About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 16
|
|
Naude v BOE Bank Bpk (CA&R 56/2008) [2009] ZANCHC 16 (20 March 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 56/2008
Saak
Aangehoor:
16/03/2009
Dat
um
gelewer: 20/03/2009
In
die
saak tussen:
S
J Naude
Appellant
e
n
BOE
Bank Beperk
Respondent
Coram:
Williams
R et Olivier R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant is mnr Steven John Naude en die respondent is BOE Bank
Beperk
.
Die appèl is gerig teen die afwysing van ân aansoek van
die appellant om die tersydestelling van ân vonnis wat op
versoek
van die respondent teen die appellant verleen is op sterkte van ân
erkenning van aanspreeklikheid, en ingevolge die
bepalings van
artikel 57 (2) van die Wet op Landdroshowe, 32 van 1944 (â
die
Wet
â).
AGTERGROND
In
wat volg, gee ek kortliks ân uiteensetting van sodanige feite as
wat gemenesaak was, of nie op die stukke voor ons ernstig
in geskil
is
nie.
Die
respondent het aanvanklik in die Landdroshof vir die distrik De Aar
ân dagvaarding teen die appellant laat uitreik. Die
skuldoorsaak
daarin was gebaseer
op ân afbetalingsverkoops-ooreenkoms wat vroeër tussen die
partye gesluit is en ingevolge waarvan die appellant ân
motorvoertuig aangekoop het. Dit is gemenesaak dat die appellant
nie die ooreengekome paaiemente betaal het nie en in paragraaf
3.4
van die besonderhede van vordering het die respondent beweer dat die
appellant se kontrakbreuk die respondent geregtig gemaak
het op
kansellasie van die kontrak, die terugeis van die motorvoertuig
tesame met skadevergoeding en die verbeuring van alle
paaiemente wat
reeds betaal is.
Die
bewering is verder gemaak, in paragraaf 7 van die besonderhede van
vordering, dat die balans wat op daardie stadium ingevolge
die
ooreenkoms verskuldig was, ân bedrag van R11 257.00, plus
rente teen 21.25% per jaar vanaf 26 Maart 2001, beloop het.
Die
regshulp wat in die dagvaarding gevorder is, was ondermeer
kansellasie van die afbetalingsverkoopooreenkoms, ân bevel vir
die
teruggawe van die motorvoertuig en â
Skadevergoeding
vir die bedrag wat die hof mag bepaal, synde die verskil tussen die
uitstaande balans ingevolge die ooreenkoms
en die waarde van die
goedere
â.
Daar is nie, in die dagvaarding, betaling van enige bepaalde bedrag
gevorder nie.
Toe
die dagvaarding tot die appellant se kennis gekom het, het hy die
kantore van die respondent se prokureurs besoek en ân
erkenning
van skuld soos bedoel in artikel 57 (1) van die Wet onderteken. Dit
is dienstig om op hierdie stadium reeds net die
volgende twee
opmerkings oor die betrokke dokument te maak:
In
paragraaf 1 van die dokument, getiteld â
ERKENNING
VAN SKULD EN AFBETALING
â,
het die appellant erken dat hy ân bedrag van R11 257.00 aan
die respondent verskuldig was â
synde
die geëisde bedrag gemeld in die aanmaning of dagvaarding wat
ek ontvang het
â.
In
die eerste plek is daar, soos reeds gemeld, geen â
geëisde
bedrag
â
in die dagvaarding gemeld nie. Inteendeel, die hele strekking van
die besonderhede van eis en van die geëisde regshulp
was dat
die eerste sprake van ân betaalbare bedrag, en ân skuld in di
é
sin
,
sou wees wanneer die waarde van die betrokke motorvoertuig in
verrekening gebring is teen die uitstaande bedrag van R11 257.00.
Ek keer later weer na hierdie kwessie, en na die vraag hoe dit
gebeur het dat die appellant aanspreeklikheid erken het vir
die
volle bedrag van die uitstaande balans (sonder inagname van die
waarde van die voertuig).
So
ân erkenning, deur die appellant, dat hy die volle uitstaande
balans van R11 257.00 aan die respondent verskuldig was,
sou
strydig wees met wat die inhoud van die
afbetalingsverkoopooreenkoms op die respondent se eie beweringe (in
die besonderhede
van vordering) was. Daarvolgens sou die
respondent nie geregtig gewees het op betaling van die volle
uitstaande balans van
R11 257.00 nie, maar slegs op sodanige
gedeelte daarvan as wat steeds uitstaande sou bly nadat die waarde
van die motorvoertuig
daarteen in verrekening gebring is.
Dit
blyk dat die appellant ân hele reeks betalings gemaak het aan die
respondent se prokureurs
;
in totaal ân bedrag van R8 121.47. Twee van daardie
betalings is gemaak op 27 Augustus 2001 en 19 November 2001, en
dus
nadat die erkenning van aanspreeklikheid-dokument onderteken is,
maar voordat die verstekvonnis waarmee aanstons gehandel
sal word,
toegestaan is.
Op
11 Januarie 2002 het die landdros, op versoek van die respondent en
by verstek, gelas dat die afbetalingsverkoopoor- eenkoms
gekanselleer word, dat die motorvoertuig teruggelewer moet word en
dat die â
VONNIS
VIR SKADEVERGOEDING EN KOSTE STAAN OOR VIR BEWYS VAN SKADE
â.
Daarna
het die respondent se prokureurs op die een of ander manier daarin
geslaag om by meer as een geleentheid ân lasbrief
vir eksekusie
teen die goedere van die appellant te laat uitreik. Die appellant
het, teen die agtergrond van daardie lasbriewe,
met die respondent
se prokureurs reëlings getref vir die betaling van bedrae aan
die prokureurs. Die appellant het dan
ook verskeie bedrae ingevolge
sodanige reëlings aan die respondent se prokureurs betaal, maar
het op sy eie weergawe ook
daardie reëlings nie stiptelik
nagekom nie.
Op
24 Januarie 2008 het die respondent ingevolge die bepalings van
artikel 57 (2) van die Wet aansoek gedoen om vonnis op sterkte
van
die appellant se voormelde erkenning van aanspreeklikheid, en die
onderneming daarin om die vermelde bedrag af te betaal
teen R100,00
per maand. Blykens die skriftelike versoek in terme van artikel 57
(2) sou daarby aangeheg wees, onder andere,
ân afskrif van ân
aanmaning wat ingevolge artikel 56 van die Wet aan die appellant
gestuur sou gewees het en die appellant
se skriftelike erkenning van
aanspreeklikheid.
Die
betrokke aanmaning het nie deel gevorm van die oorkonde wat op
appèl voor ons gedien het nie. In die lig van die
landdros
se bevinding (waarteen daar geen teen-appèl is nie) dat die
aanmaning op die betrokke hoflêer gemodifiseer
is en wesenlik
verskil van die aanmaningskrywe wat in die aansoek om
tersydestelling by die opponerende eedsverklaring aangeheg
is, is
dit vreemd dat dié dokument nie deel van die oorkonde vorm
nie. Daar sal dus niks verder daarvan gemaak word
by oorweging van
hierdie appèl nie en dit is ook nie, in die lig van wat
volg, werklik nodig om so te doen vir soverre
dit die meriete van
die appèl betref nie.
Blykens
die sertifikaat in terme van artikel 57 (2) (c) van die Wet, wat
die aansoek om dié vonnis vergesel het, sou
die appellant op
daardie stadium ân totale bedrag van R14 386.23 aan die
respondent verskuldig gewees het, wat in die
betrokke sertifikaat
soos volg uiteengesit is:
Kapitaal verskuldig
ingevolge erkenning
11,257.00
Rente @ 21.25% pj soos
per die Saldosertifikaat hiermee
11,250.70
Min Betaal
8,250.70
SALDO VAN KAPITAAL
14,386.23
Die
inhoud van die saldosertifikaat waarna hierin verwys is, het egter
totaal verskil van hierdie uiteensetting. Volgens die
betrokke
saldosertifikaat, wat al op 26 Maart 2001 gedateer sou gewees het,
sou die appellant op daardie stadium ân totale
bedrag van
R11 257.00 aan die respondent verskuldig gewees het, â
synde
kapitaal plus opgelope gekapitaliseerde rente
â.
Die betrokke sertifikaat reflekteer dus nêrens die bedrag
van R11 250.70 as uitstaande rente nie.
Hoe
dit ookal sy, op 6 Februarie 2008 het die klerk van die hof
ingevolge die bepalings van artikels 57 (2) van die Wet op sterkte
van die betrokke erkenning van skuld vonnis ten gunste van die
respondent verleen in die bedrag van R14 386.23. Dit dien
vermeld te word dat, om die een of ander vreemde rede, die klerk
van die hof ân heeltemal ander saaknommer toegeken het toe
die
respondent aansoek gedoen het om die laasgemelde vonnis. Die
skriftelike erkenning van skuld (of ân afskrif daarvan)
is op die
nuwe hoflêer geplaas, nadat die saaknommer (921/2001) in die
gemelde aksie deurgehaal is en skriftelik vervang
is met die nuwe
saaknommer, 118/08.
Die
appellant het daarna in die Landdroshof aansoek gedoen om die
tersydestelling van die jongste vonnis, dit wil sê die
vonnis
op sterkte van die erkenning van aanspreeklikheid. In die aansoek
het die appellant aangevoer dat daar geen bewys was
daarvan dat die
aanmaning, wat op die nuwe hoflêer geliasseer was, per
geregistreerde pos aan hom gestuur is of deur die
balju by hom
afgelewer is nie en het die appellant ook gesuggereer dat dit
inderdaad ân vervalsing was. Daar is aangevoer
dat die appellant
nooit die geleentheid gehad het om daardie aansoek te verdedig nie
en dat die skuldoorsaak daarin in elk geval
â
presies
dieselfde is as dié in saak 921/01, wat nog hangende is
â.
Die landdros
het die aansoek om tersydestelling met koste afgewys. Daar is
bevind dat die skuldoorsaak in die twee aangeleenthede,
dit wil sê
op die twee verskillende hoflêers, nie dieselfde was nie.
Volgens
die landdros se uitspraak sou die respondent eers op 12 Desember
2007, ses en ân half jaar na die ondertekening
van die erkenning
van skuld en ongeveer ses jaar nadat die voormelde verstekvonnis
verleen is, die respondent se erkenning van
aanspreeklikheid (en
aanbod om af te betaal) aanvaar het en die respondent per
geregistreerde pos daarvan in kennis gestel het.
Daar is geen
skriftelike aanname van die betrokke aanbod, of bewys daarvan dat
dit per geregistreerde skrywe tot die kennis
van die appellant
gebring is, in die oorkonde wat op appèl voor ons gedien het
nie. Daar sal egter, vir doeleindes van
die oorweging van hierdie
appèl, aanvaar word dat daar wel op daardie stadium voldoen
is aan die voorskrifte van subartikels
(1)(d) en (2) van artikel 57
van die Wet.
AANSOEK OM
KONDONASIE
Dit
is gemenesaak dat die prokureurs vir die appellant versuim het om
die appèl behoorlik voort te sit deur tydig aansoek
te doen
om ân verhoordatum, dat die kennisgewing van die aansoek om ân
verhoordatum later per faks op die respondent se
prokureur in De Aar
â
beteken
â
is (en nie â
afgelewer
â
is soos bedoel in die Hofreëls nie) en dat die hoofde van
betoog namens die appellant ook laat geliasseer is.
Die
verduidelikings wat hiervoor aangebied is, in ân aansoek om
kondonasie en by monde van die appellant se prokureurs te De
Aar en
Kimberley, is dat die prokureur te De Aar nie bewus was van die
tydsvoorskrifte met betrekking tot die voortsetting van
ân appèl
nie, dat die appélrekord in elk geval eers ontvang is nadat
die aansoek om ân verhoordatum reeds moes
ingedien gewees het en
die appèl ook reeds verval het en, laastens, dat die advokaat
wat aanvanklik die opdrag gehad het
om die betoogshoofde voor te
berei, nie binne die voorgeskrewe periode van minstens 15 dae voor
die verhoordatum so gedoen het
nie, en daar toe inderhaas aan ân
ander advokaat opdrag gegee moes word om so te doen.
Dit
is natuurlik geen verskoning dat ân praktisyn op die platteland
praktiseer nie. Indien ân prokureur, waar hy/sy ookal
mag
praktiseer, ân opdrag aanvaar om namens ân litigant stappe te
neem om te verseker dat ân appèl voortgesit word,
word daar
sekerlik van sodanige prokureur verwag om te verseker dat hy/sy
minstens vertroud is met die duidelike voorskrifte
in hierdie
verband.
Wat
betref die feit dat daar per faksimilee kennis gegee is van die
aansoek om die verhoordatum, meen ek werklik dat die beswaar
van die
kant van die respondent in hierdie verband niks om die lyf het nie.
Dit is, in die eerste plek, duidelik dat daar hoegenaamd
geen
benadeling hierin geleë kan wees nie, aangesien dit nêrens
gesuggereer word dat die respondent nie die betrokke
kennisgewing
ontvang het nie, of benadeel is hierdeur nie. Verder blyk dit in
elk geval uit die korrespondensie dat die prokureurs
van die
respondent reeds lank voordat die betrokke faksimilee ontvang is,
per skrywe deur die appellant se prokureurs daarvan
ingelig is dat
daar met ân appèl voortgegaan word.
Wat
betref die appélrekord is dit so dat, wanneer gelet word op
die bepalings van subreëls 40(a), (5)(a) en (7)(a)
van Uniforme
Hofreël 50, die vraag sou ontstaan of die appellant se
prokureurs enigsins in staat sou gewees het om behoorlik
aansoek te
doen om ân verhoordatum waar hulle nog nie in besit was van die
appèloorkonde nie. In die lig daarvan dat
daar egter nie, in
die eedsverklaring ter ondersteuning van die aansoek om kondonasie,
gemeld is wanneer die oorkonde ontvang
is nie, gaan ek nie verder op
hierdie vraag in nie.
Die feit is
egter dat dit baie duidelik blyk, uit die inhoud van die funderende
eedsverklaring in die aansoek om kondonasie, en
ook uit die inhoud
van skrywes wat destyds al deur die appellant se prokureurs aan die
prokureurs van die respondent gerig is,
dat die versuime uitsluitlik
aan die appellant se regsverteenwoordigers toegeskryf kan word en
dat die appellant nog te alle
tye begerig was om sy appèl
voort te sit.
Ek
kan dus nie saamstem met die suggestie van mnr Zietsman, die
advokaat vir die respondent, dat die appellant weens die versuime
geag moet word afstand te gedoen het van sy reg op appèl nie
en ek meen dat die beslissing waarop mnr Zietsman in dié
verband gesteun het, dié van
AC
Building Services CC v P B & A Personnel Consultants (Pty) Ltd
1992 (2) SA 55
(T), op die feite duidelik onderskeibaar is van die
onderhawige geval.
In
die omstandighede, en in die lig van die aard van die onderhawige
versuim
e
en die afwesigheid van enige teken van benadeling as gevolg daarvan,
meen ek nie dat die versuime van die regsverteenwoordigers
in die
onderhawige geval die appellant toegereken moet word en dat hy as
gevolg daarvan sy reg op appèl behoort te verloor
nie.
In hierdie
verband sou die appellant se vooruitsigte op sukses natuurlik ook
tersaaklik wees en, soos wat sal blyk uit dit wat
volg, is ek die
mening toegedaan dat hy uitstekende vooruitsigte op sukses met sy
appèl sou hê. Ek is dus van oordeel
dat kondonasie aan
die appellant verleen behoort te word en dat die appèl
heringestel behoort te word.
Dit
mag moontlik ook net gemeld word dat die respondent self ook maar
nie in hierdie verband met skoon hande Hof toe gekom het
nie,
aangesien die respondent se praktyksnota en bronnelys laat
geliasseer is en die respondent se hoofde self ook nie binne
die
voorgeskrewe minimum periode van 10 dae voor die datum van aanhoring
van die appèl geliasseer is nie. Dit egter daar
gelaat.
Ek
meen egter wel, alles inaggenome, dat die respondent se opponering
van die aansoek om kondonasie nie onbillik was nie, veral
teen die
agtergrond daarvan dat die appellant tot enkele dae voor die aanhoor
van die appèl gewag het met ân aansoek
om kondonasie, nadat
die appellant se prokureur reeds gedurende Julie 2008 deur die
respondent se prokureur gewys is op die versuime
rondom die
voortsetting van die appèl. Teen hierdie agtergrond, en in
die lig daarvan dat dit immers die appellant was
wat ân
tegemoetkoming versoek het onder sodanige omstandighede, meen ek dat
dit billik sal wees om die appellant te gelas om
die koste van die
aansoek om kondonasie te betaal, op ân bestrede skaal.
ELEKSIE
Vir die
doeleindes van die oorweging van die meriete van die appèl is
dit nodig om te let op die bepalings van artikel
57 van die Wet en
ek haal gerieflikheidshalwe die gedeeltes daarvan wat tersaaklik is
hieronder aan:
â
57*
Erkenning
van aanspreeklikheid en onderneming om skuld in paaiemente of
andersins te betaal
(1) Indien
iemand (in hierdie artikel die verweerder genoem) 'n aanmaning
ontvang het of aan hom 'n dagvaarding beteken is waarin
betaling van
'n skuld geëis word, kan die verweerder skriftelik-
(a) aanspreeklikheid
teenoor die eiser erken vir die bedrag van die skuld en koste wat in
die aanmaning of dagvaarding geëis
word of vir 'n ander bedrag;
(b) aanbied
om die bedrag van die skuld en koste waarvoor hy aanspreeklikheid
erken, in paaiemente of andersins te betaal;
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦;
en
(d) instem
dat, in geval hy versuim om sy aanbod na te kom, die eiser geregtig
sal wees om sonder kennisgewing aan die verweerder
aansoek te doen om
vonnis vir die bedrag of die uitstaande saldo van die bedrag van die
skuld waarvoor hy aanspreeklikheid erken,
met koste, en om 'n
hofbevel vir die betaling van die vonnisskuld en koste in paaiemente
of andersins ooreenkomstig sy aanbod,
en indien die eiser of sy
prokureur bedoelde aanbod aanneem, stel hy die verweerder van
bedoelde aanname skriftelik per geregistreerde
brief in kennis.
(2) Indien
die verweerder, nadat hy deur die eiser of sy prokureur skriftelik in
kennis gestel is dat sy aanbod aangeneem is, versuim
om sy aanbod na
te kom, moet die klerk van die hof, op die skriftelike versoek van
die eiser of sy prokureur vergesel van-
(a) indien
geen dagvaarding uitgereik is nie, 'n afskrif van die aanmaning;
(b) die
verweerder se skriftelike erkenning van skuld en aanbod en 'n afskrif
van die eiser of sy prokureur se skriftelike aanname
van die aanbod;
(c) 'n â¦â¦
sertifikaat deur sy prokureur â¦â¦â¦.., waarin aangetoon word hoe
die saldo wat geëis word, bereken word-
vonnis
aanteken ten gunste van die eiser vir die bedrag of die uitstaande
saldo van die bedrag van die skuld waarvoor die verweerder
aanspreeklikheid erken het, met koste; en
die
verweerder beveel om die vonnisskuld en koste in bepaalde paaiemente
of andersins ooreenkomstig sy aanbod te betaal, en so
'n bevel word
geag 'n in artikel 65A (1) genoemde bevel van die hof te wees.
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦..
(4) 'n
Vonnis wat ten gunste van die eiser kragtens subartikel (2)
aangeteken is, het die uitwerking van 'n vonnis by verstek.
â
Op appèl
is onder andere namens die appellant geargumenteer dat, toe die
respondent aansoek gedoen het om die verstekvonnis,
die respondent
in effek die keuse uitgeoefen het om nie die aanbod vervat in die
erkenning van aanspreeklikheid te aanvaar nie
en om eerder voort te
gaan met die regshulp wat in die dagvaarding en besonderhede van
vordering gevorder is.
Hierdie
argument is vir die eerste keer geopper in die betoogshoofde wat op
die respondent se prokureurs afgelewer is op 2 Maart
2009, en dus
nog ân geruime tyd voor die aanhoor van hierdie appèl op 16
Maart 2009.
Op
2 Maart 2009 is daar betoogshoofde namens die respondent afgelewer.
Daarin is die houding ingeneem dat die appèl weens
die
voormelde versuime aan die kant van die appellant van die rol
geskrap behoort te word en is glad nie gehandel met die meriete
van
die appèl, of met enige van die argumente in die
betoogshoofde namens die appellant, nie.
Op
5 Maart 2009, dieselfde dag as waarop die appellant se aansoek om
kondonasie afgelewer is maar reeds etlike dae nadat die appellant
se
betoogshoofde afgelewer is, is daar namens die respondent ân
praktykskennisgewing en bronnelys afgelewer (wat eintlik saam
met
die betoogshoofde afgelewer moes gewees het). In die
praktykskennisgewing is volhard met die houding dat nie met die
meriete
van die appèl gehandel word nie, ten spyte daarvan
dat die appellant se betoogshoofde toe reeds ân dag of wat tevore
ontvang is.
Op
13 Maart 2009, dit wil sê die laaste hofdag voor die aanhoor
van die appèl, is aanvullende hoofde van betoog namens
die
respondent afgelewer. Daarin is wel gehandel met die verweer van
lis
alibi pendens
en met die beweerde fabrikasie van die aanmaning, maar is toe die
houding ingeneem dat die verweer van eleksie en die vraag
of ân
geldige kompromis tot stand gekom het, nooit geopper is in die
funderende eedsverklaring in die aansoek om tersydestelling
of in
die kennisgewing van appèl nie en dat die appellant gevolglik
nie geregtig is om sodanige argumente te opper op
hierdie stadium
nie.
Dit
is so dat daar nêrens in die betrokke eedsverklaring gehandel
is met enige van hierdie verwere of vrae nie. Dit blyk
wel uit die
landdros se uitspraak dat daar destyds namens die appellant
geargumenteer is dat, waar die respondent nog nie in
saaknommer
921/01 die omvang van sy skade bewys het nie, die respondent nie
geregtig was om vonnis te neem op sterkte van die
erkenning van
aanspreeklikheid nie en dat die verweer
lis
alibi pendens
geopper is.
Wat die
kennisgewing van appèl betref, is dit gegiet in baie wye
terme. Daar is, ondermeer, aangevoer dat die landdros
fouteer het
deur:
â
1.2 Te
bevind dat die respondent uit hoofde van die gemelde skulderkenning
vonnis kon vra vir sy gelede skade.
......
Te bevind
dat dit nie onreëlmatig van die respondent was om in
saaknommer 921/01 nie die kwantum van die respondent se
skade te
bewys nie.
Nie
te bevind dat die Appellant ân
bona fide
verweer teen die respondent se aksie het nie.â
Wat
die verweer van
lis
alibi pendens
betref, was die argument namens die appellant, as ek dit reg
verstaan het, dat in saaknommer 921/01 die geskilpunt rakende die
omvang van die respondent se skade nog hangende was en dat die
erkenning van aanspreeklikheid, in saaknommer 118/08, in wese
ook
maar geslaan het op die respondent se skade. Op hierdie basis is
dan geargumenteer dat die eise in die twee aangeleenthede
op
dieselfde skuldoorsaak gebaseer was. Ek twyfel of dit korrek kan
wees, maar in die lig van wat volg, is dit nie nodig om
hieroor ân
bevinding te maak nie.
Mnr
van Tonder, die advokaat vir die appellant, het egter betoog dat die
vraag of die respondent nie deur die aansoek om verstekvonnis
ân
keuse uitgeoefen het om nie gebruik te maak van die erkenning van
aanspreeklikheid (en aanbod) nie, ân voortvloeisel is
van die
verweer van
lis
alibi pendens
en asât ware daarby inbegrepe is, en dat hy op dié basis
geregtig sou wees om voort te gaan met sy argumente gebaseer
op
eleksie. Ek moet sê dat ek ongelukkig glad nie dié
argument begryp nie. Die vraag of die appellant se aanbod
afgewys
en of daar om dié rede nooit ân kompromis tot stand gekom
het nie, is tog totaal verskillend van die vraag of
ân kompromis
wat wel tot stand gekom het, ân identiese skuldoorsaak aan dié
in saak 921/01 sou wees.
Selfs
al sou dit aanvaar word dat die vraag of die aanbod afgewys is n
ie
ingelees kan word by enige van die wye gronde van appèl nie,
sou dit steeds in hierdie Hof se diskresie wees om op appèl
toe te laat dat ân nuwe punt geargumenteer word (sien
Bank
of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others
1987 (1) SA 276
(AD) op 290) en ek meen dat hierdie ân gepaste
geval is om so te doen:
Ek
kan nie sien hoe hierdie vraag, indien dit geopper sou gewees het
by die aansoek om tersydestelling in die Landdroshof, enigsins
die
verloop van die gebeure daar sou kon beïnvloed het nie. Soos
wat ek die landdros se uitspraak verstaan, het hy van
die standpunt
uitgegaan dat daar nooit in saaknommer 921/01 vonnis vir die skade
versoek of verkry is nie en dat, omdat die
erkenning van skuld in
effek die omvang van die skade bepaal het en gelikwideer het, die
respondent toe geregtig was om op
sterkte van die erkenning van
aanspreeklikheid die â
skade
â
te vorder. Op die landdros se benadering sou dus nie gesê
kon word dat die respondent, met die aansoek om verstekvonnis,
ân
keuse uitgeoefen het om, ook wat die skade betref, eerder
saaknommer 921/01 voort te sit as om te steun op die erkenning
van
aanspreeklikheid nie.
Wat
die appèlverrigtinge betref, het ek reeds daarop gewys dat
die respondent se regsverteenwoordigers ruim voor die
aanhoor van
hierdie appèl deur middel van die betoogshoofde namens die
appellant kennis moes geneem het daarvan dat
hierdie vraag op appèl
geargumenteer sou word. Daar is geen rede waarom die respondent
nie gereed kon gewees het om
die vraag op appèl te
argumenteer nie en mnr Zietsman het dan ook nie, by die aanhoor van
die appèl, aan die
hand gedoen dat hy nie in staat was om
die punt te argumenteer nie of ân uitstel vir sodanige doeleindes
versoek nie. Inteendeel,
mnr Zietsman het geargumenteer dat die
betalings wat die appellant gemaak het ná ondertekening van
die erkenning van
aanspreeklikheid en vòòr die
verstekvonnis, aanduidend daarvan sou wees dat die betrokke
betalings gemaak is
ingevolge die erkenning van skuld en, meer
belangrik, dat die respondent dit aldus aanvaar het en gevolglik
die erkenning van
aanspreeklikheid toe reeds op sodanige wyse
implisiet of stilswyend aanvaar het.
Die
vraag of die respondent, deur aansoek te doen om verstekvonnis, in
effek die aanbod (wat inbegrepe was by die appellant
se erkenning
van aanspreeklikheid) afgewys het, is na my oordeel ân vraag wat
maklik en duidelik op die beskikbare inligting
bereg kan word,
waarop nie denkbaar ander getuienis voor die landdros geplaas sou
gewees het nie en waarop die antwoord, na
my mening, duidelik uit
die beskikbare inligting blyk.
Die
probleme met die landdros se benadering, en met die argument dat die
ontvangs van die betrokke betalings aanduidend sou wees
van ân
aanname van die â
aanbod
â,
is die volgende:
Die respondent
het nie bloot en alleen aansoek gedoen om ân bevel dat die omvang
van sy skade oorstaan vir latere beregting
nie. Die respondent
het, in sy aansoek om verstekvonnis, ook aansoek gedoen om bevele
wat die ooreenkoms sou kanselleer en,
meer belangrik, wat teruggawe
van die motorvoertuig sou gelas, en daar is inderdaad in daardie
terme vonnis by verstek toegestaan.
Op
die respondent se eie saak sou dit totaal onmoontlik gewees het om,
waar reeds gelas is dat die voertuig teruggelewer moes
word aan die
respondent, steeds vonnis te verkry vir die totale bedrag van die
uitstaande kapitaal en rente op daardie stadium.
Dit was die
respondent se saak, soos gepleit in die besonderhede van vordering,
dat die respondent geregtig sou wees op teruggawe
van die voertuig,
op die verbeuring van reeds betaalde paaiemente en, veral hier van
belang, op skadevergoeding wat bepaal
sou word deur die waarde van
die voertuig in verrekening te bring teen die uitstaande kapitaal
en rente. Toe die respondent
dus in saaknommer 921/01 die keuse
uitgeoefen het om bevele te verkry vir die teruggawe van die
voertuig en vir die oorstaan
van die geskilpunt rondom die omvang
van sy skade, het die respondent, na my oordeel, duidelik die keuse
uitgeoefen om die
vraag na watter bedrag geld hy van die appellant
sou kon verhaal, te laat bereg in saaknommer 921/01.
Die
ontvangs van net twee betalings tussen die datums van die
ondertekening van die erkenning van aanspreeklikheid en die
verlening van verstekvonnis sou ook nooit, na my mening, in die
omstandighede gesien kon word as ân basis vir die afleiding
dat
die respondent toe reeds die aanbod aanvaar het nie (vergelyk
Paterson
Exhibitions CC v Knights Advertising and Marketing CC
,
1991 (3) SA 523
(A) en
Be
Bop A Lula Manufacturing & Printing CC v Kinglex Marketing
(Pty) Ltd
2008 (3) SA 327
(SCA)).
Indien
dit wel die respondent se bedoeling sou gewees het, sou ân mens
verwag het dat die respondent, toe die appellant
nie stiptelik
betaal het ingevolge die kompromis wat deur sodanige aanname sou
ontstaan het nie, dadelik sou voortgegaan
het met die afdwing van
die kompromis, in stede daarvan om die omvang van sy skade te laat
oorstaan vir latere bepaling deur
ân Hof.
In elk geval
sou die respondent, in die lig van die bepalings van subartikels
(1)(d) en (2) van artikel 57, die betrokke aanbod
slegs geldiglik
kon aanvaar het deur toe reeds skriftelik so te doen en die
appellant reeds op daardie stadium per geregistreerde
pos van
sodanige aanname in kennis te stel.
Dit
het die respondent eers in Desember 2007 gedoen, onmiddellik
voordat voortgegaan is met
die
aansoek om vonnis op sterkte van die erkenning van
aanspreeklikheid, en die vraag sou dan ontstaan waarom die
respondent,
indien hy van oordeel was dat hy alreeds in 2001, en
nog voordat verstekvonnis geneem is, die aanbod aanvaar het, later
weer
ân skriftelike aanname van die aanbod aan die appellant sou
gekommunikeer het.
Ek is dus van
oordeel dat die aanduidings oorweldigend is dat die respondent op
geen stadium voordat aansoek gedoen is om verstekvonnis,
en
inteendeel tot in Desember 2007, die aanbod wat inbegrepe was by die
erkenning van aanspreeklikheid aanvaar het nie.
Die
aansoek om ân bevel, by verstek, dat die bepaling van sy skade
oorstaan vir latere beregting, in plaas daarvan om doodeenvoudig
op
sterkte van die skriftelike aanbod selfs meer te verhaal as die
skade waarop die respondent ingevolge die
afbetalingsverkoopooreenkoms
geregtig sou wees, kan op die
waarskynlikhede geen ander afleiding regverdig nie as dat die
respondent op daardie stadium nie
die aanbod aanvaar het (wat sou
behels dat die betrokke bedrag in paaiemente van R100,00 per maand
afbetaal sou word) nie, en
verkies het om eerder te poog om vir die
volle bedrag vonnis te verkry in saak 921/01.
Die aanbod wat
by die erkenning van aanspreeklikheid inbegrepe was, was vir presies
die bedrag wat die respondent in sy besonderhede
van vordering
beweer het nog enkele maande tevore die volle uitstaande balans op
die afbetalingsverkoopoor-eenkoms te gewees
het. Die verhaling van
skade in ân bedrag gelykstaande aan die verskil tussen die
uitstaande balans en die waarde van die
voertuig sou eintlik maar
net neergekom het op ân ander manier om uiteindelik maar ook die
uitstaande balans te bekom.
â
n
Wesenlike stap in die laasgemelde metode sou dan die terugneem van
die voertuig gewees het. Dit was die eerste stap in die
verhaling
van die uitstaande balans by wyse van skadevergoeding, in
teenstelling met die verhaling van die uitstaande balans
by wyse van
die aanvaarding en afdwinging van die erkenning van aanspreeklikheid
(en inbegrepe aanbod), en die neem van dié
stap (toe aansoek
gedoen is om ân vonnis by verstek vir die teruggawe van die
voertuig) regverdig na my oordeel op die waarskynlikhede
slegs een
afleiding, en dit is dat die respondent op daardie stadium nog nie
die aanbod aanvaar het nie en dit in effek op die
oomblik van die
aansoek om verstekvonnis, afgewys het.
Selfs
al sou daar dus ook in Desember 2007 ân skriftelike â
aanname
â
van die aanbod onderteken en versend gewees het, sou daar nie op
daardie stadium meer ân aanbod gewees het om te aanvaar
nie (sien
The
Law
of Contract in South Africa,
Christie,
5de uitgawe, bl 49 en
The
Principles of the Law of Contract,
Kerr,
6de uitgawe, bl 75), want dit sou reeds verval het toe die aanbod
geweier is deur aansoek te doen om ân bevel wat totaal
onversoenbaar sou wees met ân bedoeling om die aanbod te aanvaar
en om ân ooreenkoms tot stand te laat kom ingevolge waarvan
die
appellant toegelaat sou word om die voertuig te behou en om
ooreenkomstig sy aanbod die uitstaande balans op die
afbetalingsverkoopooreenkoms
te vereffen by wyse van maandelikse
paaiemente.
In
die lig hiervan meen ek gevolglik dat die vonnis onder saaknommer
118/08 tersydegestel moes gewees het, op die basis dat dit
ab
origine
nietig was weens die feit dat dit gebaseer was op ân ooreenkoms
wat nooit tot stand gekom het nie.
ALGEMEEN
Daar is na my
oordeel ook ander kommerwekkende aspekte rondom die wyse waarop die
klerk van die hof hier genader is en vonnis
hier verleen is op
sterkte van die erkenning van aanspreeklikheid, maar waaroor dit in
die lig van die voorgaande nie nodig is
om finaal te beslis nie.
Die
appellant se bewering, in sy aansoek om tersydestelling, dat hy
deur die prokureur vir die respondent â
beweeg
â
is om die erkenning van skuld te onderteken, is in die opponerende
eedsverklaring erken.
Dit
was, soos reeds gemeld, die respondent se eie saak dat die
skadevergoeding waarop die respondent geregtig sou wees, ân
bedrag gelykstaande aan die verskil tussen die uitstaande balans en
die waarde van die voertuig sou beloop.
Die basis van
die gesprek tussen die respondent se prokureur en die appellant
moes dus noodwendig gewees het dat die appellant
sy voertuig sou
kon behou indien hy die vorm sou onderteken waarin hy sou toestem
tot vonnis vir die volle uitstaande kapitaal
en rente (as hy nie
stiptelik sou betaal soos uiteengesit in die betrokke aanbod en
vorm nie).
Selfs
al sou aanvaar word dat die appellant toe nie stiptelik betaal het
ooreenkomstig sy aanbod nie (indien vir die oomblik
buite rekening
gelaat word dat die aanbod toe nog nie geldiglik aanvaar was op die
voorgeskrewe wyse nie), en dat die respondent
geregtig was om voort
te gaan met sy aksie en met die regshulp oorspronklik gevorder
(sien paragraaf 7 van die erkenning van
aanspreeklikheid), sou die
respondent sekerlik darem nooit geregtig kon wees op die behoud van
alle reeds-betaalde paaiemente,
die volle uitstaande balans van die
kapitaal en rente (asof die afbetalingsverkoop-ooreenkoms dus
nagekom is) en dan nog ook
ân bevel vir die teruggawe van die
voertuig nie.
Dit
is presies die eindresultaat van wat hier gebeur het. Alhoewel
daar nie getuienis is dat dit doelbewus so gemanipuleer
is nie, is
die afleiding onafwendbaar dat die opening van ân tweede lêer
en die afwesigheid van die bevel met die verstekvonnis
daarin, ân
bydrae hiertoe moes gelewer het. Die klerk van die hof het
uiteindelik waarskynlik nie geweet van die bestaande
verstekvonnis
nie.
Mnr Zietsman
het geen antwoord gehad op ân vraag of hy, indien hy in die
posisie was van die klerk van die hof in hierdie
geval, maar wel
bewus was van die bestaande verstekvonnis en van die ander lêer,
vonnis sou verleen het op die onderhawige
erkenning van
aanspreeklikheid alleen (en sonder insae in die ander lêer)
nie.
