About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 368
|
|
Slabbert v Padongeluksfonds (36863/07) [2009] ZAGPPHC 368 (8 December 2009)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer: 36863/07
Datum
aangehoor:01/12/2009
Datum van
uitspraak:08/12/2009
NOT REPORTABLE
In die saak tusscn:
P.
SLABBERT
..........................................................................................................................................
EISER
en
PADONGELUKFONDS
..........................................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
DU PLESSIS R:
Die eiser in hierdie
derdeparty-saak is op 10 Junie 2003, toe hy tussen 20 en 21 jaar oud
was, in 'n motorbotsing beseer. Die verweerder
het erken dat dit vir
80% van die skade wat die eiser as gevolg van sy beserings gely het,
verantwoordelik is Die verweerder het
ook by monde van sy advokaat.
mnr Bezuidenhout, n aantal erkennings ten aansien van die eiser se
skade gemaak. Eerstens is erken
dat die eiser skade in die vorm van
mediese uitgawes gely in die bedrag van R47 243.50. Tweedens het die
verweerder erken dat die
eiser as gevolg van sy beserings in die
toekoms ook mediese- en hospitaal uitgawes sal moet aangaan Daarvoor
het die verweerder
onderneem om ingevoige artikel 17(4)(a) van die
Padongelukkefondswet, 56 van 1996
aan die eiser n ondememing
te gee om 80% van sodamge uitgawes te betaal In die derde plek het
die verweerder erken dat. as dit
nie vir die eiser se beserings was
nie. die huidige waarde van sy verdienvermoe op R4 296 603 te staan
sou gekom het In die lig
van sy beserings, het die verweerder erken,
is die eiser se huidige verdienvermoe R3 216 064 By noodwendige
implikasie het die
verweerder dus erken dat die eiser as gevolg van
sy beserings n verlies aan verdienvermoë gely net Dit is
gemeensaak dat die
eiser vergoeding van die Vergoedingskommissaris
ontvang het in die bedrag van R52 368.50 en dat dit afgetrek moet
word van enige
toekennmg wat hierdie hof maak.
Twee aspekte van die
eiser se skade was toe die verhoor begin het nog in geskil. In die
eerste plek was daar 'n geskil oor die mate
waartoe onvoorsiene
omstandighede. gebeurlikhede die eiser se verlies aan verdienvermoe
sal affekteer In die tweede plek was die
bedrag wat as algemene
skadevergoeding toegeken moet word in geskil
Met die aanvang van
die verhoor is ek meegedeel dat deskundige getuies wat onderskeidelik
namens die partye sou getuig byeengekom
het en notules van hulle
samesprekings opgestel het. By ooreenkoms is daardie notules as
onbetwiste getuienis voor die hot geplaas
Die eiser het
ingevolge die hofreels kennis gegee van sy voorneme om n aantal
deskundige getuies ie roep en het die gebruiklike
opsommings van
hulle getuienis geliasseer. Drie van daardie deskundiges. dr Van Der
Meulen, mnr Roper en me l-M Hattingh, sou getuig
oor deskundige
dissiplines ten aansien waarvan die verweerder geen deskundige
getuienis beskikbaar gehad het me Mnr Bezuidenhout
het namens die
eiser die inhoud van die verslae van die gemeide drie deskundiges
erken
Namens die eiser het
sy vader en twee deskundiges, me W van der Walt, 'n arbeidsterapeut
en dr I Walters, 'n bedryfsielkundige getuig.
Uit die getuienis,
die notules en die verslae wat erken is. blyk daar klein verskille
oor presies watter beserings die eiser opgedoen
het Dit kan egter
aanvaar word dat die eiser die volgende beserings opgedoen het n
hoofbesering; 'n fraktuur van die ribbes met
bilaterale pneumotoraks.
stompgeweld teen die maag met kneusing van die milt en 'n sny aan die
lewer; 'n sagteweefsel-besering
aan die nekwerwels. 'n
sagteweefselbesenng aan die lae rug: 'n sagteweefselbesering aan die
linkerknie en snywonde Na die botsing,
in die hospstaal het die eiser
as gevolg van sy beserings 'n serebrale infarksie (beroerie) gehad
wat hom met 'n linker hemiparese
gelaat het Ek sal later meer
volledig daarna verwys. maar die onbetwiste getuiems toon ook dat die
eiser as gevolg van die hoofbesering
kognitiewe inkorting ondergaan
het wat veral tot gevolg het dat sy geheue en konsentrasievermoe
aangetas is In n mindere mae toon
die getuienis dat hy persepsie
probleme het wat veroorsaak dat hy syfers en letters omdraai. dat hy
probleme het om impulse ie
beheer wat veral in aggressie manifesteer
en dat hy depressief is.
Voordat ek verder
met die getuiems handel. wys ek daarop dat die geskille waaroor
beslis moet word in die !ig van die advokate se
betoé aan die
einde van die saak nog verder vernou het,
Die advokate was die
eens dat 20% van die ooreengekome verdien-vermoë voor die
botsing afgetrek moet word vir gebeurlikhede
Die persentas>es wat
vir gebeurlikhede afgetrek moet word van of bygetel moet word by 'n
eiser se berekende verdienvermoê
is uiteraard spekulatief Die
eiser was nog jonk toe d.
i
e botsing plaasgevind het en dit
is logies dat die bepahng van sy verdienvermoé voor die
botsing aan baie onsekerhede onderhewig
is. Die getuienis toon nie
dat hy onverwags goed sou presteer me. Ek meen dat die 20% aftrekkmg
waaroor die advokate drt eens was
'n redeiike bepaling van die
gebeurlikheidsyfer is as 'n mens die eiser se jeug ten tye van die
bepaling in ag neem en ek pas dit
dus toe.
Die advokate was dit
verder eens dat aigemene skade van R600 000 gepas is. Ek sou moontlik
na volledige betoog ietwat minder as
geskik beskou het maar bedrae
wat vir aigemene skade toegestaan word, kan ook nie met presisie
bepaal word nie. Die syfer is me
sodamg dat ek in die afwesigheid van
volledige betoog daarvan wil afwyk nie.
Die enigste
oorblywende geskilpunt is die bedrag wat van die eiser se huidige
verdienvermoë afgetrek moet word vir gebeurtikhede.
Om ingelig
daaroor te besluit, moet bepaal word tot watter mate die eiser se
beserings veroorsaak het dat sy toekoms onseker is.
Anders gesien.
moet corweeg word wat die kanse is cat die eiser in die hg van sy
beserings minder of meer sal verdien as dit wat
by ooreenkoms sy
huidige verdienvermoé is. Ek is nie van voorneme om die
getuienis voliedig op te som nie. In die opsommings
wat nou volg
bepaal ek my by getuienis wat die oorblywende geskilpunte raak.
Dit is gemeensaak
dat die eiser tot gr 9 op skool gevorder het en toe N3 in
bes;gheidsbestuur by 'n tegmkon behaal het 'n kwalifikasie
wat
gelykstaande is aan gr 12 Die eiser het by 'n koóperasie
gewerk en toe by 'n paneelklopper Daarna is hy as
motorfiets-bestuurder
aangestel deur Numbi Motors waar sy vader die
onderdeiebestuurder was Na die botsing kon die eiser nie met sy werk
as motorfiets-bestuurder
aangaan nie en is hy aangestel om in die
onderdele-stoor te werk !n 2005 het hy by dieselfde ondernermng
onderdele-verkoopsman
geword Nadat sy vader weg is as
onderdelebestuurder het die eiser en sy direkte toesighouer nie
klaargekom nie Hy het toe in Februane
2008 by Furie Ford as
onderdele-verkoopsman werk gekry. Hy werk nog daar
Uit die gesamentlike
notule van die ortopediese chirurge, dr Kruger en dr Geldenhuys. blyk
dit dat, alhoewel chirurgie om die hemi-parese
te verlig nie wenslik
is me. daar wel n kans is dat dit noodsaakhk sal word. Daar is ook ‘n
kans dat die eiser chirurgie
aan die knie en rug sal moet ondergaan
Die ortopede is drt eens dat die eiser met sy huidige werk sal kan
voortgaan. Watter impak,
inaien enige, die moontlike chirurgie op sy
loopbaan sal he blyk nie uit die notule nie.
Drs Rossouw en
Fleming, neuroloe. is dit eens dat die eiser as gevolg van die
hemi-parese
-
n spastiese linkerarm het maar dat daar min
tekens van in die linkerbeen is. Dr Rossouw is van oordeel dat die
eiser se loopbaan
met vyf tot tien jaar ingekort is. Ek is meegedeel
dat die ooreengekome syfer vir die eiser se huidige verdienvermoe
reeds vir
vroeê aftrede voorsiening maak en dr Rossouw se
mening affekteer dus me gebeurlikehede me Dr Fleming meen dat daar n
sowat
5% kans is dat die eiser as gevolg van sy hoofbesering
epilepsie kan ontwikkel. Die eiser se vader het getuig dat hy een
epileptiese
aanval na die
botsing gehad het en
daardie getuienis is me betwis me Dr Rossouw meen dat die kanse dat
epilepsie weer kan voorkom sowat 5 tot
10% is
Die neurochirurg. dr
van der Meulen wys daarop dat die eiser se hemi-parese veroorsaak dat
hy, benewens sy spastiese linkerarm en
prakties onbruikbare
linkerhand. met ‘n effense spastiese gang aan die linkerkant
loop Dr Van der Meulen se mening dat dte
eiser sowat twee weke
bewusteloos was as gevolg van n ernstige breinbesering is erken As
gevolg daarvan is die eiser volgens dr
Van der Meulen kogmtief
ingekort: Sy korttermyn-geheoe is onder gemiddeld. sy vermoë om
reekse syfers te onthou. sy rekenkundige
vermoé en sy begnp
van geskrewe woord is swak Dr Van der Meulen meen. met verwysing na
sekere tabelle wat in die VSA geld,
dat die eiser se “hele
persoon ' met sowat 57% ingekort is. Alhoewel die syfer self taamhk
niksseggend is, toon dit darem
dat die dokter die kognitiewe en
fisiese inkortmg as ernst;g beskou.
Mnr Leon Roper, die
neuro-sielkundige wie se versiag as getuienis erken is. het ‘n
onderhoud met die eiser gevoer, sielkundige
toetse wat op hom gedoen
is ontleed en inhgting wat van die eiser en sy moeder afkomstig is in
ag geneem Mnr Roper se versiag toon
ook dat die eiser kogmtief
ingekort is Verder toon die versiag dat die eiser emosionele
(psigiese) tekortkommgs ervaar as gevolg
van sy breinbesring Hy is
opvlieend. aggressief en depressief met 'n verlaagde vermoe om
sensoriese impulse te verwerk en toepaslik
daarop te reageer Hy is
nie gemotiveerd nie Wat sy kognitiewe vermoéns betref. sukkel
hy om te konsentreer en te onthou
en om geskrewe en gesproke taal te
verstaan en toepaslik aan te wend.
Mnr Roper meen dat
die eiser se kogmtiewe en psigologiese inkortings tot gevolg het dat
sy interpersoonlike verhoudings te wense
oorlaat. Hy is, meen mnr
Roper, beduidend minder mededingend in die ope arbeidsmark As hy sy
werk verloor, sal hy volgens mnr Roper
dit baie moeiiik vind om ander
werk te kry.
Mnr Roper meld in sy
verslag nie veel getuienis oor die eiser se vermoëns voor die
botsing nie. Uit hoofde van die eiser se
akademiese prestasie voor
die botsing meen mnr Roper dat die kognitiewe en psigologiese
inkortings deur die botsing veroorsaak
is Wat sy werksrekord sedert
die botsing betref. meen mnr Roper dat die eiser tans 'n sg
Simpatieke werkgewer het As hy sy werk
verloor, sal hy weer van die
simpatie van n werkgewer afhanklik wees.
In hulle
gesamentlike notule spreek die arbeidsterapeute, me Van der Walt en
me Potgieter ook die menmg uit dat die eiser se neurologiese.
kogmtiewe en perseptuele inkorting sy werksvermoe ingekort het. Hy
het gevoiglik struktuur en toesig by die werk nodig Die eiser
werk
stadig maar hy is in staat om te werk solank sy werkgewer sy probleme
ken verstaan en bereid is om hom te akkommodeer.
In haar getuiems het
me Van der Watt bevestig dat sy meen dat die eiser base moeiiik werk
sal vind as die werkgewer nie simpatiek
is me
Twee
bedryfsielkundiges. dr Watters en me White het ook n gesamentlike
verslag voorberei. Hulle het ook aanvaar dat die eiser tans
n
simpatieke werkgewer het en daarop gewys dat dit horn kwesbaar maak
indien hy sy werk verloor
In haar getuienis
het dr Walters dit beklemtoon dat die eiser vanweë sy
tekortkominge 'n besonder onsekere toekoms het
Die eiser se vader
het getuig dat, alhoewel die eiser die werk wat hy tans het self
bekom het. die eienaar van die besigheid 'n
kenms van die getuie is.
Dieselfde geld vir die eiser se direkte toesighouer mnr Webster As
die eiser sy werk verloor. het mnr
Slabbed getuig. het hy probleme
omdat hy wat Slabbert is net soveel vriende het.
Ek meen nie dat die
spraakterapeut. me l-M Hattingh se verslag toevoeg tot die bogemelde
getuienis me. In wese stem sy saam dat
die eiser moeiiik werk sal kry
as hy sy werk verloor
Opgesom toon die
getuienis dus dat die eiser die werk wat hy doen met moeite hanteer
en me werklik op die ope mark daarvoor kan
kompeteer n»e Sy
gebrek aan volgehoue konsentrasie en geheue veroorsaak dat hy foute
maak met die nommers van onderdele en
met pryse Sy werk moet
gekontroleer word. Sy psigiese inkortings veroorsaak dat hy soms
klante nie na wense hanteer nie. moet gereeld
Vir die eiser het
mnr Fourie betoog dat daar van die eiser se ooreengekome huidige
verdienvermoe 'n gebeurlikheidsaftrekking van
60% gemaak moet word
Mnr Bezuidenhout het betoog dat die syfer 50% moet wees.
By bepaling van die
syfer moet in ag geneem word dat die eiser se huidige verdienvermoe
reeds in ag neem dat hy waarskynlik vroeer
sal moet aftree en in elk
geval swakker sal vorder as wat hy sou vorder as dit nie vir die
botsing was nie Die eiser se werksgeskiedenis
sedert die botsing toon
dat hy van stoorman na verkoopsman gevorder het by Numbi Motors Dit
toon voorts dat hy 'n betrekking as
verkoopsman by Furie Ford bekom
het en dit nou vir byna twee jaar behou. In die lig van die erkennmgs
wat die verweerder gemaak
het en van mnr Slabbed (sr) se onbetwiste
getuienis, moet ek egter aanvaar dat die eiser se gemelde
werksgeskiedenis meer rcoskleuring
lyk as wat dit is omdat sy
werkgewers in albei gevalle simpatiek was Selfs met dit in ag genome
meen ek dat dit onrealisties is
om te aanvaar dat hy slegs 40% van sy
huidige potensiaal sal bereik Hy is egter vanweë sy beserings in
'n posisie gepiaas
waar hy waarskynlik vir lang tye sonder werk sal
wees Die syfer van 50% wat mnr Bezuidenhout aan die hand gedoen het
is meer realisties
Opsommend meen ek
dat die eiser die volgende skade gely het:
•
Mediese
uitgawes reeds aangegaan R 47 243,50
•
Verlies
aan verdienvermoë R1 829 250.40
R4
296 603 - R 859320.60 (20%) = R3 437 282.40
R3 216 064 - R 1 608
032 (50%) = R1 608 032
•
Algemene
skade
R
600 000 .00
Totaal R2 476 493.90
80% verdeling: R1
981 195,72
Minus
ongevalle-toekenning
R
52 368.50
Bed rag nou toegeken
staan te word R1 928 826.62
Mnr Fourie het aan
die einde van die verhoor 'n konsepbevel opgehandig Mnr Bezuidenhout
het me betoog dat die bevel nie toegestaan
moet word nie Daar is
egter twee aspekte wat na my oordeel nadere oorweging verdien Ten
aansien van deskundige getuiems se gelde
word ‘n taamlik
gedetaiileerde bevel gevra Na my oordeel is dit gewoonweg die hof se
funksie om te beslis of die kwalifiserende
geid van bepaalde
deskundiges toegelaat moet word of me Wat die kwalifiserende gelde
van elke deskundige behels. is iets waaroor
die takseermeester moet
beslis.
Die konsepbevel maak
ook daarvoor voorsiemng dat die verweerder die koste meet betaal van
‘n trustee wat die eiser se geld
moet beheer Alhoewel van die
deskundige getuies meen dat die eiser hulp sal benodig om die
toekenning wat hy ontvang te administreer.
is hy ten voile
handelingsbevoeg. Daar is geen getuienis dat hy me self weet hy het
sulke hulp nodig me Daar is ook geen getuienis
dat hy me soos enige
ander mens sy geld sal kan beiê met advies van sy bank of 'n
ander finansiele raadgewer nie Die feit
dat dit horn geid mag kos om
sy geld ie belê is nie aan die botsing te wyte nie.
Gevolglik word die
volgende bevel gemaak
1. Die hof staan
vonnis toe teen die verweerder ten gunste van die eiser in die bedrag
van R1 928 826.62.
2. Die verweerder
word gelas om ingevolge artikel 17(4)(a) van die
Padongelukkefondswet, 56 van 1996 aan die eiser n onderneming
te gee
ten aansien van 80% van die koste van toekomstige huisvesting van
Pieter Slabbert. Identiteitsnommer 8[...] (dieeiser).
in n hospitaal
of verpleeginrigting of behandeling van of lewering van n diens of
verskaffmg van goedere aan die eiser wat uit
die beserings
voortspruit wat hy opgedoen het in die botsing wat op 10 Junie 2003
plaasgevmd het
3. Die verweerder
word gelas om die eiser se koste van die geding te betaal, msluitende
d»e verhoorkoste van 25 November 2009,
30 November 2009 en 1
Desember 2009 Die koste sluit die koste in van n senior-junior
advokaat en ook die advokaat se koste om die
voorverhoorkonferensie
by te woon.
4 Die koste sluit
voorts die kwalifiserende gelde in van die volgende deskundige
getuies:
4.1 Dr PP Kruger
4.2 dr AP Rossouw;
4.3 me W van der
Walt.
4 4 dr W van der
Meulen;
4.5 dr IE Wallers,
4.6 me l-M Hattingh;
4.7 mnr Leon Roper.
4.8 prof Du Plessis
(aktuaris)
5. Betalings
mgevolge hierdie bevel moet geskied aan die eiser se prokureurs wat
dit ten behoewe van die eiser sal ontvang. Betaling
moet geskied deur
die bedrae in te betaal in die trusttjekrekening van Chrsto Botha
Prokureurs gehou te ABSA bank. Lynwood Ridge,
takkode 3[...] met
rekeningnommer 4[...] onder die prokureurs se verwysing LEM1/2181
BR du Plessis
Regter van die
Hooggeregshof
Namens
die
eisers
ADV
M. J. Foune
Christo Botha
Prokereurs
Schoeman Straat 960
Arcadia
Pretoria
Namens die
Verweerder
Adv
.
c D
Adv. L. F
Bezuidenhout
Fourtefishmer Inc
PSF Law Chambers
H/V Brooklyn Straat
en Brooks Straat
Menlopark
Pretoria