About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 103
|
|
Van Zyl v Lid van die Uitvoerende Raad Openbare Werke, Paaie en Vervoer: Vrystaat Provinsie en Anders (A50/08) [2009] ZAFSHC 103 (22 October 2009)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A50/08
In
die
saak tussen:-
WILLEM
STEPHANUS VAN ZYL
Applikant
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD:
1ste
Respondent
OPENBARE
WERKE, PAAIE EN VERVOER:
VRYSTAAT PROVINSIE
DIE
DEPARTEMENTSHOOF: DEPARTEMENT
2de
Respondent
OPENBARE
WERKE, PAAIE EN VERVOER:
VRYSTAAT PROVINSIE
DAVID ANDRIES ERWEE N.O.
3de
Respondent
ELIZABETH
CATHARINA ERWEE N.O.
4de
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
et
RAMPAI,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12 OKTOBER
2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
22
OKTOBER 2009
_____________________________________________________
Regshulp:
[1] Applikant is die eienaar van die plaas Kameelhof en
derde en vierde respondente is die trustees van die M & M Trust,
synde
die eienaar van die aangrensende plaas Tafelkop. ân Tersiêre
pad, naamlik T1726, verleen toegang oor Tafelkop na applikant
se
plaas Kameelhof van die Kimberley/Boshof-pad (pad P59/3 ook bekend as
R64).
[2] Applikant doen nou aansoek om ân bevel dat die
besluit van die tweede respondent, gedateer 24 Mei 2006, en ingevolge
waarvan
goedkeuring verleen word aan derde en vierde respondente vir
die aanbring van ân swaaihek in gemelde tersiêre pad T1726,
asook die besluit wat gemelde besluit, gedateer 1 Oktober 2007,
finaal bekragtig, hersien, tersyde gestel of reggestel word, tesame
met ân bevel van koste.
Agtergrond
[3] Gemelde tersiêre pad T1726 is ân openbare
pad en dien as verbintenis tussen primêre pad P59/3 en
sekondêre
pad S141. Laasgenoemde was die oorspronklike hoof
openbare pad tussen Kimberley en Bloemfontein en is ook bekend as die
ou Abrahamskraalpad.
Daarna het die hoofverbintenis tussen
Bloemfontein en Kimberley die Dealesville/Boshof/Kimberley-pad geword
naamlik die P59/3
pad. Die T1726 en die twee roetes S141 en P59/3
het mekaar verbind en die omliggende plaaslike gemeenskap en die
algemene publiek
toegang tot en as verbintenis met hierdie twee
hoofroetes geplaas.
[4] Die tersiêre pad T1726 het oor die plase
Tafelkop, Kameelhof en Mostertshoek geloop en op 14 April 1989 het
die destydse
eienaar van Mostertshoek gevra om ân gedeelte van die
tersiêre pad T1726 te sluit. Die huidige applikant neem deel
aan
hierdie prosedure en bekla hom dat gebruikers van die openbare
pad âhekke laat oopstaan, wat daartoe lei dat vee oorloop na
aangrensende
plaseâ en was dit, onder andere, ook een van die redes
wat die Padraad laat besluit het om hierdie gedeelte van die openbare
pad T1726 te sluit.
[5] Op 15 September 2005 vind applikant dat ân hek
opgerig word, welke hek ân swaaihek is wat oor T1726 opgerig word
waar die
betrokke pad die grensdraad van die plaas Tafelkop kruis.
Daar was ân bestaande motorhek wat effens dieper op T1726 oor die
pad opgerig was en sal hierdie hek nou aan die noordekant van die
motorhek, nader aan die Kimberley-pad, opgerig staan te word.
[6] Op 16 September 2005 skryf applikant se prokureur,
Mnre. Duncan en Rothman, ân brief aan een van die trustees dat dit
onder
applikant se aandag gekom het dat daar ân proses onderneem
word om ân nuwe toegangshek op te rig en as hulle nie onderneem om
dit te staak voor of op 19 September 2005 nie, sal applikant die
gepaste regshulp in die Hooggeregshof aanvra.
[7] Op 19 September 2005 skrywe derde en vierde
respondente se prokureurs, Mnre. De Villiers en Stenvert aan
applikant se prokureur
dat applikant te alle tye vrye en ongestoorde
toegang en gebruik van die betrokke tersiêre pad sal hê,
dat hulle bereid
is vir ân rondetafel-samespreking en dat die
betrokke hek oopgehou sou word totdat die partye die geleentheid het
om die saak
te bespreek.
[8] Verskeie korrespondensie vind tussen die partye
plaas. Daarna op 23 September 2005 vra prokureurs De Villiers en
Stenvert die departement se goedkeuring vir die plasing
van hierdie hek op die basis dat hul kliënt ân wildboer is en
begerig
is om die hek op te rig om die wild binne sy eiendom te hou.
Die bestaande motorhek is nie in staat om wild binne te hou nie en
sal die wild oor die motorhek spring en ân gevaar vir verkeer
veroorsaak. Hulle heg ook ân sketsplan vir die ontwerp van die
hek
aan en bevestig dat die hek onder geen omstandighede gesluit sal word
nie en dat lede van die publiek, sowel as applikant vrye
en
ongestoorde toegang en gebruik van die pad sal hê en dit nie
die bedoeling is om die gebruik van die pad te voorkom nie,
maar
bloot om hulle wild binne die grense te hou.
Daarna op 3 Oktober 2005 word hierdie versoek van die
derde en vierde respondente afgewys deur die tweede respondent.
[9] Daarna, na verdere samesprekings en ân
terreinbesoek/inspeksie, rig derde en vierde respondente ân versoek
aan die tweede
respondent dat die aansoek in heroorweging geneem word
by wyse van ân skrywe gedateer 4 Mei 2006. In hierdie verband is
daar
ook ân volledige verslag opgestel deur W.A. Naude, wat ân
deeglike ondersoek gedoen het, vergesel van fotoâs van die terrein
en wie ook sekere aanbevelings gemaak het. Daar is nou ân tweede
ontwerp van die hek ter sprake wat nou dieper in die grond
geleë
is, welke ontwerp skematies voorgestel word, sowel as die nakoming
van al die vereistes van padtekens wat aangebring
moet word.
Op 24 Mei 2006 berig die tweede respondent dat sodanige
hek ooreenkomstig die sketsplan daarvan oor T1726 opgerig kan word,
op
voorwaarde dat, onder andere, die padtekens soos voorgeskryf, aan
weerskante van die hek vertoon moet word.
[10] Op 7 Junie 2006 rig die applikant vertoë aan
die tweede respondent dat hierdie vergunning onvoorwaardelik
teruggetrek
moet word. Op 4 Augustus 2006 word navrae vanaf die
applikant aan die tweede respondent gerig en op 20 September 2006
antwoord
tweede respondent op hierdie vertoë en verduidelik
waarom hulle tevrede was met hierdie hek oor die betrokke pad. Op 25
Oktober
2006 was daar ân vergadering gehou met applikant te die
kantore van die betrokke departement. Applikant bedank die
departement
dat hulle bereid was om na sy kant van die saak te
luister welke gesprek hy bevestig by wyse van ân skrywe gedateer 17
November
2006.
[11] Daarna, op 1 Oktober 2007, berig die tweede
respondent aan applikant dat hulle volstaan by hulle goedkeuring wat
op 24 Mei
2007 verleen is vir die aanbring van die betrokke hek.
Daar is volledige verwysing na die redes en die betrokke bepalings
van
Ordonnansie 4 van 1968.
[12] Dit is applikant se saak dat hy as gevolg van die
voormelde besluit benadeel is deurdat hy nou moet in- en uitklim om
ân
hek oop en toe te maak, dat daar geen voorwaarde aan die
goedkeuring geheg was dat die pad nie gesluit mag word nie, of
applikant
se reg van toegang erken word nie, dat die pad 170 keer per
maand gebruik word deur applikant, sy werknemers, familie, vriende,
gesin, kliënte en besoekers van gemelde persone. Verder is dit
ân stopplek van huurmotors en busse wat dit gevaarlik maak,
dat
hyself 69 jaar oud is en sy vrou aan osteoartritis ly en dit vir haar
moeilik is om hekke oop en toe te maak en dat die toegang
tot sy
plaas nou beperk word wat die herverkoopwaarde daarvan affekteer.
Dit is dus applikant se saak dat die tweede respondent
se besluit ân
administratiewe handeling was ingevolge die bepalings van âThe
Promotion of Administrative Justice Actâ, Wet
3 van 2000
(hierinlater verwys na as âPAJAâ) dat die
audi
alteram partem
reël dus van toepassing
was en dat hy nie ân betekenisvolle geleentheid gegun was om sy
saak te stel nie.
Regsposisie:
[13] Die vraag of die tweede respondent se besluit
hersienbaar is, moet beantwoord word aan die hand van die verdere
vraag of hier
sprake is van ân administratiewe handeling soos
bedoel in artikel 1 van PAJA. Slegs indien ân handeling binne die
definisie
val, kan dit ooreenkomstig artikel 6 van PAJA hersienbaar
wees. Van belang is die kwalifikasies vervat in hierdie definisie,
naamlik
dat so ân administratiewe handeling, om hersienbaar te
wees, moet eerstens âadversely affects the rights of any personâ;
en tweedens âwhich has a direct, external, legal effectâ.
1
[14] In
GREY'S MARINE HOUT BAY
(PTY) LTD AND OTHERS v MINISTER OF PUBLIC WORKS AND OTHERS
[2005] ZASCA 43
;
2005 (6) SA 313
(HHA) verklaar Nugent A.R. teenoor par. [29] die
volgende:
âBut s 3(1) of PAJA confers a right to procedural fairness only in
respect of administrative action that 'materially and adversely
affects the rights or legitimate expectations of any person'.â
[15] Dit is van belang om daarop te let dat die betrokke
pad T1726 ân publieke openbare pad is en dat die applikant dus geen
aanspraak
op private regte en private voorkeure rakende hierdie pad
het nie. Hy het ook geen spesiale regte of voorkeure wat hom as ân
lid van die publiek toekom anders as ander lede van die publiek nie.
Dit is en bly ân openbare pad en die redelike gebruik daarvan
is
nie onderhewig aan enige beperkings of regte van ân enkele individu
nie.
2
[16] Dit is ook belangrik om te let op die bepalings van
Ordonnansie 4 van 1968 (Ordonnansie op Paaie). In hierdie verband
plaas
artikel 21 ân verbod op, onder andere, versperrings op ân
openbare pad en bepaal dat behoudens die bepalings van artikel 22
niemand, behalwe met die toestemming van die departementshoof, onder
andere, ân heining of hek of ander versperring op ân openbare
pad
oprig wat inbreuk maak daarop nie.
Artikel 22(1) lui soos volg:
âDie eienaar of bewoner van grond kan ân heining of muur oor ân
openbare pad wat oor sodanige grond loop en wat nie aan weerskante
omhein is nie, oprig, mits â
(a) ân hek ooreenkomstig die voorskrifte van die departementshoof
in die heining of muur aangebring word;
(b) die plek waar die heining of muur opgerig word, na die mening van
die departementshoof, ân geskikte stilhouplek vir verkeer
is.â
[17] Die Ordonnansie verleen dus statutêre
bevoegdheid aan die eienaar van grond om ân heining oor ân
openbare pad op
te rig. Die enigste wyse vir toegang deur die
algemene publiek sal dan ân hek in hierdie heining wees waar die
openbare pad
kruis. In laasgenoemde geval raak die departement,
synde die tweede respondent, betrokke. Die enigste twee vereistes is
dat die
hek ooreenkomstig die voorskrifte van die departementshoof
moet wees en tweedens die plek moet ân geskikte stilhouplek wees
soos
deur die Ordonnansie vereis.
[18] Dit blyk duidelik uit die stukke dat dit ân
natuurlike en algemene verskynsel in die praktyk is dat waar tersiêre
paaie
boere se heinings kruis, swaaihekke in die heining oor die
openbare pad aangebring word. Die aanbring van gemelde hekke het dan
ook geen invloed op die uitoefening van die algemene publiek se
gebruik van hierdie pad nie. Dit blyk ook verder uit die stukke
dat
die applikant, soos meerdere boere in daardie omgewing, sy plaas wou
ontwikkel in ân wildplaas, as gevolg waarvan die bestaande
motorhek
onvoldoende was en ân gevaar vir padgebruikers daargestel het. Die
aanbring van die voorgestelde swaaihek sal dus die
algemene publiek
teen risikoâs van botsings beskerm en die eienaar van die plaas
Tafelkop in staat stel om sy voorgenome wildboerdery
te beoefen. Dit
blyk ook duidelik dat swaaihekke aangebring word dwarsoor die
Republiek asook die Vrystaat en in die onmiddellike
omgewing en
belemmer nie die gebruik en toegang van so ân pad nie. Soos hierbo
aangetoon (par. [4]) is hierdie hekke ook nie
vreemd vir die
applikant nie.
[19] Die verdere vraag ontstaan of daar enige aanduiding
is in artikels 21 of 22 van gemelde Ordonnansie dat daar vooraf
kennisname moes plaasvind.
