S v Leisa and Another (63/2009) [2009] ZAFSHC 36 (19 March 2009)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking and Theft — Conviction and Sentencing — Two accused found guilty of housebreaking with intent to steal and theft, sentenced to 18 months' imprisonment — Accused 1's guilt established through possession of stolen items — Accused 2 pleads not guilty, providing a plausible explanation for possession of stolen goods found at his sister's home — Evidence insufficient to establish accused 2's involvement beyond reasonable doubt — Conviction of accused 2 set aside and he is released.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 36
|

|

S v Leisa and Another (63/2009) [2009] ZAFSHC 36 (19 March 2009)

VRYSTAAT HOË HOF,
BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening
Nr. :
63/2009
In die
hersiening
tussen:
DIE STAAT
versus
TSEKO
SIMON LEISA
Beskuldigde
1
SETJHABA
PAUL MOKHOTHU
Beskuldigde
2
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT,
R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19
MAART 2009
_____________________________________________________
[1]
In
hierdie geval is twee beskuldigdes, onderskeidelik 24 en 26 jaar oud,
skuldigbevind aan huisbraak met die opset om te steel en
diefstal en
gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf. Dit is duidelik dat
beskuldigde 1 wel skuldig is aan die betrokke
misdaad, aangesien
sekere van die gesteelde items by hom gevind is. Daar is ook ander
aanduidings dat hy inderdaad skuldig is.
Wat beskuldigde 2 betref,
het hy onskuldig gepleit en ‘n pleitverduideliking verskaf wat
uiteindelik saamgestem het met sy getuienis
in hoof.
[2] Die
Staat het twee getuies geroep. Die eerste getuie was die klaagster.
Sy getuig dat sy op die oggend na die betrokke voorval
wakker geword
het en sekere items in haar huis vermis het, o.a. gordyne, ‘n
DVD-speler en vleis. Verder het sy moddervoetspore
in die huis
opgemerk. Dit het daarop gedui dat ‘n inbraak plaasgevind het,
alhoewel dit onbekend is op watter wyse toegang tot
die huis verkry
is. Op ‘n latere stadium het sy toevallig haar gesteelde gordyne
sien hang binne ‘n ander woning. ‘n Lid
van die SAP, Kaptein
Mosounyane, het haar na die betrokke woning vergesel.
[3] Kaptein Mosounyane is
dan ook die tweede staatsgetuie. Hy getuig dat hulle vir beskuldigde
1 in die woning aangetref het.
In die woning is sekere van die
gesteelde items aan hulle uitgewys deur beskuldigde 1. Verder is die
naam van beskuldigde 2 aan
hulle verskaf. Geen van die gesteelde
goedere is in beskuldigde 2 se woning gevind nie, maar wel van die
gesteelde gordyne in
die woning van sy suster. Dit het gelei tot die
arrestasie van beskuldigde 2.
[4] Volgens beskuldigde 1
was beskuldigde 2 glad nie by die saak betrokke nie en het hy dit
verskeie kere in sy getuienis herhaal
dat nr. 2 nie betrokke was nie.
[5] Beskuldigde 2 getuig
dat beskuldigde 1 op ‘n stadium by sy huis opgedaag het met gordyne
wat hy probeer verkoop. Beskuldigde
2 het gevra of die gordyne
gesteel is, waarop beskuldigde 1 ontkennend geantwoord het. Met
beskuldigde 2 se hulp is die gordyne
uiteindelik aan sy suster
verkoop.
[6] Die somtotaal van
alle getuienis wat beskuldigde 2 moontlik by die misdaad kan betrek,
is die volgende:
(a) Van
die gesteelde gordyne is in die besit van sy suster gevind.
Beskuldigde 2 verskaf egter ‘n verduideliking waarom dit
die geval
is en kan sy verduideliking ongetwyfeld redelik moontlik waar wees.
(b) Kaptein
Mosounyane het ook getuienis verskaf van ‘n ontoelaatbare
bekentenis wat deur beskuldigde 1 gemaak is. In die bekentenis
het
hy ook verwys na sy vriende en kan sy getuienis moontlik daarop
neerkom dat beskuldigde 2 ook van sy vriende was. Die
getuienis
is onduidelik en is die hele bekentenis korrek deur die landdros as
ontoelaatbaar verwerp en des te meer in soverre dit
beskuldigde 2
betref. Beskuldigde 1 ontken in sy getuienis dat hy sulke
mededelings gemaak het, soos reeds vermeld, en het die
getuie dit
duidelik gestel dat die gordyne nie by beskuldigde 2 gekry is nie,
maar by beskuldigde 2 se suster wat dit vanaf beskuldigde
1 gekoop
het.
(c) Op een stadium beweer
klaagster dat beskuldigde 1 haar meegedeel het dat beskuldigde 2 die
yskaslaai, waarin gesteelde vleis
was, geneem het. Hierdie punt is
nooit verder geneem in enige getuienis nie en beskuldigde 2 het dit
ten sterkste ontken onmiddellik
nadat die bewering gemaak is in sy
kruisverhoor van hierdie getuie.
(d) Daar
was sprake dat beskuldigde 2 betrokke was by die verkoop van die
gesteelde DVD-speler. Dit is egter sy weergawe dat hy
geen kennis
dra van ‘n DVD-speler nie. Verder het hy die persoon aan wie die
DVD-speler verkoop is, geroep as getuie. Die betrokke
persoon het
bevestig dat beskuldigde 2 niks met die transaksie te make gehad het
nie.
[7] In
haar uitspraak verskaf die landdros
ook
geen verdere rede waarop beskuldigde 2 skuldig is nie. Wat sy
inderdaad sê, is, naamlik dat hy die gordyne van beskuldigde
1
gekry het, is nie korrek nie, aangesien dit sy suster was wat die
gordyne vanaf beskuldigde 1 gekry het. Verder vermeld sy die

volgende:
“
As
beskuldigde
1 nie eers wil erken dat hyself ingebreek het nie, hoekom sal hy nou
sê beskuldigde 2 het saam met hom daar ingebreek.”
Dit
dui hoegenaamd nie daarop dat beskuldigde 2 inderdaad saam met hom
ingebreek het nie en het beskuldigde 1 by herhaling ontken
dat
beskuldigde 2 saam met hom was. Voorts word die vraag gevra hoekom
beskuldigde 1 nou vir beskuldigde 2 so
u
uitkies om hom te help om die gordyne van die hand te sit. Dit is
bekend dat beskuldigde 2 een van sy vriende was en kan daaruit

hoegenaamd ook nie afgelei word dat beskuldigde 2 saam in die huis
ingegaan het waar die inbraak plaasgevind het nie. (Dit moet
hier in
gedagte gehou word dat volgens beskuldigde 1 hyself nie die goed
gesteel het nie, maar ene Lebohang.)
[8] Indien al die
getuienis ontleed word, is daar myns insiens nie in die skuld van
beskuldigde 2 bo redelike twyfel bewys nie.
Om daardie rede is daar
reeds op 10 Februarie 2009 gelas dat beskuldigde 2 vrygelaat moes
word.
[9] Bygevolg word die
volgende bevel gemaak:
1. Die skuldigbevinding
en vonnis ten opsigte van beskuldigde 1, Tseko Simon Leisa, word
bekragtig.
2. Die skuldigbevinding
en vonnis ten opsigte van beskuldigde 2, Setjaba Paul Mokhothu, word
tersyde gestel en die beskuldigde word
ontslaan.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
_
___________
C. VAN ZYL, R
/sp