S v Mabitle [2009] ZAFSHC 108 (29 October 2009)

50 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea of guilty — Requirements for acceptance of plea under section 112(1)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 — Accused pleaded guilty to assault with intent to cause grievous bodily harm but was not properly interrogated by the magistrate as required by section 112(1)(b) — Failure to comply with procedural requirements necessitating setting aside of conviction and sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 108
|

|

S v Mabitle [2009] ZAFSHC 108 (29 October 2009)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 488/09
In
die
hersiening tussen:-
DIE
STAAT
en
THABO
PAPIKI MABITLE
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER
et
MOLOI
RR
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
OKTOBER 2009
_____________________________________________________
[1] Beskuldigde is in die landdroshof, Kroonstad
aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer deurdat hy
die klaagster
geslaan en met ‘n bottel gesteek het. Die
beskuldigde het regsverteenwoordiging geniet en het skuldig gepleit.
Die staatsaanklaer
het die pleit onder artikel 112(1)(a) van die
Strafproseswet 51 van 1977 aanvaar. Daarna is beskuldigde op 23
Julie 2009 tot R2
000,00 of vier maande gevangenisstraf, in die
geheel opgeskort, gevonnis.
[2] Die saak is op spesiale
hersiening gestuur omdat die vonnis die vonnisperk onder artikel
112(1)(a) oorskry het. Daar was geen
ondervraging onder artikel
112(1)(b) nie. In antwoord op ‘n navraag sê die landdros dat
die riglyne soos neergelê
in
S
v ADDABBA, S v NGEME, S v VAN WYK
1992 (2) SASV 325 (T) gevolg moes gewees het en dat ‘n
de
novo
verhoor die
aangewese uitweg is om die situasie reg te stel.
[3] Hierdie was ‘n geval waar die
landdros die beskuldigde onder artikel 112(1)(b) moes ondervra het om
te bepaal of hy al die
elemente van die misdryf erken,
alternatiewelik moes die beskuldigde deur sy regsverteenwoordiger ‘n
skriftelike verklaring ingevolge
artikel 112(2) ingedien het wat die
feite erken waarop hy skuldig gepleit het. Hierdie was nie ‘n
geringe misdryf wat ‘n vonnis
van hoogstens ‘n boete van R1
500,00 geverg het, wat onder artikel 112(1)(a) afgehandel kon word
nie.
[4] Weens nie-nakoming van artikels 112(1)(b) en 112(2)
moet die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word ingevolge
artikel
312 van Wet 51 van 1977 en die landdros moet gelas word om
artikel 112(1)(b) of 112(2) na te kom.
[5] Die volgende bevel word gemaak:
1. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
2. Die landdros word gelas om die bepalings van
artikels 112(1)(b) of 112(2) na te kom.
______
______
KRUGER
,
R
Ek
stem saam.
____________
K.J. MOLOI, R
/sp