About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 78
|
|
S v Lekhelebane [2009] ZAFSHC 78 (27 August 2009)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Hersiening
Nr.: 287/2009
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
TEFO
ISAAC LEKHELEBANE
Beskuldigde
1
THABANG
RAMODULA
Beskuldigde 2
______________________________________________________
CORAM:
CILLIé R,
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
_
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
_
GELEWER
OP:
27
AUGUSTUS 2009
[1]
Die
beskuldigdes het in die landdroshof te Botshabelo tereggestaan op ân
aanklag van die onwettige besit van ân vuurwapen soos
bedoel in die
Wet op Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000, saamgelees met die
bepalings van artikel 51(2)(a) van die Strafregwysigingswet,
Wet 105
van 1997. Dit is die beskuldigdes ten laste gelê dat hulle op
of omtrent 15 Maart 2009 in besit was van `n 7.65
semi-outomatiese
pistool, met reeksnommer D23553, sonder dat hulle ân lisensie,
permit of magtiging uitgereik ingevolge die Wet
op die Beheer van
Vuurwapens vir die besit daarvan gehad het.
[2] Beide
beskuldigdes het skuldig gepleit aan die ten laste gelegde misdryf en
is op 3 April 2009 aldus skuldig bevind. Op 24
April 2009 is
beskuldigde 1 gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf opgelê in
terme van artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet,
Wet 51 van 1977
(âdie Strafproseswetâ), en is beskuldigde 2 gevonnis tot 7 jaar
gevangenisstraf, ook opgelê in terme
van artikel 276(1)(b) van
die Strafproseswet.
[3] Die
aangeleentheid het daarop op outomatiese hersiening gedien voor my
kollega Mocumie, R, wie die volgende navrae aan die verhoorlanddros
gerig het:
â
1. Were the accused appraised of
their right not to incriminate themselves during the questioning i/t
of s 112 by the presiding
officer.
2. Was the presiding enjoined to use
what he elicited from the accused during s 112 questions as
aggravating against them taking
into account the manner in which the
information was elicited?
3. Can it be said that accused 1
admitted all the elements of the offence including knowledge of
unlawfulness?
4. Is the sentence not too harsh in
the circumstances with particular reference to accused 1?â
[4] In antwoord op
voormelde navraag, het die verhoorlanddros as volg opgemerk:
â
2. Ek het nie
die beskuldigdes van hulle swygreg ingelig nie, maar vereenselwig my
met die siening van die skrywer van
Hiemstraâs
Criminal Procedure
en wel te 17-4 waar hy hom soos volg uitlaat:
âAlthough
the question is thus still unanswered, one must bear in mind that it
is a matter of substance, not letter-worship.
As long as there is a
proper explanation about what the plea process entails and, where
necessary, what the purpose of any questioning
which flows there from
is, and as long as any such questioning is done properly in order to
achieve the dual purpose of section
112(1)(b), and as long as the
result is substantial fairness, there should not be any justified
objection to the process in question.â
3. Ek is van mening dat ek wel van die
inligting kon gebruik, hetsy ter verswaring of ter versagting soos
dan ook blyk uit die onderskeid
in vonnisse.
4. Ek
is van mening dat beskuldigde 1 inderdaad al die elemente erken het,
insluitende wederregtelikheid soos blyk op bladsy 3 van die
oorkonde.
5. Die vonnisse is
stewig, maar openbaar nie ân gevoel van skok nie. Ek is verder van
mening dat beskuldigde 1 se vonnis strook
met die siening in
S
v Ndwalane
1995 (2) SACR 697
(A).
6. Ek volstaan
verder met my
ex
tempore
uitspraak.â
[5] Die aangeleentheid
het daarna voor my gedien, aangesien dit gedurende die resestydperk
waartydens ek die Diensregter was, terug
ontvang is vanaf die
verhoorlanddros.
[
6] Ten
tyde van die artikel 112(1)(b) ondervraging, het die volgende geblyk.
Wat beskuldigde 1 betref, het dit geblyk dat beskuldigde
2 die
oggend van die voorval om ongeveer 08h00 aan beskuldigde 1 die
pistool oorhandig het met die versoek dat hy (beskuldigde
1) die
pistool by hom moes hou aangesien beskuldigde 2 nie wou hê dat
sy (beskuldigde 2 se) ouma dit moes sien nie. Beskuldigde
2 het dit
dus in ân sak geplaas en beskuldigde 1 het dit onder sy bed gebêre.
Ongeveer twee tot drie ure later is die
pistool gevind waar
beskuldigde 1 dit geplaas het, ten tyde waarvan beskuldigde 1 nie
tuis was nie. Beskuldigde 1 sou nie die
vuurwapen gebruik het vir
een of ander doel nie en het dit bloot namens beskuldigde 2 in
bewaring gehou. Wat betref die elemente
van die misdryf en die
vereistes vir die vuurwapen om as ân semi-outomatiese vuurwapen
geklassifiseer te kan word, is ek tevrede
dat beskuldigde 1 alle
tersaaklike elemente en vereistes inderdaad erken het, wat insluit
die erkenning van wederregtelikheid (navraag
3 van Mocumie, R
verwys).
Wat
beskuldigde 2 betref, het hy bevestig dat hy die oggend van die
voorval vir beskuldigde 1 versoek het om die pistool namens
hom
(beskuldigde 2) te bewaar, soos deur beskuldigde 1 beweer, aangesien
hy (beskuldigde 2) nie wou gehad het dat sy ouma, by wie
hy woonagtig
is, die vuurwapen in sy besit moes sien nie. Die vuurwapen was sy
oorlede oupa se eiendom en het hy dit bekom deur
die sleutels van die
kluis, wat deur sy ouma versteek was, te neem en die vuurwapen uit
die kluis te verwyder sonder toestemming.
Dit was die vorige aand.
Hy het dit geneem ten einde homself daarmee te verdedig aangesien hy
daardie aand in die donker sou
uitgaan. Wat betref die elemente van
die misdryf sowel as die vereistes waaraan die vuurwapen moes voldoen
ten einde te kwalifiseer
as ân semi-outomatiese pistool, is ek
tevrede dat ook beskuldigde 2 hierdie elemente en vereistes erken
het.
[7] Wat
betref Mocumie, R se navraag of die beskuldigdes ingelig is van hul
reg om nie hulself te inkrimineer ten tyde van die artikel
112(1)(b)
ondervraging nie, blyk dit by nalees van die relevante gesag dat,
veral vanweë die verskil in bewoording tussen
die interim
konstitusie en die huidige konstitusie van die Republiek van
Suid-Afrika (laasgenoemde welke in werking getree het
op 4 Februarie
1997), die nodigheid om ân beskuldigde aldus in te lig en die
gevolge indien dit nie gedoen is nie, tans nog relatief
onbeantwoord
is. In
Hiemstraâs
Criminal Procedure,
A Kruger, op p. 17-4 is die weersprekende gesag in die verband
bespreek, sowel as die uitspraak in
DIRECTOR
OF PUBLIC PROSECUTIONS, NATAL, v MAGIDELA AND ANOTHER
2000 (1) SASV 458 (SCA). Dit moet egter in gedagte gehou word dat
laasgenoemde uitspraak ook met die bewoording van die interim
konstitusie gehandel het. Daar word dan as volg deur die geleerde
skrywer vermeld:
â
The Supreme Court of Appeal held
that the trial court had wrongly seen failure to explain the right to
silence as automatically
incompatible with a fair trial.
Nevertheless, the court said that previous Appellate Division
decisions to the effect that there
is no need to inform the accused
of his right may have to be revisited. However, the wording of
section 25(3)(c) of the interim
Constitution and that of section
35(3)(h) and (j) differ in a material respect. The former expressly
coupled the right to silence
to the plea proceedings, whereas in the
present provisions there is no corresponding connection. Although
the question is thus
still unanswered, one must bear in mind that it
is a matter of substance, not letter-worship. As long as there is a
proper explanation
about what the plea process entails and, where
necessary, what the purpose of any questioning which flows there from
is, and as
long as any such questioning is done properly in order to
achieve the due purpose of section 112(1)(b), and as long as the
result
is substantial fairness, there should not be any justified
objection to the process in question.â
[
8] Ek
vereenselwig my met eerbied met voormelde siening.
[9] Gevolglik
is ek van mening dat die blote feit dat die beskuldigdes in die
onderhawige geval nie van hulle swygreg ingelig is
nie, het nie in
hierdie geval tot gevolg dat daar nie substantiewe billikheid ten
tyde van die ondervraging geskied het nie (met
voorbehoud van dit wat
bevind word in paragraaf 21,
infra
).
[10] Vanweë
die redes vermeld is ek gevolglik van mening dat die skuldigbevinding
van beide beskuldigdes in die onderhawige
geval ooreenkomstig die reg
geskied het en dus bekragtig moet word.
[11] Wat
die opgelegde vonnisse betref, het beide beskuldigdes onder eed
getuig ter strafversagting. Hiertydens het dit geblyk
dat wat
beskuldigde 1 se persoonlike omstandighede betref, hy 21 jaar oud is,
ongetroud met geen afhanklikes, dat hy saam met sy
moeder woon en ten
tyde van vonnisoplegging in graad 11 was. Hy het ook weereens onder
eed herhaal dat hy niks met die vuurwapen
wou doen nie.
Wat
beskuldigde 2 betref, het hy getuig dat hy by sy ouma woonagtig is,
wie nie kan loop nie en wat sieklik is. Hy is 19 jaar
oud, ongetroud
en werkloos. Hy het wel graad 11 geslaag, maar graad 12 gedruip. Hy
word deur sy ouma onderhou.
Beide beskuldigdes het
geen vorige veroordelings nie.
[12] In
die lig van die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl in
S
v THEMBALETHU
2009 (1) SASV 50 (SCA) in welke uitspraak bevind is dat artikel 51(2)
van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, ook van toepassing
is
wanneer ân persoon skuldig bevind word aan die besit van ân
pistool as synde ân semi-outomatiese vuurwapen, het die
verhoorlanddros
heeltemal tereg die oorweging van ân gepaste vonnis
benader vanuit die vertrekpunt dat 15 jaar gevangenisstraf die
verpligte
minimum vonnis is, tensy daar bevind word dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan (soos bedoel in
S
v MALGAS
2001 (1) SASV 469 (SCA)) wat die oplegging van ân mindere vonnis
regverdig en noodsaak.
[13]
Alwaar
die oorheersende siening van die howe voor voormelde uitspraak tot
dien effekte was dat die besit van ân semi-outomatiese
pistool nie
onder laasgenoemde wetgewing resorteer nie, sal voormelde uitspraak
in die breë gesien waarskynlik tot gevolg
hê dat swaarder
vonnisse vir hierdie tipe oortreding in die toekoms opgelê sal
en moet word as in die verlede, hoewel
dit wesenlik is dat elke geval
uiteraard steeds op sy eie meriete beoordeel moet word.
[14] Soos
tereg deur die verhoorlanddros opgemerk, is dit ân ernstige misdaad
waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is. Ek
aanvaar ook dat dit
epidemiese afmetings in die distrik van Botshabelo aanneem, soos deur
die ervare verhoorlanddros opgemerk.
Die verhoorlanddros was
gevolglik ook korrek om daarop te wys en in ag te neem dat vanweë
die ernstige aard van hierdie misdryf,
sowel as die gereelde voorkoms
daarvan, die belange van die gemeenskap as element van
strafoplegging, sterk na vore tree.
[15] Die
verhoorlanddros het egter, na my mening heeltemal tereg, met
inagneming van die kumulatiewe effek van die persoonlike
omstandighede van die beskuldigdes, die feit dat hulle skuldig
gepleit het, dat hulle geen vorige veroordelings het nie en dat
beide
van hulle die vuurwapen vir ân kort tydperk in hulle besit gehad
het, bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat
die oplegging van ân mindere vonnis dan die voorgeskrewe minimum
regverdig.
[
16] Die
laaste aspek met betrekking tot die opgelegde vonnisse wat dus
oorweeg moet word, ook met inagneming van Mocumie R se navraag
met
betrekking tot die opgelegde vonnisse, is die vraag op die opgelegde
vonnisse nie moontlik skokkend swaar en onvanpas is nie.
[17] Wat
beskuldigde 1 betref, moet die totaliteit van sy voormelde
persoonlike omstandighede, die versagtende faktore waarna reeds
verwys is in paragraaf 15,
supra
,
en die omringende omstandighede met betrekking tot die pleging van
die misdryf, op ewewigtige wyse opgeweeg word teen die erns
van die
misdryf en die belange van die gemeenskap. Voormelde faktore sowel as
die feit dat die beskuldigde nog skoolgaande is,
dat hy op minder
blamwaardige wyse in besit gekom het van die pistool, dat die tydperk
waartydens hy die pistool in sy besit gehad
het uiters kort was en
dat hy duidelik geen voorneme of motief gehad het om die pistool vir
misdadige doeleindes te besit of te
benut nie, het na my mening tot
gevolg dat alhoewel die erns van die misdryf noodsaak dat beskuldigde
1 deur gevangenissetting
van die gemeenskap afgesonder moet word vir
ân tydperk, die tydperk van 3 jaar gevangenisstraf opgelê in
terme van artikel
276(1)(b) van die Strafproseswet, skokkend swaar en
onvanpas is. Ek is van oordeel dat die bepaalde omstandighede van
hierdie
geval tot gevolg het dat dieselfde termyn van
gevangenisstraf, maar opgelê in terme van die bepalings van
artikel 276(1)(i)
van die Strafproseswet, ân gepaste vonnis is.
Sodoende sal die beskuldigde effektief gevonnis word deurdat hy wel
ân bepaalde
termyn in die gevangenis sal moet deurbring, en daarna,
indien hy in die diskresie van die gevangenis owerheid op korrektiewe
toesig
vrygelaat sou word, hom steeds aan die voorwaardes en
bepalings van sy korrektiewe toesig sal moet onderwerp.
[
18] Volledigheidshalwe
moet vermeld word dat die verhoorlanddros in sy redes vermeld het dat
wat die vonnis van beskuldigde 1 betref,
dit strook met die siening
in
S
v NDWALANE
1995 (2) SASV 697 (A). By nalees van daardie saak, blyk dit dat die
beskuldigde skuldig bevind is op twee aanklagte van die oortreding
van die nou herroepe Wet op Wapens en Ammunisie, Wet 75 van 1969,
deurdat hy in die onwettige besit was van twee 7.62 mm Heckler
en
Koch G3 gewere en voorts dat hy in die onwettige besit was van 15
rondtes ammunisie. Die aanklagte is saamgeneem vir doeleindes
van
vonnis en is appellant deur die hof
a
quo
gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf. Hierdie vonnis is op appèl
omvergewerp en vervang met ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf.
Dit blyk egter dat daar meerdere vuurwapens betrokke en was daar
verdermeer ook ân aanklag van die onwettige besit van ammunisie.
Dit blyk voorts, soos uiteengesit op 703b â g van die uitspraak,
dat die appellant in daardie geval `n vorige veroordeling gehad
het
waartydens hy skuldig bevind is op twee aanklagte van poging tot
moord waarby die gebruik van `n vuurwapen betrokke was en
boonop ook
ân vorige veroordeling gehad het vir soortgelyke oortredings (die
onwettige besit van `n vuurwapen en die onwettige
besit van
ammunisie) waarvoor hy toe reeds 2 jaar gevangenisstraf opgelê
was. Hoewel dit so is dat die minimum vonnis van
15 jaar
gevangenisstraf nog nie op daardie stadium toepassing gevind het nie
en die vertrekpunt dus anders was as in die onderhawige
geval, is die
feite van daardie geval sodanig onderskeibaar van die onderhawige
feite dat dit na my mening geensins as gesag kan
dien vir die
regverdiging van die oplegging van 3 jaar gevangenisstraf in terme
van artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet in
die onderhawige geval
nie. Dit is tog insiggewend dat nieteenstaande die feit dat in terme
van die tersaaklike strafbepaling in
daardie geval `n maksimum vonnis
van 10 jaar gevangenisstraf gemagtig was, is, soos vermeld, slegs 3
jaar gevangenisstraf op appél
opgelê.
[1
9] Wat
beskuldigde 2 betref, is die omstandighede waaronder hy die misdryf
gepleeg het, beslis moreel meer blaamwaardig as in die
geval van
beskuldigde 1. Hoewel hy die pistool ook slegs vir ân relatiewe
kort tydperk besit het (hoewel ietwat langer as beskuldigde
1), het
hy die besit daarvan verkry deur op misdadige wyse die sleutels van
sy ouma se kluis te bekom en die vuurwapen sonder toestemming
daaruit
te verwyder. Hierop het hy ook vir beskuldigde 1 betrek by sy
misdadige optrede deur hom te versoek om die pistool in
sy bewaring
te hou. Hoewel beskuldigde 2 slegs 19 jaar oud is, is hy nie meer
skoolgaande nie en moet hy op gepaste wyse verantwoording
doen vir sy
optrede.
[20] Alvorens
ek verder met die opgelegde vonnis van beskuldigde 2 handel, is ek
genoodsaak om met paragraaf 2 van Mocumie, R se
navraag te handel.
Die doel van die ondervraging in terme van artikel 112(1)(b) is as
volg in
S
v NAGEL
1998 (1) SASV 218 (O) op 219f â g herbevestig:
ââ
Volgens die
woordlui van die artikel is die doel van die ondervraging om vas te
stel of die beskuldigde die bewerings in die aanklag
waarop hy
skuldig gepleit het erken, en, indien die voorsittende beampte
oortuig is dat die beskuldigde skuldig is, kan hy hom
dan skuldig
bevind. Dit is duidelik dat art 112(1)(
b)
ân tweeledige oortuigingsvereiste voor oë het: ân
oortuiging, eerstens, dat die beskuldigde al die bewerings in die
aanklag
erken en, tweedens, dat hy skuldig is aan die misdryf.ââ
[
21] Met
voormelde inaggenome, is ek van mening dat die vrae wat deur die
verhoorlanddros aan beskuldigde 2 gestel is met betrekking
tot die
afvuur van die patrone en onder welke omstandighede dit plaasgevind
het, soos dit voorkom op p. 7 van die oorkonde, veel
verder gegaan
het en wyer gestrek het as die voormelde doel van sodanige
ondervraging. Dit slaan nie op die bewerings in die aanklag
nie en
is ook nie relevant met betrekking tot beskuldigde 2 se skuld, aldan
nie, aan die ten laste gelegde misdryf nie. Die verhoorlanddros
se
inagneming van daardie feite by die oorweging van ân gepaste vonnis
soos blyk uit p. 21 reël 5 tot 20 van die oorkonde,
was na my
mening derhalwe onreëlmatig. Die feit dat die verhoorlanddros
dit wel in ag geneem het en nie net sydelings daarna
verwys het nie,
blyk uit die bewoording wat direk daarop volg op p. 21, reël 21
van die oorkonde, waar dit lees:
â
Die hof moet
dus
onderskeid maak tussen die vonnisse van beskuldigdes 1 en 2.â (eie
beklemtoning)
Dit
word
ook
sodanig bevestig in paragraaf 3 van die verhoorlanddros se antwoord
op Mocumie, R se navraag.
[22] Wanneer
voormelde inligting nie in ag geneem word by die oplegging van ân
gepaste vonnis nie, moet derhalwe ook ten gunste
van beskuldigde 2
aanvaar word dat die pistool nie by ân pleging van ân misdryf of
die uitvoering van lewensgevaarlike handelinge
gebruik is nie.
[23] Dit
moet ook in gedagte gehou word dat hoewel in
S
v THEMBALETHU
,
supra,
bevind
is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan het wat
die oplegging van `n mindere vonnis dan die voorgeskrewe
minimum van
15 jaar gevangenisstraf regverdig nie, is gelas dat 11 jaar daarvan
saamloop met die gevangenisstraf opgelê op
die ander aanklagte,
sodat `n effektiewe gevangenisstraf van slegs 4 jaar uitgedien moet
word. Ten opsigte van sodanige sameloping
het die Hof as volg
opgemerk op 58i â j:
â
...
...thereby
tempering that which would otherwise have been a very harsh sentence.
This is a sound approach. It also avoids the disproportion
referred
to in
Sukwazi
that would otherwise occur in relation to different calibre weapons,
some equipped with semi-automatic or automatic mechanisms
and others
not.â
[
24] Met
inagneming van die totaliteit van die bepaalde omstandighede en feite
ten opsigte van beskuldigde 2 in die onderhawige geval,
is ek
gevolglik van mening dat 7 jaar gevangenisstraf ook skokkend swaar en
onvanpas is. ân Termyn van 5 jaar gevangenisstraf
opgelê in
terme van artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, is na my mening
ân gepaste vonnis in die onderhawige geval.
[25] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
1. Die skuldigbevinding
van beide beskuldigdes word bekragtig.
2. Die
opgelegde vonnis van beide beskuldigdes word ter syde gestel en
vervang met die volgende:
2
.1 Beskuldigde
1 word gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf opgelê in terme van
artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, Wet
51 van 1977.
2
.2 Beskuldigde
2 word gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf opgelê in terme van
artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, Wet
51 van 1977.
2. Beide voormelde
vonnisse moet geag word opgelê te gewees het op 24 April 2009.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam.
______________
C. B. CILLIé, R
/em