S v Williams (CA&R 81/2008) [2009] ZANCHC 13 (6 February 2009)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Fraud — Conviction and appeal — Applicant convicted on four counts of fraud related to false claims for travel and accommodation allowances while serving as a state prosecutor — Applicant's claims involved falsifying documents to secure payments for travel that was not authorized — Appeal against conviction based on alleged lack of evidence and claims of innocence — Court found no reasonable prospects of success in appeal against conviction, affirming the lower court's findings and the validity of the fraud charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 13
|

|

S v Williams (CA&R 81/2008) [2009] ZANCHC 13 (6 February 2009)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 81/2008
Saak
Aangehoor:
02/02/2009
Dat
um
gelewer: 06/02/2009
In
die
saak tussen:
T
V Williams
Applikant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Majiedt
R et Olivier R
UITSPRAAK
OP APPéL
Olivier
R:
Die
applikant het in die
Streekhof
tereggestaan op vier aanklagte van bedrog. Alvier die aanklagte het
voortgespruit uit eise om voorskotte en om reis-
en verblyftoelaes
van die applikant op ‘n stadium toe hy as staatsaanklaer werksaam
was te Kuruman. Die applikant is, ten
spyte van sy pleite van
onskuldig, op alvier die aanklagte skuldig bevind en is, nadat die
aanklagte saamgeneem is vir die doeleindes
van vonnis, gevonnis tot
5 jaar gevangenisstraf, waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort is
vir ‘n periode van 5 jaar.
Die
streeklanddros het die applikant se aansoek om verlof tot appèl
teen die skuldigbevindings afgewys, maar aan hom verlof
verleen om
teen die vonnis te appelleer. Die applikant se daaropvolgende
petisie aan die Regter-President van hierdie Afdeling
om verlof tot
appèl teen sy skuldigbevindings is deur my en my ampsuster
Williams R (wat nie tans beskikbaar is om met
hierdie aangeleentheid
te handel nie) afgewys. Die applikant doen nou aansoek om verlof
tot appèl teen die afwysing van
sy petisie. In wat volg, sal
daar dus, voordat oorweging verleen word aan die vonnis teen die
appèl, bepaal word of
die applikant redelike vooruitsigte
van sukses sou hê met ‘n appèl teen die afwysing van
sy petisie, en dus in
effek teen enige van die vier
skuldigbevindings. ‘n Aansoek om verlof om te appelleer teen die
afwysing van die appellant
se petisie, is regtens geoorloof (sien
S
v Khoasasa
2003 (1) SASV 123 (HHA) te [para 26]).
AANKLAG 1
Hierdie
aanklag het voortgespruit uit ‘n eis om ‘n voorskot op reis- en
verblyftoelae vir ‘n kursus wat die applikant vanaf
5 tot 9 Mei
2003 te Upington moes gaan bywoon. Dit is gemenesaak dat die
applikant in die betrokke eis te kenne gegee het dat
hy van
privaatvervoer gebruik sou maak en dat daar inderdaad ‘n voorskot
in die bedrag van R1 000,00 aan die applikant
uitbetaal is op
daardie basis
.
Die volgende
verdere feite was òf gemenesaak òf nie ooit ernstig in
geskil nie:
Die
prosedure wat van toepassing was op eise om voorskotte en om reis-
en verblyftoelae deur aanklaers soos die applikant, was
dat
sodanige eise aan die hoofaanklaer te Upington (op daardie stadium
mnr Swarts) gerig moes word. Laasgemelde sou dit dan
oorweeg en,
indien dit goedgekeur sou word, aanstuur vir oorweging en
uitbetaling deur die Nasionale Vervolgingsgesag (“
NVG
”).
In sommige gevalle, waar ‘n kursus deur die Justisie Kollege
aangebied sou word en daardie instansie self vir die onkoste

