Dream II Work Bk v Suid- Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk and Anders (55/09) [2009] ZANCHC 7 (2 February 2009)

45 Reportability
Public Procurement

Brief Summary

Tender — Disqualification from tender process — Applicant's late submission of pre-qualification tender — Applicant disqualified for failing to meet submission deadline — Legal issue of whether the applicant's right to participate in the tender process was infringed — Court held that the applicant's late submission automatically disqualified him from the tender process, as no provision existed for the acceptance of late tenders, and the applicant was aware of the consequences of his delay.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 7
|

|

Dream II Work Bk v Suid- Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk and Anders (55/09) [2009] ZANCHC 7 (2 February 2009)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saaknommer: 55/09
Datum
Verhoor: 2009-01-30
Datum
Ingehandig: 2009-02-05
In
die saak van
:
DREAMS
II WORK BK
APPLIKANT
versus
DIE
SUID-AFRIKAASE NASIONALE
PADAGENTSKAP BEPERK
EERSTE
RESPONDENT
DEREK
WILSON TWEEDE RESPONDENT
PENNY
FARTHING (EDMS) BEPERK DERDE RESPONDENT
JOHAN
HAASBROEK VIERDE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
REDES VIR BEVEL
MAJIEDT R:
Hierdie aansoek is op ‘n
dringende basis gebring en het mettertyd bestrede geword. Al vier
die respondente bestry die aansoek.
Ek het op Vrydag 30 Januarie
2009 ‘n bevel as volg uitgereik en die redes voorbehou:
“
Die
aansoek word van die hand gewys met koste.
Wat betref die Tweede
en Vierde Respondente word koste toegestaan op ‘n skaal soos tussen
prokureur en kliënt.”
Ek verskaf nou vervolgens
die redes.
Die
Applikant is ‘n beslote korporasie hier
in
verteenwoordig deur Mnr. Schreuder. Die Eerste Respondent is ‘n
padagentskap tot stand gebring deur die bepalings vervat
in die
Nasionale Padwet, 7 van 1998. Die Eerste Respondent is ondermeer
getaak met die instandhouding van nasionale paaie.
Die Tweede
Respondent is gesiteer in sy persoonlike hoedanigheid as
projekbestuurder van die Eerste Respondent. Die Eerste en
Tweede
Respondente word hierin verteenwoordig deur Me. N. Badenhorst. Die
Derde Respondent is ‘n maatskappy en die Vierde
Respondent is
gesiteer in sy persoonlike hoedanigheid synde ‘n agent en
kontrakbestuurder van die Derde Respondent. Die Derde
en Vierde
Respondente word hierin verteenwoordig deur Mnr. S.J. Reinders.
Die
aansoek is oorspronklik gebring op ‘n dringende basis vir ‘n
tussentydse interdik, maar aangesien ‘n volledige stel
stukke deur
al die partye geliasseer is, was die partye
ad
idem
tydens
betoog dat die Applikant se aangevraagde regshulp in effek neerkom
op ‘n finale interdik. Die vereistes vir ‘n finale
interdik is
welbekend en is naamlik as volg:
a) ‘n Duidelike reg;
b) ‘n
Inbreukmaking op sodanige reg of ‘n grondige vrees dat op sodanige
reg inbreuk gemaak sal word; en
c) Dat daar geen ander
bevredigende remedie in die omstandighede bestaan nie.
Sien:
Setlogelo
v Stelogelo
1914 AD 221
te
227;
Sanachem
(Pty) Ltd v Farmers Agri-care (Pty) Ltd and Others 1995 (2)
SA 781 (A)
te
788 J – 790 C.
‘
n Applikant moet
hierdie drie elemente op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys.
Die
Respondente het ‘n aantal preliminêre punte geopper en dit
is dienstig om daarmee te handel alvorens ek met die meriete
handel.
Ter aanvang alreeds gee ek ‘n aanduiding dat, alhoewel ek meen
dat hierdie punte
in
limine
meriete
het en die aansoek reeds op grond daarvan van die hand gewys kon
word, het ek dit nodig geag om met die meriete ook te
handel, ten
einde die aangeleentheid finaal af te handel. Die dringendheid van
die aansoek is naamlik daarin geleë dat
‘n toekenning van ‘n
tender wat hier in geskil is, gemaak sou word deur die Eerste
Respondent en die Derde Respondent se
projekbestuurspan op 1
Februarie 2009.
Die
eerste punt
in limine
wat
geopper is, is die wanvoeging van die Tweede Respondent. Daar is
tereg na my mening namens die Eerste en Tweede Respondente
aangevoer
dat die Tweede Respondent deurgaans opgetree het as ‘n werknemer
van die Eerste Respondent en derhalwe geen persoonlike
belang by die
saak het nie. Ek is die mening toegedaan dat die Tweede Respondent
inderdaad verkeerdelik gevoeg is in sy
persoonlike
hoedanigheid
.
Op grond van hierdie wanvoeging het ek uiteindelik ‘n spesiale
kostebevel op ‘n prokureur en kliënt skaal gelas ten
aansien
van Tweede Respondent se wanvoeging.
Die
tweede punt
in
limine,
wat
eweneens meriete het, is die feit dat die raadgewende ingenieurs,
Theodore Hofmann en Mouton, wat ‘n direkte en wesenlike
belang by
die aangeleentheid het, nie gevoeg is as ‘n party nie. Hierdie
ingenieursfirma vorm deel, tesame met die Eerste
en Derde
Respondente, van die projekbestuurspan wat uiteindelik die tender
moes evalueer en toeken. Hulle nie-voeging is gevolglik
‘n
wesenlike gebrek op grond waarvan die aansoek van die hand gewys
behoort te word. Die leidende gesag ten aansien van die
voeging van
‘n party wat betref ‘n wesenlike en direkte belang by ‘n
aangeleentheid is die saak van
Amalgamated
Engineering Union v Minister of Labour 1949 (3) SA 637 (A)
te
660 – 661. Met toepassing van die toets neergelê in hierdie
saak is ek die mening toegedaan dat die wanvoeging van
‘n party
met ‘n wesenlike en direkte belang soos die ingenieursfirma soos
voormeld, inderdaad ‘n wesenlike gebrek in die
aansoek is.
Die
volgende aspek wat
in
limine
oorweging
verg is die kwessie van dringendheid wat geopper is deur al die
Respondente. Die Respondente maak naamlik die submissie
dat die
aansoek slegs dringend geword het vanweë die Applikant se eie
toedoen en dat die Applikant derhalwe die outeur van
sy eie
selfgeskepte dringendheid is. Die feite is kortliks dat die
Applikant minstens sedert 11 Desember 2008 bewus was daarvan
dat hy
nie sou kon tender nie as gevolg van die feite wat later hieruit sal
blyk, maar wat nie nodig is om nou te bespreek nie.
Op daardie
datum alreeds moes die Applikant besef het dat, indien hy verdere
regstappe wou neem, dit alreeds op daardie stadium
dringend gedoen
moes word. Desnieteenstaande is die aansoek eers uitgereik op 19
Januarie 2009, d.w.s. meer as ‘n maand later.
‘n Applikant is
nie gemagtig om sy eie dringendheid te skep nie en meen ek dat ook
hierdie punt behoorlik geneem is deur die
Respondente. Die
Respondente het onder andere verwys na die gesag in die volgende
beslissings, waarmee ek saamstem:
Twentieth
Century Fox Film Corporation and Another v Anthony Black Films (Pty)
Ltd 1983 (2) SA 582 (W)
te
568 A â€“ C;
Schweizer-Reneke
Vleis Maatskappy (Edms) Bpk v Die Minister van Landbou en Andere 1971
(1) PHF 11 (T)
.
Die
aansoek is derhalwe ook gebrekkig in hierdie opsig, te wete die
selfgeskepte dringendheid veroorsaak deur die Applikant se
voetesleep.
Ek
wend my nou na die meriete van die aansoek en behandel kortliks die
feite wat grootliks gem
ene
saak is hierin.
8.1 Die Eerste Respondent
is vir ‘n geruime tyd al besig om instandhoudingswerk te doen aan
‘n nasionale pad tussen Pofadder
en Keimoes.
8.2 Vir
hierdie doel gebruik die Eerste Respondent ‘n raadgewende
ingenieursmaatskappy wat op hul beurt ‘n hoofkontrakteur aanstel

wat op sy beurt weer die betrokke werk toeken aan ‘n
subkontrakteur(s) vir die fisiese werk op die terrein waar die
konstruksie
plaasvind.
8.3 Die
Applikant het op 7 November 2006 begin om as subkontrakteur vir ‘n
kontrakteur op te tree en
die
voormelde instandhoudingswerk te doen. By verstryking van die
bestaande jaarkontrak, te wete gedurende November 2007, is daar

ooreengekom om die kontrak verder te verleng tot Augustus 2008.
8.4 Hierna is ‘n nuwe
tenderproses aan die gang gesit en is daar vereis van voornemende
tenderaars om ‘n sogenaamde pre-kwalifikasie
tender in te handig
gedurende November 2008.
8.5 Dit
is gemene saak dat die korrekte afsnydatum vir die inhandiging van
hierdie pre-kwalifikasie tender op 11 November 2008 om
11h00 was.
Teen daardie tyd en datum moes die bepaalde dokument by die Derde
Respondent se kantoor in Pofadder ingehandig word.
8.6 Dit is gemene saak
verder dat die Applikant se pre-kwalifikasie tender net na die
afsnytyd ingehandig is te Pofadder.
8.7 Dit is verder gemene
saak dat die die Applikant daarna nie ‘n tender ingedien het vir
die instandhoudingswerk soos voormeld
teen 11 Desember 2008 wat die
afsnydatum was nie.
Die
Applikant het omstreeks 8 Desember 2008 kennis gekry vanaf die
Tweede Respondent dat hy gediskwal
ifiseer
is van die tenderproses, omrede sy pre-kwalifikasie tenderdokument
laat ingehandig was. Die Applikant het gevolglik hierna,
soos ek
vermeld het vroeër hierin, op 19 Januarie 2009 hierdie
onderhawige aansoek geloods. In die aansoek poog die Applikant
om ‘n
bevel te bekom waarvolgens die Respondente se besluit om die
Applikant te verhoed om deel te neem aan die volledige tenderproses

ongeldig verklaar word en om die Applikant toe te laat om sy tender
vir die roete padinstandhoudingskontrak by die Respondente
in te
dien binne 30 dae vanaf uitreiking van die bevel soos aangevra.
Namens
die Applikant het Mnr. Schreuder aangevoer dat die reg waarop hy
steun die reg is om deel te neem aan die vrye
handelsverkeer soos verskans in art 22 van die Grondwet, 108 van
1996. Hy het verder aangevoer dat die inbreukmaking op hierdie
reg
daarin geleë is dat die Applikant na bewering onregmatiglik
daarvan weerhou word om deel te neem aan die tenderproses.
Hierdie
submissie is gemotiveer deur die Applikant se weergawe in sy
funderende stukke dat die Vierde Respondent aanvanklik
die laat
pre-kwalifikasie tenderdokumente aanvaar het (en dus volgens Mnr.
Schreuder die laat indiening gekondoneer het) en dat
die Tweede
Respondent daarna eiehandig volgens hom, hierdie pre-kwalifikasie
dokument verwerp het en die Applikant gediskwalifiseer
het.
Daar
is namens die Respondente tereg uitgewys dat die bevel wat die
Applikant ondermeer aanvra dat hy toegelaat word om binne
30
dae
vanaf ‘n bevel deur hierdie Hof uitgereik ‘n tender in te dien,
onbillik en onregverdig sou wees teenoor die ander tenderaars,

aangesien hulle kontrakwaardes (m.a.w. die prys waarteen hulle
getender het) in die openbaar uitgelees is. Dit sou dus eenvoudig

en baie maklik wees vir die Applikant om teen ‘n laer
kontrakwaarde te tender.
Die
Applikant was deeglik daarvan bewus dat die pre-kwalifikasie
tenderdokument, wat uiteindelik sou lei tot ‘n verdere proses
van
‘n kursus van opleiding en die indiening van die hoof
tenderdokument daarna, teen ‘n sekere tyd ingedien moes wees.
Op
sy eie weergawe was die Applikant dus deeglik bewus dat
,
indien sy pre-kwalifikasie dokument nie teen die spertyd ingedien
was nie, hy desnoods van die tenderproses gediskwalifiseer
kon word.
In meer as een dokument wat by die stukke aangeheg is en wat slaan
op die tender in die onderhawige saak, is dit duidelik
gestel dat
geen laat aansoeke oorweeg sal word nie. Dit het ook pertinent
gegeld vir die pre-kwalifikasie dokument wat hier
ter sprake is in
die onderhawige geval.
In
Tecmed
(Pty) Ltd v Eastern Cape Provincial Tender Board 2001 (3)
SA 735 (SCA)
,
was ‘n tenderaar se tender ook laat ingedien. Die tersaaklike
regulasies van die bepaalde tenderraad het egter daarvoor

voorsiening gemaak dat ‘n tenderraad in sy diskresie ‘n tender
wat laat ingedien is kon toelaat vir oorweging, mits die raad

ondermeer tevrede was dat dit nie te wyte is aan die tenderaar se
eie nalate nie. In daardie aangeleentheid het die Hoogste
Hof van
Appél bevind dat aangesien die appellant (tenderaar) nie
homself skuldig gemaak het aan enige onbehoorlike gedrag
ten aansien
van die laat indiening van die tender nie en die tender laat was as
gevolg van onvoorsiene omstandighede, daar dus
nie ‘n geldige
basis was op grond waarvan die appellant se verdere deelname aan die
tenderproses belet kon word nie. In die
onderhawige geval voor my,
bestaan daar geen sodanige diskresie vir die aanvaarding/ kondonasie
van ‘n tender wat laat ingedien
is nie, inteendeel, die
voorskrifte was ondubbelsinnig uiteengesit in meer as een
tenderdokument dat geen laat aansoeke oorweeg
sou word nie.
Op
grond van die tendervoorskrifte, is ek
gevolglik
die mening toegedaan dat die Applikant se laat-indiening van sy
tender hom outomaties gediskwalifiseer het van die tenderproses.

Die Applikant het uit eie oorweging besluit om nie teen 11 Desember
2008 sy hoof tenderdokument in te dien nie, omrede hy toe
al verneem
het dat sy pre-kwalifikasie dokument se laat-indiening hom
gediskwalifiseer het.
Hierdie
was ‘n sinvolle besluit en was na my mening korrek geneem. Dit is
vervolgens egter nodig om te oorweeg of daar enige
meriete is in die
betoog voorgehou deur Mnr. Schreuder dat daar kondonasie was van die
laat-indiening.
Die
Respondente het heftig ontken dat die Vierde Respondent enige
bevoegdheid gehad het om
die
laat indiening van ‘n pre-kwalifikasie dokument te kondoneer. In
só ‘n bestrede aansoek waarin finale regshulp
aangevra
word, is die benadering dat die Respondente se beweringe in
aanmerking geneem moet word waar daar ‘n
bona
fide
geskil
tussen die partye is tesame met die Applikant se onbetwiste
beweringe.
Sien:
Plascon-Evans
Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A).
In
hierdie saak moet ek
dus
die Respondent se beweringe in aanmerking neem ten aansien van
hierdie geskil oor kondonasie. Daarvolgens aanvaar ek dat
die
Vierde Respondent geen sodanige bevoegdheid gehad het om die
Applikant se laat-indiening van sy pre-kwalifikasie tenderdokument

te aanvaar of te kondoneer nie. Indien daar enige sodanige gepoogde
kondonasie of aanvaarding was deur die Vierde Respondent
(wat
terloops heftig deur hom ontken word in sy opponerende
eedsverklaring), sou dit glad nie bindend wees op die ander
Respondente
nie. Die getuienis wat ek moet aanvaar komende van die
Respondente is dat die Eerste en Tweede Respondente sowel as die
raadgewende
ingenieurs (wat, soos wat ek uitgewys het, natuurlik nie
hierin gevoeg was nie) saam ‘n projekbestuurspan saamgestel het
wat
sulke besluite sou neem. Geen ander liggaam/persoon/instansie
het sodanige bevoegheid gehad nie. Die aansoek kon vir daardie
rede
dus nie op die meriete nie slaag nie .
Samevattend
dus
was ek die mening toegedaan dat die aansoek van die hand gewys moes
word omrede:
a) Die
Applikant ‘n wesenlike party tot die aansoek nie gevoeg het nie, te
wete die raadgewende ingenieurs; en
b) Die
aansoek
nie
werklik dringend was nie en dat die dringendheid geskep is deur die
Applikant self; en
c) Dat op die meriete die
Applikant nie ‘n saak uitgemaak het waarvolgens hy ‘n
inbreukmaking op sy reg kon bewys as tweede
vereiste van ‘n finale
interdik nie.
Gevolglik het ek die
aansoek van die hand gewys met koste. Ek het ‘n spesiale
kostebevel op ‘n prokureur-kliiënt skaal
gelas in die geval
van die Tweede en Vierde Respondente, omrede ek die mening toegedaan
was dat hulle glad nie gevoeg moes gewees
het in hierdie saak in
hulle persoonlike hoedanighede nie, omrede hulle as agente vir
onderskeidelik die Eerste en Derde Respondente
hierin opgetree het.
Ek het gevolglik die
bevel soos in die inleiding hiervan uiteengesit, uitgereik.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV.
J.J. SCHREUDER
IN
OPDRAG VAN : ELLIOT MARIS WILMANS & HAY
NAMENS
EERSTE EN TWEEDE
RESPONDENTE : ADV. N.L. BADENHORST
IN
OPDRAG VAN : VAN DE WALL EN VENNOTE
NAMENS
DERDE
EN VIERDE
RESPONDENTE : ADV. S.J. REYNDERS
IN
OPDRAG VAN : VAN DE WALL EN VENNOTE