Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Du Toit NO and Others (4849/2008) [2009] ZAFSHC 93 (25 September 2009)

60 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Suretyship — Liability of surety — Fifth respondent's liability under suretyship agreement — Respondent signed document without reading it — Legal principle of caveat subscriptor applies — Court held that signature alone does not establish liability; respondent not bound as he did not intend to accept liability under the agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 93
|

|

Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Du Toit NO and Others (4849/2008) [2009] ZAFSHC 93 (25 September 2009)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 4849/2008
In
die saak tussen:-
SLIP
KNOT INVESTMENTS 777 (PTY) LIMITED
Applikant
en
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT N.O.
Eerste
Respondent
ID –
WILLEM MALAN DU TOIT
N.O.
Tweede
Respondent
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT N.O.
Derde
Respondent
ID –
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT
Vierde
Respondent
ID –
WILLEM MALAN DU TOIT
Vyfde
Respondent
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT
Sesde
Respondent
ID
–
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10
SEPTEMBER 2009
_____________________________________________________
CORAM
:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
25
SEPTEMBER 2009
_____________________________________________________
[1] Die applikant het die ses
respondente aangespreek
vir
betaling van R7 950 000.00 uit hoofde van ‘n skriftelike ooreenkoms
wat applikant met die Smitskop Trust en vierde, vyfde
en sesde
respondente aangegaan het op 6 November 2007.
[2]
DIE
PARTYE
Die applikant is ‘n private maatskappy wat sake doen
te Oos-Londen. Die eerste drie respondente word in hul
verteenwoordigende
hoedanigheid gesiteer as trustees van die Smitskop
Trust en in hul persoonlike hoedanigheid as die vierde, vyfde en
sesde respondente.
[3]
DIE
OOREENKOMS
Ingevolge die ooreenkoms leen
applikant R6 miljoen aan die Smitskop Trust teen 1,25% per week
,
terugbetaalbaar ses maande na 6 November 2007.
[4]
KRONOLOGIE
6 November 2007 - Ooreenkoms aangegaan.
14 Mei 2008 - Aanmaningsbriewe beteken.
18 Julie 2008 - Aansoek geloods.
28 Augustus 2008 - Aansoek by
ooreenkoms uitgestel.
28 Augustus 2008 - Skikkingsooreenkoms.
18 September 2008 - Bevel ingevolge bedes 1 en 2 -
kennisgewing van mosie.
23 September 2008 - Smitskop Trust voorlopig
gesekwestreer en H L du Toit Snr voorlopig gesekwestreer.
28 Oktober 2008 - Smitskop Trust en H L du Toit Snr
finaal gesekwestreer.
8 Mei 2009 - Tersydestellingsaansoek
van vyfde respondent geloods.
25 Junie 2009 - Bevel van 18 September 2008 teen vyfde
respondent tersyde gestel.
3 Augustus 2009 - Applikant se repliserende
eedsverklaring geliasseer.
10 September 2009 - Applikant se aansoek teen vyfde
respondent aangehoor.
[5]
DIE
VYFDE RESPONDENT
Hierdie
uitspraak handel slegs met die applikant se saak teen die vyfde
respondent. Vonnis is op 18 September 2008 teen al die
respondente
gegee, maar daardie vonnis is op 25 Junie 2008 tersyde gestel vir
soverre dit op vyfde respondent betrekking het.
[6]
DIE
SMITSKOP TRUST
Die oprigter van die Smitskop Trust
is H L du Toit senior. Die trust is ‘n
inter
vivos
trust wat in
1996 opgerig is. H L du Toit senior se naam word genoem as
inkomste-begunstigde sowel as kapitaal-begunstigde. Die
akte bepaal
dat H L du Toit Snr, sy seun H L du Toit Jnr en W M du Toit (die
vyfde respondent) die broer van H L du Toit Snr, die
trustees van die
trust is. Besluite van die trustees geskied by wyse van ‘n gewone
meerderheid van stemme, met dien verstande
dat H L du Toit deel moet
vorm van sodanige meerderheid ten einde ‘n geldige besluit te neem
(klousule 8 van trustakte).
Klousule 17.3 bepaal:
“
As daar op die vestigingsdatum geen
begunstigdes in lewe is nie, kom die trustfonds toe aan sodanige
persone en in sodanige verhouding
as wat
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT (ID)
in sy testament
mag bepaal en by gebrek aan sodanige testamentêre aanwysing
gaan die trustfonds oor op die intestate erfgename
van
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT (ID)
volgens die reëls
van intestate erferg, onderhewig egter aan paragraaf 17.2 van die
trustakte.”
Klousule 19 bepaal:
“’
n Trustee is slegs persoonlik aanspreeklik
vir verliese wat die trust ly as sodanige verliese die gevolg is van
die trustee se versuim
om met die sorgsaamheid, ywer en kundigheid op
te tree wat van iemand verwag kan word wat die sake van ‘n ander
hanteer. ‘n
Trustee is nie aanspreeklik vir die troubreuk van ‘n
mede-trustee nie tensy daar samespanning tussen die trustees was.”
Klousule 27.1 en 27.2 lees:
“27.1 Daar
word spesiaal bepaal dat
HENDRIK LODEWYK
DU TOIT (ID)
die reg sal hê om by
wyse van sy testament:
27.1.1
die
vestigingsdatum ten opsigte van die trustfonds of enige gedeelte
daarvan te bepaal;
die formule voor te skryf vir die
verdeling
van die trustfonds tussen die kapitaalbegunstigdes by beëindiging
van die trust, en sodoende aan te dui welke
kapitaalbegunstigdes
welke deel van die trustfonds moet ontvang en die toekennings hoef
nie noodwendig gelyk in grootte,
waarde of omvang te wees nie.
27.2 Indien die gemelde
HENDRIK
LODEWYK DU TOIT (ID)
by wyse van sy
testament sy prerogatief uitoefen soos in paragraaf 27.1 aan hom
verleen, geniet die testamentêre voorskrifte,
ondanks enige
andersluidende bepalings van die trustdokument, by beëindiging
van die trust voorrang en is bindend.”
Hierdie is H L du Toit Snr
(vierde
respondent) se trust, wat opgerig is en bestuur word in sy belang en
die belang van sy erfgename.
[7]
BEOORDELING
VAN DIE FEITE
Die regsvertee
nwoordigers
is dit eens dat hierdie saak op die feite soos verklaar deur die
vyfde respondent saam met die erkende feite, beslis
moet word -
STELLENBOSCH
FARMERS' WINERY LTD v STELLENVALE WINERY (PTY) LTD
1957 (4) SA 234
(K) te 235 E – F;
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te 634 H – I.
[8]
DIE
GESKILPUNT
Die geskilpunt in hierdie saak is of die vyfde
respondent aanspreeklik gehou moet word op ‘n borgakte wat hy
onderteken het, maar
nie gelees het nie.
[9]
DIE
BEWYSLAS
Mnr De Bruin, vir vyfde respondent,
voer aan dat die applikant die las dra om ‘n geldige borgkontrak te
bewys, met verwysing na
DI
GIULIO v FIRST NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICA LTD
2002 (6) SA 281
(K) par [26]. Mnr Van Rooyen, vir applikant, erken
dat dit die applikant se plig is om die terme en bedoeling van die
ooreenkoms
te bewys. Sodra die borgskap se bestaan bewys is, moet
die respondent aandui waarom die
caveat
subscriptor
reël nie
geld nie. In
ROYAL
CANIN SOUTH AFRICA (PTY) LTD v COOPER AND ANOTHER
2008 (6) SA 644
(SOK), (die enigste saak onder al die sake waarna die
advokate verwys het wat op mosie sonder getuienis beslis is) het die
hof
aanvaar dat die respondente die dokument gelees het. Nepgen R
vind die feit dat daar geen bewering deur die respondente is dat

hulle nie die vorm sou geteken het as hulle besef het dat dit ‘n
persoonlike borgskap bepaling bevat nie (op 648). Dit lyk dus
asof
die hof verwag dat die ondertekeraar nie net kan terugsit nie: hy
moet beweer dat hy nie sou geteken het as hy geweet het
wat hy teken
nie.
In
ROOMER
v WEDGE STEEL (PTY) LTD
1998 (1) SA 538
(N) bevind twee regters dat, deur ‘n handtekening
op ‘n dokument te plaas, maak ‘n persoon ‘n (wan)voorstelling
dat sy
bedoeling is om deur die dokument gebonde te wees. In
sodanige geval kom die kontrak tot stand om rede van die leerstuk van
“quasi-mutual
consent”. Sodra dit gebeur, is daar ‘n onus op
die party wat sy gebondenheid onder die kontrak wil ontken, om te
bewys dat
sy
error
by die ondertekening
justus
was (543 B – D).
[10]
DIE
CAVEAT
SUBSCRIPTOR
RE
Ë
L
1.
Die
handtekening is nie afdoende vir aanspreeklikheid nie.
SONFRED
(PTY) LTD v PAPERT
1962 (2) SA 140
(W) was ‘n aksie vir voorlopige vonnis. Die
verweerder het erken dat hy wel die promesse agterop geteken het op
versoek van
die begunstigde, Buirski. Nadat verweerder dit geteken
het, is die woorde “As surety and co-principal debtors” bo sy
handtekening
ingevoeg en Buirski het onder verweerder se handtekening
geteken. Roper R sê op 145 C – F:
“It is, I think, axiomatic that a person is not bound by the mere
fact that his signature appears upon a document of debt. The
chief
significance of a signature to a document of obligation is that it is
evidence of the fact of consent by the signatory, and
in order that
he may be bound it is necessary that he shall have affixed his
signature with the intention of binding himself. When
a defendant is
sued upon a document, therefore, the cause of action is not his
signature, but the acceptance of liability, of which
the signature is
evidence, and the cause of action must be proved by the plaintiff, as
it is the foundation of the whole claim.
When a man is called upon in
a summons for provisional sentence to admit or deny his signature,
therefore, there appears to be
no reason in principle why he should
be restricted to a denial that the written characters are his, and
should not be entitled,
while admitting that they are his, to deny
that they were affixed to the particular document - why he should not
say 'the signature
is mine, but I never signed this document and
never undertook the liability contained in it'.”
Die hof weier voorlopige vonnis
omdat daar geen inherente onwaarskynlikhede oor die
bona
fides
van die
verweer is nie (146 C – D). Hierdie saak toon dat ‘n
handtekening opsigself nie aanspreeklikheid skep nie; die ondersoek

gaan verder.
2. Die beginsel dat ‘n
handtekening opsigself geen verpligting skep nie, is in die
appèlafdeling bevestig deur Diemont
AR in
DA
SILVA v JANOWSKI
1982 (3) SA 205
(A) op 218 G – H:
“A signature does not refer merely to the
written characters appearing on a document; it refers to the fact of
signature in relation
to the contents of the document on which it
appear.”
In
DA SILVA v JANOWSKI
het die hof bevind dat die dokument in verskeie opsigte onvoltooid
was toe die verweerder dit geteken het en die verweerder is
gevolglik
nie gebonde gehou nie.
3. Die regsverteenwoordigers stem saam met die
uitgangspunt dat die vyfde respondent se handtekening nie afdoende is
vir sy aanspreeklikheid
nie.
(a)
Die
beginsel
1. In
BURGER v CENTRAL
SOUTH AFRICAN RAILWAYS
1903 TS 571
te 578 het hoofregter Innes gesê:
“It
is a sound principle of law that a man, when he signs a contract, is
taken to be bound by the ordinary meaning and effect
of the words
which appear over his signature.”
Met verwysing na die feite van die
geval,
(578) sê
regter Innes ook, “no presure of any kind was exercised”.
2. In
GEORGE v FAIRMEAD
(PTY) LTD
1958
(2) SA 465
(A) te 472 A – B sê hoofregter Fagan:
“When
a man is asked to put his signature to a document he cannot fail to
realise that he is called upon to signify, by doing
so, his assent to
whatever words appear above his signature. In cases of the type of
which the three I have mentioned are examples,
the party who seeks
relief must convince the Court that he was misled as to the purport
of the words to which he was thus signifying
his assent. That must,
in each case, be a question of fact, to be decided on all the
evidence led in that particular case. I see
no difference in
principle between the case where the allegation is a misdescription
of the document and one where it is a misrepresentation
of its
contents; the misdescription of the document - as when a man is told
he is merely signing a receipt for a cheque when the
document
contains a guarantee - is material only in so far as it gives a
misleading indication of what the document contains.”
(b)
Misleiding
deur ‘n derde
1.
In
GEORGE v
FAIRMEAD
,
supra
,
te 471 C – D sê die hof dat as die dwaling die gevolg is van
‘n wanvoorstelling (ook ‘n onskuldige wanvoorstelling)
van die
ander party, dan is dit die ander party se skuld en die persoon wat
gedwaal het, is nie gebonde nie.
2. In
SONAP
PETROLEUM (SA) (PTY) LTD (formerly known as SONAREP (SA) (PTY) LTD) v
PAPPADOGIANIS
[1992] ZASCA 56
;
1992 (3) SA 234
(A) het dit gegaan oor rektifikasie van ‘n
huurooreenkoms. ‘n Addendum tot die huurkontrak is opgestel waarin
die prokureurs
per abuis die huurtermyn van 20 tot 15 jaar verminder
het. Hierdie fout het appellant eers heelwat later raakgesien.
Harms WnAR
(soos hy toe was) vind dat die respondent bewus was van
die werklike moontlikheid van dwaling. Daar was ‘n plig op hom om
te
praat. In plaas daarvan het hy ‘n winskoop gegryp (242 A –
C). Objektief gesproke moes hy besef het dat daar ‘n werklike

