 E was van mening dat die
volgende moet bygevoeg word....”
To
this might be added that the facts on which the police officer
relies for his suspicion must at least be realistic and well

founded, having regard to the circumstances of the particular case.”
In
sy uitspraak was Horn R van mening dat daar mag omstandighede wees
wanneer “
an
immediate arrest
may
be necessary”.
Tydens
die betoog
is ek verwys na twee sake deur Advokaat Van Tonder, eerstens na die
saak van
Louw
v Minister of Safety & Security
2006 (2) SACR 178
(T). In hierdie uitspraak het Bertelsmann R te
bladsy 185 B-16B die volgende gesê:
“
An arrest
is a drastic interference with the rights of the individual to
freedom of movement and to dignity. … If an accused
or a suspect
does not represent a danger to society, will in all probability stand
his trial, will not abscond and will not harm
himself and is not in
danger of being harmed by others, and may be able and be keen to
disprove the allegations against him or
her, an arrest will
ordinarily not be the appropriate way of ensuring the accused's
presence.”
In
die saak van
Charles
v Minister of Safety & Security
2007 (2) SACR 137
(WLD) het Goldblatt R nie met Bertelsmann R
saamgestem nie. Hy het op die saak van Tsose v Minister of Justice
and Others
1951 (3) SA 10
(A) gesteun en het die volgende gesê
op bladsy 144B:
“
The
Legislature having granted a peace officer the right to make an
arrest in the circumstances set out in section 40 has created
a
situation where due compliance with such section by a peace officer
is lawful and affords such peace officer protection against
an
action for unlawful arrest. In my view, the court has no right to
impose further conditions on such persons. To do so would
open a
Pandora’s box where the courts would be called upon in cases of
this type to have to enquire into what is reasonable in
a variety of
circumstances and further where peace officers would be called upon
to make value judgments every time they effect
an arrest in terms of
s40. These judgments which they would have to make would later have
to be considered and tested by judicial
officers attempting to place
themselves in the shoes of the arresting officer. While s40 exists
in its present form it offers
protection to those who legitimately
rely upon it. Obviously the position will be different if the action
of the policeman is
mala fide or an abuse of the right given to him,
but I need not deal with the possible exceptions, as they do not
arise in the
present case.”
Die
saak van Tsose is wel voor die
totstandkoming
van die Konstitusie beslis. Horn R in
Olivier
supra
het
ook die uitsprake van Bertelsmann R en Goldblatt R oorweeg en tot
die gevolgtrekking gekom dat die uitsprake nie onversoenbaar
was nie
en dat elke saak op sy eie feite beslis moet word.
In
die saak van
Minister
of Safety & Security v van Niekerk
2008 (1) SACR 56
(CC) is die Konstitusionele Hof gevra om verlof te
verleen om te appelleer teen ‘n uitspraak van die Hof
a
quo
.
Tydens sy uitspraak het Sachs R (met wie al die Regters saamgestem
het) gesê dat “
the
Constitutionality of an arrest is heavily dependant on the factual
circumstances
”.
Die Hof het ook die staande orders van die polisie nagegaan en het
gesê dat hierdie staande orders as riglyne vir
die polisie
gebruik mag word. Die Hof het verder gesê dat: “
it
is undesirable to articulate a blanket and all purpose test for
arrest
.”
In paragraaf 17 en 20 van Sachs se uitspraak het hy gesê dat
hierdie tipe van sake is ... “
fact
specific
”.
In
die saak van
Brown
and Another v Director of Public Prosecutions and
Others
2009 (1) SACR 218
(C) Fourie R het verwys na die uitspraak van
Gellman
v Minister of Safety and Security
[2007] ZAGPHC 269
;
2008
(1) SACR 446
(W)waarin dit bevind was dat ...”
the
police should preferably seek corroborative evidence before making a
warrant-less arrest.
”
As
daar gekyk word na die getuienis in die geheel blyk dit dat die
polisiebeamptes, Muller en Luis ‘n redelike vermoede gehad
het om
die eiser te arresteer. Selfoonstate wat hulle in terme van artikel
205 bekom het, het bewys dat die Eiser op die dag
van die roof
onderskeidelik twee gesprekke met die beskuldige in die saak gevoer
het naamlik Desmond Julies. Julies se selfoonstate
het ook bewys
dat hy op die dag van die roof in verbinding was en ook ‘n gesprek
gevoer het met Robbie Coetzee, een van die
hoofverdagtes in die
saak. Nadat die selfoonstate van Julies bekom is het die polisie
verder gegaan om die Cell C state van
die Eiser te bekom. Die adres
van die Eiser was op die selfoonstate.
Luis
en Muller het getui
g
dat nadat hulle die adres van die Eiser bekom het, hulle na die
Eiser se woonadres gegaan het om te kyk wie daar woon. Hulle
het
die Eiser daar gesien. Sy ooreenkoms met die persoon op die video
opname, tesame met die patroon wat hulle ontleed het van
die
selfoonstate, het daartoe beweeg om later ‘n visenteringslasbrief
te bekom. Nadat die leerbaadjie ook by die Eiser se
huis gevind was
het hulle op al drie die bene gesteun om die Eiser te arresteer.
Ek
is versoek deur Advokaat Van Tonder om die getuienis van Luis en
Muller te verwerp weens die feit dat nie een van hulle verklarings

handel oor die feit dat hulle vroeër daardie betrokke middag
verby die Eiser se huis gery het nie en tweedens omrede hulle
nie
verklarings afgelê het oor die feit dat die Eiser se voorkoms
ooreengestem het met die van die persoon op die video
opname nie.
Daar
bestaan geen goeie rede om hulle getuienis oor daardie punt te
verwerp nie. Hulle was goeie getuies en ek aanvaar hulle getuienis

daaroor. Selfs as ek nie hulle getuienis daaromtrent sou aanvaar
nie, bestaan daar genoegsame getuienis wat tot hulle beskikking
was
dat hulle tot die gevolgtrekking kon kom dat redelikerwys die Eiser
by die roof betrokke was. Ek stem nie saam met Advokaat
Van Tonder
dat hierdie feite onvoldoende was nie.
Muller
het ook verduidelik wat intussen gebeur het vanaf die tyd van die
Eiser se arrestasie tot en met sy vrylating. Dit was
eers nadat
hulle met die ondervraging van Coetzee klaar was en sy verklaring
gelees het, dat opdrag gegee is die Eiser vry te
laat.
Ek
bevind gevolglik dat die Verweerders hulle van die bewyslas gekwyt
het dat die Eiser se arrestasie en aanhouding wel regmatig
was.
Ek maak dus die
volgende bevel:
Die Eiser se
eis word van die hand gewys.
Die Eiser
word gelas om die Verweerders se koste op Hooggeregshofskaal tussen
party en party te betaal.
________________________
J I HENRIQUES
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Eiser: Adv
A G van Tonder
In
opdrag van
: Engelsman
Magabane, Kimberley
Nms
Verweerder
s: Adv
S Erasmus
Namens
: Staatsprokureur,
Kimberley