About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 15
|
|
Dubbelring Trading 172 (Eiendoms) Bpk v Santam Bpk (CA&R 116/2007) [2009] ZANCHC 15 (20 February 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 116/2007
Saak
Aangehoor:
16/02/2009
Dat
um
gelewer: 20/02/2009
In
die
saak tussen:
DUBBEL
RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK
Appellant
e
n
SANTAM
BEPERK
Respondent
Coram:
Olivier
R et Mabuse WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
respondent, Santam Beperk, het in die Landdroshof te Kakamas aksie
ingestel teen die appellant, wat in die dagvaarding en
besonderhede
van vordering beskryf is as Dubbel Ring Trading 172 (Edms) Bpk
(registrasienommer 95/00123/07)
.
Die eis was vir die betaling van premies wat volgens die respondent
verskuldig was uit hoofde van drie versekeringskontrakte
teen
haelskade op wingerdoeste.
In
die verweerskrif is dié
beskrywing van die appellant (as verweerder) as korrek erken. Daar
is egter ontken dat mnr J P de Wet gemagtig was om die kontrakte
namens die verweerder te onderteken en aan te gaan, en daar is
ontken â
dat
die eiser en die verweerder kontrakte met mekaar gesluit het
â.
Die bewering dat die respondent sy verpligtinge uit hoofde van die
kontrakte nagekom het, is ook eenvoudig ontken.
Ná
afsluiting van beide sake in die Landdroshof het die respondent
aansoek gedoen om ân wysiging van sy pleitstukke om
die verweerder
se beskrywing te verander na Hiljohn Boerdery (Edms) Bpk. Ten spyte
van beswaar is so ân wysiging toegestaan.
Vonnis is vir
die respondent verleen ooreenkomstig die smeekbedes in die
besonderhede van vordering, met inbegrip van verhoogde
advokaatsfooie.
Die appellant
kom op appèl teen die geheel van die landdros se uitspraak en
kostebevele. Die gronde van appèl kan
kortliks soos volg
saamgevat word.
Die
landdros moes nie die wysiging toegestaan het nie. Die landdros
moes bevind het dat die kontrakte gesluit is met Dubbel
Ring
Trading 172 Bdy (soos wat die versekerde in die kontrakte beskryf
is), terwyl die verweerder in die eiser se dagvaarding
en
besonderhede van vordering beskryf is as Dubbel Ring Trading 172
(Edms) Bpk (die verskil synde dan in die feit dat die benaming
in
die kontrakte geëindig het met die afkorting â
Bdy
â
vir â
Boerdery
â,
terwyl dié op die pleitstukke nie dié afkorting bevat
het nie, maar wel die bekende â
(Edms)
Bpk
â),
en dat die appellant eintlik ân maatskappy genaamd Double Ring
Trading 172 (Edms) Bpk (met registrasienommer 2004/018526/07)
was
wat sy naam verander het na Hiljohn Boerdery (Eiendoms) Beperk.
Die submissies is skynbaar dat die maatskappy beskryf
in die
pleitstukke voor die wysiging nie een en dieselfde party as die
versekerde beskryf in die kontrakte, of as Hiljohn
Boerdery (Edms)
Bpk, was nie.
Die
landdros moes bevind het dat dit inderdaad Double Ring Trading 172
(Edms) Bpk â volgens die argument ân ander instansie
as dié
vermeld in die kontrakte - was wat aan De Wet volmag verleen het,
maar het in elk geval fouteer deur te bevind
dat die volmag aan De
Wet die bevoegdheid verleen het om versekeringskontrakte te
onderteken..
Laastens
is aangevoer dat die landdros moes bevind het dat daar geen
getuienis was dat die respondent sy verpligtinge uit hoofde
van die
kontrakte nagekom het nie en dat die respondent in elk geval eers
verplig was om dekking te verleen nadat die premies
betaal is.
Die volgende
feite was uiteindelik gemenesaak of nooit ernstig in geskil nie:
Mnr
en Me Avenant was die enigste aandeelhouers en direkteure van ân
maatskappy genaamd
Double
Ring Trading 172 (Edms) Bpk, wat klaarblyklik ân sogenaamde
rakmaatskappy was wat bekom is vir die aankoop van grond in die
Friersdale omgewing en vir die bedryf van boerdery daarop. Die
wingerde wat die onderwerp van hierdie versekering sou wees,
is op
die grond geleë.
Op
31 Augustus 2004 is daar egter ân naamsverandering geregistreer
wat die maatskappy se naam verander het na Hiljohn Boerdery
(Pty)
Ltd, maar mnr en me Avenant het nog altyd die enigste aandeelhouers
en direkteure gebly.
Op
3 September 2004 en te Upington het daar ân ontmoeting
plaasgevind tussen mnr en me Avenant, aan die een kant, en mnre
Van
der Westhuizen en Myburgh aan die ander kant (namens die
respondent). By daardie geleentheid het mnr Avenant ân dokument
onderteken wat voorgee ân volmag te wees wat aan De Wet die
bevoegdheid sou verleen het om versekeringskontrakte te sluiting
namens â
Doubel
Ring Trading 172 Mpy
â.
Mnr
Avenant het ook boerdery bedryf in Namibië en op daardie stadium
was hy op die punt om weer met sy vrou te vertrek vir
ân week of
twee in Namibië.
Daar
is tydens dié ontmoeting tussen mnr Avenant en mnre Van der
Westhuizen en Myburgh ooreengekom dat die oppervlaktes
van die
wingerde en die verwagte oeste met De Wet geverifieer sou word.
Op
13 September 2004 het mnr De Wet die drie kontrakte onderteken.
Daarin is die versekerde beskryf, deur mnr Myburgh (toe
hy dit in
handskrif ingevul het), as â
Dubbel
Ring Trading 172 Bdy
â.
Dit was nooit in geskil dat die stukke grond daarin beskryf en die
tersaaklike oppervlaktes dié was wat tydens
die ontmoeting
op 3 September 2004 bespreek is en wat behoort het aan ân
maatskappy waarvan mnr Avenant en sy vrou die enigste
aandeelhouers
en direkteure was nie.
Die
appellant het nooit enige gedeelte van die premies, wat in totaal
ân bedrag van R177 731,00 beloop het, betaal nie.
Wat die
wysiging en die beskrywing van die appellant betref, is mnr Joubert,
die advokaat namens die appellant, se argumente skynbaar
die
volgende:
Dubbel
Ring Trading 172 (Edms) Bpk (registrasienommer 95/00123/07) â
soos beskryf in die dagvaarding en besonderhede van vordering
â
is, anders as Double Ring Trading 172 (Edms) Bpk, nie dieselfde
regspersoon en entiteit as Hiljohn Boerdery (Edms) Bpk
(registrasie-nommer 2004/018526/07) nie.
Die
kontrakte is,
ex
facie
dié dokumente, gesluit tussen die respondent en â
Dubbel
Ring Trading 172 Bdy
â,
en nie met Double Ring Trading 172 (Edms) Bpk (soos wat die
appellant voor die naamsverandering geheet het) of met Hiljohn
Boerdery (Edms) Bpk nie, en ook nie eers met Dubbel Ring Trading
172 (Edms) Bpk, soos wat die appellant aanvanklik in die
pleitstukke beskryf was nie.
Na
my oordeel het
dié argumente werklik geen meriete nie. Dit is baie duidelik
dat mnr Myburgh, by die voltooiing van die naam van die
versekerde
in die kontrakte, verkeerdelik in Afrikaans die woord â
Dubbel
â
geskryf het in plaas van die Engelse woord â
Double
â.
Hierdie
fout is om ooglopende redes voortgesit toe die respondent se
dagvaarding en besonderhede van vordering opgestel is, met
die
enigste verskil dat toe ingevoeg is die gebruiklike afkortings
â
(Edms)
Bpk
â,
in plaas van die afkorting â
Bdy
â
wat op die kontrakte ingevul is deur Myburgh (en wat bedoel was om
te beteken â
Boerdery
â).