daaraan verbonde aanspreeklik sou wees, sou die NVG dan op sy beurt
weer die uitbetalings van die Justisie Kollege verhaal
(In die lig
daarvan dat alvier die aanklagte slaan op wan-voorstellings wat die
applikant aan die NVG gemaak het, is dit nie
vir doeleindes hiervan
tersaaklik of die NVG in die onderhawige gevalle self vir die
onkostes van die kursus aanspreeklik sou
wees en of dit inderdaad
vir die rekening van die Justisie Kollege sou wees nie).
Die
applikant het op Vrydag 2 Mei 2003 telefonies reëlings getref
dat die staatsvoertuig van die Landdroskantoor, Kuruman,
vir hom
beskikbaar gehou sou word om vanaf Kuruman na Upington en terug mee
te reis. Die applikant het dan ook die betrokke
voertuig op Sondag
4 Mei 2003 in besit geneem en dit gebruik om vanaf Kuruman na
Upington en terug te reis vir doeleindes van
die kursus.
Die kursus is
aanvanklik onder die aandag van die applikant en ander aanklaers in
die betrokke streek gebring deur mnr Swarts
in ‘n skrywe gedateer
11 April 2003, en in daardie skrywe het mnr Swarts die aanklaers
ingelig:
dat vorms vir
die eis van reis- en verblyftoelae by die kursus beskikbaar gestel
sou word; en
dat
alle aanklaers “
must
ensure that official transport is available and must assist in
transporting colleagues who either do not have access
to official
transport or unable
(
sic
)
to utilize such transport
”.
Op
22 April 2003 het die applikant ‘n skrywe gerig aan mnr Swarts
waarin hy te kenne gegee het dat die lisensie van die

staatsvoertuig van die
Landdroskantoor
te Kuruman verval het en dat herstelwerk ook aan die betrokke
voertuig gedoen moes word, en het die applikant
toe te kenne gegee
dat hy daarom verlof verlang het om van privaatvervoer gebruik te
maak en ‘n voorskot wou eis, op daardie
basis, op sy reis- en
verblyftoelae. ‘n Aansoek om sodanige voorskot het dan ook die
betrokke skrywe vergesel.
Op 23 April
2003 het die applikant egter ‘n soortgelyke aansoek om ‘n
voorskot direk aan die NVG gerig. In daardie aansoek
het die
applikant, deur die handtekening van me L Koekemoer en mnr Swarts
te vervals en deur in handskrif en met behulp van
‘n stempel die
datum van 22 April 2003 daarop aan te bring, voorgegee dat hulle
die betrokke aansoek om ‘n voorskot onderskeidelik
nagegaan en
goedgekeur het om 22 April 2003.
Wat in geskil
was wat hierdie aanklag betref, was basies die volgende:
Die
Staat moes bo redelike twyfel bewys dat die applikant se
voorstelling dat sy aansoek om ‘n voorskot goedgekeur is, tot
sy
kennis vals was.
Die applikant
het ook ontken:
dat hy die
opset gehad het om te bedrieg; en
dat daar
enige nadeel of potensiële nadeel gely is.
Die
applikant se weergawe was dat hy, nadat hy in kennis gestel is van
die kursus, telefonies in verbinding was met mnr Swarts
om, in die
lig van die probleme met die staatsvoertuig te Kuruman, verlof te
bekom om van privaatvervoer gebruik te maak. Volgens
die applikant
het mnr Swarts by daardie geleentheid telefonies toegestem tot die
gebruik van privaatvervoer en was dit na aanleiding
van daardie
gesprek, en inderdaad op versoek van mnr Swarts, wat hy die skrywe
van 22 April 2003 aan mnr Swarts gerig het.
Die
Staat se weergawe, by monde van mnr Swarts, was dat die eerste
kontak in hierdie verband tussen hom en die applikant eers
op 22
April 2003 was, toe mnr Swarts die gemelde skrywe vanaf die
applikant ontvang het. Mnr Swarts het dus ontken dat die applikant

op enige stadium telefonies met hom in kontak was om verlof te bekom
om van privaatvoervoer gebruik te maak.
Volgens mnr
Swarts het hy geen huiwering gehad om die aansoek in die skrywe van
22 April 2003 te weier nie, en het hy op die een
of ander stadium
daarna, maar voordat die betrokke skrywe geliasseer is op 2 Mei
2003, die applikant telefonies gekontak om
hom in te lig dat daar
nie aan hom verlof verleen sou word om van privaatvoervoer gebruik
te maak nie. Mnr Swarts se weergawe
was verder dat hy ook toe
telefonies in kontak was met die aanklaers in die nabygeleë
Kathu en Postmasburg, wat ook die
kursus sou bywoon, om hulle te
versoek om reëlings te tref dat hulle almal met ‘n
staatsvoertuig na die kursus reis.
Ek
is van oordeel dat daar geen redelike vooruitsig bestaan dat ‘n
Hof van appél mag bevind dat die applikant se weergawe
in
hierdie verband redelik moontlik waar was nie.
Dit
is, in die eerste plek, na my mening totaal onwaarskynlik dat mnr
Swarts, teen die agtergrond van sy skrywe van 11 April 2003
en die
uitdruklike versoek daarin dat alle aanklaers sou saamwerk om saam
met mekaar in staatsvoertuie na die kursus te beweeg,
dan daarna
sondermeer sou toestem tot ‘n versoek dat die applikant van
privaatvervoer gebruik maak. Selfs al sou aanvaar word
dat die
staatsvoertuig te Kuruman totaal onbruikbaar was (wat duidelik nie
die geval was nie), is dit duidelik dat minstens die
aanklaer te
Kathu, mnr Van Deventer, toegang gehad het tot ‘n staatsvoertuig
en in staat sou gewees het om die applikant behulpsaam
te wees met
‘n geleentheid na Upington. Selfs al sou aanvaar word dat Kathu
op die reisroete vanaf Kuruman na Upington geleë
was, maar
Kuruman nie op die reisroete vanaf Kathu na Upington nie, sou dit
vir die applikant moontlik gewees het om minstens
vanaf Kuruman na
Kathu te reis (op watter wyse ookal) en om dan vandaar saam met mnr
Van Deventer met ‘n staatsvoertuig na
Upington en terug te beweeg.
Die
applikant se skrywe van 22 April 2003 aan mnr Swarts het ook geen
melding hoegenaamd gemaak van ‘n voorafgaande gesprek
tussen hom
en mnr Swarts ten aansien van die gebruik van privaatvervoer of ‘n
voorskot nie. Inteendeel, die skrywe het met
daardie
kwessie gehandel asof dit nog nie voorheen tussen die applikant en
mnr Swarts bespreek was nie.
Onderaan
die betrokke skrywe het mnr Swarts in sy handskrif ‘n nota
aangebring tot die effek dat die aansoek om ‘n voorskot
nie
gemagtig is nie. Alhoewel mnr Swarts nie in staat was om te sê
op presies welke datum daardie nota aangebring is
nie, moes dit op
sy getuienis aangebring gewees het minstens voor 2 Mei 2003, toe die
betrokke skrywe volgens hom finaal geliasseer
is. Die applikant se
suggestie dat mnr Swarts die betrokke nota op ‘n heelwat later
stadium aangebring het, klaarblyklik ten
einde homself te staaf in
sy weergawe dat hy die applikant telefonies ingelig het daarvan dat
sy aansoek afgekeur was, is totaal
vergesog en ongesubstansieer.
Die
feit dat die applikant, die dag nadat hy ‘n aansoek om
privaatvoervoer te gebruik en om ‘n voorskot aan mnr Swarts gerig

het, dit goedgedink het om ‘n soortgelyke aansoek direk aan die
NVG te stuur
(strydig met die prosedure – vereiste dat alle sodanige eise eers
na die hoofaanklaer gaan), en om daarin valslik en bedrieglik
voor
te gee dat mnr Swarts reeds so ‘n aansoek goedgekeur het,
milliteer teen enige geloof aan die kant van die applikant dat
mnr
Swarts sy aansoek goedgekeur het, of inderdaad sou goedkeur.
Inteendeel, dit kan na my oordeel op een van slegs twee moontlikhede

dui, naamlik òf dat die applikant baie goed geweet het dat
mnr Swarts reeds verlof om van privaatvervoer gebruik te maak

geweier het òf, minstens, dat die applikant goed geweet het
dat mnr Swarts, in die lig van die inhoud van sy skrywe van
11 April
2003, nie sodanige verlof sou verleen nie.
Die applikant
het verskillende verduidelikings aangevoer vir die feit dat hy ‘n
vervalste eis direk na die NVG gestuur het:
Hy
het aangevoer dat, by telefoniese navraag aan die NVG, dit geblyk
het dat laasgemelde nog nie sy eis vanaf mnr Swarts ontvang
het
nie, en dat dit die rede was waarom hy ook ‘n eis direk aan die
NVG gestuur het. Hierdie verduideliking is na my oordeel
totaal
strydig met alle waarskynlikhede, en duidelik vals.
Die vervalste
eis is aan die NVG gestuur letterlik die dag nadat die eis aan mnr
Swarts gestuur is. Dit is totaal onwaarskynlik
dat die applikant
reeds op daardie stadium sou navraag gedoen het oor of sy eis
reeds by die NVG ontvang is, of rede sou
gehad het om te vermoed
dat dit dalk die geval kon gewees het.
Selfs al sou
egter ook aanvaar word dat die applikant wel met die oog op so ‘n
navraag in kontak was met die NVG en sodanige
terugvoering ontvang
het, sou ‘n mens verwag het dat hy onmiddellik weer sou gekontak
het mnr Swarts, om by hom te verneem
waarom sy aansoek nog nie
aangestuur is na die NVG nie.
Die
ander verduideliking wat die applikant vir hierdie optrede
aangevoer het, was dat hy, weens huweliks- en finansiële

