About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 118
|
|
Ex parte: Schreuder (2837/2009) [2009] ZAFSHC 118 (12 November 2009)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 2837/2009
In
die saak tussen:-
H
A L SCHREUDER N.O.
Applikant
In
sy hoedanigheid as Arbiter in die Arbitrasie van MASTERPLAN BETHLEHEM
BK (Eiser) vs RESIDENTIA STIGTING (Verweerder) in terme
van a.20 van
Wet 42 van 1965
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5 NOVEMBER
2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
NOVEMBER 2009
_____________________________________________________
[1] Die applikant in hierdie aansoek is die arbiter in
deelsverhoorde arbitrasie-verrigtinge tussen Masterplan Bethlehem BK,
as
eiser, en Residentia Stigting, as verweerder. Applikant doen
aansoek om, ingevolge artikel 20 van die Arbitrasiewet 42 van 1965,
by wyse van ân spesiale saak sekere regsvrae vir beantwoording aan
hierdie Hof voor te lê.
[2] Alhoewel meerdere vrae geopper word, kan dit
samevattend gereduseer word na die volgende twee vrae, naamlik:
2.1 is die partye gebonde aan die âooreenkomsâ
tussen die deskundiges en mag hulle gevolglik nie die getuienis tot
die teendeel
aanvaar nie; en
2.2 is
die verweerder verbied om verdere deskundiges te roep in die lig van
die inhoud van die voorverhoor-notule.
[3] Die huidige regsvrae het sy oorsprong in die notule
van die voorverhoor-samesprekings wat gehou is tussen die partye op
10 Desember
2007 waar daar in paragraaf 8 die volgende genotuleer
word:
âDie partye sal verder poog om so spoedig doenlik na 9 Januarie
2008 ân samekoms van die deskundiges te reël ten einde
te poog
om geskilpunte in te perk.â
[4] Op daardie stadium sou die verhoor ân aanvang neem
op 21 Januarie 2008 in die Hooggeregshof te Bloemfontein, maar het
die
partye omstreeks 17 Januarie 2008 skriftelik ooreengekom om die
aangeleentheid vir arbitrasie te verwys.
[5] Eiser het deskundige kennisgewings afgelewer ten
opsigte van mnr. Ras, ân professionele argitek, mnr. Coetzee, ân
bourekenaar
en mnr. Steyn, ân siviele ingenieur. Verweerder het
deskundige kennisgewings afgelewer van dieselfde mnr. Coetzee asook
mnr.
Van Dyk, ân bourekenaar.
[6] Op 9 Januarie 2008 het die partye dan ook gereël
dat die deskundiges ân samespreking bywoon en dat hulle tydens
hierdie
samespreking moet poog om ooreenstemming te bereik ten einde
koste en tyd te bespaar. Geskilpunte is dan ook geformuleer vir
oorweging,
waarop die deskundiges se antwoorde vervat is in ân
dokument gedateer 22 Januarie 2008 en onderteken deur die deskundiges
hierbo
na verwys.
[7] Daar is geen aanduiding dat die notule van die reël
37 samespreking aangevul is waaruit dit sou blyk dat beide partye
tevrede
was met die korrektheid van die inhoud nie. Inteendeel het
mnr. Roestorf, advokaat namens die verweerder, te kenne gegee dat hy
namens sy kliënt alreeds die volgende dag, naamlik op 23
Januarie 2008, beswaar daarteen gemaak het. Dit word bevestig uit
die rekord van verrigtinge waarvan uittreksels aan my beskikbaar
gestel is.
[8] Dit blyk ook dat die verweerder volhard met die
posisie dat die eiser sekere betalings aan die boukontrakteur
oorgesertifiseer
het en het verweerder ook deskundige kennisgewing
afgelewer van twee nuwe deskundiges, naamlik mnr. Schribanti (ân
bestuurslid
van die verweerder) en me Eckley, ân bourekenaar in
diens van Schribanti.
[9] Mnr. De Wet, namens die eiser, betoog egter dat die
verweerder gebonde is aan die inhoud van die deskundige getuies se
notule
en dat verweerder nie geregtig is om teenstrydige getuienis
daarmee aan te bied nie. In hierdie verband het hy gesteun op die
volgende aanhaling uit
F & I ADVISORS
(EDMS) BPK EN 'N ANDER v EERSTE NASIONALE BANK VAN SUIDELIKE AFRIKA
BPK
[1998] ZASCA 65
;
1999 (1) SA 515
(HHA) waar Harms A R
op 524 F â G die volgende verklaar:
â
'n
Party is gebonde aan 'n ooreenkoms gesluit ter beperking van
geskilpunte in 'n geding.
met
enige skikking ondervang dit die onderliggende dispute, ook dié
wat op die geldigheid van 'n skuldoorsaak betrekking
het. Daar mag
omstandighede wees waar 'n hof 'n party nie aan so 'n ooreenkoms
gebonde sal hou nie, maar in die onderhawige geval
is geen faktore
aan ons voorgehou waarom die appellante van hulle ooreenkoms verlos
moet word nie.â
[10] Die doel van Hofreël 36(9)(a) is:
â
...
to enable the experts to exchange views before testifying with a view
to reaching agreement on some issues, thereby saving costs
and the
time of the court.â
1
Hierteenoor is die oogmerk van Hofreël 37 onder
andere:
â... om die effektiewe afhandeling van die
litigasie te bevorder.â
2
Die bedoeling van Hofreël 37(6) is
â
investigating
ways of avoiding costs at a stage when it can still be avoidedâ.
3
[11] In
Superior Court Practice
deur H J Erasmus,
et aliae
,
word die volgende op B1-274 verklaar:
â
The
pre-trial conference in terms of the rule is not meant to be a full
preparation for trial; it is a stocktaking of possible co-operation
in steps which will limit or prevent avoidable effort and costs. To
allow a party, without special circumstances, to resile from
an
agreement deliberately reached at the pre-trial conference would,
therefore, tend to negate the object of the rule which is
to limit
issues and to curtail the scope of the litigation.â
[12] In die huidige saak het die deskundiges inderdaad
bymekaargekom in ân poging om ân ooreenkoms te bereik met
betrekking
tot sekere geskilpunte. ân Dokument wat aangeheg is as
aanhangsel âBâ bevat dan sekere geskilpunte ten opsigte waarvan
verskeie
vrae gestel is. Een van die vrae vervat in paragraaf 3.4
daarvan is die volgende:
âWat beloop die verskil tussen die oorspronklike kontrakteur se
koste en die koste om die werk te voltooi waarvoor eiser na bewering
teenoor verweerder aanspreeklik is, indien enige?â
Die antwoord in aanhangsel âCâ is die volgende:
â
Ons
is van mening dat die kontrakbeëindiging van die oorspronklike
kontrak teweeggebring is deur die bouheer vanweë die
nie-betaling van sert 9 en 10.
Die aanstelling van ân tweede kontrakteur om die werk te voltooi
teen ân verhoogde prys is nie deur die eiser teweeggebring
nie en
is hy nie verantwoordelik vir enige koste nie.â
[13] Die vraag ontstaan nou of die partye en uiteindelik
die arbiter gebonde is aan hierdie antwoord. Die algemene beginsel
is
dat ân voorsittende beampte nie gebonde is aan die deskundige
opinie van ân deskundige nie, aangesien dit die funksie van die
voorsittende beampte is om ân bevinding te maak.
4
[14] Die betrokke antwoord hierbo na verwys het
betrekking oor wie kontrakbreuk gepleeg het. Die funksie van ân
deskundige lê
op die vlak van sy deskundigheid en is hy of sy
nie daar om die funksie van die arbiter oor te neem nie. In soverre
toegewings
gemaak is deur deskundige getuies van die partye, kan
sodanige party nie tot so ân mate daaraan gebonde gehou word dat
die party
nie weerleggende of teenstrydige getuienis mag aanbied nie.
Die inhoud van sodanige notule is getuienis en vorm deel van die
bewysmateriaal
wat deur die arbiter in ag geneem moet word. Dit is
soortgelyk aan ân deskundige getuie wat byvoorbeeld in kruisverhoor
sekere
toegewings maak tot nadeel van die party wat hom geroep het â
die betrokke party is nie gebonde aan daardie toegewings tot die
mate
dat hy nie ander deskundiges kan roep wat ân ander mening huldig
nie, alhoewel die bewyswaarde van hierdie toegewing negatief
is vir
sy saak en in sekere omstandighede selfs fataal kan wees. Die
geskilpunte word deur die pleitstukke geskep en erkennings
word in
die pleitstukke deur regsverteenwoordigers gemaak, nie deur die
getuies nie.
[15] Deskundiges is nie daar om feite te bepaal nie,
maar om hulle opinies te gee oor bepaalde feite. Geen hof is gebonde
aan hierdie
opinies nie en is dit ook nie bindend op ân party soos
hierbo aangetoon nie. Verder blyk dit ook dat die verweerder nié
hierdie ooreenkoms geratifiseer of goedgekeur het nie en is hy dus om
hierdie rede ook nie daaraan gebonde nie. In elk geval bestaan
daar
omstandighede om die verweerder nie aan die ooreenkoms gebonde te hou
nie.
5
[16] Dit volg dus uit die voorgaande dat die regsvrae in
die guns van die verweerder beslis moet word. Ten opsigte van koste
was
die partye dit
ad idem
dat koste koste in die geding behoort te wees.
[17] Bygevolg word die volgende bevele verleen:
1. Die regsvraag word in die guns van die verweerder
beslis tot die effek dat hy nie gebonde is aan die ooreenkoms van die
deskundiges
nie, met die gevolg dat hy geregtig is om verdere
deskundige getuies te roep.
2. Die koste van die aansoek sal koste in die geding
wees.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens die applikant: Adv. R. Cronje
In opdrag van:
Rosendorff Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
die eisers: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerders: Adv. J.J. Roestorf
In opdrag van:
Claude
Reid Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp
1
HALL
v MULTILATERAL MOTOR VEHICLE ACCIDENTS FUND
1998 (4) SA 195
(K) te 200 A â B.
2
Hofreël
37(9)(a)(ii). Sien ook:
PRICE
NO v ALLIED-JBS BUILDING SOCIETY
1980 (3) SA 874
(A) te 882 E â F.
3
Per Flemming D J P in
LEKOTA v EDITOR,
'TRIBUTE' MAGAZINE, AND ANOTHER
1995 (2) SA 706
(W) te 708 F
â G.
4
MICHAEL
AND ANOTHER v LINKSFIELD PARK CLINIC (PTY) LTD AND ANOTHER
2001 (3) SA 1188
(HHA) te p. 1200 par.[34] â 1201 par. [40];
KPMG
CHARTERED ACCOUNTANTS (SA) v SECUREFIN LTD AND ANOTHER
2009 (4) SA 399
(HHA) te p. 410 par. [40] â [41].
5
F
& I ADVISORS (EDMS) BPK EN 'N ANDER v EERSTE NASIONALE BANK VAN
SUIDELIKE AFRIKA BPK
,
supra, te 524 F â G.