About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 91
|
|
Suid-Afrikaanse Roofdiertelers Vereniging and Others v Minister van Omgewingsake en Toerimse (1900/2007) [2009] ZAFSHC 91 (25 September 2009)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 1900/2007
In
die aansoek van:
SUID-AFRIKAANSE
ROOFDIERTELERS-
VERENIGING
1ste Applikant
MATTHYS
CHRISTIAAN MOSTERT
2de Applikant
DEON
CILLIERS
3de Applikant
en
DIE MINISTER VAN
OMGEWINGSAKE
EN TOERISME
Respondent
CORAM:
RAMPAI, R
et
VAN DER
MERWE, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
14 SEPTEMBER 2009
______________________________________________________
GELEWER OP:
25 SEPTEMBER 2009
[
1] Hierdie
is ân aansoek om verlof om na die Hoogste Hof van Appèl te
appelleer teen die afwysing van die applikante se
aansoek in hierdie
hof op 11 Junie 2009.
[2] Die
aangeleentheid is van groot belang vir die applikant asook verskeie
ander persone en het ân mate van openbare belangstelling
uitgelok.
Die versoeking is dus daar om verlof om te appelleer toe te staan.
Die regsposisie is egter dat verlof om te appelleer
slegs toegestaan
kan word indien die hof tevrede is dat daar ân redelik vooruitsig
van sukses op appèl is, dit wil sê
ân redelike
vooruitsig dat die bevel van die hof op appèl ter syde gestel
of gewysig mag word. Sien
JANIT
v VAN DEN HEEVER AND ANOTHER NNO (No. 2)
2001
(1) SA 1062
(W) op 1064I â 1065C.
[3] Die
aansoek is gegrond op ân groot hoeveelheid beoogde gronde van
appèl. Daar is egter ân beduidende mate van oorvleueling
in
die uiteensetting daarvan. Daar word ook in die uiteensetting van
beoogde gronde van appèl gepoog om te steun op aspekte
wat nie
deel van die applikant se saak voor ons was nie, soos byvoorbeeld dat
die respondent sou versuim het om die vertoë
van ander persone
dan die eerste applikant te oorweeg. Verskeie gronde van appèl
het myns insiens so duidelik geen meriete
nie dat dit nie hierin
genoem hoef te word nie. Die gronde van appèl wat wel
vermelding verg, gaan essensiëel oor
of die eerste applikant se
vertoë na die respondent nie behoorlik oorweeg is nie, of ân
selfversorgingsperiode nie rasioneel
regverdigbaar is nie en of ân
24 maande selfversorgingsperiode ân besluit daarstel wat ân
redelike besluitnemer in die omstandighede
nie kon neem nie. Ek is
na oorweging nie oortuig daarvan dat daar ân redelike vooruitsig is
dat ân appèl op enige van
hierdie punte kan slaag nie. Dit
volg dat die aansoek afgewys moet word.
[4] Die aansoek om verlof
om te appelleer word afgewys met koste, insluitende die koste van
twee advokate.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
___________
____
M.
H. RAMPAI
,
R
Namens die Applikante:
Adv. F.W.A. Danzfuss SC
met
H. Murray
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. B. Knoetze SC
met
G.T. Langenhoven
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/em