S v Kesilwe [2009] ZAFSHC 53 (30 April 2009)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative and suspended sentences — Accused convicted of attempted theft and sentenced to 24 months' imprisonment, with 12 months suspended — Previous conviction for theft considered — Court questioned appropriateness of cumulative sentence — Sentence amended to 24 months' imprisonment with 18 months suspended, conditional on no further theft offenses during suspension period. The accused, a 38-year-old man, pleaded guilty to attempted theft of a used bush cutter motor valued between R800 and R1,000. He had a prior conviction for theft and was unable to pay a fine due to limited income. The legal issue concerned the appropriateness of the cumulative sentence imposed in light of the accused's previous conviction and current financial circumstances. The court upheld the conviction but set aside the original sentence, replacing it with a revised sentence of 24 months' imprisonment, of which 18 months was suspended for four years, conditional on no further theft offenses.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 53
|

|

S v Kesilwe [2009] ZAFSHC 53 (30 April 2009)

VRYSTAAT HOË HOF,
BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening
Nr. :
121/2009
In die
hersiening
tussen:-
DIE STAAT
versus
SHUPING
KESILWE
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT,
R
et
MOCUMIE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
30
APRIL 2009
_____________________________________________________
[1]
Die
beskuldigde in hierdie saak, ‘n 38-jarige man, is skuldig bevind
aan poging tot diefstal nadat hy skuldig gepleit het. Hy
is dan ook
soos volg gevonnis:
“
Ingevolge
artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 word die beskuldigde gevonnis tot
24 (vier en twintig) maande gevangenisstraf waarvan
1
2
(twaalf) maande gevangenisstraf opgeskort word vir 4 (vier) jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
diefstal
of poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ingevolge artikel 280(2) Wet 51 van
1977 word gelas dat (6) ses maande gevangenisstraf samelopend
uitgedien word met die vonnis
van 18 (agtien) maande gevangenisstraf
ingevolge artikel 276(1)(i) Wet 51 van 1977.”
[2] Dit blyk dat die
beskuldigde ‘n “bush cutter-motor” probeer steel het en dat die
waarde daarvan, indien dit ‘n nuwe
implement sou wees, R800,00 na
R1 000,00 sou beloop. Dit blyk egter uit die getuienis dat die
betrokke implement nie nuut was
nie, maar ‘n gebruikte motor.
Voorts vermeld die landdros dat die beskuldigde nie ‘n vrou en
kinders het nie en dat hy ‘n
karige verdienste ontvang het as teler
en plaveier en dat hy nie in staat is om ‘n boetevonnis te betaal
nie.
[3] Dit
blyk dan ook dat die beskuldigde ‘n vorige veroordeling het vir
diefstal en dat hy ingevolge artikel 276(1)(i) van Wet
51 van 1977
tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf gevonnis waaruit die
beskuldigde na goeddunke van die Kommissaris onder korrektiewe
toesig
geplaas mag word. Die landdros het dan ook die moontlikheid in ag
neem dat die skuldigbevinding aan die huidige misdaad
tot gevolg mag
hê dat hy die vorige vonnis vir ‘n langer tydperk of as
geheel sal moet uitdien.
[4] Gevolglik is die
volgende navraag aan die landdros deur myself gerig:
“Redes
vir vonnis word verlang.
Op welke grondslag is gelas dat 6
maande van die vonnis samelopend uitgedien moet word met die vorige
vonnis van die beskuldigde
wat opgelê is op 15-12-2008, veral
terwyl dit oënskynlik nie seker is of die beskuldigde die volle
vorige vonnis moet
uitdien of nie? Sou dit nie net gepas gewees het
om ‘n groter deel van die vonnis op te skort nie?”
[5] Die landdros het met
hierdie sienswyse saamgestem en die vonnis wat hieronder vermeld
word, voorgestel.
Bygevolg word die
skuldigbevinding bekragtig, maar die vonnis wat opgelê is,
tersyde gestel en vervang met die volgende vonnis:
Ingevolge artikel
276(1)(b) Wet 51 van 1977 word die beskuldigde gevonnis tot 24 (vier
en twintig) maande gevangenisstraf waarvan
18 (agtien) maande
gevangenisstraf opgeskort word vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
diefstal of poging
daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die vonnis moet geag word
opgelê te gewees het op 26 Januarie 2009.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
_
______________
B.C.
MOCUMIE
,
R
/sp