Die
registrasienommer in paragraaf 2 van die besonderhede van vordering
is ook ân ooglopende fout. Dit is nie die korrekte
registrasienommer van die maatskappy wat alle betrokkenes bedoel het
om ân party tot, minstens, die onderhandelinge van 3 September
2004 te wees nie.
Dit
is baie duidelik dat die Avenants die gemelde onderhandelinge gevoer
het namens die appellant-maatskappy, en nie namens die
een of ander
misterieuse ander entiteit nie, en dat mnre Van der Westhuizen en
Myburgh met die Avenants in sodanige hoedanighede
onderhandel het.
Toe
De Wet die kontrakte onderteken het, het hy gehandel op sterkte van
ân volmag wat aan hom die bevoegdhede verleen het om
te
kontrakteer namens â
Double
Ring Trading Mpy
â,
wat die Avenants deur voltooiing en ondertekening van die volmag
duidelik bedoel het as ân verwysing na die maatskappy
waarvan
hulle die aandeelhouers en direkteure was, en dus ân verwysing na
Double Ring Trading 172 (Edms) Bpk, wat die vorige
benaming van die
betrokke maatskappy was en dus wel â
een
en dieselfde party
â
was as Hiljohn Boerdery (Edms) Bpk. Dit is tog vergesog dat hulle,
met die invoeging van die afkorting â
Mpy
â
in plaas van â
(Edms)
Bpk
â,
kan bedoel het om die volmag te verleen namens ân ander instansie
as juis die een wat die boerdery bedryf het en wat ân
belang in
die oeste en die versekering gehad het.
Daar
is geen suggestie dat daar eers ân maatskappy soos Dubbel Ring
Trading 172 (Edms) Bpk, met ân registrasienommer soos
gepleit in
paragraaf 2 van die besonderhede van vordering, bestaan nie en dit
is dus blatante, ongefundeerde en opportunistiese
bespiegeling om te
argumenteer dat daar eintlik kontrakte met so ân entiteit gesluit
kon gewees het.
Dit is baie
duidelik:
dat, behoudens
wat volg met betrekking tot die volmag, die kontrakte met die
appellant-maatskappy gesluit is en dat dié
maatskappy se
vorige benaming bloot verkeerd gespel is in die kontrakte;
dat die
respondent bedoel het om dié maatskappy te dagvaar; en
dat
dié maatskappy se regsverteenwoordigers dit ook so moes
verstaan het, want die verkeerde beskrywing in die dagvaarding
en
besonderhede van vordering is in die verweerskrif namens die
appellant erken (hierdie beskrywing was ook nie presies dieselfde
as die verkeerde beskrywing in die kontrakte nie en daar kan dus
nie geargumenteer word dat met dié erkenning bloot
bedoel is
om te erken dat die kontrakte met ân party soos daarin beskryf,
gesluit is nie).
Daar
is geen manier waarop die wysiging van die respondent se
pleitstukke, wat bloot tot gevolg gehad het dat die verweerder wat
voor die Hof was korrek beskryf sou wees in die pleitstukke, die
appellant kon benadeel het nie. Inteendeel, dit is die
Avenants
se versuim om op 3 September 2004 die appellant-maatskappy se nuwe
benaming in die volmag-dokument te vervat, wat die
wysiging
genoodsaak het. Hiermee saam moet die erkenning van die
foutiewelike beskrywing van die betrokke maatskappy in die
dagvaarding en besonderhede van vordering, terwyl die benaming
daarvan toe al reeds ân geruime tyd gelede verander is, gesien
word.
Die
wysiging sou ook in elk geval geen verskil maak aan die argument dat
die beskrywing van die versekerde in die kontrakte vertolk
moet word
om te beteken dat die kontrakte nie met die appellant gesluit is
nie, hetsy in sy aanvanklike naam van Double Ring
Trading 172 (Edms)
Bpk of in sy latere naam van Hiljohn Boerdery (Edms) Bpk nie, maar
met ân totaal ander en onbekende entiteit
bekend as â
Dubbel
Ring Trading 172 Bdy
â.
Dit sou ook
geen verskil gemaak het aan die verwere rondom die volmag en die
respondent se verpligtinge nie.
Ons is namens
die respondent verwys na heelwat gesag tot die effek dat selfs ân
wysiging wat sou lei tot die vervanging van
partye geoorloof sou
wees waar dit nie die ander party sou benadeel nie. Ek ag dit
onnodig om hierop in te gaan, want in die
onderhawige geval is daar
geen sprake dat die wysiging kon lei tot die vervanging van partye
nie. Dit is duidelik dat dit een
en dieselfde regspersoon was wat
die volmag verleen het, namens wie die kontrakte onderteken is en
wat as verweerder voor die
landdros te Kakamas was.
Wat
die kwessie van die volmag betref, was dit mnr
Avenant
(die enigste getuie vir die appellant) se getuienis dat, alhoewel hy
erken het dat hy die betrokke dokument onderteken
het, hy so gedoen
het terwyl hy onder die indruk was dat dit bloot aan De Wet â
die
volmag gegee het om die oesskatting te bepaal
â.
Die
landdros het by die beoordeling van hierdie getuienis, en van dié
van Van der Westhuizen en Myburgh namens die respondent,
bevind dat
Van der Westhuizen en Myburgh geloofwaardige en onderling stawende
getuies was, maar dat
Avenant
se getuienis â
onbevredigend,
ontwykend en deurspek met onwaarskynlikhede
â
was.
Daar
is na my oordeel geen basis waarop dié bevindinge aangeveg
sou kon word nie en mnr Joubert het dan ook nie eers in
argument
voor ons gepoog om so te doen nie. In die lig hiervan volstaan ek
daarmee om te sê dat dit beslis op ân oorwig
van
waarskynlikhede bewys is dat mnr Avenant die betrokke dokument
onderteken het met die wete en bedoeling om aan De Wet die
volmag te
verleen om versekeringskontrakte te onderteken.
Op
appèl was m
nr
Joubert se enigste argument in hierdie verband dat, omdat die volmag
lees dat De Wet aangestel is as die gevolmagtigde van
â
Double
Ring Trading 172 Mpy
â,
dit nie die appellant gebind het nie. Hierdie argument het, indien
enigsins moontlik, nog minder om die lyf. Alhoewel dit
so is dat
die appellant-maatskappy se naam reeds na Hiljohn Boerdery (Pty) Ltd
verander was enkele dae voordat dié volmag
verleen is, was
dit die twee aandeelhouers en direkteure daarvan wat, deur
onderskeidelik die vorige benaming in die dokument
in te vul en dit
so te onderteken, vir Van der Westhuizen en Myburg onder die indruk
gebring het dat dit steeds die maatskappy
se korrekte benaming was.
Hulle,
soos waarskynlik ook De Wet by ondertekening van die volmag op 13
September 2004, het heel moontlik tydens die onderhandelinge
van 3
September 2004 nog nie eers self geweet dat die naamsverandering pas
geregistreer was nie. Selfs op mnr
Avenant
se eie weergawe was sy bedoeling egter wel om die
appellant-maatskappy (onder watter benaming ookal dan) te bind met
die volmag (weliswaar op sy weergawe slegs vir die doeleindes van ân
oesskatting, en nie vir kontraksluiting nie). Hy het dus
selfs op
sy eie weergawe nooit gemeen om die dokumente namens enige ander
entiteit as die appellant te onderteken nie.
Om toe te laat
dat die appellant nou teen hierdie agtergrond aanspreeklikheid
ontsnap op die basis dat die benaming daarvan verkeerd
ingevul is in
die volmag-dokument wat deur sy eie direkteur ingevul is, sou totaal
onbillik wees en teen enige persoon se regsgevoel
indruis.
Dieselfde
geld wat betref die beskrywing van die versekerde
in
die versekeringskontrakte (vergelyk
Karoo
Vleisbeurs Bpk v Nortje
1984 (2) SA 31
(T)). Daar was duidelik tydens die onderhandelinge
en die ondertekening van die kontrakte by niemand enige twyfel dat
dit die
appellant-maatskappy was wat ân party daartoe was en sou
wees nie en die spelfout in die vorige benaming, die gebruik van die
vorige benaming en die weglating van die
â(Edms)
Bpk
â
in die kontrakte was eintlik teen hierdie agtergrond irrelevant
(sien
Hillview
Properties (Pty) Ltd v Strijdom and Another
1978
(1) SA 304
(T) en
Sechold
Financial Services v Gazankulu Development Corporation Ltd
[1997] ZASCA 18
;
1997 (3) SA 391
(A) op 403B-404D).