probleme, op daardie stadium onder geweldige spanning verkeer het
en ontoerekeningsvatbaar was toe hy so opgetree het. Hierdie

verduideliking is tereg deur die streeklanddros verwerp.
Die
kliniese sielkundige wat die applikant as getuie geroep het, het
self hierdie verduideliking weerspreek en getuig dat
die aard van
die applikant se optrede, en meer spesifiek die herhaling daarvan,
gedui het teen ‘n toestand soos deur die
applikant voorgehou.
Verder
het die applikant in elk geval self getuig dat die terapie wat hy
by die sielkundige ontvang het tot so ‘n mate
suksesvol was dat
hy op ‘n stadium besluit het om nie meer daarmee voort te gaan
nie. Dit wil voorkom asof dit juis op
die stadium toe hierdie
misdrywe gepleeg is, was dat die applikant gevoel het dat hy nie
meer terapie nodig gehad het nie.
Die applikant
was in elk geval uiteindelik in getuienis genoodsaak om te erken
dat hy, toe hy hierdie handelinge gepleeg het,
geweet het dat dit
verkeerd was, en het bloot aangevoer dat hy nie kon verduidelik
waarom hy so opgetree het nie.
Die
voormelde verduidelikings van die applikant was in elk geval
inherent onversoenbaar met mekaar, want hy kon nie in dieselfde

asem aan die een kant ontoerekeningsvatbaar opgetree het en aan die
ander kant heel berekend gereageer het op terugvoering
wat hy vanaf
die NVG ontvang het nie.
In
sy argument voor ons het die applikant, wat in persoon verskyn het,
toegegee dat die bewyslas op hom gerus het om te bewys,
op ‘n
oorwig
van
waarskynlikhede, dat hy nie-patologies ontoerekeningsvatbaar was toe
hy die handtekeninge vervals het nie. Sy submissie was
egter dat me
Towell getuig het dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat uitermatige
stres tot sodanige ontoerekeningsvatbaarheid
sou kon lei, dat dit
vasstaan dat hy wel onder sulke stres gebuk gegaan het en dat hy hom
dus van dié bewyslas gekwyt
het. Die kort antwoord hierop is
natuurlik dat getuienis van ‘n moontlikheid van so ‘n toestand
per definisie nooit kan
beteken dat dit op ‘n oorwig van
waarskynlikhede dan wel bestaan het nie. Me Towell se getuienis
rakende die herhalende aard
van die applikant se optrede sou eerder
daarop neerkom dat, alhoewel dit moontlik is dat stres so ‘n
toestand kan veroorsaak,
dit in die geval van die applikant
onwaarskynlik was.
Dan is daar ook
nog die feit dat die applikant op 2 Mei 2003 reëlings getref
het dat die staatvoertuig te Kuruman vir hom
beskikbaar gehou word
om vanaf Kuruman na Upington en terug mee te reis.
Die
applikant se verduideliking hiervoor is dat hy, terwyl hy op
daardie stadium met verlof in Kimberley was, probleme met sy

privaatvoertuig ervaar het en besluit het om, in-geval die betrokke
voertuig nie betyds gereed sou wees nie, reëlings
te tref vir
die beskikbaarheid van die staatsvoertuig.
In
die lig van die feit dat daar probleme was met die staatsvoertuig
te Kuruman, volgens die applikant tot so ‘n mate dat
hy juis
daarom aansoek gedoen het om van privaatvervoer gebruik te maak,
val dit egter vreemd op dat die applikant nie, toe
hy volgens hom
probleme met sy voertuig in Kimberley ervaar het, eerder met die
aanklaer te Kathu in verbinding sou getree
het om te poog om saam
met dié ‘n geleentheid vanaf Kathu na Upington te kry nie.
Daar
kan geen twyfel bestaan nie dat die applikant die opset gehad het om
te bedrieg. Hy het geweet dat die voorstelling wat
hy gemaak het
deur die indiening van die vervalste eis die NVG sou beweeg om die
eis uit te betaal. Selfs al sou mnr Swarts
ook toegestem het tot
die gebruik van privaatvervoer (en tot ‘n voorskot op daardie
basis), of al sou die applikant ook by
die indiening van die
vervalste eis
bona
fide
geglo het dat mnr Swarts wel so sou toestem, sou die indiening van
die vervalste eis na my mening minstens tot potensiële
nadeel
gelei het (sien
S
v Mngqibisa
2008 (1) SACR 92
(SCA)). Die doel van die vereiste dat skriftelike
goedkeuring bestaan wanneer die eis die NVG bereik, naamlik om
skriftelik
verseker te wees dat goedkeuring wel verleen is, is
duidelik verydel.
Volgens
my oordeel bestaan daar geen redelike vooruitsig dat ‘n Hof van
appél gronde sou hê om met die streeklanddros
se
geloofwaardigheids- en feitebevindinge ten aansien van hierdie
aanklag in te meng nie.
AANKLAG 2
Hierdie
aanklag spruit voort uit dieselfde kursus en hou ten nouste verband
met die bewering
e
wat die grondslag van aanklag 1 vorm. Hier was die beweringe wat
die applikant ten laste gelê is:
dat hy reis-
en verblyftoelae ten aansien van daardie kursus geeis en ontvang
het op die basis dat hy van privaatvervoer gebruik
gemaak het
daarheen deur te reis vanaf Kimberley na Upington en weer terug na
Kimberley;
dat die
applikant inderdaad van staatsvervoer gebruik gemaak het vanaf
Kuruman na Upington en terug na Kuruman; en
dat
die applikant, toe hy die reis- en verblyftoelae op daardie basis
geëis het, geweet het dat hy nie geregtig was om
so te doen
nie.
Feite wat ten
aansien van hierdie aanklag gemenesaak of grootliks onbetwis was,
was die volgende:
Die applikant
was op daardie stadium as aanklaer gestasioneer te Kuruman, maar hy
was met verlof in Kimberley.
Hy het
inderdaad met die gemelde staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington
en terug gereis om die kursus te gaan bywoon.
By
die kursus het die applikant ‘n eisvorm voltooi, vir die eis van
reis- en verblyftoelae, asof hy vanaf Kimberley na Upington
en
terug gereis het met privaatvervoer. Hy het die vorm, waarin
uitdruklik verklaar is dat hy gemagtig was om op daardie
basis
reis- en verblyftoelae te eis, onderteken.
Wat deur die
applikant in geskil geplaas is, was of hy enigsins ‘n
wanvoorstelling begaan het, of hy die opset gehad het om
te bedrieg
en of sy handelinge tot enige nadeel gelei het.
Wat
die kwessie van die wanvoorstelling betref, was die applikant se
weergawe dat, omdat die gebruik van privaatvervoer volgens
hom deur
mnr Swarts gemagtig was, hy geen wanvoorstelling gepleeg het nie.
Ek het reeds hierbo gehandel met die vooruitsigte
dat die applikant
‘n ander Hof mag oortuig dat mnr Swarts inderdaad sodanige
magtiging verleen het. Hoe dit ookal sy, die
vraag of mnr Swarts
die gebruik van privaatvervoer gemagtig het, was eintlik
ontersaaklik vir doeleindes van hierdie aanklag,
aangesien die
bewering teen die applikant nie was dat die gebruik van
privaatvervoer nie gemagtig was nie, maar inderdaad dat
hy nie
privaatvervoer gebruik het soos voorgegee in die eisvorm nie.
Die
applikant se verduideliking vir die feit dat hy tog die
staatsvoertuig gebruik het, was dat sy privaatvoertuig onderweg na

Upington onklaar geraak het, dat dit vanaf Olifantshoek teruggesleep
is na Kimberley en dat hy toe met ‘n ander privaatvoertuig
van hom
vanaf Kimberley na Kuruman gereis het, waar hy die staatsvoertuig
geneem het en daarmee na Upington en terug na Kuruman
gereis het vir
die kursus.
Verskeie
vrae ontstaan in hierdie verband. Waarom het die applikant, as hy
reeds die Donderdag voor die tyd probleme met die
betrokke voertuig
ervaar het, tot s
o
‘n mate dat hy dringend ‘n reëling getref het dat die
staatsvoertuig te Kuruman beskikbaar gehou word, nie liewer direk

vanaf Kimberley na Kuruman gereis met sy verdagte voertuig om dan
vandaar met die staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington te
reis
nie? Waarom het die applikant nie, toe hy met sy onklaar voertuig
terug in Kimberley aangekom het en sy ander privaatvoertuig

beskikbaar was, eerder met laasgemelde voertuig direk na Upington
gereis as om daarmee na Kuruman te reis, en vandaar die
staatsvoertuig
te gebruik nie? Sy verduideliking was dat die ander
privaatvoertuig al ‘n ou voertuig was, maar dit is moeilik
verstaanbaar
waarom hy kans gesien het om daarmee na Kuruman te
reis, maar nie na Upington nie.
Hoe
dit ookal sy, dit is onnodig om hieroor tot ‘n finale bevinding te
kom. Selfs al sou die applikant se weergawe in hierdie
verband waar
gewees het, sou die feit nog bly staan dat hy die toelae geeis het
asof hy die heelpad vanaf Kimberley na Upington
en terug na
Kimberley met sy privaatvoertuig gereis het
,
wat nie die geval was nie.
Die applikant
het verder aangevoer dat mnr Krige, die beampte van Justisie Kollege
wat in beheer was by die betrokke kursus, hom
gemagtig het om die
toelae op hierdie basis te eis. Hierdie verduideliking van die
applikant kan duidelik nooit opgaan nie.
In die eerste
plek is dit baie duidelik dat mnr Krige nie bevoeg sou gewees het
om self enige eis om reis- en verblyftoelae
van die applikant, of
enige ander aanklaer, goed te keur nie.
Tweedens
is hierdie weergawe van die applikant, dit wil sê dat mnr
Krige hom as’t ware
ex
post facto
gemagtig het om reis- en verblyftoelae te eis op die basis dat hy
van privaatvervoer gebruik gemaak het vanaf Kimberley na
Upington
en weer daarvan gebruik sou maak vanaf Upington terug na Kimberley
(dit terwyl die applikant op sy eie weergawe nie
privaatvervoer
vanaf Kimberley tot by Upington gebruik het nie en ook nie vanaf
Upington terug na Kimberley van privaatvervoer
gebruik sou maak
nie), nooit aan mnr Krige gestel nie.
Die applikant
het vir die eerste keer in getuienis, en wel onder kruisverhoor,
met die bewering vorendag gekom dat mnr Krige
magtiging sou verleen
het daarvoor dat die applikant, alhoewel hy te Kuruman gestasioneer
was, die toelae sou kon eis vanwaar
hy op daardie stadium gebly het
(wat volgens die applikant in Kimberley was). Ook hierdie weergawe
is natuurlik nooit aan
mnr Krige gestel nie. Verder is dit
duidelik dat die applikant nie op daardie stadium in Kimberley
gebly het of woonagtig
was nie, maar slegs hier was met verlof.
Dit is op die getuienis baie duidelik dat dit nooit toelaatbaar sou
wees om reistoelae
te eis vanaf ‘n plek waar ‘n beampte met
verlof is nie.
Nodeloos
om te sê, was daar natuurlik ook geen suggestie dat mnr
Krige daarvan bewus gemaak is dat die applikant inderdaad
vanaf
Kuruman na Upington met ‘n staatsvoertuig gereis het en weer
daarmee sou terugreis na Kuruman nie, of dat die applikant
op enige
wyse vir mnr Krige ingelig het van sy weergawe met betrekking tot
sy voertuig wat onklaar geraak het nie, en sou die
applikant dus
goed geweet het dat daar in elk geval geen manier gewees het waarop
mnr Krige op ‘n ingeligte basis toestemming
sou kon verleen het
soos beweer deur die applikant nie.
Die
applikant het natuurlik ook nie vir mnr Krige ingelig daarvan dat
hy reeds ‘n voorskot geeis het op die basis dat hy slegs
van
Kuruman na Upington en terug gebruik sou maak van privaatvervoer
nie (dit is ongelukkig nie opgeklaar of die applikant,
toe hy die
voorskot op daardie basis geëis het, geweet het dat hy met
verlof in Kimberley sou wees nie. Indien wel, sou
dit beteken dat
hy baie goed geweet het dat hy op eie koste vanaf Kimberley terug
in Kuruman moes kom, en eers vandaar vergoeding
sou kon eis vir die
gebruik van privaatvervoer na Upington en terug).
Daar kan geen
twyfel bestaan nie dat die applikant die opset gehad het om te
bedrieg. Hy het opsetlik die indruk geskep dat hy
oor ‘n heelwat
verder afstand van privaatvervoer gebruik gemaak het as wat werklik
die geval was. Dit het hy gedoen terwyl
hy geweet het dat mnr
Krige, en almal wat daarna met sy eis sou werk en betrokke sou wees
met die prosessering daarvan, die voorstelling
kon of sou glo en
daarop sou handel,
Wat
nadeel betref, is die betrokke eis om reis- en verblyftoelae
uitbetaal en het die applikant uiteindelik vergoeding ontvang
vir
kilometers wat hy nie met sy privaatvoertuig gery het nie (ook as
die feit dat hy ‘n voorskot ontvang het in berekening
gebring
word). Die applikant se argument dat hy in elk geval geregtig was
op die betrokke vergoeding, om te vergoed vir sy onklaar
voertuig,
is onsinnig en behoef geen verdere bespreking nie. Dieselfde geld
vir sy argument dat die bykomende onkoste verbonde
aan die feit dat
die Staat ook nog verdere onkoste gehad het vir sy reis met die
staatsvoertuig vanaf Kuruman na Upington en
terug, ‘n siviele
aangeleentheid tussen hom en die owerhede is.
Ook wat aanklag
2 betref, voorsien ek dus geen redelike vooruitsig dat ‘n Hof van
appèl tot ‘n ander slotsom mag kom
nie.
AANKLAGTE
3 EN 4
Die beweringe
in aanklagte 3 was:
dat die
applikant, deur weereens die handtekeninge van me Koekemoer en mnr
Swarts te vervals, ook by daardie geleentheid voorgegee
het dat
hulle skriftelik sy aansoek om reis- en verblyftoelae op die basis
van privaatvervoer gemagtig het;
dat hy toe
inderdaad reis- en verblyftoelae op daardie basis ontvang het; en
dat hy dus nie
die voorgeskrewe prosedure gevolg het nie.
Wat
aanklag 4 betref was die beweringe teen die applikant dat hy ten
aansien van dieselfde reis- en verblyf as waarop aanklag
3 geslaan
het, weer reis- en verblyftoelae geëis het sonder om te
openbaar dat hy dit reeds geëis het.
Omdat
hierdie twee aanklagte dus ook tot ‘n groot mate ineen
-geweef
is en saamgaan, word hulle saam oorweeg.
Wat aanklag 3
betref, was die applikant se weergawe die volgende:
Hy
het erken dat hy die handtekeninge in die betrokke vorm vervals het
en dat hy die reis- en verblyftoelae uiteindelik ontvang
het.
Hy het egter
aangevoer dat hy telefonies gemagtig was om by daardie geleentheid
van privaatvervoer gebruik te maak, dat hy dus
geen opset gehad het
om te bedrieg nie en dat sy optrede in elk geval tot geen nadeel
kon gelei het nie.
Hy het
weereens sy emosionele toestand, en beweerde
ontoerekeningsvatbaarheid, opgewerp as verduideliking vir die feit
dat
hy die handtekeninge vervals het.
Wat aanklag 4
betref was die applikant se weergawe soos volg:
Hy
het aangevoer dat hy, op ‘n stadium voordat die eis (wat die
onderwerp van aanklag 3 is) uitbetaal is, van die NVG verneem
het
dat hulle nog nie ‘n eis ten aansien van die betrokke reis en
verblyf ontvang het nie. Volgens die applikant het hy
altyd lank
gewag vir die prosessering van sodanige eise en het dit bygedra tot
die finansiële druk wat hy ervaar het.
Dit was volgens hom
die rede waarom hy toe nog ‘n eis aan die NVG gestuur het ten
aansien van dieselfde reis en verblyf.
Die
applikant se weergawe was verder dat die eis geslaan het op
dieselfde reis en verblyf as dié wat die onderwerp van

aanklag 3 was en dat, omdat die gebruik van privaatvervoer by
daardie geleentheid in elk geval telefonies gemagtig was, hy
ook
ten aansien van aanklag 4 geen wanvoorstelling gepleeg het nie,
geen opset gehad het om te bedrieg nie en geen nadeel veroorsaak

het nie.
Dit was
gemenesaak dat die applikant by daardie geleentheid wel vanaf mnr
Swarts mondelinge magtiging verkry het om van privaatvervoer
gebruik
te maak.
Wat
aanklag 3 betref, kan daar na my oordeel geen twyfel bestaan nie dat
die applikant die opset gehad het om te bedrieg. Hy
het duidelik
die handtekeninge vervals om die betrokke beamptes te laat glo dat
me Koekemoer en mnr Swarts inderdaad daardie
handtekeninge
aangebring het. Hy het daardie eis direk aan die NVG gestuur, in
plaas daarvan om mnr Swarts se handtekening te
verkry. Die
applikant het deur hierdie optrede die NVG beweeg om sy eis uit te
betaal. Selfs al sou hy telefoniese magtiging
gehad het om van
privaatvervoer gebruik te maak, sou hierdie optrede van mnr Swarts
na my oordeel ongetwyfeld gelei het tot potensiële
nadeel, want
dit sou weereens die beamptes ontneem het van die kontrolemaatreël
van skriftelike goedkeuring deur die hoofaanklaer.
Ook wat aanklag
4 betref is die applikant se weergawe totaal onwaarskynlik.
Die
twee eise, dit wil sê die vervalste eisvorm van aanklag 3 en
die onderhawige eisvorm, se inhoud verskil in wesenlike
opsigte van
mekaar. Die applikant se verduideliking hiervoor, naamlik dat hy
nie die betrokke besonderhede ingevul het nie,
val redelik vreemd
op, veral wanneer dit kom by die afstande. Hoe dit ookal sy, op
die applikant se eie weergawe het hy afskrifte
gehou van alle eise
wat hy ingedien het, en die vraag ontstaan waarom hy nie
doodeenvoudig ‘n afskrif gemaak het van die
vorige eisvorm en dit
ingedien het nie.
Die
applikant het ook nêrens op die eisvorm wat die onderwerp
van aanklag 4 uitmaak, aangedui dat dit veronderstel was
om ‘n
duplikaat te wees nie.
Die applikant
se weergawe, naamlik dat hy navraag gedoen het by die NVG, verneem
het dat die betrokke eis nog nie daar was nie
en toe met mnr Swarts
in hierdie verband gekontak het en deur laasgemelde versoek is om
die eis weer in te dien, is natuurlik
nooit aan mnr Swarts gestel
nie. Afgesien hiervan, is die betrokke verduideliking
onversoenbaar met verskeie objektiewe feite.
Waarom sou die
applikant vir mnr Swarts gekontak het oor ‘n eis wat nog nie die
NVG bereik het nie, as hy goed geweet het
dat hy daardie eis
onreëlmatiglik direk aan die NVG gestuur het en daarop onder
andere mnr Swarts se handtekening vervals
het? Mnr Swarts sou mos
onmiddellik agtergekom het dat daardie eis nog nie voorheen aan hom
voorgelê was vir oorweging
nie. Hoekom sou mnr Swarts die
applikant versoek het om die betrokke eis weer in te dien, en nie
eerder dadelik sy eie rekords
nagegaan het en kontak gemaak het met
die NVG om vas te stel wat van die oorspronklike eis geword het
nie?
In elk geval
milliteer die inhoud van mnr Swarts se brief van 8 Julie 2003 aan
ene mev Victor teen hierdie weergawe van die
applikant, want in
daardie skrywe het mnr Swarts dit baie duidelik gestel dat hy die
tweede eis onderteken het sonder om te
weet dat daar ‘n vorige
eis ingedien was ten aansien van dieselfde reis en verblyf.
Na my oordeel
kan geen ander afleiding gemaak word nie as dat die applikant sy
vorige eis verswyg het met die doel om ‘n verdere
betaling ten
aansien van dieselfde reis en verblyf te bekom.
Dit het die
potensiaal geskep dat die applikant twee keer vir dieselfde
onkostes vergoed kon word en gevolglik het sy optrede
minstens tot
potensiële nadeel gelei (al is die tweede eis uiteindelik nie
uitbetaal nie).
Ook
ten aansien van aanklagte 3 en 4 is ek dus van oordeel dat daar geen
vooruitsig op sukses met ‘n appèl teen die betrokke

skuldigbevindings bestaan nie.
VONNIS
In
die lig van die slotsom waartoe hierbo gekom is ten aansien van die
applikant se petisie om verlof tot appèl teen sy

skuldigbevindings,
het
ons die appèl teen die vonnis
sine
die
uitgestel om aan die applikant die geleentheid te bied om, sou hy so
verkies, by wyse van petisie (tot die President van die
Hoogste Hof
van Appèl) verlof te probeer bekom om teen hierdie bevindinge
te appelleer (sien in dié verband
S
v Khoasasa, supra
,
te [par 26]).
Bygevolg word
die volgende bevele hierin gemaak:
Die
applikant se aansoek om verlof om teen
die
afwysing van sy petisie te appelleer word geweier.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
S A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appl
ikant: In
Persoon
Nms
Respondent:
Adv
M Mashuga
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolging, KIMBERLEY