Grainco (Pty) Ltd v Broodryk NO and Others (1300/2009) [2009] ZAFSHC 143; 2012 (4) SA 517 (FB) (18 June 2009)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Provisional sentence — Acknowledgment of debt — Application for provisional sentence based on acknowledgment of debt and certificate of amount owed — Defendants contesting liquidity of acknowledgment and authority of trustees — Court finding acknowledgment of debt to be sufficient for provisional sentence regarding capital amount, but not for interest due to need for external evidence — Authority of trustees established through conduct — National Credit Act not applicable as transaction not a loan agreement — Fourth defendant's cheque not binding as no underlying causa established.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 143
|

|

Grainco (Pty) Ltd v Broodryk NO and Others (1300/2009) [2009] ZAFSHC 143; 2012 (4) SA 517 (FB) (18 June 2009)

VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 1300/2009
In die saak tussen:-
GRAINCO (PTY) LTD
......................................................................
Eiser
en
MICHIEL ANDRIES
BROODRYK N.O.
.....................
Eerste
Verweerder
ADRIANA PETRONELLE
JACOBA
.
......................
Tweede
Verweerder
BROODRYK N.O.
GIEL BROODRYK
......................................................
Derde
Verweerder
M.A. BROODRYK
......................................................
Vierde
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
14 MEI 2009
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
CILLIé, R
­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­_____________________________________________________
GELEWER OP:
18 JUNIE 2009
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek om voorlopige vonnis teen eerste en tweede verweerders
gebaseer op ‘n skulderkenning gekoppel
met ‘n sertifikaat
van die verskuldigde bedrag, teen derde verweerder op sterkte van ‘n
borgstelling vir eerste en
tweede verweerders en teen vierde
verweerder gebaseer op ‘n tjek deur hom getrek ten gunste van
eiser.
[2] Namens eerste, tweede
en derde verweerders word drie gronde van verweer geopper, naamlik
dat:
2.1 die skulderkenning
nie ‘n likiede dokument is nie;
2.2. al die trustees van
die trust, waarvan eerste en tweede verweerders die trustees is, nie
toegestem het nie;
2.3. daar nie aan artikel
130 gelees met artikel 129 van die Nasionale Kredietwet Nr. 34 van
2005 voldoen was nie.
[3] Namens vierde
verweerder word aangevoer dat by uitreiking van die tjek aan eiser
daar geen onderliggende
causa
was nie. Dit was glo tussen
eiser en vierde verweerder ooreengekom dat die tjek nie aangebied sou
word vir betaling nie, spoedig
vervang sou word met ‘n ander
tjek voorsien deur die trust of derde verweerder en die onderhawige
tjek dus slegs sou dien
as tussentydse “sekuriteit”.
[4] Ek benader hierdie
aansoek op die basis dat die verweerders my tevrede moet stel dat
inagnemende die bewyslas in die hoofsaak
die waarskynlikhede om te
slaag in die hoofsaak teen die eiser is.
Vergelyk:
DICKINSON
v SOUTH AFRICAN GENERAL ELECTRIC CO (PTY) LTD
1973 (2) SA 620
(A) op 630 F.
Ek handel op daardie
basis dan vervolgens met die geopperde verwere.
[5]
LIKIDITEIT VAN
DIE SKULDERKENNING:
5.1. Die vraag is of die
skulderkenning ‘n ondubbelsinnige en onvoorwaardelike erkenning
van aanspreeklikheid deur eerste
en tweede verweerders namens die
trust is dat die bedrag in die voorlopige vonnisdagvaarding gevorder,
verskuldig is aan eiser.
5.2. Die relevante
bepalings in die “Erkenning van Aanspreeklikheid” lees as
volg:

A.
Bevestiging van Verskuldigheid
Die partye kom ooreen en bevestig dat:
1. Die Trust op 12 Junie 2008 die
bedrag van
R359 638.13
aan Grainco verskuldig was (hierna
verwys as ‘die verskuldigde bedrag’);
2. Die Trust en Broodryk hiermee
afstand doen van die voordele
non causa debiti
,
errore
calculi
en geen waarde ontvang.
3. Broodryk homself gebonde ag aan die
borgstelling soos uiteengesit in die onderskeie ooreenkomste tussen
Grainco en die Trust
gesluit en dat hy homself hiermee spesifiek
verbind as borg en mede-hoofskuldenaar vir die behoorlike en
stiptelike nakoming deur
die Trust van die verpligtinge ingevolge
hierdie ooreenkoms.
B. Rente
Rente sal deurlopend op die balans van
die verskuldigde bedrag bereken word teen die prima uitleenkoers van
Absa Bank min 1% en
maandeliks op die eerste dag van elke maand
vooruit bereken en gekapitaliseer word.
C. Verhaling van verskuldigde
bedrag
1. Die volle verskuldigde bedrag,
sowel as die rente daarop bereken ooreenkomstig klousule B hierbo,
sal op
29 Augustus 2008
deur die Trust aan Grainco oorbetaal
word. Indien die rentekoerse soos op 20 Junie 2008 onveranderd bly
sal die bedrag betaalbaar
op 28 Augustus 2008 die bedrag van R370
894.67 beloop.
2. Die volle verskuldigde bedrag sal
onmiddellik, sonder enige verdere kennisgewing of aanmaning,
opeisbaar en betaalbaar word indien
die Trust of Broodryk
gesekwestreer word of ‘n daad van insolvensie pleeg.
3. Indien die bedrag soos verskuldig
op 29 Augustus 2008 nie op voormelde datum betaal word nie sal dit
sonder enige verdere kennisgewing
of aanmaning van die Trust of
Broodryk verhaal kan word by wyse van die uitreiking van ‘n
dagvaarding en sal geen verdere
uitstel aan beide partye in die
verband deur Grainco verleen word nie.
4. ‘n Sertifikaat wat voorgee om
uitgereik te wees deur een van die direkteure van Grainco en wat
beweer die uitstaande saldo
van die verskuldigde bedrag te
sertifiseer, sal aanvaar word as
prima facie
bewys van
sodanige verskuldigheid en sal voldoende bewyskrag hê om
Grainco in staat te stel om aansoek om summiere vonnis
of voorlopige
vonnis in enige bevoegde hof teen die Trust en Broodryk te bring vir
die bedrag op daardie sertifikaat aangedui en
hul aanvaar die onus om
daardie bedrag te weerlê as synde nie die bedrag wat verskuldig
is nie.”
Met ‘n beroep op
RICH AND OTHERS v LAGERWEY
1974 (4) SA 748
(A) betoog
mnr Pienaar, namens die verweerders, dat die skulderkenning nie
voldoende likied is vir doeleindes van voorlopige
vonnis nie, omdat
die erkenning van aanspreeklikheid nie vir ‘n bepaalde bedrag
is nie. Volgens die betoog kan die sertifikaat,
wat die uitstaande
bedrag bevestig, nie die dokument likied maak nie.
Vergelyk:
WOLLACH v
BARCLAYS NATIONAL BANK LTD
1983 (2) SA 543
(A).
Mnr Pienaar se beswaar
verwys natuurlik na die rentekomponent van die gevorderde bedrag.
Volgens hom maak die ooreenkoms rondom
die toepaslike rentekoers,
soos
supra
aangehaal, die presiese verskuldigde bedrag nie
bepaalbaar nie en kan die sertifikaat op sterkte van
WOLLACH
,
supra
, nie hierdie gebrek aanvul nie.
Hierdie betoog hou
egter in dat ten minste die kapitaal van R359 638.13 vatbaar is vir
verlening van voorlopige vonnis.
Mnr Joubert, namens die
eiser, gee egter vir oorweging dat die rentekomponent van die eis
in hierdie geval binne die trefwydte
val van die uitgebreide veld
van voorlopige vonnis. Hy steun in hierdie verband op wat Kriegler
R, soos hy toe was, in
WEDGE STEEL (PTY) LTD v WEPENER
1991 (3) SA 444
(WLD) as volg gesê het op p. 447 G:

The
defendant's acknowledgment of his liability for interest at such
readily and well-nigh irrefutably ascertainable rates, coupled
with
the mechanism provided by clause 7 of the acknowledgment of debt for
such ascertainment, fall within the ambit of the extended
field of
application of provisional sentence in our practice.”
Dit is egter duidelik
dat hierdie benadering slegs toepassing kan vind waar

...
the
requisite components for calculating the amount of interest are fixed
in the founding document or are readily and probably irresistibly

ascertainable
dehors
the document by applying a formula therein specified.”
(
WEDGE
STEEL
,
supra
,
p. 447 H)
Dit is nie die geval in
die onderhawige aansoek om voorlopige vonnis nie. Eksterne getuienis
is steeds nodig om die toepaslike rentekoers
te bewys.
Voorlopige vonnis sou
gevolglik nie toegestaan kan word vir meer as die kapitaal van R359
638.13 nie.
[6]
MAGTIGING DEUR
AL DIE TRUSTEES:
6.1. Die trustakte van
die Giel Broodryk Trust, soos verteenwoordig deur eerste en tweede
verweerders in hierdie aansoek om voorlopige
vonnis, vereis dat
besluite wat die trustees neem deur ‘n eenstemmige besluit van
beide trustees moet geskied.
Vergelyk: Klousule 8.2.2
van die trustakte.
Die trustees kan egter
een of meer van hulle magtig om alle dokumente, wat vir die
administrasie van die trust en ter uitvoering
van enige transaksie
wat met die trust se sake verband hou, te teken.
Vergelyk: Klousule 2.4.4.
Namens die eerste,
tweede en derde verweerders word aangevoer dat tweede verweerder,
synde een van die trustees, nie die skulderkenning
gemagtig het
nie. Tweede verweerder beweer in ‘n opponerende verklaring
dat daar nooit

enige
besluit deur die trust geneem is in terme waarvan die eerste
verweerder, my seun
Michiel
Andries Broodryk
gemagtig word om sonder my medewete en toestemming en sonder ‘n
eenparige besluit deur die trustees, namens die trust op
te tree
en/of die trust in enige ooreenkoms teenoor enige skuldeiser te
verbind nie.”
6.4 Dit blyk egter uit
die stukke dat die trust boerdery beoefen; dat die tweede verweerder
die 82-jarige moeder van die eerste
verweerder is en die eerste
verweerder al vir etlike jare eensydiglik besigheid doen namens die
trust met eiser en ander instansies.
Al die dokumente in hierdie saak
is ook deur die eerste verweerder alleen onderteken. Dit sou naïef
wees om dit as ‘n
waarskynlikheid te aanvaar dat eerste
verweerder iedere en elke keer as hy die trust se besigheid hanteer,
eers sy bejaarde moeder
se toestemming gaan vra daarvoor. Die
afleiding is onafwendbaar dat eerste verweerder ‘n algemene
magtiging van tweede verweerder
het om die trust se sake te hanteer
en dat eiser dit by die hoofsaak sal kan bewys.
[7]
NASIONALE
KREDIETWET:
7.1 Verweerders voer aan
dat die skulderkenning ‘n kredietooreenkoms binne die bepalings
van artikel 8(4)(f) van die Nasionale
Kredietwet daarstel wat as volg
lees:

any other
agreement, other than a credit facility or credit guarantee, in terms
of which payment of an amount owed by one person
to another is
deferred, and any charge, fee or interest is payable to the credit
provider in respect of-
(i) the agreement; or
(ii) the amount that has been
deferred.”
Die onderhawige
skulderkenning voosien wel uitgestelde betaling en rente. Volgens
mnr Pienaar, namens die verweerders, is dit
voldoende om deur die
bepalings van die Wet getref te word besonderlik met betrekking tot
die vereistes van artikel 130 gelees
met artikel 129 van die Wet.
Die onderliggende
causa
van die skulderkenning is egter nie ‘n geldleningstransaksie
nie, maar ‘n skadevergoedingseis ten aansien waarvan
eiser by
ooreenkoms aan eerste, tweede en derde verweerders uitstel van
betaling van die skade verleen het.
Ek stem met mnr
Joubert, namens die eiser, saam dat dit nooit die bedoeling van die
Wetgewer kon gewees het om so ‘n transaksie
te tref nie.
Sodanige uitleg van die Wet sou tot

...
absurdity so glaring that it would never have been contemplated by
the legislature.”
Vergelyk:
CAROLUSKRAAL
FARMS (EDMS) BPK v EERSTE NASIONALE BANK VAN SUIDER-AFRIKA BPK;
RED HEAD BOER GOAT
(EDMS) BPK v EERSTE NASIONALE BANK VAN SUIDER-AFRIKA BPK;
SLEUTELFONTEIN
(EDMS) BPK v EERSTE NASIONALE BANK VAN SUIDER-AFRIKA BPK
[1994] ZASCA 23
;
1994
(3) SA 407
(AA) te 422 A – G.
Die onderhawige
transaksie val nie binne die besigheid van geldlenings en
kredietverskaffing in die gewone sin van die woord
nie. Die aanhef
tot die Nasionale Kredietwet waarin die doelstellings beskryf word,
bevestig ‘n uitleg dat dit nie die
oogmerk was om so ‘n
onderlinge uitstel van betaling van skadevergoeding te tref nie.
Vergelyk:
BRIDGEWAY
LTD v MARKAM
[2008] ZAGPHC 251
;
2008 (6) SA 123
(WLD) te 127 I – 128 A.
[8]
VIERDE
VERWEERDER SE TJEK:
8.1 Die tjek, aanhangsel
“C” tot die dagvaarding, waarop voorlopige vonnis gevra
word, is ‘n tjek getrek deur
vierde verweerder.
Dit is duidelik dat
vierde verweerder nie deel is van die transaksie onderliggend
tussen eiser en eerste, tweede en derde verweerders
nie.
Hoe dit gekom het dat
sy tjek aan eiser oorhandig is, word as volg deur vierde verweerder
verduidelik:

3.3 Ek
bevestig dat ek nooit persoonlik enige gelde aan die eiser verskuldig
was nie. Verdermeer bevestig ek dat daar nooit enige
ooreenkomste
tussen myself en die eiser aangegaan is in terme waarvan ek
aanspreeklikheid aanvaar het en/of onderneem het om die
trust en/of
derde verweerder se verskuldigheid aan die eiser te betaal nie.
3.4 Ten tye van die oorhandiging van
die tjek, welke tjek deur my onderteken is, was dit deutentyd die
ooreenkoms tussen myself
en eiser, soos verteenwoordig deur JA van
der Merwe dat die tjek nie aangebied sal word vir betaling nie, maar
slegs gehou sal
word totdat dit van ‘n vervangende tjek deur
die trust voorsien is. Die tjek was ook nooit aan Van der Merwe en/of
die eiser
oorhandig met die bedoeling dat dit wel aangebied kan word
vir betaling van die trust se verskuldigheid nie.
3.5 Strydig met die ooreenkoms
aangegaan tussen myself en Van der Merwe namens die eiser, het die
eiser die tjek aangebied vir betaling.”
Eerste verweerder
verduidelik die gebeure as volg in sy opponerende eedsverklaring:

10.3 By ons
aankoms te die betrokke vulstasie te Villiers het Van der Merwe my
meegedeel dat hy, buiten die ooreenkoms wat deur
my onderteken is,
ook ‘n vooruitgedateerde tjek benodig ten aansien van die
verskuldigde bedrag. Ek was nie voorheen daarvan
bewus nie en het Van
der Merwe my ook nie tydens ons telefoniese gesprek daarvan in kennis
gestel nie. Ek het dus nie die trust
se tjekboek of selfs my
persoonlike tjekboek byderhand gehad nie. Ek het Van der Merwe aldus
meegedeel.
10.4 Van der Merwe het daarop
aangedring dat hy van ‘n vooruitgedateerde tjek voorsien word.
Ek het hom daarop gewys dat my
seun wel sy tjekboek ter hand het en
het ons afgespreek dat ‘n tjek deur my seun aan Grainco verskaf
sal word met dien verstande
dat ek, voor datum van betaling daarvan
die tjek deur ‘n tjek van die trust en/of myself sal vervang.
Voormelde is deur Van
der Merwe aanvaar.
10.5 Uit hoofde daarvan het my seun
die tjek, aanhangsel ‘C’ tot die voorlopige
vonnisdagvaarding aan Van der Merwe
oorhandig.
10.6 Ek bevestig dat daar nooit enige
ooreenkoms tussen my seun, die vierde verweerder en eiser aangegaan
was in terme waarvan vierde
verweerder aanspreeklikheid namens die
trust aanvaar het en/of onderneem het om namens myself en/of die
trust die verskuldigde
bedrag aan die eiser te betaal nie. Tydens die
oorhandiging van die tjek was dit deurentyd die bedoeling tussen
vierde verweerder
en eiser dat die tjek nooit aangebied sal word vir
betaling nie, maar slegs gehou sal word totdat dit deur ‘n tjek
van die
trust en/of myself vervang word.”
Namens eiser is hierop
gerepliseer dat eerste verweerder die vooruitgedateerde tjek op
eiser se versoek oorhandig het vir aanbieding
op die datum van
opeisbaarheid van die skuld. Eiser sou glo onbewus wees daarvan dat
dit vierde verweerder se tjek is.
Dié weergawe van
vierde verweerder skyn my op die oog af veel meer waarskynlik te
wees as dié van eiser. Ek is
nie oortuig daarvan dat eiser
in die hoofsaak sal kan bewys dat vierde verweerder bedoel het om
op die tjek ook aanspreeklik
te wees teenoor eiser vir die trust en
derde verweerder se verskuldigheid nie.
Mnr Joubert betoog
egter dat die eiser ‘n reëlmatige houer van die tjek is.
Dus kan ‘n persoonlike verweer,
soos bogemeld, nie teen eiser
geopper word nie, luidens die betoog.
Ingevolge artikel 27(1)
van die Wisselwet is ‘n reëlmatige houer iemand wat ‘n
wissel

