About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 106
|
|
Calibain BK h/a Swedo Tech Motor Centre v ABSA Bank Bpk (2116/2007) [2009] ZAFSHC 106 (22 October 2009)
IN
DIE VRYSTAAT HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak nr. 2116/2007
In
die saak tussen:
CALIBAIN BK h/a SWEDO TECH
MOTOR
CENTRE
EISER
en
ABSA BANK BPK
VERWEERDER
CORAM:
PLOOS
VAN AMSTEL, WND. R
UITSPRAAK:
PLOOS VAN AMSTEL, WND. R
_______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
28 NOVEMBER
2008
_______________________________________________________
GELEWER
OP:
22 OKTOBER
2009
_______________________________________________________
[1] Hierdie
aangeleentheid is voor my geplaas en beredeneer by wyse van gestelde
saak in terme van die bepalings van hofreël
33 van die
Eenvormige Hofreëls.
[2] Opsommenderwys is
die relevante feite waarop die partye ooreengekom het, soos volg:
1. Op of ongeveer 4 Maart 2005 het ene Madeleen Janse
van Rensburg (“Janse van Rensburg”) ‘n
afbetalingsverkoopooreenkoms
gesluit met JD Enterprises Trust
handeldrywend as Bloemgate Motors (“Bloemgate Motors”) in
terme waarvan Bloemgate
Motors ‘n sekere Audi A3 2.0 TDi
Ambition 2005 motorvoertuig met enjinnommer BKD095500 en
onderstelnommer WAUZZZ8P44AU7256
(“die voertuig”) verkoop
het aan Janse van Rensburg;
2. Op dieselfde datum het Bloemgate Motors die
afbetalingsverkoopooreenkoms sedeer aan Absa Bank Bpk handeldrywend
as Absa Voertuig
Bate Finansiering (“die verweerder”) vir
die bedrag van R130 399.99 welke bedrag verweerder betaal het aan
Bloemgate
Motors;
3. Uit hoofde van die ooreenkoms tussen die verweerder
en Bloemgate Motors was Janse van Rensburg daartoe verplig om haar
verpligtinge
in terme van die afbetalingsverkoopooreenkoms met
Bloemgate Motors, voortaan teenoor die verweerder na te kom, welke sy
dan ook
gedoen het;
4. Te alle relevante tye vir doeleindes van hierdie
aksie:
het verweerder die
eiendomsreg ten aansien van die voertuig voorbehou
in
securitatem debiti
;
het Bloemgate aan Janse
van Rensburg voorgehou en voorgestel dat indien sy die geheel van
die bedrag wat verskuldig is in terme
van die
afbetalingsverkoopooreenkoms betaal, die eiendomsreg in en ten
opsigte van die voertuig onmiddellik by delging van die
uitstaande
balans in haar sal setel;
5. Gedurende of ongeveer Julie 2005 het Janse van
Rensburg die voertuig ingeruil by (en dus verkoop aan) Calibain BK
handeldrywend
as Swedo Tech Motor Centre (“die eiser”);
6.
Die
eiser het die aflosbedrag ten bedrae van R128 169,91 namens Janse van
Rensburg aan die verweerder betaal, op die veronderstelling
dat Janse
van Rensburg onmiddellik die eienaar sou word van die voertuig na
betaling van die uitstaande bedrag en die eiendomsreg
in die voertuig
sonder verwyl aan die eiser sou oordra;
7. Ter uitvoering van hierdie ooreenkoms het eiser besit
geneem van die voertuig vanaf Janse van Rensburg;
8. Op of omtrent 19 Julie 2005 het eiser die voertuig
aan Standard Bank Voertuig- en Bate Finansiering handeldrywend as
Stannic
verkoop;
9. Op of ongeveer 26 Augustus 2005 het die
Suid-Afrikaanse Polisiediens beslag gelê op die voertuig en dit
in besit geneem
op grond van inligting dat die voertuig gesteel is by
ene Hendrik Kuun, die ware eienaar van die voertuig;
10. Gedurende 2006 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens
die voertuig oorhandig aan gemelde Kuun se versekeraar, te wete
Outsurance;
11. Nie Stannic, die eiser of Janse van Rensburg het die
beslaglegging en daaropvolgende uitwinning regtens teengestaan nie
aangesien
die aanspraak van die gemelde Kuun oënskynlik
onweerstaanbaar was;
12. Stannic, die eiser en Janse van Rensburg se reg op
besit van die voertuig is dus permanent verbeur;
13. Stannic het die eiser aangemaan om die koopsom terug
te betaal en die eiser het dit inderdaad gedoen;
14. Eiser het Janse van Rensburg aangemaan om die
aflosbedrag wat die eiser namens haar aan die verweerder betaal het,
terug te
betaal, maar het op 31 Maart 2007 sessie geneem van Janse
van Rensburg se vorderingsreg teen die verweerder, vir terugbetaling
van die aflosbedrag;
15. Eiser se vordering teen verweerder is ingestel op
grond van die gemelde sessie.
