About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 92
|
|
S v Rathaba [2009] ZAFSHC 92 (25 September 2009)
VRYSTAATSE
HOE HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Hersiening
Nr. : 446/09
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
En
PHEELLO
SAM RATHABA
CORAM:
HANCKE,
R
et
KRUGER,
R
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
GELEWEROP:
25
SEPTEMBER 2009
[1]
Beskuldigde is in die streekhof skuldigbevind aan moord nadat hy
skuldig gepleit net. Die streeklanddros het die beskuldigde
ingevolge
artikel 276(1 )(h) van Wet 51 van 1977 tot korrektiewe toesig van
vier jaar gevonnis en daarbenewens tot agt jaar gevangenisstraf
wat
vir vier jaar opgeskort is op voorwaarde dat beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan moord gepleeg gedurende die tydperk
van
opskorting nie.
[2]
Nadat vonnis opgele is, het die streeklanddros besef dat hy nie
korrektiewe toesig van meer as drie jaar ingevolge artikel 276(1
)(h)
kon ople nie en die streeklanddros vra dat die termyn van vier jaar
na drie jaar verander word. Die landdros se versoek moet
toegestaan
word.
[3]
Die vonnis word vervang met die volgende:
Die
beskuldigde word ingevolge artikel 276(1 )(h) van Wet 51 van 1977
gevonnis tot korrektiewe toesig van drie jaar op die voorwaardes
soos uiteengesit in aanhangsel "D" by die hofstukke.
Benewens
bogenoemde word beskuldigde gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf
opgeskort vir vier jaar op voorwaarde dat beskuldigde
nie weer
skuldigbevind word aan moord gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Hierdie
vonnis word ingevolge artikel 282 van Wet 51 van 1977 geag opgele te
gewees het op 11 Junie 2009.
A.
KRUGER, R
Ek
stem saam.
S.P.B.
HANCKE, R