About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 4
|
|
Idada Trading (Edms) Beperk and Another v Top Coat Property Investment 23 (Edms) Beperk (646/2006) [2009] ZANCHC 4 (13 March 2009)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/
NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaap
Hooggeregshof, Kimberley)
Saakno: /
Case number:
a
quo 646 / 2006
Datum
verhoor: / Date heard:
23/02/2009
Datum
gelewer: / Date delivered:
13/03/2009
In
die appèl:
IDADA
TRADING (EDMS) BEPERK Eerste Appellant
POORT
BETON (EDMS) BEPERK Tweede Appellant
en
TOP
COAT PROPERTY INVESTMENT 23
(EDMS)
BEPERK Respondent
Coram:
Kgomo, RP, Lacock R, Olivier, R
UITSPRAAK
OP APPÈL
LACOCK
R:
Op 12
Julie 2002 het die destydse direkteur, mineraalontwikkeling,
Kimberley, in die Departement van Minerale en Energie kragtens
die
toepaslike voorskrifte van onder andere Artikel 9 van die
Mineraalwet, Nr. 50 van 1991 ân mynpermit aan die Tweede Appellant
(Poort Beton (Edms) Bpk) uitgereik waarkragtens magtiging aan die
Tweede Appellant verleen is om vir âsand en klipâ te myn
op die
eiendom bekend as die Resterende Gedeelte van die Plaas Droogehout,
Nr. 442, geleë in die Landdrosdistrik van Barkly-Wes
(die
eiendom). In werklikheid is hierdie eiendom geleë in die
distrik van Gordonia en nie Barkly-Wes nie. Niks draai egter
hierom
nie. Die geldigheidsduur van hierdie permit het gestrek vanaf die
datum van uitreiking tot 11 Julie 2004.
Op 25
Mei 2006 het die Respondent, die huidige eienaar van die eiendom,
by hierdie Hof aansoek gedoen vir, onder andere, die
volgende
regshulp:-
â
1. Dat
dit verklaar word dat die aktiwiteit wat deur die Eerste Respondent
alternatiewelik Tweede Respondent alternatiewelik beide
Eerste en
Tweede Respondent sedert September 2004 op Gedeelte 4 van die plaas
Droogehout Nr. 442, Geleë in die Munisipaliteit
(van) KHARA
HAIS, in die Afdeling GORDONIA, Provinsie Noord-Kaap, verrig word,
myn (âmineâ), soos bedoel in Wet 28 van 2002,
konstateer;
2. Dat dit verklaar
word dat bogemelde bedrywighede en aktiwiteite, aldus verrig, in
stryd is met die bepalings en voorskrifte van
Wet 28 van 2002;
3. Dat
beide Eerste en Tweede Respondent, met onmiddellik effek, verbied
word om op die bogemelde eiendom te myn vir enige vorm
van mineraal
en om enige vorm van myn (âmineâ) of mynbou (âmining
operationâ) op die gemelde eiendom te beoefen.
â
Op 8
Junie 2007 het die Verhoorhof (Molwantwa, WnR â soos sy toe was)
die volgende bevel verleen:
â
1. An
order declaring that the activities carried out by Poort Beton or
both these respondents on Portion 4 of the Farm Droogehout
No 442,
situate in the Municipal Area of Khara Hais, district Gordonia,
Northern Cape, since September 2004, constitute mining
as
contemplated in the
Mineral and Petroleum Resources Development Act
No 28 of 2002
;
2. An order
declaring that the operations and activities carried out as
aforementioned are in contravention of the provisions of
the said
Act;
That Poort Beton
be and is hereby forthwith interdicted and restrained from
extracting minerals of any kind or to carry out
any form of mining
operations on the property;
That Second
Respondent (Poort Beton) is ordered to pay 80 % of the applicantâs
taxed costs; and
That
Third and Fourth respondents (the Minister of Minerals and Energy
and the Regional Manager, Northern Cape) are ordered
to pay 20 %
of the applicantâs taxed costs.
â
Met
verlof van die Hof
a
quo
appelleer die Appellante nou teen die geheel van die voormelde
bevel.
[2] Dit is nodig om
eerstens te handel met enkele preliminêre aspekte alvorens
gehandel word met die tersaaklike geskilpunte.
[3] In
haar uitspraak het die Verhoorhof onder andere as volg bevind:-
â
1. At
a late stage Mr Coetzee, for the companies, after conceding that
Poort Beton was in fact involved in mining activities submitted
that
Idada Trading must therefore be exonerated from all blame as they did
not conduct any mining operations. Mr Wessels, for
the applicant,
accepted this submission in my view correctly. Reference will here
only be made to Idada Trading when it is unavoidable.
â
Afgesien daarvan dat
dit nou blyk dat die betrokke advokaat nie toegegee het dat die
Tweede Appellant mynbedrywighede op die eiendom
beoefen nie, strook
hierdie bevinding nie met die inhoud van paragraaf 1 van die Bevel
nie. Dit was dan ook op die stukke deurgaans
ontken dat die Eerste
Appellant enigsins betrokke was by enige mynbedrywighede wat op die
eiendom verrig is, en dat slegs die Tweede
Appellant aldaar sekere
handelinge verrig het.
Bygevolg,
en soos tereg deur Adv. Wessels toegegee, behoort die appèl
van die Eerste Appellant tot die mate waartoe daar
in die eerste
paragraaf van die bevel van die Hof
a
quo
na hom verwys is, te slaag. Ek handel hieronder met die effek wat
hierdie bevinding op die kostebevel in die appèl het.
[4] Soos
reeds sydelings hierbo daarna verwys, het die geleerde Verhoorregter
onder die indruk verkeer dat die advokaat namens die
Appellant
toegegee het dat die Tweede Appellant op die eiendom gemyn het.
Hierdie indruk het klaarblyklik op ân misverstand
berus. Aangesien
Adv. Wessels nou toegegee het dat die gewaande toegewing nie gemaak
was nie, het ons die appèl benader
asof geen sodanige
toegewing gemaak was nie.
[5] Adv.
Danzfuss namens die Appellant het voorts aangevoer dat die Verhoorhof
verkeerdelik gesteun het op die inhoud van die repliserende
verklaring, daar die regsverteen-woordigers van die partye â ten
einde te voorkom dat die aansoek vir getuienis verwys word weens
die
feitegeskille â ooreengekom het dat die aansoek bereg kan word
sonder inagneming van die repliserende eedsverklarings. Hierdie
submissie blyk korrek te wees, en het ek dan ook die appèl
benader op die aanvaarding van die beweringe namens die Appellant
vervat in die antwoordende eedsverklarings en daardie bewerings
vervat in die stawende eedsverklarings wat nie in geskil is nie
(
Plascon
Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
,
1984(3) SA 623(A) te 634).
[6] Dit
bring my by die twee oorblywende en deurslaggewende geskilpunte,
naamlik of die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat
die
mynpermit van die Tweede Appellant kragtens die toepaslike
voorskrifte van die Mineral and Petroleum Resources Development
Act,
No. 28 of 2002 (die Wet) steeds geldig en van krag was ten tye van
die loods van die aansoek; en, indien nie, of die Tweede
Appellant op
die eiendom myn.
[7] Dit
is gemeensaak dat:
die Tweede Appellant
regmatiglik die houer was van ân mynpermit;
die Tweede Appellant
kragtens daardie permit gemagtig was om op die eiendom te myn vir
sand en klip;
die
permit uitgereik was kragtens die voorskrifte van Artikel 9(1),
gelees met Artikel 9(3)(d), van die Mineraalwet van 1991;
die
Tweede Appellant voor die inwerkingtreding van die Wet ân
vergruisaanleg op die eiendom bedryf het waartydens materiaal
(klip
en sand) wat van die eiendom (grondstuk) los gemaak is, verwerk is,
uit hoofde van die voormelde mynpermit;
die mynpermit van die
Tweede Appellant (sonder inagneming van die voorskrifte van die
Wet) sou verval het op 11 Julie 2004;
die
Tweede Appellant op geen stadium voor of na 11 Julie 2004 aansoek
gedoen het vir óf die hernuwing van sy mynpermit
óf
vir die uitreiking van ân prospekteer- of mynreg kragtens die
voorskrifte van die Wet nie; en
sand en klip,
kragtens die voorskrifte van die Wet en die 1991 Mineraalwet, ân
mineraal is.
