About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 40
|
|
S v Mokgokane and Others (775/08) [2009] ZAFSHC 40 (26 March 2009)
VRYSTAAT HOË HOF,
BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 775/08
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
versus
THI
PE
BENJAMIN MOKGOKANE
Beskuldigde
een
LEBOHANG
SIMON MABELEA
Beskuldigde
twee
PETRUS
PULE MAPUTSI
Beskuldigde
vier
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
MAART 2009
_____________________________________________________
[1] Die voormelde drie
persone, beskuldigdes een, twee en vier by die verhoor, is elk
skuldigbevind aan diefstal van vyf beeste
en gevonnis tot 14
(veertien) maande gevangenisstraf waarvan 4 (vier) maande
gevangenisstraf opgeskort is vir 4 (vier) jaar op
voorwaarde dat die
beskuldigdes nie skuldigbevind word aan diefstal gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
[2] Die gemelde
beskuldigdes se vonnisse is onderworpe aan outomatiese hersiening
ingevolge die bepalings van artikel 302 van die
Strafproseswet, Nr.
51 van 1977. Die oorkonde van die verrigtinge wat vir hierdie doel
na hierdie Hof gestuur is, is egter wesenlik
gebrekkig. Die gehele
getuienis van beskuldigdes nommer een en twee en die hoofgetuienis
van geskuldigde drie ontbreek. By navraag
rapporteer die landdros
dat hy vasgestel het dat die opnamemasjien op die betrokke dag om een
of ander onverklaarbare rede geen
opname van die verrigtinge gemaak
het nie, dat sy notas intussen verlore geraak het en dat dit nie
moontlik is om die vermiste
gedeelte van die oorkonde van verrigtinge
te rekonstrueer nie. Daar is geen rede waarom hierdie mededelings
nie aanvaar sal word
nie.
[3] Die beskuldigdes is
geregtig op die voordeel van outomatiese hersiening van die
verriginge ten einde te bepaal of dit ooreenkomstig
die reg was.
Omdat die oorkonde wesenlik gebrekkig is, is hierdie voordeel vir die
beskuldigdes verlore, sonder enige skuld aan
hul kant. In hierdie
omstandighede moet die skuldigbevindings en vonnisse tersyde gestel
word.
[4] Die skuldigbevindings
en vonnisse van beskuldigdes een, twee en vier word tersyde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_______________
A.F. JORDAAN, R
/sp