About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 12
|
|
S v Swartz (CA&R 81/2008) [2009] ZANCHC 12 (6 February 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 81/2008
Saak
Aangehoor:
02/02/2009
Dat
um
gelewer: 06/02/2009
In
die
saak tussen:
P
Swartz
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Majiedt
R et Olivier R
UITSPRAAK
OP APPéL
Olivier
R:
Die
appellant het saam met sy eggenote (beskuldigde 2) in die Streekhof
tereggestaan op ân aanklag dat hulle mnr Andries Albertus
Venter
vermoor het
.
Beide het op dié aanklag onskuldig gepleit. Die appellant
is skuldig bevind soos aangekla, maar beskuldigde 2 is onskuldig
bevind en ontslaan.
Nadat
bevind is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede was wat
ân mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van
15 jaar regverdig
het nie, het die streeklanddros klaarblyklik bevind dat ân
swaarder vonnis inteendeel aangewese was en is
die appellant
gevonnis tot 17 jaar gevangenisstraf. Dit is teen hierdie vonnis
wat die appellant nou in hoër beroep kom.
In die lig van
wat volg, is dit nodig om kortliks te verwys na bepaalde feite wat
uiteindelik geblyk het gemenesaak te wees of
nie ernstig in geskil
was nie.
Die
appellant, beskuldigde 2 en die oorledene, ân 70-jarige man, was
bevriend en het op die dag van die gebeure aan huis van
die
appellant en beskuldigde 2 ân aansienlike hoeveelheid alkohol
ingeneem.
In
die loop van die betrokke aand en nag het die buurvrou vanuit die
betrokke huis geluide gehoor wat sy beskryf het as ân
â
vreeslike
geraas en geslaan
â
en ân â
geslaan
en gestamp
â.
Sy het getuig: â
Dit
het gesmaak alles val. Die huisraad en alles
â.
Die volgende
oggend is die polisie op versoek van die appellant ontbied en is
die oorledene aangetref waar hy op matrasse gelê
het met ân
kombers oor hom. Hy was reeds dood en baie bloed is op die toneel
waargeneem.
Met die
polisie se deursoeking van die huis is bebloede kussings in die
stoof se oond gevind. Daar is ook verskillende gedeeltes
van
stokke gevind, onder ân tafel, in ân asdrom en onder die stoof,
wat uiteindelik geblyk het gedeeltes van twee stokke
te gewees het.
Onder die bed in die slaapkamer van die appellant en beskuldigde 2
is ân bebloede byl gevind. Dit was duidelik
dat dié goed
verberg was.
Beskuldigde 2
is in die slaapkamer aangetref. Sy het verskeie beserings aan haar
gesig en liggaam gehad. Alhoewel sy aanvanklik
valslik beweer het
dat sy die beserings opgedoen het deur in ân tak vas te loop, het
dit geblyk gemenesaak te wees dat sy
dit opgedoen het toe sy die
nag deur die appellant aangerand is. Hy het op sy eie weergawe
haar geklap en met ân stok geslaan
totdat dit gebreek het.
Die
oorsaak van die oorledene se dood is aangedui as â
hipovolemiese
skok/bloeding na veelvuldige beserings
â.
In die lykskouingsverslag is aangeteken dat daar â
massiewe
bloeding
â
was weens ân neusfraktuur en dat daar ook bloeding in die
borsholte was.
Die
oorledene se liggaam het verskeie kneuswonde vertoon wat na die
mening van die dokter (wat die lykskouing uitgevoer het) deur
ân
stok of ân sambok veroorsaak kon gewees het. Drie van die
oorledene se ribbes was af. Op sy heup was ân 4 cm lange wond
wat
volgens die dokter deur ân byl veroorsaak kon gewees het.
Daar
is ook aangeteken dat die oorledene se nek onstabiel was, wat volgens
die dokter sou kon dui op ân â
moontlike
nekfraktuur
â.
Ten
spyte van aanvanklike leuens van die kant van die appellant aan die
ondersoekbeampte was dit uiteindelik gemenesaak dat
die appellant
daardie nag die oorledene aangerand het en dat die oorledene in dié
proses die beserings opgedoen het
wat sy dood veroorsaak het, en
ook dat beskuldigde 2 op geen stadium die oorledene aangerand het
nie.
Die
streeklanddros
het bevind dat die appellant se skuldvorm opset in die vorm van
dolus
eventualis
was, dit wil sê dat die appellant die dood van die oorledene
(as gevolg van sy aanranding) voorsien het en tog voortgegaan
het
met sy aanval. Hierdie bevinding is nie op appèl aangeveg
nie.
Alhoewel
die streeklanddros hierdie bevinding gegrond het op die basis dat
die appellant die dood van die oorledene â
kon
â
voorsien het, in plaas daarvan om te oordeel of die appellant die
dood inderdaad voorsien het, meen ek tog dat die bevinding
rakende
die appellant se skuldvorm uiteindelik korrek was.
Dit
is duidelik dat die oorledene, wat soos reeds gemeld reeds 70 jaar
oud was (teenoor die appellant se ouderdom van 41 jaar),
aan ân
brutale en langdurige aanval onderwerp is. Die dokter het, nadat
hy die stokke en die byl besigtig het, gemeen dat
ân redelike
mate van geweld toegepas moes gewees het.
Alhoewel dit
duidelik is dat aldrie die persone dié nag alkohol gebruik
het, en waarskynlik tot ân mate onder die invloed
daarvan was, is
daar geen getuienis of aanduiding dat die appellant nie die vermoë
gehad het om te voorsien wat die gevolge
van sy aanval kon wees
nie. Inteendeel, hy het erken dat hy wel in staat was om dit te
kon voorsien het.
Die appellant
het wel in sy pleitverduideliking aangevoer dat hy nie die opset
gehad het om die oorledene te dood nie. Dit
het egter deel gevorm
van ân pleitverduideliking waarin hy aangevoer het, klaarblyklik,
dat hy die oorledene aangerand het
omdat hy hom en beskuldigde 2 in
die daad van geslagsgemeenskap betrap het.
In
sy getuienis het hy egter, klaarblyklik ook tot die verbasing van
sy prokureur, sy weergawe heeltemal verander om te beweer
dat die
oorledene die doodveroorsakende beserings opgedoen het toe die
appellant in noodweer ân rusbank voor hom ingetrek
het en hom ân
hou met ân deel daarvan geslaan het, en die oorledene toe
agteroor teen ân radio geval het. Volgens dié
latere
weergawe van die appellant sou die oorledene hom met ân byl
bestorm het ân rukkie nadat hy die oorledene net een
hou op sy sy
geslaan het toe hy hom en beskuldigde 2 betrap het, en kon die
snywond op die oorledene se heup dan veroorsaak
gewees het toe hy,
met sy agteroorval, sommer self op die byl geval het.
Hierdie
weergawe van die appellant is tereg deur die streeklanddros as vals
verwerp. Hy was duidelik ân patetiese getuie
wat voortdurend
gepoog het om vrae nie te beantwoord nie.
Die
appellant het ook duidelik gepoog om die erns van sy aanval op die
oorledene te probeer afwater en om die indruk te skep
dat hy die
oorledene eintlik net een of twee houe met ân stok geslaan het en
dat sy dood eintlik veroorsaak moes gewees het
deur sy val teen ân
radio. Dit was duidelik leuenagtig en ook onversoenbaar met die
aard en omvang van die oorledene se
beserings.
Die
appellant is nie daarop geregtig dat die Hof, waar hy verkies het
om leuenagtige getuienis voor die Hof te plaas en om nie
die Hof in
sy vertroue te neem nie, moet bespiegel oor die mees gunstige
weergawe (vir die appellant) van wat werklik gebeur
het en oor wat
hy werklik bedoel of besef het toe hy die oorledene so brutaal
aangerand het nie (sien
R
v Mlambo
1957 (4) SA 727
(A) op 738B-E en vergelyk
S
v Mkhize
1999 (2) SACR 632
(W)).
