Lohan Civil- Tebogo Joint Venture and Anders v Mangaung Plaaslike Munisipaliteit and Anders (508/2009) [2009] ZAFSHC 46 (6 April 2009)

55 Reportability
Public Procurement

Brief Summary

Tender — Review of tender award — Applicants sought to review the decision of the Bid Adjudication Committee to award tender T0807 to the fourth respondent, deviating from the Bid Evaluation Committee's recommendation — Legal issue centered on whether the Bid Adjudication Committee acted within its authority and followed proper procedures — Court held that the decision to award the tender was set aside due to procedural irregularities, and the matter was referred back for reconsideration.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 46
|

|

Lohan Civil- Tebogo Joint Venture and Anders v Mangaung Plaaslike Munisipaliteit and Anders (508/2009) [2009] ZAFSHC 46 (6 April 2009)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoek Nr.: 508/2009
In die aansoek tussen:-
LOHAN CIVIL –
TEBOGO JOINT VENTURE
Eerste Applikant
LOHAN CIVIL (PTY)
LTD
Tweede Applikant
LEKHOBOLO AGNES
NELLY KWAGILE N.O.
Derde Applikant
AOBAKWE KOA McNATLY
NOKO N.O.
Vierde Applikant
SEBUSANG AGNES
MATOASE N.O.
Vyfde Applikant
en
MANGAUNG PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
1ste Respondent
MUNISIPALE
BESTUURDER: MANGAUNG
2de Respondent
PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
DIE
VOORSITTER: BOD BEOORDELINGS
3de Respondent(1)
KOMITEE
MANGAUNG PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
DIE
BOD BEOORDELINGS KOMITEE
3de Respondent(2)
MANGAUNG
PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
MOELETSI – PETER
JV
4de Respondent
PETER CONTRACTORS
(PTY) LTD
5de Respondent
MOELETSI TRADING
CC
6de Respondent
______________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
__
____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
26 MAART 2009
______________________________________________________
GELEWER
OP:
6

APRIL 2009
______________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
hersieningsaansoek waarin applikante vorder dat tweede, derde(1) en
derde(2) respondente (hierinlater gesamentlik
na verwys as “derde
respondente” of die “Bod Beoordelings Komitee”) se besluit om
‘n tender aan vierde respondent toe
te ken, hersien, tersyde gestel
en reggestel word; alternatiewelik terugverwys word vir heroorweging
de novo
.
Die tersaaklike gedeelte van die kennisgewing van mosie waarin
hierdie regshulp gevorder word, lees as volg:
“
2. Dat die besluite naamlik:
Die Bod Beoordelings Komitee se
besluit op 9 Januarie 2009 om af te wyk van die aanbeveling van die
Bod Evaluerings Komitee
en om tender T0807 aan vierde respondent
toe te ken alternatiewelik aan te beveel dat tender T0807 aan
vierde respondent toegeken
word;
Die besluit van tweede respondent om
tender T0807 aan vierde respondent toe te ken;
hersien, ter syde gestel en reggestel
word.
Dat tender T0807 hiermee aan eerste
applikant toegeken word, alternatiewelik dat eerste en tweede
respondente gelas word om tender
T0807 aan eerste applikant toe te
ken.
In die alternatief tot paragraaf 3
hierbo:
Dat die besluit met betrekking tot die
toekenning van tender T0807 na die tweede en derde respondente
terugverwys word vir oorweging
de
novo
;
Dat eerste en tweede respondente
gesamentlik en afsonderlik en ook gesamentlik en afsonderlik met
sodanige ander respondente wat
hierdie aansoek sou opponeer, gelas
word om die koste van hierdie aansoek te betaal.
Dat verdere en/of alternatiewe
regshulp aan applikante verleen word.”
[2] Dit dien vermeld te
word dat applikante ‘n tweeledige aansoek geloods het, deurdat
hulle ook ‘n tussentydse interdik gevorder
het hangende die finale
beregting van die hersieningsaansoek. Daardie gedeelte van die
aansoek met betrekking tot die tussentydse
regshulp, het op 19
Februarie 2009 ook voor my gedien. Ek het op 27 Februarie 2009
uitspraak gelewer (hierinlater na verwys “my
vorige uitspraak”)
en die volgende bevele verleen:
“1. Paragrawe 2 tot 4 van die
aansoek om skrapping word van die hand gewys.
2. Hangende die finale beregting van
applikante se aansoek vir die hersiening en tersydestelling van die
besluit om tendernommer
T0807 aan vierde respondent toe te ken:
2.1 word die respondente verbied om
enige uitvoering aan die toekenning van die tender te gee;
2.2 word die vierde, vyfde en sesde
respondente verbied om enige handelinge te verrig ter implimentering
of uitvoering van die
gemelde besluit.
3 Eerste, tweede, derde(1) en
derde(2) respondente word gelas om die koste van die aansoek tot op
datum te betaal, gesamentlik
en afsonderlik, betaling deur die een
die ander kwytgeskeld te word, wat insluit die oorgestane koste van 9
Februarie 2009, ook
ten opsigte van vyfde tot sewende respondente se
koste daarvan, en wat voorts ten opsigte van applikante se koste, die
koste van
twee advokate insluit.
4 Wat die voortsetting van die
voorgenome hersiening betref, word die volgende beveel:
4.1 Tweede, derde(1) en derde(2)
respondente word gelas om, indien en insoverre hulle nog nie aan
Afdeling B, (a) en (b) van die
Kennisgewing van Mosie voldoen het
nie, daaraan te voldoen voor of op Woensdag, 4 Maart 2009, om 16h00.
4.2 Applikante word gelas om hul
gewysigde Kennisgewing van Mosie en/of aanvullende funderende
beëdigde verklarings, soos
bedoel in Hofreël 53(4), te
liasseer voor of op Maandag, 9 Maart 2009, om 15h00.
4.3 Respondente word gelas om hulle
verdere aanvullende opponerende beëdigde verklarings in antwoord
op bogemelde, indien
enige, te liasseer voor of op Maandag, 16 Maart
2009, om 13h00.
4.4 Applikante word gelas om hulle
verdere repliserende verklarings, indien enige, te liasseer voor of
op Donderdag, 19 Maart
2009, om 15h00.
4.5 Applikante word gelas om die
hersieningsaansoek ter rolle te plaas om aangehoor te word op
Donderdag, 26 Maart 2009, om 9h30
(indien nodig geag deur die partye,
in oorleg met die Regter-President met betrekking tot die aanhoor
daarvan deur `n enkele of
twee Regters), tensy die partye ooreenkom
op `n latere datum vir die aanhoor van die hersieningsaansoek, in
welke geval applikante
gemagtig word om dit ooreenkomstig sodanige
ooreenkoms ter rolle te plaas.”
[3] Nadat voormelde
bevele deur my verleen is, is daar meerdere kennisgewings en ook twee
interlokutêre aansoeke deur van
die partye geliasseer.
Aangesien daardie aangeleenthede nou reeds afgehandel is (met
uitsluiting van die koste van een van die
interlokutêre
aansoeke, waarmee ek later hierin sal handel), meen ek dit is nie
nodig om enigsins verder na daardie aansoeke
te verwys nie. Ek meen
egter dat dit noodsaaklik is om wel te vermeld dat onmiddellik
voorafgaande die aanhoor van hierdie hersieningsaansoek,
het ek vir
beide Mnr Danzfuss, namens applikante, en Mnr Reinders, namens eerste
tot derde respondente, gevra of hulle enige beswaar
daarteen het dat
die hersieningsaansoek deur my bereg word, eerstens gegewe die feit
dat ek die aansoek met betrekking tot die
tussentydse interdik
aangehoor het en tweedens gegewe die feit dat ooreenkomstig die
praktyksreël in hierdie afdeling, hersieningsaansoeke

gebruiklikerwys deur twee Regters aangehoor word, hoewel dit ten
spyte daarvan, redelik dikwels gebeur dat ‘n hersieningsaansoek
wel
net deur een Regter aangehoor word. Beide advokate het my die
versekering gegee dat nie enige van die tersaaklike partye enige

beswaar daarteen het dat ek die hersieningsaansoek aanhoor en bereg
nie. Aangesien ekself ook van mening was dat daar geen beletsel

daarteen is dat ek die hersieningsaansoek aanhoor nie en ek inderdaad
gemaklik was daarmee, het ek voortgegaan en dit aangehoor.
[4] Vanweë
soortgelyke verwysings in die aansoekstukke, is ek voornemens om na
die “Bid Evaluation Committee” te verwys
as die “Bod
Evaluerings Komitee” en na die “Bid Adjudication Committee” as
die “Bod Beoordelings Komitee” of “derde
respondent”.
Hierdie benamings slaan dus nie op my indruk van die onderskeie
komitees se funksies nie. Ek gaan ook om doelmatigheidsredes
na die
onderskeie regulasies en beleid verwys ooreenkomstig die engelse
benamings daarvan, aangesien die engelse weergawes daarvan
voor my
dien (wat klaarblyklik die enigste beskikbare weergawes is).
[5] Na aanleiding van die
bevele in paragraaf 4 van die hofbevel deur my gemaak, het tweede
respondent en derde respondente op 5
Januarie 2009 die
getranskribeerde oorkonde van die Bod Beoordelings Komitee se
vergadering gehou op 9 Januarie 2009 geliasseer.
Addisioneel daartoe
is ook ‘n skrywe, gedateer 26 Februarie 2009, vanaf die voorsitter
van die Bod Beoordelings Komitee gerig
aan applikante se prokureur
van rekord, geliasseer, waarin redes uiteengesit word as synde die
redes waarom die Bod Beoordelings
Komitee besluit het om af te wyk
van die aanbeveling van die Bod Evaluerings Komitee. Verdermeer is
die agenda en notule van die
vergadering van die Bod Beoordelings
Komitee gehou op 9 Januarie 2009, tesame met aanhangsels daartoe, ook
geliasseer, die wesenlike
en tersaaklike gedeeltes waarvan in elk
geval reeds deel vorm van die aansoekstukke en sal ek na dit verwys
soos dit in die aansoekstukke
voorkom.
[6] Na ontvangs van
voormelde oorkonde en redes, het applikante op 9 Maart 2009 ‘n
aanvullende beëdigde verklaring soos bedoel
in Hofreël
53(4) geliasseer. Geen aanvullende opponerende beëdigde
verklaring is in antwoord op voormelde verklaring
deur eerste tot
derde respondente geliasseer nie en het Mnr Reinders bevestig dat
eerste tot derde respondente nie wens enige sodanige
aanvullende
opponerende beëdigde verklaring te liasseer nie. Wat vierde tot
sesde respondente betref, het hulle reeds op 13
Februarie 2009 `n
kennisgewing van berusting geliasseer.
[7] Dit moet laastens
vermeld word dat hoewel eerste tot derde respondente in hul
opponerende verklaring wat reeds ten tyde van
my beregting van die
tussentydse interdik voor my gedien het, die
punt
in liminé
geneem
het dat applikante nie hul interne remedies uitgeput het alvorens die
onderhawige aansoek geloods is nie, welke punt
in liminé punt
ek
in my vorige uitspraak van die hand gewys het vir die redes daarin
vermeld, het Mnr Reinders aangedui dat eerste tot derde respondente

