About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 98
|
|
S v Maseli [2009] ZAFSHC 98 (1 October 2009)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening
s
Nr. : 297/09
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
RELEBOHILE
AUGOSTINOS MASELI
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé,
R
et
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
1OKTOBER
2009
_____________________________________________________
[1]
Die
beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig daaraan
skuldigbevind dat hy in besit was van 13 kilogram dagga in oortreding
van artikel 4(b) van Wet Nr. 140 van 1992. Die beskuldigde is
gevonnis tot ân boete van R2 000,00 of tien maande gevangenisstraf
asook ân verdere tien maande gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort is vir vier jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldigbevind word aan oortreding van artikel 4(b) of artikel 5(b)
van Wet Nr. 140 van 1992 gepleeg gedurende die opskortingstydperk
nie.
[2] Die
beskuldigde is ân 24-jarige enkellopende en werklose burger van
Lesotho. Volgens die pleit wat deur die staatsaanklaer
aanvaar is,
het die beskuldigde die betrokke dagga besit ten einde
muti
daarvan te maak, vir die verligting van verkoues en maagprobleme. Op
ân navraag of die opgelegde vonnis gepas is vir besit van
13
kilogram dagga, het die landdros toegegee dat die vonnis onvanpas is
en voorgestel dat die opgeskorte gedeelte daarvan tersyde
gestel
word. In al die omstandighede van hierdie saak, vind ek hierdie
voorstel aanvaarbaar.
[3] Gevolglik word die
opgeskorte gedeelte van die vonnis tersyde gestel, maar die
verrigtinge origens bekragtig.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
__
__________
C.B.
CILLIé
,
R
/sp