[3] Elk van die partye
het ‘n bundel opgehandig bevattende tersaaklike dokumente
waarop ooreengekom is, vir doeleindes van
beregting van die Gestelde
Saak.
[4] Die regsvrae wat vir beslissing aan die hof voorgelê
is, is as volg geformuleer:
Het die verweerder enige wanvoorstellings aan Madeleen
Janse van Rensburg gemaak wat aanleiding kan gee tot
aanspreeklikheid van
die verweerder teenoor die eiser?
Indien voorstellings wel gemaak is, was die
voorstellings onwaar?
Is die verweerder verplig om restitusie te doen aan
Madeleen Janse van Rensburg?
[5]
‘
n
Samevatting van die eiser se wesenlike bewerings soos in die Gestelde
Saak uiteengesit, is as volg:
Eiser doen aan die hand dat die verweerder aan Janse
van Rensburg voorgestel en voorgehou het dat:
verweerder die reg van eienaarskap ten aansien van die
voertuig het;
indien Janse van
Rensburg die uitstaande balans
(die
aflosbedrag) betaal, die verweerder haar die eienaar van die
voertuig sal maak; alternatiewelik dat eiendomsreg in en tot
die
voertuig onmiddellik by delging van die uitstaande balans, in Janse
van Rensburg sal setel;
Eiser doen aan die hand dat die verweerder se
voorstellings aan Janse van Rensburg onwaar was deurdat:
verweerder nie die eienaar van die voertuig was nie;
verweerder nie eiendomsreg in en ten aansien van die
voertuig gehou het nie; alternatiewelik dat verweerder nooit die
eienaar
van die voertuig kon wees nie vanweë die feit dat die
voertuig nie wettiglik of regmatiglik aan die verweerder kon behoort
nie;
verweerder nooit eiendomsreg in en ten aansien van die
voertuig kon hou of die eiendomsreg kon voorbehou nie, vanweë
die
feit dat eiendomsreg nie wettiglik of regmatiglik aan die
verweerder oorgedra kon word nie;
verweerder gevolglik Janse van Rensburg nie eienaar van
die voertuig gemaak het nie;
eiendomsreg nooit by delging of betaling van die
aflosbedrag in Janse van Rensburg kon setel nie.
Eiser doen aan die hand dat die verweerder se beweerde
voorstellings, onskuldige wanvoorstellings was wat daartoe
aanleiding gegee
het dat Janse van Rensburg met die verweerder
ooreengekom het om die aflosbedrag te betaal en op sterkte hiervan,
met die eiser
‘n ooreenkoms gesluit het tot haar nadeel en het
sy tot haar nadeel gehandel deur die eiser toe te laat om die
aflosbedrag
namens haar te betaal;
Eiser doen aan die hand
dat die verweerder geweet het of redelikerwys kennis moes dra dat
Janse van Rensburg die aflosbedrag sou
betaal of namens haar sou
laat betaal op sterkte van die voorstelling dat eiendomsreg by
betaling in haar sou setel en dat sy
met die voertuig sou kon handel
soos sy goeddink, onder andere deur dit weer te verkoop;
Eiser doen gevolglik
aan die hand dat Janse van Rensburg geregtig is op restitusie van
wat sy presteer het (
in
casu
beperk
tot die aflosbedrag wat aan die verweerder betaal is);
Eiser vorder gevolglik
uit hoofde van die reg wat aan die eiser gesedeer is, betaling van
R128 169,91 tesame met
moratore
rente vanaf 12 Oktober 2005, asook
koste van die geding.
[6] Die verweerder se
wesenlike bewerings soos in die Gestelde Saak uiteengesit, kan as
volg saamgevat word:
Verweerder doen aan
die hand dat geen voorstellings van enige aard aan Janse van
Rensburg gemaak is nie, nog minder enige wanvoorstellings;
Verweerder doen aan
die hand dat die verweerder ‘n sessionaris is en die regte
van Bloemgate Motors oorgeneem het;
Verweerder voer aan dat geen verpligtinge op die
verweerder oorgegaan het nie, ook nie die verpligting om
eiendomsreg aan Van
Rensburg of aan die eiser oor te dra nie;
Verweerder voer aan
dat eiendomsreg op Janse van Rensburg oorgegaan het as gevolg van
die vervulling van ‘n opskortende
voorwaarde in die
afbetalingsverkoopooreenkoms en nie as gevolg van enige
oordragshandeling vanaf die verweerder se kant nie;
Verweerder doen aan
die hand dat, in terme van klousule 11 van die Nie-verhaal
Ooreenkoms gesluit tussen Bloemgate Motors en
die verweerder, geen
van Bloemgate se verpligtinge deur die verweerder oorgeneem is nie;
Verweerder doen aan
die hand dat Janse van Rensburg gevolglik nie geregtig is op enige
restitusie van die verweerder nie, maar
wel van die ander
kontraksparty, te wete Bloemgate Motors;
Verweerder doen
gevolglik aan die hand dat die eiser se vordering van die hand
gewys moet word met koste.
[7] As basis vir die
beweerde wanvoorstellings deur verweerder aan Janse van Rensburg het
die eiser gesteun op ‘n dokument
wat deur die verweerder aan
Janse van Rensburg voorsien is op 21 Julie 2005 toe die presiese
aflosbedrag op haar versoek verstrek
is en waarin die volgende
sinsnede verskyn:
“
Kindly note that the right of
ownership of the goods shall vest in Absa until the settlement amount
is actually received by us.”
[8] Op sterkte van hierdie skrywe, vervat in die eiser
se bundel van dokumente onder Item nr 4 op bladsy 4, is voor my deur
adv.
Snellenburg namens die eiser betoog dat die volgende onware
voorstellings deur verweerder aan Janse van Rensburg gemaak is,
naamlik:
eiendomsreg in die voertuig setel in die verweerder;
die eiendomsreg in die voertuig word voorbehou totdat
die aflosbedrag deur Janse van Rensburg betaal is;
by vereffening van die aflosbedrag, sal eiendomsreg in
die voertuig aan Janse van Rensburg oorgedra word.
[9] Die argument lui dan dat, objektiewelik gesproke,
die verweerder nie eiendomsreg in die voertuig kon voorbehou nie
omdat dit
‘n gesteelde voertuig was en dat die belofte van
eiendomsoordrag aan Janse van Rensburg by vereffening van die
aflosbedrag,
‘n onskuldige wanvoorstelling was wat eiser uit
hoofde van die sessie wat hy bekom het, geregtig sou maak op die
aangevraagde
regshulp.
[10] Vir doeleindes van die beregting van die geskil
tussen die partye soos geformuleer in die Gestelde Saak, is dit
noodsaaklik
om die aard en inslag van ‘n
verdiskonteringsooreenkoms , te ondersoek.
[11] Dit is een van die naturalia van
‘n koopkontrak dat die verkoper verplig is om
vacua
possessio
aan
die koper te laat toekom, ooreenkomstig ‘n geïmpliseerde
waarborg dat die koper volle, vrye en ongestoorde besit
van die saak
sal hê in so ‘n mate dat hy nie regtens uitgewin sal word
deur iemand met ‘n beter titel nie. (Sien
oor die algemeen
DE
WET & VAN WYK, KONTRAKTEREG EN HANDELSREG,
VYFDE UITGAWE, VOL. 1,
329
et seq.
en sien
KLEYNHANS
BROTHERS v WESSELS’ TRUSTEE
1927
AD 271
, 290;
FRYE’S
(PTY) LTD v RIES
1957
(3) SA 575
(AD) 581 en
LAMMERS
& LAMMERS v GIOVANNONI
1955
(3) SA 385
(AD) 390).
[12] Dit is gewoonlik
die bedoeling van die kontrakspartye dat hierdie
vacua
possessio
die vorm
van volle eiendomsreg sal aanneem.
[13] Ook die onderhawige afbetalingsverkoopooreenkoms
tussen Bloemgate Motors en Janse van Rensburg het ten doel om die
koper uiteindelik
eienaar van die voertuig te maak.
[14] Klousule 4 van die
voorwaardes van die afbetalingsverkoopooreenkoms, ingebind in die
verweerder se bundel van dokumente op
bladsy 3 saamgelees met bladsy
20, is in die vorm van ‘n
pactum
reservati domini
en
bepaal as volg:
“
Notwithstanding delivery,
ownership of the Goods shall not pass to the purchaser until all
amounts owing under this agreement have
been paid in full.”
[15] Klousule 4 het gevolglik ten doel om die eiedomsreg
van die voertuig voor te behou totdat betaling ingevolge die
afbetalingsverkoopooreenkoms,
ten volle geskied het.
[16] Aldus vorm volle betaling
ingevolge die kontrak ‘n opskortende voorwaarde vir oorgang van
eiendomsreg. Sien
GE
FARMER v BANKFIN BPK & ‘N ANDER
saaknommer 15343/92
(ongerapporteerd) TPD p. 7/10;
INFO
PLUS v SCHEELKE & ANOTHER
[1998]
ZASCA 21
;
1998
(3) SA 184
(SCA).
[17] By verstek aan so
‘n klousule sou eiendomsreg op die koper by lewering oorgegaan
het, maar die opskortende voorwaarde
ten aansien van oorgang van
eiendomsreg het klaarblyklik ten doel dat eiendomsreg intussen as
sekuriteit vir betaling van die uitstaande
skuld voorbehou word,
(Vergelyk
DIEMONT
& ARONSTAM, THE LAW OF CREDIT AGREEMENTS & HIRE PURCHASE IN
SOUTH AFRICA
(VYFDE
UITGAWE) p. 2 en sien p. 11) waarvoor dan ook voorsiening gemaak word
in klousule 4 van die afbetalingsverkoopooreenkoms,
soos hierbo
gemeld.
[18] Die
bona
fide
kontemplasie
van die partye was inderdaad dat Bloemgate Motors die eienaar van die
voertuig was en dat Janse van Rensburg na betaling
van alle bedrae
verskuldig in terme van die afbetalingsverkoopooreenkoms, sonder meer
eienaar van die voertuig sou word.
[19] Die verpligting om aan Janse van Rensburg ‘n
waarborg teen uitwinning te gee of ‘n onaanvegbare titel ten
aansien
van die motor oor te dra, het te alle tye in Bloemgate Motors
gesetel.
[20] ‘n Verdiskontering van die
afbetalingsverkoopooreenkoms by wyse van sessie, bring nie ‘n
verandering in hierdie
regsposisie mee nie.
[21] Klousule 5.1 van die afbetalingsverkoopooreenkoms
maak daarvoor voorsiening dat die regte van Bloemgate Motors in terme
van
die ooreenkoms, aan ‘n ander oorgedra mag word, en bepaal
as volg:
“
The Seller has the right to
cede and transfer to any person or entity any of its rights under
this agreement and in such event the
Purchaser agrees to hold the
Goods on behalf of the cessionary from the date of cession and to
make all payments due in terms of
this agreement to the cessionary
after receipt of notice of cession. In the event of such cession,
reference to the Seller shall
be deemed to be a reference to the
cessionary.”
[22] Die afbetalingsverkoopooreenkoms tussen Bloemgate
Motors en Janse van Rensburg maak nie melding en dus ook nie
voorsiening
vir die oordrag van Bloemgate Motors se verpligtinge aan
‘n ander nie en die kontrak tussen die partye het dus duidelik
voorsiening
daarvoor gemaak dat slegs die regte en nie ook die
verpligtinge van Bloemgate Motors nie, gesedeer word.
[23] Die voorgenome sessionaris sou
dus geen verpligtinge van Bloemgate Motors oorneem nie en gevolglik
geen aanspreeklikheid teenoor
die koper opdoen nie. (Vergelyk
MILNER
v UNION DOMINIONS CORPORATION SA LTD
1959
(3) SA 674
(C) 677A – B, 679A;
TRUST
BANK OF AFRICA LTD v IMPERIAL GARAGE,
1963
(1) SA 123
(AD) 130H – 131A.
[24] Ook die voorgenome
oordrag van eiendomsreg sou geskied op die basis dat die sessionaris
geen verpligtinge van die sedent teenoor
die koper oorneem nie, wat
insluit die geïmpliseerde waarborg en verpligting om
vacua
possessio
aan die
koper te verleen.
[25] Dat die verweerder geen verpligtinge van Bloemgate
Motors oorgeneem het uit hoofde van die afbetalingsverkoopooreenkoms
met
Janse van Rensburg en ten opsigte van die voertuig nie, word
bevestig in klousule 11 van die Nie-Verhaal ooreenkoms tussen
Bloemgate
Motors en die verweerder wat gesluit is op 31 Augustus 2001
(soos vervat op bladsye 6 – 9 van die verweerder se bundel van
dokumente) en as volg bepaal:
“
Geen bepaling in hierdie
ooreenkoms vervat, sal op so ‘n wyse uitgelê word dat die
Bank van die Handelaar se verpligtinge
kragtens enige ooreenkoms(te)
of die gemene reg met betrekking tot die ooreenkoms(te), die goedere
of slegs die goedere oorneem
nie.”
[26] In die onderhawige geval het daar egter nie slegs
‘n sessie van regte vanaf Bloemgate Motors na die verweerder
plaasgevind
nie, maar het Bloemgate Motors ook sy gewaande
eiendomsreg van die voertuig aan die verweerder oorgedra.
[27] Dit word duidelik gestel uit hoofde van die
bepalings van klousules 5 en 6 van die Nie-Verhaal ooreenkoms wat as
volg bepaal:
“
5. Die Handelaar sal die
ooreenkoms(te) aan die Bank lewer en daardeur al sy reg, titel en
belang in en tot die ooreenkoms(te) aan
die Bank sedeer en oordra.
Die Handelaar sal ook die eiendomsreg van die goedere waarop die
ooreenkoms(te) betrekking het aan die
Bank oordra deur lewering van
die goedere aan die Bank of sy verteenwoordiger, synde die kliënt(e)
wat kragtens die ooreenkoms(te)
die goedere namens die bank sal hou
vanaf sessie van die regte in en tot die ooreenkoms(te) aan die Bank.
Lewering van slegs die
goedere sal deur die Handelaar op instruksies
van die Bank bewerkstellig word, deur lewering van die goedere aan
die persoon wat
deur die Bank genomineer word.
6. Die Bank sal die reg hê om te enige tyd enige
of al die kopers, huurders, bruikhuurders of ander gebondenes in
terme van
die ooreenkoms(te) (hierna “die kliënt(e)”
genoem) in kennis te stel dat die ooreenkoms(te) en die goedere wat
die onderwerp van die ooreenkoms uitmaak aan die Bank verkoop,
gesedeer en gelewer is, dat die kliënt(e) die goedere voortaan
vanaf datum van die sessie namens die Bank hou en dat alle
aanspreeklikheid uit hoofde van die gemelde ooreenkoms(te), teenoor
die Bank vanaf datum van die sessie van die ooreenkoms(te) nagekom
moet word.”
[28] Die sessie, gekoppel met die oordrag van
eiendomsreg, het egter nie die regseffek van ‘n delegasie van
verpligtinge wat
die waarborg teen uitwinning betref of ‘n
verligting tot lewering van eiendomsreg, wanneer volle betaling van
die uitstaande
balans gemaak is nie.
[29] Die Nie-Verhaal
ooreenkoms wat die verhouding tussen Bloemgate Motors en die
verweerder bepaal, en wat die
causa
vir die oorgang van regte tussen
hulle gevorm het, het duidelik voorsiening daarvoor gemaak dat slegs
regte en nie verpligtinge
nie, gesedeer word. Ook die oordrag van
eiendomsreg vanaf Bloemgate Motors aan die verweerder sou dus geskied
op die basis dat
die verweerder geen verpligtinge teenoor Janse van
Rensburg oorneem nie. (Vergelyk
GE
FAMER v BANKFIN BPK & ‘N ANDER
,
supra
p.
15/15).
[30] Die verpligting om eiendomsreg
of
vacua possessio
aan Janse van Rensburg te
lewer soos uit die afbetalingsverkoopooreenkoms voortspruit, het nie
op die verweerder oorgegaan by die
vermelde sessie nie en geen
delegasie het in daardie verband plaasgevind nie. (Vergelyk
GE
FAMER v BANKFIN BPK & ‘N ANDER,
supra
p.
18/10;
DE BRUYN v
CENTENARY FINANCE COMPANY (PTY) LTD
1977
(3) SA 37
(T) 41E – G).
[31] Die oorgang van eiendomsreg
geskied naamlik steeds by vervulling van die opskortende voorwaarde,
naamlik die betaling van die
uitstaande balans in terme van die
afbetalingsverkoopooreenkoms. Geen verdere ooreenkoms of
oordraghandeling word vereis nie en
die koper hoef selfs nie in
fisiese besit van die voertuig te wees op die tydstip wanneer die
aflosbedrag betaal en die opskortende
voorwaarde dus vervul word nie.
(Vergelyk
INFO
PLUS v SCHEELKE & ANOTHER
[1998]
ZASCA 21
;
1998
(3) SA 184
(SCA)).
[32] Eiendomsreg sou
naamlik op die koper oorgaan weens vervulling van ‘n voorwaarde
en nie weens uitvoering van ‘n
verpligting deur die verweerder
nie. (Vergelyk
GE
FAMER v BANKFIN BPK & ‘N ANDER
,
supra,
p.
18/5).
[33] Die mededeling deur die verweerder in die skrywe
van 21 Julie 2005 toe die aflosbedrag aan Janse van Rensburg verstrek
is,
naamlik dat die reg van eiendomsreg in die voertuig in die
verweerder sal setel totdat die aflosbedrag deur die verweerder
ontvang
word, was dus bloot die konstatering van ‘n feit,
naamlik die bevestiging van die bestaan van sodanige kontraktuele
bepaling.
Hierdie mededeling is gemaak bykans vyf maande nadat die
afbetalingsverkoopooreenkoms tussen Bloemgate Motors en Janse van
Rensburg
gesluit is.
[34] Die verweerder was nie ‘n
party tot die afbetalingsverkoopooreenkoms tussen Bloemgate Motors en
Janse van Rensburg nie
en het geen rol gespeel by kontraksluiting
nie. Die verdiskontering van daardie ooreenkoms by wyse van sessie
bring die sessionaris
(die verweerder) nie binne die kontraktuele
verband wat tussen die skuldenaar (Janse van Rensburg) en die sedent
(Bloemgate Motors)
bestaan nie. (Sien:
MILNER
v UNION DOMINIONS CORPORATION SA LTD
1959
(3) SA 674
(C) 676D;
VAN
ZYL v CREDIT CORPORATION OF SOUTH AFRICA LTD
1960
(4) SA 582
(AA) 589A).
[35] Daar bestaan dus geen kontraktuele band tussen die
verweerder en die koper (Janse van Rensburg) nie.
[36] Die verweerder se gewaande eiendomsreg is ontleen
uit hoofde van die sessie.
[37] Dit moes vir Janse van Rensburg duidelik gewees het
uit hoofde van die bepalings van klousule 5.1 van die
afbetalingsverkoopooreenkoms
en die daaropvolgende kennisgewing van
die sessie.
[38] Die verweerder as sessionaris kon nie meer regte
verkry as waaroor die sedent (Bloemgate Motors) beskik het nie.
[39] Die oorgang van eiendomsreg by vervulling van die
voorwaarde was ‘n term van die afbetalingsverkoopooreenkoms en
geen
voorstelling nie.
[40] Janse van Rensburg is nie deur enige beweerde
voorstelling van die verweerder beweeg tot kontraksluiting met
Bloemgate Motors
nie.
[41] Die regsvrae wat aan my voorgehou is vir
beslissing, moet dus ontkennend en afwysend beantwoord word.
[42] Die verweerder het geen wanvoorstellings aan
Madeleen Janse van Rensburg gemaak nie, doen dus geen
aanspreeklikheid teenoor
die eiser op nie en is nie verplig om
restitusie te doen aan Madeleen Janse van Rensburg, (en dus aan die
eiser uit hoofde van
die sessie) nie.
[43] Janse van Rensburg se vordering, indien enige, en
waaroor ek geen mening uitspreek nie, is teen Bloemgate Motors en nie
teen
die verweerder nie.
[44] Die eiser se vordering word dus van die hand gewys
met koste.
____________________________
C. PLOOS VAN AMSTEL, WND. R
Namens eiser:
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van :
Lovius Block
Bloemfontein
Namens verweerder:
Adv. G.Meyer
In opdrag van:
Naudes, Bloemfontein
Jay Mothobi Ing, Johannesburg