3
[20] Dit is duidelik dat artikels 21 en 22 van
Odonnansie 4 van 1968 geen vooraf kennisname vereis waar ân eienaar
van grond waardeur
ân openbare pad loop, ân heining oor hierdie
pad aanbring en dan ân hek plaas by sodanige kruising nie. Die reg
om so ân
hek in te sit in ân heining, is statutêr verleen
aan derde en vierde respondente. Dit is duidelik dat die Wetgewer
enige
raadpleging in hierdie betrokke geval uitsluit in teenstelling
met talle voorbeelde in die Ordonnansie waar die Wetgewer wel
sodanige
kennisname vereis.
4
[21] Dit blyk dus dat die tweede respondent slegs
betrokke raak by die ontwerp van die hek asook die ligging waar die
hek in die
heining aangebring word, naamlik dat dit ân geskikte
stilhouplek vir verkeer moet wees. Die reg om ân hek aan te bring
is
reeds statutêr verleen. Die oomblik as hierdie voorwaardes
nagekom is, is die aanbring van die hek ân handeling en ân
besluit van die eienaar van die grond wat regtens aan hom verleen is.
[22] Die gebruik van die betrokke openbare pad verleen
nie aan die applikant ân eie private reg of belang anders as enige
ander
lid van die publiek ten opsigte van die aanbring van ân hek
oor ân openbare pad in ân heining wat ân plaasboer aanbring
op
sy grond waar dit met ân openbare pad kruis nie. Die belang van
die applikant is dus dieselfde as die belange van álle
padgebruikers wat hierdie pad gebruik.
[23] Dit is belangrik om te let op die applikant se
beweerde nadeel en die gevolge daarvan. Hoe groter die nadeel en die
gevolge
daarvan, hoe meer noodsaaklik is die prosedurele beskerming
waarop ân party aanspraak kan maak.
5
Applikant beweer in repliek dat hy nie in beginsel
beswaar het teen die aanbring van ân hek nie, mits die ontwerp met
hom uitgeklaar
word. Die enigste alternatief wat hy noem, is die
installering van ân afstandbeheerde elektroniese hek. Dit sou
egter strydig
wees met die bepalings van artikel 21 van die
Ordonnansie, aangesien lede van die publiek nie oor die
afstandbeheermeganisme sal
beskik om die hek oop te maak en die hek
dus ân hindernis sou daarstel.
[24] Daar kan hoogstens argumenteer word dat die
aanbring van ân hek in die betrokke heining gepaard kan gaan met
ongerief en
die vrye toegang belemmer. In
ALLAN
v COLONIAL GOVERNMENT
(1907) 24 SC 1
word
op p. 8 â 9 die volgende verklaar:
âThe bare fact that gates were placed across the road is in itself
no denial of the right, for Voet, 8.3.4, said that a gate
may be
placed across a servitude road provided it does not hinder the free
passage of the dominant owner.â
[25] Gemelde aanhaling word met goedkeuring aangehaal
deur Corbett R (soos hy toe was) in
STUTTAFORD
v KRUGER
1967 (2) SA 166
(K) op 172 E â
F:
âIt does not seem to me, therefore, that the mere placing of a
fence and gate across a right of way of this nature necessarily
involves an interference with the rights of the servitude owner.
Whether a gate may be placed across a right of way must, in my
view,
depend upon the facts of the case, including the intention of the
parties who created the servitude. In considering whether
the placing
of a gate across such a right of way amounts to a denial of the
rights of a servitude holder, one must bear in mind
the general
principle that a servitude must be strictly interpreted, because it
is onerous, and the rule that the owner of the
servient tenement
should be regarded as suffering no greater limitation of his rights
than what is required for the due and proper
enjoyment of the
servitude by the dominant owner. In my view a fence and a gate which
permit proper unrestricted use of the right
of way may not in proper
circumstances amount to an interference with the servitude.â
[26] Na my mening is die respondente se saak sterker
waar daar in die huidige saak te doen is met ân openbare pad en nie
ân
serwituut nie.
6
[27] Dit volg dus uit die voorgaande dat hier nie sprake
is van ân administratiewe handeling wat neerkom op ân wesenlike
aantasting
(âmaterially and adversely affectâ) van die regte van
die applikant nie. Verdermeer is daar ook geen aanduiding in die
betrokke
Ordonnansie dat dit kennisgewing aan buitestanders, meer
spesifiek die applikant, vereis nie.
7
[28] Mnr. Danzfuss het verder aan die hand gedoen dat
die tweede respondent gebonde was aan sy aanvanklike besluit gedateer
3 Oktober
2005 om derde en vierde respondente se aansoek nie toe te
staan nie en dat hy nie geregtig was om dit later te heroorweeg nie.
Indien gekyk word na die feite van die saak blyk dit dat die aansoek
om heroorweging op ánder feite gebaseer was wat, onder
andere,
insluit ân ander tipe hek wat die motorhek sou vervang op ân
ander plek, in verhouding tot die Kimberley pad. Verder
was daar ook
ân volledige verslag opgestel en ook ân inspeksie ter plaatse
gehou gewees.
8
Na my mening kan hier dus nie sprake wees daarvan dat die tweede
respondent
functus officio
was nie.
[29] In die lig van die slotsom waartoe geraak word, is
dit dus nie nodig om te handel met die ander argumente geopper deur
die
advokate nie.
[30] Bygevolg word die aansoek van die hand gewys met
koste.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
______________
M.H. RAMPAI, R
Namens die applikant: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
In opdrag van:
Duncan & Rothman Inc.,Kimberley;
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens 1ste en 2de
respondente: Adv. J.Y. Claasen SC In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp
1
Omskrywing van âadministrative actionâ in artikel 1 van PAJA.
Hierdie omskrywing is nie ân algemene een vir doeleindes
van wat
administratiewe aksie is vir doeleindes van administratiewe reg,
maar slegs wat administratiewe aksie is vir doeleindes
van ân
hersiening ingevolge PAJA.
Judicial Review of Administrative
Action in South Africa
(Revised First Edition) deur J R de Ville
p. 37 voetnota 19.
2
Greyâs Marine Hout Bay (Pty) Ltd,
supra
, te 326.
3
âBy oorweging van die vraag of applikant geregtig was om sy kant
van die saak te stel moet die doel, bewoording en samehang
van die
betrokke wetgewing en die aard van applikant se belang oorweeg
word.â (
KOEKOE v REGERING VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
EN ANDERE
1980 (1) SA 464
(O) te 467 H â 468 A. In
DOODY
v SECRETARY OF STATE FOR THE HOME DEPARTMENT AND OTHER APPEALS
[1993] 3 ALL ER 92
(HL), welke saak met goedkeuring aangehaal is
deur Corbett HR in
DU PREEZ AND ANOTHER v TRUTH AND
RECONCILIATION COMMISSION
[1997] ZASCA 2
;
1997 (3) SA 204
(A) te 231 I â
232 D, word die volgende op 106 verklaar: âWhat fairness demands
is dependent on the context of the decision,
and this is to be taken
into account in all its aspects... An essential feature of the
context is the statute which creates
the discretion, as regards both
its language and the shape of the legal and administrative system
within which the decision is
taken. Vergelyk
POLIKOR
INVESTMENTS (PTY) LTD v CHAIRMAN LOCAL ROAD TRANSPORTATION BOARD,
CAPE TOWN AND OTHERS
1981 (4) SA 782
(A) te 789.
4
Vergelyk artikel 3(2)(b); artikel 3(3)(c)(ii);artikel 3(3)(d);
artikel 3(4)(a); artikel 4(1) en (2); artikel 5(1); artikel 5(3);
artikel 5(4)(a), (b), (c); artikel 5(5)(a), (b); artikel 6(1)(a);
artikel 6(2); artikel 6(3)(a); artikel 7(1) en artikel 7(3)
van
Ordonnansie 4 van 1968.
5
In
MINISTER OF PUBLIC WORKS AND OTHERS v KYALAMI RIDGE
ENVIRONMENTAL ASSOCIATION AND ANOTHER (MUKHWEVHO INTERVENING)
2001 (3) SA 1151
(CC) verklaar Chaskalson P teenoor par. [101] die
volgende: âWhere, as in the present case, conflicting interests
have to be
re- conciled and choices made, proportionality, which is
inherent in the Bill of Rights, is relevant to determining what
fairness
requires. Ultimately, procedural fairness depends in each
case upon the balancing of various relevant factors including the
nature
of the decision, the 'rights' affected by it, the
circumstances in which it is made, and the consequences resulting
from it.â
Vergelyk ook De Ville, a.w. p. 250.
6
PENNY AND ANOTHER v BRENTWOOD GARDENS BODY CORPORATE
1983 (1) SA 487
(K) te 490;
ABBOTT v VON THELEMAN
1997
(2) SA 848
(K) te 851 J â 852 B.
7
In
MINISTER OF PUBLIC WORKS
,
supra
, verklaar
Chaskalson P die volgende teenoor par. [110]: âIt may have been
better and more consistent with salutary principles
of good
government if the government had found an appropriate method to
inform the neighbouring residents of its intentions before
contractors went onto the site, and if it had engaged them in
discussion and the planning at an early stage of the project.
However, for the reasons that I have given, the absence of such
consultation and engagement did not invalidate the decision.â
8
Sien par. [9]
supra
.