Nicolaisen v Nicolaisen (5259/2009) [2009] ZAFSHC 112 (5 November 2009)

58 Reportability

Brief Summary

Divorce — Pension interest — Allocation of pension interest post-divorce — Applicants, divorced in 2002, sought an order for the allocation of 100% of the first applicant's pension interest to the second applicant in terms of the Divorce Act and the Pension Funds Act — Legal issue arose regarding the retrospective application of amendments to the Pension Funds Act — Court held that the amendments provided for retrospective effect, allowing the allocation of the pension interest as requested by the applicants.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 112
|

|

Nicolaisen v Nicolaisen (5259/2009) [2009] ZAFSHC 112 (5 November 2009)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 5259/2009
In
die
aansoek van:-
NICOLAI PETER NICOLAISEN
1
ste
Applikant
JUDITH ALETTA NICOLAISEN
2
de
Applikant
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP
:
29
OKTOBER 2009
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR
:
A.
KRUGER, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
5
NOVEMBER 2009
_____________________________________________________
[1]
Applikante,
wat in 2002 geskei is, doen aansoek om ‘n bevel ingevolge artikel
7(8) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, saamgelees
met artikel
37D van die Wet op Pensioenfondse, 24 van 1956, soos gewysig, dat
eerste applikant 100% van die opbrengs van sy pensioenbelang
in ‘n
polis, soos op datum van egskeiding, aan tweede applikant laat
toekom.
[2] Artikel 37D(1)(d) van die Wet op
Pensioenfondse is bygevoeg deur artikel 28(b) van Wet 11 van 2007,
wat op 13 September 2007
in werking getree het.
KIRCHNER
v KIRCHNER AND ANOTHER
2009 (4) SA 448
(W) het met artikel 37D(1)(d) gehandel soos wat dit
op 10 Junie 2008 (toe die Kennisgewing van Mosie uitgereik is) gelees
het.
In
KIRCHNER
was die egskeiding op 7 Augustus 2007, dus voordat artikel 37D(1)(d)
op 13 September 2007 in werking getree het en die hof beslis
dat
artikel 37D(1)(d) nie terugwerkende krag het nie en wys die aansoek
af. N
á
die
KIRCHNER
-beslissing
is artikel 37D gewysig.
[3] Artikel 37D(4)(d) lees soos
ingevoeg deur artikel 16(c) van Wet 22 van 2008 met ingang van 1
November 2008:
“
(4)
(a)
By die toepassing van artikel 7 (8)
(a)
van die Wet op Egskeiding, 1979 (Wet No. 70 van 1979), word die
gedeelte van die pensioenrente ingevolge ‘n egskeidingsbevel
of
bevel vir die ontbinding van ‘n gebruiklike huwelik aan die nie-lid
eggenoot toegewys, geag die lid toe te val op die datum
waarop die
egskeidingsbevel of bevel vir die ontbinding van ‘n gebruiklike
huwelik toegestaan word, en, by die skriftelike voorlegging
van die
hofbevel deur die nie-lid eggenoot –
.....
(d)
Enige
gedeelte van die pensioenrente toegewys aan die nie-lid eggenoot
ingevolge ‘n egskeidingsbevel of bevel vir die ontbinding
van ‘n
gebruiklike huwelik toegestaan voor 13 September 2007 word by die
toepassing van enige wet behalwe die Inkomstebelastingwet,
1962, met
inbegrip van, maar nie beperk nie tot, artikel 7 (8)
(a)
van die Wet op Egskeiding, 1979, geag opgeloop te wees aan die lid op
13 September 2007 en moet ooreenkomstig paragrawe
(a)
en
(b)
betaal of oorgedra word.”
[4] Hierdie bewoording maak dit
duidelik dat artikel 37D(4) terugwerkende krag het, wat die
uitwerking van die
KIRCHNER
-saak
neutraliseer – sien Sch
ä
fer,
Family Law Service
,
Afdeling D, bl. 18 en 19 en Van Niekerk,
A
Practical Guide to Patrimonial Litigation in Divorce Actions
,
bl. 7-9.
[5] Die applikante
is
geregtig op die regshulp soos deur hul versoek.
[6]
Bevel:
1. Een honderd persent (100%) van die
eerste applikant se pensioenbelang in Ou Mutual polisnommer 9041381
soos op datum van
egskeiding synde 15 Augustus 2002, word aan die tweede applikant
toegewys in terme van die bepalings van artikel
7 (8) (a) van die Wet
op Egskeiding, Wet 70 van 1979, saamgelees met die bepalings van
artikel 37D van die Wet op Pensioenfondse
van 1956, soos gewysig.
2. Die Griffier van hierdie Hof
moet
ooreenkomstig die bepalings van artikel 7 (8) (a) (ii) van die Wet op
Egskeiding, Wet 70 van 1979, onverwyld die Ou Mutual

Versekeringsmaatskappy (“die pensioenfonds”) in kennis moet stel
dat ‘n aantekening in sy rekords gemaak moet word dat:
2.1 een honderd persent (100%) van die eerste applikant
se pensioenbelang in Ou Mutual polisnommer 9041381 aan die tweede
applikant
betaalbaar is.
2.2 die administrateur van daardie pensioenfonds, binne
een maand na ontvangs van sodanige kennisgewing, skriftelike bewys
van sodanige
aantekening aan die Griffier moet lewer.
3.
Die
Ou Mutual Versekeringsmaatskappy binne sestig dae na die betekening
op hom van hierdie bevel, die eerste applikant se pensioenbelang
in
Ou Mutual polisnommer 9041381, direk aan die tweede applikant moet
betaal.
4. Die eerste applikant die koste van hierdie aansoek
moet betaal.
____________
KRUGER
,
R
Namens die
applikante: Adv.
C.A. Human
In opdrag van:
Vermaak & Dennis
BLOEMFONTEIN
/sp