moontlikheid van eensydige dwaling was.
In hierdie geval was die dwaling
veroorsaak deur die fout van ‘n derde (die prokureur wat die
kontrak opgestel het). Die hof
aanvaar dat dit redelike dwaling was
en dat daar ‘n plig op die teenparty was om dit uit te wys.
3. In
BRINK
v HUMPHRIES & JEWELL (PTY) LTD
2005 (2) SA 419
(A) par [2] voetnoot 6 laat Cloete AR die situasie
waar die wanvoorstelling deur ‘n derde veroorsaak is, uitdruklik
buite rekening.
4. Die regsverteenwoordigers is dit
eens dat die toets bly of die dwaling redelik was.
(c)
Sake
waar ondertekenaar aanspreeklik gehou is omdat die dwaling onredelik
was
1. In
GEORGE v
FAIRMEAD
,
supra
,
het die appellant die respondent, eienaar van ‘n hotel, gedagvaar
vir skade wat appellant gely het omdat goed uit sy hotelkamer
gesteel
is. Die landdros het die hotel se verweer aanvaar dat appellant die
hotelregister geteken het waaop ‘n aantal items
verskyn het.
Appellant het self die tarief ingevul. Net onder die items wat
ingevul is, maar bo die plek waar appellant moes
teken, was daar ‘n
lang passasie wat begin het met die woorde “I hereby agree”.
Appellant het nie die moeite gedoen om dit
te lees nie, maar net
geteken. Die Appèlafdeling vind dat as die appellant besluit
het om dit nie te lees nie, het hy die
risiko geneem om daardeur
gebonde te wees (472 H – 473 A).
2. In
ROYAL CANIN SOUTH
AFRICA (PTY) LTD v COOPER AND ANOTHER
2008 (6) SA 644
(SOK) het die hof bevind dat daar geen twyfel kan
wees dat die dokument buitengewoon misleidend was. Daar was nie iets
wat aangedui
het dat dit ‘n borgskap bepaling bevat nie. Die hof
vra dan die vraag of die respondente in feite mislei is. Nepgen R
vra of
die feit dat die respondente nie van die borgskap bepaling
geweet het, redelik was. Nepgen R vind dit belangrik dat die
respondente
nie beweer dat hulle nie die dokument gelees het nie,
waaruit hy aflei dat hulle dit wel gelees het. As hulle dan, as
leke, nie
verstaan het wat die dokument sê, moes hulle
regsadvies ingewin het; dis wat ‘n redelike persoon sou gedoen het.
Hulle
versuim om, nadat hulle die dokument gelees het wat hulle nie
verstaan het nie, enigiets te doen om inligting vir hulself in te

win, was onredelik. Hulle word aanspreeklik gehou.
3
. In
HARTLEY v PYRAMID
FREIGHT (PTY) LTD t/a SUN COURIERS
2007 (2) SA 599
(HHA) het Sun Couriers onderneem om, teen vergoeding,
reisigerstjeks vanaf Polokwane na die Jersey Eilande te vervoer.
Hartley
se vrou het die versendingsbrief onderteken. Aan die
linkerkant van die plek waar mev Hartley geteken het, was daar ‘n
klousule
in rooi druk wat Sun Couriers se aanspreeklikheid uitgesluit
het. By die verhoor was die kern van Hartley se saak dat die
verteenwoordiger
van Sun Couriers uitdruklike mondelinge
voorstellings gemaak het wat strydig was met die uitsluiting van
aanspreeklikheid wat op
die versendingsbrief gedruk was.
Kruisondervraging van mnr Hartley het aan die lig gebring dat hy
geweet het dat ‘n skriftelike
kontrak tussen hom en Sun Couriers
gesluit sou word wat deur hom of sy vrou onderteken sou word; dat die
dokument standaard terme
en voorwaardes sou bevat; en dat daar heel
moontlik “uitsluitings” in die kontrak kon wees. Cloete AR het
uitgewys dat hierdie
getuienis nie verrassend was in die lig van die
feit dat Hartley ‘n senior prokureur was met 44 jaar ervaring, wat
‘n kommersiële
praktyk in Zimbabwe gehad het en wat betrokke
was in kontraktereg en litigasie. Cloete AR bevind dat die getuienis
nie bewys het
dat die verteenwoordiger van Sun Couriers geweet het,
of moes geweet het, dat Hartley onder die indruk was dat Sun Couriers
hom
sou vergoed as die tjeks verlore geraak het nie. Cloete AR
bevind dat Hartley onverskillig gestaan het teenoor die voorwaardes.

Hy het nie die moeite gedoen om die voorwaardes te lees nie (par
[9]). Hartley word aanspreeklik gehou.
4. In
LANGEVELD v UNION
FINANCE HOLDINGS (PTY) LTD
2007 (4) SA 572
(W) het die appellant ‘n “Master Rental
Agreement” geteken. Sy het op vyf verskillende plekke op die
eerste bladsy daarvan
geteken: (i) die huurooreenkoms, (ii)
debietorder, (iii) borgskap, (iv) die skedule van betalings, (v) sy
het gewaarborg dat sy
behorlik gemagtig was. Die appellant het
getuig dat die dokument nie ingevul was toe sy dit geteken het nie.
Haar verweer was
dus dat die dokument nie ‘n geldige borgkontrak
beliggaam het nie. Die hof verwerp haar weergawe en vind dat die
dokument behoorlik
ingevul was toe sy dit geteken het en dat sy, as
suksesvolle en ervare sakevrou, geweet het dat sy deur die terme
daarvan gebonde
sou wees. Die hof gee vonnis teen die appellant.
Dis belangrik om daarop te let dat hierdie saak nie oor
justus
error
gaan nie; wel
oor
caveat
subscriptor
.
5. In
NATIONAL
AND OVERSEAS DISTRIBUTORS CORPORATION (PTY) LTD v POTATO BOARD
1958 (2) SA 473
(A) het die Aartappelraad vir die appellant laat weet
dat sy tender om ‘n skuur op te rig, aanvaar is. Op sterkte
daarvan het
appellant deur ‘n sub-kontrakteur reëlings getref
vir die oprigting van die skuur. Kort hierna is appellant telefonies
ingelig dat daar ‘n fout was en dat sy tender om die skuur op te
rig nie aanvaar is nie.
Die stelling te
479 G – H dat die strekking eensydige dwaling baie beperk is,
(indien dit enigsins bestaan) moet gelees word in
die samehang van
die feite in daardie saak: Die Aartappelraad het besluit om ‘n
brief te stuur waarin gesê is dat ‘n
tender aanvaar is. Dit
was nie ‘n geval waar iemand anders ‘n dokument voor hulle
geplaas het nie. Die Aartappelraad het
self ‘n brief geskryf en
uitgestuur en daarna ‘n beroep op dwaling gedoen. Dis baie
ongewone omstandighede om dwaling te beweer.
Hier was ‘n geval waar die Aartappelraad self
opgetree het, ‘n brief geskryf het waarin die appellant se tender
aanvaar is.
Daar was geen sprake van misleiding deur appellant of
enigiemand nie. Die Aartappelraad het net homself te blameer gehad.
Die
appèlafdeling vind dat die Aartappelraad nie op hierdie
dwaling van homself kan steun nie en staan die appellant se eis toe.
6
. In
STANDARD CREDIT
CORPORATION LTD v NAICKER
1987 (2) SA 49
(N) het ‘n derde die verweerder mislei om ‘n
ooreenkoms te teken. Die verweerder het ‘n vrywillige
boedeloorgawe geteken
omdat ene Karanchard valslik aan hom voorgehou
het dat hy ‘n borgskap onderteken het. Verweerder het getuig dat
hy die vrywillige
boedeloorgawe onderteken het omdat hy met die eiser
ooreengekom het dat hy die dokument slegs vir administratiewe
doeleindes sou
teken. Op appèl is aangevoer dat die
verweerder aanspreeklik gehou moes word omdat die eiser glad nie vir
verweerder se
dwaling verantwoordelik was nie (50 G – H). Die hof
beklemtoon dat waar die
error
plaasvind as gevolg van die ander party se wanvoorstelling, is die
situasie dat niemand toegelaat moet word om voordeel te trek
uit sy
eie vals verklarings nie. Milne RP haal Christie,
The
Law of Contract in South Africa
,
aan wat sê dat waar daar twee onskuldige partye is, bly die
vraag of daar ‘n kontrak is. Die wesensvraag is redelikheid
van
die dwaling. Die hof bevind dat die verweerder se dwaling nie
redelik was nie en hou hom gebonde.
7. In
ROOMER v WEDGE STEEL
(PTY) LTD
1998 (1) SA 538
(N) het Roomer
namens ‘n maatskappy ‘n kredietaansoek by die respondent gedoen.
Op die teenkant van die A4 dokument wat Roomer
ingevul het, was daar
‘n “agreement of sale and deed of suretyship” met 16 genommerde
klousules waarvan 7, 10, 11 en 13 in
vetgedrukte letters was.
Klousule 13 was die borgskap.
By die verhoor het Roomer ontken dat hy die dokument
in sy persoonlike hoedanigheid onderteken het of dat hy bedoel het om
homself
persoonlik te verbind ten opsigte van enige van die bepalings
van die ooreenkoms.
Roomer het getuig dat hy die dokument onderteken het
sonder om dit te lees, want hy lees nooit enige van die voorwaardes
nie.
In sy 25 – 30 jaar in die sakewêreld was nooit van hom
verlang om borg te teken buiten vir sy oortrokke rekening nie.
Die
landdros het Roomer se onbetwiste getuienis dat hy homself nie aan
die borgskap sou verbind, aanvaar, maar hom aanspreeklik
gehou omdat
hy die dokument ongekwalifiseerd geteken het en daardeur ‘n
wanvoorstelling gemaak waarop die respondent gehandel
het. Page R
maak dit duidelik dat mens hier te doen het met die leerstuk van
“quasi-mutual consent” (543 B – D). Die hof
verwerp Roomer se
getuienis dat hy onbewus was van ‘n praktyk wat persoonlike
borgskappe by kredietaansoeke vereis het en vind
dat sy dwaling nie
redelik was nie.
(d)
Sake
waar bevind is dat die ondertekenaar se dwaling redelik was
1. In
BRINK v HUMPHRIES
& JEWELL (PTY) LTD
2005 (2) SA 419
(HHA) word ‘n afskrif van die aansoek om krediet by
die uitspraak aangeheg (p 431). Dit is ‘n enkele bladsy. Brink
het ‘n
aansoek om krediet onderteken waarin daar ‘n klousule was
wat hom as persoonlike borg aanspreeklik gestel het, waarop hy
aangespreek
is. Cloete AR vind dat Brink mislei was (par [7]). Die
volgende vraag is dan of ‘n redelike persoon mislei sou gewees het,
wat ‘n objektiewe ondersoek is. Brink se getuienis was dat hy in
die verlede verskeie krediet-aansoeke gedoen het waar persoonlike

borgskap nie vereis was nie (par [9]). Cloete AR vind dat die
opvallende opskrif van die dokument “Credit Application Form”

misleidend is. Verder word nie vereis dat die ondertekenaar twee
keer moet teken, een keer in elke hoedanigheid nie. Uit die

klousules aan die onderkant van die vorm blyk dat Brink in ‘n
verteenwoordigende hoedanigheid sou teken. Die borgstelling is
die
derde klousule, wat die klem daarvan wegneem. Cloete AR vind dat die
vorm ‘n lokval vir die onversigtige persoon was en
Brink se
misleiding was redelik. Hy word nie gebonde gehou nie.
2. In
GLEN
COMERAGH (PTY) LTD v COLIBRI (PTY) LTD AND ANOTHER
1979 (3) SA 210
(T) het die tweede respondent aangevoer dat hy nie
bewus was dat die dokument wat hy geteken het, wat drie bladsye met
fynskrif
behels het, ‘n persoonlike borgskap beliggaam het nie.
Die hof verwys die vraag of die tweede respondent net as agent of ook

in sy persoonlike hoedanigheid geteken het, na getuienis. Oor so ‘n
dokument sê Nicholas R (te 215 A – C):
“It
would not in my view be at all unusual for a person signing such a
document not to read it, whether because of laxity, unwariness,

heedlessness, or
confidence in the
integrity of the estate agent
.”
(Aksent bygevoeg.)
3. In
SPINDRIFTER (PTY)
LTD v LESTER DONOVAN (PTY) LTD
1986 (1) SA 303
(A) het die respondent sake gedoen as organiseerder
van uitstallings. Die appellant het gekontrakteer om op sekere
datums ‘n
uitstalling te hou. Daardie datum is later deur die
respondent gewysig op sterkte van die algemene voorwaardes. Die
gewysigde
datums het die appellant nie gepas nie en hy het die
kontrak gekanselleer, waarop die respondent gedagvaar het. Hoexter
AR vind
dat appellant se verteenwoordiger geen rede gehad het om te
vermoed dat die kontrak wat hy geteken het voorsiening vir
alternatiewe
datums gemaak het nie (316 G – I). Die respondent se
verteenwoordiger moes geweet het dat, as appellant se
verteenwoordiger
geweet het van die klousule wat gewysigde datums
moontlik gemaak het, hy dit nie sou geteken het nie. Daar was dus ‘n
plig op
respondent se verteenwoordiger om daardie klousule uit te
wys, wat sy nie gedoen het nie. Hoexter AR vind derhalwe die dwaling

redelik (317 A – B).
4.
In
DU TOIT v
ATKINSON'S MOTORS BPK
1985 (2) SA 893
(A) het Du Toit ‘n advertensie in die pers gesien
van ‘n 1979 model voertuig. Hy het die voertuig gaan koop
ingevolge ‘n
skriftelike kontrak waarvan hy geen van die drukskrif
gelees het nie. Op die keersy van die kontrak was ‘n klousule wat
die
verkoper se aanspreeklikheid uitgesluit het. Ongeveer drie
maande later het Du Toit vasgestel dat die voertuig ‘n 1976 model

was en wou die kontrak kanselleer. Uit Du Toit se getuienis was dit
duidelik dat hy nie die kontrak sou onderteken het as hy geweet
het
dat die kontrak die advertensie as’t ware tot niet maak nie (906 B
– C). Die hof bevind dat die verkoper vir Du Toit mislei
het deur
stilswye en dat Du Toit se dwaling aangaande die aanspreeklikheid van
die verkoper
justus
error
was (906 F)
en gevolglik is Du Toit nie gebonde aan die uitsluitingsklousule nie.
Hierdie saak het gehandel met ‘n
wanvoorstelling deur stils
wye.
Die ondertekenaar wat nie die dokument gelees het, is nie gebonde
gehou aan die dokument nie.
5
.
FORM-SCAFF
(PTY) LTD v FISCHER
(D), (uitspraak gelewer op 21 Augustus 1992, bespreek in
ROOMER
v WEDGE STEEL (PTY) LTD
1998 (1) SA 538
(N) op 542 A – G).
Die verweerder het ‘n dokument
onderteken onder die opskrif “Hire and sales of formwork and
scaffolding” waarby ‘n aansoek
om krediet ingelyf was. Die
verweerder het die dokument geteken sonder om dit te lees. Hy was
onbewus daarvan dat dit ‘n persoonlike
borgskap bevat het en sy
aandag is nie daarop gevestig nie. Die hof bevind dat in hierdie
omstandighede daar ‘n werklike moontlikheid
van dwaling by
verweerder se aanbod om homself as borg te verbind omdat hy die
dokument net vlugtig sou gelees het, aangesien hy
nie ‘n
borgskap-bepaling in ‘n kredietaansoek sou verwag nie. Die
dokument was so opgestel dat dit beoog om die ondertekenaar
te
oorreed om die feit dat dit ‘n borgskap bevat, oor die hoof te
sien. Die hof se bevindinge word soos volg opgesom (in die
ROOMER
-saak
op 542 C - G):
“On those facts Booysen J held that a reasonable man in the
position of the plaintiff would have realised that there was a real

possibility of mistake in defendant’s offer to bind himself as
surety; that he might only have read the document cursorily before

signing it and might not have studied it in search of such a
provision since he would not expect it to occur in an application
for
credit. It was therefore incumbent upon the plaintiff to enquire
whether the document signed by the defendant expressed his
true
intention.
This conclusion was based on the premise that the document was
calculated to lead the signatory to overlook the fact that it
contained
a clause purporting to constitute a surety. The learned
Judge said this was so because the clause was contained amongst
numerous
other clauses in fine print, with headings obviously
applicable only to the company and not to the defendant personally.
It was
also of the same style and size of type as a number of the
other clauses and was not printed in heavier type or highlighted.
For
these reasons he found that the document was drafted in such a
way as to turn it into a trap containing onerous clauses which could

not reasonably be expected by the other party. He accordingly held
that the defendant’s ostensible agreement to its terms was

attributable to a
justus error
on his part and that he was not
liable as surety.”
Fisher is dus nie aanspreeklik gehou omdat die hof
bevind het dat sy dwaling redelik was.
6. In
KEENS GROUP CO (PTY)
LTD v L
Ö
TTER
1989 (1) SA 585
(K) is die verweerder op ‘n borgskap aangespreek.
Hy het ‘n dokument wat uit vier bladsye bestaan het, gekry met ‘n
omslag
waarop staan “Confidential: Application for Credit
Facilities”. Bladsy 2 is vir eiser se interne gebruik. Bladsy 3
bevat
die naam Collins Brothers, ‘n firma waarvan verweerder ‘n
direkteur was. Bladsy 4 bevat die verkoopsvoorwaardes. Daar is sewe

klousules wat daardie voorwaardes bevat. Bladsy 1 van die ooreenkoms
was die aansoek om krediet, wat ses klousules bevat, waarvan

klousules 4 en 5 te doen het met verweerder se persoonlike
aanspreeklikheid.
Die verweerder het aangevoer dat die dokument as
geheel daarop bereken was om hom te oortuig om die feit dat die
dokument ‘n
persoonlike borgskap bevat het, oor die hoof te sien.
Hy was nie daarvan bewus dat hy deur sy ondertekening ‘n
persoonlike borgskap
aangegaan het nie. Die hof sê (te 590 F –
H):
“In the present case the plaintiff chose to include a suretyship
obligation in an application for credit. While not in a particularly

inconspicuous place that obligation is not made particularly
conspicuous either. It appears in the same typestyle and size of type

as the rest of the document. That document, however, is headed
'Application for credit facilities'. It repeats that statement in
the
first line of p 1. The application is designed to be one by a
company. The second line on p 1 reads, as I have cited above,
'Full
name of applicant
firm
'. I emphasise the word 'firm'. In a
block below the space set aside for the name and address of the
company the applicant is required
to set out the name and address of
the auditors and the names and addresses of the
'owner/director/partners'. All this would in
my opinion clearly cause
the defendant to believe that he was purporting to enter into an
agreement on behalf of his company.”
Die hof vind dat die verweerder die bewyslas op hom
gekwyt het om te bewys dat sy dwaling
justus
was.
7.
PRINS v ABSA BANK LTD
1998 (3) SA 904
(K).
Appellant is as borg aangespreek. Sy getuienis was dat
hy vir die bankamptenaar gesê het dat hy bereid was om ‘n
borgskap
te teken, wat beperk was tot R10 000 vir ses maande, want hy
was nie bereid om sy lewe weg te teken nie. Toe appellant later by

die bank aandoen, is ‘n onbeperkte borgakte vir hom gegee wat hy
onderteken het. Appellant het nie besef dat dit ‘n onbeperkte

borgakte is nie. Die hof vind dat in hierdie omstandighede moes die
bankamptenaar die appellant se aandag daarop gevestig het
dat hy ‘n
onbeperkte borgakte teken. Appellant se dwaling was redelik en hy is
nie gebonde gehou nie.
DIE FEITE
[11] Die vyfde respondent is ‘n boer woonagtig te
Luckhoff. Hy het nooit enige onderhandelinge met die appellant gehad
nie en
het nooit met die appellant, verteenwoordig deur enigiemand,
ooreengekom om hom te verbind as borg vir betaling van die trust se

skuld aan appellant nie. Die vierde, vyfde en sesde respondente is
die trustees van die trust. Die vierde respondent is vyfde

respondent se broer, Henk, en die sesde respondent is vierde
respondent se seun. In sy opponerende eedsverklaring sê vyfde

respondent:
“7.2 Ek is trustee van die trust slegs in naam. Die sake van die
trust was te alle tye beheer en bestuur deur Henk en, sover
ek weet
sy seun. Omdat ek en Henk broers is, was hy ook trustee van trusts
waarvan die belange en sake deur my bestuur was.
7.3 Die trust, het onder andere boerderybelange gehad in die distrik
van Fauresmith en daardie belange het niks te make gehad met
my
boerderybelange en/of aktiwiteite nie. Ek het wel voor die gebeure
waaroor hierdie aansoek gaan van Henk verneem dat hy in
sy
persoonlike hoedanigheid groot sakebelange elders in Afrika gehad
het.”
Altro Potgieter (van wie ‘n stawende eedsverklaring by
die stukke aangeheg is) was vyfde respondent se vriendin by wie hy op
6
November 2007 ingewoon het. Vyfde respondent gaan voort:
“10.2 Op die datum waarop die dokumente wat by die hoof-aansoek se
kennisgewing van mosie aangeheg is, onderteken is, te wete
6 November
2007 het Henk vir Altro geskakel en haar meegedeel dat hy dokumente
wat in verband staan met die afhandeling van die
Afrika-transaksie
(waarby ek geen belang gehad het nie) aan haar gaan faks en het gesê
dat dit uiters dringend is dat die
dokumente sonder enige versuim
onderteken moet word en nog op dieselfde dag weer teruggefaks moet
word.
11.1 Ek en my seun, wat tans in Engeland woon, was op daardie
betrokke dag werksaam op die plaas buite Luckhoff. Altro het my
op
die selfoon geskakel en my ingelig van die koms van die dokumente en
my meegedeel dat dit uiters dringend is, dat dit onverwyld
geteken en
teruggefaks moet word. Sy het my ook meegedeel dat in Henk se opdrag
die dokumente voor ‘n Kommissaris van Ede geteken
moet word.
11.2 Omdat ek op daardie stadium besig was, het ek haar meegedeel dat
die dokumente maar ‘n bietjie moet wag, maar nadat sy nog
ten
minste twee verdere oproepe van Henk ontvang het, nadat hy die
dokumente gefaks het, het sy die dringendheid van sy versoek
op my
hart gedruk en ek en my seun het ingery na die dorp Luckhoff.
12.
12.1 By haar huis aangekom het Altro ‘n pak dokumente aan my
oorhandig. Die pak dokumente het bestaan uit ongeveer 75 bladsye
en
is die tersaaklike dokumente wat by die hoof-aansoek aangeheg is.
12.2 Al die dokumente was reeds deur Henk en Henk se seun geteken en
geparafeer.
12.3 Omdat ek aanvaar het dat dié dokumente, dokumente is wat
ek in my hoedanigheid van trustee van die trust moet onderteken
het
ek die opmerking gemaak dat dit my ‘n dag sal neem om die dokumente
deur te lees en dat ek dit gaan teken sonder om dit te
lees omdat dit
my persoonlik glad nie raak nie en die ander twee trustees reeds die
dokumente geteken het.
12.4 Uit die aard van die saak het ek aanvaar dat die voorafgaande
reëlings tussen die eerste respondent en Henk en sy seun
getref
is en dat hulle met mekaar onderhandel het oor die terme en
voorwaardes waarop die eerste respondent geld aan die trust
sou leen.
Ten einde my handtekening as trustee te verkry het Henk uit die aard
van die saak die dokumente ook namens die eerste
respondent aan my
voorgelê vir ondertekening.
13.
Ek en Altro en my seun het toe die dokumente geneem na die Bestuurder
van Eerste Nasionale Bank te Luckhoff, mnr Stoffel van der
Linde. Ek
het hom meegedeel dat ek die dokumente moet onderteken voor ‘n
Kommissaris van Ede. Van der Linde was toe net vir
‘n week of wat
die bankbestuurder van Eerste Nasionale Bank in Luckhoff nadat hy die
bestuurder van dieselfde bank in Fauresmith
was. Hy het gesê
dat hy van hierdie transaksie bewus was en dit het my uit die aard
van die saak gerusgestel dat dit ‘n
transaksie is wat betrekking
het op die sake van die trust wat beheer word deur Henk en Henk se
seun.
14.
14.1 Sonder om hoegenaamd ag te slaan op die inhoud of selfs die aard
van die dokumente het ek voortgegaan om die dokumente op
die betrokke
bladsye waar Henk en sy seun se parawe voorgekom het te parafeer, en
waar Henk en sy seun die dokumente voluit geteken
het, het ek ook my
handtekening daar geplaas. My seun en Altro het ook die betrokke
bladsye geparafeer en waar ek ‘n dokument
geteken het, het hulle as
getuies geteken.
14.2 Presies waarom die dokumente in die teenwoordigheid van ‘n
Kommissaris van Ede geteken moes word weet ek nie. Ek wil my

voorstel dat Van der Linde een of ander van die dokumente gestempel
het, maar nadat ek die dokumente wat by die hoof-aansoek aangeheg
is
nagegaan het sien ek nie sodanige stempel nie.
14.3 Nòg Altro nòg my seun nòg Van der Linde het
hoegenaamd enige ag geslaan op die inoud van die dokumente
of wat die
aard daarvan is.
15.
15.1 Ons is daarna terug na haar woonhuis en Altro het opdrag aan
haar sekretaresse gegee om die dokumente onmiddellik weer terug
te
faks na Henk toe soos hy versoek het en dit is gedoen. Die dokumente
is op dieselfde dag en waarskynlik maar ‘n uur of twee,
drie nadat
dit ontvang is weer na Henk teruggefaks.
15.2 Daarna het ek nooit weer na hierdie dokumente gekyk nie en toe
ons dit gesoek het nadat ek my prokureur geraadpleeg het kon
ek dit
glad nie kry nie. Die vermoede bestaan dat, omdat ek geen belang
daarby gehad het nie die dokumente nadat dit gefaks is
vernietig is.
Daar was vir my geen rede hoegenaamd om dit te hou nie omdat dit vir
my geen finansiële implikasies ingehou
het nie en ek dit,
byvoorbeeld, nie aan my ouditeure beskikbaar sou maak nie. Ek het
ook aanvaar dat Henk en sy seun as trustees
van die trust wel
volledige rekords van die trust se sake sal hou.
15.3 Ek let op dat op sekere van die dokumente wat by die
hoof-aansoek aangeheg is daar ‘n faks legende voorkom wat soos volg

lees: ‘NOV 07.08.58 ALTRO PIEK 0532060189’. Nòg ek nòg
Altro kan verklaar waarom hierdie datum verskil van die
datum waarop
die dokumente voorgee dat dit onderteken was. Altro se vorige van
was Piek en dit is die faks wat ons gebruik se
nommer.
Of die gedrukte datum indertyd korrek was en of die datum van
ondertekening moontlik verkeerdelik ingevul is as 6 November 2007
kan
ons nie sê nie. Waaroor ons baie seker is, is dat die
dokumente op dieselfde dag wat dit ontvang is onderteken is en
op
dieselfde dag wat dit onderteken is weer teuggefaks is aan Henk.”
[12] Vyfde respondent is baie seker dat die dokumente op
dieselfde dag wat dit deur hom ontvang is, onderteken is en op
dieselfde
dag is dit weer teruggefaks na sy broer, die vierde
respondent. Betreffende die feit dat die bankbestuurder, Van der
Linde, bewus
was van die transaksie, dien daarop gewys te word dat
die vierde respondent by Fauresmith boer, waar die Smitskop trust se
domicilium
ook is.
Vandaar dat Van der Linde, wat pas ‘n week of twee tevore by
Luckhoff, waar vyfde respondent boer, aangekom het vanaf
Fauresmith
(waar vierde respondent boer en woon), van die transaksie bewus was
en vyfde respondent gerus kom stel dat die transaksie
betrekking het
op die sake van die trust wat beheer word deur sy broer Henk, die
vierde respondent.
[13] Wat die borgakte betref, erken vyfde respondent dat
dit sy handtekening is wat op die laaste bladsy daarvan verskyn en
dat
Altro en sy seun as getuies geteken het. Hulle het ook elke
bladsy geparafeer. Hy sê:
“16.2 Net soos met al die ander dokumente het ek eenvoudig
blindelings geteken waar Henk en sy seun geteken het vas onder die

indruk dat alle dokumente net betrekking gehad het op die sake van
die trust.
16.3 Ek beklemtoon dat ek nooit met die eerste respondent of enige
iemand anders ooreengekom het om borg te teken vir die verpligtinge

van die trust teenoor die eerste respondent nie. Dit was selfs nie
eens bespreek nie, ook nie tussen my en Henk en sy seun of
enige een
van hulle of enige iemand namens hulle nie.
16.4 Toe dit onder my aandag gebring is dat ek ‘n borgakte geteken
het, was ek om die minste te sê geskok en verslae.
Ek sou
nooit borg geteken het vir die verpligtinge van die trust nie en nog
minder vir so ‘n groot bedrag: nog meer so omdat
ek geweet het dat
die trust geld leen in verband met sy betrokkenheid by wat ek beskou
het as riskante besigheid in Afrika. Ek
hou my daarvan oortuig dat
die riskante besigheid ook gelei het tot die ondergang van die trust
en van Henk wat ‘n baie vermoënde
man was.
16.5 My aandag is ook gevestig op die buitensporige rente wat in die
leningsooreenkoms beloof is en dit is ‘n verdere rede waarom
ek nie
borg sou teken nie. Hierby moet gevoeg word dat ek gekant is teen
borgstelling in die algemeen.
16.6 My prokureur het nou ook my aandag gevestig op al die ander
dokumente wat bylaes is tot die hoof-aansoek en waarvan ek geen

kennis geneem het nie, altyd onder die vertroue dat dit niks met my
in my persoonlike hoedanigheid te make het nie.
16.7 Nòg die eerste respondent nòg Henk nòg sy
seun nòg Van der Linde het my aandag daarop gevestig
dat een
van die dokumente wat deur my onderteken word inderdaad ‘n borgakte
is nie. Die borgakte, so wil dit my voorkom was
op die
waarskynlikhede ook nie die dokument wat eerste deur my onderteken is
nie, maar was dit in die pak dokumente en het ek glad
nie verwag dat
daar ‘n borgakte sou wees nie, en soos reeds gemeld, het niemand my
aandag daarop gevestig dat daar op so ‘n
onverwagse plek tussen 75
bladsye ook ‘n borgakte sou wees nie.
16.8 Omdat ek aanvaar het dat die dokument uitsluitlik betrekking het
op die trust se sake het ek self nie eers die leningsooreenkoms

gelees nie of selfs oorsigtelik kennis geneem van die inhoud daarvan
nie. Ek het derhalwe, die borgakte onderteken onder die
bona fide
en redelike indruk dat ek geen persoonlike verpligtinge van watter
aard ookal sal opdoen nie en dat ek alle dokumente onderteken
in my
hoedanigheid van mede-trustee en niks meer nie.”
[14] Die vyfde respondent wys verder daarop dat die
domicilium
adres wat
in die ooreenkoms en borgakte gekies is, die vierde respondent se
plaas Smitskop, distrik Fauresmith, nie sy woonadres
is nie. Dit is
sonder sy medewete, goedkeuring of kennis gekies as
domicilium
adres.
[15] Met verwysing na die latere gebeure, naamlik die
sekwestrasie van die trust en Henk se boedels en die hofverrigtinge
en skikkingsooreenkoms,
meld die vyfde respondent die volgende:
“19.1 Eienaardig genoeg het nòg Henk nòg Henk se seun
nòg enige iemand anders my in kennis gestel dat die
trust
gesekwestreer is en dat Henk se boedel ook gesekwestreer is. Dit is
gebeurtenisse waarvan ek maar heelwat nadat dit plaasgevind
het
kennis geneem het. Niemand het my ook in kennis gestel dat die
verrigtinge in die hoof-saak aanhangig gemaak is so vroeg as
18 Julie
2008 of dat ‘n bevel op 18 September 2008 deur die Agbare Hof
verleen is nie.
19.2 In die besonder vestig ek ook die Hof se aandag daarop dat daar
op 1 Augustus 2008 deur prokureurs kennis gegee is in die

hoof-aansoek dat die respondente die aansoek opponeer. Die
prokureurs word aangedui as Du Plessis Lessing & Brits Ing van

p/a Martins Prokureurs, Sewendestraat 3, Bloemfontein. Omdat ek nie
van die aansoek geweet het nie het ek aan geen prokureur opdrag
gegee
om namens my die aansoek te opponeer nie. Ek ken nie die prokureurs
Du Plessis Lessing & Brits Ing nie en dit blyk uit
navrae dat
hulle Henk se prokureurs in Pretoria is. Martins Prokureurs is
insgelyks aan my heeltemal onbekend.
19.3 Nog meer vreemd is ‘n dokument wat op die hoflêer in die
hoof-aansoek geliasseer is en wat die kopstuk ‘Agreement
of
Settlement’ dra. Totdat ek by my prokureur uitgekom het, was ek
van die bestaan van hierdie dokument geheel en al onbewus.
Dit gee
voor om, ook namens my deur iemand onderteken te gewees het op 28
Augustus 2008 beide in my hoedanigheid van trustee en
in my
persoonlike hoedanigheid. Ek weet glad nie waar hierdie dokument
vandaan kom en wie dit onderteken het nie. Ek het niemand
opdrag
gegee om so ‘n dokument te onderteken nie, nie eens in my
hoedanigheid van trustee nie. Ek kan maar net vermoed dat dit
Henk
en/of sy seun is wat hierdie opdrag gegee het. Ek vestig egter die
Agbare Hof se aandag eerbiediglik daarop dat die handtekening
op die
brief van Martins Prokureurs gedateer 28 Augustus 2008 wat ook op die
hoflêer verskyn, sowel as die handtekening op
die ‘Notice to
Oppose’ op die oog af dieselfde handtekening is as die wat op die
‘Deed of Settlement’ verskyn. Ek ontken
kategories dat ek opdrag
gegee het dat iemand so ‘n dokument of enige ander dokument wat in
hierdie verband tersaaklik is namens
my kan onderteken.
20.
Ek kan dit uit die aard van die saak nie genoeg beklemtoon dat ek met
niemand hoegenaamd ooreengekom het om enige borgakte te onderteken

nie. Niemand het dit met my bespreek nie en niemand het my aandag
daarop gevestig dat die dokumente wat namens die eerste respondent

deur Henk aan my gestuur was vir ondertekening ook ‘n borgakte
bevat wat na ondertekening sou meebring dat ek op my leeftyd ‘n

borgverpligting van miljoene rande op my sou neem nie. As ek geweet
het dat daar ‘n borgakte was sou ek beslis geweier het om
dit te
onderteken en my weiering aan Henk, sy seun en die eerste respondent
bekend gemaak het. As ek bewus was van die hoof-aansoek
sou ek dit
beslis teengestaan het.”
[16] Die repliserende eedsverklaring van die applikant
is argumentatief en weerlê nie die feite soos deur vyfde
respondent
beweer nie.
[17]
Die dokumente wat aan
vyfde respondent gefaks is
Bladsye
Dokument
26 - 45 Memorandum of Agreement
45 Ondertekening deur vyfde respondent
46 “A” Resolusie van Smitskop Trust, waar al drie
trustees teken
47 “B” Resolusie van applikant
48 - 72 Trustakte van Smitskop Trust
73 Meestersbrief wat Trustakte erken
74 Magtigingsbrief van Meester vir Trust
75 - 80 “Suretyship”
80 Ondertekening deur vyfde respondent
81 “A” Resolusie van applikant
82 - 84 “Letter of Undertaking” (magtig prokureurs
i.v.m. erwe)
85 - 87 Prokureurs se ondernemingsbrief i.v.m. erwe
88 Prokurasie om
verband te passeer deur vierde respondent
89 - 97 Dekkingsverband
98 - 104 “Cession” van leningsrekeninge van Smitskop
Trust
104 Ondertekening deur vyfde respondent
BETO
Ë
[18] Mnr. Van Rooyen, vir applikant, wys daarop dat in
die praktyk die meeste ooreenkomste tot stand kom sonder dat die
partye nadink
oor wat hulle doen of uitdruklik besluit om te
kontrakteer. Hy wys op die belang van die leerstuk van “
quasi-mutual
consent
” wat gebruik word om die bestaan
van ‘n ooreenkoms te bevind. Mnr. Van Rooyen sê dat vyfde
respondent ‘n trustee was
en in daardie hoedanigheid ‘n
vertrouensposisie beklee het en betreffende die sake van die trust
versigtig moes optree, met verwysing
na
SACKVILLE
WEST v NOURSE AND ANOTHER
1925 AD 516
op
534. In die onderhawige geval moet mens in ag neem dat die vyfde
respondent geweet het dat die lening niks met hom te doen
het nie.
Verder is vyfde respondent nie ‘n benoemde begunstigde onder die
trust nie. Die vierde respondent is die oprigter
en die kapitaal en
inkomste begunstigde van die trust.
[19] Mnr. Van Rooyen gee toe dat vyfde respondent se
broer Henk ‘n plig gehad het om die borgskap aan vyfde respondent
uit te
wys. Deur dit nie te doen nie, het Henk bedrog gepleeg.
Hierdie is dan ‘n geval van misleiding deur ‘n derde. Henk se
bedrog
is nie toerekenbaar aan applikant nie. Die vraag bly steeds
of vyfde respondent redelik opgetree het. Vyfde respondent het
besluit
om die dokumente nie te lees nie. By verskeie plekke in die
pak dokumente moes hy voluit teken. Elke dokument in die pak het ‘n

opskrif.
[20] Mnr. De Bruin, namens vyfde respondent, sê
daar is belangrike objektiewe feite:
(i) Vyfde respondent het met die Smitskop Trust niks te
make nie. Hy is net in naam ‘n trustee. Met die saketransaksies
en lening
van die trust het die vyfde respondent niks te make nie.
Die borgskap is vir miljoene rande. N
ò
g
die applikant, n
ò
g sy
broer het vir vyfde respondent gevra of hy bereid was om as borg te
teken. Applikant het nie vyfde respondent se balansstaat
versoek
soos wat mens sou verwag van iemand wat ‘n ander se waarde as borg
moet bepaal.
(iii) Vyfde respondent se stelling dat hy nie borg wou
of sou teken nie, staan onbetwis.
[21] Die kern-feite is:
(i) Henk kom met die applikant ooreen om R6 miljoen te
leen t een 1,25% per week, ‘n hoë rentekoers.
Henk
onderneem om toe te sien dat al die
dokumente onderteken word.
(ii) Henk vat die dokumente.
Henk oefen buitengewone druk uit om vyfde respondent
gou te laat teken.
Die bankbestuurder sê vir vyfde respondent: “Ek
weet van hierdie transaksie”.
Vyfde respondent teken die dokumente en gooi hulle weg,
want daar is vir hom geen rede om hulle te hou nie.
Henk gee die dokumente vir die appellant terug.
Henk het ‘n direkte belang by die ooreenkoms.
Henk het die vyfde respondent mislei deur sy stilswye
oor die borgskap.
Al die handtekeninge op die dokumente is op 5 en 6
November 2007 daarop geplaas – te Pretoria, Oos-Londen, Parkwood
en Luckhoff
(Bl 43 – 44).
Misleiding deur ‘n derde bring ook
dissensus
mee.
Vyfde respondent se optrede is verstaanbaar en sy
dwaling redelik.
Die reg sou nie ‘n situasie duld dat vyfde respondent
in hierdie omstandighede aanspreeklik gehou word nie.
GEVOLGTREKKING
[22] By die beoordeling van dwaling, kyk die howe na ‘n
aantal faktore:
(i) Wat is die kennis en ervaring van die
ondertekenaar? Is dit ‘n ervare sakeman met 25 – 30 jaar
ervaring in die sakewêreld
(
ROOMER
– saak)
of ‘n gesoute sakevrou (
LANGEVELD
– saak)
of ‘n kommersiële prokureur met 44 jaar
ervaring (
HARTLEY
se saak)
of ‘n “babe in the woods”. (
LANGEVELD
– saak)
Het die ondertekenaar rede gehad om te vermoed dat daar
‘n borgskap sou wees, soos byvoorbeeld by ‘n aansoek om krediet?
Was daar skuld by die teenparty wat die klousule moes
uitwys?
Was die borgskap versteek of duidelik?
[23] Mnr. Van Rooyen sê dat vyfde respondent
verskeie dokumente voluit moes teken in die pak. Dis korrek. Vyfde
respondent
teken:
Bl 45 - die leningsooreenkoms
46 - Resolusie van Trustees
50 - Borgskap
104 - Sessie van Leningsrekeninge van Smitskop
Trust
Al hierdie ondertekeninge het vyfde respondent
waarskynlik net meer verwar. Mnr. De Bruin is korrek dat die
borgskap nie ‘n
opvallende opskrif het nie. Dit meld wel op die
boonste bladsy in vetgedrukte hoofletters “Suretyship”, maar dit
is dieselfde
lettertipe as die name van die kontrakterende partye wat
op dieselfde bladsy verskyn. Daar is ses opskrifte op daardie bladsy
wat almal dieselfde vetgedrukte hoofletters gebruik. Daar is niks
opvallend aan “Suretyship” nie, behalwe dat dit bo staan.
Die
leningsooreenkoms se eerste bladsy (Bl 26) se opskrifte is dieselfde
tipe; die woorde “Memorandum of Agreement” bo-aan
staan nie uit
nie. Die “Cession” op bladsy 98 gebruik dieselfde lettertipes.
Hierdie feite is soortgelyk aan die feite in
die
FORM
- SCAFF
saak hierbo waar die hof die
error
as
justus
bevind het, sowel as die
KEENS
GROUP
saak.
[24] In die onderhawige saak is die vyfde respondent ‘n
boer, nie ‘n sakeman nie. Hy het met die trust en hierdie lening
niks
te make nie. Toe vierde respondent die dokumente vir
ondertekening na die vyfde respondent gefaks, het vierde respondent
telefonies
gesê dat die dokumente in verband staan met die
afhandeling van die Afrika transaksie (waarby vyfde respondent geen
balang
gehad het nie). Vyfde respondent het geweet die lening hou
verband met “riskante besigheid in Afrika”, en hy sou nooit borg

geteken het vir die verpligtinge van die trust daarvan nie. Hy had
geen rede om enigsins belang te stel in die inhoud van die
dokumente
nie. Sy broer plaas druk op hom (
BURGER
– saak
supra
578) om gou te teken, wat die indruk versterk dat die dokumente niks
met vyfde respondent te doen het nie. Die applikant het nie
met
vyfde respondent onderhandel nie. Die vierde respondent het, deur
die dokumente aan vyfde respondent voor te lê, in
‘n sin
opgetree as applikant se agent. Die applikant het nooit aan die
vyfde respondent te kenne gegee dat hy as borg gaan moet
teken nie.
Die bankbestuurder voor wie vyfde respondent geteken het, het vir
vyfde respondent gesê hy weet van die transaksie;
dit het vyfde
respondent gerus gestel (vgl
GLEN COMERAGH
– saak
supra
).
Vyfde respondent het geen rede gehad om ‘n borgskap tussen die
stukke te verwag nie.
[25] Net soos wat ‘n borg-klousule in ‘n dokument
van ‘n paar bladsye of selfs ‘n enkele bladsy weggesteek kan
wees, kan
dit ook in ‘n pak dokumente weggesteek wees. Hier was
nagenoeg 75 bladsye. Die omstandighede het vyfde respondent
redelikerwys
oortuig dat hy geen persoonlike betrokkenheid by die
dokumente had nie. Die vyfde respondent se dwaling was redelik.
BEVEL
[26] Die aansoek word met koste afgewys.
____________
A.
KRUGER,
R
Namens die applikant: Adv. P.C.F. van Rooyen SC
In opdrag van:
Lovius Block (P.D. Yazbek)
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente: Adv. J.P. de Bruin SC
In opdrag van:
Symington & De Kok (P.A.C. Jacobs)
BLOEMFONTEIN
/sp
/wm