Damgazela and Another v S (A219/2008) [2009] ZAFSHC 69 (11 June 2009)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Identification evidence — Appellants convicted of rape; first appellant challenged identification by complainant — Complainant testified she recognized first appellant in dim light after being assaulted — First appellant's defense was total denial, while second appellant claimed consent — Court found that the identification was reliable despite discrepancies in witness statements — Conviction of both appellants upheld, with sentences of 18 years imprisonment confirmed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 69
|

|

Damgazela and Another v S (A219/2008) [2009] ZAFSHC 69 (11 June 2009)

VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèl
Nr.
: A219/2008
In die
appèl tussen:
PETRUS
THEMBA DAMGAZELA
1ste Applikant
ISAAC
LINGELILE MHKEHLANE
2de Applikant
en
DIE
STAAT
Respondent
______________________________________________________
CORAM:
RAMPAI,
R
et
KRUGER, R
et
VAN
ROOYEN WND R
UITSPRAAK:
RAMPAI,
R
et
KRUGER, R
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
1
JUNE 2009
______________________________________________________
GELEWER
OP:
11
JUNE 2009
[1]
Appellante
is in die Streekhof skuldig bevind aan verkragting en vir vonnis na
hierdie hof verwys. Milton Wnd R het die skuldigbevindings

bekragtig. Nadat die streeklanddros se redes ontvang is, het die
saak voor Milton, Wnd R gedien. Na aanhoor van betoog en verdere

oorweging was Milton Wnd R tevrede met die skuldigbevinding van beide
appellante en het dit bekragtig, en beide tot 18 jaar gevangenisstraf

gevonnis.
[2] Aansoek om verlof tot
appèl is gedoen voor Milton, Wnd R, namens eerste appellant
teen skuldigbevinding en vonnis; namens
tweede appellant slegs teen
vonnis. Die aansoek is so toegestaan.
[3] Die
saak het voor Van der Merwe R gedien, wat twyfel uitgespreek het oor
die uitkenning van Appellant No 1 (beskuldigde no 1).
Die saak is na
die streeklanddros verwys en sy het redes verstrek:
“
3. Ek wens
respekvol ten opsigte hiervan, die volgende aan die hand te doen:
Beskuldigde 1 het
ál die elemente van die onderhawige misdryf ontken. Hy plaas
homself tot ‘n mate op die toneel/betrek
homself t.o.v. sekere van
die gebeure daardie nag, deurdat hy aanvoer: hy was op ‘n stadium
in die klaagster en beskuldigde
2 se geselskap in die betrokke
taverne, waarna hy (beskuldigde 1) en klaagster se vriend (getuie
Khuduga) daar in ‘n bakleiery
betrokke sou wees. Identiteit van
beskuldigde 1 blyk dus nie so vooropstaande alhier te wees nie.
Beide klaagster en haar vriend
getuig hoe beskuldigde 1, lg. dié
aand met ‘n klip(pe) bestook het. Die nabygeleë winkel se
buitelig het die toneel
daar voldoende verlig. Die vriend het daar
met beskuldigde 1 gepraat. Die afsand toe tussen hul was 4 – 5 m.
Beide die getuies
het beskuldigde 1 toe ook reeds ‘n geruime tyd
vooraf geken. Beide het dan ook ‘n beskrywing van die klere waarin
hy die nag
sou geklee gewees het, welke beskrywing tot ‘n groot
mate ooreenstem, gegee. Die klaagster het getuig dat agter die
betrokke
sinkstruktuur alwaar sy verkrag is, die toneel aldaar ook
deur die betrokke lig by die winkel, verlig was. Hoewel dit volgens
haar, “dowwe lig” was, kon sy daarin beskuldigde 1 identifiseer,
ná hy en beskuldigde 2 haar met geweld daarheen weggevoer
het
vanaf die plek waar haar vriend met ‘n klip(pe) bestook was. Die
kanse dus dat klaagster, dié faktore en omstandighede
in
aggenoem, ‘n bona fide fout met beskuldigde 1 se identiteit
moontlik kan maak, is dus uiters gering. Die feit dat beskuldigde
1
se relaas, soos geopper, verwerp is, versterk en verhef die klaagster
se relaas tot bewys bo redelike twyfel.”
[3] Eerste
appellant se verweer was ‘n totale ontkenning van verkragting,
hoewel hy homself op die toneel in die teenwoordigheid
van die
klaagster se vriend plaas kort voor die insident. Tweede appellant
se verweer is toestemming.
[5] Betreffende
eerste appellant se uitkenning blyk Van Merwe R se probleme uit sy
stellings aan die staatsadvokaat toe die saak
voor hom gedien het:
“
Sy sê van hierdie man dat hy
het ‘n groen of ‘n geel skipper aangehad en ‘n bruin broek,
maar in haar verklaring sê
sy ‘n wit T-hemp en ‘n swart
broek en dit is nagdonker en sy is ‘n enkelgetuie.”
en
“
HOF
Dit is nagdonker daar. Die vrou sê hy het ‘n groen skipper
of ‘n geel skipper aangehad en ‘n bruin broek, maar in
haar
polisieverklaring sê sy ‘n wit T-hemp en ‘n swart broek.
Jy kan nie in Sotho seker die geel en groen en wit omruil
nie.”
en
“
HOF
Ja, maar ek meen kan ‘n taalverskil nou tussen ‘n groen en ‘n
wit hemp en ‘n bruin broek en ‘n swart broek, die verduideliking

daarvoor gee?”
en
“
HOF
En dit is pikdonker. Ek weet ook nie hoeveel het hulle gedrink weer
altyd nie. In elk geval, ek is nie tevrede ... ek het ten
minste
twyfel oor die skuld van beskuldigde 1, wat moet ek dan nou maak?
Hoe stel u voor? Moet ek die landdros se redes vra?”
[6] Die
enigste
geskilpunt in hierdie saak is of eerste appellant korrek skuldig
bevind is. Dit is nie dieselfde vraag as die vraag of die klaagster

hom behoorlik uitgeken het nie.
[7] Mnr
Skibi (wat vir beide appellante optree) kritiseer die klaagster se
uitkenning omdat sy i
n
haar hoofgetuienis sê een van die persone was Madice, maar in
kruisondervraging sê sy sy het die mans nie geken nie,
maar kan
hulle uitken. Hierdie stellings word gebasseer op die klaagster se
getuienis waar sy in hoof sê: “Dit is die
een met die streep
‘top’, Madice,” en in kruisondervraging sê klaagster sy
ken een se naam, maar het nie sy naam by
die aflê van haar
verklaring genoem nie. Dis duidelik uit haar verdere antwoord: “Ek
het hulle gesê ek ken hulle
se gesigte.”
[8] Daar
kan maklik probleme opduik by die neem van verklarings deur die
polisie, soos uitgewys in
S
v MAFALADISO EN ANDERE
2003 (1) SASV 583 (HHA) te 593 en 594h. ‘n Hof moet ‘n aantal
vrae vra met betrekking tot sulke teenstrydighede voordat negatiewe

afleidings gemaak word (
loc
cit)
.
Die streeklanddros het betoog rakende teenstrydighede tussen
klaagster se polisieverklaring en haar getuienis in die hof voorsien

aan die einde na klaagster se getuienis:
“
HOF
Ek sien die verklaring is in Engels geskryf. Is in die Engelse taal
geskryf. Nou toe die polisieman dit aan u teruggelees het,
watter
taal het hy dit vir u teruggelees? --- In Sotho daardie tyd wat hy
daar geskryf het.
Het hy vir u gesê ja hy verstaan
nie eintlik Afrikaans mooi nie? --- Ja, hy het my straight gesê.
Watse taal het julle twee met mekaar
gepraat?
---Ons het Afrikaans saam met Sotho
gemix.
Nou verstaan u Suid Sotho goed? ---
Ekskuus? Nie so baie nie.”
[9] In
hierdie omstandighede is dit nie verbasend dat daar verwarring is
tussen bruin en swart, en wit, groen en geel
nie.
[10] Die
streeklanddros het die getuienis as geheel beoordeel, soos wat die
korrekte
benadering
is.
[11]
Die
getuienis rakende eerste appellant
1. Klaagster se getuienis
in hoof betreffende eerste appellant is soos volg:
Sy en
haar vriend Chrisjan Khudu
ga
was om 20h30 vanaf die winkel op pad huis toe. Twee mense het agter
hulle aangeloop, waarvan een vir Chrisjan met ‘n klip
teen die kop
gegooi het sodat dit gebloei het en Chrisjan het geval. Chrisjan is
toe terug om sy maats te gaan haal en toe gryp
die twee mans haar.
Klaagster het getuig dat sy net een van die mans geken het, eerste
appellant. Sy het hom reeds tevore geken,
want hulle wooon in
dieselfde straat. Sy is nie gewoond om met hom te praat nie en ken
nie sy naam nie. Sy sien hom baie keer
in die straat loop. Daar was
dowwe lig by die toneel. Nadat die twee teen haar sin met haar
gemeenskap gehad het, het Chrisjan
teruggekeer en die mans het
weggehardloop. Eerste appellant het ‘n geel T-hemp en bruin broek
aangehad. Tweede appellant se
broek was bruin.
2. Chrisjan
Khunduga was die aand saam met klaagster op pad huis toe. Eerste
appellant het op hom geskreeu hulle soek die klaagster.
Op daardie
stadium het eerste appellant saam met ‘n groep seuns buitekant die
winkel gestaan. Tweede appellant was ook daar
gewees. Dit was voor
die aanval. Chrisjan ken vir eerste appellant, hulle woon in
dieselfde area. Hy sien hom elke dag. Eerste
appellant het hom van
agter met ‘n klip teen die agterkop gegooi. Nadat eerste appellant
hom met die klip gegooi het, het eerste
appellant bly staan, so vier
meter van Chrisjan af. Chrisjan het toe teruggedraai, om vriend wat
in die winkel werk te gaan haal
en klaagster daar gelaat. Toe hy
teruggekom het , het klaagster hom gesê dat die twee klaar is
met haar. In kruisondervraging
getuig Chrisjan dat, toe hy
terugloop, het hy verby eerste appellant geloop.
3. Eerste
appellant se weergawe was dat hy die aand na ‘n taverne was, waar
hy tweede appellant en klaagster aangetref het wat
gesit en drink
het. Hy het op tweede appellant se uitnodiging by hulle aangesluit.
Khuduga het toe opgedaag. Hy het vir eerste
appellant gesê
klaagster is sy vriendin. Toe eerste appellant sê hy moet met
tweede appellant praat, het Khuduga gesê
hy moet nie so met hom
praat nie en vir eerste appellant met die vuis geslaan. Toe gooi
eerste appellant vir Khuduga met ‘n
bierbottel. Daarna verlaat
eerste appellant die perseel. Hy het die klaagster slegs van sien
geken.
4. Tweede
appellant se weergawe was dat hy by die taverne twee biere gekoop
het. Hy het klaagster opgemerk wat teen die muur langs
hom gestaan
het. Dit was die eerste dag wat hy haar gesien het. Hy het liefde
aan haar voorgestel en sy het aanvaar. Toe sluit
eerste appellant by
hulle aan. Na ‘n rukkie het Khuduga opgedaag. Khuduga het vir
eerste appellant gesê dis sy meisie
en vir eerste appellant met
die vuis geslaan. Eerste appellant is toe weg. Tweede appellant
praat toe met Khuduga en tweede appellant
sê dat klaagster sy
voorstel vir liefde aanvaar het. Khuduga het nie sy verduideliking
oor klaagster aanvaar nie en aangedring
dat klaagster sy vriendin is,
maar is toe tog weg uit die taverne, waar hy klaagster en tweede
appellant agtergelaat het.
5. By
die deurlees van tweede appellant se weergawe maak dit geen sin nie.
Dis reeds vreemd dat hierdie wildvreemde vrou sy voorstel
vir liefde
aanvaar; dis onbegryplik waarom Khuduga sonder teenstribbeling
verdwyn omdat hy gehoor het dat sy vriendin niks van
hom wil weet nie
nadat hy pas tevore vir eerste appellant met ‘n vuis of bottel
geslaan het. Khuduga was ‘n bevredigende getuie
en daar was geen
rede om sy weergawe dat daar geen onderonsie tussen hom en eerste
appellant was nie, en dat hy en klaagster nie
in die taverne was nie,
te verwerp nie. Die landdros handel volledig met die appellante se
relase en verstrek oortuigende redes
vir die verwerping daarvan. ‘n
Mens sou verwag dat eerste appellant minstens die klaagster se eerste
naam sou kon gemeld het
indien sy weergawe, wat deur tweede appellant
bevestig is, waar was.
[12] In
S
v MBULI
2003 (1) SASV 97 (HHA) par. [57] sit Nugent AR die posisie soos volg
uiteen:
“
[57] It is trite
that the State bears the onus of establishing the guilt of the
appellant beyond reasonable doubt, and the converse
is that he is
entitled to be acquitted if there is a reasonable possibility that he
might be innocent (
R
v Difford
1937 AD 370
at 373, 383). In
S
v Van der Meyden
1999 (2) SA 79
(W), which was adopted and affirmed by this Court in
S
v Van Aswegen
2001 (2) SACR 97
(SCA), I had occasion to reiterate that in whichever
form the test is applied it must be satisfied upon a consideration of
all
the evidence. Just as a court does not look at the evidence
implicating the accused in isolation to determine whether there is
proof beyond reasonable doubt,
so
too does it not look at the exculpatory evidence in isolation to
determine whether it is reasonably possible that it might be
true
.
In similar vein the following was said in
Moshephi
and Others v R LAC
(1980 - 1984) 57 at 59F - H, which was cited with approval in
S
v Hadebe and Others
1998 (1) SACR 422
(SCA) at 426f - h:
'
The
question for determination is whether, in the light of all the
evidence adduced at the trial, the guilt of the appellants was

established beyond reasonable doubt. The breaking down of a body of
evidence into its component parts is obviously a useful aid
to a
proper understanding and evaluation of it. But, in doing so, one must
guard against a tendency to focus too intently upon
the separate and
individual part of what is, after all, a mosaic of proof. Doubts
about one aspect of the evidence led in a trial
may arise when that
aspect is viewed in isolation. Those doubts may be set at rest when
it is evaluated again together with all
the other available evidence
.
That is not to say that a broad and indulgent approach is appropriate
when evaluating evidence. Far from it. There is no substitute
for a
detailed and critical examination of each and every component in a
body of evidence. But, once that has been done, it is
necessary to
step back a pace and consider the mosaic as a whole. If that is not
done, one may fail to see the wood for the trees.’”
(accent decent)
[13]
Klaagster
en haar vriend se getuienis moet ook saamgelees word. Dis duidelik
dat klaagster en haar vriend gestap het, eerste appellant
het haar
vriend van agter met ‘n klip gegooi. Haar vriend het eerste
appellant gesien toe hy stap na die winkel om sy vriende
te gaan haal
om haar te help teen eerste appellant. Dit plaas eerste appellant se
uitkenning bo twyfel, veral omdat eerste appellant
erken dat hy kort
voor die insident in ‘n onderonsie met klaagster se vriend betrokke
was. Die eerste appellant het ‘n valse
weergawe van die tweede
appellant gestaaf en deur so te doen die weergawe van die
staatsgetuie versterk. Dit is hoogs onwaarskynlik
dat die aanval van
Khuduga in die Masasa Tavern ontstaan het. Dit is meer waarskynlik
dat dit buitekant in die straat plaasgevind
het.
[14] Albei
appellante plaas hulself op die toneel. Hulle relase is nie redelik
moontlik waar nie. Die skuldigbevinding is korrek.
[15] Wat
vonnis betref is die enigste faktor in appellante se guns hul
ouderdom. Eerste appellante is gebore op 16 Oktober 1985,
en tweede
appellante op 8 Februarie 1985. Die insident het op 3 April 2006
plaasgevind. Klaagster is gebore op 30 Desember 1978.
Eerste
appellant was dus nagenoeg 18 jaar en 5 maande, tydens die insident,
en tweede appellant 19 jaar en 1 maand, en klaagster
25 jaar. Die
appellante het besluit hulle wil gemeenskap met klaagster hê,
soos blyk uit Khuduga, klaagster se vriend, se
getuienis. Hulle het
haar vriend met geweld verdryf en hulle sin met haar gekry. Hulle
het klaagster verneder. Hulle verdien
geen simpatie nie.
BEVEL
[1
6] Die
appèl van beide appellante ten opsigte van skuldigbevinding en
vonnis word afgewys, en die skuldigbevindings en vonnisse
word
bekragtig.
_________________
A. KRUGER, R
Ek stem saam.
________________
M.
H. RAMPAI, R
Namens
die appellant:
Adv.
NJ Skibi
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. DJ Pretorius In opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolging
BLOEMFONTEIN
/EM