Mphosi v Nhlapo (A180/2008) [2009] ZAFSHC 87 (17 September 2009)

40 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Motor vehicle accident — Appellant claimed damages for vehicle repair costs due to alleged negligence of respondent — Initial claim based on a quotation subsequently amended to a higher amount — Testimony of repair shop owner questioned regarding credibility and accuracy of quotations — Court found that appellant failed to provide sufficient evidence to substantiate the claimed damages — Trial court granted absolution from the instance in favor of the respondent — Appeal dismissed, confirming the trial court's decision.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 87
|

|

Mphosi v Nhlapo (A180/2008) [2009] ZAFSHC 87 (17 September 2009)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appèl Nr. : A180/2008
In
die
appèl
tussen:-
T
P MPHOSI
Appellant
en
S
NHLAPO
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
JORDAAN,
R
et
LEKALE,
WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP
:
7
SEPTEMBER 2009
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR
:
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
17
SEPTEMBER 2009
_____________________________________________________
[1] Die appellant, as eiser, het
dagvaarding uitgereik teen die respondent, as verweerder, vir skade
veroorsaak aan die appellant
se voertuig tydens ‘n motorbotsing
,
beweerdelik veroorsaak deur die nalatigheid van die respondent, as
verweerder. Die aanvanklike dagvaarding was vir die bedrag
van R12
446,35 welke bedrag BTW insluit en gegrond op ‘n kwotasie van A &
B Paneelkloppers. Daar is ook deur die appellant
se prokureur, in
terme van Landdroshofreël 24(9), kennis gegee dat ene mev. Van
der Merwe sal getuig omtrent die betrokke
kwotasie wat deur haar man
in haar teenwoordigheid saamgestel is en wie intussen klaarblyklik
oorlede is.
[2] By die aanvang van die verhoor
het die partye aanvanklik ooreengekom dat slegs die nalatigheidsaspek
eers bereg moet word en
het dit dan ook so geskied waarna die
verhoorhof bevind het dat die verweerder wel aanspreeklik is vir
eiser se skade. Na voormelde
bevinding het appellant, as eiser, sy
eis gewysig deur die gevorderde bedrag te vervang met ‘n bedrag van
R26 365,96 gegrond
op ‘n kwotasie verskaf deur ene Louis
Panel
Beater.
Na voormelde wysiging
toegestaan is, het die partye voortgegaan met ‘n verhoor ten
opsigte van die eiser se skade.
[3] Ten opsigte van laasgenoemde aspek was die eerste
getuie, namens die appellant, ene mnr. L. Hendriks, die eienaar van
Louis
Panel Beaters. Hy het getuig dat hy die betrokke kwotasie aan
die appellant verskaf het, dat hy die voertuig vir daardie bedrag

reggemaak het en dat die appellant hom die volle bedrag betaal het by
wyse van afbetalings. Hy het ook getuig dat die gevorderde
bedrag
redelik en billik is, synde die redelike en noodsaaklike herstelkoste
ten opsigte van die appellant se voertuig. Hy het
onder andere
getuig dat hy sommige onderdele nuut en sommige tweedehands gekoop
het, soos onder andere onderdele soos matte vir
die binnekant,
windskerms en ook herstelwerk gedoen het aan die ratkas. Voormelde
drie items kom natuurlik nie op die kwotasie
voor nie.
[4] In hoofverhoor is ‘n kwotasie
van Industria Paneelkloppers aan hom getoon en het hy bevestig dat
dit ten opsigte van dieselfde
voertuig is, maar vir ‘n totale
bedrag van R30 057,19. Volgens hom was laasgenoemde kwotasie
ongeveer R4 000,00 hoër as
sy kwotasie en is sy kwotasie
derhalwe billikker. Hy is ook ‘n kwotasie van A & B
Paneelkloppers, hierin tevore na verwys,
getoon en het aangedui dat
daardie kwotasie heeltemal onvoldoende is, aangesien daar verskeie
items nodig was wat nie op die kwotasie
voorkom nie. Volgens hom sou
die voertuig nie vir daardie bedrag van ietwat meer as R12 000,00
herstel kon word nie. Dit dien
vermeld te word dat die getuie
homself kwalifiseer het as ‘n ervare paneelklopper met meer as 17
jaar ervaring en met kennis
van die redelikheid, al dan nie, van die
koste van herstelwerk en onderdele.
[5] In kruisverhoor is die getuie
weereens gekonfronteer met die kwotasie van Industria Paneelkloppers
en was hy aanvanklik van
mening dat sy kwotasie goedkoper is as
laasgenoemde kwotasie, aangesien hy onderdele goedkoper kon verkry as
daardie kwotasie.
Later was hy genoodsaak om toe te gee dat die
enigste verskil tussen die twee kwotasies is die feit dat die
kwotasie van Industria
Paneelkloppers BTW byvoeg terwyl sy kwotasie
nie BTW bevat nie. Die totale bedrag van die twee kwotasies, voor
BTW, is identies
dieselfde. Indien die twee kwotasies egter vergelyk
word, blyk dit dat die getuie se kwotasie nie ‘n bedrag van R3
600,00 vir
die verf van die voertuig bevat nie, alhoewel sy totale
bedrag steeds dieselfde is as die bedrag van Industria
Paneelkloppers.
Na kruisverhoor oor hierdie aspekte, was die getuie
genoop om toe te gee dat hy ‘n soort van ‘n “cover quote”
gegee het wat benodig word vir
doeleindes van versekeringseise. Volgens hom moet sodanige tweede of
dekkingskwotasie ten minste
min of meer ooreenkom met die ander
kwotasie vir doeleindes van versekeringseise.
[6] Indien die twee kwotasies
vergelyk word, is dit oorweldigend duidelik dat die kwotasie van
Industria Paneelkloppers (wat daarvolgens
gegee is op 8 Desember 2003
om 8:19 vm) en die kwotasie gegee deur die betrokke getuie op
dieselfde datum om 14:00 bykans woordeliks
en tot die laaste sent
ooreenkom. Die afleiding is onvermydelik dat die kwotasie van
Industria Paneelkloppers bloot oorgeskryf
is deur die betrokke
getuie, met behoud van dieselfde totale bedrae, maar met ‘n paar
weglatings in die samestelling daarvan
wat dui op ‘n foutiewe
oorskryf van die betrokke kwotasie. Onder andere, is in die kwotasie
van die getuie nagelaat om die item
“Supply and Fit right rear
fender moulding” in te sluit, alhoewel die bedrae in die kolom vir
onderdele oftewel “parte”
net so ondermekaar neergeskryf is, wat
tot gevolg het dat die een item waarvoor die getuie kwoteer het,
naamlik “Remove &
Refit rear light glass” ‘n bedrag van
R850,00 bevat as onderdeelprys, terwyl in die Industria
Paneelkloppers kwotasie geen
bedrag as onderdeel daar voorkom nie,
maar bloot die bedrag van die arbeid. Dit is duidelik dat die afhaal
en terugplaas van ‘n
onderdeel sekerlik nie koste van ‘n
onderdeel sou meebring nie. Die totale arbeidsbedrag op die twee
kwotasies beloop R7 970,00
ongeag die feit dat die betrokke getuie
nagelaat het om die bedrag van R3 600,00 vir verfwerk in sy kwotasie
aan te bring, sodat
die totaal van arbeid soos hy dit afgeskryf het,
nie korrek is nie. Hy het dit in getuienis probeer verduidelik deur
te sê
dat hy besluit het om ni
é
die appellant enige vergoeding vir die verfwerk te vra nie. Dit blyk
egter dat hy eers later, terwyl hy besig was om die voertuig
te
herstel, so besluit het en nie op die stadium toe die kwotasie gegee
is nie. Die enigste redelike afleiding is dat die betrokke
getuie
klaarblyklik nie die voertuig besigtig het toe hy die beweerde
kwotasie gegee het nie, maar bloot die kwotasie van Industria

Paneelkloppers oorgeskryf het.
[7] Uit die getuienis is dit ook duidelik dat sy
aanvanklike getuienis tot die effek dat die volle bedrag van sy
kwotasie deur die
appellant aan hom betaal is, nie korrek is nie,
aangesien die R3 600,00 ten opsigte van verfwerk nie deur die
appellant betaal
is nie. Hy het toe aangedui dat daardie bedrag
afgetrek moet word van die totale bedrag van die kwotasie. Soos
hierbo aangedui,
is dit nie die enigste verskil nie en is daar onder
andere ‘n bedrag van R850,00 as onderdele kwoteer vir ‘n
onderdeel wat
bloot afgehaal en teruggesit is en derhalwe natuurlik
ook nie betaalbaar behoort te wees nie.
[8] Alles inaggenome, is dit duidelik
dat die getuie Hendriks ‘n uiters swak en selfs leuenagtige getuie
was, op wie se getuienis
weinig peil getrek kan word. Die appellant
self het egter ook getuig ten opsigte van sy skade. Volgens hom het
hy aanvanklik
aan die getuie Hendriks ‘n bedrag van R7 000,00
betaal en daarna van tyd tot tyd, soos wat hy versoek was, bedrae van
R1 000,00
per maand betaal en op een stadium ‘n bedrag van R5
000,00. Hy is egter nie seker hoeveel hy in totaal betaal het nie en
is
hoegenaamd nie in staat om aan te dui hoeveel hy in totaal betaal
het en presies waarvoor dit betaal is nie.
[9] Die verweerder of respondent het sy saak gesluit,
sonder om enige getuienis aan te bied, waarna die verhoorhof bevind
het dat
hy op die aangebode getuienis nie in staat was om die eiser
se skade te bepaal nie en het hy derhalwe absolusie van die instansie

verleen met koste ten gunste van die respondent of verweerder. Dit
is teen laasgenoemde bevinding en bevel wat die appellant in
hoër
beroep kom.
[10] Aangesien die appellant nie
binne die neergelegde tydperke die appèl voortgesit het nie,
is gelyktydig met die aanhoor
van die appèl ook ‘n aansoek
om kondonasie aangehoor en beredeneer. Beide advokate was dit eens
dat, indien bevind word
dat die appellant nie suksesvol behoort te
wees op die meriete van die appèl nie, die aansoek om
kondonasie derhalwe geweier
moet word weens ‘n gebrek aan redelike
vooruitsigte op sukses in die appèl sover dit die meriete
betref.
[11] Mnr. Reinders, namens die
appellant, het aangevoer dat, alhoewel daar gebreke in die getuienis
van Hendriks was en daar derhalwe
gebreke was in die getuienis met
betrekking tot die omvang van skade in totaal, die verhoorhof fouteer
het deur ni
é
op sterkte van die beginsels neergelê in
ESSO
STANDARD SA (PTY) LTD v KATZ
1981 (1) SA 964
(A) te 969 H – 970 H op die beskikbare getuienis
die beste te doen en ‘n bedrag aan die appellant, as eiser, toe te
ken nie.
Hy het aangevoer dat dit duidelik is dat die appellant
skade gely het, soos blyk uit die foto’s wat tydens die verhoor as
bewysstukke
ingehandig is en aangesien reeds bevind is dat die
respondent aanspreeklik is vir sodanige skade, die hof moes bevind
dat die appellant
die beste getuienis omtrent sy skade aangebied het
en op grond van daardie getuienis ‘n beraming moes maak.
[12] In voormelde beslissing te
bladsy 970 G en verder word verwys na die beslissing van
MKWANAZI
v VAN DER MERWE AND ANOTHER
1970 (1) SA 609
(A) en dan die volgende gesê:
“
The critical question then is whether the
plaintiff, having successfully proved that he has suffered damage
through loss of petrol
and that that damage was caused by the
defendant, has produced all the evidence that he could reasonably
have produced to enable
the Court to assess the
quantum
of damage.”
[13] Met verwysing na voormelde
aangehaalde voorbehoud, word in die voormelde beslissing van
MKWANAZI
te bladsy 632 B die volgende vermeld:
“
Die rede vir so 'n voorbehoud is dan ook
ooglopend. Word 'n hof onder 'n verpligting gestel om te poog om op
die grondslag van onvolledige
getuienis 'n berekening van skade te
maak in die geval waar daar inderdaad afdoende of dan wel vollediger
getuienis van skade beskikbaar
is, kan dit
ex
post facto
blyk dat die hof se
berekenings nie met die werklikhede strook nie en 'n onreg kan maklik
die een of die ander van die partye aangedoen
word. Word die
weerhouding van beskikbare getuienis ten opsigte van skade eenmaal
deur die howe op dié wyse geoorloof kan
dit maklik gebeur dat
'n party doelbewus getuienis weerhou in die hoop dat die hof se
skadeberekening meer in sy guns sal uitval
as wat die geval sou
gewees het, indien hy die beskikbare getuienis wel voor die hof
geplaas het. Die alreeds moeilike taak wat
op 'n hof berus in verband
met skadebepaling sou daardeur oneindig moeiliker gemaak kon word, en
die faktore wat meewerk tot die
skep van onsekerheid by sodanige
bepaling sou vermenigvuldig word.”
[14] Die vraag is derhalwe of die
appellant al die getuienis wat redelikerwys beskikbaar was vir bewys
van sy skade, aangebied het.
Op die oog af is die beste getuie vir
‘n geval soos hierdie sekerlik die persoon wat nie alleen die
kwotasie gegee het nie,
maar dan ook inderdaad
die
herstelwerk verrig het. In die onderhawige geval egter, is dit
duidelik dat die getuie Hendriks ni
é
‘n onafhanklike kwotasie verskaf het nie en bloot ‘n bestaande
kwotasie van ‘n ander paneelkloppersbesigheid oorgeskryf het
en dan
nog verkeerdelik so. Hy het nie eers gepoog om enige uiteensetting
te gee van die koste van die onderdele wat hy self aangekoop
het of
die redelikheid van die bedrae ten opsigte van die herstelwerk wat hy
gedoen het anders as om na die kwotasie te verwys
wat, soos reeds
vermeld, bloot ‘n oorgeskrewe kwotasie is en nie uit sy eie hand of
navorsingswerk gegenereer is nie. Sy getuienis
daaromtrent is in
verskeie opsigte as leuenagtig bewys en op die minste onbetroubaar.
Alhoewel aanvaar kan word dat die getuie
Van der Merwe van A & B
Paneelkloppers waarskynlik oorlede is en nie as getuie beskikbaar was
nie, is daar geen aanduiding
dat daar nie ‘n getuie van Industria
Paneelkloppers, wat die oorspronklike kwotasie gedoen het, beskikbaar
was om oor die redelikheid
daarvan te getuig nie. Die prokureur vir
die appellant moes na die getuienis van Hendriks en veral nadat die
getuienis van die
eiser klaarblyklik nie die saak verder kon voer
nie, terdeë daarvan bewus gewees het dat die getuienis wat
aangebied is van
so ‘n swak gehalte is dat dit nodig was om, indien
nodig, ‘n uitstel te versoek ten einde die getuienis van die
deskundige
verbonde aan Industria Paneelkloppers aan te bied. Die
prokureur het verkies om dit nie te doen nie en bloot sy saak
gesluit.
[15] Myns insiens kan nie bevind word
dat die appellant al die getuienis wat redelikerwys aan hom
beskikbaar was voor die hof geplaas
het, ten einde die hof in staat
te stel om ‘n berekening te doen nie. Wat meer is, die getuienis
aangebied, is van so ‘n onbetroubare
en leuenagtige aard dat geen
redelike hof wat versigtig handel op sterkte daarvan ‘n bedrag van
skadevergoeding kan bereken en
toeken nie. Die bevel van absolusie
van die instansie, soos deur die verhoorhof verleen, was derhalwe
inderdaad die korrekte bevel.
[16] In lig van die voorgaande is daar geen vooruitsigte
op sukses wat die meriete betref nie en kan die kondonasie-aansoek
derhalwe
nie slaag nie.
[17] Bygevolg word die aansoek om kondonasie afgewys met
koste en die appèl van die rol geskrap met koste.
_____________
A.F. JORDAAN
__________________
L.J. LEKALE, WND R
Namens
die appellant: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: P.J.T. De Wet
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp