Suid-Afrikaanse Roofdiertelers-Vereniging and Anders v Minister van Omgewingsake en Toerisme (1900/2007) [2009] ZAFSHC 138 (25 September 2009)

40 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against dismissal of application — Requirement of reasonable prospect of success on appeal — Applicants failed to demonstrate reasonable prospect of success on any of the proposed grounds of appeal — Application for leave to appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 138
|

|

Suid-Afrikaanse Roofdiertelers-Vereniging and Anders v Minister van Omgewingsake en Toerisme (1900/2007) [2009] ZAFSHC 138 (25 September 2009)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 1900/2007
In
die aansoek van:
SUID-AFRIKAANSE
ROOFDIERTELERS-
VERENIGING
1ste Applikant
MATTHYS
CHRISTIAAN MOSTERT
2de Applikant
DEON
CILLIERS
3de Applikant
en
DIE MINISTER VAN
OMGEWINGSAKE
EN TOERISME
Respondent
CORAM:
RAMPAI, R
et
VAN DER
MERWE, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
14 SEPTEMBER 2009
______________________________________________________
GELEWER OP:
25 SEPTEMBER 2009
[
1] Hierdie
is ‘n aansoek om verlof om na die Hoogste Hof van Appèl
te appelleer teen die afwysing van die applikante
se aansoek in
hierdie hof op 11 Junie 2009.
[2] Die
aangeleentheid is van groot belang vir die applikant asook verskeie
ander persone en het ‘n mate van openbare belangstelling

uitgelok. Die versoeking is dus daar om verlof om te appelleer toe
te staan. Die regsposisie is egter dat verlof om te appelleer
slegs
toegestaan kan word indien die hof tevrede is dat daar ‘n
redelik vooruitsig van sukses op appèl is, dit wil
sê ‘n
redelike vooruitsig dat die bevel van die hof op appèl ter
syde gestel of gewysig mag word. Sien
JANIT
v VAN DEN HEEVER AND ANOTHER NNO (No. 2)
2001
(1) SA 1062
(W) op 1064I – 1065C.
[3] Die
aansoek is gegrond op ‘n groot hoeveelheid beoogde gronde van
appèl. Daar is egter ‘n beduidende mate
van
oorvleueling in die uiteensetting daarvan. Daar word ook in die
uiteensetting van beoogde gronde van appèl gepoog om
te steun
op aspekte wat nie deel van die applikant se saak voor ons was nie,
soos byvoorbeeld dat die respondent sou versuim het
om die vertoë
van ander persone dan die eerste applikant te oorweeg. Verskeie
gronde van appèl het myns insiens so
duidelik geen meriete nie
dat dit nie hierin genoem hoef te word nie. Die gronde van appèl
wat wel vermelding verg, gaan
essensiëel oor of die eerste
applikant se vertoë na die respondent nie behoorlik oorweeg is
nie, of ‘n selfversorgingsperiode
nie rasioneel regverdigbaar
is nie en of ‘n 24 maande selfversorgingsperiode ‘n
besluit daarstel wat ‘n redelike
besluitnemer in die
omstandighede nie kon neem nie. Ek is na oorweging nie oortuig
daarvan dat daar ‘n redelike vooruitsig
is dat ‘n appèl
op enige van hierdie punte kan slaag nie. Dit volg dat die aansoek
afgewys moet word.
[4] Die aansoek om verlof
om te appelleer word afgewys met koste, insluitende die koste van
twee advokate.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
___________
____
M.
H. RAMPAI
,
R
Namens die Applikante:
Adv. F.W.A. Danzfuss SC
met
H. Murray
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. B. Knoetze SC
met
G.T. Langenhoven
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/em