Itumele Bus Lines (Pty) Ltd v LUR Department van Polisie, Paaie en Vervoer van die Vrystaat Provinsie en Anders (4718/09) [2009] ZAFSHC 123 (3 December 2009)

62 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Interim interdict — Applicant sought to prevent respondents from operating a passenger rail service competing with its bus service — Applicant established a prima facie right and a well-grounded apprehension of irreparable harm — Court held that the applicant met the requirements for granting an interim interdict, as the balance of convenience favored the applicant and no satisfactory alternative remedy existed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 123
|

|

Itumele Bus Lines (Pty) Ltd v LUR Department van Polisie, Paaie en Vervoer van die Vrystaat Provinsie en Anders (4718/09) [2009] ZAFSHC 123 (3 December 2009)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 4718/09
In
die
saak tussen:-
ITUMELE
BUS LINES (PTY) LTD
Applikant
en
DIE
LUR: DEPARTEMENT VAN POLISIE,
Eerste
Respondent
PAAIE
EN VERVOER VAN DIE VRYSTAAT
PROVINSIE
PASSASIERSPOORAGENTSKAP
VAN
Tweede
Respondent
SUID-AFRIKA
DIE
PREMIER VAN DIE VRYSTAAT
Derde Respondent
PROVINSIE
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
26
NOVEMBER 2009
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
3
DESEMBER 2009
_____________________________________________________
[1]
Die
applikant in hierdie aansoek bedryf ‘n vervoeronderneming onder die
naam Interstate Bus Lines en is tans die grootste verskaffer
van
openbare busvervoer tussen Bloemfontein/Botshabelo en tussen
Bloemfontein/Thaba ‘Nchu.
[2] Die eerste respondent is die Lid
van die Uitvoerende Raad van die Departement van Polisie, Paaie en
Vervoer van die Vrystaat
Provinsie, wie belas is met die
verantwoordelikheid van openbare vervoer in die Vrystaat Provinsie.
Die Departement het by wyse
van delegasie die kontraktuele reg om met
ingang 1 Maart 2006 passasiers tussen Bloemfontein en Thaba ‘Nchu
per bus te vervoer,
aan die applikant oorgedra.
[3] Die tweede respondent is ‘n
korporasie waarin die staat al die aandele hou, wat belas is met die
openbare funksie om spoorpassasiersdienste
binne, na en vanaf die
Republiek van Suid-Afrika, in die openbare belang te lewer.
[4] Die derde respondent is die
Premier van die Vrystaat Provinsie in sy hoedanigheid as sodanig,
hierin gevoeg as nominale respondent
ingevolge die bepalings van
artikel 2 van die Wet op Staatsaanspreeklikheid, Nr. 20 van 1957,
soos gewysig.
[5] Applikant vra nou bekragtiging
van ‘n bevel
nisi
wat by ooreenkoms tussen die partye op 2 Oktober 2009 verleen is
ingevolge waarvan die respondente verbied word om ‘n
passasiersdiens
in te stel en te bedryf tussen Bloemfontein en Thaba
‘Nchu hangende die uitslag, eerstens van ‘n aksie ingestel te
word deur
die applikant vir ‘n finale interdik wat die respondente
verbied om gemelde diens in te stel en te bedryf en tweedens, om die