Ek
meen in elk geval dat, op die beskikbare getuienis, daar nie gronde
is om in te meng met die
streeklanddros
se afleiding en bevinding van
dolus
eventualis
nie.
Ek is egter
nietemin van oordeel dat daar gronde bestaan vir inmenging met die
vonnis.
Die
streeklanddros het na my mening in die eerste plek wesenlike
mistastings begaan by die oorweging van vonnis.
Die
bevinding dat die aanval â
koelbloedig
â
was en dat die appellant self sou getuig het dat hy voorsien het
dat hy die oorledene kon dood, maar hom toe â
glad
nie daaraan gesteur
(het)
nie
â,
was verkeerd.
Alhoewel
objektiewe feite die afleiding regverdig dat die appellant die dood
inderdaad voorsien het en voortgegaan het met sy aanval,
was dit
beslis nie sy getuienis nie. Hy het slegs toegegee dat hy dit â
kon
â
voorsien het.
Die
bevinding dat die appellant se optrede â
koelbloedig
â
was, is onversoenbaar met die bevinding dat die aanval â
in
die hitte van die oomblik gepleeg is
â.
Die
bevinding dat die appellant se versuim om die Hof in sy vertroue te
neem â
verswarend
teen
(hom)
tel
â
is ook ân wesenlike mistasting. Dit was die appellant se
grondwetlike reg om onskuldig te pleit en om enige verweer van
sy
keuse te opper. Om dit dan later by oorweging van vonnis teen hom
te hou, sou ân bespotting maak van sy grondwetlike
regte in
hierdie verband (vergelyk
S
v Maasdorp
[2008] ZANCHC 21
;
2008 (2) SACR 296
(NC) en
S
v Matthews
en
S
v Coetzee
,
ongerapporteerde uitsprake op hersiening in hierdie Afdeling onder
saaknommers 616/2003 en 336/2004).
Afgesien
hiervan is ek in elk geval ook van oordeel dat daar wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan het wat ân mindere
vonnis as die
voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf regverdig het en dat
die oplegging van 17 jaar gevangenisstraf
inderdaad skokkend
onvanpas was.
Die
streeklanddros was geregtig om die veelvuldige voorkoms van dié
tipe misdaad as verswarend in ag te neem, asook die
brutale aard van
die aanval.
Dit
is ook inderdaad verswarend dat dit onbetwis staan dat die appellant
hom al by meerdere vorige geleenthede skuldig gemaak
het aan
aanrandings op sy vrou. Hy het haar al brandwonde toegedien wat
haar twee maande bewusteloos gelaat het en haar maande
lank in die
hospitaal laat deurbring het, waar sy veloorplantings moes
ondergaan. Die appellant het by geleentheid ook haar
oor afgesny
toe hy haar verdink het van ân verhouding met sy neef.
Die appellant
het die nag van hierdie gebeure sy vrou aangerand ten spyte van ân
interdik wat sy teen hom gekry het en waarvan
die strekking duidelik
moes gewees het om die appellant te belet om sy vrou aan te rand.
Dat hy onbewus sou gewees het van die
inhoud van die interdik is
totaal vergesog.
Terwyl
die appellant in hegtenis verkeer het, verhoorafwagtend op die
onderhawige aanklag, het hy in ân skrywe aan sy vrou gedreig
om,
wanneer hy uitkom uit die gevangenis, persone aan te rand (hulle te
â
breek
â
en te â
laat
val
â)
wat hy weereens verdink het van die een of ander betrokkenheid by sy
vrou. Inteendeel, in dieselfde skrywe het hy gespog
oor hoe hy ene
Wiets â
baie
lelik geslaan het tot hy die waarheid gepraat het
â;
klaarblyklik weer oor iets waarvan die appellant beskuldigde 2
verdink het.
Alhoewel
die appellant nog geen vorige veroordeling gehad het nie, is hy dus
duidelik ân persoon wat geen respek vir die liggaamlike
integriteit van ander het nie en wat nie skroom om oor te gaan tot
ernstige liggaamlike geweld nie. Hy is inderdaad iemand teen
wie
die gemeenskap beskerm moet word terwyl hy die geleentheid benut,
hopelik, om homself te rehabiliteer.
Alhoewel dit
onverstaanbaar is hoe die appellant nie al minstens vervolg kon
gewees het vir sy wrede en op die oog af onregmatige
en lafhartige
aanvalle op sy vrou nie, moet dit in sy guns in ag geneem word dat
hy geen vorige veroordeling van enige aard hoegenaamd
het op die
ouderdom van 41 jaar nie.
Daar is geen
aanduiding dat die onderhawige misdaad beplan is nie. Die
objektiewe feite dui eerder op die teendeel.
Die
skuldvorm was
dolus
eventualis
en nie die direkte opset om te dood nie.
Op alle
aanduidings moes die appellant redelik sterk onder die invloed van
drank gewees het tydens die betrokke gebeure.
Ek
kan egter nie saamstem met die submissie van me Segone, wat op appèl
namens die appellant verskyn het, dat die appellant
op sy eie
weergawe skuldig bevind is en dat daar daarom aanvaar moet word dat
die appellant â
caught
his wife and the deceased on
(
sic
)
action
in his own house
â
nie.
Inteendeel,
die streeklanddros het die appellant se weergawe tot hierdie effek
pertinent verwerp. Die streeklanddros het bloot
volledigheidshalwe
verder gegaan en bevind dat, selfs al sou die appellant se weergawe
ook feitelik korrek gewees het, hy steeds
die vermoë sou gehad
het om te besef wat die gevolge van sy aanval kon wees en hy in elk
geval geen regverdiging sou gehad
het vir sy optrede nie (Al sou hy
ook deur die besope 70-jarige man â
aangeval
â
gewees het).
Die
verwerping van die appellant se weergawe maak dit dus onmoontlik om
werklik enige vorm van provokasie in sy guns in ag te
neem.
Die
waarskynlikhede is egter nietemin dat die appellant, in die lig van
sy duidelike obsessiewe jaloesie wanneer dit by sy vrou
kom, en ook
in die lig van die feit dat hy nie alleen die oorledene aangerand
het nie, maar ook sy eie vrou, wel die oorledene
en sy vrou van iets
onbehoorliks verdink het. Omdat dit weens die verwerping van die
appellant se weergawe onbekend is wat dan
tot dié suspisie
kon gelei het, is dit egter moeilik om enige noemenswaardige
versagtende gewig hieraan te heg.
Laastens is
daar die feit dat die appellant ân jaar verhoorafwagtend in
hegtenis verkeer het voordat hy gevonnis is, wat beslis
in sy guns
in ag geneem moet word by die oorweging van vonnis.
Ek meen dat die
gemelde versagtende faktore, in die geheel en kumulatief geoordeel
en selfs teen die agtergrond van die verswarende
faktore, tog ân
mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf geregverdig het.
By
die oorweging van wat dan ân gepaste termyn van gevangenisstraf
sou wees (want geen ander vonnis as een van direkte langtermyn
gevangenisstraf sou gepas wees nie), sal die feit dat die wetgewer
normaalweg 15 jaar gevangenisstraf vir ân eerste oortreding
van
moord (soos bedoel in bylae 2 tot die Strafregwysigingsweg, 105 van
1997) opgelê wil hê, steeds in ag geneem
word, en sal
die voorgeskrewe vonnis dus as â
benchmark
â
dien by die oorweging van ân mindere vonnis.
Alles
inaggenome meen ek dat die appèl behoort te slaag en sou ek
die volgende bevel hierin maak:
Die
appèl teen die vonnis slaag en die vonnis van 17 jaar
gevangenisstraf word tersydegestel en vervang met een van 12 jaar
gevangenisstraf
,
welke vonnis teruggedateer word na 5 Desember 2001.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
S A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
App
ellant: Adv
B Segone
Namens: Regshulpsentrum,
KIMBERLEY
Nms
Respondent:
Adv
J J D Rosenberg
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY