About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 55
|
|
Bartins En Anders v Padongelukkefonds (4768/07) [2009] ZAFSHC 55 (7 May 2009)
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 4768/07
In
die saak tussen:-
W.S.F. BARTNIS
1ste
Eiseres
L.E. BARTNIS
2de
Eiseres
H. SWARTZ
3de
Eiser
B.S.
JACKSON
4de
Eiseres
en
PADONGELUKKEFONDS
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
21, 24
APRIL 2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
7 MEI
2009
_____________________________________________________
[1] Die vier eisers was passasiers in
ân Toyota Venture bestuur deur die eerste versekerde bestuurder,
Matlatsa. Die Venture
het die versperrings aan die kant van die pad
getref en omgeslaan nadat Matlatsa verblind is deur die ligte van ân
aankomende
voertuig
,
bestuur deur ân onbekende persoon (die tweede versekerde
bestuurder). Die eisers is beseer toe die Venture omgeslaan het.
Die Venture het nie met ân ander voertuig gebots nie. Ingevolge
artikel 17(1) van die Padongelukkefondswet 56 van 1996, is die
verweerder aanspreeklik vir skade gely deur die eisers wat veroorsaak
is of voortvloei uit die bestuur van ân motorvoertuig indien
die
besering of dood te wyte is aan die nalatigheid of ander onregmatige
daad van die bestuurder, ook waar die identiteit van die
bestuurder
nie vasgestel is nie. Waar die eis teen die bestuurder van die
voertuig, waarin die eiser ân passasier was, ingestel
word, (dus
hier ten opsigte van die eerste versekerde bestuurder) is die eis
beperk.
[2] By die aanvang van die verhoor is
die volgende bevel by ooreenkoms gemaak:
â
1. Die
locus
standi
van die 1
ste
tot 4
de
Eisers en hulle reg om te eis word erken.
2. Ingevolge Reël 33(4) word gelas dat die kwessie van
aanspreeklikheid afsonderlik bereg word.
3. Die koste van die aansoek om skeiding uitgereik 15 April 2009 moet
deur respondent betaal word.
4. Dit word genotuleer dat die verweerder die
nalatigheid van die 1
ste
versekerde bestuurder in die veroorsaking van die verkeersinsident
erken.
5. Dit is nie in geskil dat die verkeersinsident op 1 November 2002
op die N1 nasionale pad tussen Winburg en Bloemfontein plaas
gevind
het nie.
6. Die omvang van skadevergoeding word uitgestel vir latere
beregting.â
[3] Die feite rondom die verkeersinsident is die
volgende:
Die verkeersinsident het op die N1 tussen Winburg en
Bloemfontein plaasgevind in die aand, êrens tussen 21h00 en
01h00.
Die Toyota Venture
,
bestuur deur die eerste versekerde bestuurder waarin eisers
passasiers was, was onderweg na Bloemfontein.
Die voertuig bestuur deur die
tweede versekerde bestuurder was op die N1
onderweg in die rigting vanaf Bloemfontein na Winburg.
Daar is een baan vir verkeer na
Bloemfontein, met ân strook links van die geel streep wat nie
heeltemal breed genoeg is dat
ân voertuig daarbinne kan ry nie.
Links van die teer is daar ân metaal versperringstrook
wat
met paaltjies in die grond is. Daar is weerkaatsers in die
versperring. By die plek waar die verkeersinsident plaasgevind
het, maak die pad ân geleidelike draai na regs vir verkeer vanuit
rigting Winburg na Bloemfontein. Volgens die getuienis
van die
eerste versekerde bestuurder is daar ân driehoek
waarskuwingsteken voor die draai wat die draai aandui. Die pad
is
gelyk â daar is nie ân op- of afdraande nie. Die versperring
langs die pad begin waar die draai begin.
Vir verkeer vanaf Bloemfontein na Winburg, soos die
tweede versekerde bestuurder gery het, is daar twee bane. Daar is
ân
soliede streep in die middel van die pad.
Tydens die verkeersinsident het dit gereën,
hoewel nie hard nie. Die pad was nat.
Matlatsa het tussen 100 â 120
km/
h gery. Toe hy
merk dat die aankomende voertuig, bestuur deur die tweede
versekerde bestuurder, nie sy ligte domp nie, het
hy sy voet van
die versneller afgehaal. Hy het nie gerem nie. Hy het na die
linkerkant beweeg en die versperring getref,
as gevolg waarvan sy
voertuig omgeslaan het.
[4] Vier getuies het namens eisers getuig. Die
verweerder het geen getuies geroep nie.
Anna Sontho Nkhato het direk agter
die bestuurder in die Venture gesit in die middelste ry.
Sy
het getuig dat by die plek van die verkeersinsident maak die pad ân
skerp draai na regs. Die verkeersinsident het in die
vroeë
oggendure plaasgevind. Daar was sagte reën tydens die
verkeersinsident. Sy het die voertuig van voor se helder
ligte
gesien, haar kop laat sak en âoeâ gesê. Volgens haar het
Matlatsa ân gemiddelde spoed van ongeveer 80 km/h
gery. Toe die
aankomende voertuig sy ligte nie op domp gesit het nie, sê
Matlatsa âeishâ en probeer sy voertuig
beheer as gevolg van die
reën. In kruisondervraging het sy getuig dat sy die
aankomende voertuig se ligte deur die bome
aan die regterkant van
die pad gesien aankom het.
Herman Swartz, die derde eiser, het
links voor in die Venture gesit. ân Ander persoon het tussen hom
en Matlatsa gesit.
Volgens hom het die verkeersinsident tussen
20h00 en 20h30 plaasgevind. Dit het gereën tydens die
insident en die pad
was nat. Die pad draai na links. Toe die
voertuig van voor nader met sy helder ligte, het Swartz sy hand
voor sy oë
gesit. Hy sê die Venture het teen ân
middelmatige spoed gery. Die aankomende voertuig was vyf tot tien
meter weg
van hulle toe hy dit die eerste keer sien. Hy onthou nie
of Matlatsa die Venture se ligte geflikker het vir die ander
bestuurder
nie.
Inspekteur P
ule
Johannes Radebe van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Winburg was
by die toneel net na die verkeersinsident op 1 November
2002. Die
pad loop bietjie af, maar is gelyk om die draai. Daar is een baan
vir verkeer wat weg van Winburg ry en twee bane
vir verkeer na
Winburg. Die geel strook aan Matlatsa se linkerkant is so breed
dat die grootste deel van ân motor daarbinne
sal pas en ân
klein stukkie van die motor sal verbysteek. Daar is weerkaatsers
in die versperring langs die pad. Dis ân
lang draai, maar as ân
voertuig teen 120 km/h ry, sal hy bietjie stadiger in die draai
moet ry.
Matlatsa het getuig dat hy die
bestuurder van die Venture was. Dit was ongeveer 21h00.
Dit het saggies gereën. Die pad maak ân slap draai na
regs. Daar is een baan vir verkeer soos hy gery het en twee
bane
vir verkeer van voor. Hy het ân voertuig van voor gesien nader
met sy helder ligte aan. Daardie ligte het hom verblind
en gemaak
dat hy nie die pad kon sien nie. Hy het sy voet van die versneller
afgehaal (nie gerem nie) en probeer om bietjie
na links te beweeg
ten einde die aankomende voertuig spasie te gee.
In kruisondervraging het hy gesê
dat voor die insident was sy spoed 100 â 120 km/h. Daar was ân
padteken wat wys daar
is ân draai. Toe hy dit sien, het hy sy
spoed bly handhaaf. Hy het bevestig dat daar weerkaatsers in die
metaaldeel van die
versperring is. Gevra waarom hy nie sy hand
gebruik het om die helder ligte van voor af te skerm nie, sê
Matlatsa die ligte
is nie soos die son nie, dit sou nie help om sy
hand te gebruik nie. Hy glo hy kon niks anders doen nie. Gevra of
dit voor die
insident in 2002 al gebeur het dat ân voertuig van
voor nie sy ligte na domp gestel het nie, antwoord Matlatsa dat die
motoriste
hulle samewerking gegee het, maar kon nie onthou wat hy
gedoen het in gevalle waar daardie bestuurders nie hul ligte verdof
het
nie. Gevra hoe lank die aankomende voertuig se ligte in sy oë
geskyn het voordat sy voertuig die versperring getref het, sê
hy dit was ân baie kort tyd.
[5]
Die
regspraak
Besliste sake wat handel met hoofligte wat ân
bestuurder verblind, is nie van veel nut in die ongewone feitestel
van hierdie
saak nie.
5.1 In
HODGKISS
v MURRAY
1948
(3) SA 266
(OKPA) het die respondent in die aand teen appellant se
onverligte ossewa, wat in dieselfde rigting as respondent beweeg het,
vasgery.
Kort voor die botsing is respondent verblind deur die ligte
van ân aankomende motor. Hy het effens spoed verminder en links
geswenk (te 268). Die hof het bevind dat die botsing veroorsaak is
deur die uitsluitlike nalatigheid van die appellant se werknemer
in
sy versuim om ligte te voorsien aan die ossewa waarteen respondent
gebots het (te 269).
In
S
v VAN DEVENTER
1963 (2) SA 475
(A) is appellant verblind deur die ligte van ân
aankomende motor en hy het toe in die voetganger voor hom vasgery,
wat oorlede
is na die botsing. Die hof (te 480 E â G) wys daarop
dat appellant moontlik meer kon gedoen het om die botsing te vermy,
maar sê dan, met verwysing na
HOFFMAN
v SOUTH AFRICAN RAILWAYS AND HARBOURS
1955 (4) SA 476
(A) te 478 F dat dit nie noodwendig volg dat omdat
die botsing vermy
kon
word, die appellant dit
moes
vermy nie (te 480 F â G). Die hof sê onder meer:
â
The possibility that he might become blinded
ought, therefore, to have been present to appellant's mind. Once he
was blinded by
the south-bound car's headlights, appellant did not
apply his brakes. That is to say, save for removing his foot from the
accelerator,
he made no attempt whatever to minimise the risks
attendant upon his car's proceeding on to a stretch of road which his
eyes had
not previously scanned.â (482 A â B)
Die hof bevind dat die appellant moes
geantisipeer het dat daar een of ander obstruksie
,
ook ân voetganger, in sy kar se pad was,
â
... he should, immediately he was blinded, have
applied his brakes in order to minimise the danger resulting from his
being rendered
unable to seeâ (483 C â D).
Die hof bevind dat die Staat bewys het dat appellant
nalatig was.
In
SANTAM
VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK EN 'N ANDER v STRYDOM
1977 (4) SA 899
(A) het die respondent in die aand agter teen ân
stilstaande sleepwa met voorspan vasgery, nadat hy deur die ligte
van ân
aankomende voertuig verblind is. Die hof bevind dat die
respondent ân fout begaan het om slegs sy voet van die
petrolpedaal
af te haal. Hy moes sy remme getrap het. Hy het
betreklik vinnig op ân besige pad gery. Die hof vind dat
respondent nalatig
was en dat sy nalatigheid tot die botsing
bygedra het (p. 912 B â D).
In
SOUTH
AFRICAN MUTUAL FIRE & GENERAL INSURANCE CO LTD v DICKSON
1978 (1) SA 692
(A) was die respondent ân voetganger wat deur ân
motor getref is waarvan die bestuurder deur die ligte van ân
aankomende
motor verblind was. Die bestuurder wat verblind was,
was nalatig deurdat hy vir geruime tyd verblind was, maar versuim
het
om stadiger te ry of te stop (699 H). Die hof vind (op 696 H)
dat dit nie normale gedrag vir ân bestuurder is om aan te hou
ry
terwyl heeltemal verblind nie. Op appèl bevestig die hof
dat die voetganger nie bydraend nalatig was nie.
In
NISELE
v AA MUTUAL INSURANCE ASSOCIATION LTD
1980 (3) SA 441
(K) het die bestuurder van die versekerde voertuig
ân voetganger raakgery nadat hy verblind is deur aankomende
ligte. Daar
was geen getuienis oor hoe die voetganger voor die
versekerde bestuurder se motor beland het nie. Die hof vind dat
geen nalatigheid
van die versekerde bestuurder bewys is nie (445 E
â F).
In
TRENCOR
SERVICES (EDMS) BPK v LOOTS & LOOTS EN ANDERE
2001 (1) SA 324
(NK) het die appellant se voertuig met die
respondent se stilstaande voertuig van agter gebots nadat die
bestuurder van appellant
se voertuig verblind is deur ligte van ân
aankomende voertuig. Die verhoorhof het die afleiding gemaak dat
die bestuurder
van appellant se voertuig moes besef het dat sy sig
deur die aankomende voertuig se ligte affekteer sou word en dat toe
hy
sy eie ligte gedomp het, hy moes besef het dat hy sy gesigsveld
beperk (332 C â E). Die volbank bevestig dat die bestuurder
van
appellant se voertuig nalatig was deurdat hy nie remme aangeslaan
en stadiger gery het toe hy verblind is nie (335 D â
E).
[6]
Beoordeling
van getuienis
6.1 Anna Nkhatho het agter die
bestuurder gesit. Sy het geen rede gehad om na die pad op te let
nie. Haar skatting van die tyd
van die verkeersinsident (tussen
middernag en eenuur) is, met verwysing na die polisiebeampte Radebe
en die bestuurder Matlatsa,
duidelik verkeerd. Sy het die ligte van
die aankomende voertuig reeds deur bome aan die regterkant van die
pad gesien, iets waaroor
Matlatsa nie getuig het nie. Sy bevestig
dat dit gereën het en die pad nat was. Haar getuienis
bevestig
dat die ligte van die aankomende voertuig verblindend was.
Herman Swartz het getuig dat die draai na links was,
iets wat duidelik verkeerd was op die objektiewe getuienis van die
polisiebeampte
Radebe. Swartz het ân aantal keer lank gedink oor
sy antwoorde en die indruk geskep dat hy rekonstrueer, dat hy dink
wat
moes gebeurhet, eerder as om te getuig oor wat gebeur het.
Inspekteur Radebe het ân goeie
indruk gemaak van ân getuie wat weet waarvan hy praat. Hy kan
die toneel met sekerheid beskryf.
Hy het ook getuig oor die twee
merke wat die Toyota Venture teen die versperring langs die pad
gemaak het toe dit daarteen
gebots het. Sy getuienis oor die wydte
van die strook teer links van die geel streep is belangrik.
Die versekerde bestuurder Matlatsa
het soms vrae ontwyk, byvoorbeeld oor wat hy gedoen het in die tyd
voor die verkeersinsident
as voertuie hom van voor verblind met hul
helder ligte. Al wat hy wou sê is dat hulle gewoonlik hulle
samewerking gegee
het, hy wou nie sê wat gebeur het in die
gevalle waar hulle nie hulle samewerking gegee het nie. Toe hy
gevra is oor
die lyn in die middel van die pad, het hy verwys na
herstelwerk op die pad, wat by navraag irrelevant geblyk het. Hy
het die
indruk geskep van ân getuie wat ân onsekere situasie
(as gevolg van herstelwerk) wil probeer skep as moontlike toevlug.
Hy wou ook nie aandui hoe ver die aankomende motor was toe hy dit
vir die eerste keer sien; later het dit geblyk dat dit baie
naby
was toe dit hom verblind het. Op ân stadium het hy verwys na die
draai as ân skerp draai, nie ân âgentle curveâ
nie, net om
later weer te bevestig dat dit ân matige draai was. Gevra oor sy
vermindering van spoed, sê hy dat as
dit op ân reguit pad
was, sou hy baie spoed verminder het as hy gesien het die
aankomende voertuig verdof nie sy ligte nie.
Hy het nie
verduidelik waarom dit eerder moes gedoen word as op ân matige
draai nie. Hy kon nie sê hoe breed die
teerstrook links van
die geel streep was nie en ook nie hoe groot die stuk grond tot by
die versperring was nie. Dit dui
ó
f
op onoplettendheid
ó
f
op ân onwilligheid om toe te gee dat daar voldoende ruimte was om
na links te beweeg sonder om die pad te verlaat of in
die
versperring vas te ry. Matlatsa was nie ân bevredigende getuie
nie.
[7]
Submissies
7
.1 Mnr.
Zietsman, vir eisers, het met verwysing na
SANTAM
VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK EN 'N ANDER v STRYDOM
,
supra
,
te 912 daarop gewys dat verblinding in aanmerking geneem word as ân
faktor by die bepaling van nalatigheid. Uit die getuienis
blyk dat
Matlatsa verblind is en die verblinding het kousaal verband gehou met
die feit dat die versekerde bestuurder die verkeersinsident
veroorsaak het. Matlatsa was nalatig deur nie vroeër te rem
nie. Die vraag is of die verblinding bygedra het daartoe dat
hy na
links geswenk het. Sy reaksie moet redelik wees. Was die
verblinding so erg dat Matlatsa nie geweet het waar die voertuig
met
die verblindende ligte is en dat Matlatsa geglo het hy moet links
swenk ten einde homself ruimte te gee, sodat hy nie met daardie
voertuig bots nie? Mnr. Zietsman sê in die omstandighede was
dit nie moontlik vir Matlatsa om te weet waar die aankomende
voertuig
is nie. Die feit dat hy te ver na links geswaai het, was nalatig,
maar dit neem nie die verblinding weg nie.
Mnr. De Klerk, namens respondent,
wys daarop dat die enigste grond van nalatigheid van die tweede
versekerde bestuurder waarop
eisers steun, is die feit dat hy
versuim het om die hoofligte van sy voertuig te domp (Besonderhede
van Vordering par. 9.7).
Hy verwys na
TRENCOR
SERVICES (EDMS) BPK v LOOTS & LOOTS EN ANDERE
,
supra
,
op 329 C â E waar die hof na deskundige getuienis verwys
betreffende hoe ân motoris se sig deur die ligte van aankomende
verkeer geaffekteer word, waaruit blyk dat ân motoris se sig
verminder na 50% wanneer die aankomende voertuig 91 meter van
hom
af is. Sy sig keer na 90% terug wanneer die voertuig 229 meter by
hom verby is. Dit keer nie na normaal terug sodra die
voertuig by
hom verby is nie. Netsomin as wat dit
per
se
nalatig is om
bo die spoedgrens te ry, is dit
per
se
nalatig om met
helder ligte te ry. Verder staan nie vas dat die ligte op helder
was nie. Mnr. Zietsman wys egter daarop dat
dit nooit aan enige
getuie gestel is dat die ligte nie op helder was nie. Dis duidelik
uit die getuienis van drie getuies
wat in die Venture was dat die
ligte verblindend was.
Mnr. De Klerk wys daarop dat hier nie
ân onverwagte versperring in Matlatsa se pad was nie. Hy kon die
draai se boog voor hom
sien met verwysing na Nkhatho se getuienis.
Daar was weerkaatsers in die versperring. Hy kon die gradiënt
van die draai
sien. Selfs as die tweede versekerde bestuurder
nalatig was deur vir Matlatsa te verblind, het die tweede versekerde
bestuurder
se optrede nie veroorsaak dat Matlatsa opgetree het soos
wat hy gedoen het nie.
Mnr. De Klerk betoog dat die optrede van die tweede versekerde
bestuurder nie kousaal verband hou met die nalatige veroorsaking
van
die verkeersinsident deur Matlatsa nie. Hy vra dus dat die hof
bevind dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike
nalatigheid van die eerste versekerde bestuurder, Matlatsa.
Bevinding
en gevolgtrekking
[8]
In
hierdie geding moet die eisers bewys dat hulle beserings veroorsaak
is of voortvloei uit die nalatige bestuur van die tweede
versekerde
bestuurder. Die eisers moet bewys dat die tweede versekerde
bestuurder die redelike moontlikheid moes voorsien dat
sy optrede
skade aan die eisers sou veroorsaak en redelike stappe moes geneem
het om daarteen te waak, maar versuim het om sulke
stappe te neem.
(
KRUGER v COETZEE
1966 (2) SA 428
(A) te 430 E â F.) Nalatigheid bestaan nie in
vacuo
nie, maar word bepaal met verwysing na die feite. Hier was die feite
die volgende:
Dis donker.
Dit reën saggies, die pad is nat.
Daar is ân draai in die pad, met
ân waarskuwingsteken voor die draai.
Daar is ân versperring langs die pad van waar die
draai begin met weerkaatsers in die versperring, wat die gradiënt
van
die draai aandui en wat die versperring se ligging duidelik
toon.
Daar is een baan vir verkeer in Matlatse se rigting en
twee bane vir verkeer van voor.
Daar is ân teerstrook byna breed genoeg vir ân
voertuig om in te ry links van die geel streep.
Matlatsa ry teen 100 â 120 km/h wat hy meen veilig is
omdat dit binne die spoedgrens val.
Matlatsa gebruik nie sy hand om die
ligte van voor af te s
kerm
nie, omdat hy meen dis teen die wet om sy hand van die stuurwiel af
te haal.
Wanneer Matlatsa deur die voertuig
verblind word, haal hy net sy voet van die versneller af. Hy rem
nie.
Matlatsa swenk na links om uit die pad van die
aankomende voertuig te bly. Hy verloor skynbaar uit die oog dat die
pad na regs
swenk.
Ten spyte van die feit dat daar ân strook van
ongeveer ân motorbreedte links van die geel streep is en nog ân
stuk grond
voor die versperring, ry Matlatsa in die versperring vas
en die voertuig rol.
[9]
Die
afleiding is onvermydelik dat Matlatsa nie redelik opgetree het nie.
Daar was geen rede om te glo dat die voertuig van voor
na sy kant sou
oorkom nie, want daardie bestuurder se ligte was helder en daar is
twee bane vir verkeer in die rigting wat hy gery
het. Hy het te
vinnig gery in die reën en nag - dit volgens die getuienis van
Inspekteur Radebe dat mens spoed moet verminder
om die draai. Daar
is ân waarskuwingsteken, wat Matlatsa gesien het, voor die draai.
Daar is weerkaatsers in die versperring.
Die reën het sy sig
beperk. Die nat pad het sy voertuig se padhouvermoë ingekort.
Dis nie ân ongewone gebeurtenis
dat aankomende ligte ân motoris
verblind nie. Dan moet die motoris stadiger ry en weet waar hy ry.
Matlatsa het nie oorweeg
om sy eie ligte op helder te sit nie. Hy
het nie probeer om die helder ligte met sy hand af te skerm nie. Hy
het te vinnig gery
en onnodiglik en op onverantwoordelike wyse
rigting verander terwyl sy sig beperk was.
[10] Die uitsluitlike oorsaak van die
verkeersinsident was die onnodige swenk na links uitgevoer deur
Matlatsa. Die skerp ligte
van die tweede versekerde bestuurder was
nie kousaal verantwoordelik vir die optrede van Matlatsa wat sy
voertuig laat rol het
nie.
[11]
Koste
Omdat verweerder eers op die eerste dag van die verhoor
die nalatigheid van die eerste versekerde bestuurder toegegee het, is
eisers
geregtig op die koste van die saak, insluitende die koste van
die verhoor. Die tweede dag van die verhoor is in die geheel gewy
aan die vraag na die nalatigheid van die tweede versekerde
bestuurder, welke vraag in verweerder se guns beslis is. ân
Kostebevel
teen eisers vir die koste van die tweede verhoordag, sou
eisers se sukses teen die eerste versekerde bestuurder kon uitwis of
ernstig
beperk. Eisers was geregtig om te poog om te slaag teen die
tweede versekerde bestuurder. Dit sou onbillik wees om hulle
eisbedrag
deur so ân kostebevel te belemmer. Deur te weier om voor
die verhoor die nalatigheid van eerste versekerde bestuurder toe te
gee, het verweerder eisers verplig om op verhoor te kom en eisers is
geregtig op die koste van die verhoor.
[12]
Bevel
1. Eisers se eis teen verweerder in soverre dit die
nalatigheid van die tweede versekerde bestuurder betref, word van die
hand gewys.
2. Eisers se eis teen die verweerder ten opsigte van die
nalatigheid van die eerste versekerde bestuurder, slaag.
3. Verweerder word gelas om eisers se
koste van die verhoor op 21 en 24 April 2009 te betaal, en die balans
van die koste staan
oor vir latere beregting.
4. Die bepaling van die quantum van
eisers se eise word
sine
die
uitgestel.
____________
KRUGER
,
R
Namens die eisers: Adv.
P.J.J.
Zietsman
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder: Adv. M.C.C.
de Klerk
In opdrag van:
McIntyre & Van der Post
BLOEMFONTEIN
/sp