besluit vir die instelling van gemelde diens ingevolge die bepalings
van Hofreël 53 te hersien en tersyde te stel.
Die applikant versoek verder die gebruiklike
alternatiewe regshulp tesame met gepaste kostebevel.
[6]
Namens
die applikant het mnr. Coetsee te kenne gegee dat die aansoek nie ten
doel het om die instel van ‘n passasiersdiens tussen
Bloemfontein
en Thaba ‘Nchu ten alle koste te verhoed nie, maar slegs om te
voorkom dat ‘n passasierstreindiens tussen gemelde
eindpunte, wat
meeding met die passasiersvervoerdiens wat deur die applikant
ingevolge die kontrak uitgevoer word, op ‘n onregmatige
wyse en
sonder dat daar voldoen is aan die applikant se grondwetlike regte op
regmatige, regverdige en billike administratiewe
optrede en ter
verbreking van die applikant se kontraktuele regte, ingestel word.
[7]
Dit
is die applikant se saak dat dit oor ‘n beskermingswaardige belang
beskik om passasiers aldus te vervoer. Sodanige reg is
gevestig in
die kontrak waarop gesteun word, maar ook op grond daarvan dat die
toekenning van die kontrak deur die Departement
aan die applikant ‘n
administratiewe handeling daarstel en omrede die applikant met die
Departement se medewerking oor ‘n aantal
jare uitvoering aan die
kontrak gegee het nadat die applikant, op aandrang van die
Departement, sy aandeelhouding herstruktureer
het en tot die kennis
van die Departement aansienlike koste aangegaan het om dit in staat
te stel om sodanige diens te lewer.
[8] Verder steun die applikant op ‘n
regmatige verwagting dat daar nie sonder billike administratiewe
optrede met die onderneming
van die applikant en meer besonderlik,
die reg om passasiers per bus aldus te vervoer, deur die Departement
ingemeng sal word nie.
Die applikant voer aan dat dit geregtig is om
sy beskermingswaardige belang teen onregmatige inbreukmaking te
beskerm, welke beskerming
noodsaaklik vir die winsgewende en
suksesvolle voortbestaan van sy besigheid is.
[9] Dit blyk dat die applikant vir
die aangevraagde regshulp in wese op ‘n kontrak steun en poog om
optrede strydig met die bepalings
van die kontrak te verbied, d.w.s.
dit vorder in beginsel spesifieke nakoming in die negatiewe sin en is
daarop geregtig, tensy
die hof in sy diskresie nie bereid is om
spesifieke nakoming toe te staan nie.
1
[10] In die huidige aansoek gaan dit
egter wyer as die vordering van spesifieke nakoming en is die onus op
die applikant, alvorens
dit kan slaag, om die vereistes vir die
verlening van ‘n tussentydse interdik aan te toon, naamlik
“(a) A
prima
facie
right;
A well-grounded apprehension of irreparable harm if the interim
relief is not granted and the ultimate relief is eventually granted;
That the balance of convenience favours the granting of an interim
interdict; and
That the applicant has no other satisfactory remedy.
In view of the discretionary nature of an interim interdict these
requisites are not judged in isolation and they interact.”
2
Mnr. Coetsee, advokaat namens die applikant, het dan ook
die saak op bogemelde basis benader en betoog dat die applikant
bogemelde
vereistes bevredig het.
[
11] Dit
is gemene saak tussen die partye dat die applikant ‘n openbare
busdiens uit hoofde van ‘n tenderkontrak, gesluit met
die
Vrystaatse Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer
(hierinelders na verwys as die Departement) sedert 1 Maart 2006

tussen onder meer Bloemfontein en Thaba ‘Nchu bedryf. Gemelde
kontrak strek vir ‘n tydperk van vyf jaar tot 28 Februarie 2011
met
die opsie om die kontrak vir ‘n verdere tydperk van twee jaar tot
28 Februarie 2013 te verleng. Ter uitvoering van hierdie
kontrak,
vervoer die applikant daagliks ongeveer 5 000 passasiers tussen
Bloemfontein en Thaba ‘Nchu met ‘n kaartjie-inkomste
van ongeveer
R28 miljoen terwyl die Departement ‘n jaarlikse subsidie van
ongeveer R21 miljoen aan die applikant betaal. As
voorwaarde vir die
toestaan van die betrokke kontrak, was die applikant verplig om sy
aandeelhouding te herstruktureer ten einde
aan die Departement se
swartbemagtigingsvereistes te voldoen en het dit ook aansienlike
finansiële verpligtinge aangegaan
ten einde hierdie verpligtinge
uit te voer.
[12] Die vraag ontstaan nou of
applikant daarin geslaag het om die vereistes vir die verlening van
‘n tussentydse interdik te
bevredig, in die besonder of dit
aangetoon het dat dit nie ‘n bevredigende alternatiewe remedie het
nie. Soos reeds gemeld het
die aansoek van die applikant nie ten
doel om die instel van ‘n passasierstreindiens ten alle koste te
verbied nie, maar wil
dit voorkom dat hierdie vervoerdiens op ‘n
onregmatige wyse sonder voldoening aan applikant se gevestigde regte
meeding ter verbreking
van sy kontraktuele regte.
[13] In die stukke en ook tydens
betoog is namens die applikant aangevoer dat die beoogde treindiens
tot sy finansiële ondergang
sal lei, of minstens dat daar
sodanige risiko bestaan. In hierdie verband is dit egter van belang
om te let op ‘n skrywe van
die applikant se prokureur aan die
eerste en derde respondente se prokureur gedateer 26 Augustus 2009
waarin, onder andere, die
volgende verklaar word:
“However, should it be possible to negotiate on an urgent
restructuring of our client’s business to provide for a decline in

the number of passengers to be transported between Bloemfontein,
Botshabelo and Thaba ‘Nchu, to provide for facilities to enable
a
distribution of the passengers who make use of the passenger rail
service at Thaba ‘Nchu and Bloemfontein and to
compensate
our client for the losses it will suffer as a result of the
institution of the passenger rail service, our client will reconsider

its position and will at this stage proceed with court proceedings.”
(My onderstreping)
[14] Van belang is die “National
Land Transport Act”, Nr. 5 van 2009, waarvan sekere belangrike
bepalings in werking getree
het op 31 Augustus 2009, wat ten doel het
om die proses van transformasie en herstrukturering te bevorder.
[15] In die verband word daar die
volgende verpligting op die owerhede geplaas:
“Provinces and planning authorities must take steps as soon as
possible after the date of commencement of this Act to integrate

services subject to contracts in their areas, as well as appropriate
uncontracted services, into the larger public transport system
in
terms of relevant integrated transport plans.”
3
[16]
Dit
is belangrik om daarop te let dat die Wetgewer aan die owerheid drie
keuses gee indien dit te doen kry met ‘n geval soos die
huidige.
Artikel 46(1) lui soos volg:
“Where there is an existing interim contract, current tendered
contract or negotiated contract as defined in the Transition Act
in
the area of the relevant contracting authority, that authority may-
(a) allow the contract to run its course; or
(b) negotiate with the operator to amend the contract to provide for
inclusion of the operator in an integrated public transport
network;
or
(c) make a reasonable offer to the operator of alternative services,
or of a monetary settlement, which offer must bear relation
to the
value of the unexpired portion of the contract, if any.”
[17] Verder maak die Wetgewer ook voorsiening vir
gevalle waar die partye nie in staat is om ‘n ooreenkoms te bereik
nie. Artikel
46(2) lui soos volg:
“If the parties cannot agree on amendment of the contract or on
inclusion of the operator in such a network, or the operator
fails or
refuses to accept such an offer, the matter must be referred to
mediation or arbitration in the prescribed manner to resolve
the
issue.”
[1
8] Dit
van belang om daarop te let dat die voorgestelde passasierstreindiens
nie uit die bloute en sonder enige onderhandelinge
op die agenda
geplaas is nie. Reeds so ver terug as 8 Augustus 2008, toe die
vorige LUR die applikant se kontrak verleng het vir
drie jaar met
ingang van 1 Maart 2008, is daar die volgende verwysing na die
voorgestelde diens in gemelde skrywe:
“Notwithstanding the abovementioned progress the redesign of the
integrated network has however not been completed due to the

consideration of the anticipation of the outcome of the visibility
study on the introduction of passenger rail services on the
Thaba
‘Nchu/Bloemfontein corridor which study is currently conducted by
the South African Rail Commuter Corporation.”
[1
9] Daarna
op 13 Julie 2009 het die derde respondent ‘n uitnodiging tot ‘n
rondetafel-bespreking tot die applikant gerig ten
opsigte van sekere
prioriteite wat insluit “Maseru/Bloemfontein rail network:
Bloemfontein/Thaba ‘Nchu Phase”. Daarna, by
wyse van ‘n skrywe
gedateer 2 September 2009, word die applikant uitgenooi na ‘n
vergadering op 9 September 2009, waarna gemeld
is dat ‘n
opvolgvergadering op 14 September 2009 gehou sou word.
[20]
Dit
blyk ook dat dit die eerste en derde respondente se saak is dat hulle
‘n toetsdiens (“pilot service”) wou instel. In
hierdie verband
word die volgende gemeld in die opponerende eedsverklaring:
“Some of the anticipated outcomes of the aforementioned pilot
service were to determine the impact that a fully operational rail

passenger service between Thaba ‘Nchu, Botshabelo and Bloemfontein
would have on the operations of the applicant, and other stakeholders

so that discussion ensue on how best to ameliorate such impact going
into the future.”
[
21] Verder
is dit gemene saak tussen die partye dat alvorens
passasierstreindienste ingestel kan word, dit eers deur die betrokke

Minister goedgekeur moet word.
4
Die betoog van die applikant in hierdie verband is dat die Minister,
op waarskynlikhede, alreeds sodanige toestemming verleen
het.
[22]
Hierteenoor
is dit die tweede respondent se saak dat verskeie aspekte eers
aangespreek moet word alvorens die Minister eers genader
kan word vir
goedkeuring, naamlik ‘n besluit wat geneem moet word of die
voorgestelde diens, indien geïmplimenteer, voorafgegaan
moet
word deur ‘n toetsdiens, al dan nie. Spoorwegbates moet in
gereedheid gebring word; diensooreenkomste moet aangegaan word
tussen
tweede respondent en Transnet, die vraag of daar lokomotiewe
beskikbaar is, asook uitvoerbaarheidstudies ten opsigte van

befondsing, tariewe, passasiersgetalle, koste en subsidie vereistes,
moet gefinaliseer word.
[23] Uit die voorgaande is dit
duidelik dat daar nog nie ‘n finale besluit geneem was deur alle
betrokke partye nie. Dit blyk
ook nie of die betrokke respondente
alreeds ‘n besluit geneem het of applikant sal voortgaan met die
kontrak nie. Die stadium
wat huidiglik bereik is, is dié
verwys na in artikel 46(1)(a) van die Wet. Nadat daar duidelikheid
gekry is of die betrokke
respondente voortgaan met die
passasiersdiens, word die volgende stadium bereik, naamlik dié
van onderhandelinge bedoel
in artikel 46(1)(b).
[24] Die vraag ontstaan of die
applikant ‘n bevredigende alternatiewe remedie het.
5
Wat applikant se skade betref, word volledig verwys na verskillende
moontlikhede in sy funderende eedsverklarings. Daar word
selfs
verwys na sekere gebeurlikhede waar ‘n netto wins van R17 miljoen
gemaak sal kan word. Die applikant stel self die moontlikheid
van
skadevergoeding in die vooruitsig in sy skrywe van 26 Augustus 2009.
Alle aanduidings is dat die applikant se skade sonder
veel moeite
kwantifiseerbaar is.
[25] Wat die omvang van sodanige
skade uiteindelik gaan wees, kan op hierdie stadium gespekuleer word.
Teoreties kan dit selfs
gebeur dat die applikant geen skade ly –
byvoorbeeld as die passasierstreindiens se diens so swak of
onbetroubaar is dat die
passasiers die meer effektiewe busdiens
verkies. Wat duidelik is, is dat ‘n passasierstreindiens, indien
ooit, nie oornag ingestel
sal kan word nie en ook nie dadelik die
applikant se volle mark van 5 000 passasiers per dag sal kan oorneem
nie. Die gebruikmaking
van ‘n sekere diens sal waarskynlik bepaal
word deur die betrokke voorkeur en smaak van die passasier, gehalte
diens, reistyd
en tariewe, om net ‘n paar oorwegings te noem. Die
ideaal is natuurlik dat beide bus- en treindiens langs mekaar
funksioneer
ten einde kompetisie te bevorder en passasiers die keuse
van ‘n goeie, effektiewe en bekostigbare openbare vervoernetwerk te
bied.
[26] Uit die voorgaande is dit
duidelik dat die applikant, afgesien van ‘n gemeenregtelike aksie,
ook ‘n statutêre remedie
beskikbaar het om dit te vergoed vir
die skade wat dit mag ly. Die applikant het dus nie alleen ‘n
alternatiewe remedie nie,
maar is die huidige aansoek in elk geval
voorbarig in die omstandighede.
[27] Selfs indien die vereistes vir
‘n interim interdik nagekom is, het ‘n hof ‘n diskresie om dit
te weier.
6
Op laasgenoemde veronderstelling bestaan daar, na my mening, in elk
geval gewigtige oorwegings, veral met verwysing na die openbare

belang, om my diskresie ten gunste van die respondente uit te oefen
en hulle toe te laat om voort te gaan met die instelling van
‘n
passasierstreindiens. Gevolglik kan die applikant se aansoek nie
slaag nie.
HOFREëL 6(11) AANSOEK:
[2
8] Beide
die hoofaansoek asook die Hofreël 6(11) aansoek is voorafgegaan
deur verskeie korrespondensie tussen die partye.
Na aanleiding van
‘n skrywe gedateer 26 Augustus 2009 van die applikant se prokureur
oor die beoogde passasierstreindiens tussen
Bloemfontein en Thaba
‘Nchu het die hoof van die Departement volgens ‘n skrywe gedateer
2 September 2009 die applikant uitgenooi
na ‘n vergadering wat
geskeduleer was vir 9 September 2009. Tydens hierdie vergadering het
adv. Phahlo verwys na ‘n opvolgvergadering
op Maandag, 14 September
2009, waartydens al die tersaaklike dokumente ten opsigte van die
ondersoeke en impakstudie wat gedoen
is, aan die applikant beskikbaar
gemaak sou word.
[29] Daarna, op 11 September 2009,
het die applikant se prokureurs ‘n skrywe aan eerste respondent
gerig waarin spesifieke dokumentasie
aangevra was, waarop adv. Phahlo
op 14 September 2009 geantwoord het en die houding ingeneem het dat
die applikant ‘n formele
aansoek ingevolge die bepalings van die
Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, Nr. 2 van 2000, moet
rig en die inligting
wat versoek is, ingevolge gemelde Wet moet
aanvra. Die houding van die eerste en derde respondente was dat
hulle geweier het om
die aangevraagde dokumentasie te verskaf.
[30] Daarna, op 9 Oktober 2009, het
die applikant se prokureur kennisgewings ingevolge Hofreël
35(11) en (13) aan die gemelde
respondente se prokureur beteken. Die
eerste en derde respondente het nagelaat om formeel op die genoemde
kennisgewings te antwoord
of om die dokumentasie daarin vermeld aan
die applikant te verskaf. Eerste en derde respondente het hulle
opponerende verklaring
op 9 Oktober 2009 afgelewer, waarna applikant
verdere kennisgewing ingevolge Hofreël 35(12) op gemelde
respondente beteken
het ten einde dokumentasie verwys na in die
opponerende verklaring van gemelde respondente te versoek. Eerste en
derde respondente
het op 14 Oktober 2009 ‘n afskrif van ‘n
nasionale verslag aangaande ‘n uitvoerbaarheidstudie wat in opdrag
van die Minister
van Vervoer uitgevoer was en wat Maart 2009 gedateer
was, aan die applikant beskikbaar gestel. Op 15 Oktober 2009 is
verdere dokumentasie
aan die applikant beskikbaar gestel.
[31] Dit blyk dat die eerste en derde
respondente se prokureur nooit beweer of aangevoer het dat enige van
die dokumente waarvan
blootlegging ingevolge Hofreël 35(11) en
(13) ingevolge die kennisgewing van 2 Oktober versoek was, nie
bestaan nie. Hy het
bloot die houding ingeneem dat sodanige
dokumentasie òf nie ter sake is òf reeds tydens die
beantwoording van die
Hofreël 35(12) kennisgewing verskaf is.
7
[32] Alhoewel adv. Phahlo ‘n
opponerende eedsverklaring namens die eerste en derde respondente ter
opponering van die Hofreël
6(11) aansoek afgelê het, is
hierdie aansoek geskik en was ‘n bevel by ooreenkoms aangevra
ingevolge waarvan onder meer
ooreengekom is dat die bepalings van
Hofreël 35, wat blootlegging aanbetref, op die hoofaansoek
tussen die partye van toepassing
sal wees; dat die eerste en derde
respondente onderneem om ‘n blootleggingsverklaring teen 29 Oktober
2009 af te lewer en is
verlof aan die applikant verleen om sy
repliserende eedsverklaring ná aflewering van gemelde
blootleggingsverklaring aan
te vul voor 17 November 2009; die
hoofaansoek is na 26 November 2009 vir beregting uitgestel, en is die
koste van die Reël
6(11) aansoek, insluitende die verkwiste
koste veroorsaak deur die uitstel van die hoofaansoek, voorbehou vir
beregting op 26 November
2009.
[33] Die bepalings van Hofreël
35 sal slegs in uitsonderlike gevalle van toepassing gemaak word op
aansoeke, welke omstandighede
in die konteks van regverdigheid,
gelykheid en die grondwetlike waardes van deursigtigheid beoordeel
moet word.
8
Uit die stukke blyk dit dat die respondente tydens die vergadering
van 9 September 2009 bereid was om die betrokke dokumente aan
die
applikant beskikbaar te stel. Kort daarna, op 14 September 2009,
verander hulle egter van standpunt en word nou aangedring
op ‘n
versoek ingevolge die bepalings van die Wet op Bevordering van
Toegang tot Inligting, Nr. 2 van 2000. Hierdie houding
van gemelde
respondente is egter in stryd met die onderneming hierbo na verwys,
waarmee volhard is ondanks verskeie versoeke tot
beskikbaarstelling
van die dokumentasie.
[34] In die lig van die omstandighede
van hierdie saak is ek van mening dat daar wel buitengewone
omstandighede bestaan het vir
die beskikbaarstelling van die meeste
van hierdie dokumentasie en was die verandering van houding deur
gemelde respondente onredelik
en ongegrond. Dit is dus duidelik dat,
wat hierdie aansoek betref, die applikant wesenlik suksesvol was en
dus geregtig is op
die koste daarvan asook die verspilde koste wat
teweeggebring is deur die gemelde respondente se voormelde versuim.
[35] Bygevolg word die volgende
bevele verleen:
A. Ten
opsigte van die hoofaansoek:
1. Die bevel
nisi
word opgehef en die aansoek word van die hand gewys met koste.
2. Die koste sal insluit:
(a) die koste van 2 Oktober wat oorgestaan het; en
(b) die koste van twee advokate.
B. Ten opsigte van die Hofreël
6(11) aansoek:
1. Eerste en derde respondente word gelas om gesamentlik
en afsonderlik, die een te betaal die ander vrygestel te word, die
koste
van die Hofreël 6(11) aansoek, asook die verkwiste koste
van die applikant wat deur die uitstel veroorsaak is te betaal, met

die insluiting van die koste van twee advokate.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die applikant
: Adv.
P. Coetsee SC
Bygestaan deur:
Adv. D.J. van der Walt
In
opdrag van:
Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die
eerste en derde
respondente:
Adv.
M. Khoza SC
Bygestaan deur:
Adv. A. Bester
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
Namens
die tweede
respondent: Adv. B.D. Hitchings
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp
1
HAYNES v KINGWILLIAMSTOWN MUNICIPALITY
1951 (2) SA 371
(A) te 378 H – 379 A asook die bespreking in
Christie,
The Law of Contract in South
Africa
, 5de Uitgawe, bl. 532-4.
2
Joubert (redakteur),
The Law of South Africa,
(First
Re-issue) Volume 11, par. 309.
3
Artikel 40 National Land Transport Act Nr. 5 van 2009.
4
Artikel 28 van Wet 22 van 2000.
5
SETLOGELO v SETLOGELO
1914 AD 222
te 227.
6
CAPE TOWN MUNICIPALITY v ABDULLA
1974 (4) SA 428
(K)
te 440 C – 441 G;
LAWSA
a.w. par. 321.
7
Erasmus:
Superior Court Practice
, B1-260 e.v.
8
PREMIER FREIGHT (PTY) LTD v BREATHETEX
CORPORATION (PTY) LTD
2003 (6) SA
190
(SOKPA) te 194 B en verder.