Waarom
dit enigsins nodig was om ân tweede lêer te open, is vir my
ân raaisel. Die erkenning van aanspreeklikheid
(en die inbegrepe
aanbod) was tog bloot ân stap in die aksie wat die onderwerp van
saak 921/01 gevorm het.
Ek kan glad
nie begryp waarom die prokureur van die respondent, indien hy
eerlik van mening was dat die respondent teen die
agtergrond van
die bestaande verstekvonnis vir die teruggawe van die voertuig (en
die bevel vir die oorstaan van die respondent
se skade), steeds
geregtig sou wees op ân vonnis op die basis van die erkenning van
aanspreeklikheid, en wel vir die volle
uitstaande balans van die
kapitaal en die rente, nie bloot die lêer in saak 921/01 voor
die klerk van die hof geplaas
het vir die doeleindes van die latere
aansoek om vonnis nie.
Die vereiste
aanmaning, dagvaarding en erkenning van aanspreeklikheid was immers
stukke in daardie lêer. Die skriftelike
aanname (en bewys
van die geregistreerde versending daarvan) en die sertifikaat oor
die uitstaande balans op daardie aanbod,
moes mos logieserwys op
dieselfde lêer geplaas gewees het.
In plaas
daarvan is die erkenning van aanspreeklikheid van die lêer in
saak 921/01 verwyder, die saaknommer daarop deurgehaal
en verander
na 118/2008 en is dit op die nuwe lêer geplaas, tesame met
slegs die verdere dokumentasie wat nodig sou wees
om aansoek te
doen om ân vonnis op sterkte van die erkenning van
aanspreeklikheid.
Omdat
so ân erkenning van aanspreeklikheid aangegaan kan word waar daar
nog slegs ân aanmaning was, sou die klerk van die
hof so onder
die indruk gebring kon gewees het dat daar nog geen dagvaarding was
nie en sou die klerk van die hof nie maklik
rede gehad het om te
vermoed dat daar ook alreeds ân verstekvonnis teen die respondent
was wat gebaseer was op presies dieselfde
skuldoorsaak as die een
wat onderliggend was aan, en wat aanleiding gegee het tot, die
erkenning van aanspreeklikheid nie.
Ek herhaal
egter dat hier nie getuienis is om te bevind dat enige van die
respondent se prokureur of die klerk van die hof opsetlik
so ân
toedrag van sake gemanipuleer het nie.
Die klerk van
die hof het verder duidelik nie opgelet dat die saldosertifikaat
waarna verwys is in die sertifikaat in terme
van artikel 57(2)(c)
van die Wet, en wat volgens die laasgemelde sertifikaat sou aantoon
dat die uitstaande rente reeds ân
bedrag van R11 250,70
beloop het, nie alleen glad nie gemeld het dat dié bedrag
aan rente verskuldig was nie (en
inteendeel gesertifiseer het dat
die uitstaande balans aan beide kapitaal en rente R11 257,00
beloop het), maar ook reeds
op 26 Maart 2001 gedateer was.
In
die lig van
Nedbank
Ltd v Morsead Securities (Pty) Ltd
1978 (3) SA 633
(W) verleen ek nie verdere oorweging aan die vraag
of die betrokke bedrag aan rente die
in
duplum
-reël
sou oorskry nie, en dit was ook nie die appellant se saak nie.
KOSTE
Ek
meen dus opsommenderwys dat die appèl behoort te slaag. Daar
is geen rede waarom die koste van die appèl nie
die uitslag
daarvan behoort te volg nie.
Wat betref die
koste van die aansoek om tersydestelling, meen ek dat die respondent
gelas moet word om dit te betaal. Die appellant
het geen deel gehad
daarin dat daar op dié ooglopend onreëlmatige wyse nog
ân vonnis teen hom verleen is nie.
Die
optrede van die respondent se prokureurs ter verkryging van die
latere vonnis, moet gesien word teen die agtergrond daarvan
dat
dieselfde prokureurs ook vroeër die lasbriewe laat uitreik het
terwyl daar nog geen vonnis bestaan het wat die appellant
verplig
het tot die betaling van geld nie (sien
artikel
66(1)(a) van die Wet
).
Met daardie lasbriewe is beslag gelê op die appellant se
eiendom en hulle het gelei tot verdere betalings deur die
appellant,
en daar is doodeenvoudig geen verduideliking vir daardie optrede
nie.
BEVELE
B
ygevolg
sou ek die volgende bevele hierin maak:
K
ondonasie
word aan die appellant verleen ooreenkomstig bedes 1 tot 3 van die
appellant se aansoek om kondonasie gedateer 5 Maart
2009, die appèl
word heringestel en die appellant word gelas om die koste van die
aansoek om kondonasie te betaal op ân
bestrede skaal.
Die
appèl slaag en die landdros se weiering van die aansoek om
tersydestelling en die gepaardgaande kostebevel word tersyde
gestel
en vervang met die volgende bevele:
â
1. Die
vonnis onder saaknommer 118/08 verleen, word tersyde gestel.
2. Die
eiser word gelas om die koste van die aansoek om tersydestelling te
betaal
.â
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
App
ellant: Adv
A G van Tonder
In
opdrag van
: L
Coetzee Prokureur
Nms
Respondent
: Adv
P J J Zietsman
In
opdrag van
: Duncan
& Rothman