Ek
vereenselwig myself volkome met MacDondald HR se woorde in
Le
Grand v Carmelu (Pvt) Ltd
1980 (1) SA 240
(ZR AD) op 242F-G dat:
â
a
civil trial is not to be allowed ... to degenerate into a contest on
technical and wholly academic points which obscure and even
frustrate
a trial on the real issues
.â
Dit bring my
dan laastens by mnr Joubert se argumente dat daar geen getuienis is
tot die effek dat die respondent sy verpligtinge
nagekom het nie en
dat die respondent se verpligting om dekking te verleen in elk geval
eers sou ontstaan het nadat die premies
betaal is. Ook in hierdie
argumente is geen meriete hoegenaamd nie.
Dit
was die onbetwiste getuienis namens die respondent dat die
respondent van 08:00 op die tweede dag na die voltooiing en die
ondertekening van die kontrakte op risiko was vir haelskade aan die
oeste. Hierdie getuienis was in ooreenstemming met die
inhoud van
sowel die volmag-dokument as die kontrakte (polisse). Die vestiging
van die risiko in die respondent, en die respondent
se kontraktuele
onderneming om vanaf daardie stadium aanspreeklikheid te aanvaar vir
haelskade, het die respondent se kant van
enige moontlike wedersydse
verpligtinge uit hoofde van die kontrakte uitgemaak (sien
The
Law of South Africa: Joubert
,
volume 12, eerste heruitgawe, paragraaf 250).
In
klousule 5 van die polis, wat spesifiek getitel is â
Aanvang
van dekking
â,
is ook uitdruklik so ooreengekom, sonder enige verwysing na wanneer
die premie betaalbaar sou wees, en in klousule 7 is voorsiening
gemaak vir rente op laat betaling van premies, wat geen sin sou
gemaak het as die versekeraar se verpligtinge in elk geval ook
nie
sou ontstaan het voor die betaling van die premies nie.
Die
bewoording van klousule 5, wat lui dat die versekeraar dekking sou
verleen âA
s
teenprestasie vir ân versekeringspremie ...
â
kan in konteks van dié bepalings nooit vertolk word om te
beteken dat die versekeraar se verpligtinge nie sou ontstaan
voordat
die premie betaal is nie.
Die
feit dat die premie in terme van die kontrak in kontant betaalbaar
was, doen geen afbreuk hieraan, of aan die onbetwiste getuienis
dat
die respondent, ten spyte daarvan dat die premies eintlik dadelik by
ondertekening betaalbaar geraak het, as standaardprosedure
45 dae
grasie verleen het vir die betaling daarvan, nie. Dit is juis vir
dié doel dat dit nodig was vir die respondent
om van die
appellant se bankiers die versekering te kry dat daar fondse sou
wees om die premies te betaal. Ook dit sou totaal
onnodig gewees
het as die respondent se verpligtinge as versekeraar in elk geval
nie sou ontstaan totdat betaling van die premies
ontvang is nie.
Daar is dus
doodeenvoudig geen basis, hetsy in die getuienis of regtens, vir dié
argumente van mnr Joubert nie.
Daar
is geen kritiek teen die landdros se kostebevele geopper in die
gronde van appèl of in argument nie.
Dit volg dus
dat ek van oordeel is dat die appèl afgewys behoort te word.
Daar is geen rede waarom die koste van die appèl
nie die
uitslag daarvan behoort te volg nie en dit is ook nie betoog nie.
Die volgende
bevel word dus hierin gemaak:
Die appèl
word afgewys met koste.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
P M MABUSE
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
/Eiser: Adv
Joubert
In
opdrag van
: Elliot
Maris Wilmans & Hay, KIMBERLEY
Nms
Respondent
: Adv
D M Grewar
In
opdrag van
: Engelsman
Magabane Ing, KIMBERLEY