About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 107
|
|
Standard Bank van Suid-Afrika (Bpk) v Freitas en Ander (6341/2008) [2009] ZAFSHC 107 (26 October 2009)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Aansoeknommer
:
6341/2008
In
die aansoek tussen:-
STANDARD
BANK VAN SUID-AFRIKA
BEPERK
Applikant
en
ANTHONY
HARRIS FREITAS
Eerste
Respondent
VERMAAK
EN DENNIS
PROKUREURS
Tweede
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
OKTOBER 2009
_____________________________________________________
[1]
Hierdie
is die keerdag van ân bevel
nisi
wat op ân dringende basis deur my kollega, Hancke R, toegestaan is
in die volgende terme:
â
1. Kondonasie word aan die
applikant verleen vir die nie-nakoming van die hofreëls ten
aansien van vorm en betekening.
2. ân Bevel
nisi
word uitgereik keerbaar op 6 November 2008 om 9h30 wat die
respondente oproep om redes, indien enige, aan te voer waarom die
volgende
regshulp nie verleen sal word nie:
2.1 Die tweede respondent word gelas
om ân bedrag van R182 356.37, synde ân krediet in die naam van
die eerste respondent, aan
die firma Lovius Block Prokureurs,
Bloemfontein, alternatiewelik die Balju oor te betaal.
2.2 Lovius Block Prokureurs word gelas
om die bedrag van R182 356.37 in hul trustrekening te hou ter krediet
van die eerste respondent
hangende die afhandeling van die aksie
onder saaknommer 498/2008 in hierdie hof.
2.3 Die firma Lovius Block Prokureurs
word gemagtig om, indien vonnis teen die eerste respondent ten
behoewe van die applikant verleen
word, sodanige bedrag as wat die
hof onder saaknommer 498/2008 mag gelas, aan die applikant te betaal.
2.4 Eerste
respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
2.5 Tweede respondent word gelas om
die koste van die aansoek te betaal, slegs indien dit opponeer word.
3. Hangende die keerdatum geld die
regshulp in paragrawe 2.1 tot 2.3 as tydelike interdik met
onmiddellike werking.
4. Verlof word aan die applikant
verleen om die bevel ingevolge hofreëls aan die eerste en tweede
respondente te beteken.â
[2]
Slegs
eerste respondent opponeer die gevorderde regshulp.
[3] Dit
blyk uit die aansoekstukke dat applikant op of omtrent 1 Februarie
2008 onder saaknommer 498/08 dagvaarding teen eerste
respondent
uitgereik het vir die vordering van die bedrag van R171 702.15,
tesame met rente daarop teen 18% per jaar daagliks bereken
en
maandeliks saamgestel vanaf 27 Desember 2007 tot datum van betaling,
sowel as koste op ân skaal soos tussen prokureur en kliënt.
Hierdie vordering spruit daaruit voort dat eerste respondent hom as
borg en mede-hoofskuldenaar ten gunste van applikant verbind
het vir
die betaling van alle bedrae geld verskuldig deur ân maatskappy
bekend as The Southern Lesotho Construction (Edms) Bpk
(hierinlater
na verwys as âdie maatskappyâ) aan applikant tot ân maksimum
bedrag van R250 000.00, welke maatskappy die gevorderde
bedrag aan
applikant verskuldig is voortspruitend uit oortrokke fasiliteite
verleen deur applikant aan die maatskappy. `n Afskrif
van die
dagvaarding is aangeheg tot die aansoekstukke as aanhangsel âS2â
en die borgstellingsooreenkoms is aangeheg as aanhangsel
âBâ tot
die dagvaarding. Dit word nie deur eerste respondent ontken dat
oortrokke fasiliteite deur applikant aan die maatskappy
toegestaan is
nie en ook nie dat eerste respondent hom aldus as borg en
mede-hoofskuldenaar verbind het nie. Dit word wel deur
eerste
respondent ontken dat die maatskappy, en dus eerste respondent, die
gevorderde bedrag of enige bedrag geld aan die applikant
verskuldig
is. Eerste respondent ontken ook dat daar op die rente komponent
ooreengekom is soos deur applikant beweer. In terme
van die
borgstelling is ooreengekom dat ân saldosertifikaat, uitgereik deur
ân bestuurder van applikant,
prima
facie
bewys daar sal stel van die bedrag deur eerste respondent aan
applikant verskuldig. Sodanige sertifikaat is inderdaad aangeheg
tot
die dagvaarding as aanhangsel âAâ. In terme van die borgstelling
het eerste respondent ook ooreengekom dat alle regskoste
betaalbaar
sal wees op die skaal soos tussen prokureur en kliënt.
[
4] In
die funderende verklaring, sowel as in die dagvaarding, word beweer
dat eerste respondent se adres geleë is te Yorkstraat
12,
Waverley, Bloemfontein. Uit die borgstelling blyk dit dat eerste
respondent die adres van die maatskappy, synde Letholistraat
26,
Maseru, gekies het as sy
domicilium
citandi et executandi
.
Eerste respondent beweer in sy opponerende verklaring dat hy
woonagtig is te Kikivela Nr. 11, h/v Loop- en Kerkstrate, Ladybrand.
[5] Ter
verduideliking van die vermelding van voormelde adres van Yorkstraat
12, beweer applikant in sy funderende verklaring dat
applikant
voorafgaande die uitreiking van die dagvaarding vasgestel het dat
eerste respondent oor hierdie adres beskik deurdat
ân aktes-nasoek
aangetoon het dat die huis geleë te hierdie eiendom op 24 April
2003 in die naam van eerste respondent geregistreer
is. Hierdie
aktes-nasoek, gedateer 16 November 2007, is aangeheg tot die
funderende verklaring as aanhangsel âS4â.
[6] Applikant
gaan dan voort in die funderende verklaring om te verduidelik dat
daar gepoog is om die dagvaarding op eerste respondent
te Yorkstraat
12 te beteken, maar dat die balju ân relaas van nie-betekening
uitgereik het deurdat eerste respondent die gegewe
adres verlaat het.
ân Afskrif van hierdie relaas is aangeheg as aanhangsel âS3â
tot die funderende verklaring. Hierdie relaas
is gedateer 4 Februarie
2008. Gedurende Februarie, Maart, Mei en Augustus 2008 het applikant
verskeie instansies instruksies gegee
om applikant poog op te spoor
met verwysing na, onder andere, die adres geleë te Yorkstraat 12
sowel as die adres geleë
te Letholistraat 26, Maseru, maar,
aldus applikant, sonder sukses.
[7] Op
of omtrent 26 Augustus 2008 het applikant se prokureur van rekord
vasgestel dat voormelde eiendom van eerste respondent geleë
te
Yorkstraat 12, verkoop is aan Eden Island Trading vir ân bedrag van
R1 400 000.00. Op daardie stadium was die proses van
oordrag van die
eiendom in die naam van die koper nog aan die gang. Applikant se
prokureur van rekord het dus op daardie datum
ân skrywe aan Mnre.
Vermaak en Dennis Prokureurs, synde tweede respondent hierin en die
prokureursfirma wie verantwoordelik is
om toe te sien tot die
registrasie van die eiendom in naam van die koper, gerig waarin
versoek is dat die bedrag wat applikant
vanaf eerste respondent
vorder, synde R171 702.15, plus rente en koste wat alreeds aangegaan
is ten bedrae van nagenoeg R1 140.00,
aan Mnre. Lovius Block
oorbetaal word teen registrasie van die eiendom. ân Afskrif van
hierdie skrywe is aangeheg as aanhangsel
âS14â tot die funderende
verklaring. Daarna het verdere korrespondensie tussen Mnre. Lovius
Block en tweede respondent gevolg,
waarop tweede respondent eventueel
by wyse van die skrywe gedateer 9 September 2008, aangeheg as
aanhangsel âS17â tot die funderende
verklaring, aangetoon het dat
eerste respondent se huidige prokureur van rekord aangestel is om hom
te verteenwoordig teen applikant
se vordering en dat beide eerste
respondent en die koper daarop aandring dat die registrasieproses
voortgaan. Op laasgenoemde
datum het eerste respondent se prokureur
van rekord ook aan Mnre. Lovius Block kennis gegee by wyse van die
skrywe aangeheg as
aanhangsel âS19â tot die funderende
verklaring, dat eerste respondent enige aansoek om die oordrag van
die eiendom op te skort
en/of om op die eiendom of opbrengs daarvan
beslag te lê, sal opponeer.
[8] Dit
dien vermeld te word dat tweede respondnet intussen by wyse `n skrywe
gedateer 8 September 2008, aangeheg tot die funderende
verklaring as
aanhangsel âS18â, `n saldosertifikaat met betrekking tot die
beweerde uitstaande balans bereken op 31 Oktober
2008, vanaf
applikant aangevra het. `n Sertifikaat gedateer 30 September 2008,
aangeheg tot die funderende verklaring as aanhangsel
âS20â, is
daarop uitgereik, waaruit dit blyk dat die maatskappy die bedrag van
R 182 356.37, tesame met rente daarop teen 18%
jaarliks bereken en
maandeliks saamgestel vanaf 25 April 2008 tot datum van betaling,
aan applikant verskuldig is. Dit is dan
ook op grond van hierdie
sertifikaat en berekening wat die bedrag in die Kennisgewing van
Mosie gevorder is.
[9] Voorafgaande
die loods van die aansoek en wel op 7 Oktober 2008 het Lovius Block
weereens ân skrywe aan eerste respondent
se prokureur van rekord
gerig, aangeheg as aanhangsel âS22â tot die funderende
verklaring, waarin aangetoon is dat daar aansoek
gedoen gaan word om
die verkoop van die eiendom op te skort tensy eerste respondent
onderneem om die bedrag wat aan applikant verskuldig
is, uit die
opbrengs van die verkoping oor te betaal. Geen reaksie is op hierdie
skrywe ontvang nie, waarop die onderhawige aansoek
geloods is.
[10] Laasgenoemde
vorm die agtergrond tot die onderhawige aansoek. Ter verdere
ondersteuning van die regshulp wat applikant in die
aansoek vorder,
is die volgende bewerings ook deur applikant in die funderende
verklaring gemaak:
Na
applikant se beste wete en kennis beskik eerste respondent oor geen
ander bates binne die RSA nie en is die opbrengs van
die verkoping
wat gevorder word en in trust gehou moet word, die enigste bate
waarop applikant eventueel sal kan beslag lê
wanneer hy
vonnis teen eerste respondent verkry. (Aansoekstukke, p. 15, par.
32)
Die
verslae deur die onderskeie opspoorders staaf applikant se vrees
dat
applikant
met ân leë vonnis sal sit indien die fondse nie beveilig
word nie.
(Aansoekstukke,
p. 15 â 16, par. 32)
Applikant sal
onherroeplike skade ly indien ân bevel nie verleen word soos
versoek nie, welke bevel geen benadeling vir eerste
respondent
inhou nie, deurdat eerste respondent in ieder geval rente sal
verdien op die bedrag indien daardie bedrag aan hom
betaal sal word
indien hy sou slaag met sy verweer teen applikant se vordering.
(Aansoekstukke,
p. 16, par. 33
)
Die
balans van gerief bevoordeel applikant. (Aansoekstukke, p. 16,
par. 33)
Eerste respondent het
geen verweer teen die vordering van applikant nie.
(Aansoekstukke, p. 16,
par. 33)
â
Die
applikant het geen ander remedie as om hierdie hof op ân
dringende basis te nader vir die verkryging van die regshulp
nie
aangesien, soos reeds vermeld, hierdie die enigste bate van die
eerste respondent is wat aan die applikant bekend is, die
opspoorders geen ander adres of bates van die Eerste Respondent kon
opspoor nie en dat die Applikant van sy kontraktuele regte
en
remedies ontneem sal word deurdat dit geen voldoening aan sy
vordering sal verkry indien die bedrag nie in die trustrekening
gehou word hangende finalisering van die aksie nie. Applikant voer
aan dat dit
bona
fide
gepoog het om die bevrediging van sy vordering te bevredig (sic),
maar dat Eerste Respondent klaarblyklik nie enige samewerking
wil
verleen nie. Die Applikant het goeie rede, uit hoofde van die
voormelde agtergrond, om te glo dat die Eerste Respondent
die geld
sal wegmaak en selfs buite die hof se jurisdiksie sal neem om die
vonnis te frustreer.â
(Aansoekstukke,
p. 16 â
17, par. 34)
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat ten tyde van die aanhoor van die aansoek, ek
addisioneel tot voormelde, ook deur mnr. Fischer,
namens applikant,
daarop gewys is dat applikant gepoog het om die dagvaarding te die
adres te Ladybrand deur eerste respondent
in sy opponerende
verklaring weergegee, op eerste respondent te beteken. Die relaas dui
egter aan dat die adres nie bekend is in
Ladybrand nie.
Ek meen egter dat ek nie
werklik waarde aan die relaas kan heg vir doeleindes van
ondersteuning van applikant se aansoek nie. Die
redes hiervoor is
eerstens dat die relaas nie deel vorm van enige beëdigde
verklaring nie (ek sou verwag dat daar gepoog moes
word om sodanig te
beteken onmiddellik na ontvangs van die opponerende verklaring ten
einde dan die relaas in repliek aan te spreek
voortspruitend uit
eerste respondent se bewering in die opponerende verklaring dat hy
aldaar woonagtig is). Gevolglik kan ek hoogstens
die relaas op
sigwaarde daarvan interpreteer. Wanneer dit gedoen word, blyk dit
tweedens dat die relaas geensins die adres aantoon
wat na bewering
onbekend is in Ladybrand nie en dui dit verdermeer ook nie die datum
aan van wanneer daar gepoog is om aldus te
beteken nie. Die enigste
datum wat aangedui word, is die datum waarop die relaas uitgereik is,
wat niksseggend is. Die relaas neem
dus na my mening nie applikant se
saak enigsins verder nie.
[
11] Die
mees relevante verwere of basisse van opponering van die onderhawige
aansoek wat deur eerste respondent geopper word, is
die volgende:
11
.1 Hierdie
hof het nie jurisdiksie om die aansoek te opponeer nie, deurdat die
borgstelling deur eerste respondent onderteken is
op ân stadium toe
hy in Lesotho woonagtig was en sou die maatskappy nie enige betaling
aan die applikant maak nie, sou eerste
respondent sodanige betaling
vanaf Lesotho doen.
(Aansoekstukke,
p. 62, par. 7)
Eerste respondent
ontken dat die maatskappy, en dus eerste respondent, die gevorderde
bedrag of enige bedrag geld aan die applikant
verskuldig is.
Inteendeel, volgens eerste respondent beskik die maatskappy oor `n
kredietbalans in die bank ten bedrae van
R100 000.00.
(Aansoekstukke,
p. 62, par. 8 en p.63, par. 10)
Eerste respondent het
nie enige kennisgewing in terme van artikel 129 en artikel 130 van
die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van
2005, ontvang nie.
(Aansoekstukke,
p. 63, par. 10.2)
Addisioneel
tot voormelde krediet bankbalans,
beskik
die maatskappy oor ân eiendomsportefeulje in Lesotho ter waarde
van ongeveer R6 miljoen en toerusting, trokke en ander
voertuie ter
waarde van ongeveer R3,5 miljoen, waarvan applikant bewus is.
(Aansoekstukke,
p. 64, par. 13)
Eerste
respondent beskik ook oor nog ân onroerende eiendom in
Langenhovenpark, Bloemfontein, welke geregistreer is in sy naam,
soos blyk uit bl. 3 van die aktes-nasoek aangeheg as aanhangsel
âS4â tot applikant se funderende verklaring. Hierdie eiendom
het ân waarde van tussen R450 000.00 en R520 000.00, terwyl die
uitstaande verband daarop ongeveer R160 000.00 beloop.
(Aansoekstukke, p. 64,
par. 14)
Dit was onnodig om die
aansoek op ân dringende basis te loods en is die gebruikmaking
van die dringende proses ân misbruik
van die hofproses.
(Aansoekstukke,
p. 67, par. 24 en p. 68, par. 26)
Applikant
se prokureur van rekord kon eerste respondent se huidige
residensiële adres by eerste respondent se prokureur
van
rekord verkry.
(
Aansoekstukke,
p. 69, par. 27)
Addisioneel
tot die bovermelde onroerende eiendom te Langenhovenpark wat eerste
respondent in Suid-Afrika besit, besit hy ook
ân ledebelang in ân
beslote korporasie wat handel dryf in klere, welke ledebelang
ongeveer R1 miljoen werd is. Verdermeer
beskik hy ook oor
huishoudelike meubels en toebehore tot die waarde van ongeveer R60
000.00 tot R70 000.00, sowel as klaar
afbetaalde voertuie ter
waarde van ongeveer R230 000.00. Indien vonnis dus teen eerste
respondent toegestaan sou word, beskik
eerste respondent oor meer
as genoeg bates in Suid-Afrika ten einde daardie vonnis uit te win.
(
Aansoekstukke,
p. 69, par. 28.1)
Gevolglik
word ontken dat applikant onherstelbaar benadeel sal word indien
die aangevraagde regshulp nie toegestaan word nie.
Inteendeel,
eerste respondent sal sodanig benadeel word, aangesien eerste
respondent reeds ondernemings aan derde partye
gegee het ten
opsigte van die betaling van die netto koopprys van die eiendom
geleë te Yorkstraat 12 aan hulle. Gevolglik
bevoordeel die
balans van gerief ook vir applikant.
(Aansoekstukke,
p. 70, par. 29.2 â 29.3)
Daar
is wel alternatiewe remedies tot die beskikking van applikant
deurdat applikant aksie en/of aansoek in die Lesotho Hooggeregshof
kan instel teen beide die maatskappy sowel as eerste respondent,
veral gegewe die bates waaroor die maatskappy beskik, waarna
reeds
hierbo verwys is.
(
Aansoekstukke,
p. 70. par. 30 en p. 71, par. 30.3)
Eerste
respondent wys uit dat daar geen
nexus
bestaan tussen applikant se vordering en die fondse waarop
applikant poog beslag te lê nie.
(Aansoekstukke,
p. 71, par. 30.4)
Eerste
respondent vorder gevolglik dat applikant se vordering van die hand
gewys word met koste op ân skaal soos tussen prokureur
en kliënt.
(Aansoekstukke,
p. 72, par. 33)
[12] In
die repliserende verklaring is slegs die volgende aspekte
aangespreek:
12.1 Die
feit dat hierdie hof jurisdiksie het deurdat eerste respondent te
alle tersaaklike tye woonagtig was in die Vrystaat en
tans in
Ladybrand woonagtig is. Dit word voorts uitgewys dat die
borgstelling waarop applikant se vordering gebaseer is, gesluit
is en
onderteken is deur eerste respondent te Ladybrand.
1
2.2 Daar
word op gedetaileerde wyse gehandel met die versending van die
kennisgewings in terme van artikels 129 en 130 van die Nasionale
Kredietwet, asook die wyse waarop eerste respondent die maatskappy se
oortrokke fasiliteite bedryf het wat tot gevolg gehad het
dat
applikant eventueel die rekening van die maatskappy oorhandig het aan
die regsdepartement van applikant vir invordering daarvan.
12.3 Hoewel
die maatskappy teen 1 Augustus 2007 die bedrag van R213 431.75 aan
applikant verskuldig was, is daar drie oordragte
gemaak vanuit
beleggingsrekenings van die maatskappy gedurende Desember 2007, wat
tot gevolg gehad het dat die verskuldigde bedrag
verminder is tot
R171 702.15. Rente wat daarna daarop bereken is, het die
verskuldigde balans teen Junie 2008 te staan gebring
op R182 356.37.
12.4 Hoewel
eerste respondent sowel as die maatskappy op deurlopende basis
bankstate ontvang het, het eerste respondent nooit die
korrektheid
daarvan bevraagteken nie.
12.5 Uit
die bewerings gemaak deur eerste respondent in die opponerende
verklaring, blyk dit duidelik dat eerste respondent poog
om sekere
krediteure te bevoordeel bo die applikant deur die ondernemings wat
applikant teenoor derde partye gegee het met betrekking
tot die
betaling van die opbrengs van die verkoping van die huis, terwyl
eerste respondent steeds geld aan applikant verskuldig
is.
[13] Alvorens ek
voortgaan om met sekere regsbeginsels te handel, meen ek dit is
doelmatig om reeds op hierdie stadium met twee
van eerste respondent
se verwere te handel. Die eerste is dié ten opsigte van
hierdie hof se beweerde gebrek aan jurisdiksie.
Sonder om in
besonderhede daarmee te handel, meen ek dit blyk onteenseglik dat
hierdie hof wel oor die vereiste jurisdiksie beskik,
deurdat eerste
respondent op sy eie weergawe, in Ladybrand woonagtig is. Hierdie
verweer kan dus nie slaag nie.
Die tweede verweer is
die bewering dat dit onnodig was om die aansoek op `n dringende basis
te geloods het en dat dit `n misbruik
van die hofproses daarstel. Na
my mening het my kollege Hancke, R, reeds die aspek van dringendheid
beslis deur die verlening van
die kondonasie bevel en is ek nie by
magte om daardie beslissing te heroorweeg nie. In ieder geval, gegewe
my bevinding waartoe
ek later hierin raak, meen ek dat dit onnodig is
om verder met hierdie aspek te handel.
Dit
moet vermeld word dat mnr. Hefer, namens eerste respondent, nie met
voormelde verwere volhard het in óf sy betoogshoofde
óf
sy mondelinge betoog nie, na my mening heeltemal tereg.
[14] Mnr. Fischer en mnr.
Hefer was dit eens dat alwaar daar in die onderhawige geval Å
tussentydse interdik gevorder word wat
nie vindikatories of
quasi-vindikatories van aard is nie, dit as vertrekpunt aanvaar moet
word dat die gebruiklike vereistes vir
sodanige tussentydse interdik
ten minste deur applikant aangetoon moet word, welke vereistes die
volgende is:
â
(a) a prima facie right;
(b) a well-grounded apprehension of
irreparable harm if the interim relief is not granted and the
ultimate relief is eventually
granted;
(c) a balance of convenience in favour
of the granting of the interim relief; and
(d) the absence of any other
satisfactory remedy.â
Sien
ERASMUS
SUPERIOR COURT PRACTICE, Van Loggerenberg en Farlam
,
op p. E8-9. Sien ook
STERN
AND RUSKIN N.O. v APPLESON
1951 (3) SA 801
(WLD) op 813 B
[15] Dit is egter ook
gemeensaak tussen die partye dat die bepaalde tipe tussentydse
interdik wat in die onderhawige geval gevorder
word, die tipe
interdik is wat in die Engelse reg bekend staan as die âMareva
injunctionâ. Hierdie tipe remedie word opsommenderwys
as volg in
LAWSA
,
W.A.
Joubert
,
derde heruitgawe, vol. 11, par. 335 op p. 301 beskryf:
â
English law has developed a species
of interim interdict, known as the Mareva injunction, in terms of
which a respondent is prevented
from disposing of its assets in order
to defeat a judgment the Applicant believes it will obtain in due
course. In particular,
the order is so structured as to prevent a
respondent from placing its assets beyond the reach of the applicant.
South African law recognises a similar
remedy. It allows an interdict in respect of the respondentâs
property to which the applicant
can lay no claim. In order to
succeed in obtaining an order preventing the respondent from dealing
freely with its assets (without
granting the applicant any
preference), the applicant must show that the respondent is wasting
or secreting assets with the intention
of defeating the claims of
creditors.â
Sien ook
THE
LAW AND PRACTICE OF INTERDICTS, C.B. Prest, op p. 164.
[16] Uit vermelde blyk
dit dus duidelik dat daar in `n geval soos die onderhawige Å verdere
vereiste tot die vier vereistes van
Å gebruiklike tussentydse
interdik bestaan, welke vereiste as volg verwoord en vasgelê is
deur die Appèlhof (soos
dit toe bekend was) in
KNOX
DâARCY LTD AND OTHERS v JAMIESON AND OTHERS
[1996] ZASCA 58
;
1996 (4) SA 348
(AD) op 371 H tot 372 H, na welke passasie mnr. Hefer
ook in sy betoogshoofde verwys het:
â
The nature of
the interdict sought by the petitioners is to prevent the respondents
from concealing their assets. The petitioners
do not
claim
any proprietary or quasi-proprietary right in these assets. It is
conceded that the assets are the unencumbered property
of the
respondents. The interdict sought was therefore of an unusual
nature. It is not the usual case where its purpose is to
preserve an
asset which is in issue between the parties. Here the petitioners
lay no claim to the assets in question. â¦
As to the nature of
the interdict, this was dealt with by Stegmann J in 1994 (3) SA at
706 B to 707 D and in 1995 (2) SA at 591
A tot 600 F. The latter
passage was largely devoted to showing that it is not necessary for
an applicant to show that the respondent
has no bona fide defence to
the action. This conclusion was not attacked before and I agree with
it.
What then must an applicant show in
this regard? ⦠However, in Mcitiki and Another v Maweni
1913 CPD
684
at 687 Hopley J stated the affect of earlier cases as follows:
ââ¦
They all
proceed upon the wish of the Court that the plaintiff should not have
an injustice done to him by reason of leaving his
debtor possessed of
funds sufficient to satisfy the claim, when circumstances show that
such debtor is wasting or getting rid of
such funds to defeat his
creditors, or is likely to do so.â
The question which arises from this
approach is whether an applicant need show a particular state of mind
on the part of the respondent,
i.e. that he is getting rid of the
funds, or is likely to do, with the intention of defeating the claims
of creditors. Having
regard to the purpose of this type of entity,
the answer must be, I consider, yes, except possible in exceptional
circumstances.
As I have said, the effect of the interdict is to
prevent the respondent from freely dealing with his own property to
which the
applicant lays no claim. Justice may require this
restriction in cases where the respondent is shown to be acting mala
fide with
the intent of preventing execution in respect of the
applicantâs claim. However, there would not normally be any
justification
to compel the respondent to regulate his bona fide
expenditure so as to retain funds in patrimony for the payment of
claims (particularly
disputed ones) against him.â
Voormelde beginsels is
ook weereens toegepas en bevestig in
JANSE
VAN RENSBURG NO AND ANOTHER v MINISTER OF TRADE AND INDUSTRY AND
ANOTHER NNO
2001 (1) SA 29
(CC) op p. 44, par. 33, waar as volg beslis is:
â
However, the
common law governing interdicts to restrain the alienation or free
use of assets has a further requirement. In the
context of an
application for an ex parte interdict to restrain respondents from
dissipating or hiding assets, E M Grosskopf JA
referred with approval
to the general requirements for an interim interdict. He also
emphasised an additional factor to be considered
when an interdict is
sought to prevent a respondent from
âfreely
dealing with his own property to which the applicant lays no claimâ.
He held that such an applicant
â
[needs to] show
a particular state of mind on the part of the respondent, i.e. that
he is getting rid of the funds, or is likely
to do so, with the
intention of defeating the claims of creditorsâ.â
[17] Mnr. Fischer het ten
tyde van sy betoog in die hof daarop gewys dat mnr. Hefer
klaarblyklik in sy betoogshoofde toegee dat
applikant Å behoorlike
saak uitgemaak het ten opsigte van die vereiste van Å
prima
facie
reg. Wat betref die vereistes van onherstelbare benadeling vir
applikant, het mnr. Fischer aan die hand gedoen dat dit die
outomatiese
gevolg daarvan sal wees indien eerste respondent
toegelaat sou word om sy enigste bate van waarde, aldus die argument,
te vervreem
sonder dat die bedrag geld wat nodig is om applikant se
vordering te delg, intussen op beslag gelê word nie. Derhalwe
begunstig
die balans van gerief ook die applikant. Mnr. Fischer het
verwys na die opponerende verklaring en aan die hand gedoen dat die
bewerings
daarin met betrekking tot die beweerde bates waaroor die
maatskappy beskik ongesubstansieerde bewerings is. Verdermeer het hy
aan die hand gedoen dat die feit dat eerste respondent beweer dat hy
reeds ondernemings gegee het aan derde partye met betrekking
tot die
opbrengs wat uit die huisverkoping verkry gaan word, sowel as sy
bewering in paragraaf 30.2 op bladsy 71 van die aansoekstukke
tot
dien effekte dat hy nie bereid is om samewerking aan die applikant te
verleen deur applikant se vordering te betaal nie, sowel
as sy
voortdurende bewerings dat applikant die maatskappy en eerste
respondent in Lesotho kan dagvaar, aanduidend is van eerste
respondent se
mala
fides
,
wat verdermeer bevestig word deur die repliserende verklaring. In
die verband was dit mnr. Fischer se betoog dat sodra eerste
respondent se
mala
fides
sodanig vasstaan, behoort die opponerende verklaring van eerste
respondent met uitsterste omsigtigheid beoordeel te word. Dit
was
derhalwe mnr. Fischer se betoog dat die enigste redelike en
objektiewe afleiding wat uit eerste respondent se ingesteldheid
gemaak kan word, is dat eerste respondent die bedoeling het om
applikant se vordering te negeer en te frustreer.
[18] Teenoor voormelde
het mnr. Hefer betoog dat daar twee redes is waarom applikant nie
suksesvol met die aansoek kan wees nie.
Die eerste hiervan is omdat
applikant nie Å âparticular state of mindâ aan die kant van
eerste respondent aangetoon het soos
deur die
KNOX
DâARCY LTD AND OTHERS v JAMIESON AND OTHERS
-beslissing
vereis word nie, met ander woorde dat nie aangetoon is dat eerste
respondent bates of fondse vervreem met die bedoeling
om die
vordering van applikant te negeer of te frustreer nie. Die tweede
basis waarop mnr. Hefer betoog het dat applikant nie
suksesvol kan
wees met die aansoek nie, was tot dien effekte dat applikant nie die
vereiste elemente van onherstelbare benadeling,
balans van gerief en
geen alternatiewe remedie aangetoon het nie. In die verband het mnr.
Hefer betoog dat dit onbetwis op die
stukke staan dat eerste
respondent oor die onroerende eiendom te Langenhovenpark beskik en is
die ekwiteitwaarde wat eerste respondent
daaraan koppel, insgelyks
onbetwis. In die verband het mnr. Hefer daarop gewys dat dit
insiggewend is dat applikant geensins gepoog
het om in repliek op
hierdie bewerings te antwoord nie.
[19] Alvorens ek
voortgaan, wens ek die volgende te vermeld. Na my mening is die
bate-posisie van die maatskappy nie regtig relevant
nie, aangesien
die voorgenome aksie teen eerste respondent gerig is en nie teen die
maatskappy nie, welke applikant geregtig is
om te doen gegewe die
aard van die borgstelling alwaar eerste respondent homself ook as
mede-hoofskuldenaar verbind het. Ek handel
dus nie verder daarmee
nie.
Verdermeer is ek van
mening dat eerste respondent se blote betwisting van applikant se
prima facie vordering, nie
per
se
geag
kan word as aanduidend te wees van
mala
fides
aan
sy kant nie. Dit moet in gedagte gehou word dat die saldosertifikaat
slegs
prima
facie
bewys van die vordering daarstel en dit dus nie op `n oorwig van
waarskynlikhede geag kan word dat eerste respondent nie moontlik
`n
verweer daarteen kan hê soos deur hom beweer nie.
[20] Wanneer daar in die
lig van voormelde regsbeginsels en die onderskeie betoë van die
advokate dan weer gelet word op die
inhoud van die aansoekstukke,
blyk dit dat die essensie van die bewerings wat applikant maak wat
oorweeg moet word met betrekking
tot die vraag of daar Å behoorlike
saak uitgemaak is wat betref eerste repondent se bedoeling met
betrekking tot die verkoop van
die huis en wat die gevolge daarvan
vir applikant sal wees, die volgende is:
20.1 Die opbrengs van die
verkoping is die enigste bate waarop applikant sal kan beslag lê
wanneer hy vonnis teen eerste respondent
verkry en sal applikant dus
Å leë vonnis hê indien die fondse nie beveilig word nie.
20.2 Die huis, of dan die
opbrengs van die huis, die enigste bate van die eerste respondent is
wat aan die applikant bekend is.
20.3 Respondent wil nie
enige samewerking verleen met betrekking tot die bevrediging van
applikant se vordering nie en het applikant
goeie rede uit hoofde van
die totaliteit van die agtergrond om te glo dat eerste respondent die
opbrengs van die huis sal wegmaak
en selfs buite die Hof se
jurisdiksie sal neem om die vonnis te frustreer.
[21] Wanneer die
opponerende verklaring egter bestudeer word, blyk die volgende:
21.1 Eerste respondent
beskik oor nog Å onroerende eiendom geleë te Langenhovenpark,
die waarde waarvan ongeveer R450 000-00
tot R520 000-00 beloop en die
uitstaande verband welke ongeveer R160 000-00 beloop. Geen antwoord
is in die repliek hierop gemaak
nie. Verdermeer, en baie belangrik,
is dat die eienaarskap van hierdie eiendom as `n feit blyk uit die
uittreksel van Å aktes-nasoek
wat deur applikant self aangeheg is
tot die funderende verklaring as aanhangsel âS4â. Gevolglik moes
hierdie feit tot applikant
se kennis gewees het op die stadium wat
die onderhawige aansoek geloods is. Desnieteenstaande nader die
applikant die hof met Å
bewering en op die basis dat die eiendom
geleë te Yorkstraat 12 die enigste bate is waaroor eerste
respondent na die beste
van applikant se wete beskik en voorts op die
basis dat indien daardie bate vervreem word en daar nie op Å
gedeelte van die opbrengs
beslag gelê word nie, enige vonnis
wat applikant teen eerste respondent sal verkry Å leë vonnis
sal wees. Die feit
dat eerste respondent wel oor die onroerende
eiendom te Langenhovenpark ook beskik, negeer na my mening enige
basis waarop applikant
die onderhawige aansoek kon loods. Addisioneel
daartoe is daar geen bewering dat eerste respondent poog om daardie
bate ook te
vervreem nie. Daar kan dus na my mening ook nie sprake
wees daarvan dat applikant `n ingesteldheid aan die kant van eerste
respondent
aangetoon het as synde dat hy sy bates vervreem of poog om
dit te doen met die bedoeling applikant se vordering of die
uitvoering
van enige vonnis, te frustreer nie.
21.2 Verdermeer en
addisioneel tot voormelde het eerste respondent in paragraaf 28.1 op
bladsy 69 van die opponerende verklaring,
bewerings gemaak met
betrekking tot sy ledebelang in Å beslote korporasie welke ongeveer
R1 miljoen werd is, sowel as bewerings
met betrekking tot die waarde
van sy huishoudelike meubels en toebehore, sowel as opbetaalde
voertuie. Nieteenstaande hierdie
bewerings, het applikant geensins
gepoog om op hierdie bewerings te antwoord in die repliserende
verklaring nie.
[22] Gevolglik en in
besonder by gebrek aan enige antwoorde hierop in die repliserende
verklaring, is ek van mening dat wanneer
die geykte toets soos
neergelê in
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) toegepas word, hierdie bewerings deur eerste
respondent aanvaar moet word (dit is addisioneel tot die feit dat
eerste respondent
se eienaarskap van die eiendom geleë te
Langenhovenpark in ieder geval as Å feit blyk uit die aktes-nasoek).
[23] Selfs indien dus
aanvaar sou word dat applikant Å
prima
facie
saak uitgemaak het met betrekking tot sy vordering teen eerste
respondent, het voormelde tot gevolg, soos tereg deur mnr. Hefer
betoog, dat applikant geensins Å saak uitgemaak het met betrekking
tot die ander vereistes van Å tussentydse interdik nie en
in
besonder het applikant geen saak uitgemaak met betrekking tot die
besonderse vereiste dat aangetoon moes word dat die vervreemding
van
die eiendom geskied met die bedoeling om applikant se vordering te
frustreer nie en dat indien daar nie op daardie opbrengs
beslag gelê
word nie, daar geen ander beslagbare bates beskikbaar gaan wees nie.
Dit is dus na my mening Å geval soortgelyk
aan dit wat in
STERN
AND RUSKEN NO v APPLESON
,
supra
,
beslis is waar op 813 H die volgende bevinding voorkom:
â
What the
applicant
s
have to establish is that ⦠objectively considered, there are good
grounds for fearing that he intends to make away with his
assets in
order to defeat the applicantsâ claims. ⦠The applicantsâ
allegations, such as they are, are denied and there
is no evidence
from which it is legitimate to infer that the respondent has any such
intention.â
[24] Gevolglik is ek van
mening dat die bevel
nisi
opgehef moet word.
KOSTE:
[25] Wat die koste van
die aansoek as sulks betref, blyk daar geen rede te wees waarom die
koste nie die uitslag van die aansoek
behoort te volg nie. Ek meen
egter nie dat daar enige basis is waarop applikant gelas moet word om
die koste op `n skaal soos tussen
prokureur en kliënt te betaal
soos deur eerste respondent gevorder in sy opponerende verklaring
nie.
[26] Daar is egter wel Å
sekere koste-aspek wat addisioneel aangespreek moet word. Dit blyk
dat eerste respondent op 20 Oktober
2008 kennis gegee het van sy
voorneme om die keerdag te vervroeg tot Dinsdag, 21 Oktober 2008.
Die aangeleentheid het voor Beckley,
R gedien wie klaarblyklik
aangedui het dat hy van oordeel was dat die aansoek om vervroeging
sonder meriete was, deurdat Reël
6(8) daargestel is ten einde
gebruik te kan word deur Å persoon wat verras is deur Å bevel wat
ex parte
verleen is. In hierdie geval was eerste respondent egter as gevolg
van die voorafgaande skrywes deeglik bewus van applikant se
voorneme
om die hof met die onderhawige aansoek op Å dringende basis te nader
en kon hy derhalwe nie geag word âto have been
taken by surprise by
an order granted ex parteâ. (Sien
ERASMUS
S
uperior
Court Practice
,
supra
,
op p. B1-53 en die gesag aldaar aangehaal). Gevolglik het die partye
by ooreenkoms die aansoek van die rol verwyder en die koste
het
oorgestaan vir latere beregting. Mnr. Fischer het derhalwe versoek
dat eerste respondent gelas moet word om daardie koste
te betaal.
Mnr. Hefer het, heeltemal tereg, toegegee en aangebied dat eerste
respondent verantwoordelik sal wees vir die koste
van 21 Oktober
2008. Ek is gevolglik van mening dat sodanige bevel inderdaad gepas
is. Daar is geen spesiale kostebevel in die
aansoek teen eerste
respondent gevorder nie en kan hierdie kostebevel dus slegs op party
en party basis wees.
[27] Derhalwe word die
volgende bevele verleen:
1. Die
bevel
nisi
word opgehef, met koste.
2. Eerste respondent word
gelas om die koste teweeggebring deur die kennisgewing van
vervroeging van die keerdatum, wat insluit
die koste van 21 Oktober
2008, te betaal.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
applikant: Adv. P.U. Fischer
In opdrag van:
P.D. Yazbek
Lovius Block Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste
respondent: Adv. J.J.F. Hefer
In opdrag van:
W. le Roux
Goodrick &
Franklin
BLOEMFONTEIN
/sp