S v Masiza [2009] ZAFSHC 70 (11 June 2009)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Conviction and sentence set aside — Accused convicted of operating public transport without a valid permit and failing to appear in court — Evidence presented that fine for first offence was paid by employer prior to court appearance — Court finding that proceedings against accused were concluded before appearance date, rendering arrest warrant improper — Convictions and sentences set aside, and refund ordered for paid fines.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 70
|

|

S v Masiza [2009] ZAFSHC 70 (11 June 2009)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 248/2009
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
JONAS MASIZA
CORAM:
WRIGHT, R
et
VAN DER
MERWE, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
11 JUNIE 2009
[
1] Die
beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig daaraan skuldig
bevind dat hy 22 Mei 2008 openbare vervoerdiens verrig het
sonder ‘n
geldige permit, strydig met die bepalings van Artikel 102(1)(a) van
die Vrystaatse Wet op Openbare Vervoer, No. 4 van
2005. Op hierdie
aanklag is hy gevonnis tot ‘n boete van R1 500,00 of 50 dae
gevangenisstraf. Die beskuldigde is ook ingevolge
artikel 55(1) van
die Strafproseswet, No. 51 van 1977 skuldig bevind daaraan dat hy
versuim het om op 18 Julie 2008 in die Landdroshof
te verskyn
kragtens kennisgewing ingevolge artikel 56(1) van die Strafproseswet
wat op 22 Mei 2008 aan hom oorhandig is. Vir hierdie
oortreding is
hy gevonnis tot boete van R300,00 of 30 dae gevangenisstraf. Hierdie
boetes is namens die beskuldigde betaal deur
ene Edward Mofolo.
[2] Die
landdros bring nou egter onder ons aandag dat die
skulderkenningsboete van R1 500,00 vervat in die voormelde
skriftelike
kennisgewing ingevolge artikel 56(1) van die
Strafproseswet, blykbaar sonder kennis daarvan aan die kant van die
beskuldigde, reeds
betaal was deur die beskuldigde se werkgewer
klaarblyklik voordat die beskuldigde gedurende 2008 in die hof moes
verskyn het. Gevolglik
was dat die saak teen die beskuldigde
afgehandel voor die verskyningsdatum en moes ‘n lasbrief vir sy
arrestasie nie uitgereik
gewees het nie. In hierdie omstandighede
versoek die landdros dat beide die skuldigbevindings en vonnisse
tersyde gestel word
en dat die bedrag van R1 800,00 aan Edward Mofolo
terugbetaal word. Dit is duidelik dat aan hierdie versoek voldoen
moet word.
[3] Gevolglik word die
skuldigbevindings en vonnisse tersyde gestel en word belas dat die
bedrag van R1 800,00 aan Mnr Edward Mofolo
terugbetaal word.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_______________
G.
F. WRIGHT
,
R
/em