S v Mucale [2009] ZAFSHC 71 (11 June 2009)

40 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Misapplication of penalties — Accused charged with driving without a license and alternative charge of not having a license available — Court clerk erroneously accepted payment for both charges — Magistrate requested review to set aside conviction on alternative charge and order refund of payment — Review granted, conviction on alternative charge set aside, and refund ordered.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 71
|

|

S v Mucale [2009] ZAFSHC 71 (11 June 2009)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 304/2009
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
MARIO R. MUCALE
CORAM:
WRIGHT, R
et
VAN DER
MERWE, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
11 JUNIE 2009
[
1] In
hierdie aangeleentheid, onder ons aandag gebring deur die senior
landdros van Welkom, blyk dit dat ingevolge ‘n skriftelike

kennisgewing om in die hof te verskyn ingevolge artikel 56(1) van die
Strafproseswet, No. 51 van 1977, ‘n hoofklagte van bestuur
sonder
‘n lisensie en ‘n alternatiewe klagte dat die lisensie nie
byderhand was nie, gestel was. In die kennisgewing is ‘n

skulderkenningsboete van R200,00 op die hoofklagte en R100,00 op die
alternatiewe klagte gestel. Die klerk van die hof het egter
per
abuis betaling vanaf die beskuldigde ontvang van die
skulderkenningsboetes op beide die hoof sowel as die alternatiewe
klagtes.
[2] In
die omstandighede versoek die landdros dat die geagte
skuldigbevinding op die alternatiewe klagte ingevolge artikel 57(6)

van die Strafproseswet, tersyde gestel word en gelas word dat die
bedrag van R100,00 aan die beskuldigde terugbetaal word. Dit
is
duidelik dat in hierdie versoek voldoen moet word.
[3] Gevolglik
word die skuldigbevinding die alternatiewe aanklag tersyde gestel en
word gelas dat die bedrag van R100,00 aan die
beskuldigde terugbetaal
word.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_______________
G.
F. WRIGHT
,
R
/em