[8] Die
Tweede Appellant voer aan dat, ingevolge die voorskrifte van Artikel
7(1) van die Tweede Skedule (Oorgangsreëlings)
tot die Wet (die
Skedule) sy voormelde mynpermit regsgeldig bly voortleef het vir ân
periode van 5 (vyf) jaar vanaf die datum
waarop die Wet in werking
getree het, naamlik 1 Mei 2004, ongeag die vervaldatum van die permit
van 11 Julie 2004.
[9] Artikels
7(1), (2) en (8) van die Skedule lees as volg:-
â
(1) Subject
to subitems (2) and (8), any old order mining right in force
immediately before this Act took effect continues in force
for a
period not exceeding five years from the date on which this Act took
effect subject to the terms and conditions under which
it was granted
or issued or was deemed to have been granted or issued.
(2) A
holder of an old order mining right must lodge the right for
conversion within the period referred to in subitem (1) at the
office
of the Regional Manager in whose region the land in question is
situated...
(8) If
the holder fails to lodge the old order mining right for conversion
before the expiry of the period referred to in subitem
(1), the old
order mining right ceases to exist.
â
ân
â
old
order mining right
â
word in Artikel 1 van die Skedule omskryf as â
any
mining lease, consent to mine, permission to mine, claim licence,
mining authorisation or right listed in Table 2 to this Schedule
in
force immediately before the date on which this Act took effect and
in respect of which mining operations are being conducted.
â
Dit is gemeensaak dat die mynpermit uitgereik aan die Tweede
Appellant binne hierdie omskrywing val.
Na my
mening blyk die bedoeling van die Wetgewer ondubbelsinnig duidelik
uit die bewoording van Artikel 7(1) van die Skedule,
en dit is
naamlik dat ân ou orde mynpermit vir nie langer nie as 5 (vyf)
jaar na die inwerkingtreding van die Wet geldiglik
voortbestaan
onderhewig aan dieselfde terme en voorwaardes waaronder dit verleen
is. Sou ân permit dus onder die 1991 Mineraalwet
verleen gewees
het vir ân termyn wat sou verval het op ân datum ná 5
(vyf) jaar nadat die Wet in werking getree
het, verval dit nou voor
daardie datum, dit wil sê op die vyfde verjaarsdag van die
Wet oftewel 30 April 2009. Die bedoeling
van die Wetgewer was dus
om die lewensduur van ân ou orde mynpermit te beperk, en nie,
soos Adv. Danzfuss betoog, dit te
verleng nie. Vandaar die gebruik
van die woorde â
not
exceeding
â
in die tweede reël van die Artikel.
Op die
argumente van Adv. Danzfuss sal dit beteken dat die houer van ân
ou orde permit wat â soos in die geval van die Tweede
Appellant â
sou verval het ongeveer twee en ân half maande nadat die Wet in
werking getree het daarkragtens kan myn vir
ân verdere periode
van ongeveer 4 (vier) jaar en 9 en ân half maande sonder dat
enige owerheidsinstansie (in
casu
die
tersaaklike kantoor van die Minister van Minerale en Energie) die
geleentheid het om te besin oor die wenslikheid om die
permit te
verleng, en sonder dat daar voldoen is aan die voorskrifte van die
Wet. Die blote feit dat ân permit vir ân
beperkte periode
toegestaan is, is myns insiens aanduidend daarvan dat dit die
oogmerk van die verlener daarvan was dat die
reg slegs vir daardie
beperkte periode uitgeoefen kan word, en dat daar, na verstryking
daarvan,
de
novo
besin
sou word of, indien daartoe versoek, dit wenslik is dat dit weer
verleng of verleen behoort te word.
Die
Artikel bepaal verder dat die ou orde mynpermit regsgeldig sal
voortleef â
subject
to the terms and conditions under which it was granted.
â
Na my mening kan daar geen twyfel wees nie dat die
geldigheidstermyn van ân permit een van die mees fundamentele
terme
of voorwaardes is waaronder dit uitgereik is. In
casu
was die voorwaarde dat dit sou verval op 11 Julie 2004. Bygevolg
het die mynpermit van die Tweede Appellant op 11 Julie 2004
verval,
en kan die Tweede Appellant regtens geen verdere mynaktiwiteite op
die eiendom daarkragtens verrig nie.
Vergelyk
hieraangaande
McGregor
& Another v City of Johannesburg
,
2008(1) SA 308 (HHA).
[10] Adv. Danzfuss het
swaar gesteun op die bewoording van Artikel 6(1) van die Skedule en
wat as volg lees:-
â
(1) Subject
to subitems (2) and (8), any old order prospecting right in force
immediately before this Act took effect
continues
in force
for a period of two years from the date on which this Act took effect
subject to the terms and conditions under which it was granted
or
issued or was deemed to have been granted or issued.
â
(my nadruk)
Hy betoog
dat, indien die bewoording van die twee artikels en wat tot ân
groot mate ooreenstemmend is, vergelyk word, is dit duidelik
dat dit
die bedoeling van die Wetgewer was om die geldigheidsduur van die
onderskeie regte vir ân bepaalde periode te verleng:
in die geval
van ân prospekteermagtiging tot 2 (twee) jaar ná die
inwerkingtreding van die Wet, en in die geval van ân
mynpermit tot
5 (vyf) jaar ná die inwerkingtreding van die Wet. Ek kan nie
met hierdie argument saamstem nie.
Eerstens
druis dit, myns insiens, in teen die ondubbelsinnige bewoording van
Artikel 7(1) waarmee ek reeds hierbo gehandel het.
Tweedens
kom dit my voor dat die woorde â
...continues
in force for a period of two years...
â
in Artikel 6(1) aanduidend daarvan is dat die Wetgewer inderdaad in
hierdie Artikel, aan die een kant, ân verlenging van
die
geldigheidsduur van ân prospekteerreg in gedagte gehad het. Dat
dit so is vind stawing daarin dat, kragtens die voorskrifte
van
Artikel 6(4) van die 1991 Mineraalwet, ân prospekteermagtiging
primêr vir ân periode van 12 (twaalf) maande toegestaan
kan
word, of vir so ân langer periode as wat die Direkteur:
Mineraalontwikkeling mag vasstel. Insoverre hy dus die
geldigheidsduur
van ân ou orde prospekteermagtiging vasgestel het
vir ân periode wat sou verstryk na 2 (twee) jaar vanaf die datum
waarop
die Wet in werking getree het, is daardie reg, aan die ander
kant, beperk tot en verval dit twee jaar na die inwerkingtreding
van die Wet.
Indien
die Wetgewer beoog het dat ook ân ou orde mynpermit se lewensduur
kragtens Artikel 7(1) verleng word, sou verwag gewees
het dat
dieselfde bewoording van Artikel 6(1), naamlik â
...continues
in force for a period of...
â,
gebesig gewees het. Daarteenoor egter is die woorde â
...for
a period not exceeding...
â,
gebesig. Soos hierbo gestel, is hierdie woorde, myns insiens,
aaduidend daarvan dat die Wetgewer slegs ân beperkende
geldigheidsduur
van ân ou orde mynpermit in gedagte gehad het, en
nie ook ân verlenging van die lewensduur daarvan nie.
[11] Laastens
het Adv. Dansfuss gesteun op die uitspraak van
CA
Visser Delwerye (Edms) Bpk v Du Plooy
,
[2006] 2 All SA 614(NK)
waar Olivier, R, die volgende vertolking
geheg het aan Artikel 8(1) van die Skedule en wat as volg lees:-
â
(1) Any
unused old order right in force immediately before this Act took
effect contitnues in force subject to the terms and conditions
under
which it was granted, acquired or issued or was deemed to have been
granted or issued for a period not exceeding one year
from the date
on which this Act took effect
â,
naamlik
â
In
terms of section 8 of Schedule II such a right would, after the
commencement of the MPRD Act, have remained valid for a period
ânot
exceeding one year from the date on which this Act took effectâ
(
regardless
of the period for which it had originally been issued
).
â
(te [94]) (my nadruk)
11.1 Hierdie
opmerking (en daarmee saam ook die ooeenstemmende opmerking rakende
die bepalings van Artikel 7(1)) was obiter, aangesien
daar in elk
geval in daardie geval ook nie eers vir die maksimum periode vermeld
in Artikel 8(1) (een jaar) ân aansoek om â
conversion
â
was nie.
11.2 Die
huidige vraag was nie daar ter spake nie, maar vir soverre die
opmerking waarna reeds verwys is, strydig sou wees met die
slotsom
waartoe reeds hierbo gekom is, verskil ons met respek eenparig
daarvan.
[12] Uit hoofde van die
voorgaande kom ek dus tot die gevolgtrekking dat die Verhoorhof
korrek bevind het dat die mynpermit van
die Tweede Appellant op 11
Julie 2004 verval het en dat die Tweede Appellant nie gemagtig is om
daarkragtens op die eiendom te
myn nie.
[13] Laastens, en in
die alternatief, betoog Adv. Danzfuss dat die Tweede Appellant in
iedere geval nie op die eiendom gemyn het
nie. Hy steun
hieraangaande op die beweringe vervat in die antwoordende
eedsverklaring en wat as volg in sy argumentshoofde opgesom
is:-
â
37.1 Tweede
appellant het ân vergruiseraanleg op die eiendom bedryf waartydens
klip en sand wat reeds vroeër van die grond
losgemaak is,
verwerk word. Tweede appellant maak dus nie self klip en sand los
van die grond nie, maar vergruis die klip en sand
wat reeds bo-op die
grond los lê en reeds vroeër van die grond losgemaak is.
37.2 Die klip en die
sand wat reeds losgemaak is en op die grond opgehoop is, word van
mekaar geskei en die klip word in kleiner
graderings en sand
vergruis.
37.3 Die
klip en sand is deur tweede appellant voor die inwerkingtreding van
die Wet en as houer van die mineraalregte uit hoofde
van permit
MP106/2002
ontgin en dus van die grond losgemaak en uitgehaal en opgestapel.
37.4 Hierdie
proses, naamlik om die klip en sand van die grond los te maak, is
teen
September
2003
reeds
voltooi.
37.5 Die
losgemaakte klip en sand was versamel en opgepot.
37.6 Al wat die
tweede appellant daarna gedoen het was om hierdie voorraad sand en
klip wat reeds losgemaak was, en wat van die
grond geskei is en wat
opgepot was, in die vergruisersaanleg te verwerk.
37.7 Daar
het voor
1
Mei 2004
ân
proses plaasgevind om die losgemaakte sand en klip deur middel van ân
kruiptrekker te skeurploeg maar dit is gestaak teen
die winter van
2005
.
â
Die woord âmineâ
word as volg in die Wet omskryf:-
â
when
used as a verb, means any operation or activity for the purposes of
winning any mineral on, in or under the earth, water or
any residue
deposit, whether by underground or open working or otherwise
and
includes any operation or activity incidental thereto
;
â
(my nadruk)
Adv.
Danzfuss argumenteer dat die operatiewe woord in hierdie omskrywing
die woord âwinningâ is. Aldus die betoog het die Tweede
Applikant reeds voor die instel van die onderhawige geding die sand
en klip ontgin, en val die huidige bedrywighede, naamlik die
vergruising van die sand en/of klip, buite die omskrywing van âmynâ.
Hierdie
argument hou geen rekening met die woorde â
...
and includes any operation or activity incidental thereto...
â,
soos vervat in die woordomskrywing. Die losmaak, oppotting en
vergruising van die sand en klip is na my mening so ineenverweef
as
synde deel van dieselfde proses, dat daar geen ruimte is vir die
opbreek van hierdie prosesse ten einde die een as â
myn
â,
die ander as â
oppotting
â
en die ander as â
vergruising
â
te klassifiseer nie. In die konteks van die tersaaklike handelinge
soos omskryf namens die Tweede Appellant, is ek tevrede
dat die
oppotting- en vergruisingsprosesse insidenteel is tot die myn van
die sand en klip soos in die aangehaalde woordomskrywing
bedoel.
Die saak
van
Albertonse
Stadsraad v Briti BK
,
2003(5) SA 157 (HHA) waarop Adv. Danzfuss steun, is te onderskei van
die onderhawige saak. In die Briti-saak het die Hof te make
gehad
met die omskrywing van âmynâ as ân werkwoord onder die 1991
Mineraalwet, die Engelse teks waarvan as volg gelees het:-
â
used
as a verb, the making of any excavation or borhole referred to in
paragraph (a) (i) or the exploitation of any mineral deposit
in any
other manner, for the purose of winning a material, including any
prospecting in connection with the winning of such mineral;
â.
Die woorde â
...
includes any operation or activity incidental thereto...
â
ontbreek kennelik in die omskrywing van âmynâ in hierdie
definisie.
Adv.
Danzfuss het ook gesteun op die uitspraak van
R
v Blom
,
1951(1) SA 708 (T) waar Roper R, die volgende gesê het,
â
I
just want to say that no distinction was drawn in the evidence or has
been drawn in argument in this case between the operation
of
excavating lime stone by quarrying operations and conveying it
thereafter to the roasting kilns and the further operation of
roasting the lime stone and slaking it and so converting it into
lime. It is possible that a distinction may be drawn between
these
two operations in other cases in which the meaning of âminingâ or
a âmineâ is in question.
â
Dit kom
my voor dat, soos deur Adv. Wessels betoog, die Wetgewer hierdie
moontlike onderskeid tussen die verskillende aktiwiteite
juis
ondervang het deur die invoeging van die woorde â
...
and includes any operation or activity incidental thereto
â,
in die tersaaklike woordomskrywingsartikel.
â
n
Verdere aanduiding in die Wet self dat die Wetgewer ook die
verwerking van onder andere sand en klip wou tuisbring onder die
begrip â
mynâ,
is
te vinde in Artikel 28 daarvan. Hierdie Artikel lees as volg:
â
(1) The
holder of a mining right or mining permit must, at its registered
office or place of business keep proper records of mining
activities
and proper financial records in connection with the mining
activities.
(2) The
holder of a mining right or mining permit, or the manager
of
any processing plant
operating separately from a mine, must submit to the Director-General
-
prescribed
monthly returns with accurate and correct information and data;
and
an audited
financial report or financial statements reflecting the balance
sheet and profit and loss account;
an
annual report detailing the extent of the holderâs compliance
with the provisions of section 2(d) and (f), the charter
contemplated in section 100 and the social and labour plan.
â
(my nadruk)
Die woord
â
processing
â
word in die woordomskrywingsartikel van die Wet omskryf as
â
...in
relation to any mineral, means the winning, extracting,
concentrating, refining, calcining, classifying, crushing, screening,
washing, reduction, smelting or gasification thereof.
â
Hierdie omskrywing
sluit duidelik die aktiwiteite van die Tweede Appellant in, naamlik
die vergruising van die sand en klip.
[14] Ek
kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die aktiwiteite van die
Tweede Appellant op die eiendom binne die omskrywing van
âmynâ
(âmineâ) val kragtens die woordomskrywing van die Wet. Dit is
gemeensaak dat die Tweede Appellant nie beskik oor
ân magtigting
kragtens die Wet verleen om aldus op die eiendom te myn nie, en is
die Tweede Appellant dus onregmatiglik besig
om aldaar te myn. Die
appèl kan vervolgens nie slaag nie.
[15] Dit
laat my met die koste van die appèl.
Die
partye is dit eens dat, indien die appèl nie slaag nie, die
Tweede Appellant die koste van die Respondent moet betaal.
Adv.
Danzfuss versoek dat die Respondent gelas word om die koste van die
Eerste Appellant te betaal aangesien die Eerste Appellant
suksesvol
appèl aangeteken het teen paragraaf 1 van die bevel van die
Hof
a
quo
.
Hy betoog dat die Respondent van meet af verkeerdelik die Eerste
Appellant tot die aansoek gevoeg het.
Ek is egter van
mening dat die Respondent nie onredelik gehandel het deur ook die
Eerste Appellant by die verrigtinge te betrek
nie.
Dit is gemeensaak
dat die Eerste Appellant gedurende Mei 2005 by die Departement van
Minerale en Energie aansoek gedoen het
vir ân mynpermit om op
die eiendom te myn. Waarom sou die Eerste Appellant nou aansoek
doen indien dit geen belang by
die mynaktiwiteite van die Tweede
Appellant het nie? Dieselfde direkteure dien dan ook op beide
direksies van die Appellante.
Op 8
September 2005 skryf die prokureurs van die Appellante aan die
prokureurs van die Respondent as volg:-
â
Ons
wens op hierdie stadium reeds te ontken dat ons kliënt geen
kontraktuele regte het om die plaas Drooggehout, te okkupeer,
daarop
te myn of klipbreekbedrywighede voort te sit. Ons sal mettertyd in
hierdie verband weer aan u berig.
â
Aldus die aanhef van
die brief is die kliënt Idada Tradings 5 (Pty) Ltd, synde die
Eerste Appellant.
Ook op
21 September 2005 skryf dieselfde prokureurs met weereens slegs ân
verwysing na die Eerste Appellant as volg aan
die prokureurs van
die Respondent:-
â
Dit
wil vir ons voorkom, soos telefonies meegedeel, dat met die
omskakeling aansoek, ons kliënte wel geregtig sal wees om met
mynbou aktiwiteite voort te gaan terwyl die aansoek prosesseer word.
â
(verwysende na die
voormelde aansoek van die Eerste Appellant vir ân mynpermit op die
eiendom).
Op hul eie weergawe
dus het die Appellante voor die loods van die aansoek die indruk
geskep dat die Eerste Appellant op die
eiendom myn. Die Respondent
was gevolglik geregtig om ook die Eerste Appellant as ân party
tot die aansoek te voeg.
In
soverre gesê kan word dat die Respondent voor die aanhoor van
die appèl afstand kon doen van die bevel van die
Hof
a
quo
teen die Eerste Appellant, meen ek nie dat daardie versuim ân
kostebevel regverdig nie. Die appèl sou steeds sy normale
verloop geneem het met of sonder sodanige afstanddoening. Die tyd
wat opgeneem is in argument met hierdie aspek, was in iedere
geval
minimaal.
Na my mening sal
geregtigheid geskied indien geen kostebevel hieraangaande verleen
word nie.
[16] Bygevolg sou ek
die volgende bevel hierin verleen:-
1. Die
appèl slaag in die mate dat die woorde â
Idada
Trading as
â
en â
or
both these respondents
â
in
die eerste twee reëls van die bevel van die Verhoorhof
deurgehaal word.
2. Origens word die
appèl afgewys met koste.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam, en dit word so gelas.
_______________
Kgomo
REGTER-PRESIDENT
Ek
stem saam.
_______________
CJ Olivier
REGTER
Namens
appellant:
Adv
M. Wessels Sc i.o.v Duncan & Rothman Prokureurs
Namens
respondente:
Adv
F.W.A. Danzfuss SC i.o.v. Engelsman, Magabane Ing.