27 (1) .....
(a) .....
(b) ..... te goeder trou en vir waarde
geneem het, en toe die wissel aan hom verhandel is, moet hy .....”
Dit word aldus deurgaans
aanvaar dat reëlmatige houerskap alleen verkry kan word deur
verhandeling.
Vergelyk:
Wisselreg en
Tjekreg
, F R Malan, p. 173 en verder.
In hierdie geval is die
eiser en vierde verweerder natuurlik onmiddellike partye tot die
tjek.
Mnr Joubert betoog
egter dat
RAMSUKH v DIESEL-ELECTRIC (NATAL) (PTY) LTD
[1997] ZASCA 56
;
1997 (4) SA 242
(SCA) op 247 F – 249 A gesag bied daarvoor
dat die nemer by uitgifte wel in bepaalde omstandighede ‘n
reëlmatige
houer kan wees, naamlik as die agterliggende
transaksie, soos hier, tussen ander verwyderde partye is. Ek is nie
oortuig daarvan
dat dit presies is wat Van Heerden AR in die
RAMSUKH
-saak te kenne wou gee nie. Nadat Van Heerden
AR gehandel het met die lank aanvaarde beginsel soos uiteengesit in
MOTI AND CO. v CASSIM’S TRUSTEE
1924 AD 720
dat
die nemer van ‘n orderwissel nie ‘n reëlmatige
houer kan wees nie, doodeenvoudig omdat hy nie deur verhandeling

verkry het nie, gaan Van Heerden AR dan as volg voort op 248 F:

As will have
been observed, in
Mot
i
Innes CJ stressed the fact that a bill payable to order is negotiated
by the endorsement of a holder plus delivery, which is to
be
distinguished from the issue of a bill by the drawer to the payee. By
contrast, s 29(2) provides that a bill payable to bearer
is
negotiated by delivery. It would therefore seem clear that the payee
of a bearer instrument may qualify to be the holder in
due course
thereof.”
Dit kom my voor dat al
wat Van Heerden AR wou konstateer, is dat die nemer van ‘n
toonderwissel tog mag kwalifiseer as ‘n
reëlmatige houer.
Die onderhawige tjek is egter nie ‘n toondertjek nie, maar is
betaalbaar gemaak aan eiser en die oordrag
daarvan is deur ‘n
kruising gekwalifiseer. Dit val dus nie binne dieselfde kategorie as
waarmee Van Heerden AR gehandel het
nie.
Vierde verweerder is
bygevolg nie verhoed om sy persoonlike verweer, soos
supra
uiteengesit, teen eiser se vordering op die tjek te opper nie.
Vierde verweerder het
my oortuig dat die waarskynlikhede in die hoofsaak hom sal
begunstig en behoort voorlopige vonnis nie
teen hom toegestaan te
word nie.
Bygevolg word die
volgende bevel gemaak:
1. Voorlopige vonnis in
die bedrag van R359 638.13 alleen word gesamentlik en afsonderlik
teen eerste, tweede en derde verweerders
toegestaan.
2. Die aansoek om
voorlopige vonnis teen vierde verweerder word afgewys.
3. Eerste, tweede, derde
en vierde verweerders moet hul verweerskrifte, ten aansien van die
uitstaande bedrae waarvoor voorlopige
vonnis nie toegestaan is nie,
indien binne 14 dae na lewering van hierdie uitspraak.
4. Die koste tot dusver
staan oor vir beregting tydens die hoofsaak.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die eiser: Adv.
D.C. Joubert
In opdrag van:
Matsepes Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerders:
Adv. C.D. Pienaar
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp