About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 27
|
|
Le Roux and Another v Ontvanger van Inkomste and Another (6800/08) [2009] ZAFSHC 27 (12 March 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 6800/08
In
die aansoek tussen:-
JACOBUS STEFANUS
VOGEL LE ROUX
1ste
Applikant
JACOBUS
STEFANUS VOGEL LE ROUX N.O.
2de
Applikant
In
sy hoedanigheid as Eksekuteur in die Boedel
van
wyle Anna Susanna Elizabeth le Roux
en
DIE ONTVANGER VAN
INKOMSTE
1ste
Respondent
DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
2de
Respondent
(
VERWYSINGSNOMMER
: 779/08)
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
12
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
MAART 2009
_____________________________________________________
[1] Hierdie aansoek raak
die vraag of ân langslewende wat ân gesamentlike testament met
die eerssterwende adieër het daardie
adiasie later kan herroep.
Die applikant vra in smeekbedes 1 en 2 van sy Kennisgewing van Mosie
ân bevel wat hom magtig om so
te doen. Die res van die smeekbedes
vloei eintlik daaruit voort en word eintlik oorbodig aangevra.
[2] Die omstandighede
waaruit die aansoek spruit, is betreklik eenvoudig â die antwoord
daarop minder eenvoudig. In ân gesamentlike
testament het die
applikant, ân 85-jarige man en sy oorlede eggenote, hul
gemeenskaplike boedel âsaamgesmeltâ en onder andere
alle âlikiede
fondseâ aan ân trust met hul kinders as trustees bemaak. Gemelde
trust moet dan na die diskresie van die trustees
voorsiening maak vir
die onderhoud van die langslewende. Dit is origens bepaal dat
wanneer die langslewende te sterwe kom, die
bates van die trust
vererf aan die kinders gebore uit die huwelik. Die enigste bate van
die boedel (en dus ook die trust) is ân
kontantbedrag van ongeveer
R2 miljoen. Die applikant is kragtens die testament die eksekuteur
in die boedel. Die fisiese bereddering
daarvan is egter deur hom
opgedra aan ene Smith, ân prokureur. Smith praktiseer egter nie as
sulks nie, maar is verbonde aan
ân firma van ouditeure alwaar hy
boedelbereddering doen. Applikant het die gesamentlike testament
ge-adieër. Kort daarna
het dit egter geblyk dat die Kommissaris
van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (eerste respondent) die
applikant se adiasie as
ân geagte skenking kragtens artikel 58 van
die Inkomstebelastingwet aan die trust beskou en wel omdat die
applikant ân onvoldoende
teenprestasie uit die boedel ontvang in
vergelyking met die omvang van die waarde van sy boedel wat nou die
trust toeval.
[3] In sy ondersteunende
eedsverklaring meld die applikant dat
â
Indien ek voor uitoefening van my
keuse om te adieër behoorlik en volledig ingelig sou wees
omtrent die skenkingsbelasing implikasies
van adiasie van die
gesamentlike Testament, met ander woorde dat ek myself daardeur sou
blootstel vir betaling van skenkingsbelasing
van R170 840-61, sou my
keuse beslis gewees het om die gesamentlike Testament eerder te
repudieer.â
Dat die applikant nie
voor adiasie ingelig was van hierdie konsekwensie nie, is gemeensaak.
Dit word bevestig deur die voormelde
Smith in sy ondersteunende
eedsverklaring. Trouens, dit is duidelik dat Smith self ook nie van
hierdie moontlike gevolg bewus
was voordat die eerste respondent
âtoegeslaanâ het nie. Die applikant verduidelik origens dat in
terme van die testament letterlik
al sy bates aan die trust vererf en
dat hy nie oor die fondse beskik om aan die eerste respondent se
aanslag te voldoen nie.
[4] Die eerste respondent
se houding is dat die applikant gebonde is aan sy adiasie. Dit word
oënskynlik deur eerste respondent
aanvaar dat die applikant self
nie bewus was van die belastingimplikasie voormeld nie. Dit word
egter aangevoer, namens die eerste
respondent, dat die applikant se
adviseur, gesegde Smith, daarvan bewus behoort te gewees het,
aangesien dit al na bewering sedert
1984 âbekend is onder
boedelberedderaars, prokureurs, ouditeure, handboek-skrywers... dat
gesamentlike testamente en adiasie
die gevolge en effek het... Twee
belastingsake het daarmee gehandel en is gerapporteer...
(1984) 46
SATC 121
T en (1988) 15SATC 58â. Dit word dan namens die eerste
respondent aan die hand gedoen dat die âbeweerde fout nie redelik
of
geregverdig in die omstandighede was nieâ.
[5] Die tweede respondent
(die Meester van die Hoër Hof) opponeer nie die aansoek nie,
maar meld in ân verslag aan die hof
onder andere as volg:
â
3.3 Vanweë die ernstige
implikasies wat ân keuse vir ân erfgenaam inhou, is dit praktyk
in my kantoor om aan te dring op
ân skriftelike adiasie- of
repudiasiesertifikaat. My kantoor dring verder ook daarop aan dat ân
sertifikaat aan die voet van
die adiasie of repudiasie aangebring
word deur ân prokureur of iemand wat vanweë sy beroep oor die
nodige bekwaamheid daartoe
beskik waarin hy sertifiseer dat die
implikasies en regsgevolge van die handeling aan die betrokke persoon
verduidelik is, dat
hy verklaar het dat hy die gevolge van sy
handeling volkome verstaan, dit oorweeg het, besef wat die materiële
gevolge daarvan
sal wees, en na oorweging van al bogenoemde faktore
besluit het om te adieër of te repudieer.
3.4 Omdat die sertifikaat waarna
verwys word in paragraaf 3.2 hierbo nie op die adiasiesertifikaat
verskyn het nie, is dit nie deur
my kantoor aanvaar nie.â
[6] Dit is duidelik uit
die Akte van Adiasie wat deel vorm van die stukke dat die applikant
nie bewus gemaak was van al die âmateriële
gevolgeâ (soos
die Meester dit stel) voor ondertekening van die Akte nie.
âMateriële gevolgeâ wat luidens die Akte
van Adiasie deur
hom verstaan word, is die feit dat âdie kontant in my boedel ook te
laat vererf of... nie my gedeelte van die
kontant te laat vererf
nieâ. Die Akte bevat soos reeds vermeld geen sertifikaat soos
vereis deur die Meester en waarna
supra
verwys is nie.
[7] Dit situasie is
bygevolg dat die Meester van die applikant ân verbeterde Akte van
Adiasie en ân adiasiesertifikaat verg.
Daarin word van die
applikant geverg om te bevestig dat al die materiële gevolge aan
hom verduidelik was voordat hy sy keuse
tot adiasie gedoen het. So
ân sertifikaat sal klaarblyklik nie gegee kan word nie, want dit is
dan nou juis applikant se saak
dat al hierdie materiële gevolge
nie aan hom verduidelik was nie. Hierin het hy die ondersteuning van
die gesegde Smith wie
se taak dit dan nou juis was om dit aan die
applikant te verduidelik. Smith se bewering in sy eedsverklaring dat
hy dit nie aan
die applikant verduidelik het nie, omdat hyself nie
van die belastingimplikasie geweet het nie, is onweerspreek op die
stukke.
[8] Mnr. Claasen, namens
die eerste respondent, se betoog is dat Smith se onkunde aangaande
die belastingimplikasie van die adiasie
die applikant toegedig moet
word. Aldus, so is die betoog, moet die applikant gebonde gehou word
aan sy keuse. Ek het, gedurende
sy betoog aan mnr. Claasen, gevra of
hyself tevore bewus was van hierdie implikasie wat artikel 58 van die
Inkomstebelastingwet
op ân langslewende wat adieër kan hê
en sy antwoord was in die negatief.
[9] Dit is duidelik uit
die toepaslike gesag waarop beide advokate steun, dat so ân keuse
eenmaal gemaak nie eensydig en sondermeer
deur die langslewende
herroep kan word nie. Die verlof van die hof is daarvoor nodig. Die
gesagheggende skrywers Corbett Hofmeyr
& Kahn stel dit as volg in
hul bekende werk
Law
of Succession in South Africa
,
2e Uitgawe, bl. 19:
â
Once made the election is
irrevocable... This is subject to the right of a beneficiary to seek
relief from the court if the choice
was made in excusable ignorance
of rights.â
Die skrywers Meyrowitz:
Administration
of Estates and Estate Duty
,
2004 Uitgawe, par. 18.11 asook Bouwer:
Die
Beredderingsproses van Bestorwe Boedels
,
2de Uitgawe, bl. 464 erken nie so geredelik die reg van die
langslewende om met die tussenkoms van die hof van rigting te
verander
nie. Beide laasgenoemde skrywers aanvaar egter dat die
keuse met volle insig en begrip van die gevolge gedoen moet word
alvorens
dit as ân ingeligde keuse beskou kan word.
[10] Die meeste
gerapporteerde uitsprake waarna die advokate in betoog verwys het,
handel met die vraag of die aard van die keuse
hoegenaamd aan die
langslewende verduidelik was en nie soseer met die uitdruklike
materiële gevolge daarvan nie. Dit skyn
egter of veelal aanvaar
word dat waar die onkunde by keuse-uitoefening verskoonbaar is, die
hof so ân langslewende tegemoet behoort
te kom. In
OXENHAM
V OXENHAMâS EXECUTER
1945 WLD 57
word dit as volg gestel op bl. 63:
â
Relief may in exceptional cases be
accorded... if the ignorance which led him to elect is in the
circumstances excusable... when
it is
justus
et improbabilis
.â
[11] Dit is origens
duidelik uit die gerapporteerde uitsprake waarna die advokate verwys
het, dat elke geval op sy eie omstandighede
beoordeel moet word.
Daar is gevolglik geen sin in om te handel met die beslissings waarna
verwys was nie en ek is nie voornemens
om dit te doen nie. Die
beginsel is duidelik: As reg en billikheid verg dat so ân
langslewende deur die hof tegemoetgekom moet
word, behoort dit gedoen
te word.
[12] Mnr. Claasen, namens
die eerste respondent, het betoog dat die onkunde beperk moet word
tot gevalle waar die aard van die keuses
nie duidelik was vir die
betrokkene nie en dat dit nie tot die gevolge van die keuses
uitgebrei behoort te word nie. Daar is geen
rede waarom die hof se
bevoegdheid om ân langslewende toe te laat om sy aanvanklike keuse
te herroep, so beperkend toegepas moet
word nie. As dit duidelik is
dat hy verskoonbaar onkundig was aangaande die regsgevolge (want dit
is wat hierdie belastingimplikasie
in wese is) van sy keuse, behoort
hy toegelaat te word om dit terug te trek. Die beginsel dat
verstaanbare onkundigheid aangaande
die regsgevolge van ân keuse
verskoonbaar is in vergelykbare gevalle, is reeds in die saak van
VAN
DER MERWE v DIE MEESTER EN 'N ANDER
1967 (2) SA 714
(SWA) aanvaar. Hierdie uitspraak is met goedkeuring
gevolg in hierdie hof deur Van Heerden R, soos hy toe was, in
SERFONTEIN
v WALTON
1979 (1) SA 1059
(O) op 1069F.
[13] Indien eenmaal
aanvaar word dat billikheid die maatstaf is wat toepassing vind in
aansoeke van hierdie aard, is die onderhawige
applikant in ân
besonder gunstige posisie. Soos reeds gemeld, is die applikant 85
jaar oud en op die stukke duidelik onkundig
aangaande
regsaangeleenthede. Vanweë sy adiasie het hy geen bates meer
nie. Hy sal afhanklik wees van ân maandelike toelae
van die
trustees. Hy het nie die fondse om die eerste respondent se aanslag
te betaal nie. Hierdie regsimplikasie van sy keuse
was nooit aan hom
bekend nie. Die eerste respondent verloor nie aanspraak op belasting
wat andersins in elk geval vanweë
vroeëre verdienste deur
die belastingpligtige betaalbaar was nie. Dit is eerder ân geval
dat die eerste respondent ân
bonus wat hom sou toeval vanweë
die applikant se aanvanklike keuse nou nie langer sal ontvang nie.
Die applikant het my gevolglik
oortuig dat hierdie ân geval is waar
reg en billikheid verg dat hy toegelaat behoort te word om sy
aanvanklike adiasie terug
te trek.
[14] Koste:
Die advokate was dit nie
eens welke kostebevel gemaak moet word as die aansoek slaag nie.
Mnr. Claasen se houding was dat die
boedel in so ân geval ook die
koste van eerste respondent se opposisie moet betaal. Mnr. Reinders,
vir die applikant, betoog
dat eerste respondent met sy bestryding van
die aansoek homself op risiko vir ân kostebevel geplaas het, ten
minste wat die koste
teweeggebring deur die verskyning vir die betoë
betref. Inaggenome dat dit enersyds die applikant is wat die hof se
tegemoetkoming
vra en andersyds dat eerste respondent misluk het in
sy teenstand teen die aangevraagde bevel, meen ek dat ân gepaste
kostebevel
sal wees dat die boedel die koste alleenlik soos op
ongeopponeerde basis betaal en dat ten aansien van die die balans van
die koste
geen bevel gemaak word nie.
Bygevolg word die
volgende bevel gemaak:
1. Bedes 1 en 2 van die
Kennisgewing van Mosie word toegestaan.
2. Die koste van die
aansoek is betaalbaar uit die bestorwe boedel op die basis asof dit
ân onbestrede aansoek was.
3. Ten aansien van die
balans van die koste word geen bevel gemaak nie.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die
applikant: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
McIntyre & Van
der Post
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste
respondent: Adv. J.Y. Claasen SC In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp