About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 367
|
|
Moolman v S (A362/2009) [2009] ZAGPPHC 367 (8 December 2009)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
[REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA]
SAAKNOMMER
: A
362/2009: 23.11.2009
DATE: 8 DECEMBER
2009
NOT REPORTABLE
In die saak tussen
KOBUS
MOOLMAN
.....................................................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…............................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
1
Die Appellant het in
die Streekhof te Benoni tereggestaan op 'n aanklag van poging tot
moord en is skuldig bevind en is 5 jaar gevangenisstraf
opgele. Die
Appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding sowel as
die vonnis.
2
.
Die Appellant se
regsverteenwoordiger het 2 hoofpunte geopper in kritiek teen die
skuldigbevinding. Die eerste een is dat die Landdros
haarself moes
rekuseer van die verrigtinge omdat sy die borgaansoek ook hanteer het
en tweedens dat die Landdros versuim het om
die getuies van die Staat
se weergawes na behore te ontleed en by gevolg nie bevind het nie dat
die beskuldtgde/Appellant se weergawe
redelik moontlik waar kan wees.
3.
By
die aanvang van die verhoor en voordat die klaagster getuig het, het
die Hof a
quo
pertinent
aan die verdediging geste! dat sy reeds sekere getuienis aangehoor
het met betrekking tot die meriete van die saak
tydens
'n borgaansoek. Sy het spesifiek gevra of die verdediging enige
beswaar het dat sy voortgaan met die verhoor.
Die
verdedigingsadvokaat. Mev Botha het duideiik gese en ek haal
aan.
“
Nee
Edelagbare ek het dit met my klient opgeneem. ons het nie 'n beswaar
nie.'
Die
verdere beswaar teen die Landdros was dat daar sekere getuienis
aangebied is by die borgaansoek wat gebots het met
die getuienis
in die verhoor. Daar mag sulke getuienis wees maar is eerstens
baie vaag en tweedens was dit slegs die ondersoekbeampte wat
in
effek hoorse getuienis gegee het wat die getuies se verklarings
sou behels. Onder daardie omstandighede is die botsings
van geen
wesenlike waarde nie te meer nog omdat die ondersoekbeampte seif
nie by die verhoor getuig het nie. Wat my betref
is daar niks in
hierdie punt nie
4.
Daar is ook betoog
dat die Landdros subjektief was omdat sy die borgaansoek gedoen het
en blootgestel was aan foto's van die klaagster
na die
aanranding en dat sy dus subjektief beinvloed is. Ek kan geen
sodanige tekens van subjektiwiteit en vooroordeel
sien me.
trouens die lees van die rekord maak ‘n goeie indruk in
daardie verband op die Hof
5.
Wat betref die
waarskyniikhede en geloofwaardighede het die Landdros sekere sterk
bevindings gemaak. Sy het die hoofgetuie namens
die Staat naamlik
klaagster se dogter, Mej Kleynhans. as 'n baie goeie en
objektiewe getuie bestempel .Dit is so dat
daar gaan direkte
getuienis is vanaf die Staat se kant oor presies hoe die
klaagster aangerand is nie. Dit is gemeensaak dat daar
'n
stryery was waar die klaagster by die Appellant se moeder se
woning teenwoordig was. Die getuie. Kleynhans. het ook glase
hoor val en breek Dit is die Appellant se weergawe dat die
klaagster geval het op die stukke glas en sodoende haar gesig
geskend het met die verskeie beserings Daar is ten minste 4 snye
op haar gesig wat almal 4 tot 5 sentimeter lank is. Drie van
die
snye kom voor op haar voorkop. Die ander beserings is bokant
haar neus, dan onder haar linker oog dan op haar lip van
die
onderkant van die lip tot teen die regter neusvieuel en dan een
onder die onderste lip feitlik tot op die ken Daar blyk
ook snye te
wees aan die regterkant van haar mond soos inderdaad ook aangedui
deur die dokter en die J88 mediese ondersoekvorm Sy
het ook
oppervlakkige snye gehad aan haar regterhand en skaafwonde op
albei arms naby die elmboog. Daar was ook ‘n snywond
aan die
agterkant van haar kop en 'n skaafwond aan die linkerkant van
haar nek. Daar was ook 'n snywond bo-op die neus
en kleinerige
steekwondjie ook aan die iinkeroog langs die neus en onder die
wenkbrou van die linkeroog en nog een links
van die linkeroog in
'n halfmaan
6
.
Die dokter het
getuig dat hy nie hierdie wonde kan versoen opgedoen deur in
glasstukke te val nie. Hy het ges& die snye sou
meer oneweredig
gewees het terwyl 'n mes duidelik 'n reguit skerp wond maak.
Hierdie wonde was dan ook almal skerp gesnyde
wonde. Verder het
hy ook getuig dat as sy met haar gesig in die glasstukke geval
het. sou mens nie snye verwag op dieper liggende
dele van haar
gesig nie maar eerder aan die uitwendige en uitstekende dele
soos byvoorbeeid haar neus of ken of voorkop, waar
sy geval het.
maar verseker nie ook onder die neus en onder die linkeroog me. Om
daardie redes se hy kan hy nie glo dat
dit veroorsaak kon gewees
het deur die val in die glasstukke nie Daar is ongelukkig nie 'n
foto of 'n beskrywing van
hoe en waar die glasstukke geie het en
oor hoe 'n groot area nie.
7.
Die
dokter se getuienis soos gese was deurgaans dat eerstens 'n glas ‘n
onewe rand maak terwyl n skerp mes 'n ewe of gelyke
rand sou
maak Verder het hy gese dat indien die persoon op glasskerwe op
die grond val. sal daar veelvuldige besenngs
wees Dit punt is
egter dat indien gekyk word na foto 2. soos mgehandig by die
verhoor en soos voorheen gemeld, is daar duidelik
veelvuldige
steekmerke Afgesien van die groot snywonde is daar ook klein
wondjies soos gemeld bokant die linkeroog net onder
die wenkbrou en
ook nader na die neus toe asook die wond op die voorkant van die
neus en op die regterhoek van die mond
en lyk dit ook asof daar
kleiner steekwondjies is bokant die regteroog Die wonde onder
die lip is ook nie in 'n reguit
lyn me maar reghoekig teenoor
mekaar. Dit Is vir my moeilik om te verstaan hoedat n persoon
tydens n struweling so baie steke
sal toedien met ‘n mes
in sulke verskillende posisies Op die oog af van die foto lyk dit vir
my meer soos n persoon
wat steekwonde opgedoen het vanwee
gebreekte glas waarin sy geval het Dit slurt nie noodwendig
messteke ook uit nie maar Indien
daar bevind word dat daar wel
glassteekwonde is en in die lig van die ontkennmg van die
beskuldigde dat hy wel met ‘n
mes gesteek het en sonder enige
ander direkte getuienis is dit vir my moeilik om te s§ dat die
Staat bo redelike
twyfel bewys het dat hierdie wonde
sleos
met
'n mes toegedien is. Maar dit sluit nie n aanranding met 'n mes
ook uit me Dar moet na al die getuienis gekyk word.
8.
Ten
spyte van die voorgaande probleme van die mediese getuienis is daar
een ander belangrike aspek wat aangeraak moet word Oit is
die kwessie
van geloofwaardigheid. veral tussen Me Kieynhans en die
Appellant Soos vermeld het die Hof
a
quo
baie
waarde geheg aan Me Kieynhans se getuienis Aan die ander kant
het hy die Appellant se getuienis verwerp veral vanwee
sekere
weersprekings tussen hom en sy moeder wat ook namens hom getuig
het. By nalees van die oorkonde en veral die getuienis
van
die Appellant en sy moeder kom mens tot die indruk dat die twee
persone amper oor twee verskillende gebeurtenisse
praat, daar is
soveel verskille tussen hulle. Om net ‘n paar voorbeelde
te noem: Appellant s& die klaagster het
sy ma gevloek. Mev
Brown, die ma ontken dit. Appellant se hy het die klaagster gestamp
- Mev Brown s£ dit het nie
gebeur nie, sy het seif by haar, wat
Mev Brown is. se huis mgehardloop en teen die yskas geval.
Appellant s& die klaagster
het uitgehardloop en hy het
agterna gegaan om te kyk of sy reg is -Mev Brown s£ hy het glad
nie uitgegaan nie Die Appellant
se hy het saam met die klaagster
by sy ma se huis gewag dat sy oopmaak - Mev Brown se sy was nie
daar me. sy het eers
mgehardloop nadat die Appellant reeds in
die huis in is. Appellant het gese sy het sy moeder gevloek maar
die moeder s6 sy
het haar nie gevloek nie, maar die moeder se hy
het gese “
come
tell my mother how did you swear at her”.
Appellant
se dit het gereen en die vloer was nat - tydens kruisondervraging se
Mev Brown dat dit inderdaad nie nat was nie.
alhoewel sy vroeer
se dit was nat, toe later verander sy dit dat nie nat was van
die reen nie maar dat dit was nat vanweS
die wyn wat uit kfaagster
se glas geval het. Sy bevestig inderdaad dat die vloer droog was. Dan
blyk dit ook uit in Mev
Brown se getuiems dat die klaagster
inderdaad twee maal met haar gesig in die glasstukke gevai het.
terwyl daar tot op daardie
stadium geen sprake daarvan was nie.
maar slegs een maal. 'n Ander aspek wat uitgekom het is dat ten
spyte van die kruisverhoor
wat aan die klaagster en Me Kleynhans
gestel is dat dit inderdaad die glas is wat haar gesig geskend
het, blyk dit nou
onder kruisverhoor van die Appellant en sy getuie
dat hulle nie eers seker is dit was die glas nie. want nie een het
dit behoorlik
gesien nie. Dit was suiwer spekuiasie van hulle
kant af
9.
In
die lig van die voorgaande kan ek me anders nie as om met die Hof a
quo
saam
te stem dat die Appellant se getuienis hoegenaamd nie aanvaarbaar
is me. Aan die ander kant is daar sekere getuienis wat
uitgekom
het. veral Me Kleynhans se getuienis. wat so spontaan uitgekom
het. dat mens me anders kan nie as om dit as
geloofwaardig te
aanvaar In kruisondervraging meld sy dat een van haar skerp
messe uit haar kombuis weg is en dat sy inderdaad
vir die Appellant
se suster gevra het om dit by haar moeder te gaan kry Drt was vir
haar duidelik dat die Appellant die betrokke
aand met die
messe gespeel het Oit is toe teruggesit in die houer maar die
volgende dag toe sy opruim het sy opgemerk
dat die een mes weg
is. Interessant se sy ook dat as dft sou gereen het in die aand
sou daar nie bloed voor die Appellant
se ma se huis gele het nie
en dat dit weggespoel sou gewees het. Die ander mteressante ding
wat Me Kleynhans gemerk het.
is dat die Appellant ‘n klein sny
merkte aan sy hand gehad het en in die gesig - dit is egter
nooit opgeklaar waar
dit vandaan sou kom nie. Indie giet word op
die skaafmerke. moes daar 'n struweling van ‘n aard gewees
het.
10
Al hierdie faktore
lei my tot die onvermydeiike gevolg dat die klaagster aileen in die
Appellant se ma se huis beseer kon gewees
het. dat alhoewel van
die besenngs miskien deur glasstukke veroorsaak is. was daar
verseker definitiewe snymerke soos
deur die dokter getuig. Ten
minste dne van die groot snymerke was, wat my aanbetref. bo
redelike twyfel aangebring deur ‘n mes.
In die
omstandighede kan ek me foutvmd met die skuldigbevinding me.
11
Wat betref vonnis,
is die enigste vraag eintlik of die vonnis nie te lig is nie.
Daar is nie vooraf
kennis gegee in die verband aan die partye nie en veral in die lig
van die feit dat Appellant ‘n eerste
oortreder is. en dat drank
betrokke was by die hele aangeleentheid. is ek nie die menmg
toegedaan dat drt geregverdig
is om op hierdie stadium in te
meng met die vonnis nie. Origens is ek tevrede dat die Landdros
n behoorlike diskresie uitgeoefen
het en dat die vonnis in die
omstandighede heel gepas is Ek stel dan voor dat die skuldigbevmding
en vonnis bekragtig
word.
Dit word so gelas.
R D CLAASEN
Regter van die
Hooggeregshof
Ek stem saam
L. PHATUDI
Regter van die
Hooggeregshof