About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 84
|
|
Lubbe v Botha NO and Others (2686/2009) [2009] ZAFSHC 84 (10 September 2009)
VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
Nr. : 2686/2009
In
die
saak
tussen:
JOHANNES
HENDRIK LUBBE
Applikant
en
DEON
MARIUS BOTHA N.O.
1ste Respondent
NORMAN
KLEIN N.O.
2de
Respondent
BETHUEL
BILLYBOY MAHLATSI N.O.
3de Respondent
LANDDROS:
ODENDAALSRUS
4de Respondent
______________________________________________________
CORAM
:
KRUGER,
R
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
VERHOOR
OP:
27
AUGUSTUS 2009
______________________________________________________
GELEWER
OP:
10
SEPTEMBER 2009
[1]
Applikant
versoek ân verklarende bevel dat sekere â
Volvo
A30 D
âdump truckâ met serienommer
V12160
;
Volvo
A30 D
âdump truckâ met serienommer
V73119
;
Volvo
L150 E
âloaderâ met serienommer
V7052
;
en
Volvo
EC360 B
âexcavatorâ met serienommer
V10310
,
(hierna genoem âdie batesâ)
d
ie
eiendom van die Applikant is en dat eerste tot derde respondent gelas
word om die bates aan applikant terug te besorg.
[2] Die eerste drie
respondente is die likwidateurs of voorlopige likwidateurs van â
Pure Africa Minerals
(Edms) Bpk
Redlex 420 (Edms) Bpk
Vaticano Traders (Edms)
Bpk
African
Spirit Trading 155 (Edms) Bpk.
Die
vierde respondent is die landdros, Odendaalsrus, wat nie ân rol
speel by die verigtinge op hierdie stadium nie, en teen wie
geen
regshulp tans versoek word nie. Die eerste drie respondente word
hierna âdie respondenteâ genoem.
[3] Die
respondente, in hul hoedanighede as likwidateurs en voorlopige
likwidateurs van voormelde vier maantskappye, het op 2 April
2009 by
die vierde repondent aansoek gedoen om ân lasbrief ingevolge
artikel 69 van die Insolvensiewet 24 van 1936 om op die
bates beslag
te lê en hulle te verwyder. Sodanige lasbrief is deur die
vierde respondent toegestaan. Daarna is beslag gelê
op die
bates en hulle is verwyder en die bates is tans onder die beheer of
in besit van die respondente. In die eedsverklaring
ter
ondersteuning van die aansoek om die lasbrief gee die deponent onder
meer die volgende inligting weer wat vanaf ân skuldeiser
van die
respondent, ene Deon Nel afkomstig is:
i) Na die likwidasie van
Pure Africa Minerals en voor die likwidasie van Vaticano, het
applikant (Lubbe) verskeie bates van daardie
twee maatskappye
verwyder.
ii) Nel
is oort
uig
dat die bates wat applikant verwyder het, aan Pure Africa Minerals of
aan Vaticano behoort, en sal die bates as die eiendom
van daardie
twee maatskappye kan uitken.
[
4] Op
29 Mei 2009 het die applikant hierdie aansoek geloods waarin hy ân
bevel vra dat verklaar word dat hy eienaar van die bates
is. Ter
stawing van sy bewering van eiendomsreg voer applikant die volgende
aan:
I
VOLVO EXCAVATOR
Op 13 Oktober 2003 het
applikant die item by Babcock
Equipment
gekoop vir R1 997 280,00 by wyse van finansiering deur
Opfin-Wesbank.
Ter stawing van hierdie bewering heg applikant ân fotostaat van ân
Belastingfaktuur vanaf Opfin-Wesbank aan.
Daar is geen verwysing na
Babcock Equipment op die belastingfaktuur, wat verwys na ân
âInstalment Saleâ, waar Opfin-Wesbank
die verkoper skyn te wees.
Aanhangsel C2, wat ongeteken is, ook ân fotostaat, toon die
betaling van ân deposito aan (dit meld
nie wie die deposito betaal
het nie). Aanhangsel C3 toon volgens applikant dat die
afbetalingsverkoopooreenkoms op 25 April 2007
ân nul balans getoon
het. Dus, sê applikant, het eiendomsreg op hom oorgegaan.
II
VOLVO FRONT END LOADER
Ten
opsigte van hierdie item heg applikant dieselfde tipe dokumentasie
aan wat ook 13 Oktober 2003 gedateer is, en ân fotostaat
van ân
staat van 25 Mei 2007 wat ân nul balans toon. Dus, sê
applikant, het eiendomsreg op hom oorgegaan.
III
VOLVO DUMP TRUCK, SERIE NO V12160
Hierdie
item het applikant op 20 Mei 2004 by Opfin-Wesbank gekoop. Volgens
Aanhangsel E3 gedateer 25 Desember 2007, was daar ân
nul balans op
daardie item en het applikant dus eienaar geword.
IV
VOLVO DUMP TRUCK SERIE NO V73119
Applikant
het hierdie item het op 26 April 2006 vanaf Babcock Equipment
aangekoop sonder om van finansiering gebruik te maak.
Hy het die
volle koopprys betaal, ter stawing waarvan hy verwys na ân
verklaring van Coetzer, die takbestuurder van Babcock Equipment
te
Wolmaranstad, wat ân algemene bevestigende verklaring maak.
[
5] Betreffende
die bewering in die eedsverklaring dat ene Deon Nel gesien het dat
applikant die bates vanaf Vaticano verwyder het,
op grond waarvan die
beslagleggingslasbrief uitgereik is, naamlik dat applikant die bates
van Pure Africa Minerals en Vaticano
verwyder het, sê
applikant:
â
21.4 Ek het vir
Nel
op
27
Maart 2009
gesê dat ek my masjinerie, soos hierbo beskryf, wat, toe
Vaticano
nog besigheid gedoen het deur
Vaticano
gebruik is, einde 2008 van die mynperseel verwyder het en dat ek dit
aan die Harmony Myn te ALLANRIDGE verhuur. Die inligting
wat
Nel
dus aan
Me
Strydom
oorgedra het is by my bekom, en herhaal ek dat my verwydering van my
bates van
Vaticano
Traders (Edms) Bpk
se mynperseel regmatig was, my besit daarvan regmatig en openlik was
en dat die Applikante die
audi
alteram partem
reël moes toepas alvorens hulle eensydig op my bates, op sterkte
van sogenaamde â
inligting
â
beslag moes lê.
Nel
is die Eerste tot Derde Respondente behulpsaam. Niks het in enige
van hulle se weg gestaan om my te kontak om die rede vir en
feite van
die verwydering van my bates met my te bespreek nie.
21.5 Ek ontken dat
enige van die bates wat die onderwerp van bylaag âBâ vorm deur
Pure
Africa Minerals (Edms) Bpk
of
Vaticano
betaal is of dat dit aan voormelde entiteite behoort.â
[
6] Applikant
verwys dan na ân ooreenkoms wat hy met Vaticano gesluit het,
ingevolge waarvan ooreengekom is dat Vaticano die toerusting
sou
gebruik maar dat applikant eienaar sou bly totdat Vaticano ten volle
daarvan betaal het. In klousule 6 word gemeld dat die
waarde van die
toerusting R9,5 miljoen is, terwyl klousule 8 vermeld dat die
toerusting gewaardeer moet word om die waarde te bepaal
wat in die
maatskappy se leningsrekening geskryf moet word. Klousule 9 bepaal
dan dat âongeveerâ R1,5 miljoen aan applikant
betaal moet word
âfor equipment and back operating expensesâ. In die ooreenkoms
waarna applikant verwys, was hy die verteenwoordiger
van Vaticano met
drie Amerikaanse maatskappye (bewysstuk âHâ). Die kontrak
boekstaaf ook dat applikant ân 40% aandeelhouer
van Vaticano was.
Die kontrak tussen Vaticano (verteenwoordig deur applikant) en die
Amerikaanse entiteite is kompleks. Dit
verwys na betaling vir
dienste â waarvan die aard onduidelik is â en inskrywings in
leningsrekeninge. In sodanige omstandighede,
waar die
verteenwoordiger (applikant) se eie belange (eiendomsreg van die
bates) moontlik in stryd kan wees met die prinsipaal
(Vaticano) se
belange, bestaan daar ân reële moontlikheid van gesimuleerde
transaksies (vergelyk
ZANDBERG
v VAN ZYL
1910 AD 302
;
GOLDINGERâS
TRUSTEE v WHITELAW & SON
1917 AD 66).
[7] In
die Antwoordende Beëdigde Verklaring meld die respondente dat
die applikant ân deelnemer was aan ân grootskaalse
onwettige
skema wat besigheid gedoen het onder voorwendsel van
mynbou-aktiwiteite. In para 11.16 van die Antwoordende
eedsverklaring
word gesê:
â
11.16 Die bedrog wat plaasgevind
het in PAM is egter verder gevoer deur die rolspelers agter PAM â
wat insluit Michael van der
Merwe en ân groot verskeidenheid van sy
familie en vriende. Die Applikant was van die begin af betrokke by
die skema, en sy
rol in die skema moet ondersoek word, aangesien hy
groot bedrae geld ontvang het.â
[
8] Die
respondente gee besonderhede van die aktiwiteite van Vaticano en voer
aan dat applikant nie in staat was om eiendomsreg in
die bates te
behou nie:
â
11.41 Volgens
die inligting wat die Respondente in staat was om tot hede te bekom,
was groot bedrae betalings gemaak aan Lubbe deur
Wextrust ten aansien
van die aankoop van die bates â sonder dat Lubbe op enige tydstip
hoegenaamd eiendomsreg van hierdie bates
oorgedra het aan PAM en/of
aan enige van die ander maatskappye in die PAM groep van maatskappye,
insluitende Vaticano voormeld.
In hierdie verband word verwys na wat
vermeld word in paragraaf 13.5 van
Tim
du Toit & Kie Ingelyf prokureurs se voormelde verslag:
â
13.5 The new
Volvo 30 ton truck and the Bell loader were financed to Lubbe/Robato
although substantial amounts were paid by Wextrust
as deposit. This
should be rectified.â
11.42 Ek verwys ook
respekvol na wat in pasvermelde verslag vermeld word in paragraaf
13.7 â waar dit gestel word dat die DMS
âplantâ aangekoop was
deur Lubbe op sy eie BTW faktuur maar dat betaling daarvoor (in
geheel) plaasgevind het deur Wextrust
en Sub-Saharan.
11.43 In die
vooropstelling is die situasie dus dat die Applikant aanvoer dat hy
betalings gemaak het ten opsigte van die bates.
Die Applikant
verswyg egter op ân oneerlike wyse om aan die agbare Hof uit te wys
dat hy ten volle vergoed is daarvoor deur
óf die Amerikaners
direk op daardie tydstip wat die bates aangekoop was,
alternatiewelik
deur die PAM groep van maatskappye en dus dat die Applikant in ruil
vir die betalings wat aan hom plaasgevind het, eiendomsreg
ten
opsigte van die bates verloor het.â
Die
respondente heg ân batestaat aan van Redlex 420 (Edms) Bpk
(Aanhangsel DMB 12 bladsy 231) waar die bates waa
rop
applikant aanspraak maak, as bates van Redlex 420 (Edms) Bpk getoon
word.
[9] Mnr
Gilliland betoog dat al die getuienis wat deur die respondente voor
die hof geplaas is, ontoelaatbaar is. Dus moet die
aansoek slaag.
DU
PLESSIS NO v OOSTHUIZEN, DU PLESSIS NO v VAN ZYL
1995 (3) SA 604
(O) op 621;
WESSELS
NO v VAN TONDER EN âN ANDER
1997 (1) SA 616
(O) op 620 â 621).
[10] Mnr
Wessels, vir respondente, verwys na
PHILIP
BUSINESS SERVICES CC v DE VILLIERS AND OTHERS NNO
1991 (3) SA 552
(W) waar Flemming ARP op 556I â 557A sê:
â
It was also argued that applicantâs
reliance on a general entitlement to be heard is misplaced. I agree
with that contention.
Section 69 created a means whereby the trustee
could obtain actual possession of goods which, on the available
information, are
estate assets. One consequence of having possession
is, of course, that the party who disputes the estateâs entitlement
to ownership
or to possession would have to convince the trustee, the
creditors, or if need be the Court in litigation. That seems fair
enough
if one bears in mind that the claimant can produce evidence,
while the trustee who has a task to complete is frequently without
information or is dependent upon unco-operative informants.â
[
11] Uit
respondent se stukke blyk die bestaan van ân onwettige skema. Dit
laat ruimte vir gesimuleerde transaksies, en dit is
nie moontlik om
eiendomsreg op die stukke te beslis nie. Dis nodig om die
maatskappye se boeke en bankstate saam met getuies se
weergawe te
ondersoek. Hierdie aangeleentheid moet by wyse van getuienis beslis
word betreffende die eiendomsreg van die toerusting.
[1
2] Die
korrekte benadering sou wees om hierdie aangeleentheid waar die
applikant ân vindikatoriese eis ingestel het, vir getuienis
te
verwys, (
BRUWIL
KONSTRUKSIE (EDMS) BPK v WHITSON NO AND ANOTHER
1980 (4) SA 703
(T) te 712A â C).
[1
3]
BEVEL
1. Die aangeleentheid
word vir getuienis verwys waar die eiendomsreg van
Volvo
A30 D
âdump truckâ met serienommer
V12160
;
Volvo
A30 D
âdump truckâ met serienommer
V73119
;
Volvo
L150 E
âloaderâ met serienommer
V7052
;
en
Volvo
EC360 B
âexcavatorâ met serienommer
V10310
,
(âdie batesâ)
b
epaal
moet word.
2. Die
partye sal geregtig wees om enige getuies te roep, ongeag of sodanige
getuie ân eedsverklaring in hierdie verrigtinge afgelê
het
al dan nie.
3. In
die geval van getuies wat nie ân eedsverklaring in hierdie
aangeleentheid afgelê het nie, moet die party wat sodanige
getuie wil roep vyf dae voor die datum bepaal vir die aanvang van die
aanhoor van die getuienis in hierdie geleentheid ân eedsverklaring
van sodanige getuie, wat die wesenlike dele van sodanige getuie se
getuienis bevat, aan die teenkant en die Griffier voorsien.
4. Die
applikant en eerste tot derde respondent moet alle stukke in hul
besit 10 dae voor die datum bepaal vir die aanhoor van die
getuienis
blootlê soos bedoel in reël 35.
5. Hangende
die afhandeling van hierdie aansoek moet die respondente die bates
aan Applikant terugoorhandig.
6
. Die
Applikant word verbied om, hangende die finale beregting van hierdie
aansoek, die bates of enige dele of onderdele daarvan
te vervreem of
uit sy besit en beheer te laat gaan.
7
. Die
Respondente sal geregtig wees om op enige stadium die bates te laat
ondersoek en die hof te nader indien hulle van oordeel
is dat die
bates se waarde (afgesien van gewone slytasie) deur die applikant se
optrede verminder word.
8
. Die
Griffier word versoek om ân voorkeurdatum aan die partye toe te ken
vir die aanhoor van getuienis in hierdie geding.
9
. Die
koste tot op datum staan oor vir latere beregting.
___________
__
KRUGER,
R
Namens
die applikant:
Adv.
J.G. Gilliland
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namnes 1ste, 2de en
3de
respondente: Adv. M.H. Wessels SC
Met:
Adv N. Snellenberg
In opdrag van:
Claude Reid Ing.
BLOEMFONTEIN
/em