nie verder volhard met die punt vir doeleindes van hierdie
hersieningsaansoek nie. Ek gaan derhalwe nie weer daarmee handel nie.
AGTERGROND TOT DIE
AANSOEK:
[8] Die agtergrond tot
die onderhawige aansoek is reeds volledig in my vorige uitspraak
uiteengesit. Ek meen dit is doelmatig om
dit op soortgelyke wyse
hierin te herhaal, soos aangevul waar nodig voortspruitend uit die
addisionele dokumentasie wat sedertdien
geliasseer is.
[9] Eerste applikant, ‘n
sogenaamde “joint venture”, waarvan die lede tweede applikant en
die Tebogo Business Trust is, ten
opsigte van welke Trust derde,
vierde en vyfde applikante die trustees is, het in reaksie op eerste
respondent se advertensie en
uitnodiging aan belangstellendes om te
tender vir die toekenning van kontrak T0807, ‘n tender ingedien.
Vierde respondent, ook
‘n sogenaamde “joint venture”, waarvan
die lede die vyfde respondent en die sesde respondent is, het ook ‘n
tender, sowel
as ‘n alternatiewe tender met `n twee maande korter
termyn, ingedien. In totaal is 17 tenders ontvang. Die tender is
vir die
konstruksie van ‘n verbreding van Nelson Mandelarylaan
tussen Melvillerylaan (by Brandwagsentrum) en Jan Spiesrylaan (by
Langenhovenpark)
deur ‘n ekstra inkomende- en uitgaande baan tot
die bestaande bane toe te voeg.
[10] Dit is gemeensaak en
blyk dit uit die tenderdokument, aangeheg as aanhangsel “F” tot
die funderende verklaring, dat alle
tenders wat ontvang is, evalueer
moes word ooreenkomstig die 90/10 puntesisteem waarna verwys word in
artikel 2(1)(b)(i) van die
Wet op die Raamwerk vir
Voorkeurverkrygingsbeleid, Nr. 5 van 2000 (hierinlater na verwys as
“die Wet”). (Daar word ook in
die Preferential Procurement
Regulations, uitgevaardig in terme van die Wet en gepubliseer in
Gowermentskennisgewing Nr. R725
in Staatskoerant 22549 van 10
Augustus 2001, en welke regulasies aangeheg is as aanhangsel “B”
tot eerste tot derde respondente
se aanvullende opponerende
verklaring, vir sodanige puntesisteem voorsiening gemaak.) Ten
opsigte van die prys van elke tender,
sou dus ‘n maksimum van 90
punte toegeken kon word. Wat betref die oorblywende 10 punte, blyk
dit uit paragraaf 3.11 op p. T1.2-8
van die tenderdata van die
tender, saamgelees met paragraaf 3.11 van die standaardvoorwaardes
van die tender (p. T1.3-11 van die
tender) en verdermeer saamgelees
met paragraaf 3.1.2 van die Preferential Procurement Regulations van
eerste respondent, aangeheg
as aanhangsel “A” tot die
tenderdokument (p. T1.2-17 van die tender), dat dit toegeken moes
word met betrekking tot die bevordering
van bepaalde doelwitte en wel
tot dien effekte dat `n maksimum van 6 punte toegeken kon word ten
opsigte van kontraktering met
persone of katergorieë persone wat
in die verlede deur onbillike diskriminsasie benadeel is op grond van
ras, geslag of gestremdheid
ingesluit (hierinlater na verwys as
“HDI”) en ‘n maksimum van 4 punte ten opsigte van
gelokaliseerdheid in die Vrystaat (hierinlater
na verwys as “located
in FS”).
[11] Al die tenders wat
ontvang is, is ge-evalueer deur VELA/VKE Raadgewende Ingenieurs, wie
se verslag aangeheg is aanhangsel “G”
tot die funderende
verklaring. Uit die verslag blyk dit en is dit gemeensaak dat van
die 17 tenders ontvang, sekeres gediskwalifiseer
is as synde
sogenaamde “non-responsive tenders”, dus tenderaars of tenders
wat nie voldoen het aan die tendervereistes nie.
Gevolglik is 6
oorblywende tenders ge-evalueer, waaronder eerste applikant en vierde
respondent se tenders. Eerste applikant
se tender het die bedrag van
R31 951 021,77 beloop, terwyl vierde respondent se tender die bedrag
van R33 994 294,46 beloop het.
Nadat die oorblywende 6 tenderaars
ge-evalueer is ten opsigte van tegniese ondervinding en kapasiteit,
het die ingenieurs aanbeveel
dat slegs eerste applikant, vierde
respondent en ‘n derde tenderaar, Tau Pele, oor die kapasiteit en
ondervinding beskik om die
projek te voltooi en wie ‘n lae risiko
vir eerste respondent inhou. Hierdie drie tenders is toe ge-evalueer
by wyse van voormelde
puntesisteem, waarop eerste applikant die
meeste punte toegeken is, synde 95.2 (90 ten opsigte van prys, 1.2
ten opsigte “HDI”
en 4 ten opsigte van Vystaat
gelokaliseerdheid), terwyl vierde respondent 90.6 punte toegeken is
(84.6 ten opsigte van prys, 2
ten opsigte van “HDI”en 4 ten
opsigte van Vrystaat gelokaliseerdheid. Die derde tenderaar is 86.5
punte toegeken, die samestelling
waarvan nie relevant is vir
doeleindes van hierdie uitspraak nie. Gevolglik is beide eerste
applikant en vierde respondent, sowel
as die derde tenderaar,
aanbeveel as synde die ondervinding, “track record” en kapasiteit
te hê om die projek suksesvol
te voltooi.
[12] Die Bod Evaluerings
Komitee is daargestel ooreenkomstig die
Municipal Supply Chain
Management Regulations, welke
regulasies uitgevaardig is in terme van
artikel 168 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële
Bestuur, Wet
56 van 2003 (hierinlater na verwys as “die Munisipale
Bestuur Wet”), afgekondig in Goewermentskennisgewing Nr. 868 in
Staatskoerant
27636 van 30 Mei 2005, ‘n kopie waarvan aangeheg is
as aanhangsel “A” tot die aanvullende opponerende verklaring,
saamgelees
met eerste respondent se Supply Chain Management Policy,
aangeheg as aanhangsel “C” tot die aanvullende opponerende
verklaring.
Die Bod Evaluerings Komitee het klaarblyklik voor 24
November 2008 ‘n vergadering gehad ten einde die tenders te
evalueer, ook
in die lig van die ingenieursverslag, aanhangsel “G”.
Die rede waarom ek die afleiding maak dat sodanige vergadering
plaasgevind
het voor 24 November 2008, is omdat ‘n verslag deur die
voorsitter van die Bod Evaluerings Komitee gerig aan die Bod
Beoordelings
Komitee, gedateer is 24 November 2008, ‘n kopie van
welke verslag aangeheg is tot die funderende verklaring as aanhangsel
“H”.
In hierdie verslag is aanbeveel dat die tender aan eerste
applikant toegeken word. Daaropvolgend het daar klaarblyklik ‘n
vergadering
plaasgevind van die Bod Beoordelings Komitee op 12
Desember 2008, waartydens, soos blyk uit die notule (p. 432 van die
aansoekstukke),
die aangeleentheid terugverwys is na die Bod
Evaluerings Komitee met die versoek dat die tenders her-evalueer
word. Daaropvolgend
en wel tydens ‘n spesiale vergadering van die
Bod Evaluerings Komitee wat plaasgevind het op 17 Desember 2008, die
notule waarvan
aangeheg is aanhangsel “I” tot die funderende
verklaring (p.427 – 428 van die aansoekstukke), is opnuut besluit
dat aanbeveel
word dat die tender aan eerste applikant toegeken word.
[13] Daaropvolgend tydens
‘n vergadering van die Bod Beoordelings Komitee op 9 Januarie 2009,
die notule waarvan aangeheg is tot
die funderende verklaring as
aanhangsel “K” (p.442 – 443 van die aansoekstukke), blyk dit
dat daar besluit is om ten spyte
van die aanbeveling van die Bod
Evaluerings Komitee, aan te beveel dat die tender aan vierde
respondent toegeken word. Dit is die
vergadering ten opsigte waarvan
die transkripsie geliasseer is.
[14] Daarna, en wel op 19
Januarie 2009, is laasgenoemde aanbeveling goedgekeur deur tweede
respondent met die woorde “approved”,
soos blyk uit p. 444 van
die aansoekstukke.
[15] Dit is teen
voormelde aanbeveling van derde respondente en tweede respondent se
daaropvolgende besluit om die aanbeveling goed
te keur en die tender
aan vierde respondent toe te ken, wat die hersieningsaansoek gerig
is.
HERSIENINGSGRONDE:
[16] Dit is gemeensaak
tussen die partye dat voormelde besluite administratiewe handelinge
daarstel in terme van die bepalings van
die Promotion of
Administrative Justice Act, No. 3 van 2000 (hierinlater na verwys as
“PAJA”) en dat die onderhawige aansoek
dus geloods is op die
basis van en in terme van PAJA. Die oorspronklike twee gronde van
hersiening (en waarop applikante steeds
steun) is in paragraaf 5 van
hul funderende verklaring uiteengesit, terwyl `n derde
hersieningsgrond vervat is in paragraaf 8
van applikante se
aanvullende verklaring ooreenkomstig die bepalings van Reël
53(4). Hierdie drie hersieningsgronde behels
die volgende:
16.1 Dat tweede
respondent nie Regulasie 29(5)(b)(i) van die
Municipal Supply Chain
Management Regulations nagekom
het nie, aangesien hy nie behoorlike
en gepaste oorweging (“due consideration”) verleen het of kon
verleen aan die redes waarom
die Bod Beoordelings Komitee nie die bod
Evaluerings Komitee se aanbeveling, synde dat die tender aan eerste
applikant toegeken
word, gevolg het nie, aangesien die Bod
Beoordelings Komitee geen sodanige redes aan hom verskaf het nie;
16.2 Dat tweede en derde
respondente nie Artikel 2(1)(f) van die Wet (op die Raamwerk vir
Voorkeurverkrygingsbeleid) gelees met
regulasie 3.1.4 van eerste
respondent se Preferential Procurement Regulations en regulasie 9 van
die Preferential Procurement Regulations
nagekom het nie, deurdat ‘n
tender toegeken moet word aan die tenderaar met die hoogste punte,
synde eerste applikant in hierdie
geval, en daar nie objektiewe
kriteria of maatstawwe bestaan het om die tender aan ‘n ander
tenderaar (in hierdie geval vierde
respondent) toe te ken nie.
16.3 Dat aangesien die
tenderdokumente van eerste applikant en vierde respondent nie voor
hetsy tweede respondent hetsy derde respondente
gedien het toe die
besluite geneem is nie, dit ‘n hersienbare onreëlmatigheid
daarstel.
WYSE VAN BENADERING
BY DIE BEREGTING VAN ‘N HERSIENINGSAANSOEK:
[17] Mnr Reinders het
betoog dat in `n geval soos die onderhawige, dit nie vir die hof is
om die meriete, korrektheid en/of wysheid
van die administratiewe
besluite wat in dispuut is, te bevraagteken nie. In hierdie verband
het hy gesteun op
STEYN
v CITY COUNCIL OF JOHANNESBURG
1934 WLD 143
op 146 – 147 en
AFRICAN
REALTY TRUST LIMITED v JOHANNESBURG MUNICIPALITY
1906 TH 179
op 182.
Mnr Danzfuss,
daarenteen, het betoog dat die gesag waarna Mnr Reinders verwys het,
nie meer ongekwalifiseerd geldend is nie, aangesien
die benadering in
die lig van die Grondwet, verander het. Hy het gesubmiteer dat die
meriete van die besluit wel oorweeg moet
word ten einde te bepaal of
die administratiewe besluit regverdigbaar of rasioneel verbindbaar is
met die feite wat voor die besluitnemer
gedien het en die redes wat
deur die besluitnemer verskaf word. Vir sy submisies het Mnr
Danzfuss gesteun op die beslissings in
CAREPHONE
(PTY) LTD v MARCUS NO AND OTHERS
1999 (3) SA 304
(LAC) en
BATO
STAR FISHING (PTY) LTD v MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS AND OTHERS
[2004] ZACC 15
;
2004 (4) SA 490
(CC).
[18] In ‘n volbank
appèl van hierdie hof in
MEC
FOR PUBLIC WORKS, ROADS AND TRANSPORT, FREE STATE, AND ANOTHER v
MORNING STAR MINIBUS HIRING SERVICES (PTY) LTD AND OTHERS
2003 (4) SA 429
(O) is daar deur Wright, R op volledige wyse gehandel
met die verandering in benadering voortspruitend uit die
implimentering van
die Grondwet. In die verband verskyn die volgende
op 444E – 445B:
“Before
the implementation of the Constitution, a narrower test for
interference with a discretion was applied, perhaps most

appropriately set out by Innes ACJ (as he then was) in Shidiack v
Union Government (Minister of the Interior)
1912 AD 642
at 651:
'. . . There are circumstances in
which interference would be possible and right. If for instance
such an officer had acted
mala fide or from ulterior and improper
motives, if he had not applied his mind to the matter or exercised
his discretion at
all, or if he had disregarded the express
provisions of a statute - in such cases the court might grant
relief. But it would
be unable to interfere with a due and
honest exercise of discretion, even if it considered the decision
inequitable or wrong.'
Section 33 of the Constitution reads
as follows:
'Everyone has the right to
administrative action that is lawful, reasonable and procedurally
fair.'
Despite respondents' counsel's
argument to the contrary (as
set out in the heads of argument), and
bearing in mind that
the advent of the Constitution did not
do away with time-tested
and applied grounds for review, the
abovementioned provision
in the Constitution has had a huge
impact on administrative
law. This led to a more unified
approach formulated as follows
in the case of Carephone (Pty) Ltd v
Marcus NO and Others
1999 (3) SA 304
(LAC):
'In determining whether
administrative action is justifiable in terms of the reasons given
for it, value judgments will have to
be made which will, almost
inevitably, involve a consideration of the ''merits'' of the matter
in some way or another. As long
as the Judge determining this issue
is aware that he or she enters the merits not in order to substitute
his or her own opinion
on the correctness thereof, but to determine
whether the outcome is rationally justifiable, the process will be in
order.'
In the matter of Derby-Lewis and
Another v Chairman of the
Committee on Amnesty of the Truth and
Reconciliation
Commission and Others
2001 (3) SA 1033
(C) (2001 (3) BCLR
215) at 1065E - F (SA), A 243C - E
(BCLR) the following is
said:
'A review court is not called upon to
pronounce on the correctness or otherwise of the decision arrived at
by the administrative
decision-maker. The test, for purposes of
review proceedings is that, objectively speaking, there must be a
rational connection
between the outcome or the decision and the facts
on which such decision is based.'”
Wright R kom dan tot die
volgende gevolgtrekking op 446B:
“
For
the purposes of this appeal it will be accepted that the wider test
for interference with first respondent's decision (and
the
consequent promulgation of the regulation) must be applied, still
keeping in mind the caveat expressed above, namely that
this Court
should not substitute its own opinion for the opinion arrived at by
first respondent. Furthermore, the test of rational
justifiability
must be applied...”
[19] Dit blyk dus dat die
beginsels uitgedruk in die
CAREPHONE
-beslissing
inderdaad hier toepassing vind, wat insluit die beperking waarna Mnr
Reinders ook verwys het, synde dat die hof nie
die funksie van die
tersaaklike besluitnemer moet oorneem nie. Hierdie benadering is
inderdaad ook deur die Konstitutionele Hof
bevestig in
BATO
STAR FISHING (PTY) LTD v MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS
,
supra
,
op 514G – 515B:
“
In treating the decisions of
administrative agencies with the appropriate respect, a Court is
recognising the proper role of the
Executive within the Constitution.
In doing so a Court should be careful not to attribute to itself
superior wisdom in relation
to matters entrusted to other branches
of government. A Court should thus give due weight to findings of
fact and policy decisions
made by those with special expertise and
experience in the field. The extent to which a Court should give
weight to these considerations
will depend upon the character of the
decision itself, as well as on the identity of the decision-maker. A
decision that requires
an equilibrium to be struck between a range of
competing interests or considerations and which is to be taken by a
person or institution
with specific expertise in that area must be
shown respect by the Courts. Often a power will identify a goal to
be achieved, but
will not dictate which route should be followed to
achieve that goal. In such circumstances a Court should pay due
respect to the
route selected by the decision-maker. This does not
mean, however, that where the decision is one which will not
reasonably result
in the achievement of the goal, or which is not
reasonably supported on the facts or not reasonable in the light of
the reasons
given for it, a Court may not review that decision. A
Court should not rubber-stamp an unreasonable decision simply because
of
the complexity of the decision or the identity of the
decision-maker.”
[20] Die veranderde
benadering voortspruitend uit die implementering van die Grondwet,
het verder tot gevolg dat ‘n besluit ook
hersien kan word en
tersyde gestel word as ‘n besluit gebaseer is op ‘n wensenlike
foutiewe feit, in welke geval dit tuisgebring
sal kan word onder
artikel 6(2)(e)(iii) van PAJA wat bepaal dat ‘n administratiewe
handeling geneem is omdat “irrelevant considerations
were taken
into account or relevant considerations were not considered”. Die
hoogste Hof van Appèl het in
PEPCOR
RETIREMENT FUND AND ANOTHER FINANCIAL SERVICES BOARD AND ANOTHER
2003 (6) SA 38
(SCA) hierdie beginsel as volg neergelê op 58F –
59C:
“
[46] The national legislation
envisaged in s 33(3) of the Constitution has now been enacted in the
Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000
; but that Act came
into operation well after the present proceedings were instituted.
Nevertheless it is relevant to note in passing
that
s 6(2)(e)(iii)
provides that a Court has the power to review an administrative
action, inter alia, if 'relevant considerations were not considered'.

It is possible for that section to be interpreted as restating the
existing common law; it is equally possible for the section
to bear
the extended meaning that material mistake of fact renders a decision
reviewable.
[47] In my view, a material mistake of
fact should be a basis upon which a Court can review an
administrative decision. If legislation
has empowered a functionary
to make a decision, in the public interest, the decision should be
made on the material facts which
should have been available for the
decision properly to be made. And if a decision has been made in
ignorance of facts material
to the decision and which therefore
should have been before the functionary, the decision should (subject
to what is said in para
[10] above) be reviewable at the suit of,
inter alios, the functionary who made it - even although the
functionary may have been
guilty of negligence and even where a
person who is not guilty of fraudulent conduct has benefited by the
decision. The doctrine
of legality which was the basis of the
decisions in Fedsure, Sarfu and Pharmaceutical Manufacturers requires
that the power conferred
on a functionary to make decisions in the
public interest, should be exercised properly, ie on the basis of the
true facts; it
should not be confined to cases where the common law
would categorise the decision as ultra vires.”
Dit is ook opnuut
bevestig in
CHAIRPERSONS’
ASSOCIATION v MINISTER OF ARTS AND CULTURE AND OTHERS
2007 (5) SA 236
(SCA) op 248H – 249B.
BEWYSLAS EN
BEWYSMAATSTAF:
[21] Dit is gemeensaak
tussen die partye en ek stem daarmee saam dat die bewyslas op die
applikante rus, synde die partye wat die
geldigheid van die
administratiewe handelinge in die onderhawige geval aanveg, ten einde
die feite wat die ongeldigheid daarstel,
te bewys. Sien
Judicial
Review of Administrative Action in South Africa, JR De Ville,
revised
1st Edition, op p. 314 – 315, paragraaf 7.2.2. Applikante moet hul
op ‘n oorwig van waarskynlikhede van hierdie bewyslas
kwyt. Sien
JOHANNESBURG
LOCAL ROAD TRANSPORTATION BOARD AND OTHERS v DAVID MORTON TRANSPORT
(PTY) LTD
1976 (1) SA 887
(A) 895G.
TERSAAKLIKE
WETGEWING, REGULASIES, BELEID EN TENDER VOORWAARDES:
[22] Die tender proses
wat hier van toepassing is, se ontstaan spruit voort uit die
bepalings van artikel 217 van die Grondwet van
die Republiek van
Suid-Afrika, 1996, wat as volg lees:
“
217 Verkryging
(1) Wanneer 'n staatsorgaan in die
nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer of enige ander
instelling in nasionale wetgewing
geïdentifiseer, vir goedere of
dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig 'n stelsel wat
regverdig, bilik, deursigtig,
mededingend en kostedoeltreffend is.
(2) Subartikel (1) belet nie die
staatsorgane of instellings in daardie subartikel genoem om 'n
verkrygingsbeleid toe te pas wat
voorsiening maak vir-
(a) voorkeurkategorieë by die
toekenning van kontrakte nie; en
(b) die beskerming of vooruitgang
van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike
diskriminasie benadeel is nie.
(3) Nasionale wetgewing moet 'n
raamwerk voorskryf waarbinne die beleid bedoel in subartikel (2)
toegepas moet word.”
[23]
Sodanige
wetgewing is inderdaad ingevoer by wyse van die Wet (Wet op die
Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, Nr. 5 van 2000).
Die
tersaaklike gedeeltes van artikel 2 van die Wet bepaal as volg:
“
2 Raamwerk
vir toepassing van voorkeurverkrygingsbeleid
(1) 'n Staatsorgaan moet sy
voorkeurverkrygingsbeleid bepaal en dit binne die volgende raamwerk
toepas:
(a) 'n Voorkeurpuntestelsel moet
gevolg word;
(b) (i) vir kontrakte met 'n
Randwaarde hoër as 'n voorgeskrewe bedrag kan 10 punte toegeken
word vir bepaalde doelwitte
soos beoog in paragraaf (d) mits 90 punte
vir prys aan die laagste aanvaarbare tender toegeken word;
(ii) ...
(c) enige ander aanvaarbare tenders
waarvan die prys hoër is, tel op 'n pro rata-grondslag minder
punte, bereken op hulle
tenderpryse in verhouding tot die laagste
aanvaarbare tender, in ooreenstemming met 'n voorgeskrewe formule;
(d) die bepaalde doelwitte kan-
(i) kontraktering met persone, of
kategorieë persone, wat in die verlede deur onbillike
diskriminasie benadeel is op grond
van ras, geslag of gestremdheid
insluit;
(ii) toepassing van die programme
van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram soos gepubliseer in
Staatskoerant 16085 gedateer
23 November 1994 insluit;
(e) die uitnodiging om te tender
moet enige bepaalde doelwit waarvoor 'n punt toegeken kan word
duidelik vermeld;
(f) die kontrak moet toegeken word
aan die tenderaar wat die hoogste punte behaal, tensy objektiewe
maatstawwe bykomend tot dié
in paragrawe (d) en (e) beoog die
toekenning aan 'n ander tenderaar regverdig; en
(g) ...
(2) ...”
Uit voormelde blyk dit
dus dat:
23.1 Die kontrak
moet
toegeken word aan die tenderaar wat die hoogste punte behaal, tensy
objektiewe maatstawwe die toekenning aan ‘n ander tenderaar

regverdig;
23.2 Sodanige
objektiewe maatstawwe moet maatstawwe wees bykomend tot die in
paragrawe (d) en (e) beoog.
[24] Verdermeer is die
tersaaklike regulasies en beleid waarna ek alreeds verwys het, wat
gedeeltelik ook vervat is in die tender
voorwaardes, ook van
toepassing.
[25] In aansluiting by
en/of ter aanvulling of uitbreiding van die bepalings van die Wet,
bepaal regulasies 3(4), 4(4), 5(4), 6(4)
en 8(8) van die Preferential
Procurement Regulations dat slegs die tender met die hoogste punte
gekies kan word. Regulasie 9 bepaal
dan egter as volg:
“
Despite Regulations 3(4), 4(4),
5(4), 6(4) and 8(8), a contract may, on reasonable and justifiable
grounds, be awarded to a tender
that did not score the highest number
of points.”
Sien aansoekstukke, p.
578.
Ook bepaal Regulasie
3.1.4 van eerste respondent se Preferential Procurement Regulations
dat:
“
Unless there are reasonable and
justifiable reasons, which reasons must be fully set out in the
minutes of the meeting concerned,
only the offer with the highest
number of points scored may be selected.”
Sien aansoekstukke, p.
69.
Verdermeer bepaal
klousule 3.11.1 van die tenderdata, p. T1.2-8 van die tenderdokument,
dat metode 2 soos uiteengesit in die standaardvoorwaardes
van die
tender, as evaluasiemetode in die geval sou geld. Indien metode 2
dan nagegaan word, blyk dit dat klousule 3.11.3(e) van
die
standaardvoorwaardes van die tender, p. T1.3-12 van die
tenderdokument , bepaal dat:
“
Recommend a tenderer with the
highest number of tender valuation points for award of the contract,
unless there are
compelling
and justifiable reasons
not
to do so.”
Sien aansoekstukke, p.
84.
[26] Die verpligtinge van
die onderskeie besluitnemers wat moet toesien dat voormelde
bepalings van die Wet en die Regulasies
toegepas word, het onder
andere beslag gekry in eerste respondent se Supply Chain Management
Policy.
26.1 Wat die
verpligtinge van die Bod Evaluerings Komitee betref, bepaal dit as
volg:
“
8.6.1 The Bid Evaluation Committee
is responsible for the evaluation of bids received, which shall
include the varification of
8.6.1.1 the capability/ability of the
bidder to execute the contract;
...
8.6.1.3 ...
8.6.1.4 ...
The Bid Evaluation Committee will
evaluate all bids received in accordance with the criteria
specified in the bid specifications,
and submit a report and
recommendation regarding the award of a bid to the bid ajudication
committee.
...
...
...
...
It must be emphasized that bids may
only be evaluated in accordance with the criteria specified in the
bid specifications.
According to the prescripts of the
Preferential Procurement Legislation, bids must be evaluated in
accordance with a preference
point system. Any specific goal for
which a point may be awarded must be clearly specified in the
invitation to submit a
bid.”
Sien
aansoekstukke, p. 619
Die verpligtinge van die
Bod Evaluerings Komitee is ook in die
Municipal Supply Chain
Management Regulations uiteengesit
en wel in Regulasie 28 wat as
volg lees:
“
(1) A bid evaluation committee
must:
evaluate bids in accordance with –
the specification for a specific
procurement; and
the points system .... as precribed
in terms of the Preferential Procurement Policy Framework Act;
evaluate each bidder`s ability to
execute the contract;
......
submit to the Adjudication Committee
a report and recommendation regarding the award of the bid or any
other related matter.”
Sien aansoekstukke, p.
554.
26.2 Wat die
verpligtinge van die Bod Beoordelings Komitee betref, is dit
insgelyks uiteengesit in eerste respondent se Supply
Chain
Management Policy:
“8.7.3 The bid adjudication
committee must consider reports and recommendations made by the bid
evaluation committee, and must
thereafter make a final recommendation
to the City Manager for approval.
8.7.4 ....
8.7.5 If a bid adjudication
committee decides to recommend approval of a bid other than the one
recommended by the bid evaluation
committee, the reasons for the
deviation must be clearly stated. ”
Sien
aansoekstukke, p. 620.
Hierdie verpligtinge van
die Bod Beoordelings Komitee, is op soortgelyke wyse in Regulasie
29 van die
Municipal Supply Chain Management Regulations
uiteengesit
:
“
(1) A Bid Adjudication Committee
must –
consider the report and
recommendations of the Bid Evaluation Committee; and
either –
(i) depending on its deligations, made
a final award or a recommendation to the accounting officer to make
the final award; or
(ii) make another recommendation to
the accounting officer how to proceed with the relevant procurement.
....
....
....
(a) If a Bid Adjudication Committee
decides to award a bid other than the one recommended by the Bid
Evaluation Committee, the
Bid Adjudication Committee must prior to
awarding the bid –
(i) check in respect of the preferred
bidder whether that bidder`s municipal rates and taxes and municipal
service charges are not
in arrears; en
(ii) Notify the accounting officer.”
Sien aansoekstukke, p.
555 – 556.
26.3 In samehang met
voormelde en in besonder wat betref tweede respondent se besluit,
moet die bepalings van eerste respondent
se Supply Chain
Management Policy, en wel klousules 8.7.6 – 8.7.7 daarvan,
welke as volg lees:
“
8.7.6
The
City Manager may after due consideration of the reasons given by the
bid adjudication committee for the deviation, ratify
the
recommendation of the bid adjudication committee or refer the matter
back to that committee for reconsideration.
8.7.7 The City Manager may at any
stage of a bidding process, refer any recommendation made by the bid
evaluation committee
or the bid adjudication committee back to that
committee for reconsideration of the recommendation.”
Sien
aansoekstukke, p. 620.
Soortgelyke
verpligtinge kom voor in Regulasie 29(5)(b) van die
Municipal
Supply Chain Management Regulations, wat
as volg lees:
“The
accounting officer may –
after due consideration of the
reasons for the deviation, ratify or reject the decision of the bid
adjudication committee referred
to in paragraph (a); and
if the decision of the bid
adjudication committee is rejected, refer the decision of the
adjudication committee back to that committee
for reconsideration.”
Sien
aansoekstukke, p. 556.
DIE OBJEKTIEWE
MAATSTAWWE WAT REDELIKE EN REGVERDIGBARE GRONDE DAAR KAN STEL:
[27] In die onderhawige
geval is dit gemeensaak dat applikante se tender die meeste punte
verwerf het. Gegewe die bogemelde wetgewing,
regulasies, beleid en
tendervoorwaardes het dit dus tot gevolg dat die tender aan eerste
applikant toegeken moes word, tensy daar
“objektiewe maatstawwe”
of dan “reasonable and justifiable grounds” (“redelike en
regverdigbare gronde”) of dan selfs
“compelling and justifiable
reasons” (“dwingende en regverdigbare redes”) bestaan het om
daarvan af te wyk en die tender
aan vierde respondent toe te ken.
Hierdie objektiewe maatstawwe moet, soos reeds vermeld, ooreenkomstig
die bepalings van artikel
2(1)(f) van die Wet ander, bykomende
maatstawwe wees as die doelwitte waarvoor punte toegeken is soos
bepaal in sub-artikels 2(1)(d)
en (e) van die Wet. Sien
RHI
JOINT VENTURE v MINISTER OF ROADS AND PUBLIC WORKS AND OTHERS
2003 (5) BCLR 544
(Ck) op 557G – 557H.
[28] Die bepaalde
doelwitte soos beoog in artikel 2(1)(d) en (e) van die Wet, was in
die onderhawige geval, soos reeds vroeër
hierin vermeld,
eerstens “equity ownership by an HDI” (waarvoor ‘n maksimum van
6 punte toegeken kon word) en tweedens Vrystaatse
gelokaliseerdheid
(waarvoor ‘n maksimim van 4 punte toegeken kon word). Dus moet die
redelike en regverdigbare (objektiewe)
gronde (maatstawwe) geleë
gewees het in iets addisioneel tot voormelde twee gronde.
[29] Na my mening is
sodanige objektiewe maatstawwe, soos bedoel in artikel 2(1)(f) van
die Wet, wel in klousule 2.14 van die tenderdata
vervat gewees, soos
dit voorkom op p. T1.2-6 van die tenderdokument, waar dit as volg
lees:
“Accept
that
the employer shall in
the evaluation of tender offers take due account of the tenderer’s
past performance in the execution of
similar engineering works of
comparable magnitude
, and
the degree to which he possess the necessary technical, financial and
other resources to enable him to complete the works
successfully
within the contract period. Satisfy the employer and the engineer as
to his ability to perform and complete the work
timeously, safely and
with satisfactory quality, and furnish details in section T2.2.2 of
contracts of a similar nature and magnitude
which they have
successfully executed in the past.”
Sien aansoekstukke, p.
58.
Die feit dat dit
klaarblyklik bedoel was as objektiewe maatstawwe soos bedoel in
artikel 2(1)(f) van die Wet, word bevestig op p.
4 van die Bod
Evaluerings Komitee se verslag gerig aan die Bod Beoordelings
Komitee, aanhangsel “H” tot die funderende verklaring,
waar die
volgende verskyn:
“It
is an objective criterium of this tender, in accordance with
section
2(1)(f)
of Act No. 5 of 2000, that the tenderers must have the
necessary skills,
experience, good financial standing and capacity
to
perform the required work. Tenderers must provide
at
least 3 (three) references of similar work done previously
.”
Sien
aansoekstukke, p.366
FEITELIKE GEBEURE
EN REDES WAT GELEI HET TOT DIE
TERSAAKLIKE
BESLUITE:
[30] Die feitlike gebeure
en redes wat gelei het tot die aanbeveling van die Bod Beoordelings
Komitee en die daaropvolgende besluit
van tweede respondent om dit
goed te keur en om die tender aan vierde respondent toe te ken, blyk
uit die kontemporêre dokumente
aangeheg tot die funderende
verklaring, die inhoud waarvan nie deur respondente betwis word nie
en dus geag kan word gemeensaak
te wees, saamgelees met die
getranskribeerde oorkonde van die Bod Beoordelings Komitee se
vergadering wat plaasgevind het op 9
Januarie 2009 (hierinlater na
verwys as “die transkripsie”).
Ingenieursverslag
en -aanbeveling:
[31] In die
ingenieursverslag, Aanhangsel “G” tot die funderende verklaring,
is daar ter aanvang vermeld dat slegs tenderaars
wie geregistreer is
by die “CIDB” (“Construction Industry Development Board”) en
wat ‘n CIDB gradering van 7CE het, oorweeg
is vir die tender,
aangesien dit die minimum spesifikasie is vir hierdie tender. (Sien
p. 341 van die oorkonde.)
[32] Daarop is die
tariewe van die onderskeie tenderaars wat andersins kwalifiseer vir
die tender, evalueer is daar in die verslag
op p. 351 van die
aansoekstukke tot die gevolgtrekking gekom dat eerste applikant se
tariewe geag word aanvaarbaar te wees en van
lae risiko te wees vir
eerste respondent. ‘n Soortgelyke gevolgtrekking is ten opsigte
van vierde respondent gemaak in die verslag
op p. 352 van die
oorkonde.
[33] Op p. 353 van die
oorkonde is daar in die tersaaklike verslag voortgegaan met ‘n
evaluering van die tegniese ondervinding
en kapasiteit van die
onderskeie tenderaars en word daar op p. 353 as volg vermeld:
“
After an in-depth evaluation of all
the evidence, certificates and other information submitted by the
tenderers, we are of the opinion
that the evaluation is thorough and
fair.”
As deel van hierdie
evaluering, is die tenderaars se referente geskakel. Ten opsigte van
eerste applikant, word op p. 355 van die
verslag as volg vermeld:
“
The tenderer provided many
reference projects of which a number were for water and sanitation
projects. A number of road construction
projects were also provided
as references. Some of these references were contacted to obtain
information about the previous performance
of this contractor.”
Dan blyk dit dat drie van
eerste applikant se referente gekontak is ten einde inligting te kry
met betrekking tot eerste applikant
se standaard van werk in die
verlede. Die terugvoering met betrekking tot al drie hierdie
referente was tot dien effekte dat die
tersaaklike projekte
afgehandel is tot bevrediging van die tersaaklike ingenieurs binne
die vasgestelde konstruksietydperke en
is eerste applikant aanbeveel
vir toekomstige projekte. Daar is op p. 355 tot die gevolgtrekking
gekom dat “
the
risk with regard to the capacity and experience of awarding the
tender to Lohan/Tebogo Joint Venture is considered to be low
to the
council
”.
Dit blyk dan voorts uit
die verslag, p.356 – 357 van die aansoekstukke, dat drie van vierde
respondent se referente ook geskakel
is. Die terugvoering was
insgelyks dat die projekte binne die voorgeskrewe tydperke afgehandel
is en dat vierde repondent aanbeveel
word vir toekomstige projekte.
Dit moet vermeld word dat die woorde gebruik is dat die werk tydens
die projekte van `n hoë
standaard of goeie standaard was. Daar
is toe tot `n soortgelyke gevolgtrekking gekom as met eerste
applikant, synde dat “
the
risk with regard to the capacity and experience of awarding the
tender to Moeletsi/Peter Joint Venture is considered to be low
to the
council
”.
[34] Daarop het die punte
toekenning geskied, waarop die meeste punte aan eerste applikant
toegeken is (p. 359 van die oorkonde).
[35] In ‘n
gevolgtrekking in die verslag op p. 360 van die aansoekstukke, is tot
die gevolgtrekking gekom dat drie van die tenderaars
“
have
the experience and capacity to complete this project with the minimum
risk and requirements of the council
”,
waarvan eerste applikant en vierde respondent twee van die drie
tenderaars was. Die aanbeveling vervat in die ingenieursverslag
is
as volg op p. 362 van die aansoekstukke verwoord:
“
The below listed tenders all have
the past experience, track record and capacity to complete this
project successfully:
●
Lohan/Tebogo Joint Venture
●
Moletsi/Peter Joint Venture
●
Tau Pele Construction
The lower tender amount and slightly
less experience of Lohan/Tebogo Joint Venture must be compared with
the slightly higher tender
amount and extensive experience of
Moletsi/Peter Joint Venture, who also offered a shorter construction
period.”
Verslag van die Bod
Evaluerings Komitee:
[36] Uit hierdie verslag
gerig aan die Bod Beoordelings Komitee, aanhangsel “H” tot die
funderende verklaring, is daar `n klaarblyklike
herberekening van die
tenderbedrae gedoen deur sekere gebeurlikhede in berekening te bring,
wat tot gevolg gehad het dat die tenderaar
bekend as Q Civils, die
goedkoopste tender gehad het en die meeste punte verwerf het, synde
91.9. Eerste applikant se tenderbedrag
het daarvolgens R31 949
796,73 beloop en het hy ‘n totaal van 76 punte ontvang. Vierde
respondent se tender het daarvolgens
die bedrag van R33 994 294,46
beloop en hy het 71.2 punte verwerf. Dit dien vermeld te word dat
die kontraktermyn wat ten opsigte
van al drie hierdie tenderaars
aangetoon word, 12,5 maande is en nie die verkorte 10,5 maande soos
wat vierde respondent se alternatiewe
tender behels het nie. (Sien
oorkonde, p. 366, tabel 2.4.)
[37] Dit is net na
hierdie tabel wat die objektiewe kriteria of maatstawwe soos bedoel
in artikel 2(1)(f) van die Wet vermeld word,
waarna ek reeds hierbo
verwys het. In die volgende tabel 3.1, op p. 367 van die
aansoekstukke, word “verbeterde” tender bedrae
reflekteer, met
uitsluiting van gebeurlikhede, BTW en “CPA”, waarvolgens Q-Civils
se tender dan R 24 088 873,00 beloop het,
eerste applikant se tender
die bedrag van R 25 950 127,00 en dié van vierde respondent R
27 610 701.00. Dit is ook die bedrae
waarna Mnr Ntoyi by die aanvang
van die vergadering van die Bod Beoordelings Komitee na verwys het.
(Sien p. 3 van die transkripsie
van die vergadering).
[38] Die opmerkings met
betrekking tot eerste applikant is vervat op p. 8 van die verslag, p.
369 van die aansoekstukke, wat as
volg lees:
“
The tenderer provided many
reference projects of which a number were for water and sanitation
projects. A number of road construction
projects were also provided
as references. Some of these references were contacted to obtain
information about the previous performance
of this contractor.
The Joint Venture has a 70/30 split
with 70% in favour of Lohan and 30% to Tebogo.With the smaller
partner having only one CEPE,
we feel that this project is very
URGENT with limited time frames and complex, and it really is not the
type of a project that
will facilitate development towards the
smaller JV partner.”
Daarop word verwys na
twee refrente wat geskakel is, wie bevestig het dat die tersaaklike
vorige kontrakte bevredigend afgehandel
is, dat dit betyds afgehandel
is en dat eerste applikant aanbeveel word vir toekomstige projekte.
Hierdie twee referente is twee
van die drie waarmee die ingenieurs
ook geskakel het.
Wat betref vierde
respondent, is die volgende opmerkings in die verslag op p. 370 van
die aansoekstukke gemaak:
“Moeletsi/Peter
Joint Venture offered an alternative with a two months shorter
construction period, together with a saving of
R150 000,00. This
offer is very attractive, especially if the punctual completion of
this project before the World Cup is taken
into consideration. The
contractor also has the most experience with these types of projects
and is well equipped with regard
to plant and management capacity.
The risk with regard to capacity and experience of awarding the
tender to Moeletsi/Peter Joint
Venture is considered to be low to the
Council.
The tenderer clarify in his tender
that the percentage limit for material on site (MOS) be changed from
the specified 80% to 90%.
This proposed change is not an advantage
to council. The contractor also clarify that although he gave
reduction in time, CPA
still be paid to due price fluctuations. It is
thus recommended that this proposed deviation in terms of MOS to the
tender shall
not be accepted, but that CPA be paid if the tender is
awarded to him.”
In die geval van vierde
respondent, is drie vorige referente gelys (dieselfde referente as
met wie die ingenieurs geskakel het)
en nie slegs twee soos in die
geval van eerste applikant nie. Die opmerkings met betrekking tot
terugvoer vanaf vorige referente
wat geskakel is, behels dat die
vorige projekte van ‘n hoë standaard of goeie standaard
voltooi is, binne die projektermyn
en dat die tenderaar aanbeveel
word vir toekomstige projekte. Daar word dan ten opsigte van vierde
respondent tot die volgende
gevolgtrekking geraak:
“The
risk with regard to capacity and experience of awarding the tender to
Moeletsi/Peter Joint Venture is considered to be low
to the Council.”
[39] Dit dien vermeld te
word dat dit blyk uit hierdie verslag dat daar sodanige
gevolgtrekking soos laasgenoemde met betrekking
tot risiko ten
opsigte van al die tenderaars gemaak is, hoewel die inhoud van die
gevolgtrekkings uiteraard verskil, maar blyk
daar geen gevolgtrekking
hieromtrent met betrekking tot eerste applikant gemaak te gewees het
nie.
[40] Die verslag sluit
dan af met ‘n aanbeveling op p. 371 van die aansoekstukke en weer
op p. 372 van die aansoekstukke wat aanbeveel
dat die tender toegeken
word aan eerste applikant.
[41] Dit is belangrik om
te vermeld dat tussen voormelde twee aanbevelings, en met verwysing
na eerste applikant se tender, verskyn
die volgende opmerking op p.
371 van die aansoekstukke:
“It
is important to note that the tender amount is R 3 000 248 (9%) lower
than the engineer`s estimate. The engineer also confirmed
that the
contractor is fully competent to execute work.”
[42] Daar is dan ook ‘n
bundel dokumente aangeheg tot die verslag, die lys daarvan verskyn op
p. 374 van die aansoekstukke, wat
onder andere insluit die
bevestiging dat tweede applikant oor ‘n 7CE gradering beskik, ‘n
lys van vorige projekte voltooi,
‘n lys van tans bestaande projekte
(dit is die drie referente wat deur die ingenieurs gekontak is en na
wie verwys is in die
ingenieursverslag, waarvan twee na verwys is in
die verslag van die Bod Evaluerings Komitee), die gradering van
eerste applikant
as synde 7CE en die Joint Venture Ooreenkoms waaruit
dit blyk dat die aandeelhouding in die Joint Venture 70/30 is.
Aanbeveling van die
Bod Evaluerings Komitee:
[43] Soos voorheen hierin
gemeld, blyk dit dat die aangeleentheid toe voor die Bod Beoordelings
Komitee gedien het, waarna dit terugverwys
is vir her-evaluering na
die Bod Evaluerings Komitee. Uit die notule van die Bod Evaluerings
Komitee se daaropvolgende vergadering
gehou op 17 Desember 2008 ,
aangeheg as aanhangsel “I” tot die funderende verklaring, blyk
dit op p. 428 van die aansoekstukke
dat vanweë die negatiewe
opmerkings deur referente en risiko faktore met betrekking tot die
tender met die hoogste punte,
synde Q Civils, die komitee eenparig
saamgestem het dat die tenderaar met die tweede hoogste punte, synde
eerste applikant, se
tender aanvaar behoort te word en is dit so
aanbeveel. Dit dien vermeld te word dat die redes waarom die Bod
Evaluerings Komitee
nie aanbeveel het dat die tender toegeken word
aan die tenderaar met die hoogste punte nie, volledig genotuleer is
in die notule
soos dit voorkom op p. 427 – 428 van die
aansoekstukke.
Vergadering en
Aanbeveling van die Bod Beoordelings
Komitee:
[44] Volgens die agenda
vir die vergadering van die Bod Beoordelings Komitee wat plaasgevind
het op 9 Januarie 2009, aanhangsel
“J” tot die funderende
verklaring, blyk dit op p. 437 van die aansoekstukke dat wat voor die
Bod Beoordelings Komitee gedien
het, is voormelde verslag van die Bod
Evaluerings Komitee, die notule van die Bod Evaluerings Komitee se
vergadering gehou op 17
Desember 2008 en die notule van die
vergadering van die Bod Beoordelings Komitee gehou op 12 Desember
2008.
[45] Wat betref die
notule van hierdie vergadering van die Bod Beoordelings Komitee gehou
op 9 Januarie 2009, aangeheg as aanhangsel
K tot die funderende
verklaring, blyk dit daaruit dat die volgende genotuleer is, soos dit
voorkom op p. 442 – 443 van die aansoekstukke:
“The
Adjudication Committee raised the following, namely:
that the Evaluation Committee had
failed to comment on the risks council may encounter should Messrs
Lohan/Tebogo JV or Messrs
Tau Pele Construction be appointed;
that it was critical to take note of
the fact that the split of Messrs Lohan/Tebogo JV was set at 70/30
with the smaller partner
having virtually minimal experience. The
time factor was also critical.
that most of the projects that Messrs
Lohan/Tebogo JV had undertaken were mainly on projects related to
water and sanitation and
that the risk with regard to the
capacity and experience of awarding the tender to Messrs
Moeletsi/Peter JV were considered to
be lower for the Council as
such.
As the Committee members had different
views on the recommendation as submitted by the Bid Evaluation
Committee: Infrastructural
Services, it was then agreed that each
member should vote for the company to be recommended among Messrs
Lohan/Tebogo JV and Messrs
Moeletsi/Peter JV.Six (6) Committee
members voted in favour of Messrs Moeletsi/Peter JV and only one (1)
voted in favour of Messrs
Lohan/Tebogo JV.”
Dit word dan genotuleer
dat:
“Resolved
(a) that under tender contract:
T0807: widening of Nelson Mandela Drive: Bloemfontein, the tender of
Messrs Moeletsi and Peter
Joint Venture, P O Box 2243, Bloemfontein,
9300, at an amount of R27 610 701,00 (14% VAT excluded), under vote
number 6071035115100,
of the Council’s budget, over a period of
twelve and a half months (12½) months to be accepted...”
Besluit
van Tweede Respondent (Munisipale Bestuurder):
[46] Op die volgende
bladsy van voormelde verslag, soos dit voorkom op p. 444 van die
aansoekstukke, is voorsiening gemaak vir “
comments
by the municipal manager
”,
waaronder die woord “approved” geskryf is, dit onderteken is deur
tweede respondent en dit gedateer is 19 Januarie 2009.
Transkripsie
van die vergadering van die Bod Beoordelings Komitee:
[47] Aanvullend tot
voormelde notule is, soos reeds vermeld, die transkripsie van die
vergadering geliasseer. Hieruit blyk opsommenderwys
die volgende:
47.1 Mnr Ntoyi (wie, soos
blyk uit die notule, aanhangsel “K” tot die funderende
verklaring, die Uitvoerende Direkteur: Infrastruktuur
Dienste is)
het by die aanvang van die vergadering die komitee deur die verslag
van die Bod Evaluerings Komitee geneem. Hy het
verduidelik waarom die
kontrak nie aan die tenderaar met die hoogste punte, synde Q-Civils,
toegeken kan word nie. Hy het bygevolg
verduidelik dat daar gekyk is
na die entiteit met die tweede hoogste punte, synde eerste applikant.
Hy het verwys na die twee
referente wat geskakel is en wie bevestig
het dat die twee vorige projekte bevredigend afgehandel is,
binnenstyds en dat hulle
aanbeveel word om weer aangestel te word vir
projekte in die toekoms (p. 3 – 4 van die transkripsie). Mnr Ntoyi
het bevestig
dat een van hierdie twee projekte water en sanitasie
behels het (p. 4 van die transkripsie).
Daar is dan na vierde
respondent verwys deur Mnr Ntoyi en het hy bevestig dat die drie
referente wat geskakel is, bevestig het dat
vierde respondent
redelike kundigheid en ondervinding het en die projek binnenstyds
behoort klaar te maak (p.4 van die transkripsie).
Mnr Ntoyi het toe aan die
einde van die eerste paragraaf op p. 5 van die transkripsie tot die
gevolgtrekking gekom dat eerste applikant
oor die nodige kundigheid
beskik en aan al die minimum vereistes van die tender voldoen en
derhalwe, aangesien eerste applikant
die hoogste punte toegeken is,
die tender aan eerste applikant toegeken behoort te word en aldus
aanbeveel.
47.2 Daar word dan in die
tweede paragraaf op p.6 deur Mnr Machogo uitgewys, soos ek ook vroeër
in hierdie uitspraak uitgewys
het, dat die Bod Beoordelings Komitee
se verslag nie, soos in die geval van die ander ge-evalueerde
tenderaars, ‘n gevolgtrekking
bevat wat betref die risiko met
betrekking tot kapasiteit en ondervinding indien die tender aan
eerste applikant toegeken sou word
nie.
47.3 Voortspruitend uit
die afwesigheid van hierdie risiko-gevolgtrekking, het die
komiteelede die verslag verder ontleed.
47.4 Met betrekking tot
eerste applikant se ondervinding in vergelyking met vierde respondent
se ondervinding, is op p. 4 van die
notule, saamgelees met die derde
paragraaf op p. 6, uitgewys dat in die verslag daar slegs een
relevante referent met betrekking
tot eerste applikant se ervaring in
die verlede met soortgelyke projekte voor die Bod Evaluerings Komitee
gedien het , aangesien
die tweede referent waarna in die verslag
verwys is, ‘n water en sanitasie projek behels en dus nie kan slaan
op eerste applikant
se ervaring van soortgelyke projekte as die
huidige nie.
Hierteenoor is daar, soos
uitgewys in die derde paragraaf op p. 6, wat betref vierde
respondent, drie referente aangehaal met betrekking
tot soortgelyke
projekte as die onderhawige.
Daar is dan voorts
uitgewys in paragraaf 4 op p. 9 van die transkripsie, dat wat betref
eerste applikant se uitvoering van die tersaaklike
projek, die
referent se opmerking was dat die werk voltooi is tot “bevrediging”
van die ingenieur, terwyl vierde respondent
se referente opgemerk het
dat die drie projekte afgehandel is op ‘n “hoë standaard”of
“goeie standaard”.
47.5 Ten einde die risiko
en relevante ondervinding van die twee tenderaars verder te probeer
bepaal, het Mnr Khunong in die laaste
paragraaf op p. 7 van die
transkripsie uitgewys dat die kleiner vennoot van eerste applikant
oor ‘n laer CIDB gradering beskik
as die kleiner vennoot van vierde
respondent. Daar is ook onderaan p.8 van die transkripsie en in die
vyfde paragraaf op p.9 (waar
daar verwys is na `n opemrking in die
verslag oor eerste applikant se 70/30 samestelling) uitgewys dat
eerste applikant se kleiner
vennoot klaarblyklik oor minder
ondervinding beskik as vierde respondent se kleiner vennoot. Dit blyk
dan uit die besprekings wat
daarop volg op p. 8 en p. 9 van die
transkripsie dat op grond van voormelde graderings en samestelling
van die onderskeie “joint
ventures”, daar tot die gevolgtrekking
gekom is dat vanweë die laer gradering van eerste applikant se
kleiner vennoot,
eerste applikant ‘n hoër risiko en kleiner
gesamentlike ervaring inhou dan vierde respondent.
47.6 ‘n Verdere aspek
ten opsigte van die gradering wat geopper is, is dit wat Mnr Moleme
in die laaste paragraaf op p. 8 van
die transkripsie geopper het,
synde dat dit in aanmerking geneem moet word dat indien die tender
aan vierde respondent toegeken
word, die gradering van vierde
respondent se kleiner vennoot vanaf 5 sal opskuif na 7, wat positief
op die komitee sal reflekteer.
47.7 Mnr Khunong het in
die eerste paragraaf op p. 8 van die transkripsie verwys na die feit
dat eerste applikant se tenderbedrag
‘n afwyking van 9% van die
beraamde tenderbedrag toon, terwyl vierde respondent se tender slegs
‘n afwyking van 3% toon, waarop
hy tot die gevolgtrekking gekom het
dat op die lang duur eerste applikant probleme gaan ervaar met
betrekking tot die prys wat
hy getender het en dit dus nie geag kan
word dat eerste applikant die “beste” is nie.
47.8 Op p. 9 van die
transkripsie het Mnr Ntoyi uitgewys dat in gedagte gehou moet word
dat eerste applikant die hoogste punte behaal
het, waarop die
voorsitter vermeld het dat daar nie slegs daarna gekyk kan word nie
maar ook gekyk moet word na die tenderaars
se “performance” of
dan prestasie.
47.9. Op p. 10 wys Mnr
Barnes daarop dat eerste applikant meer water en sanitasie projekte
gedoen het, dat daar nie vermeld word
wat die waarde van die
padbou-projek is ten opsigte waarvan die referent se opmerking gemaak
is nie en kom hy tot die gevolgtrekking
dat eerste applikant
uitstekend sal vaar met water en sanitasie projekte, maar nie met die
konstruksie van paaie nie.
47.10 ‘n Verdere aspek
wat toe geopper is deur Mnr Machogo in die tweede paragraaf op p. 10
van die transkripsie is dat indien
die tender aan vierde respondent
toegeken word, twee maande se tyd gewen word gegewe die tendertydperk
van 10½ maande, wat
‘n groot voordeel is gegewe die
dringendheid van die projek.
47.11 Na aanleiding van
bogemelde besprekings, is daar toe tot stemming oorgegaan, op grond
van welke stemming besluit is om aan
te beveel dat die tender aan
vierde respondent toegeken word.
47.12 Daarop is die
vergadering afgesluit.
Eerste tot derde
respondente se weergawe en redes onder eed:
[48] Soos reeds vermeld,
word die inhoudelike van die dokumentasie aangeheg tot die funderende
verklaring waarna hierbo verwys is,
nie deur eerste tot derde
respondente betwis nie. Soos ook reeds vermeld, het eerste tot derde
respondente verkies om nie ‘n
aanvullende opponerende verklaring in
antwoord op applikante se aanvullende verklaring in terme van Reël
53(4) te liasseer
nie. Die bewerings wat deur eerste tot derde
respondente onder eed gemaak is ter regverdiging van die tersaaklike
besluite, is
in paragraaf 13 van eerste tot derde respondente se
aanvullende opponerende verklaring uiteengesit. Daarin word daar
verwys na
die feit dat die vergadering van die Bod Beoordelings
Komitee net oor ‘n uur geduur het en dat Aanhangsel “H” tot die
fundering
verklaring, dit wil sê die verslag van die Bod
Evaluerings Komitee, reeds ten minste ‘n dag vantevore onder die
komitee-lede
van die Bod Beoordelings Komitee versprei is. Tweede
respondent het dan as volg vermeld op p. 530 van die aansoekstukke:
“The committee was chaired by Mr.
Boitumelo Raymond Taye, the Chief Financial Officer of the
municipality. I refer to his sworn
affidavit annexed hereto as
annexure “D”. The importance of this project was known to all as
is evident from annexure “H”.
This project will impact directly
on the ability of the Mangaung Local Municipality to provide
acceptable level of services for
his residents and foreign visitors
during 2010 and is expected to leave a legacy that will remind the
people of Mangaung of the
improvement that have resulted from the
Soccer World Cup event for decades to come. Mr. Ntoyi, the Executive
Director, infrastructural
services, took the committee through the
report. As is evident from the minutes, the Adjudication Committee
in writing recorded
the following:”
Daar word dan voortgegaan
om in die verklaring te vermeld wat genotuleer is in die notule,
aanhangsel “K”, en dan gaan tweede
respondent voort in paragrawe
13.6 tot 13.10 van sy opponerende verklaring, op p. 532 van die
aansoekstukke, as volg:
“
13.6 The minutes of the meeting
served before myself on 19 January 2009 and I was in my view
satisfied that same constituted reasonable
and justifiable reasons to
approve the Resolution, as I did.
13.7 I approved the decision with the
full knowledge of the importance of this specific project. As
mentioned, this project impacts
directly on the ability of the
Municipality to provide acceptable levels of service during the very
important 2010 World Cup.
13.8 I wish to reiterate that the
respondents are under severe time constraints and pressure to
complete its preparation for the
said World Cup.
13.9 This is not the kind of project
that can stand over and be done at a later stage. Time is of the
essence.
13.10 I have in the circumstances
duly considered the reason for the deviation before ratifying and/or
approving the decision of
the Bid Adjudication Committee.”
Skrywe
vanaf die voorsitter van die Bod Beoordelings Komitee, gedateer 26
Februarie 2009:
[49] Wat hierdie skrywe
betref wat deur eerste tot derde respondente geliasseer is as deel
van die redes vir die besluit ooreenkomstig
die bepalings van Reël
53, waarna ek reeds vroeër hierin verwys het, blyk dit
geformuleerde redes te bevat vir derde
respondente se besluit, wat
verskaf is in antwoord op `n versoek daartoe deur applikante se
prokureur van rekord. Inaggenome dat
die inhoud hiervan opgestel is
nadat die onderhawige aansoek reeds geloods is en na die vergadering,
is ek van mening dat hierdie
ex
post facto
redes
nie ten gunste van eerste tot derde respondente aangewend kan word
insoverre dit redes bevat wat nie reeds uit die kontemporêre

dokumente, soos die transkripsie van die vergadering, blyk nie.
APPLIKANTE SE
AANVULLENDE VERKLARING IN TERME VAN REËL 53(4):
[50] Soos reeds vermeld,
het applikante ‘n aanvullende verklaring in terme van Reël
53(4) geliasseer in antwoord op eerste
tot derde respondente se
liassering van die transkripsie van die vergadering en ander
dokumentasie waarna ek reeds verwys het.
[51] Applikante het in
hul verklaring beweer dat die redes in bogemelde skrywe van die
voorsitter van die Bod Beoordelings Komitee
baie verder gaan as die
redes wat in die transkripsie van die verrigtinge vervat is en dat
dit derhalwe nie in ag geneem moet word
nie.
[52] Soos ook reeds
vroeër hierin vermeld, het applikante verdermeer in paragraaf 8
van hul verklaring ‘n derde hersieningsgrond
geopper, synde die
feit dat die tenderdokumente van eerste applikant en vierde
respondent nie voor hetsy derde respondente hetsy
tweede respondent
was toe hulle besluite geneem is nie, op grond waarvan applikante aan
die hand doen dat dit ‘n hersienbare
onreëlmatigheid daarstel.
[53] Met verwysing na die
transkripsie, het applikante in paragrawe 9 en 12 van die verklaring
beweer dat dit duidelik is dat derde
respondente nie kennis geneem
het of kennis gedra het van die verskeidenheid van projekte waarby
applikante betrokke was en suksesvol
deurgevoer het nie. Dit is
voorts aan die hand gedoen dat derde respondente klaarblyklik onder
die foutiewe indruk verkeer het
dat eerste applikant in totaliteit
slegs oor twee referente beskik het, waarvan slegs een te doen gehad
het met padkontruksie.
In die verband verwys applikante na die feit
dat hierdie probleem sy ontstaan gehad het by die feit dat Bod
Beoordelings Komitee
in hulle verslag net twee van eerste applikant
se vorige projekte ondersoek het. Nieteenstaande dat die Bod
Evaluerings Komitee
se pogings daartoe om met hierdie referente
kontak te maak tevore onsuksesvol was vanweë die bouersvakansie,
het derde respondente
geen poging aangewend om op die meriete van die
verskeidenheid van projekte in te gaan of besonderhede daarvan te
bekom nie. Applikante
beweer ook dat dit blyk uit die transkripsie
dat Mnr Ntoyi uitgewys het dat eerste applikant die “best
performing” kontrakteur
is.
[54] Applikante beweer
ook dat indien derde respondente die meriete van eerste applikant se
tender en in besonder die vorige prestasies
behoorlik ondersoek het,
sou dit oorweldigend aangedui het dat die risiko probleem glad nie
bestaan nie. Derde respondente het
egter versuim om behoorlik aandag
aan die saak te gee wat hulle genoop het om die tender aan vierde
respondent toe te ken.
[55] Applikante verwys
ook in paragraaf 14 van voormelde verklaring na die waarskuwing wat
Mnr Ntoyi aan die vergadering gerig het
met betrekking tot die feit
dat hulle voldoende redes sal moet hê om te regverdig indien
hulle afwyk van die aanbeveling
van die Bod Evaluerings Komitee,
sowel as na die antwoord van die voorsitter daarop tot dien effekte
dat hy “will deal with that
when we come to that”. Volgens
applikante is dit duidelik dat die vergadering nie redes geformuleer
het of op ooreengekom het
voordat afgewyk is van die aanbeveling nie.
Daar bestaan dus, aldus die argument, geen redes waarom derde
respondent kon afwyk
van die aanbeveling van die Bod Evaluerings
Komitee nie.
HIERSIENINGSGRONDE:
[56] Vir
doelmatigheidsredes wat hierinlater sal blyk, is ek voornemens om die
drie hersieningsgronde in omgekeerde volgorde te
behandel as wat dit
in die stukke voorkom.
Derde
hersieningsgrond: Tenderdokumente het nie voor derde respondente of
tweede respondent gedien ten tyde van die besluitnemingsproses
nie.
[57] Mnr Danzfuss het
betoog dat elk van die besluitnemers in die onderskeie prosesse self
die besluit moes neem met betrekking
tot die vraag aan welke
tenderaar die tender toegeken moet word, vir doeleindes waarvan dit
nie voldoende is om bloot op die verslag
of aanbeveling van ‘n
ander te handel nie. Volgens Mnr Danzfuss se argument moes die
onderskeie tenderdokumente as sulks voor
die onderskeie besluitnemers
gedien het ten einde te kon bepaal of die tersaaklike verslae korrek
is en om self ‘n behoorlike
evaluering te kon doen. Elke tenderaar
het, aldus die argument, ook die reg gehad dat sy tender voor die
tersaaklike besluitnemer
geplaas word. Vir doeleindes van sy argument
het Mnr Danzfuss op die uitsprake in
CAMPSBAY
RATE PAYERS ASSOCIATION v MINISTER OF PLANNING, WESTERN CAPE,
2001
(4) SA 294
(C),
HAYES
v MINISTER OF FINANCE AND DEVELOPMENT PLANNING, WESTERN CAPE
2003 (4) SA 598
(C) op 616G – H,
EARTHLIFE
AFRICA (CAPE TOWN) v DIRECTOR-GENERAL: DEPARTMENT OF ENVIRONMENTAL
AFFAIRS AND TOURISM AND OTHERS
2006 (10) BCLR 1179
(K) en
R
v MINISTER OF AGRICULTURE AND FISHERIES
[1955] 2 All ER 129
(CA) gesteun.
Mnr Reinders het
daarenteen betoog dat die evalueringsproses waaraan tenders onderwerp
moet word, dié is wat uiteengesit
is in regulasies 28 en 29
van die
Municipal Supply Chain Management Regulations, soos
dit
voorkom op p. 554 – 556 van die aansoekstukke. Daarvolgens is dit
nie ‘n vereiste dat die tenders self voor die onderskeie

besluitnemers geplaas moet word nie en was dit nie nodig vir die Bod
Beoordelings Komitee of vir tweede respondent om self deur
die
onderskeie tenderdokumente te gaan nie.
[58] In die onderhawige
geval word in voormelde regulasie 29(1)(a) bepaal dat die Bod
Beoordelings Komitee voorafgaande sy besluit,
“must consider the
report and recommendations of the Bid Evaluation Committee”, waarna
die besluit uitgeoefen moet word. Dit
word dus slegs vereis dat die
verslag en die aanbevelings van die Bod Evaluerings Komitee voor die
Bod Beoordelings Komitee moes
dien.
Wat tweede repondent
betref, bepaal regulasie 29(5)(b)(1) dat tweede respondent “may
after due consideration of the reasons for
the deviation, ratify or
reject the decision of the Bid Adjudication Committee”. Hier word
dus slegs vereis dat die Bod Beoordelings
Komitee se redes vir hulle
afwykende besluit voor tweede respoendent moes dien ten tyde van sy
besluitneming.
[59] Gevolglik is ek van
mening dat voormelde gesag onderskeibaar is van die onderhawige
geval, aangesien daar in elk van daardie
gevalle wetgewing,
regulasies of soortgelyke verordeninge was wat spesifiek bepaal het
dat sekere dokumentasie voor die besluitnemer
geplaas moet word of
dat sekere bepaalde prosesse gevolg moes word, wat nie gedoen is nie.
In die onderhawige geval word dit nie
deur die regulasies bepaal
dat die tenderdokumente voor die tersaaklike besluitnemer geplaas
moet word ten tyde van die uitoefening
van sy besluit nie en kan
hierdie gesag derhalwe nie hier toepassing vind nie.
[60] Dit is egter nie die
einde van die ondersoek nie. Soos tereg verder deur Mnr Danzfuss
betoog, is dit so dat hoewel ‘n besluitnemer
besluite kan neem op
grond van aanbevelings van ander instansies soos byvoorbeeld
deskundiges of persone wat die ondersoek gedoen
het, is dit
noodsaaklik dat die besluitnemer steeds self die diskresie moet
uitoefen en self die besluit moet neem. Die ander
persoon of
instansie en/of deskundige moet volledige redes vir sy/haar standpunt
of aanbeveling verskaf. Die blote verskaffing
van die aanbeveling of
gevolgtrekking is nie voldoende nie.
[61] Na my mening
hoort hierdie argument van Mnr Danzfuss egter eerder tuis onder van
die verdere hersieningsgronde waarmee ek hieronder
handel en sal ek
gevolglik dan weer met hierdie argument handel.
[62] Vanweë die
redes vermeld, is ek gevolglik van mening dat dit nie ‘n vereiste
is dat die tenderdokumente voor enige van
die besluitnemers moes dien
nie en kan hierdie hersieningsgrond derhalwe nie slaag nie.
Tweede
hersieningsgrond: nie-nakoming van artikel 2(1)(f) van die Wet en
versuim om redelike en regverdigbare gronde in die notule
uiteen te
sit.
[63] Applikante steun as
hul tweede hersieningsgrond op die nie-nakoming van Artikel 2(1)(f)
van die Wet, saamgelees met die tersaaklike
regulasies, vanweë
die afwesigheid van objektiewe maatstawwe om die tender nie aan
eerste applikant, synde die tenderaar met
die hoogste punte, toe te
ken nie, en die versuim om regulasie 3.1.4. van eerste respondent se
Preferential Procurement Regulations
na te kom deur te versuim om
enige redelike en regverdigbare gronde in die notule uiteen te sit.
[64] Ek het reeds hierbo
in paragraaf 29 bevind dat die objektiewe maatstawwe wat die
toekenning aan ‘n ander tenderaar as die
tenderaar met die hoogste
punte kon regverdig, sodanige maatstawwe is as wat in klousule 2.14
van die tenderdata voorkom, op p.
T1.2-6 van die tenderdokument, p.
59 van die aansoekstukke, synde:
“
Accept that the
Employer
shall in the evaluation of tender offers take due account of the
tenderer’s past performance in the execution of similar
engineering
works of comparable magnitude
,
and the degree to which he possess the necessary technical, financial
and other resources to enable him to complete the works
successfully
within the contract period. Satisfy the Employer and the Engineer as
to his ability to perform and complete the works
timeously, safely
and with satisfactory quality, and furnish details in section T2.2.2
of contracts of a similar nature and magnitude
which they have
successfully executed in the past.”
,
saamgelees met p. 4 van
die verslag van die Bod Evaluerings Komitee waarin vermeld word dat
dit `n objektiewe kriterium van die
tender is, soos bedoel in artikel
2(1)(f) van die Wet, dat die tenderaars die “
necessary
skills, experience, good financial standing and capacity to perform
the required work
”
moet hê en dat tenderaars “
must
provide at least three (3) references of similar work done
previously
”.
[65] Die vraag wat egter
nou oorweeg moet word, is of derde respondente se aanbeveling en
tweede respondent se besluit om nie die
tender aan eerste applikant,
synde die tenderaar hierin ter sprake met die hoogste punte, toe te
ken nie, gebaseer is op bogemelde
objektiewe maatstawwe en dus geag
kan word redelike en regverdigbare gronde daar te stel.
[66] Gevolglik moet
vasgestel word of dit wat bespreek en besluit is ten tyde van die Bod
Beoordelings Komitee se vergadering op
9 Januarie 2009, gemeet aan
die objektiewe maatstawwe, redelike en regverdigbare gronde daarstel
vir die besluit om die tender
aan vierde respondent toe te ken. In
samehang daarmee ontstaan die vraag of die objektiewe maatstawwe soos
hierbo na verwys, enigsins
in die lede van die komitee se gedagtes
was toe die bespreking plaasgevind het en die besluit geneem is. Mnr
Danzfuss het aan die
hand gedoen dat dit nie uit die bespreking
duidelik is dat dit wel gekoppel was aan die objektiewe maatstawwe
nie en verder dat
dit in ieder geval nie duidelik is watter rol die
aspekte wat geopper is tydens die bespreking, in die komitee se
eventuele besluit
gespeel nie. Mnr Danzfuss het aan die hand gedoen
dat die transkripsie van die vergadering wat intussen geliasseer is,
geen verskil
maak en geen afbreuk doen aan die
prima
facie
bevindings
waartoe ek in my vorige uitspraak hieromtrent geraak het nie.
Mnr Reinders het egter
betoog dat wanneer na die inhoud van die bespreking as totaliteit
gekyk word, dit inhoudelik aanvaar moet
word as dat die lede van die
komitee wel na die objektiewe maatstawwe verwys het. Volgens hom
blyk dit voorts duidelik uit die
transkripsie van die vergadering wat
die komitee se redes vir hulle besluit was.
[67] Ek kan nie met Mnr
Danzfuss se betoog dat die liassering van die transkripsie en die
kennisname van die inhoud daarvan geen
verskil maak aan die feite
soos dit was voor kennisname van die inhoud van die transkripsie,
saamstem nie. Na my mening verleen
die transkripsie van die
vergadering behoorlike perspektief aan die vier opmerkings wat in die
notule, bewysstuk “K”, genotuleer
was. Daarmee moet ek nie
verstaan word as om van mening te wees dat die vier opmerkings in
aanhangsel “K” genotuleer, behoorlike
redes daargestel het vir
hetsy derde respondente of tweede respondent se besluit nie. Ek sal
later hierin weer met daardie genotuleerde
opmerkings handel. Wat ek
egter wel sê, is dat wanneer die transkripsie van die
vergadering behoorlik evalueer word, dit
duidelik is hoe die komitee
tot hulle besluit gekom het. Of die redes vir daardie besluit geag
kan word redelike en regverdigbare
gronde te wees, is ‘n ander saak
en sal ek met elk van daardie redes handel in die verband.
[68] Omdat die
transkripsie van die vergadering nou beskikbaar is en voor my dien,
is ek van mening dat die vraag of daar redelike
en regverdigbare
gronde vir derde respondente se besluit was, uiteraard aan die hand
van hierdie transkripsie beoordeel moet word
en nie meer aan die hand
van die opmerkings wat in die skriftelike notule, aanhangsel “K”,
uiteengesit is nie. Wat tweede respondent
se besluit betref, is dit
egter anders, omdat die transkripsie nie voor hom gedien het nie,
maar sal ek later weer na hierdie aspek
terugkeer.
[69] Ten eerste stem ek
wel met Mnr Reinders se argument saam dat dit uit die totaliteit van
die inhoud van die transkripsie aanvaar
moet word, hoewel dit nie
uitdruklik so vermeld is nie, dat die aspekte wat deur die onderskeie
komitee-lede geopper en bespreek
is, wel aspekte is wat die
komitee-lede bedoel het as om te slaan op die tenderaars se “
past
performance in the execution of similar engineering works of
comparable magnitude
”,
hul “
ability
to perform and complete the work timeously
”,
hul “
experience
”
en “
capacity
”
om die werk te verrig en die vereiste van besonderhede verskaf van
“
contracts
of a similar nature and magnitude which they have successfully
executed in the past
”
en “
three
references of similar work done previously
”,
as synde fasette van die objektiewe maatstawwe soos uiteengesit in
die tenderdata, saamgelees met die verslag van die Bod Evaluerings

Komitee. Dit blyk duidelik uit my opsomming van die aspekte geopper
tydnes die vergadering, soos uiteengesit in paragraaf 47 hierbo.
[70] Die feit dat die
aspekte wat geopper is, bedoel was om te slaan op die objektiewe
maatstawwe vemeld, beteken egter nog nie
noodwendig dat dit geag kan
word wél redelike en regverdigbare gronde daar te gestel het
wat op die basis van die objektiewe
maatstawwe, regverdiging vir
die afwykende besluit van derde respondente daar kon stel nie.
[71] Ek gaan vervolgens
die onderskeie redes en gronde wat tydens die vergadering geopper is
en waarna ek in paragraaf 47 hierbo
verwys het, evalueer met
betrekking tot die vraag of dit, gemeet aan die objektiewe
maatstawwe, wel redelike en regverdigbare gronde
daar kon stel. Vir
redes wat hierin sal blyk, is ek voornemens om dit in twee groepe te
verdeel:
A: Eerste groep
redes/gronde:
Gradering en ondervinding
van die kleiner vennoot van die “joint venture”:
Nêrens in die
tersaaklike wetgewing, tendervoorwaardes, regulasies en/of beleid
was dit as ‘n vereiste gestel dat die
kleiner vennoot van die
“joint venture” oor `n bepaalde gradering of bepaalde
ondervinding moet beskik nie. Die vereistes
waaraan die onderskeie
vennote aan moes voldoen, is wel deur die kleiner vennoot van eerste
applikant aan voldoen.
Mnr Ntoyi het dan ook in
die tweede paragraaf op p. 8 van die transkripsie (hoewel dit in die
transkripsie aangedui word as dat
die voorsitter aan die woord is,
blyk dit duidelik uit die inhoud dat dit inderwaarheid Mnr Ntoyi is
en blyk hierdie dus `n blote
fout te wees) daarop gewys dat die
enigste vereiste is dat dat die “joint venture” as sulks oor ‘n
gradering van 7CE moet
beskik en die feit dat die kleiner vennoot ‘n
laer gradering het, nie ‘n effek sal hê op die kwaliteit
werk wat gelewer
word nie. Dit blyk egter dat die res van die
komitee hulle nie aan hierdie korrekte standpunt van Mnr Ntoyi
gesteur het nie.
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat waar applikante in paragraaf 13 van hul Reël
53(4) verklaring vermeld het dat die
rede met betrekking tot die
gradering van die kleiner vennoot, soos vermeld in paragraaf 7 van
derde respondente se skrywe van
26 Februarie 2009, `n nuwe rede
daarstel wat nie vroeër geopper is nie, dit nie korrek is nie,
aangesien dit uit die transkripsie
duidelik blyk dat dit wel geopper
was tydens die vergadering.
Die voorsitter se
verwysing in die vyfde paragraaf op p. 9 van die transkripsie na die
opmerking wat op p. 8 van van die verslag
van die Bod Evaluerings
Komitee voorkom wat betref die 70/30 verdeling van eerste applikant,
kon ook nie derde respondente se
gevolgtrekking van `n hoër
risiko wat eerste applikant betref, regverdig het nie. Soos
daardie opmerking deur my geïnterpreteer
word, het dit bloot
vermeld dat die projek nie die kleiner aandeelhouer sal fasiliteer
om te ontwikkel wat homself betref nie,
gegewe die dringende aard
van die projek en die beperkte tydperk. Dit het geensins daarop
gesinspeel dat vanweë die kleiner
aard van die kleiner vennoot,
dit ‘n effek sal hê op die risiko vraagstuk, synde of eerste
applikant in staat sal wees
om die projek tydig en behoorlik te
voltooi, aldan nie.
Verhoging van gradering:
Wat betref derde
respondente se inagneming daarvan dat indien die tender aan vierde
respondent toegeken word, dit tot gevolg sal
hê dat die
kleiner vennoot van vierde respondent se gradering opskuif vanaf 5
na 7, was inagneming van ‘n feit wat totaal
irrelevant is en op
geen wyse in verband gebring kan word met die objektiewe maatstawwe
vervat in die tenderdokument nie. Die
feit dat dit deur die komitee
in aanmerking geneem is as een van die basisse op grond waarvan
hulle tot hulle besluit geraak
het, is ook bevestig in paragraaf 8
van derde respondente se skrywe van 26 Februarie 2009.
Persentasie afwyking van
prys estimasie:
Derde respondente se
inagneming daarvan dat eerste applikant se afwyking 9% was en vierde
respondent slegs 3% was, is ongegrond
en irrelevant. Hoewel daar
deur Mnr Ntoyi in die tweede paragraaf op p. 8 van die transkripsie
spesifiek uitgewys is dat afwykings
tot en met 15% aanvaarbaar is,
het die komitee geen ag op hierdie korrekte uitwysing van Mnr Ntyoi
geslaan nie. In die verband
blyk dit duidelik uit die verslag van
die Bod Evaluerings Komitee, soos dit voorkom op p. 369 van die
oorkonde, dat tot en met
‘n 15% afwyking inderdaad aanvaarbaar is
en nie die risiko beïnvloed nie. Dit was dus duidelik ook
reeds met inagneming
van die onderskeie tenderaars se persentasie
afwyking, dat die Bod Evaluerings Komitee steeds eerste applikant
aanbeveel het.
Gevolglik is Mnr Khunong
se opmerking bo-aan p. 8 van die transkripsie dat die persentasie
afwyking van eerste applikant tot gevolg
gaan hê dat eerste
applikant nie op die lang duur die projek sal kan voltooi nie,
ongefundeerd en blatant foutief is.
Hoogste punte teenoor
PRESTASIE:
Mnr Ntoyi het heeltemal
tereg in die derde laaste paragraaf op p. 9 van die transkripsie
uitgewys en die komitee daaraan herinner
dat eerste applikant steeds
die hoogste punte behaal het. Hierdie opmerking van Mnr Ntoyi is
egter begroet deur ‘n opmerking
deur die voorsitter wat as volg
lees:
“
Ja, which at we don’t look at
only ... also taking into account their performance.”
Hoewel dit beslis so is
dat gegewe die objektiewe maatstawwe wat op hierdie tender van
toepassing is, prestasie of dan “performance”
wel een van die
faktore is wat redelike en regverdigbare gronde daar kan stel om af
te wyk van die tender wat die hoogste punte
behaal het, is hier geen
aanduiding in hierdie hele transkripsie dat die komitee behoorlik
hulle “mind apply” het tot die
feit dat die
vertrekpunt
moet wees dat die tender toegeken moet word aan die tenderaar met
die hoogste punte nie. Inteendeel, die inhoud van die voorsitter
se
opmerking waarna ek pas verwys het, is vir my bevestigend daarvan
dat hy beslis nie behoorlike oorweging daaraan geskenk het
nie. Sy
opmerking wek die indruk dat hy die hoogste punte net as ‘n faktor
beskou het by die oorweging van die vraag aan wie
die tender
toegeken moet word, en nie as die vertrekpunt nie. Die feit dat
derde respondent(1) gepoog het om dit later in die
skrywe van 26
Februarie 2009 te vermeld, kan, soos reeds vroeër bevind, nie
op `n
ex
post facto
basis
ten gunste van derde respondente in ag geneem word nie.
Meer water en sanitasie
projekte (as padbou projekte):
Mnr Barnes se opmerking
bo-aan p.10 van die transkripsie dat eerste applikant meer water en
sanitasie projekte as padbou projekte
verrig het, is nie korrek nie
en stel ‘n fundamentele feite foutering deur derde respondente
daar. Uit die lys van 39 voltooide
projekte en/of projekte waarmee
eerste applikant tans besig is, is 19 uit die 39 projekte
padbouprojekte en slegs 18 uit die
39 projekte wat verband hou met
water en sanitasie. Hierdie aspek is ook nooit in die aansoek deur
eerste tot derde respondente
ontken nie. In die verslag van die Bod
Evaluerings Komitee word wel vermeld dat “the tenderer provided
many reference projects
of which a number were for water and
sanitation projects, maar dan word ook vermeld dat “a number of
road construction projects
were also provided as references”. Dit
kon, objektief gesien, egter nie as basis dien om tot die foutiewe
gevolgtrekking te
kom waartoe derde respondente geraak het nie,
veral inaggenome dat die lys van voltooide en huidge projekte juis
aangeheg was
tot die verslag en dus ter insae was vir derde
respondente, soos blyk uit p. 374 van die aansoekstukke, soos ook
uitegwys deur
applikante in hul aanvullende verklaring in terme van
Reël 53(4).
Mnr Barnes se verdere
opmerking in die verband wat voorkom in die eerste paragraaf op p.
10 van die transkripsie, synde dat die
waarde van die projek met
betrekking tot die konstruksie van paaie ten opsigte waarvan daar
met een van eerste applikant se referente
geskakel is, nie vermeld
word nie, is korrek, maar is dit duidelik dat Mnr Barnes versuim het
om homself te vergewis van die
waarde van die projek, gegewe dat die
waarde van elke projek wel gereflekteer word op die lys van
referente wat deur eerste applikant
verskaf is. In ieder geval het
sodanige waardes ook nie verskyn ten opsigte van die referente van
vierde respondent wat gekontak
was nie.
Gegewe voormelde, was
Mnr Barnes se gevolgtrekking aan die einde van die eerste paragraaf
op p. 10 van die transkripsie tot dien
effekte eerste applikant sal
presteer met water en sanitasie projekte maar nie met die kontruksie
van paaie nie, ongegrond en
op foutiewe feite gefundeer.
Korter
kontraktermyn van 10 ½ maande:
Mnr Machogo se opmerking
hieromtrent en die daaropvolgende inagneming van die korter
kontraktermyn wat gereflekteer was in vierde
respondent se
alternatiewe tender, en waarna verwys word in die tweede paragraaf
op p. 10 van die transkripsie, is gebaseer op
‘n foutiewe indruk
van die feite en derhalwe ook ongegrond en irrelevant. Nie net het
van die komitee-lede hulle nie daaraan
gesteur toe Mnr Ntoyi
heeltemal tereg op p. 10 van die transkripsie uitgewys het dat
daardie tender vanweë redes in die
verslag vermeld, nie
aanvaarbaar is nie, maar het die komitee-lede in besonder versuim
om ag te slaan op die feit dat die tender
van vierde respondent
waarmee gehandel word in die Bod Evaluerings Komitee se verslag,
juis die tender van 12½ maande
is. Derde respondente se
blatante versuim en foutering in hierdie verband, word bevestig
deur die feit die tender wat hulle
self aanbeveel het, juis die
tender ten opsigte van die kontraktermyn van 12½ maande was,
soos duidelik gereflekteer in
die notule, aanhangsel “K” tot die
funderende verklarings p. 443 van die aansoekstukke. Die inagneming
van die korter kontraktermyn
was derhalwe glad nie regverdigbaar op
die inligting wat voor derde respondente gedien het nie.
Gevolgtrekking:
[72] Vanweë die
redes in parargraaf 71 hierbo uiteengesit, is ek tevrede dat
applikant op ‘n oorwig van waarskynlikhede aangetoon
het dat derde
respondente se aanbeveling/besluit, onder andere, gebaseer was op
redes wat irrelevant en/of ongegrond was en/of
op wesenlik foutiewe
feite berus het. Gevolglik word hierdie aanbeveling/besluit nie
redelikerwys ondersteun deur die feite wat
voor derde respondente
gedien het nie en is die aanbeveling/besluit ook nie redelikerwys
regverdigbaar in die lig van die voormelde
redes wat daarvoor verskaf
is nie. Sien
MEC
FOR PUBLIC WORKS, ROADS AND TRANSPORT, FREE STATE, AND ANOTHER v
MORNING STAR MINIBUS HIRING SERVICES (PTY) LTD AND OTHERS,
supra,
BATO
STAR FISHING (PTY) LTD v MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS
,
supra,
en
PEPCOR
RETIREMENT FUND AND ANOTHER FINANCIAL SERVICES BOARD AND ANOTHER
,
supra.
Dit het insgelyks tot
gevolg dat voormelde redes op geen basis of wyse geag kan word
redelike en regverdigbare gronde ooreenkomstig
die objektiewe
maatstawwe daar kon stel op grond waarvan derde respondente kon
afwyk van die Bod Evaluerings Komitee se aanbeveling
deur aan te
beveel dat die tender aan vierde respondent toegeken word,
nieteenstaande die feit dat eerste applikant die hoogste
punte behaal
het nie.
Gevolglik is derde
respondente se aanbeveling/besluit hersienbaar in terme van Artikels
6(2)(b), 6(e)(i) en 6(e)(iii) van PAJA,
welke as volg lees .
“
(2) A Court or tribunal has the
power to judicially review an administrative action if -
…
a mandatory and material procedure or
condition prescribed by an empowering provision was not complied
with;
…
…
.
the action was taken -
for a reason not authorised by the
empowering provision;
…
because irrelevant considerations
were taken into account or relevant considerations were not
considered;”
B:
Tweede
groep redes/gronde:
[73] Soos reeds hierbo
vermeld, blyk dit dat die afwesigheid van ‘n gevolgtrekking met
betrekking tot risiko wat betref kapasiteit
en ondervinding juis dit
was wat derde respondente verplig laat voel het om verder ondersoek
daarna in te stel, hoewel dit daartoe
gelei het dat hulle toe, soos
reeds hierbo bevind, foutiewelik sekere aspekte oorweeg het. Vir die
beginsel dat hulle toe wel
self verder ondersoek ten opsigte van
risiko ingestel het, kan hulle na mening nie gepenaliseer word nie,
aangesien dit juis strook
met die verpligting van ‘n besluitnemer,
soos Mnr Danzfuss betoog het en waarna ek vroeër verwys het,
synde dat hoewel ‘n
besluitnemer in `n geval soos die onderhawige
besluite kan neem op grond van aanbevelings van ander instansies soos
byvoorbeeld
deskundiges of persone wat die ondersoek gedoen het, is
dit noodsaaklik dat die besluitnemer steeds self die diskresie moet
uitoefen
en self die besluit moet neem, daarom moet die ander persoon
of instansie en/of deskundige volledige redes vir sy/haar standpunt

of aanbeveling verskaf. Sien
MINISTER
OF HEALTH v NEW CLICKS SOUTH AFRICA (PTY) LTD AND OTHERS
2006 (2) SA 311
(CC) en
WALELE
v THE CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS
[2008] ZACC 11
;
2008 (6) SA 129
(CC).
[74] Aan die een kant kan
dit gesê word dat gegewe dat `n bevinding met betrekking tot
risiko, aldan nie, wel deur die Bod
Evaluerings Komitee vervat was in
hulle verslag met betrekking tot die ander tenderaars, moes dit
duidelik gewees het dat dit bloot
‘n oorsig was om dit nie te
notuleer met betrekking tot eerste applikant nie en indien derde
respondente onsekerheid daaromtrent
gehad het, sou die aangewese weg
gewees het om die aangeleentheid, soos hulle reeds voorheen gedoen
het, na die Bod Evaluerings
Komitee terug te verwys.
In die verband blyk dit
dat Mnr Machogo inderdaad in die sesde paragraaf op p. 7 van die
transkripsie opgemerk het dat dit dalk
‘n blote oorsig was.
Die feit dat die Bod
Evaluerings Komitee wel die risiko in ag geneem het, moes dan ook vir
derde respondente duidelik gewees het
uit die opmerking wat op p. 10
van die Bod Evaluerings Komitee se verslag voorkom, p. 371 van die
aansoekstukke , waar daar spesifiek,
nadat die aanbeveling gemaak is
dat die tender aan eerste applikant toegeken word, opgemerk is dat:
“
The engineer also confirmed that
the contractor is fully competent to execute work.”
[75] Hoe dit ookal sy en
nieteenstaande wat ek in die vorige paragraaf uitgewys het, wat derde
respondente se bevraagtekening van
eerste applikant teenoor vierde
respondent se risiko met betrekking tot kapasiteit en ondervinding
betref, blyk dit,
op
grond van die inligting wat hulle voor hulle gehad het
,
nie ongegrond te gewees het nie. Dit gaan hand aan hand met die feit
dat daar in die verslag van die Bod Evaluerings Komitee,
slegs
gehandel is met een relevante referent van eerste applikant, terwyl
daar met drie relevante referente van vierde respondent
gehandel is.
Dit is gemeensaak dat eerste applikant in sy tender beslis nie net na
een tersaaklike referent verwys het nie, maar
twee bladsye van
referente ingedien het, waarvan een meer as die helfte referente met
betrekking tot soortgelyke tipe projekte
was. Dit, tesame met die
feit dat dit duidelik onderaan p. 6 van die transkripsie blyk dat die
rede waarom daar slegs na een relevante
referent in die verslag
verwys is, toe te skryf was aan die feit dat dit bouersvakansie was
en die ander referente dus nie bereikbaar
was nie, het beslis tot
gevolg dat eerste applikant nie daarvoor gepenaliseer behoort te word
dat daar in die Bod Evaluerings Komitee
slegs na een relevante
referent verwys is nie. Die gevolg hiervan is egter wel, soos tereg
uitgewys deur die voorsitter op p.
7 van die transkripsie, die tweede
paragraaf daarvan, dat daar nie volledige inligting voor derde
respondente was met betrekking
tot eerste applikant se ondervinding
in soortgelyke tipe projekte en van soortgelyke omvang op die stadium
wat derde respondente
hulle aanbeveling/besluit gemaak het nie. Die
voorsitter se opmerking was as volg:
“
It doesn’t help us. ... No
information, no decision. We can’t take a decision on the basis
that we didn’t have time...”
[76] In terme van
klousule 8.6.1 van eerste respondent se Supply Chain Management
Policy, soos reeds na verwys in paragraaf 26 hierbo,
was dit juis die
Bod Evaluerings Komitee se plig om die onderskeie tenderaars se
beweerde kapasiteit om die tender uit te voer,
te verifieer. Die Bod
Evaluerings Komitee se versuim om met drie tersaaklike referente van
eerste applikant te geskakel het en
hulle kommentaar in die verslag
te vervat, het ongelukkig daartoe gelei dat derde respondente begin
spekuleer het oor eerste applikant
se ondervinding met betrekking tot
die konstruksie van paaie, en derhalwe die risiko al dan nie, om die
tender aan eerste applikant
toe te wys (ook op foutiewe gronde, soos
reeds hierbo bevind), in plaas daarvan om die aangeleentheid terug te
verwys het na die
Bod Evaluerings Komitee met ‘n versoek dat die
verslag aangevul word in die verband en voorspruitend daaruit dan ‘n
behoorlik
gefundeerde risiko bepaling van eerste applikant gemaak
word.
[77] Wat betref die
risiko bepaling wat die Bod Evaluerings Komitee wel in sy verslag
gemaak het, soos na verwys in paragraaf 74
hierbo, is daardie
gevolgtrekking, na my mening, ongelukkig nie op hierdie stadium
behoorlik gefundeerd wat betref die ondervinding
van eerste applikant
met soortgelyke projekte nie. Die redes waarom ek hierdie mening
huldig:
1. Die Bod Evaluerings
Komitee het duidelik slegs ten opsigte van een tersaaklike referent
van eerste applikant navraag gedoen rondom
eerste applikant se
uitvoering van daardie soortgelyke projek. Hierdie tekortkoming is
ook deur applikante self in paragraaf 9
van hul Reël 53(4)
verklaring uitgewys. Die feit dat eerste applikant veelvuldige ander
tersaaklike referente verskaf het
en welke inligting voor derde
respondente gedien het, is geensins van hulp wanneer eerste applikant
se risiko met betrekking tot
ondervinding en kapasiteit beoordeel
moet word as daar nie inligting is oor die standaard waarop en die
tydperke waarbinne eerste
applikant daardie projekte voltooi het nie.
2. Uiteraard het die Bod
Evaluerings Komitee hulle in hulle evaluering van die tenderaars en
hulle uiteindelike aanbeveling tot
‘n baie groot mate laat lei deur
die ingenieursverslag, aangeheg as aanhangsel “G” tot die
funderende verklaring. By nalees
van die ingenieursverslag, in
besonder p. 355 van die aansoekstukke, blyk dit egter dat slegs twee
van die drie referente wat deur
die ingenieurs geskakel was,
referente was met betrekking tot projekte wat die konstruksie van
paaie behels het. (Hierdie gevolgtrekking
kan gemaak word indien die
inligting met betrekking tot die Merbombo projek, gekontroleer word
met die twee lyste van referente
deur eerste applikant verskaf. Wat
die Leliehoek projek in Ladybrand betref, is daar in die lys van
referente slegs vermeld dat
die aard van die projek “uitbreiding
van dienste” was. Dit blyk egter duidelik uit paragraaf 10.2.11.4
van applikante se funderende
verklaring, soos dit voorkom op p. 31
van die oorkonde, dat dit inderdaad die konstruksie van paaie, strate
en toegangspaaie ook
behels het, welke bewering op geen stadium deur
die respondente in hulle stukke ontken is nie. Dit is egter
gemeensaak dat die
Africon projek, synde een van die referente wat
deur die ingenieurs geskakel is, ‘n water en sanitasie projek
behels het, soos
ook blyk uit die transkripsie.)
Hierteenoor blyk dit uit
die totaliteit van die stukke voor my dat aldrie referente wat ten
opsigte van vierde respondent wat deur
die ingenieurs geskakel is, en
soos wat dit uiteengesit is op p. 356 tot 357 van die oorkonde,
projekte was wat die kontruksie
van paaie behels het. (Hoewel dit
nie sodanig spesifiek blyk uit die ingenieursverslag nie, kom ek tot
die gevolgtrekking omdat
daar niks tot die teendeel voor my geplaas
is nie.)
[78] Gevolglik blyk dit
dat daar reeds vanaf die stadium van die ingeniersverslag, nie
behoorlike inligting bekom is met betrekking
tot eerste applikant se
ondervinding wat soortgelyke projekte betref nie. Eerste applikant is
nie hiervoor te blameer nie. Dit
het egter na my mening wel tot
gevolg dat die evaluering van eerste applikant se risiko met
betrekking tot ondervinding en kapasiteit
nie behoorlik deur die
ingeneurs, die Bod Evaluerings Komitee of die Bod Beoordelings
Komitee gedoen is nie. Hoewel die aspek
ten minste deur die Bod
Beoordelings Komitee geopper is, het hulle versuim om die korrekte
stappe te neem ten einde daardie gebrek
aan te vul.
[79] Dat dit wesenlike
inligting is wat voor die onderskeie besluitnemers moes gedien het en
wat nie aldus gedien het nie, blyk
uit die feit dat relevante en
soortgelyke ondervinding juis pertinent, beide in die tenderdokument
en in die verslag van die Bod
Evaluerings Komitee, gelys is as een
van die objektiewe maatstawwe waaraan ‘n tenderaar moes voldoen en
wat derhalwe insgelyks
‘n redelike en regverdigbare gronde daar sou
kon stel om af te wyk van die toekenning van die tender aan die
tenderaar met die
hoogste punte. Vanweë die gebrekkige
inligting hieromtrent wat voor derde respondente gedien het, kon
hulle nie op grond
van die inligting wat wel voor hulle gedien het,
tot `n behoorlik gefundeerde gevolgtrekking kom gekom het met
betrekking tot eerste
applikant se risiko wat betref ondervinding en
kapasiteit in vergelyking met die van vierde respondent nie.
Gevolgtrekking:
[80] Derde respondente se
besluit om af te wyk van die Bod Evaluerings Komitee se aanbeveling
en aan te beveel dat die tender aan
vierde respondent toegeken word,
is derhalwe ook wat hierdie gronde betref, ongefundeerd, deurdat
wesenlike relevante inligting
nie voor hulle gedien het nie en dus
nie deur hulle in aanmerking geneem kon word nie. Hulle bevoegdheid
om `n besluit te gemaak
het, is derhalwe nie behoorlik uitgoefen nie,
aangesien hulle nie alle wesenlike feite voor hulle gehad het nie.
Applikante het
hul derhalwe van hul bewyslas gekwyt en op `n oorwig
van waarskynlikhede aangetoon dat derde respondente se besluit
derhalwe ook
vanweë hierdie rede hersienbaar in terme van
Artikel 6(2)(e)(iii) van PAJA, deurdat “relevant considerations
were not considered”.
Sien
PEPCOR
RETIREMENT FUND AND ANOTHER FINANCIAL SERVICES BOARD AND ANOTHER
,
supra
.
Tweede respondent
se besluit:
[81] Die tweede
hersieningsgrond is ook teen tweede respondent se besluit gerig. Wat
tweede respondent se besluit betref, het my
voormelde bevindings en
gevolgtrekkings outomaties tot gevolg dat tweede respondent (selfs
indien al die bogemelde inligting wat
voor derde respondente gedien
het, ook voor tweede respondent sou gedien het) se besluit
mutatis
mutandis
om
dieselfde redes hersienbaar is. Addisioneel hiertoe, is dit egter
gemeensaak dat al die inligting nié voor tweede respondent

gedien het nie, die gevolge waarvan ek hieronder onder die eerste
hersieningsgrond sal aanspreek.
Uiteensetting van
redes/gronde in die notule:
[82] Dit is voorts deel
van applikante se tweede hersieningsgrond dat ooreenkomstig die
bepalings van regulasie 3.1.4 van eerste
respondent se Preferential
Procurement Regulations, welke deel vorm van die tenderdokument, die
redelike en regverdigbare redes
op grond waarvan aanbeveel word dat
afgewyk word van die tender met die hoogste punte, volledig
uiteengesit moet word in die notule
van die tersaaklike vergadering.
Volgens applikante kan die opmerkings wat in die notule van die Bod
Beoordelings Komitee, aanhangsel
“K”, nie geag word ‘n
volledige uiteensetting van die redes te wees nie en dat Artikel
6(2)(b) van PAJA dus toepassing vind.
[83] Hoewel ek in ieder
geval reeds bevind het dat die redes wat geopper is tydens die Bod
Beoordelings Komitee se vergadering en
soos wat blyk uit die
transkripsie van die vergadering, nie redelike en regverdigbare redes
of gronde daar kon stel vir derde respondente
se besluit nie, is ek
dit eens met applikante dat wanneer die opmerkings wat in die notule
voorkom vergelyk word met die aspekte
wat uit die transkripsie van
die vergadering blyk geopper te gewees het as redes vir die besluit,
kan die opmerkings in die notule
geensins geag word ‘n volledige
uiteensetting te wees van die beweerde redelike en regverdigbare
redes wat tydens die vergadering
geopper is nie.
[84] Die feit dat die
opmerkings wat in die notule, aanhangsel “K”, verwoord is, nie
geag kan word ‘n volledige uiteensetting
te wees van die redes
waarop derde respondente hulle besluit gebaseer het nie, word
bevestig deur die transkripsie van die vergadering
waar Mnr Ntoyi
onderaan bladsy 11 van die transkripsie die komitee daarop attent
maak dat hulle voldoende redes moet hê om
die afwyking van die
aanbeveling en dus die aanstelling van ‘n ander tenderaar dan die
tenderaar met die hoogste punte, te regverdig.
Hy het as volg
opgemerk:
“
... I would just want to sensitise
the house that we must just bear in mind the fact that maybe ... when
we, after we have taken
the decision then comes back to us that we
have sufficient reasons to justify why we did not agree with the
recommendation. Because
you will recall that the same company also
gave us a letter from the attorneys requesting that the ....”
Die voorsitter het as
volg daarop gereageer in die tweede paragraaf op p. 12 van die
transkripsie:
“
No okey that is fine, I will deal
with that when we come to that...”
Die vergadering sluit
egter daar af. Dit blyk dus nie uit die transkripsie dat die komitee
op daardie stadium (of ooit) hulle
redes geformuleer het nie.
[85] Gevolglik is ek op
`n oorwig van waarskynlikhede oortuig dat daar nie aan die vereistes
van bogemelde regulasie 3(1)(4) voldoen
is nie, dat Artikel 6(2)(b)
van PAJA dus inderdaad toepassing vind en dat die besluit van derde
respondente ook om hierdie rede
hersienbaar is.
Eerste
hersieningsgrond: Nie- nakoming van Regulasie 29(5)(b)(i) van die
Municipal Supply Chain Management Regulations
[86
] Applikante se eerste
hersieningsgrond slaan op tweede respondent se besluit en is daarop
gebaseer dat regulasie 29(5)(b)(i) van
die
Municipal Supply Chain
Management Regulations nie
nagekom is nie, aangesien tweede
respondent nie behoorlike en gepaste oorweging (“due
consideration”) verleen het, of kon verleen
aan die redes waarom
die Bod Beoordelings Komitee nie die Bod Evaluerings Komitee se
aanbeveling gevolg het nie, aangesien die
Bod Beoordelings Komitee
geen sodanige redes aan hom verskaf het nie.
[87] Mnr Danzfuss het in
sy argument hieromtrent weereens gesteun op die beslissing in
WALELE
v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS
,
supra
,
op grond waarvan hy betoog het dat gegewe dat die volledige redes vir
derde respondente se besluit nie voor tweede respondent
gedien het
ten tyde van die uitoefening van sy besluit nie, en gegewe die aard
en inhoud van die opmerkings vervat in Aanhangsel
“K” wat wél
voor tweede respondent gedien het, dit nie deur tweede respondent
geag kon gewees het as redelike en regverdigbare
gronde vir derde
respondente se aanbeveling en derhalwe vir sy goedkeuring van daardie
besluit nie. Verdermeer is die bestaan van
sodanige redes, aldus die
argument, ‘n jurisduksionele feit wat moes bestaan voordat ‘n
geldige besluit geneem kon word. Mnr
Danzfuss het ook verwys na die
uitspraak in
CAMPSBAY
RATEPAYERS ASSOCIATION v MINISTER OF PLANNING, WESTERN CAPE,
supra
,
ter ondersteuning hiervan.
Mnr Reinders het aan die
hand gedoen dat die vier opmerkings wat in aanhangsel “K”, die
notule, vervat is, wel geag kan word
die redes vir derde respondente
se besluit te gewees het en dat dit bevind behoort te word dat tweede
respondent dit behoorlik
oorweeg het.
[88] In
CAMPSBAY
RATEPAYERS ASSOCIATION v MINISTER OF PLANNING, WESTERN CAPE,
supra,
is as volg op p. 320 J – C beslis:
“
For purposes of this case, only
section 2(1)(a)
is relevant. In terms of that subsection, the
Minister must “be satisfied” “that it is desirable” to remove
the conditions
in question.....Unless the Minister is as a fact
satisfied as to the presence of one of more of these circumstances, a
jurisdictional
fact for the exercise of his power to remove
conditions is absent. And if he is subjectively satisfied, this view
is one which
is susceptible to review if his conclusion was,
objectively speaking, unreasonable.”
[89] In
MINISTER
OF HEALTH v NEW CLICKS SOUTH AFRICA (PTY) LTD AND OTHERS
2006 (2) SA 311
(CC) het die tersaaklike bemagtigingsartikel, synde
artikel 22G(2)(b) van Wet 101 van 1965 bepaal dat:
“
The Minister may, on the
recommendation of the pricing committee, make regulations on an
appropriate dispensing fee...”
Dit is dus na my mening
‘n bepaling wat soortgelyk is aan die bepaling wat in die
onderhawige geval ten opsigte van die tweede
respondent geld.
Gevolglik is ek van mening dat die volgende beginsel
mutatis
mutandis
van toepassing is op die besluit wat deur tweede respondent geneem
is. Op 480F – 481A is as volg beslis:
“
The failure by the Pricing
Committee to explain how it arrived at the figures it adopted made it
difficult to evaluate the appropriateness
of the dispensing fees
adopted, and thus to determine whether the Pricing Committee has
properly applied its mind to the viability
of pharmacies. ... The
Minister is required to make regulations based on the recommendation
of the Pricing Committee. The Minister
does not merely rubber stamp
the recommendation of the Pricing Committee. She is required to apply
her mind to the recommendation
and make a decision whether to accept
such recommendation. She cannot therefore accept the fees proposed by
the Pricing Committee
simply because they have been proposed by the
Pricing Committee. She must satisfy herself that the fees proposed by
the Pricing
Committee are appropriate within the meaning of
s 22G(2).
She can only do this if she is furnished with an explanation as to
how the fees were arrived at. Without such information, the
Minister
cannot properly evaluate the appropriateness or otherwise of the fees
proposed by the Pricing Committee. ”
[90] Voormelde beginsels,
is op volledige wyse verwoord en uiteengesit in die latere uitspraak
van die Konstitutionele Hof in
WALELE
v THE CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS
,
supra
[2008] ZACC 11
; ,
(2008
(6) SA 129
(CC)) waarin dit gehandel het oor Artikels 6 en 7 van die
Building Standards Act, Wet nr. 103 van 1977, in terme waarvan die
plaaslike
owerheid, as synde die besluitnemer, die Building Control
Officer se aanbeveling moet oorweeg en onderhewig daaraan dat hy
tevrede
gestel is van sekere vereistes, kan hy bouplanne goedkeur.
Daar is as volg op 159J – 160C beslis:
“
There can be no doubt that these
documents could not reasonably have satisfied the decision-maker that
none of the disqualifying
factors would be triggered. None of these
documents refers to those factors. If indeed the decision-maker was
so satisfied on
the basis of these three documents, his satisfaction
was not based on reasonable grounds. The documents fall far short as
a basis
for forming a rational opinion. Nor does the mere statement
by the City to the effect that the decision-maker was satisfied
suffice.
In the past, when reasonableness was not taken as a
self-standing ground for review, the City's ipse dixit could have
been adequate.
But that is no longer the position in our law. More is
now required if the decision-maker's opinion is challenged on the
basis
that the subjective precondition did not exist. The
decision-maker must now show that the subjective opinion it relied on
for exercising
power was based on reasonable grounds. In this case,
it cannot be said that the information, which the City admitted had
been
placed before the decision-maker, constituted reasonable grounds
for the latter to be satisfied.”
Daar
is voorts as volg op op 164A – 164B beslis:
“
The Building Control Officers must
ensure that adequate information is placed before decision-makers so
that they can consider applications
for approval of building plans
properly and in a balanced way. The recommendations they make must
serve this purpose. The approval
of plans in the absence of such
recommendation in this matter means that the necessary jurisdictional
fact was lacking. It follows
that the approval is invalid and must be
set aside.”
[91] Wat tweede
respondent se besluit betref, beweer tweede respondent in eerste tot
derde respondente se aanvullende opponerende
verklaring, soos reeds
hierbo na verwys, dat hy volgens sy oordeel tevrede was dat die vier
aspekte wat deur die Bod Beoordelings
Komitee genotuleer was,
redelike en regverdigbare gronde daargestel het om nie die tender met
die hoogste punte aan te beveel nie
en derhalwe die Bod Beoordelings
Komitee se aanbeveling ten opsigte van vierde respondent, goed te
keur. Na my mening kan daar
geen werklike waarde aan hierdie
ipse
dixit
van
tweede respondent geheg word nie. Wanneer daardie vier opmerkings
bestudeer word, is dit duidelik dat dit nie tweede respondent

redelikerwys kon tevrede stel dat daar redelike en regverdigbare
gronde bestaan het vir derde respondente se aanbeveling om af
te wyk
van die tender met die hoogste punte nie en sy gevolglike goedkeuring
daarvan nie. Selfs al was dit dus moontlik tweede
respondent se
subjektiewe opinie, is daar geensins deur tweede respondent aangetoon
dat hierdie subjektiewe opinie op redelike
gronde berus het nie.
[92] Aan die hand van
voormelde gesag, het dit na my mening tot gevolg dat tweede
respondent se besluit ooreenkomstig die bepalings
van Artikel
6(2)(e)(iii) van PAJA hersienbaar is.
[93] Verdermeer en soos
reeds vroeër hierin bevind, wanneer die vier aspekte wat deur
die Bod Beoordelings Komitee genotuleer
is, vergelyk word met die
aspekte wat uit die transkripsie blyk geopper te gewees het, kan die
opmerkings in die notule geensins
geag word ‘n behoorlike
uiteensetting te wees en/of volledige uiteensetting te wees van die
redes vir derde respondente se afwyking
van die aanbeveling van die
Bod Evaluerings Komitee nie.
[94] Gevolglik stem ek
met Mnr Danzfuss se argument saam dat tweede respondent se besluit in
die afwesigheid van die bestaan en
oorweging van sodanige volledige
redes, tot gevolg het dat die jurisdiksionele feit wat moes bestaan
alvorens tweede respondent
`n geldige besluit kon neem, afwesig was.
[95] Derhalwe is ek op `n
oorwig van waarskynlikhede oortuig dat tweede respondent se besluit
ook vanweë hierdie rede ongeldig
is en hersienbaar is in in
terme van Artikel 6(2)(b) van PAJA.
GEVOLGTREKKING MET
BETREKKING TOT HERSIENBAARHEID VAN BESLUITE:
[96] Gegewe die
bevindings hierbo gemaak, het applikante op ‘n oorwig van
waarskynlikhede aangetoon dat sowel derde respondente
se aanbeveling
sowel as tweede respondent se besluit om dit goed te keur, hersien en
tersyde gestel moet word.
GEPASTE REMEDIE:
[97] Die vraag wat nou
bereg moet word, is welke remedie applikante op geregtig is.
Artikel 8 van PAJA bepaal as volg in die verband:
“
(1) The court or tribunal, in
proceedings for judicial review in terms of section 6(1) may grant
any order that is just and equitable,
including orders –
...
...
Setting aside the administrative
action and –
(i) remitting the matter for
reconsideration by the administrator with or without directions. or
(ii) in exceptional cases –
(aa) substituting or varying the
administrative action or correcting a defect resulting from the
administrative action;”
[98] In die kennisgewing
van mosie het applikante gevorder dat ‘n bevel gemaak word dat die
tender aan eerste applikant toegeken
word (of dat eerste en tweede
respondente gelas word om die tender aan eerste applikant toe te
ken), met slegs in die alternatief
dat die besluit met betrekking tot
die toekenning van die tender na tweede en derde respondente
terugverwys word vir oorweging
de
novo.
[99] Die geldende
beginsel hieromtrent is as volg in
Judicial
Review
of Administrative Action in South Africa
,
supra,
op p. 3365 – 337, met verwysing na voormelde bepalings van PAJA en
heersende gesag, uiteengesit:
“
In an application for direct
review, the order that the court would usually give in the event that
a ground of review is shown to
exist, is for the decision to be set
aside and have the matter remitted to the administrator. ... The
courts’
reluctance
to substitute their own decision for that of the administrative
authority (but rather to remit it to the authority concerned),
is in
accordance with the courts’ understanding of the principle of
seperation of powers and the distinction between appeal and
review.
The reasoning in forming this approach is that the discretionary
power in question was entrusted by parliament to the
administrator
and therefore it is not the function of the court to say how the
power should be excercised by substituting its decision
for that of
the administrator. A court will, however, in exceptional
circumstances depart from this principle. The question whether
the
departure is justified will be answered with reference to the entire
context of the case. This would include taking account
of
considerations as as the following:
●
Whether the administrator in
question is left with any discretion in the matter or whether the end
result is a foregone conclusion;
●
The importance of time
considerations in the present context;
●
The willingness of the
administrator to re-apply its mind to the issues at stake.
●
Indications of bias or
incompetence on the side of the administrator;
●
The circumstances as they exist
now as apposed to when the matter was decided by the administrator;
●
The competence of the court
vis-a-vis
that of the administrator in deciding the matter.
The above is not an exhaustive list of
factors. The primary consideration is fairness to all concerned. In
LIVESTOCK AND MEAT
INDUSTRIES CONTROL BOARD v GARDA
(1961 (1) SA 342
(A) at 349G) Holmes AJA express the principle thus:
’
From a survey of the foregoing
decisions it seems to me possible to state the basic principle as
follows, namely that the court
has a discretion, to be excercised
judicially upon a consideration of the facts of each case, and that,
although the matter will
be sent back if there is no reason for not
doing s, in essence it is a question of fairness to both sides.’
It is submitted that the courts should
follow a similar approach in the application of Section 8(1)(c) of
PAJA.”
[100] Mnr Danzfuss het in
sy argument gesteun op die beslissing in
DOUGLAS
HOëRSKOOL EN ‘N ANDER v PREMIER, NOORD KAAP
1999 (4) SA 1131
(NKA) en aan die hand gedoen dat dit in die
onderhawige geval `n “foregone conclusion” is dat die tender aan
eerste applikant
toegeken moes gewees het en aan eerste applikant
toegeken gaan word en het gevolglik gesubmiteer dat die
aangeleentheid nie terug
verwys behoort te word nie, maar dat ek
behoort te gelas dat tweede en derde respondente die tender aan
applikante toeken.
Mnr Reinders het
daarenteen betoog dat tensy ek oortuig is dat iedere en elk van die
redes en gronde deur derde respondente geopper
waarom hulle besluit
het om die aanbeveling te maak dat die tender aan vierde respondent
toegeken word, verkeerd is, die aangeleentheid
terugverwys behoort te
word vir heroorweging. In die verband het hy aan die hand gedoen dat
gegewe die gebrek in die verslag van
die Bod Evaluerings Komitee met
betrekking tot ‘n gevolgtrekking wat betref die risiko vir eerste
respondent indien die tender
aan eerste applikant toegeken sou word
met betrekking tot eerste applikant se ondervinding en kapasiteit, ek
oorweging daaraan
behoort te skenk om die aangeleentheid nie net
terug te verwys na tweede en derde respondente nie, maar inderdaad
ook na die Bod
Evaluerings Komitee.
[101] Ek het behoorlike
oorweging geskenk aan die tydsbeperkings wat op die onderhawige
geval, en waaromtrent die partye
ad
idem
is, van toepassing is. Met dit inaggenome en so belangrik as wat ek
meen dit is dat daar finaliteit in die onderhawige aangeleentheid

moet kom, is ek van mening dat gegewe my bevindings gemaak in
paragrawe 73 tot 80 hierbo, ek nie derde respondente se aanbeveling

en daaropvolgend tweede respondent se besluit kan vervang met my eie
nie. Dit sal regtens en andersins onhoudbaar wees dat waar
ek ‘n
bevinding gemaak het dat derde en tweede respondente se besluite en
selfs die Bod Evaluerings Komitee se aanbeveling op
gebrekkige
inligting gebaseer was, ek dan desnieteenstaande self ‘n besluit
maak steeds met slegs sodanige gebrekkige inligting
tot my
beskikking. Indien die gebrek wat ek in paragrawe 77 en 78 hierbo
uitgewys het, nie in die ingenieursverslag bestaan het
nie, kon ek
moontlik nog my besluit baseer het op die inligting vervat in die
ingenieursverslag, welke inligting dan bloot vanweë
‘n oorsig
aan die kant van die Bod Evaluerings Komitee nie voor die Bod
Beoordelings Komitee gedien het nie. Die feit is egter
dat ek, met
die totaliteit van die stukke wat tans voor my dien, ook nie oor
behoorlike inligting beskik met betrekking tot die
standaard van
eerste applikant se uitvoering van soortgelyke projekte as die
onderhawige in die verlede nie, welke inligting wesenlik
is ten einde
‘n behoorlike evaluering te doen van eerste applikant se
ondervinding en kapasiteit en die risiko, aldan nie, vir
eerste
repondent indien die tender aan eerste applikant toegeken sou word.
Aangesien hierdie aspekte deel vorm van die objektiewe
maatstawwe van
toepassing in die onderhawige geval op grond waarvan `n afwyking van
die toekenning van die tender aan eerste applikant
kan geskied indien
daar, gemeet aan sodanige objektiewe maatstawwe, redelike en
regverdigbare gronde of redes daartoe bestaan,
is dit dus wesenlike
inligting wat bekom moet word. Ek kan ook nie applikante se bewerings
in paragrawe 10.2.11 en 10.2.12 van
hul funderende verklaring met
betrekking tot hul suksesvolle voltooïng van projekte vir
doeleindes hiervan aanvaar in die
plek van objektiewe kontrolering en
evaluering daarvan deur hetsy die ingenieurs of die Bod Eevaluerings
Komitee nie.
[102] Die vraag met
betrekking tot eerste applikant se ondervinding in soortgelyke
projekte en derhalwe die risiko verbonde aan
eerste applikant se
kapasiteit en ondervinding teenoor dié van vierde respondent,
is dus `n wesenlike aspek wat behoorlik
her-evalueer sal moet word.
[103] Die voormelde
gebreke in die evaluering van eerste applikant, het duidelik al by
die Bod Evaluerings Komitee (en die evaluering
deur die ingenieurs)
begin. Met betrekking tot die vraag oor waarheen die terugverwysing
egter moet geskied, is ek van mening dat
gegewe dat die Bod
Evaluerings Komitee nie ‘n party voor die hof is nie, is ek nie
geregtig om ‘n terugverwysing na hulle te
maak en hulle te gelas om
hul verslag aan te vul met betrekking tot die aspekte geopper in
hierdie uitspraak nie. Ek meen egter
dat hierdie probleem oorkom kan
word indien ek die terugverwysing na die Bod Beoordelings Komitee en
tweede respondent doen, maar
tesame met welke terugverwysing ek dan
aanwysings of lasgewings aan die Bod Beoordelings Komitee maak ten
opsigte van die verdere
hantering van hierdie aangeleentheid, wat
insluit `n terugverwysing deur die Bod Beoordelings Komitee aan die
Bod Evaluerings Komitee,
soos ek geregtig is om te doen in terme van
Artikel 8(1)(c)(i) van PAJA. Sien
EARTHLIFE
AFRICA (CAPE TOWN) v DIRECTOR-GENERAL: DEPARTMENT OF ENVIRONMENTAL
AFFAIRS AND TOURISM AND OTHERS,
supra,
op
1199G-H en 1200B – C. Dit is die bevel wat na my mening “just
and equitable” onder die omstandighede sal wees.
[104] Mnr Danzfuss het
versoek en aan die hand gedoen dat indien die aangeleentheid
terugverwys sou word, dit terugverwys behoort
te word na die
tersaaklike komitees, anders saamgestel. Hy het aan die hand gedoen
dat gegewe die geskiedenis van hierdie aangeleentheid
sedert die
aanvang daarvan, met verwysing na eerste tot derde respondente se
optrede en gebruikmaking van die regsproses om, aldus
die argument,
applikante te poog frustreer in die uitoefening van hul regte wat die
onderhawige dispuut betref, dit ten minste
prima
facie
blyk dat eerste tot derde respondente, of sommige van hulle,
kwaadwillig is en nie meer objektiwiteit aan die dag sal lê
met
die sodanige heroorweging van die toekenning van die tender nie.
[105] Na my mening is
daar twee probleme met hierdie versoek. Ten eerste stem ek saam met
Mnr Reinders se betoog dat ek nie bloot
op die gebeure te midde van
hierdie aansoek, so ‘n bevinding kan maak nie. Indien applikante op
kwaadwilligheid of `n gebrek
aan objektiwiteit wou steun, het hulle
die geleentheid daartoe gehad om in hulle Reël 53(4) aanvullende
verklaring sodanige
bewerings te gemaak het, wat nie gedoen is nie.
Tweedens is dit prakties nie moontlik om die aangeleentheid terug te
verwys na
die onderskeie komitees, anders saamgestel nie.
Ooreenkomstig die bepalings van klousule 8.7.1 van eerste respondent
se Supply
Chain Management Policy, soos dit voorkom op p. 620 van die
aansoekstukke, bestaan die Bod Beoordelings Komitee, met uitsluiting

van die verteenwoordiger van regsdienste, uit bepaalde ampsbekleërs.
Ek is uiteraard nie by magte om hierdie samestelling
te wysig nie.
Hoewel ‘n soortgelyke rigiede vasstelling nie met betrekking tot
die Bod Evaluerings Komitee bestaan nie, soos
blyk uit klousule 8.6.1
van voormelde beleid, soos dit voorkom p. 619 van die aansoekstukke,
is daar geen rede waarom die Bod Evaluerings
Komitee anders
saamgestel moet word nie, omdat geen besluit van hulle hersien en
tersyde gestel word nie. In hulle geval is dit
slegs ‘n aanvulling
van hulle verslag wat moet geskied.
KOSTE:
[106] Wat betref die
koste van die hersieningsaansoek, was Mnre Danzfuss en Reinders dit
eens dat daar geen rede is waarom die koste
nie die uitslag moet volg
nie. Die kennisgewing van mosie het slegs koste teen eerste en tweede
respondente gevorder, hoewel voorsiening
gemaak is dat sodanige ander
respondente as wat die aansoek mag opponeer, ook koste moet betaal.
Ek is derhalwe van mening dat
eerste tot derde respondente gelas
behoort te word om die koste van die hersieningsaansoek te betaal.
Wat die koste van twee
advokate betref, het mnr. Reinders betoog dat die koste van twee
advokate nie geregverdigd is nie. Ek stem
egter nie hiermee saam
nie. Die aansoekstukke is omvangryk en sluit dokumentasie in wat
gedetaileerde bestudering en analisering
geverg het ten einde die
hersieningsaansoek behoorlik voor die hof te laat dien en behoorlik
vir die argumentering daarvan voor
te berei. Dit, tesame met die
relatief komplekse aard van sekere van die vraagstukke wat hierin ter
sprake gekom het, meen ek
regverdig beslis die koste van twee
advokate.
Dit moet egter vermeld
word dat Mnr Benadé, wie tot op hede die tweede advokaat in
applikante se regspan was, nie teenwoordig
was ten tyde van die
argumentering van die hersieningsaansoek nie. Soos blyk uit die
applikante se betoogshoofde, was hy egter
wel betrokke by die
voorbereidng daarvan, wat Mnr Danzfuss ook bevestig het. Mnr Danzfuss
het derhalwe van meet af aan aangedui
dat die versoek tot koste van
twee advokate, nie van toepassing is op die koste van die
argumentering van die hersieningsaansoek
nie.
[107] Wat die koste van
die interlokutêre aansoek uitgereik deur eerste tot derde
respondente op 24 Maart 2009 betref, die
meriete waarvan afgehandel
is, maar ten opsigte waarvan nog nie `n kostebevel gemaak is nie, was
eerste tot derde respondente,
wie die applikante was in daardie
aanoek, wesenlik onsuksesvol met die aansoek en meen ek dat daar geen
rede is waarom eerste tot
derde respondente nie gelas behoort word om
die koste van daardie aansoek te betaal nie.
[108] Derhalwe word die
volgende bevele verleen:
1. Derde respondent (1)
en derde respondent (2) se besluit op 9 Januarie 2009 om af te wyk
van die aanbeveling van die Bod Evaluerings
Komitee en om aan te
beveel dat tender T0807 aan vierde respondent toegeken word, word
hersien en tersyde gestel.
2. Tweede respondent se
besluit om derde respondent(1) en derde respondent(2) se voormelde
aanbeveling goed te keur en om tender
T0807 aan vierde respondent toe
te ken, word hersien en tersyde gestel.
3. Die aangeleentheid
word na derde respondent(1) en derde respondent(2) en daaropvolgend
na tweede respondent terugverwys vir oorweging
de
novo
,
met die volgende aanwysing en lasgewing aan derde respondent(1) en
derde respondent(2):
3.1 Derde respondent(1)
en derde respondent(2) word gelas om so spoedig moontlik ‘n
vergadering te belê en daartydens die
aangeleentheid terug te
verwys na die Bod Evaluerings Komitee met ‘n versoek dat hul
verslag met betrekking tot die tekortkominge
daarin ooreenkomstig die
riglyne wat mag blyk uit hierdie uitspraak, veral paragrawe 74 tot 79
van die uitspraak, aangevul word
op `n wyse soos derde respondent(1)
en derde respondent(2) mag goeddink;
waarna die proses
voortgesit en volvoer moet word op die wyse ooreenkomstig die
tersaaklike wetgewing, regulasies en beleid uiteengesit
en soos die
partye verder mag goeddink.
4. Eerste, tweede,
derde(1) en derde(2) respondente word gelas om die koste van die
hersieningsaansoek te betaal, gesamentlik en
afsonderlik, betaling
deur die een die ander kwytgeskeld te word, wat insluit die koste van
twee advokate, behalwe ten opsigte
van die argumentering van die
aansoek op 26 Maart 2009, die koste waarvan slegs die koste van een
advokaat sal wees.
5. Eerste, tweede,
derde(1) en derde(2) respondente word gelas om die koste van die
interlokutêre aansoek, uitgereik op 24
Maart 2009 te betaal,
gesamentlik en afsonderlik, betaling deur die een die ander
kwytgeskeld te word, wat insluit die koste van
twee advokate, behalwe
ten opsigte van die argumentering van die aansoek op 26 Maart 2009,
die koste waarvan slegs die koste van
een advokaat sal wees.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
applikante: Adv. F.W.A. Danzfuss
Bygestaan deur:
Adv. H.J. Benade
In opdrag van:
Azar & Havenga
Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens 1ste tot 3de
respondente: Adv. S.J Reinders
In opdrag van:
EG Cooper Majiedt
Ing.
BLOEMFONTEIN
/em