Monyana and Others v S [2009] ZAFSHC 145; [2009] ZAFSHC 35 (19 March 2009)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction — Appellants convicted of theft of copper and aluminum cables belonging to Eskom — Convictions based on direct evidence and circumstantial evidence, including cellphone data linking appellants to crime scenes — Appellants sought to appeal convictions based on alleged unreliability of cellphone evidence, particularly from MTN network — Court found that the trial court had properly assessed the reliability of the evidence and the circumstantial connections established — Appeal against convictions dismissed as the trial court's findings were upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 145
|

|

Monyana and Others v S [2009] ZAFSHC 145; [2009] ZAFSHC 35 (19 March 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : A115/08
In
die
appèl
tussen:-
PAULUS
MONYANA
besk
1
Eerste Appellant
MIKAS
KHOZA
besk
2
Tweede Appellant
ISAAC
MASINGA
besk
3
Derde Appellant
THULANI
SKOSANA
besk
4
Vierde Appellant
WILSON
SITHOLE
besk
5
Vyfde Appellant
DINGAAN
MABONDA
besk
6
Sesde Appellant
ARMANDO
TOVELA
besk
7
Sewende Appellant
CHARLES
SITHOLE
besk
8
Agtste Appellant
AARON
MHLAMBO
besk
9
Negende Appellant
SAMUEL
MTIMKULU
besk
10
Tiende Appellant
PHILLEMON
CHAUKE
besk
11
Elfde Appellant
SOX
MOJAKE
besk
12
Twaalfde
Appellant
SIMON
SIBANDA
besk
13
Dertiende
Appellant
MOSES
SITHOLE
besk
14
Veertiende
Appellant
PHINEAS
MUCHUASE
besk
15
Vyftiende
Appellant
SERGIO
MANABE
besk
16
Sestiende
Appellant
ELIAS
SITHOLE
besk
17
Sewentiende
Appellant
SAM
MANANGHA
besk
18
Agtiende
Appellant
CARLOS
CHAUKE
besk
19
Negentiende
Appellant
ERIC
SITHOLE
besk
20
Twintigste
Appellant
PHILLIP
THOBELA
besk
21
Een-en-Twintigste
Appellant
KENNETH
MALELA
besk
22
Twee-en-Twintigste
Appellant
DAVID
MANDLI
besk
23
Drie-en-Twintigste
Appellant
FILAMON
SITHOLE
besk
24
Vier-en-Twintigste
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
et
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9 MAART
2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 MAART
2009
_____________________________________________________
[1]
Die
appellante het in die Streekhof te Kroonstad tereggestaan op verskeie
aanklagte van diefstal van koper- en/of aluminium kabel,
die eiendom
van ESKOM. Hulle is onder andere ook aangekla van ‘n oortreding
van artikel 9(2)(a) van die Wet op Voorkoming van
Georganiseerde
Misdaad, Nr. 121 van 1989. Hierdie aanklag was geformuleer onder
aanklag 60 van die klagstaat. Die verhoor wat
oor ‘n baie land tyd
gestrek het, het altesaam ongeveer 120 dae aan hoftyd dit wil sê
ses maande in beslag geneem. Die
oorkonde van die verrigtinge, met
uitsluiting van sekere bewysstukke, beslaan meer as 4 000 bladsye.
[2] Die onderskeie appellante is aan verskillende van
die klagtes skuldig bevind. Sommige van die skuldigbevindings berus
op sogenaamde
direkte getuienis wat verband hou met die onderskeie
arrestasies van die verskillende appellante tydens of kort na pleging
van
die betrokke misdrywe terwyl ‘n groot aantal skuldigbevindings
berus op sogenaamde omstandigheidsgetuienis. Ek sal later meer

volledig handel met die omstandigheidsgetuienis.
[3] Die Verhoorhof het verlof om te
appelleer teen skuldigbevinding verleen aan die appellante wat
skuldig bevind is aan klagtes
wat verband hou met die sogenaamde
omstandigheidsgetuienis, verlof geweier ten opsigte van klagtes wat
verband hou met die direkte
getuienis en aan al die appellante verlof
verleen om te appelleer ten opsigte van vonnis. Die
skuldigbevindings ten opsigte waarvan
verlof om te appelleer geweier
is, behels die volgende:
Appellant 1 op klagtes 1 en 47;
Appellante 2, 3, 4, 5, 6 en 7 op
aanklag 28;
Appellante 8 en 9 op aanklag 36;
Appellante 10, 11 en 12 op aanklag
50;
Appellant 13 op aanklag 55;
Appellante 14, 15, 16 en 17 op
aanklag 41;
Appellante 18, 19, 20 en 21 op
aanklag 57; en
Appellante 22, 23 en 24 is skuldig
bevind aan poging op aanklag 58.
[4] Die klagtes ten opsigte waarvan verlof om te
appelleer verleen is en wat die onderwerp van hierdie appèl
vorm, behels
die volgende:
Appellant 1 is skuldig bevind aan
klagtes 40, 45, 46 en 60;
Appellant 2 is skuldig bevind aan
klagtes 25 en 60;
Appellant 3 aan klagtes 25 en 60;
Appellant 6 aan klagtes 8, 25 en 60;
Appellant 8 aan klagtes 20, 22, 32 en 60;
Appellant 10 aan poging op klagtes 2, 3, 4, 5 en 13 en
skuldig aan klagtes 7, 8, 9, 12, 32, 36 en 60;
Appellant 13 is skuldig bevind aan
poging op aanklag 11 en skuldig aan klagtes 16, 24, 26, 27, 29, 30,
33, 34, 35, 39, 41 en 60;
Appellant 14 is skuldig bevind aan poging ten opsigte
van klagtes 13 en 19 en skuldig aan klagtes 24, 31 en 60; en
Appellant 24 is skuldig bevind aan klagtes 21, 29, 33,
49, 52 en 60.
[5] Wat betref die klagtes ten
opsigte waarvan verlof om te appelleer teen skuldigbevinding verleen
is, berus al die skuldigbevindings
met uitsondering van aanklag 40 op
sogenaamde selfoongetuienis. In hierdie verband blyk dit dat die
selfoonstate ten opsigte van
die Vodacom selfone as korrek en
betroubaar aanvaar is, maar nie die wat betrokke is by die MTN
netwerk van die selfone nie. In
kort kom die selfoongetuienis daarop
neer dat die onderskeie selfone tydens die arrestasie van die
appellante of in hul besit gevind
is en sodoende met die appellant
verbind is, of deur middel van naam en selfoonnommers met die
betrokke appellante verbind is.
Die inligting wat betrekking het op
die selfoonhandstukke, selfoonnommers en selfoonsimkaarte is van die
onderskeie selfoonnetwerkoperateurs
verkry en ontleed. Deur middel
van daardie ontleding kon vasgestel word dat die selfone gebruik is
in die omgewing van basisstasies
geleë in die omgewing waar die
misdrywe gepleeg is van tyd tot tyd en ook gedurende die tydsbestek
waar die betrokke misdrywe
gepleeg is. Nie alleen het die
selfoondata die appellante in die omgewing van die onderskeie
misdrywe se pleging geplaas nie,
maar ook wat betref tyd en datum
hulle met die omgewing verbind. Voorts het die selfoondata daarop
gedui dat daar in ‘n groot
aantal gevalle onderlinge selfoonkontak
tussen die appellante plaasgevind het gedurende die betrokke tydperke
waar die misdrywe
gepleeg is. Dit dien vermeld te word dat die
misdrywe gepleeg is in ‘n area ver verwyderd van die woonplek van
die appellante
wat bykans almal woonagtig was in die omgewing Orange
Farm in Gauteng. Hul woonplek is so ver verwyderd van die area
waarin die
misdrywe gepleeg is dat dit hoegenaamd nie moontlik was
dat daar ‘n foutiewelike verbinding tussen die selfone se
teenwoordigheid
in die omgewing van die misdrywe met die basisstasies
in daardie omgewing kon geskied nie.
[6] Namens die appellante is uiters
volledige betoogshoofde geliasseer deur mnre. Van Rensburg en
Stoffberg waarin ten opsigte van
elke appellant se betrokkenheid
gehandel word met die getuienis wat hom beweerdelik verbind met elk
van die afsonderlike misdrywe
en aangevoer dat die getuienis bloot
die teenwoordigheid van sodanige appellant in die omgewing van ‘n
basisstasie aandui, maar
nie noodwendig sy betrokkenheid by die
pleging van die misdryf nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak ag
ek dit nie nodig of
dienlik om met elke appellant en elke aanklag
afsonderlik te handel nie, aangesien die geheel van die getuienis ten
opsigte van
almal en die argumente ten opsigte daarvan soortgelyk is.
[7] Soos reeds gemeld, word die
betroubaarheid van die selfoondata van die Vodacom netwerk nie in
geskil geplaas nie, maar ten opsigte
van die MTN netwerk is betoog
dat die data manipuleerbaar is, nie oorspronklik gegenereer is nie en
dus nie betroubaar is nie.
Ten opsigte hiervan het mev. Hilda du
Plessis getuig. In haar getuienis het sy ‘n fout opgemerk met
betrekking tot die koppeling
tussen sekere selfoondata en die
betrokke basisstasies. Sy het dit onder die aandag van die aanklaer
gebring en ‘n herprosessering
daarvan gedoen. Dit het slegs
betrekking gehad op die state wat appellant 2 betref. Volgens haar
getuienis word die selfoonroudata
vanaf die rekenaar verkry (sekere
irrelevante data kan en word op die rekenaar geblok) sodat slegs die
benodigde gegewens uitgedruk
word. Daardie gegewens dui egter nie
die basisstasie aan wat die oproep hanteer het nie. Laasgenoemde
word verkry deur die betrokke
roudata met ‘n afsonderlike
rekenaarprogram, bekend as ‘n Makro, te verwerk welke dan die
betrokke basisstasie identifiseer.
[8] Die fout het met voormelde data
ingesluit, aangesien die roudata uit die argief (op bande bewaar)
verkry is en toe deur middel
van die Makro-program gekoppel is met
basisstasies waarvan die name van tyd tot tyd verander, alhoewel die
toegekende identiteitsnommer
van die basisstasies dieselfde bly. Die
program waarmee die koppeling gedoen is in die onderhawige geval van
beskuldigde 2, was
verouderd en het daarom die koppeling tussen
oproep en selfoondata met die verkeerde basisstasies verbind. Dit is
toe deur haar
oorgedoen met die korrekte program en volgens haar in
alle opsigte betroubaar. Volgens haar is dit bykans onmoontlik om
oproep
en selfoondata te verander, aangesien koppelings met ander
netwerke dan ook in gedrang kom en die data van die ander netwerke
nie
verander kan word nie en dan sal verskil. Mnr. Van Rensburg het
na die proses hierbo vermeld, verwys as “manupulering”, ‘n

woord wat die getuie dan ook aangeneem het. Inhoudelik is haar
getuienis egter duidelik, naamlik dat die proses, alhoewel afhanklik

van twee programme wat opmekaar inwerk, deur die rekenaar verrig word
en nie deur menslike insette nie. Dit kan nie menslik verander
word
in die sin van vervalsing van die resultate nie. Myns insiens kan
die getuienis ook wat betref die MTN netwerk aanvaar word
as
betroubaar, soos die Verhoorhof ook tereg bevind het.
[9] Die vraag is dan of die
selfoongetuienis voldoende is om die skuldigbevindings te regverdig.
In hierdie verband het die
Verhoorhof
noukeurig die getuienis ontleed en in gevalle waar daar nie voldoende
koppeling tussen die tyd van die oproepe en die
pleging van die
misdrywe bewys was nie, die voordeel van die twyfel aan die
appellante gegee. In die gevalle waar skuldigbevindings
gevolg het,
het die Verhoorhof verskeie faktore oorweeg, onder andere:
(a) Die skakeling tussen die verskillende appellante in
die algemene omgewing van die misdrywe en in die tydsbestek waarin
dit gepleeg
is;
(b) Die teenwoordigheid van die appellante in die
algemene omgewing waar die misdrywe gepleeg is;
(c) Die onwaarskynlikheid van toeval
dat die appellante te die gegewe tyd ver van hul woonplekke verkeer
wanneer die onderlinge
oproepe gemaak en/of ontvang word of die
betrokke selfone in die omgewing van die betrokke basisstasies
opgevang word;
(d) Die bewese betrokkenheid van die
appellante by soortgelyke misdrywe in dieselfde omgewing en dieselfde
tydsbestek;
(e) Die leuenagtige ontkenning van die appellante dat
hulle in die omgewing was en/of die leuenagtige verduideliking van
die appellante
vir hul teenwoordigheid in die betrokke omgewing;
(f) Hierby kan gevoeg word die feit dat meeste van die
oproepe gedurende nagtelike ure geskied het wanneer normale
werksmense by
hulle huise verkeer of slaap.
[10] Ek meen die Verhoorhof het nie
fouteer nie en kan nie fouteer word in hierdie opsig nie. Inteendeel
getuig die uitspraak van
deeglike en noukeurige ontleding met
versigtige inagneming van alle relevante faktore en die nodige
versigtigheid waar aangewese.
Ek is van mening dat die appèlle
teen die skuldigbevindings ten opsigte van voormelde betrokke klagtes
moet misluk.
[11] Wat betref aanklag 40 is
appellant nr. 1 skuldig bevind uit hoofde van motorbandspore, wat
volgens die bevinding van die Verhoorhof
voldoende ooreenkomste toon
met die bande van die voertuig deur eerste appellant bestuur tydens
sy arrestasie op aanklag 47. Namens
appellant 1 is geargumenteer dat
daar onvoldoende getuienis is om tot di
é
bevinding te geraak dat daar voldoende ooreenkomste bewys is en
boonop as daar was, daarvan al te lei dat appellant 1 die voertuig

toe bestuur het of daarin teenwoordig was.
[12] Die Verhoorhof het ook hierdie
getuienis versigtig ontleed. Dit dien vermeld te word dat die
uniekheid van die spore en bande
daarin geleë is dat die
betrokke voertuig vier verskillende fabrikate bande met vier
verskillende loopvlakke en patrone opgehad
het. Dit maak dit hoogs
onwaarskynlik dat ‘n ander voertuig dieselfde kombinasie bande sou
hê. Mnr. Van Rensburg was
ook genoop om dit toe te gee.
[13] Appellant 1 kon nie die voertuig
se teenwoordig tydens aanklag 40 verduidelik nie. Hy is ook deur die
Hof as ‘n opperste
leuenaar beskou (‘n bevinding wat by die lees
van sy getuienis heeltemal geregverdigd blyk te wees). Sy
leuenagtigheid en betrokkenheid
by soortgelyke misdade oor dieselfde
tydsbestek dien as voldoende waarborg vir die Verhoorhof se bevinding
ten opsigte van hierdie
aanklag.
[14] Wat betref aanklag 60 berus die
skuldigbevinding grootliks op die skuldigbevindings hierbo vermeld
saamgesien met die skuldigbevindings
ten opsigte waarvan nie verlof
tot appèl verleen is nie. Indien die appellante ten opsigte
van bogemelde skuldigbevindings
onsuksesvol is, volg dit dat hulle
ook ten opsigte van aanklag 60 onsuksesvol behoort te wees. Die
geheelbeeld van die wyse waarop
die misdrywe gepleeg is, die
klaarblyklike onderlinge kontak en skakeling tussen die appellante en
die feit dat die aard van die
misdrywe sodanig is dat dit nie
onafhanklik en sonder vooraf beplanning en onderlinge hulp gepleeg
kon word nie, regverdig geen
ander redelike afleiding as dat hulle
skuldig is aan aanklag 60 ook nie. Die appèl ten opsigte van
skuldigbevinding ten
opsigte hiervan moet derhalwe ook misluk.
AD VONNIS
[15] Wat die persoonlike
omstandighede van die appellante betref, blyk dit dat hulle
ouderdomme wissel tussen 25 en 50 jaar. Almal
van hulle het in een
of ander diensbetrekking gestaan voor hulle arrestasie op die huidige
aanklagte. Wat vorige veroordelings
betref, het slegs appellante
nrs. 1, 7 en 18 veroordelings wat ter sake is. Die ander appellante
het
ó
f
geen vorige veroordelings nie
ó
f
veroordelings wat so oud is dat dit nie in ag geneem kan word nie.
[16] Wat wel van groot belang is, is
die feit dat al die appellante in hegtenis was en dus
verhoorafwagtend was vir ‘n tydperk
van bykans vier jaar. Die
resultaat daarvan is dat die appellante wat slegs aan een aanklag
skuldigbevind is en tot 6 (ses) jaar
gevangenisstraf gevonnis is,
effektiewelik 10 (tien) jaar gevangenisstraf uitdien. Die appellante
wat aan meerdere klagtes skuldigbevind
is se effektiewe
gevangenisstraf is ook dan ongeveer 4 (vier) jaar meer as die opgelê
deur die Verhoorhof.
[17] Daar is verskeie verswarende
omstandighede teenwoordig by die pleging van hierdie misdrywe. Die
pleging van die misdrywe het
gepaardgegaan met deeglike en fyn
voorafbeplanning; weens die aard van die oortredings kan dit net
effektief deur bendes of ‘n
groep persone wat saamspan gepleeg
word. Die gevolge van die misdade was ook ernstig:
Dit
het gepaardgegaan met kragonderbrekings, byvoorbeeld het die dorp
Edenvale vir 36 uur sonder kragtoevoer gesit; die Madala pompstasie

wat verbind is aan die pyplyn vanaf Durban en brandstof na Sasol moes
pomp, kon vir sekere tye nie funksioneer nie; silo’s wat
nie graan
van boere kon ontvang nie; die spoorweë wat tot stilstand gekom
het; die publiek se elektriese motors en toerusting
wat beskadig is
weens oneffektiewe kragtoevoer en ESKOM se verliese weens geleier
diefstal wat in die jaar 2004 ongeveer R27,8
miljoen beloop het en in
die jaar 2005 ongeveer R25 miljoen.
[18] Die Verhoorhof het wat betref die diefstalklagtes
ten opsigte van elke klagte gevangenisstraf van 6 (ses) jaar opgelê

en ten opsigte van dié appellante wat betrokke was by aanklag
60 onder die Wet op Georganiseerde Misdaad ten opsigte van
daardie
klagte 2 (twee) jaar gevangenisstraf opgelê. Wat die
individuele appellante betref, was die volgende getal diefstalklagtes

ter sprake en was die koste van die vervanging van die geleier ten
opsigte van sodanige klagtes soos hieronder uiteengesit tesame
met
die effektiewe vonnis wat elkeen van hulle opgelê is, as volg:
Appellant 1
: 5 klagtes ter
waarde van R161 400,00 – 13 (dertien) jaar gevangenisstraf;
Appellant 2
: 2 klagtes ter
waarde van R76 800,00 – 7 (sewe) jaar gevangenisstraf;
Appellant 3
:
2 klagtes ter waarde van R 76 800,00 – 7 (sewe) jaar
gevangenisstraf;
Appellante 4 en 5
: 1 aanklag
ter waarde van R48 000,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf;
Appellant 6
:
3 klagtes ter waarde van R117 300,00 – 9 (nege) jaar
gevangenisstraf;
Appellant 7
:
1 aanklag ter waarde van R48 000,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf;
Appellant 8
:
4 klagtes ter waarde van R173 700,00 – 11 (elf) jaar
gevangenisstraf;
Appellant 9
:
1 aanklag ter waarde van R9 000,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf
waarvan 2 (twee) jaar opgeskort is op gepaste voorwaardes;
Appellant 10
:
12 klagtes ter waarde van R606 000,00 – 20 (twintig) jaar
gevangenisstraf;
Appellant 11
:
1 aanklag ter waarde van R14 400,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf
waarvan 1 (een) jaar opgeskort is op gepaste voorwaardes;
Appellant 12
:
1 aanklag ter waarde van R14 400,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf
waarvan 1 (een) jaar opgeskort is op gepaste voorwaardes;
Appellant 13
:
13 klagtes ter waarde van R404 000,00 – 20 (twintig) jaar
gevangenisstraf;
Appellant 14
:
5 klagtes ter waarde van R327 200,00 – 13 (dertien) jaar
gevangenisstraf;
Appellante 15, 16 en 17
:
1 aanklag ter waarde van R48 800,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf;
Appellant 18
:
6 (ses) jaar gevangenisstraf en is dit gelas dat 2 (twee) jaar
gevangenisstraf van sy vonnis ingevolge artikel 280(2) van Wet
51 van
1977 sal saamloop met ‘n bestaande vonnis wat hy uitdien;
Appellante 19, 20 en 21
:
1 aanklag ter waarde van R24 000,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf;
Appellante 22 en 23
:
1 aanklag ter waarde van R3 500,00 – 6 (ses) jaar gevangenisstraf
waarvan 3 (drie) jaar opgeskort is op gepaste voorwaardes;
Appellant 24
:
6 aanklagte ter waarde van R158 300,00 – 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf.
[19] Dit blyk dat appellante 22 en 23 reeds vrygelaat is
en is ons meegedeel dat appellant 23 sy appèl laat vaar.
Indien
hierdie Hof egter meen dat inmenging met die vonnisse
geregverdigd is, behoort hierdie Hof van sy inherente
hersieningsbevoegdheid
gebruik te maak om ook die vonnisse van
appellante 22 en 23 in lyn te bring met die vonnisse van die ander
appellante.
[20] In die lig van die feit dat die appellante nie
steun op ‘n wanvoorligting of onreëlmatigheid deur die
Verhoorhof nie,
ontstaan die vraag of die opgelegde vonnisse treffend
onvanpas is al dan nie. (Sien
S v RABIE
1975 (4) SA 855
(A) te 857 d – e.) Mnr. Wiegand, namens die Staat,
het aangevoer dat, alhoewel die vonnise as swaar aangemerk kan word,
‘n
vonnis van 8 (agt) jaar gevangenisstraf in soortgelyke gevalle
vir eerste oortreders nie onvanpas is nie. Indien egter in
aanmerking
geneem word dat die appellante reeds vir bykans vier jaar
verhoorafwagtend in hegtenis was, is ek van mening dat die opgelegde
vonnisse van 6 (ses) jaar gevangenisstraf bo en behalwe die vier jaar
verhoorafwagtende tydperk wel sodanig onvanpas is dat dit
hierdie Hof
vrystaan om die opgelegde effektiewe vonnisse tersyde te stel en te
vervang met ‘n gepaste vonnis in elke geval.
In die lig van die
erns van die misdrywe is dit egter duidelik dat direkte
gevangenisstraf steeds gepas sal wees in die geval
van al die
appellante. In die lig van die tydperk wat die appellante
verhoorafwagtend was, is ek van mening dat ‘n vonnis van
4 (vier)
jaar gevangenisstraf ten opsigte van elk van die klagtes meer gepas
is en opgelê behoort te gewees het. Ek is ook
van mening dat
die kumulatiewe effek van die vonnise opgelê deur die
Verhoorhof in terme van die bepalings van artikel 280(2)
van
voormelde Wet ook sodanig onvanpas is dat dit inmenging regverdig.
[21] Bygevolg word die appèl teen die
skuldigbevindings van die hand gewys. Die appèl ten opsigte
van die vonnisse
slaag en word die volgende bevele verleen:
1. Die vonnisse opgelê aan elk van die appellante
op elk van die aanklagte van diefstal of poging tot diefstal word
tersyde
gestel en vervang met ‘n vonnis van 4 (vier) jaar
gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977 ten
opsigte
van elke sodanige aanklag.
2. Ten opsigte van die volgende nege appellante word
die samelopende tydperk van die vonnisse hulle opgelê ingevolge
artikel
280(2) van Wet 51 van 1977 tersyde gestel en vervang met die
volgende tydperke ten opsigte van elk:
Eerste appellant
:
10 (tien) jaar gevangenisstraf;
Tweede appellant
:
5 (vyf) jaar gevangenisstraf;
Derde appellant
:
5 (vyf) jaar gevangenisstraf;
Sesde appellant
:
7 (sewe) jaar gevangenisstraf;
Agtste appellant
:
9 (nege) jaar gevangenisstraf;
Tiende appellant
:
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf;
Dertiende appellant
:
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf;
Veertiende appellant
: 10
(tien) jaar gevangenisstraf;
Vier-en-Twintigste appellant
:
12 (twaalf) jaar gevangenisstraf.
3. Ten opsigte van die volgende appellante word sodanige
gedeelte van hul vonnisse van 4 (vier) jaar gevangenisstraf as wat
hieronder
vermeld word opgeskort vir dieselfde tydperk op dieselfde
voorwaardes as die opskorting deur die Verhoorhof opgelê
naamlik:
Negende appellant
:
2 (twee) jaar gevangenisstraf opgeskort op
voormelde voorwaardes;
Elfde appellant
: 1 (een)
jaar opgeskort;
Twaalfde appellant
: 1 (een)
jaar opgeskort;
Twee-en-twintigste en drie-en-twintigste appellante
:
2 (twee) jaar opgeskort;
4. Met betrekking tot
agtiende
appellant
word gelas dat 1 (een) jaar van sy
gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 280(2) van
voormelde Wet saamloop met die
vonnis wat hy tans uitdien.
5. Voormelde vonnisse word teruggedateer met effektiewe
datum 3 Mei 2007. Origens word die verrigtinge bekragtig.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
1ste tot 7de en
10de, 13de, 14de, 23ste en
24ste appellante: Adv. T.B. van
Rensburg
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens 8ste, 9de, 11de,
12de, 15de tot 22ste
appellante: Mnr. L. Stoffberg
Prokureur vir appellante
LINDLEY
Namens
die
respondent: Adv.
J.H. Wiegand
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp