About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 48
|
|
S v Abrams [2009] ZAFSHC 48 (2 April 2009)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
Nr. : 174/2009
In
die
saak
tussen:
DIE
STAAT
en
IVIN
ABRAMS
_______________________________________________
_______
CORAM
:
WRIGHT,
R
et
KRUGER,
R
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
GELEWER
OP:
2
APRIL 2009
[1] Hierdie saak is
ingevolge artikel 304(4) van die Strafproseswet 51 van 1977 deur die
Landdros te Kroonstad op hersiening gestuur
met die versoek dat die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel word om die volgende redes
soos vermeld in die landdros se brief:
â
1. Die beskuldigde het verskyn op
die naam IVIN ABRAMS. Sy regte met betrekking tot regsbystand was
aan hom verduidelik en het
hy verkies om sy eie verdediging waar te
neem.
Op die klagte van Oortreding van
Artikel 154(1)(d) Wet 27/1987 naamlik âDrink in die openbaarâ
het die beskuldigde skuldig
gepleit.
Artikel 112(1)(a)
Wet 51/1977 was deur die hof toegepas en was die beskuldigde skuldig
bevind en gevonnis tot R40,00 of 10 dae
gevangenisstraf.
Later dieselfde
dag
het dieselfde beskuldigde weer voor die hof verskyn, maar op ân
klagte van Oortreding Artikel 65(1) Wet 93/1996 naamlik âBestuur
onder die invloed van sterk drankâ onder ân ander naam naamlik
RICHADE NAISON MORRIS.
By navraag deur die hof het dit
geblyk dat die beskuldigde verkeerdelik op die naam IVIN ABRAMS
gereageer het en dus verkeerdelik
gepleit, skuldig bevind en
gevonnis was op die aanvanklike klagte van âDrink in die openbaarâ
wat vir IVIN ABRAMS bedoel
was.
Daarom die versoek om ter
sydestelling van die skuldigbevinding en vonnis teen IVIN ABRAMS
aangesien die verkeerde beskuldigde
verskyn het.
IVIN ABRAMS het nooit in persoon
verskyn nie en ân Lasbrief vir sy arrestasie was gemagtig.â
[2] In die omstandighede
word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
___________
__
A.
KRUGER,
R
Ek stem saam.
____________
__
G. F. WRIGHT, R
/em